EFE.3:14-21

INLEIDING:

In die besorgdheid van die Here het Hy Paulus opgewek om aan hierdie gemeente die verskil tussen ‘n lewelose, kleurlose en kragte-lose kerk uit te wys, deur aan hulle iets aan te bied wat veel meer noodsaaklik is as die gemidd3elde kerk.

Soos Paulus dikwels in sy briewe doen is hier ook geen verskil nie, hy hanteer is die teoretiese deel en dan in die tweede helfte van sy brief die praktiese gedeelte. Hier in vs.14 tot 21 verduidelik Paulus aan hulle die skoonheid van reinheid of te wel die hoofweg van heiligheid.

Wat Hy hier vir ons gaan deurgee is dat daar iets meer is wat ek ont-vang as net my wedergeboorte. Om gered te word is die grootste wonderwerk wat in ‘n siel kan plaasvind, maar dit is nie alles wat ek kry nie, dit was slegs die wegspring van my geestelike lewe. Op hier-die roete oppad na die hemel is daar ander hulpmiddele of instaat-stellinge wat ek nodig het om my te bekwaam vir hierdie lewe wat voor my lê.

Daar bestaan dikwels verwaringe oor sekere aspekte van die Woord. Toe ons studente was het een van die studente die dosent gevra: As ons na die Bybel kyk het hy al soveel dinge raak gesien wat die Here van ons verwag. Hoeveel ondervindinge is daar dan wat ek moet deurgaan voordat ek uiteindelik daar sal wees waar ek reg sal wees om bruikbaar en lewend te word in my vehouding met die Here.

Hy het hom so pragtig verduidelik dat daar inherent twee werkinge is wat van die Here se kant in die hart van die mens gedoen word. Al hierdie beskrywinge wat hy lees is verskillende hoeke waarin die skrywers dieselfde werkinge beskrywe wat Hy in ons kom doen.

Die een werking is wedergeboorte soos reeds genoem en die ander is heiligmaking, of te wel ‘n rein hart vervul met die Heilige Gees van God.

U sal saamstem dat die Helige Gees soos Sy Naam bekend is nie in ‘n onrein lewe Sy volheid kan uitgiet nie, Hy soek ‘n rein lewe waar-deur Hy Sy reinheid kan openbaar. Daarom dat Paulus hierdie be-sorgdheid in Sy hart het om in vs.14 weer voor die Hre Sy knieë te buig met die verlange in sy hart om die Here te vertrou om die kerk geestelik te maak.

Die doel van ‘n rein hart is om fokus te verander, eens was dit ek en alles wat rondom my belangrik is, nou is dit die Here en wat Hy in my kan wees. Paulus roep in Fil.uit vir my is die lewe Christus en die sterwe ‘n wins.

Dit is om die kerk instaat te stel om in hierdie laat uur die verskil te laat maak, om die ingesteldheid van vleeslike gesprekke te draai na geestelike oorwinnings. Om vir my voortdurend Christus gelykvor-mig te maak sodat ander wanneer hulle in my teenwoordigheid sou kom van die Here bewus sal wees.

1) DIE GEESTELIKE KERK:

Vs.16 Die woord RYKDOM: Hier verwys na gesondheid, besittings, oorvloed, rykdom, of waardevolle besitname:

HEERLIKHEID: Doxa: Beteken om te erken, dat iets in iemand se lewe verskyn het, om die reputasie aan die persoon te sien, om iemand te respekteer, om dit wat kortkom wat tot skande lei aan te vul, om die verlies van die Beeld en karakter van die Here aan te vul.

Dat die mens nie is wat die Here bedoel het om te wees nie. Om die persoon aantreklik te maak vir die oog, om erkenning af te eis, om na iets te kyk wat ekwalent aan die Here Jesus is in glans in skoonheid en heerlikheid. 

Vs.16 Verduidelik hy dat die kerk met krag versterk moet word.

Die woord Krag hier is Krataioo wat beteken: Bekragtig, om in ywer toe te neem, of om versterk te word.

Die innerlike mens EIMI in sy verbuigde vorm EIMI beteken om na die innerlike staat of situasie verander te word.

2) DIE BEGRIPVOLLE KERK:

Vs.17 Sodat Christus in julle harte kan woon: Om nie net Sy intrek in my lewe te hê nie maar die beheer van my lewe, om nie net resi-dent te wees nie maar die president van my lewe. Die Engelse woord is naby omskrywend: To dwell in your heart. Om posisie oor te neem

Julle wat in die liefde gewortel Rhizoo beteken om in liefde stabiel te word.

Gegrond: Om ‘n basis te lê.

Vs.18 En julle instaat kan wees om saam met al ie heiliges ten vole te begryp wat die breedte, en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken

Breedte: Om uit te sprei of uit te brei.

Lengte: Die groote of wye toepassing van Sy waarhede.

Diepte: Die uitbreiding of die misterie van Sy diepte.

Hoogte: Die hoogte van die hemele of te wel die intergiteit van die Here self.

Vs.19 Die liefde van Christus te ken: Ken GINOSKO Om te ervaar of te ondervind, of te verstaan of te begryp.

Sodat julle vervul kan word tot al die volheid: Verul: Om vol ge-maak te word soos ‘n net vol visse.

Volheid: Om volledig vol gemaak te word in my instaatstelling in my liefde, in my kennis in wysheid ens.

DIE GEESVERVULDE KERK: Vs.20-21

Vs.20 Aan Hom wat mag het om te doen, ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk.

Doen: Dunamai: Om te bekragtig of deur die staat wat die Here kom doen, of om te bekragtig

Volgens die krag: Dunamis: Krag, innerlike krag, om moontlik te maak.

Aan Hom die heerlikheid Doxa

In die gemeente: En : Verwys na die rus in enige situasie,

Gemeente: Eklesia: Die uitverkorenes, die wat in die publiek se oë die is wat een is en gesamentlik dieselfde gemeenskaplike belang in die Here Jesus het.

EFE.4:1-10

Ons kom nou by die praktiese uitlewing van ons wandel met die Here in ons Christenskap en sien hoe wonderlik die Here die kerk saamgestel het.

Hierdie gedeelte gaan ons die kerk in die geheel sien funksioneer. Die wêreld roep uit “elkeen vir homself, moet my nie pla nie, ek doen my eie ding, my sake het niks met jou uit te waai nie, ens. Die kerk se leuse is “Eendrag maak mag” As die stad verdeel is tervergeefs werk die wat daaraan bou.

Hoe kan eenheid tussen ‘n verskeidenheid van persoonlikhede, agtergronde en opvoedinge mekaar dan nou vind. Die antwoord word vir ons in hierdie gedeelte so pragtig uitgespel.

1)      DIE VERMANING: VS.1

WANDEL WAARDIG:

Dit is van uiterste belang om te weet dat die kerk alleen volwasse gaan word wanneer daar groei en ontwikkeling sal plaasvind. Hoe gebeur dit?

Dit is nodig om te besef dat soos Paulus in vs.1 bevestig is u en ek gevangenes in Christus. Dit beteken dat ek ‘n liefdes slaaf van die Here is. In Ex.21:2 en Deut.15:12 word melding gemaak van die liefdes slaaf wat vrywilliglik by sy heer wou gebly het, en toegelaat het dat sy heer met ‘n els sy regteroor kon deurboor en daardeur die kenteken gedra het dat hy homself en sy hele familie aan die heer uitverkoop het. Dit is hierdie harts gesindheid waarmee Paulus die Christene vermaan om die Here na te volg.

Die roeping waarna Paulus verwys is ‘n opdrag van die Here en nie iets opsioneel nie.

Wat sluit hierdie roeping in:

NEDERIGHEID:

Wat is nederigheid: Dit verwys na diepe afhanklikheid, of gebroken-heid, of erkentenis dat ek die Here absoluut nodig het, dit word weerspieël in my lewenswandel. Dit gaan nie oor myself en hoe belangrik ek is nie, en almal net moet weet wie ek is nie. Dit is nie nederigheid nie, dit is hoogmoed, en die Here weerstaan die hoog-moediges.

Dit is nie iets wat ek voor mense kan voorgee en anders lewe nie, dit het met ‘n harts gesindheid te doene. Dit is omdat ek alles aan die Here oorgegee het en Hom toegelaat het dat Hy my hart kon reinig dat ek as verloste die Here Jesus in alles in my lewe wil verheerlik.

SAGMOEDIGHEID:

Is o.a. die woord edelheid, of begripvolheid of ‘n opgeofferde lewe. Iemand wat nie hart en onverskillig is nie, maar vesigtig wandel in sy hele lewenswandel.

LANKMOEDIGHEID:

Dit verwys na deursigtigheid van die gedagtes sodat daar in my optrede begrip en geduld geopenbaar kan word. Dit beteken om lank te kan verdra, dit beteken om van verkeerde emosies my te weerhou, om respek af te dwing in omstandighede en dinge.

LIEFDE:

Agape: Dit is ‘n liefde wat my totaal vervoer in Sy wonder wat Hy vir my kom bewerk het. Liefde gee nie wat ek wil hê nie maar wat ek nodig het. Joh.3:16

VS.3 VERENIGING: EENHEID VAN GEES:

Die gees van die anti-chris is ook aan die werk en daar is ‘n ernstige strewe om die band van eenheid onder die heidendom te bewerk. Die mees gekwoteerde vers van vandag is: Jy mag nie oordeel nie. M.a.w. ons mag nie meer nugte ‘n saak ivalueer en konkrete besluite oor die saak neem nie, ons moet nou in die gees van verdaagsaamheid en s.g. liefde net oor alles sien en opmerk dat alles nou nie regtig so verkeerd was soos ons gewoond was om te ondeskei nie.

Die Gees waarna hier verwys word is die Heilige Gees wat Sy werk in ons lewens bewaar moet word, deur die vrede wat Hy gee nie te verwaarloos nie.

Vs.4 EEN LIGGAAM: Dit verwys na die eenheid wat daar nou tussen ware kinders van die Here bestaan het sy uit verskillende agtergronde of kulture, ons mag een in die Here Jesus wees.

EEN GEES:Vir die ware weergebore kind van die Here is daar ‘n gesamentlike band in Christus. Die feit dat my sondes vergewe is en dat ek in die Here nuut gemaak is deur Sy kosbare bloed en daarom ek my nie self hoër ag as andere nie.

EEN HOOP: Verwys na een begeerte of hoop wat dikwels in die Skrif na die wederkoms van die Here verwys.

EEN HERE: Meester of besitter, of hoof, wys na iemand wat geëer en gerespekteer word.

EEN GELOOF: Oortuiging, vertroue, kennis aangaande, en lewende geloof in wie die Here is en Hom en Sy beloftes in my lewe toe te laat.

EEN DOOP: vVerwys na die stand wat die kind van die Here na sy reddin inneem, dat nou dat hy gered is, hy aan die hele wêreld verklaar dat hy verlos is.

EEN GOD: Verwys na die Goddelike Drie Eenheid die drie Persone binne een Godheid.

DIE VERKRYGING IN DIE HERE:

Vs.7 Elkeen in die gemeente ontvang ‘n mate van genade om saam as ‘n eenheid  in die gemeente te kan benut. Die genade gawes is nie noodwendig bo-natuurlike gawes nie, maa gewone bedelinge waar-mee die liggaam van die here bedien kan word.  Die gawes veskil omdat dit vir die gebruik van die hele behoefte van die liggaam daar gestel is. Die kerk is daar om gemeenskap in die here Jesus te ondervind, waar elkeen ‘n belang in die ander het, en saam gevoeg word om saam vir die Here Jesus te handel.

Vs.8: Ps.68:19 Vertel die geskiedenis van konings wat vyande oorwin het en o.a. geld aan die vyande beskikbaar gestel het om daardeur hulle lojaliteit te verower. Hier was die Koning van Ko-nings wat die duiwel en hel oorwin het en aan ons Sy gawes gegee het.

Wat van ons beroof was in Adam

Vs.9 Verwys na die volle verlossingsplan wat die Here vir die kerk gebied het. Hy het na die onderste dele van die aarde gegaan en die regverdiges wat gevange geneem was losgekoop sodat hulle ook vru kan wees om in die paradys te wees. Matt.27:51-54

Vs.10 Hy is die vervulling van die kerk en van elke omstandigheid en van elke behoefte wat ons in die Here nodig het.

