UITEENSETTING VAN EFE 2 WAARIN GELOOF BEHANDEL WORD:
REDDING DEUR GELOOF:
EFE.2:8
Enade is die bron van alle seënige aan die mens in sy vervalle staat, en daarom die bron van redding. Geloof is ‘n voorwaarde:
A) Wat is geloof, en waardeur ons gered kan word.
1) Nie geloof van ‘n heiden in die Here nie as ‘n Morele heerser nie.
2) Nie die intelegente geloof van die duiwl nie.
3) Nie die geloof van die apostels oor die hemelvaart nie.
4) Maar geloof in Christus vanuit die hart in SY versoening.
5) Die Christelike geloof is nie net ‘n toestemming tot die hele Evangelie van Christus nie, maar volle lig wat gewerp word op die Bloed van Christus en ‘n vertroue in die versoening van ons lewens, soos deur ons gegee en in ons lewe. Dit is ‘n sekere vertroue wat ons het in die Here dat deur die bemiddeling van Christus ons sondes vergewe is, en ons herstel is tot die guns van God, en daarom ‘n toegewydheid aan Hom het en aan Hom verbind is in wysheid geregtigheid heiligmaking en verlossing in kort in ons total verlossing.
B) WAT IS REDDING WAT