EFE.4:11-16

INLEIDING:

Hierdie is seker een van die mees wonderlikste gedeeltes in die Woord van die Here wanneer die onderwerp die liggaam van Christus behandel word. 1 Kor.12:12 verwys na die liggaam van die Here Jesus wat baie lede het, soos ons ook in Christus het. Hy is die hoof van die liggaam van Christus, die volheid van die Here Jesus wat in almal leef. Kol.1:18. Ons is lede van Sy vlees en van Sy gebeente. “n liggaam is voorberei, en dat Hy in Sy voorkennis bepaal het dat daar ‘n laggaam sal wees wat heilig voor Hom sal lewe.

Die doel van die funksionering van ‘n liggaam is eerstens om die heiliges toe te rus vir dienswerk en dan ook om die liggaam van Christus op te bou vs.12

Derdens is dit ook om almal op te bou tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God sodat ons volwasse kan word om soos die Here Jesus te word. Vs.13.

Efe.2:20-22 Verwys na die here Jesus wat die hoeksteen is en dat die tempel wat as die ware weergebore kinders van die Here beskou word opgebou word deur die ampte van apostels en profete, wat die tempel laat opbou as ‘n woning waar die here self in woon.

Kom ons kyk na die verskillende ampte:

APOSTELS:

‘n afgevaardiging van gestuurdes wat met krag gestuur is om in die plek van iemand anders te handel. Die een wat gestuur is bly in die agtergrond van die Een wat hom stuur. By Christusne is dit die Here Jesus wat ons stuur om te doen wat Hy van ons verwag om te doen.

Die woord kom 81 keer as apostel in die N.T. voor en 78 keer as boodskapper of eenn wat Hy gestuur het.

Daar is van 24 apostels melding gemaak in die N.T. Die eerste aan-melding is in Matt.10 toe die Here Jesus Sy dissipels geroep het en hulle gestuur het. Hulle het sekere opdragte en pligte en kragte verkry.

In 1 Joh.1 word aan ons die kwalifikasies van ‘n apostel uitgebeeld een wat Hom gesien en gehoor en van Hom verkondig.

Die viervoudige opdrag word in Mark.3 vanaf vs.14 uitgebeeld:

a)      Om met Hom te wees Vs.14

b)      Om te preek Vs.14

c)      Om te genees vs.15

d)      Om duiwels uit te dryf Vs.15

Dit was ook die wat die regte gesindheid geopenbaar het.

Die woord apsotel verwys na iemand wat gesag dra, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My.Joh.13:20. Dit beteken ook iemand wat intens belas is met die geestelike welstand van andere se lewens. 1 Kor.15:8 verwys daarna dat Paulus die laaste van die Apostels was. Na die verskyning van die opgestane Heiland het ook die Apostelskap bediening opgehou.

Hulle bodskap was dat die Here Jesus opgestaan het en dat Hy lewe om verlossing en vrymaking van sonde te bied, en was hulle die begin van die N.T. despensasie waarin die kerk sy karakter verkry.

Hulle het die fondament van die kerk gevorm, waarvoor hulle spesiaal die leiding van die Heilige Gees nodig gehad het. 

PROFETE:

Elke gwawe het ‘n spesifieke doel. Die gawe van genesing is vir genesing, so kan elke gawe se doel uitgestel word. Open.19:10c Verduidelik aan ons wat die gawe van die profesie is. “Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.”

 Die doel van profete.

Die Hebr. woord NABI profeet beteken ‘n spreker of verkondiger. Dit dui op ‘n spreker namens iemand anders of vertolker. Dit beteken verder dat die persoon ‘n geroepene is, of ‘n aangestelde.

Soms was die profete ook genoem manne van God. Dit was iemand wat die openbaring van die Here ontvang het en dan dat hy dit bekend sal maak . Wat hulle moet verkondig gaan diwkels direk teen hulle menslike gedagtegang. Bv. Jeremia.

Die ware profete wat net in Israel voorgekom het was eiesoortrig, en was nie waarseers soos ander volke gehad het nie. Die openbaringe wat hulle ontvang het bekendmakinge van die Raad van die Here was, dit was nie altyd net op die toekoms nie, maar ook op die hede en selfs verlede.

Die N.T. profete het ‘n ander karakter as die O.T. profete gedra. Die O.T profete het die openbaringe van die Here na die volk gebring het wat dikwels blywende karakters geahad het en die woord van die Here aan die kerk vir alle eeue gespreek het, het die N.T.profete net in ‘n paar woorde dinge gestel wat tot nou toe bewaar gebly het vir die kerk in die algemeen.

Die profete uit die nuwe bedeling het die apostels opgevolg omdat hulle die openbaringe van God gebring het vir ‘n bepaalde tyd.  Hulle was buitengewone ampsdraers en was nooit deur mense aan-gestel nie. Dit was ‘n besondere gawe van die Here wat hulle gehad het.

EFE.4:17-24

Die vorige gedeelte het gehandel rondom die kerk en sy 5 voudige onderlinge bediening onder mekaar. Nou gaan ons na die individu kyk en sy verantwoordelikheid vanaf vs.17-5:2.

Nou begin Paulus vir hulle uit te wys dat ons nie soos die wêreld of die gewone mens moet lewe nie. Die woord wêreld in die verband verwys na wêreld burgerskap, mense wat hulle tentpenne in hierdie wêreld ingeslaan het. Die woord ETHNOS

Die woord verdwaasdheid verwys na die leegheid van hierdie wêreld, die niks seggendheid van hierdie wêreld sonder ‘n toekoms-tige blik vir die ewige lewe. Gemoed is hulle verstand of handelinge.

Verduisterd verwys na donkerte of ongelukkigheid van hierdie lewe, om skeef of verblind te leef.

Vervreemd: Beteken om verwyder of vreemd teenoor die opdragte van die Here te leef of op te tree.

Weens onkunde: Wat lei tot verkeerde optredes. Mense wat ongered is, en weens hulle lewens bekering nodig het. Mens wat grond vir skuld het weens hulle optredes.

Verhardheid (blindheid) van hulle harte:  Wat maar net aangaan met my lewe sonder om te besef dat daar ‘n dag van rekenskap gaan aanbreek nie.

Ongevoelig geword het: Om emosies dood te druk of die Gees van die Here uit my lewe uitgeskuif het, mense wat nie meer omgee hoe hulle lewe nie.

Oorgegee het aan ongebondenheid: Wat eenvoudig doen net wat ek wil, ek weet wat sonde is en druk doelbewus my gewete dood sodat ek myself regverdig om die sonde te doen wat ek doen, bv. saam-slaap weet ons leer die Bybel is ‘n gruwel in die oë van God, die Bybel is duidelik dat geen hoereerder of egbreker in die koninkryk van God sal ingaan nie, ek weet dit maar ignoreer die opdragte van die Bybel en doen wat my begeertes my vertel om te doen en sit dan met eindelose gevolge in die huwelik, en ek wonder hoekom alles met my verkeerd gaan. Geen wonder nie, want ek het die opdragte van die Bybel verontagsaam.

Hebsug is wellustigheid en allerhande onreinheid wat dui op ‘n lewenswandel, van doen net wat ek wil, en sê net wat ek wil. Losbandigheid, ek sal my nie onderworpe stel aan enige vorm van outoriteit nie.

Die Bybel sê dat ons aan ons ouers onderdanig moet wees, beteken dit net tot op 18 jaar of 21 jaar, nee. Dit beteken solank hulle lewe, sal ek nie iets doen wat ek weet wat hulle harte sal skeur nie, maar sal ek hulle respekteer. Onreinheid sê ek moet opstandig wees, ek moet rebeleer teen enige vorm van gesag bo my aangestel.

Geregtigheid dui op die feit dat ek onder ‘n gesagsstruktuur staan wat hoër as ekself is, dat ek opreg en eerbaar voor die gesag sal lewe en staan teenoor wetteloosheid.

In beide die O.T. en N.T. is dit ‘n staat waar ek voor die oordeel van die Here sal kan staan omdat Hy dit van my beveel. Omdat die Here die standaard is, is dit voor Hom wat ek eerbaar en regverdig moet leef. Dit beteken dat ek so rein sal leef waar niemand my sien nie dat ek dieselfde sal leef soos wanneer ek voor mense leef.

Die erkenning van die Here se reg oor my lewe staan teenoor die geregtigheid wat daar uit die wet is.

Heiligheid verwys meer na die onderhouding van Sy gebooie as enige iets anders en staan lynreg teenoor enige vorm van losbandig-heid. 

EFE. LEER VIR ONS DAT DAAR  NEGEVOUDIGE EIENSKAPPE IS VAN MENSE WAT ONGERED IS:

1)      Verdwaas in hulle hulle gemoed of verstand. Vs.17 +2:11

2)      Hulle is verduisterd in die verstand Vs.18 +2:12

3)      Vervreemd van die lewe van God Vs.18 + 2:12

4)      Onkunde wat in hulle is: Vs.18 + 2:12

5)      Verhardheid van hart: Vs.18 +2 Kor.4:4

6)       Emosies van die verlede Vs.19 2:12

7)      Wellus; Seksuele  wanpraktykeVs.19 Gal.5:19

8)      Onrein (homosekueleteit Vs.19 5:3; 1 Kor.6:10.

Die woord vir werke is ergasia wat na ‘n gereelde opneem of optrede van eie gewin met die begeerte om net myself te bevredig.

Hier word na ‘n sewevoudige wandel van die heiden gekyk.

DAAR IS 18 VOUDIGE EIENSKAPPE VAN

WEERGEBORE KIND VAN DIE HERE:

1)      Leer van die Here Jesus Vs.20 Matt.11:28-30  Leer om in die Here te rus.

2)      Ons het van Hom geleer en is onderrig Vs.21

3)      Lê die oue mens af. Vs.22   2 Kor.5:17

4)      Word vernuwe na die gees van julle gemoed. Veranderde gesindheid Vs.23

5)      Word beklee met die nuwe mens Vs.24 2 Kor.5;17

6)      Lê die leuen af en spreek die waarheid Vs.25

7)      Word toornig en moenie sondig nie Vs.26

8)      Gee geen plek vir die duiwel nie Vs.27

9)       

EFE.4:25-5:2

DIE TOTALE WEERHOUDING  VAN

SONDE IN HIERDIE WêRELD:

INLEIDING:

Uit die vorige gedeelte het ons gesien dat Paulus nou na die praktiese uitlewing van Christenskap kyk en trek hy nou Chistenskap na ons daaglikse lewe deur, met die toepassing van ewige waardes daaraan gekoppel, wat ewige seëninge teweeg bring, in die strate en daag-likse lewe. Hy het ons gewys watter heerlike onsigbare hemelse heerlikheid ons kan smaak in ons wandel met Hom, en dat ons Sy lewende teenwoordigheid met Hom kan smaak.

In die lig van ons wonderlike eenheid met ander Chistene waar ons Christus as die hoof van ons lewns het, sê Paulus dat ons nou moet aangaan, in ‘n lewende eenheid waarin groei en beoefening deur die verskeidenheid van lede aangevul moet word.deur die gawes en funksies van die Liggaam.

In al die verskille sal ons in Christus nader aan die Here Jesus getrek word, sowel as nader aan mekaar. Deur in Hom te groei sal ons in die rykdom van die Here groei, wat beteken dat ons in algemene dinge in heiligheid nader na Hom getrek sal word.

Hy het nie net na die groter dinge van die lewe gekyk nie, maar begin nou om die kleiner belangrike dinge op te fokus, wat die indi-vidu oproep tot heiligheid, reinheid, waarheid en intergiteit, en ‘n gesindheid van vergifnis. Dit kom daarop neer dat ons kosbaar in die huis sal wees. Dit lê gesetel in die leerstelling van die Ou mens en die Nuwe.

Vs.17 Dit sê en betuig ek “getuig met protes”.  Die getuienisse word deur die gewete ingeroep tot die ewige feite van genade en plig, in die Here. Ons is almal lede van dieselfde liggaam, en is in Chris-tus verenig.

Hfst.4:25-5:2

In hierdie gedeelte is daar 20 bevele om na te kom.

Vs.25 Lê dan die leuen af: Die leuen is aan die duiwel verbind want hy is die vader van die leuen. Joh.8:44. Die heidene het ‘n gesegde gehad waarin gesê was dat dit beter is om ‘n leuen te spreek as die waarheid wat seermaak.

Leuen is dit wat ek spreek met die doel om mense te mislei of ver-keerd in te lig. Dan is daar waarheid in kakrater waar die leuens in lewens is as ek nie ernstig in my lewenswandel is om die Here te behaag nie. Beide hierdie lewens sal in omstandighede bevestig word

Ons moet eerlik in ons daaglikse gesprekke wees, in die openbaar sowel as in die binnekamer. Dit verwys ook na oordrywing of ver-kleinering. Verskeie skrifte waarsku ons teen die gevaar van leuens bv. Lev.21:11 Kol.3:9 en Sag.8:16 maan ons om die waarheid te praat.

Waarheid moet ook in beloftes nagekom word. Daar moet ‘n opregte begeerte wees om Sy beloftes te vervul en na te kom. Klaag.5:5 Se dat dit beter is om nie te belowe as te belowe en nie na te kom nie.

Die rede hoekom ons nie moet lieg nie is omdat ons lede van mekaar is, ‘n Leun is ‘n oortredinng van sosiale wangedrag. Dit is ook ‘n oortreding tot ‘n goue reël sodat ons aan andere sal doen wat ons aan onsself gedoen wil hê. Leunaards verwag dat ander eerlik met hulle moet wees terwyl hulleself nie eerlik is nie.

Leuens verwoes die vertroue en gerustheid van goeie vriendskappe. Dit maak die deur oop vir verdere vernietiging van ‘n persoon een leuen lei tot ‘n volgende.

Die onbeheersdheid van die tong dui op onvolwassenheid in ‘n kind van die Here se lewe.

Vs.25 Omdat ons die Here leer ken het, en ons nou beklee het met die Nuwe mens wat ons genade gee om uit hierdie duister wêreld waaruit ons gekom het te lei na Sy wonderbare lig, is dit nodig om onstlae te word van alle besoedeling, sal; my hele spraak en lewens wandel verander.

Ons het eens leuens vertel en spreek nou die waarheid, omdat ons nou mekaar se lede is. Ons praat en handel in waarheid omdat ons aan Hom behoort wat die waarheid is. Verheerlik die Here deur ‘n eerbare tong. En deur jou geaardheid.

Vs.26-27 dui op toorn of woede:

Vs.26 Word toornig en moenie sondig nie. As daar soms toorn moet wees, sorg dat dit nie gegaan het oor eie belang of eer nie. Toorn in lyn met die wil van die Here. As daar mislukking in geduld was, keer terug na liefde en lê alle griewe aan die voete van die Here Jesus.

Lewens omstandighede moet my nie irriteer of my humeur laat verloor nie, of ‘n oorsaak van sonde in my laat word nie. Dat ons nie aan die duiwel enige ruimte in ons lewens sal gee nie.

Daar is ‘n toorn wat nie sondig is nie: Dit is maklik om te sondig terwyl ek toornig is maar moeilik om kwaad te word en nie te sondig nie. Ons mag nie die toorn vir die volgende dag in ons lewens dra nie. Daar is ‘n Latynse gesegde wat sê “wie met toorn bed toe gaan het die duiwel as sy vriend saamgeneem”

Wees toornig beteken dat daar ‘n Goddelike toorn bestaan oor sonde maar moet waak dat hierdie toorn nie omskep word in woede waar my eie eer op die spel geplaas word nie. Die woorde woede en toorn kom 289 keer in die Bybel voor, maar alleen 12 keer in die N.T.

Die Here self was verskeie keer toornig op die volk van Israel en was volmaak sondeloos.

Die wan gebruik van toorn is wat die Here veroordeel, daar moet ‘n rede tot toorn wees, en word nooit gebruik om iemand te di-menslik te gebruik of te verkleineer nie. Toorn word in die Bybel toegelaat maar nie sonde nie.

Vs.27 Gee aan die duiwel geen plek nie. As daar ‘n hart gesluit is vir die Here is die deur vir die duiwel oop. Hy wat sy broer haat weet nie waarheen hy gaan nie. 1 Joh.2:2. Van sonde tot erger sonde.

Vs.28:STEEL:

Diefstal is een van daardie dinge wat nie eens onder Christene ge-noem moet word nie. Dit onstaan uit ‘n diepe selfsugtigheid van die hart. Die middel tot genesing vir diefstal is harde werk. Die Here het harde werk ingestel en verwag van ons om dit wat Hy gee mee te werk. Dit behoort deel van ons dankbaarheid of aanbidding te wees

Luiheid pas nie by Christenskap nie, wat tot baie gevare kan lei. Luiheid lei tot armoede en bring by die mens die begeerte om te neem. Harde werk moet verder eerlike werk wees. Werk is tot voordeel van andere sowel as vir onsself.

Vs.28 Soos met waarheid van lippe is daar eerbaarheid in lewe nou volg handelinge, waar eens gesteel was, moet nou gewerk word. Laat hy die geheim van aan andere te gee leer ken en nie vir homself alleen lewe nie.

Laat hy ook verder met sy hande hard werk sodat hy die bevrediging van werksbevrediging kan ondervind, sodat hy sy geld in eerbaarheid kan verdien.

Vs.29 Twee soorte spraak:

Negatief: Laat geen vuil woord nuttelose en onmsinnige praatjies uit jou mond voortvloei nie. Dit is die negatiewe waar daar ver-draaidheid of slgete spraak uit my lewe vloei. Slegte gesprekke ontstaan uit ‘n slegte hart. Die tong besoedel die hele liggaam. Uit die volheid van die hart spreek die mond. Uit dieselfde hart kan seëninge en vervloekinge volg. Sedelose gesprekke sal met die oordeelsvuur van die Here ontmoet.

Positief: Ons moet opbouende gesprekke gebruik. Dit wat goed is tot opbouing en ondderig. Dit is gesprekke wat opbouend is tot die gelowes in heilgheid en geloof. Daarom moet ons nie ons perels voor die varke gooi nie. Laat ons woorde altyd met sout besprinkel wees.

Vs.29: Laat geen vuil taal uit jou mond uitgaan nie. Hy moet sy tong alleen gebruik vir wat reg is, en alleen gebruik vir wat rein is. Die doel is dat ons voordurend die Here sal behaag.

Vs.30 Bedroef nie die Gees van God nie.

Bedroef nie die Gees van God nie deur enige van die verbode dinge wat vanaf 4:17-5:18 voorkom te doen nie.

Dit sluit by bedroef die Gees van God in: Dit raak die Derde Persoon van die Goddelike Drie eenheid. Hy is ‘n Persoon net soveel as God die Vader en die Seun. Dit wys daarop det die Heilige Gees reeds in die persoon woon in wie Hy bedroef kan word. Ons bedroef die wat ons liefhet of die vir wie ons lief is.

Die Heilige Gees maak aan ons bekend dat Hy uiters sensitief is  soos die ander Twee Godhede van die Drie Eenheid, omdat Hy meer onbekend is en mistirueus is, is dit makliker om Hom te bedroef.

Die gees van heiligheid werk in ons elke gedagte wat rein is, en goddelike begeerte en ‘n onwaardige optrede sal die Gees van God bedroef. Dit kan lei tot die verlies van ons sekerheid, indien daarin volhard sal word.

Ons is verseel tot die dag van ons verlossing. Soos goedkoop en ontroue gesprekke die hart van ons dierbares sal breek, so sal enige handeling wat tot oneer van die Here is die hart van die Here breek.

In hierdie gedeelte wat voorafgegaan was deur die korrupsie van die mens se hart buiten die Here, gaan Paulus nou verder om te sê dat ons die Here nie so leer ken het nie.

Hier gaan Paulus die riglyne van reinheid, en die noodsaaklikheid van ‘n verhouding met die Nuwe Man wat ons die vermoë van krag sal skenk, om waarlik heilig te wees. Hier gaan hy die band tussen die praktiese en die geestelike vir ons deurgee. Daar is niks so belangrik as reg te lewe in die lig van elke dag se lewe nie.

Daarom moet ons onthou dat terwyl ons op hierdie aarde leef ons so versigtig sal wandel en waardig.

Vs.30. Bedroef nie die Gees van God nie. Paulus roep die mens op tot ‘n totale weerhouding van sonde. Sodat die diepe geheim van die kerk en van die huis en van die hart in ‘n lewe van liefde leer om soos die Here Jesus te word.

Vs.31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word saam met alle boosheid.

Die Bybel beskrywe 5 vorme van bitterheid en woede:

1) Bitterheid:

Dit verwys nie na spraak soseer nie maar ‘n harts toestand wat ‘n persoon in ‘n toestand van konstante antogonimse plaas. Dit is geneig om alles wat mooi is te bederf, haat teenoor ander te openbaar, en om ons eie invloed teenoor andere te bederf.

2) Woede:

Dit verwys na ‘n uiterste verstandelike houding wat uit bitterheid onstaan. Dit is ‘n koors in die hart en beinvloed die verstand en bring vuur in die gesig en ‘n swaard in beide die hand en die tong . Woede is sonde omdat dit ontspring uit uit ‘n begeerte na liefde van misverstand en van trots.

3) Toorn:

Dit is ‘n meer besadigde handeling uit die gees van die mens. Daar is ‘n toorn wat aanvaarbaar is, as dit uit aanvaarbare omstandighede spruit. Die toorn waarna hier verwys word is sonde. Dit gaan met haat gepaard, dit breek uit in onbeheersdheid. En is opgewonde oor die verkeerede wat gedoen is teenoor myself, en nie die oneer wat aan die Here gedioen is nie. Dit verdra nie lank in hierdie geval nie. Dit maak ons onbekwaam vir ‘n heilige wandel.

Ons moet dit van ons wegskuif, omdat die Here dit verbied. Dit steur beide die gedagtes en die emosies, omdat dit sonde is, en dit kan tot ewige skade lei.

4) Geskreeu: Dit is ‘n uitroep tot aanvaarding, dit is raserig, en gee donker ruimtes plek binne in die hart.

5) Lastering:

Dit is die persoon wat dink dat hy ‘n lisensie het om te praat en te wond, ook die reputasie van andere. Dit is teenstrydig teen waarheid en eerbaarheid.

Boosheid: Dit is die setel waaruit die vorige 5 uitspruit. Die posisie waar ons dit vind is by die werke van die vlees. Dit is ook teen-strydig teen die nege genadegawes van die vrug van die Gees. Dit is ook teenstrydig teen die waardige wandel waarvan Paulus ons in Efe.4:1 ons maan.

Laat al hierdie eienskappe van jou verwyder word. Dat reinheid uit jou lewe straal, laat alle vorme van onreinheid uit jou lewe geban word. Gee dit aan Hom oor sodat Hy daarmee kan handel

Vs.32 Wees vriendelik en vol ontferming.

Instede van bitterheid moet daar vriendelikheid en ontferming wees.

1)      Deur te sien dat dit met ander goed sal gaan 1 Tim.2:1

2)      Deur bly te wees oor ander se seëninge Rom.12;15

3)      Dur saam met ander in hulle verlies te voel: Rom.12:15.

4)      Deur mekaar in nood by te staan: 1 Joh.3:17-18.

Die motiewe van vriendelikheid:

1)      Deur die Here Jesus se voorbeeld te volg: Wees goed vir jou vyande Luk 6:35.

2)      Dit is ‘n opdrag met ‘n plig daaraan gekoppel.

3)      Ons is broers van vlees en van Gees.

VOL ONTFERMING:

Hierdie terme is in die oorspronklike gekoppel aan emmers van genade Kol.3:12.. Dit beteken dat ek in medelye sal omsien na ander se nood. Fil.2;14 Moet nie net na my eie belange omsien nie maar ook na die van my naaste. Die bande van omgee word versterk in ‘n Christen se lewe.

Ons moet te aller tye gereed wees om ander in hulle smarte te troos. Om onaangenaamhede te verwyder en twyfel uit die weg te ruim en word hoog in die Skrif aanbeveel Luk.6:36; 1 Pet.3:8.

‘n Ongenadigbare gees word in die Skrif as onaanvaarbaar deur gegee. As ons ons harte sluit vir andere hoe kan die liefde van die Here in ons lewens heers. 1 Joh.3:17. Ons moet die voorbeeld van die Vader volg wat ryk is in genade en wie se goedgunstige genade oor al Sy werke is.

Die Here Jesus was dikwels met medelye gevul vir die mense of die skare. Mark.9:36. Hy het medelye met ons swakhede Hebr.4:15.

VERGEEF MEKAAR:

Vergewe mekaar soos die Here in Christus ons vergewe het. Dit sluit die volgende in:

1) Dat Christene aan ander baie sal doen wat vergifnis nodig het. Ons is van dieselfde bloed. Foute sal hanteer word sonder om die ander party te vernietig.

2) Die Christen moet ander vergewe. Die Here Jesus gee herhalende instruksies aangaande hierdie feit. Matt.6:14 + Luk.17:4.   

3) Ons vergifnis van andere moet ‘n sekere feit wees in ons gebede vir andere.

4) Die mate van vergifnis moet dieselfde wees as die van die Vader self.

A) Dit is die Here wat vergewe, en is ‘n handeling van Sy genade. Hfts.1:7.

B) Hy het dit in die Here Jesus gedoen nie net vir ons ontwil nie, maar in Hom as ons plaasvervanger. Ons word onvoorwaardelik vergewe die oomblik wat ons gered word.

C)  Hoe vreeslik sal ons buiten dit wees. God se toorn met ons en die hel onder ons.

D) Hoe gelukkig sal ons wees omdat die Here ons nie veroordeel nie of Homself aan ons sondes herhinder nie.

Laat die manifistasie van Sy krag in jou lewe ontwikkel. Dit sal deurdring tot elke deel van jou wese en sal uitwerk in jou eie redding

Vs.2 Soek jou vreugde in ander se geluk, soos die Here Jesus ons liefgehad het. Daar is die liefde wat geopebaar is in die Vader wat Sy Seun gegee het om ons van ons sondeskuld te verlos en dan die Seun wat die verlossing kom bewerkstellig het. Dit was die dood van die Here Jesus wat aan ons lewe kom bring het.

Hy het gesterf sodat ons kan lewe, ons moet sterf sodat ander kan lewe.  

HFST.5:1-14

DIE WONDERLIKE RESULTATE VAN SEëNINGE: DIE WERKE VAN DIE DUISTERNIS EN DIE VRUG VAN LIG:

INLEIDING:

Puslus het in hierdie gedeelte aan ons voorgehou dat ons navolgers of voorbeelde moet wees soos die Here Jesus was. Dit behels dat ek my eienaarskap in die Here sal verstaan, sodat ek volgehoue in hier-die weg van liefde en vrede sal wandel. Een van die sterkste eien-skappe van liefde is iemand wat bereid is om hom of haarself voort-durend beskikbaar te stel om ‘n ander vir die Here Jesus te bereik.

Selfsugtigheid wil homself beskerm en wil nie betrokke raak in die oeslande van die Here nie, liefde is bereid om al die seer en verliese van die lewe te aanvaar en ook bereid te wees om van harte te ver-gewe soos die vorige vers mee afgesluit het.

As ons vir elke sonde wat ons begaan het soos in die O.T. ‘n offer moes bring van een of ander dier of aard, beteken dit dat dit my gekos het, sou daar soveel minder sondes in hierdie bedeling gewees het, want ons verstaan nie dat liefde ‘n offer is eerstens teenoor die Here en tweedens teenoor andere nie.

Navolgers in vergifnis, in handelinge in woorde in maniere, in ons aard en in ons gees. Soos ‘n kind sy vader navolg, moet ons die Here Jesus met ons wese navolg.

Ons moet ‘n lieflike geur vir die Here wees.

Net hierna wys Paulus vir ons 6 algemene sondes wat deur die Here veroordeel word:

1)      HOERERY:

Dit sluit enige vorm van sekseule misdrywe in. Matt.5:28 Sê duidelik dat as ‘n man na ‘n vrou kyk om haar te begeer het hy reeds egbreek gepleeg het. Geen hoereerde sal in die koninkryk van God kan ingaan tensy hy dit bely en laat staan nie. Self net die kyk van T.V. programme

2)      ALLERHANDE ONREINHEID:

Hierdie woord sluit enige vorm van vuilheid in ‘n natuurlike of fisiese aard Matt.23:27. Fraai van buite maar vrot van binne van die liggaam, waar iemand hulle bloot net verwaarloos, van die siel om enige iets in te neem wat die siel besoedel.

Morele onreinheid wetteloosheid: en onstabiel emosionele optree. Rom.6:19 Stel julle lede diensbaar tot geregtigheid en heiligheid en nie wetteloosheid en onreinheid nie. Efe.4:19 Ongevoelig en onge-bonde en net doen soos ek wil. 1 Thess.2:3 & 4:7. Die Here roep ons nie tot onreinheid nie, maar tot heiligmaking.

Enige iets wat teenstrydig is teen die reinheid en skoonheid van die Here Jesus. 2 Kor.12:21. Enige onnatuurlike besoedeling: hetsy deur eie handeling Gal.5:19; Kol.3:5 of deur andere wat ek goedkeur Rom.1:24.

3)      HEBSUG:

Om in te wil palm, ek wil net meer en meer dinge in my eie naam verky, sodat ek myself meer en meer kan bevorder. Ek sal dinge vir die werk van die Here gee maar dit moet op my naam bly. Dit was basis Annenias en Safira se sonde: Hulle wil voorgee dat hulle dinge vir die Here gee, maar hulle wil die aandeel behou. Dit is hebsug.

4)      GEMEENHEID:

Alles wat teenstrydig is teen reinheid, waar iemand benadeel word, gemeenheid, onbetaamlikheid in spraak of optrede onwelvoeg-likheid ens.

5)      LAWWE PRAATJIES:

Dit is die soort praatjies wat bewys hoe onkundig of leeg ek is, praatjies wat ek gebruik om ander te probeer beindruk maar myself belaglik maak, of mense wat ander manipuleer deur hulle oorreeden-de gesprekke of hulleself uit ‘n situasie uit probeer lieg.

Dit betaam niemand wat gered is om die tong so te gebruik nie.

Uit hierdie standaard bewys Paulus vir ons 5 klasse mense wat ver-lore is. Hy herhaal feitlik dieselfde sondes as wat bo genoem word met enkele veranderinge om dit duidelik uit te stippuleer dat mense wat hulle hiermee besig hou, die koninkryk van die Here nie sal ingaan nie.

Ydel woorde verlei: Verleiding of misleiding jou probeer wegtrek van die Here af. Want dit wek die toorn van die Here op.

Vs.10 En beproef (Dokimazo) Toets en onderskei, daar is sekere dinge wat logies is wat ‘n mens nie gaan uittoets nie, want logika sê vir jou wat die effek daarvan sal wees. Alles wat vanuuit Duna onstaan beteken om moontlik gemaak te word, moontlik is, en beteken self om te wil iets doen.

Welbehaaglik is: Wat die Here tevrede stel, wat sy goekeuring weg-dra, wat teenoor alle soorte mense slawe mense en vriende aanvaar-baar is.

Weerhou jou van leë praatjies wat jou siel tap en nie opbouend van aard is nie.

Efe.5:14-21

WORD MET DIE HEILIGE GEES VERVUL:

INLEIDING:

Die aanhaling uit Efe.5;14 kom waarskynlik uit die Joodse gebruik waar met die groot dag van versoening wat om en by die tyd van die jaar afspeel die priester die trompet geblaas het en die volk opgeroep het om wakker te word uit hulle slaap van gerustheid en om weer gereed te maak vir die groot dag van versoenimg. Indien een van die wagte by die tempel tydens die dienswydinge aan die slaap sou raak sou hulle die priester van al sy klere stroop en hom kaal uitrek en al sy klere brand, om daardeur te sê dat hy gediskwalifiseerd is vir diens.

In die boek Openbaring kom daar sewe aantuigings teen ses van die gemeentes dat hulle nie gereed sal wees vir die dag van die Here se koms nie. Hoe lyk jy vandag. Het jy al by die plek gekom waar jy met die Here Jesus persoonlik ontmoet het, waar jy wakker geword het uit jou slaap van sonde en besef dat jy nie gereed is om die Here te ontmoet nie? Is jy al bekleed met die Here Jesus en sal jy saamgaan met die Here.

Vir jou wat gered is waarsku die Here dat jy jou kleed moet oppas en waak en bid dat jy nie slaap vir daardie vreeslike dag waneer jy Hom moet ontmoet nie. Is jou hart nog brandend vir die Here, het jy jou alles op die altaar geplaas? O, Hy begeer om jou te beset soos wat drank mense se lewens beset. 

Elke persoon het die vermoeë om tot die volle potensiaal te ontwik-kel wat die Here die mens as individu geskape het. Tog sien ons daagliks om ons die verwoestende werk van sonde en die effek op ons eie lewens, dat ons net nie by die plek kom om so aan die Here oorgegee te wees dat Hy volle besit van my lewe mag hê nie.

Die lewe is so kort en elkeen van ons het net een kans op hierdie aarde om te lewe. Die Jehowa’s met hulle dwaalleer, hulle het nie eens die waarheid beet nie, maar het ‘n intense passie om mense vir hulle idiologie oor te win. Hulle sal tyd opoffer, hulle sal hulleself verneder hulle sal alles in hulle vermoeëns doen om mense vir hulle geloof oor te win.

Ons wat die waarheid beet het, ly aan geestelike asma: ons het nie genoeg krag om iemand na die Here toe te ly nie, en as ons iemand na die Here gely het is ons so uitgeput vir die volgende paar weke dat o ns nie met nog siele toevertrou kan word nie.

Ons is so traag en so leweloos, ons getuig wanneer ons wil, ons lees en bid soos ons wil, en doen dit sonder ‘n passie omdat ons weet dat ons die waarheid beet het. Hoe is dit dat die kruis nie my hart deurkruis het en iets in my kom doen het wat my gewillig wil maak om voluit vir die Here te wil gaan nie, hoe is dit moontlik dat ons kan sê dat ons gered is maar ek doen nie moeite om in te skakel by geleenthede waar ek myself meer kan bekwaam, meer kan bid en Sy wondere in ander se lewens raaksien nie.  

Dit is uit hierdie agtergrond dat Paulus die gemeente ernstig maan om uit hulle doodse slaap wakker te word. Hulle het nodig dat hulle die skynende krag van die Here op hulle lewens ondervind.

DRANK IS ‘N SIEKTE :

Vandag is alkoholisme nie meer ‘n sonde nie, maar ‘n siekte.  As alkoholisme ‘n siekte is, is dit die enigste siekte wat in ‘n bottel ge-koop word; is dit die enigste siekte waarvoor ‘n lisensie uitgeneem moet word, om dit wettig om te versprei om aan die staatskas ‘n in-komste te besorg; die enigste siekte wat misdaad bevorder; wat duis-ende onskuldige mense, wat nie daaraan ly nie, op die paaie dood maak; is dit die enigste siekte wat geadverteer word; is dit die enigste siekte wat nie deur ‘n virus veroorsaak word nie.  Alkohol is nie ‘n siekte nie. Dit is ‘n sonde!

EIENSKAPPE VAN DRANK TEENOOR DIE GEES VERVULDE LEWE:

1)      JY IS GEFOKUS:

Drank het die vermoeë om iemand te laat fokus: As jy vir ‘n alkolis melk, koeldrank tee of kofie sou wil gee en drank is beskikbaar sou hy nie tweekeer dink om te wil drink nie. Hy sien en hoor niks anders as dit wat die drank aan hom sal doen nie.

As jy vervul wil word met die Heilige Gees, sal daar daardie intense begeerte in jou hart moet wees om met die Heilige Gees vervul te word. Die wat my soek sal my vind. Hoe kan ek hierdie soeke in my hart versterk deur eerlik te raak aangaande jou behoefte en die Here te vertrou om vir jou iets te kom doen. 

2) JY WORD BESET:

Daar word vertel dat as jy eenmaal daardie drank gesmaak het die abtyd daarvoor oorweldegened is, dat jy in jou aard verander. ‘n Dronkaard het die vermoeë om so braaf te wees, sy natuur verander en sal bereid wees om jou uit te daag met hemelse vrymoedigheid.  Soos wat iemand onbeheersd is wanneer hy gedrink het sal iemand beheer word deur die Heilige Gees wanneer hy vervul is.

As jy vervul word met die Heilige Gees sal jy beset word deur die Heilige Gees wat jou hele lewe laat verander. Alle vrees en self bewustheid word weggewas en jy is nie net gefokus nie jou natuur het verander. Is jy reeds beset deur die Heilige Gees.  

 Alle skaamte en vooropgestelde idees verdwyn in die lig van wie die Here is.

Die Twee nature:

Wanneer die Here ons siele gered het het ek nog nie die volheid van die Heilige Gees deelagtig geword nie, ek het Hom toegelaat om die diepste van my wese te kom beset maar daar waar ek dink en praat en besluite neem het ek nog nie die Heilige Gees toegelaat om volle beheer oor my lewe te kry nie.

Hy wil ons best en bestuur maar ek moet gewillig wees dat Hy eers met my vleeslike natuur wat ins stryd is met die natuur van die Here te kom handel. Daar moet iets drasties gebeur, dit is hier waar ek die Heilige Gees toelaat om totaal volle beheer van my lewe te neem, en dan my lewe in Sy hande te plaas om Hom toe te laat dat Hy my kan bestuur.

Hy wil nie hê dat ek kragteloos en vrugteloos moet wees nie, Hy wil my ten volle beset sodat ek sout kan wees wat smaak gee in hierdie smaaklose wêreld.

Soos die heerlikheid van die Here die Tabrnakel gevul het in Ex.40:34 het Hy ook in die lewe van die dissipels na Pinkster dag hulle lewens kom vul en lees ons va die eerste diaken wat gevul was met die Heilige Gees en met krag.  Die Tabernakel was gevul voordat dit gebruik moes word. Om gevul te word met die Heilige Gees beteken dat ek my lewe en alles wat ek besit toegewy het aan die Here.

Nie meer drink ek uit enige van my glase een druppel drank nie, nie meer sit ek in die kring van spotter en deel met die sondes van die ongereddes nie, nie meer voel ek ongemaklik oor my lewe nie maar leef in die volheid van die Heilige Gees en geniet Sy teenwoordig-heid  so intens.Daarom die opdrag dat ek vervul moet word.

EFE.5:22-33

DIE HUWELIK:

INLEIDING:

Die huwelik is eerstens ‘n heilige instelling van die Here. Matt.19:6b “Wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”  Wanneer Hy in die N.T. van die kerk praat, maak Hy dikwels die vergelyking van die man en doe vrou, soos in hierdie Skrif gedeelte.

Die huwelik is niks anders as ‘n verbond, ooreenkoms of ‘n verbintenis nie, en is du ‘n baie ernstige saak. Dit is bedoel om toenemend te bloei en maak die Woord die stelling dat dit ‘n verborgenheid is. Dit is bedoel dat daar absolute harmonie tussen man en vrou moet wees en dat daar geen plek vir enige iemand anders mag wees nie.

Daar is net een man vir een vrou bedoel. As ek ‘n fout begaan het is die gedagte nie om maar in ongelukkigheid saam te moet leef nie, maar dat beide partye by die plek sal kom waar ons so aan die einde van onsslef sal kom dat ons ‘n geofferde lewe teenoor mekaar sal lewe, geen wonder dat dit die gedeelte van die volheid van die Heilige Gees vooraf gaan.

Daar was ‘n Mohad wat betaal moes word om die vrou as jou wettige vou te verkry. Miskien as daar weer ‘n dure prys betaal moet word om my vrou te verkry sal dit soveel moeiliker wees om mekaar te los, aangesien ons mekaar in waardering gekry het.

As daar ‘n ongelukkige huwelik is, is daar seker niks so seer, so on-aangenaam en niks so vernietigend as die huwelik nie. Dikwels sien ‘n mens ongelukkige huwelike en sien jy hoe mense vinnig veroud weens die smarte wat aan mekaar of aan een van die twee partye aangedoen is. Dit is bedoel om die uiting van liefde in sy volheid te weerspieël.

Daar is ‘n orde in die huwelik soos in enige bestuur sal wees. Eerstens is dit die Here, dan die Here Jesus Christus, dan die man, dan vrou en dan die kinders.

As ons na hierdie orde kyk sal ons sien dat God die Vader en die Seun onder mekaar gestel is,  wat in absolute harmonie met mekaar verbind is, uit hulle voorbeeld word dan die man en vrou gestel wat in dieselfde harmonie met mekaar moet saamlewe.

Kom ons kyk eerstens na die man:

Dit is belangrik om te onthou dat in die Christen huwelik die vrou nie net jou lewensmaat is nie, maar jou suster in die Here, jou vriendin, jou metgesel, jou alles is waarin jy jou behoefte wil vind. Dat sy met uiterste respek hanteer moet word omdat 1 Pet.3:7 waarsku dat: ons in verstandigheid met ons vroue moet saamlewe en aan die vroulike geslag as die swakkere eer moet bewys.

Die woord eer beteken respek, deurnis, begrip om haar voortdurend nader aan jouself te trek en nie weg te dryf nie. Die rede is dat julle mede erfgename van die genade van die lewe is, en sodat ons gebede nie verhinder mag word nie.

Die man moet sy vrou respekteer, mag geen ruimte vir iemand anders hê nie, Matt.5:28 Verseker die Here dat elke man wat na ‘n ander vrou kyk om haar te begeer reeds in sy hart egbreek gepleeg het. Mnr. As jy pornogarfie kyk pleeg jy aanhoudend egbreek. Moet nie jouself blaf om te sê dat jy kyk sonder enige begeertes nie, wat soek jy in daardie webstasies. Wat jy nie besef nie, is dat jy deur ‘n mag vasgevang is en dat jy haastig van hierdie sonde verlos moet word, anders mis jy die ewigheid. Efe.5:8 stel dit duidelik dat jy soos ‘n kind van die Lig moet wandel.

Net soos die vrou aanpasbaar moet raak om by haar man aan te pas is dit ook die man se verantwoordelikheid om by die vrou aanpasbaar te moet wees om by haar aan te pas aangesien Paulus in Efe.5 duidelik dit uitspel dat die man sy vader en moerder verlaat en sy eie vrou aankleef, sodat die man en die vrou een vlees sal word.

Die man moet die voorbeeld in lewe, in lewenswyse en lewens opvattinge stel, Hy moet voor stap sodat die vrou en die kinders sy voorbeeld kan volg. Hy bly die hoof van die huishouding wat beteken dat hy die finale besluite van enige saak in die huis dra, maar in oorleg met sy vrou en in verantwoordelikheid teenoor sy kinders.

Hy is nie ‘n diktator nie, maar ‘n vriend, onthou die vrou is uit die man se ribbe geneem om haar in elke opsig naby sy hart te hou. O, sal ons nie ophou om so in ons eie wêrelde te leef nie sodat die wêreld in ons huwelik iets van die teenwoordigheid van die Here kan gewaar nie.

Daar is soveel ongeluk en smarte by die ongerddes te bespeur hulle soek na iets of iemands konkreet en wil dit in ons lewens sien. Kom ons kom weer by die plek waar ons ons huwliks formelier sal in herhindering roep, dat ek getrou tot die dood my vrou innig lief sal hê en in vrede met haar saam sal lewe.

DIE VROU:

As deel van die instelling van die Here het dit Hom behaag om die vrou in die hirargie ondergeskik aan die man te stel. Dit beteken nie dat sy ‘n slaaf of ‘n dienskneg is nie, maar dat sy in haar rol van onderdaanskap iets deurgee van die kerk van die Here Jesus. Sy is die verteenwoordiger van die kerk in die huis.

Haar onderdaanskap beeld die verhouding van elke individu wat gered is, ook die man wat aandie Here Jesus onderworpe, en kan deur haar ydele lewenswandel haar man vir die Here win. Soveel klem word vandag op die se uiterlike versiering geplaas, die kunsma-tige mark waarin ons beweeg vereis alhoemeer druk, en omdat daar nie aandag aan die innerlike verhouding gegee word nie, kom daar ‘n leegheid wat deur dieuiterlike vervang moet word.

Die vrou moet te alle tye netjies versorg leef, nie slordig en verwaarloos nie, netjies geklee wees, en in haar voorkoms so wees dat sy nie haar man wegstoot van die Here af nie. Hy mag aan die anderkant nie haar misbruik deur voor te gee dat sy alhoe goedkoper moet begin raak nie.

Sy speel ‘n rol in die huis waarna die kinders kan opkyk en in hulle hart die verlange mag hê om soos die Here Jesus te wees. Haar rol na binne, in die huis lê die basis vir die kinders se toekoms.

Egskeiding is hoegenaamd nie woorde wat in ‘n huwelik genoem mag word nie. Mal. 2:11-16 vertel duidelik dat die Here egskeiding haat.  Troue is vir lewe, Egskeiding is teenstrydig teen die orde van die Here.

Daar is net twee uitsonderings wat die Bybel gee vir egskeiding en dit is Matt.5:32 en 1 Kor.7:15 en dit is minimaal. Daar is geen ruimte binne ‘n Christen huwelik dat die paartjie mag skei nie, dan rus die oordeel van die Here op diesulkes se lewens.

As ‘n onskuldige persoon die las van ‘n ongelukkige huwelik moet dra is daar hoop in die lyding bloot omdat ek totaal aan die Here toegewy, sal beloon word met ewige vreugde omdat die persoon in ‘n reinegende skool en ‘n skool van dissipline verkeer en deugdes by-mekaar maak vir die ewigheid. Die jare hier op aarde verloor sal in die ewigheid gewen word.

Sommige mans en vroue moet smarte deurgaan om stabiliteit in ‘n huwelik te bring as deel van die instelling van die Here, Die boosheid van egskeiding is groot genoeg om te dra. Dit is oor en oor bewys dat waar die egskeidingsyfer hoog is die gemeenskap meer aan drank siektes, verwaarlosing, verstandelike of psiegiese kwale sukkel as in ander gebiede veral onder die geskeide mense.

Dier huwelik is die fondasie van ‘n huwelik en van ‘n behoudende gemeenskap is die vernietegenede gees van humanisme besig om vernietiging te bewerk. Die Here Jesus het in Matt.19:6 b die stelling gemaak wat die Here saamgevoeg het mag geen mens skei nie het dit uit ‘n diepe kennis van die sentrale plek wat die huwelik hou gestel omdat dit deel vorm van die ewige oplan vir die mens om stabiel te moet leef.

Tydelike geluk moet vervang word met ewige skatte. Die dissipels was nie huiwerig om hulle aardse geluk te verruil vir ewigheids waardes nie. Wie agter My aan wil kom, moet Homself verloen en sy kruis opneem en My volg.

Beter ‘n lewe hier van eensaamheid en vreeslikheid as die ewigheid sonder die Here.     

Om mekaar hoër te ag as myself sal geen skade doen in ‘n ver-houding nie, ons kan mense wat hoë posisies beklee so vereer, hoeveel te meer moet ek my maat wat bereid is om al my nukke en grille op te eet nie waardeer nie. Respek na weerskante van die huwelik bring net geluk. Self gesentreerdheid en hoogmoed bring verdeeldheid.

Enige onwilligheid om nie myself te wil sien soos die Here my sien nie, is hoogmoed. Verering is ‘n belangrike deel van liefde. As dit aanwesig is sal die liefde bly groei, en sal die passie vir mekaar verhoog.

As die man se teerheid afhang van hoe sy vrou lyk en optree is dit maak baie oppervlakkig. As die vrou se respek afhanklik is van hoe sy voel is dit ook maar baie oppervlakkig, en op grond van hoe goed bevredig hy my behoeftes is dit ook maar oppervlakkig. 

EFE.6:10-12

SATAN: DIE DEMONIESE MAGTE:

INLEIDING:

Wanneer ons na hierdie onderwerp kyk wil ek u verseker dat dit ‘n gewelige veld is om te bestudeer en sal ons nie binne ‘n paar dienste selfs die omvang van demone en hulle funksies kan beskryf nie.

Eienaardig dat ons in die laaste dae soveel verwarring kry in die  teo-logiese wêreld, terwyl ons in die sg. verligte eeu lewe.  Daar is so-veel teorië en teologië wat in hierdie laaste dae geskep word bloot net oor hierdie onderwerp, omdat mense nie hulle eie verantwoorde-likheid rondom sonde wil erken nie, en omdat daar nie geglo word aan die Bybelse verlossing van sonde is nie.

Aan die ander kant is die mens in soveel duisternis vasgevang dat daar kerkleiers is wat beweer dat daar nie ‘n duiwel is nie. Dit is so noodsaaklik dat ons sal weet wat die Bybel leer aangaande hierdie onderwerp, sodat ons nie in strikke van misleiding sal veral nie.

1) WAT LEER DIE BYBEL RONDOM DIE DUIWEL:

Uit Ese.28 was dit duidelik dat hy die skoonste en mees verhewe engel van die engele ryk was.

Hy was vol wysheid en volmaak in skoonheid Vs.12

Dit is die enigste bo-natuurlike wese waarvan melding gemaak was dat hy gekroon (gesalf) was met allerhande edel gesteentes, vs.13 dat hy een van die hoofde was ‘n Gerub, met uitgestrekte vlerke, hulle was deel van die hoof engele gewees, Vs.14 

Jy het jouself as ‘n god aangestel, en het by spesiale plekke tussen die vurige getseentes bewandel. Vs.14.

Vs.15-16 Hy was volmaak gewees, en was gevul met hoogmoed, en was die enigste wese wat as ‘n uitermate skone genoem was.

Vs.16 Sonde was in sy hart gevind.

Vs.17 Hy was gevul met besondere wysheid en het uit sy hart hom verhoog in skoonheid in wysheid 

Vs.17-18 Hy was uit die hemel gewerp van die teenwoordigheid van die Here af weg.

Ook in Jes.14 word hy beskrywe as:

Vs.12 Hy was bekend as Lusifer en seun van die morestêr.

Vs.13-14 Sy hoogmoed het in hom die begeerte wakker gemaak om soos God te wou wees.

Vs.15 Sy eindbestemming sal die ewige hel wees, in die put van die diepste van die hel.

Noudat hy uit die hemel gewerp is, het hy sy woning in die lug gemaak Efe.2:2 Volgens die owerste van die mag van die lug.

Hy het steeds beperkte toegang tot die hemel om die broeders en susters aan te kla. Job.1:6-12; Sag.3;1.

Hierdie krag sal bly bestaan totdat Openb.12:10 vervul word. Hy word neergewerp.

Hy was deur die Here geskape gewees Kol.1:16  

2)      SY PERSOONLIKHEID:

Baie mense glo nie aan die persoon van die duiwel nie, maar dat dit bloot bose tendens van die vlees of stemme van mense is wat maar net bloot dood is.

Die Here Jesus sê in Joh.8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.”  Hy moet ‘n persoon wees om ‘n vader te kan wees.

Beide in Job.1 en in Matt.4 word mense aangekla by die Vader en is dit ‘n ware vyand wat met strategië beplan en aanslae rig.

Hy is ‘n ware persoon wat lewe, intellegensie en ‘n wil besit, met ‘n wilskrag en strategies beplanning,  en gevoel.

Hy is ‘n geestelike wese wat nie ‘n menslike liggaam besit nie (of ‘n stert of ‘n horing het nie).

3) SY KARAKTER:

1) Hy is ‘n dief: Matt.13:19 Die duiwel steel die Woord van die Here van die harte van die hoorders. “As iemand die Woord van die konin-kryk hoor en nie vasstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is – dit is hy wat langs die pad gesaai is.” 

2) Hy is subtiel: 11 Kor.11:3 Satan het Eva bedrieg. ”…soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het…”

3) Hy is ‘n moordernaar: Joh.8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.”

4) Hy is ‘n leuenaar: Joh.8:44 “Wanneer hy (die duiwel)  leuentaal praat, praat hy uit sy eie…hy is ‘n leuenaar en die vader daarvan”

5) Hy is ‘n verleier Openb.12:9 “…die Satan, wat die hele wêreld verlei…”                 

4) DIE TITEL VAN DIE DUIWEL:

1) Hy is die engel van die lig 11 Kor.11:14 “Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.”                                                      

2) Hy is ‘n brullende leeu. 1 Pet.5:8 “…die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”

3) Hy is die prins van die kragte in die lug: Efe.2:2 “…volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,”            

4) Hy is die krag van die duisternis: Kol.1:13 “hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde.”

5) Hy is die groot draak, die slang die duiwel, Satan Openb.12:9 “En die groot draak is neergewerp die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.”                                    

6) Hy is die prins van hierdie wêreld Joh.14:30 “…want die owerste (prins) van hierdie wêreld kom en het aan my niks nie.”                                               

7) Hy is die god van hierdie wêreld: 11 Kor.4:4 “naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het…”                   

8) Hy is die koning van die bodemlose pit, wie se naam in Hebreeus is Abaddon Openb.9:11.

5) SATAN SE WERK:

1) Om te soek wie hy kan vernietig. 1 Pet.5:8 “…die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.”

2) Hy saai onkruid en bose leerstellings: Matt.13:25-30 “…het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai, en weggegaan”                                     

3) Om die gedagtes van die mens te verblind 11 Kor.4:4 “…in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verlig-ting van die evangelie van die heerlikheid van Christus …op hulle nie skyn nie.”

4) Om die broeders aan te kla Open.12:10 “…want ie aanklaer van die broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklag voor onse God dag en nag.”

5) Om die Christene te sif of te toets Luk.22:31 “En die Here sê: Simon, Simon, kyk die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif, maar Ek het vir jou gebid.”

6) Om die vlees (lewe) te vernietig van die mens 1 Kor.5:5 “om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kon word in die dag van die Here Jesus Christus.”

6) SATAN SE ONDERDANE:

1) Satan se engele, bose geeste, onrein geeste, en duiwels 11 Pet.2:4 “Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; “ Judas.vs.6

2) Wêreldheersers, kragte, magte en geestelike skares Efe.6:12 “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duister-nis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”

3) Sondaars wat sy wil doen Joh.8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.” 

4) Gereddes mag toelaat dat die duiwel hulle mag gebruik soos met Petrus in Matt.16:22-23. Die Here Jesus kyk na Petrus maar bestraf die duiwel wat deur sy lippe gespreek het.

7) SATAN SE EINDBESTEMMING:

1) Op ‘n latere stadium sal hy uit die hemel gewerp word Open.12:7-8 “En daar het oorlog in die hemel gekom: Migael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak en die draak en sy engele het oorlog gevoer en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.”

Die duiwel het steeds vandag toegang tot die hemel.

2) Dan stook die duiwel onmin by die mens voor God Open.12;12 “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het”

3) Hy sal deur ‘n engel met kettings gebind word Open.20:1-3 “En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die af-grond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar verby voleindig is nie.”

4) Die duiwel word in die bodemlose put gegooi vir ‘n duisend jaar Openb.20:3.

5) Dan sal hy vir ‘n kort tydjie losgelaat word en uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, …om hulle vir die oorlog te versamel. Openb.20:7-9. Dan sal die vuur van die Here neerdaal en hulle verslind.

6) Die duiwel word verslaan en in die poel van vuur gewerp. Open.20:7-10.

SLOT:

Satan is magtig, maar die Here is almagtig; die duiwel was reeds vir ewig verslaan op Golgota. Laat ons voortdurend die oorwinning neem wat ons in die bloed van die Here Jesus het. Open.12:11.  

DEMONE:

INLEIDING:

Die bestaan van demone en bose werkinge is van die vroegste tyd reeds aan die mens bekend. Onder die ‘primitiewe’ samelewing is hierdie geeste geleer om verwyderde geeste te wees wat terugkeer na enige een wat lewe. Die wat bely dat hulle demone gesien het, bely dat hulle hul in menslike gestaltes sowel as dierlike en enige vorm van iets wat asemhaal gesien het. Gewone demone is onsigbare geeste.

Die Here Jesus het sonder twyfel aan demone geglo en Markus evan-gelie verwys na verskeie geleenthede waar die Here Jesus demone uitgedryf het.

1) DIE ONSTAAN VAN DEMONE:

Die Bybel gee nie duidelike riglyne aangaande hierdie onderwerp nie en verskeie antwoorde word gegee vir ons om te oorweeg. Die eerste van teorieë word algemeen aanvaar.

1) Satan teen die Here gesondig het Jes.14:12-20 Eseg.28:11-19 word gereken dat hy nie alleen gesondig het nie, maar dat hy die leier was van ‘n groep van engele. Toe die duiwel geval het, was hy en sy engele uitgewerp, en hierdie gevalle engele het demone ge-word. In Matt.12:26 word die duiwel as ‘n koning met ‘n koninkryk van onderdane omskrywe.

2) Sommige sien in Gen.6:1-6 engele wat na die aarde gekom het, en met die vroue van die aarde gemeenskap gehad het, waarvan die nasate reuse was en dat beweer word dat sommige van hulle demone geword het nadat hulle geserf het.

Daar is andere wat die gedeelte omskrywe as ‘n ondertrouery van Set en die goddelose geslag van Kain. As dit so was, wat sou die rede wees dat die kinders reuse gewees het, bo-natuurlike wesens Gen.6:4?

Dieselfde uitdrukking “Seuns van God” kom ook in Job.1:6 waar die “seuns van God” gekom het en hulle voor die Here kom toon het. Die seuns van Set het sekerlik nie toegang tot die hemel gehad nie, verwysende dat die hemelese wesens of iets soos engele moes ge-wees het.

3) ‘n Derde verduideliking is dat demone geeste van die Per-Adamiese geeste was wat tussen die twee verse van Gen.1:1 en Gen.1:2 was. En wat in Jer.4:23-26 beskrywe word as ”…daar was geen mens…” verwysende dat daar mans op een stadium was. 1 Kor.15 is duidelik dat Adam die eerste mens was.

2) DIE BESTAAN VAN DEMONE VANDAG:

Skriftuurlike getuienisse is duidelik dat daar ‘n oorvloed van demone was gedurende die Here Jesus se lewenswandel hier op aarde. Die mens is vandag in ‘n verligte eeu van wetenskap en wat nie alles nie, en tog ontken die mens die Bybelse eise van demone en beskou dit as middeleeuse mittes of verbeelding vlugte of as grappe.

Nuwe Tesamentiese skrywers het sterk in die demoniese aktiwiteite geglo.  Open.9:20 verwys na ‘n tyd in die toekoms (die tyd van die Groot verdrukking) waarin die mens voort sal gaan om duiwels te aanbid, vele heidense mense is agressiewe aanbidders van bose geeste. Met moderne getuienisse van die bestaan van demone (dink net aan die Hindo’s) is daar meer as genoeg getuienisse van duiwel besete persone in die dag waarin ons leef, en gevalle waar demone deur hierdie mense spreek.

3) DIE AARD VAN DEMONE:

Demone is geestelike wesens; in Matt.8:16 Het die Here Jesus bose geeste uitgedryf. In Mark1:23 word die demone as ‘onreine geeste’ beskrywe. Demone en bose geeste is een en dieslfde ding.

Paulus verwys darna dat ons worstelstryd is nie teen ‘vlees en bloed’ is nie, Efe.6:12 maar teen ‘nie-materieële’ dinge die onsigbare kragte in die lug.

Demone, hoewel geeste het persoonlikhede en is verteenwoordigend as intellegente wesens Mark.5:10; Luk.4:34; Gen.3:1; 11 Kor.11:14.   

Weens hulle bo-natuurlike kennis, wil dit voorkom dat mense be-voordeel word met inligting van hulle aangaande toekomstige dinge. Mense raadpleeg bose geeste in fortuin vertellery.

Hulle is verteenwoordig as wesens wat moreel onrein is Matt.10:1, Mark.1:27; Rom.6:13; Luk.8:27. Dit wil voorkom dat hulle bo-na-tuurlike krag besit, omdat daar dikwels met besetenheid meer as een persoon nodig is om hulle vas te hou. Hulle veroorsaak domheid, blindheid, skaamteloosheid; en selfmoord neigings, ens.

4) DIE AKTIWITEIT VAN DEMONE:

1) Hulle weerstaan die Here en soek om Sy wil te ondermyn. Satan is die aanklear van die broeders, en is beperk tot een plek op ‘n keer, sy diensknegte nl. die demone is die aktiewe magte wat inligting versa-mel vir Satan homself. Openb.12:10; + 2:13.

2) Hulle onderdruk die mens om sukses te ondervind, of om tot die volle potensiaal waartoe die Here die mens geskape is te onderdruk Job.1:12; Luk.13:16 waar hierdie vrou vir 18 jaar deur die duiwel gebind was (dit is die duiwel of sy demone wat dit gedoen het).

Die duiwel is nie al-omteenwoordig, almagtig of alwetend nie, so die groter deel van sy bestuur moet aan demone gedelegeer word.

Demone vermoei die mens deur dinge te wanorganiseer die liggaam of die gemoed Mark.1:23-27; Mark.5:1-20.

3) Demone kan tog die wil of die wil van die Here vervul. Die Here gerbuik soms die leuenede geeste om die bose koning Agab te straf 1Kon.22:23 Open.16:12 Demone sal die God weerstane weer-magte wat teen die Here wil optrek ondersteun by Amargidon.

            5) DIE ORGANISASIE VAN DEMONE:

Satan is altyd oorals te vinde en wil dit voorkom asof hy altyd oorals tegelyke tyd is, maar hy is tot een geografiese plek beperk op ‘n keer

Die setel van die duiwel was Pergamus Open.2:13 maar hy het na verskeie plekke beweeg sedert daardie tyd en is waarskynlik nou in Hollywood of Moskou die sterkte teenwoordig.

Die duiwel organiseer ‘n groot aantal demone Dan.7:19-20; Openb. 12:4+7. Die koninkryk van die duiwel is nie wan-georganiseerd nie Matt.12:26 maar is hoogs gesistematiseerd met beplande strategieë.

Die duiwel heers oor die gevalle mens met sy parlament van hoog-moed, ambusie, self gesentreerdheid, mag, gemeenheid, en plesier Joh.14:30; 18:36 Efe.2:2; 6:12; 1 Johh.2:15-17.

Hy heers ook oor die gevalle demone as ‘n ge-organiseerde konink-ryk van boosheid. Sommige van die gevalle engele is reeds nou in die plek van gevanenisskap tot die dag van oordeel. Jud.6; 11 Pet.2:4

6) DIE OORDEEL OOR DEMONE:

Die veroordeling van alle demone, soos die van die Satan self was deur die Here Jesus self verseël op Golgota.

Die afgrond is die tussen woonplek van straf vir die demone Open. 9:11. Die demone weet dat hulle oordeel kom

Matt.8:29 “Wat het ons met U te doen, Jesus Seun van God?Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?”

Die ewige oordeel van demone sal saam met Satan wees in die ewige vuur. Matt.25:41.”..in die ewige vuur berei vir die duiwel en sy engele”

7) DIE WYSES WAAROP DEMONE FUNKSIONEER:

1) Verdeling: – die vermoeë met die samewerking van bekende gees-te om vooruit te sien of om die toekoms te vertel Lev.20:27 “En as daar in ‘n man of ‘n vrou ‘n gees van ‘n afgestorwene is  of ‘n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.”

2) Towerkuns – dit is om met ‘n dooie liggaam soos Saul gedoen het deur met Samuel kontak te wou maak 1 Sam.28:8.

Dit is ‘n absolute verbode sonde in die oë van God 11 Kron.33:6; Lev.20:6.

3) Voortekens: – dit is geillustreer in Ese.21:21 en sluit waarsêery afgode en die ondersoek van ingewande van voëls en diere in.

4) Towerkuns: (heksery) – dit was ‘n groot wetenskap in Egipte Gen. 41:8 sluit ‘n vermenging van wetenskap (astrologie en astronomie) en ooreenstemmende geeste in. Dit word in hipnose, verstandelike genesings en fortuin vertellery, waar genesing op mistieke wyses gesoek word.

5) Towery: – dit sluit vreemde formules wat astrononie (sterrekunde) in. Jes.47:9-13 en word ook na hand.19;18-19 verwys waar alles verbrand was.

6) Toorkuns is ‘n konstante sameswering met bose geeste. Dit word in Gal.5;20 veroordeel, en is hoofsaaklik duiwel aanbiddery en word as rebellie teen God beskou 1 Sam.15:23 Die boekie “Between Christ and Satan” deur Dr. Kurt Koch gee meer detail.

SLOT:

Vier toetse kan gedoen word om demoniese besetenheid of gebon-denheid te toets.

1) Die wat met bose geeste te doene het sal altyd in die duister werk.

2) Die geeste ontken die persoonlikheid van Satan as ‘n bose wese              3) Hulle haat die Naam van die Here Jesus Christus en die uitdruk-king “Die bloed van Christus.”

4) Hulle ontken dat die Here Jesus in die vlees gekom het 1 Joh.4:3.

Sommige voorstelle om bose geeste uit te dryf:

1) Weerstaan die duiwel in die Naam van die Here Jesus Christus, dit is die beste om ons Verlosser se volle Name te gebruik. 

2) Bid in geloof met vertroue en kry soveel ander om saam met jou te bid, moet nooit alleen werk nie, tensy omstandighede nie anders kan nie by uitsondering. 

3) Vas as die demoon weerstand bied Mark.9:29 “…Hierdie geslag kan deur niks anders  uitgaan as deur gebed en vas nie.”

4) Praat en sing baie koortjies wat handel oor die bloed van die Here Jesus Open.12:11 “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam…”

Kwoteer of lees gedeeltes wat die oorwinning van die Here Jesus wys oor diemagte van die duisternis.

***************************

Dit is duidelik dat daar twee soorte gevalle engele is: Matt.25:41 Open.12:4.  Die wat vry is en die wat gebind is.

Die wat vry is heers onder die gesag van die duiwel in die hemelse plekke onder die prins leier Satan en word met heelwat klem in die

Skrifte verduidelik. Die duiwel staan bekend as Beelsebul, prins van die demone, Matt.12:24 die draak ..en sy engele Open.12:7. Hierdie ongeidentifiseerde bose geeste onder die koninkryk van die Satan en konikryk wat aan hom onderdanig is Matt.12:26 en wat so talryk is wat sy krag geweldig maak wil eenders as die demone.  As die engele van Satan en demone nie dieselfde is nie het ons ‘n probleem met vele skrifte in die Bybel.

Die Satan se metode van handeling en sy hoogs georganiseerde mag van swerwende geeste in die hemelse realm word in Efe.6:11-12 aan ons verduidelik.

Sy metodes is voorgestel in die uitdrukking: “liste van die duiwel” Efe.6:11. Terwyl sy organisasie omskrywe word as: “owerhede” “magte” “wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu” “teen die bose geeste in die lug.”

Die kompakte geeste kan niks anders dan sy engele wees nie, of demone met verskillende statusse van rang volgordes en verantwoor-delikhede. Hoewel hulle onsienlik met die blote oog is hulle ware agente buite bereik van die gewone sig. Hulle is die akteurs in hier-die groot drama en sy bose sisteme.

Dit is dus in die hemele of die lug wat die duiwel sy heerskappy het maar nie in die derde hemel nie 11 Kor.12:2. Van hierdie plek is die duiwel en sy engele tydens die kruisiging uitgeskakel. Hy is die owerste van die mag van die lug Efe.2:2. en sal uiteindelik op die aarde neergewerp word Open.12:7-12 om die tragiese rol in die einde van die despenasie te speel Open.19:20; 20:2-3.

Daar moet in u gemoed nie verwarring bestaan tussen die gevalle engele wat gebind en die wat vry is nie. Die wat vry is word as demone omskrywe, terwyl die gebonde in 2 Pet.2:4 omskrywe as die wat gesondig het. Judas omskrywe hulle nog meer volledig: Jud.6 as die wat hulle eie beginsel verlaat het.

Die engel wat vry is en hulle eie beginsel nie verlaat het nie, word in Matt.25:41 omskrywe as duiwel en sy engele. Of as die draak en sy engele Open.12:7. Hulle is die magte in die lug Efe.2;2. Die demone Matt.12;24 oor wie die duiwel as prins aangestel is moet versigtig onderskei word van die bose engele wat hulle eie beginsel verlaat het en nie melding van gemaak word as engele nie.

Basies moet ons net weet dat alle demone nie vry is nie. Saam met die wat vry is is daar die wat saam met die Satan in die laaste dae nie in die plek van gevangenisskap gebind is nie, maar in die onder-wêreld Luk.8:31 Open.9:1-2 +10. waar hulle waarskynlik tydelik gevange is om in die laaste dae losgelaat te word.

Aangaande hulle is niks aan ons geopenbaar nie. Waar hulle oor-spronklik vandaan kom en wat hulle uiteinde is weet ons net dat hulle saam met alle vorm van ongeregtigheid geoordeel word.

DIE BETEKENIS VAN DIE TERM DEMONE:

Die onstaan van die term demoon of demone is nie seker nie. Dit is wel duidelik dat sy oorspronlike betekenis aan intellegensie gekoppel is. Dat hy met bo-natuurlike kennis bedeel is is duidelik uit Efe.6, om strategie te beplan en uit te werk.

Daar is 4 beginsel betekenisse vir die term demoon. 1) Demoon was sinoniem met god. (Theos).

2) Die tweede begrip vir demone was iets tussen gode en die mens.

3) Grieke het demone as morele onvolmaate wesens beskou.

4) Alle demone is boos, en is lede van Satan se koninkryk en is aktiewe agente. Matt.12:22-30. Ook die O.T. bevestig hierdie begrip nl. Deut.32:17; Ps.106:37.in die N.T. 1 Kor.10:19-20. 1 Tim.4:1.

************************************8

DEMONE EN HULLE AARD:

A)    HULLE GEESTELIKE NATUUR:

Die Bybel is duidelik dat demone geestelike wesens is Matt.8:16 “En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak.”   

Luk.10:17 “En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in U Naam.”

Die Here Jesus het gereageer en in vs.20 gesê: “Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste an julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opsgeskrywe is.”

Matt.17:18 word melding gemaak van die maansieke kind dat die duiwel uit hom uit gegaan het. In Markus word hierdie selfde duiwel as ‘n onreine gees beskrywe. Mark.9:25.

Lukas verwys na ‘n insident waar ‘n sekere vrou wat van bose geeste genees is, waarvan eerste melding gemaak is van Maria Magdalena wat genoem word dat daar sewe duiwels uit haar uitgedryf is. Luk.8:2.

Demone en bose geeste is dus dieselfde ding. Paulus beskrywe die geestelike aard van beide Satan en sy demone as ‘n leermag wat met die Christen in ‘n oorlog gewikkel is.

Ons aanslag is teen die nie materieële wêreld, die onsigbare wat as magte omskrywe word. As wêreld heersers, en magte van die duisernis. Vs.12.

Die prins van die magte van die lug, die geeste wat nou aan die werk is in die harte van die kinders van ongehoorsaamheid. Die magte van die lug is dus die bose geeste wat goddeloosheid bewerk soos die Heilige Gees Sy kinders wil heilig.

Johannes beskrywe die demone wat in drie onrein hoedanighede in die laaste dae gaan optree: Die draak, die bees en die valse profeet.

Open.16:14.

Demone is geestelike wesens, wat nie vlees en bloed het nie maar wat die ingang by die mens kry wanneer hy homself daarvoor oop-stel.

Hoewel hulle geeste is, het hulle persoonlikhede, en is ooral verteen-woordig Mark.5:10; Luk.4:34. 

DIE WAPENRUSTING:

INLEIDING:

Ons moet van uit die staanspoor vir mekaar reguit sê dat wanneer ons van hierdie onderwerp melding maak dit van toepassing op die kind van die Here is. Die persoon wat sy lewe nog nie met die Here Jesus reggemaak het nie, moet eers by die plek kom waar ek in ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus gaan staan alvorens ek by magte is om hierdie outoriteit op te kan neem.

Die oomblik wat ek gered word is ek in oorlog met die duiwel. Die geestelike lewe is nie speletjies nie, maar ‘n geveg. Die brief is vir die kinders van die Here geskrywe.

Soos reeds melding van gemaak is het ons in die geestelike wêreld nie ‘n fisiese konflik waarmee ons te doene het nie, maar ‘n geeste-like. Daarvoor is die aanslag nie mense wat mekaar oppeneer nie, maar die duiwel wat mense gebruik om sy vuil werk te doen.

Die aanslag is so subtiel dat ons nie in ons vleeslike vermoeëns die krag besit om te kan onderskei of weerstand te kan bied nie. Vs.12 Omskrywe die hele veldslag waarin konflik plaasvind. Daarom dat Paulus vir ons in 11 Kor.19:4 sê dat ons wapens teen die stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp.

HOE WORD EK ‘N SOLDAAT:

11 Kor.13:5 ‘Ondersoek julleself of julle in die geloof is; stel julleself op die proef.”

Sê my waar staan jy in jou verhouding tot die Here Jesus, het jy die sekerheid dat jy waarlik gered is, het jy al van jou sondige leefwyse omgedraai en Hom toegelaat om die beheer van jou lewe oor te neem?

WAT IS DAN HIERDIE WAPENRUSTING:

Dit begin by getuienis lewering: Rom.8:16

11 Kor.5:17; het die Here lief en haat sonde.

Dit is gekoppel aan dissipline.  Besef waar jou krag vandaan kom, dat dit van die Here kom. Fil.4:13 “Ek is tot alles instaat deur Christus wat my krag gee.” 2 Tim.2:1 Gebede, en smekinge.

Gehoorsaamheid:

2 Tim.1:7 “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”

Paulus maak melding dat ons die wapenrusting moet aantrek en nêrens dat ons dit ooit moet uittrek nie. Efe.4:27 Sê duidelik dat ons dit moet uittrek deur aan die duiwel geen plek te gee nie.

Ons het die volle wapenrusting nodig sodat ons staande kan bly en weerstand kan bied.

Dit begin dadelik met die aktiewe tyd, m.a.w. dat ek ‘n defenitiewe stap neem om aktief in hierdie stryd betrokke te raak. In die lig van hierdie wye spektrum van aanslae moet ons die volle wapenrusting van die Here opneem.

Daar bestaan twee soorte wapenrusting: Die om mee aan te val en die om mee te verdedig:

1)      Die om mee te verdedig is vir beskerming:

a)      Die helm van verlossing is perikephalaia:

U sien die aanslag is dikwels op die gedagte wêreld van die mens gesetel en is die doel om my of te verwar, of om my deur dit wat ek dink so negatief te beinvloed dat ek nie perspektief meer oor ‘n situasie kan verkry nie. As ek nie my gedagte wêreld onder die be-heer van die Heilige Gees gaan plaas nie, sal ek nooit oorwinning oor situasies ondervind nie. Dit wat ek dink dit is ek.

Daarom dat Kol.3 vir ons sê dat ons gefokus moet wees om die dinge wat daarbo is te bedink, dat ons ook versigtig sal wees om nie bloot net gevolgtrekkings te maak nie, maar dikwels die motief van wat iemand se hart is te ondersoek. 

b)      Die lendene omgord is zoma:

Die lendene is die belt wat styf om die liggaam gebind word om die wapens stewig aan jou gegespe te hê, waarin klein handwapens en allerhande soorte wapens gegespe moet word.   

c)      Die borswapen van geregtigheid: Toraz:

Die een deel daarvan is om die bors gedeelte te beskerm, die agterste gedeelte is om die belangrike organe te beskerm, en gaan tot by die knieë af.

d)      Die voete vir die bereidwilligheid van die Evangelie. Die koper plate vir die voete en die voorste gedeelte van die bene te beskerm bekend as kneumides:

Hulle het ook ‘n tipe sool gehad wat hulle teen dorings en rotsagtige omstandighede beskerm het.

e)      Die skild van die geloof: (thureos). Dit beskerm die liggaam van aanslae.

II Die wapens vir aanval is: Die swaard:

Die swaard: of te wel die machaira se doel is om die vyand te verslaan, of om oor te gee. Daar was die pyle en messe en verskillende soorte beskrywinge onder die woord.

KEN JOU VYAND:

Wees voorbereid:

1)      Hy is jou vyand omdat hy die Here se vyand ook is.

2)      Dit is nie vlees en bloed nie, maar die geestelike vlak Vs.12.

3)      Joh.10:10 Hy is ‘n dief, skelm, verwoes, slag.

4)      1 Pet.5:8 Hy is brullend en wil verslind.

5)      Jak.4:7 Onderwerp aan die Here die duiwel weerstaan en hy sal van jou wegvlug.

6)      Duiwel wil kinders van die Here saam met hom neem.

7)      Verskillende pyle van versoeking 2 Kor.2:11 “Want ons is met sy planne nie onbekend nie.”

8)      Hy sal ons nooit uitlos nie, hoe nader ons aan die Here kom en hoe nader aan die einde hoe veller sal sy aanslae wees.

9)      2 Kor.11:14 Hy kom soos die engel van die lig.

10)  Dan.10:13 Duiwel val selfs die engele van God aan.

KEN JOU WAPENS:

Vs.14 Lendene omgord: Met waarheid. (Gordel) Daarin is die swaard en die hele wapenrusting is daaraan vas verbind. Dit is ‘n teken van gereedheid. Elke sekonde alles wat waar is, die waarheid is die Woord van God. Joh.8:44. Die duiwel is die leunaard, en die vader van die leuens. Ken die waarhied. Efe.4:14 “Ons nie meer kinders sal wees wat deur die golwe van die wind heen en weer geslind sal word nie.”

Waarheid beteken opregtheid, sonder enige bymotiewe of by bedoelinge. Nie skynheilig te wees nie. Gen.17:1.

BORSWAPEN van geregtigheid:

Dit sluit die hart en longe gedagtes en die emosies in. Dit sluit die siel van die mens in. Die stryd is in die gedagte wêreld. 2 Kor.10:5 om ons gedagte tot gevange te neem tot gehoorsaamheid aan God.

As jy nie jou gedagtes beheer nie, gaan dit jou beheer.

Die pyle kom deur sintuie. Weerstaan Spr.16:30 “Hy wat sy oê toemaak om valsheid te bedink, wat sy lippe vasknyp, het die kwaad alreeds gedoen.”

Matt.5:28 As jy na ‘n vrou kyk om haar te begeer het jy reeds eg-breek gepleeg. Daarom dat ons die dinge wat daarbo is moet bedink. Kol.3:2.

Fil.4:8 Alles wat waar is, alles wat lieflik is, alles wat eerbaar is bedink dit.

Deel van jou borswapen van geregtigheid is dat ons ons gedagte vul met die Woord van die Here Joh.15:3.

Geregtigheid beteken om reg te staan of om opreg te wees. Spreuke.28:13. Moet met ander reg wees sodat ons vergewins gesind kan wees.

SKOENE: Bereidheid vir die Evangelie van vrede:

Ons kry vandag verskillende soorte skoene: Kerk skoene, sport ontspannings skoene: Dit dien almal as beskerming van my voete. Ons kan nie met seer en stukkende voete of skoene veg nie. Daarom dat die skoene van leer gemaak was.

Ons kan nie rugby speel met plakkies nie. Die duiwel wil hê dat ons moet struikel. Hy bewerk verskillende plane om ons te laat val. Dan is ons getuienis gekanseleer.

Skoene beteken dat ek altyd gereed sal wees, die duiwel wil kyk waar ons nie toegemaak het nie.

Voete van vrede: Waar staan ons met die Here, as ons gered is. In hierdie wêreld is daar nie vrede nie Rom.5:1. Vyandsakp verander in vrede met God.

Die duiwel vernietig verhoudinge – huwelike, gemeenskap bring verdeeldheid, binne huis en familie.

Bewaar jou vrede met God Fil.4:7. Ek verloor vrede as ek nie in geloof meer wandel nie of as daar sonde in my lewe ingekom het.

Rom.8:31. Staan op die rots die Here Jesus, dan is ons meer as oorwinnaars. Sonde beroof vrede vrymoedigheid en vreugde.

SKILD  VAN DIE GELOOF:

Die skild van daardie dae was so groot dat dit jou hele liggaam beskerm, dit was van hout gemaak, met metaal laag buite om. Soldate in gelit van om en by 1,6 km (een myl) gestap teenaan mekaar sodat die vyand nie sou kon indring nie.

Ook kon die swaarde en pyle dan nie skade aanrig nie. Hierdie skild het ‘n naam, ons kan kies of ons hom gaan gebruik. Dit is geloof en vertroue.

Neem die Here op sy woord, en leef ons nou deur die geloof. Rom.1:17. Die regverdige sal uit die geloof lewe. Hebr.11:6. Dit is ‘n vaste vertroue. Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

Die duiwel skiet vurige pyle van versoekinge; ongeloof, en twyfel na ons harte Spr.30:5 “Elke woord van God die is gelouter: Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil.”

Rom.10:17 “Die geloof is uit die gehoor en die gehoor is uit die Woord van God.”

DIE HELM VAN VERLOSSING:

Die doel daarvan is om die kop te beskerm. Die duiwel val ons aan op dit wat die Here vir ons gedoen het. (Verlossing) Die duiwel se swaard is moedeloosheid, twyfel, omtmoedigings.

Aantuigings soos niemand is lief vir jou nie, die helm is daar om op te staan teen hierdie tipe aantuigings. Om myself dood te reken vir die aantuigings (Sonde) en lewendig te reken vir die Here. Fil.1:6 “Hy wat ‘n goeie werk begin het, dit sal voleindig…”

Luk.18:1 Verval in ‘n pit van moedeloosheid twyfel aan my redding 1 Joh.5:11-13. 1 Joh.3:2-3.

SWAARD VAN DIE GEES: (WOORD)

Vs.18 Deur alle gebed dit sluit, smekinge, danksegginge, by elke geleentheid, in die Gees.

Vs.17 Die swaard van die Gees is die Woord van God die swaard was 18 duim lank.

Net die voorkant het beskerming, is van agter oop en bloot, ons mag nie vlug nie, ons kan die duiwel weerstaan, en hy sal van jou wegvlug.

Swaard se gebruike: Is vir beskerming en om mee te veg.

Geestelike swaard is die Woord van God om mee te beskerm en om mee te veg.

HOEKOM DIE SWAARD VAN DIE GEES:

Die Heilige Gees is die outeur van die Woord. Hy maak die waar-hede aan ons verstaanbaar. Hy is die Een wat lei Joh.14:26.

Hy is die Gees van die Waarheid. Ons het nie altyd die Bybel by ons nie Ps.119:11 “U Woord het ek in my hart gebêre dat ek teen U nie sal sondig nie.”

This Book will keep me from sinning, but sin will keep me away from this Book.

Die Bybel bly die Woord van God, al sê die mens wat. 2 Tim.3:16.  2 Pet.1:20-21 Hy bly foutloos.

Die Bybel staan vir: BASIC INSTRUCTIONS BEFORE LEAVING EARTH.

Die Bybel voldoen aan al ons behoeftes, dit is effektief, dit is waarheid, dit bring vreugde, bring geestelike groei, dit gee krag, is lewend, en skerper as enige twee snydende swaard.

Dit gee leiding, is gevul met bemoediging en vertroosting.

Ken jou swaard, wat help dit dat jy dit vashou en nie weet hoe om dit te gebruik nie. Wees altyd gereed om jou swaard te gebruik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00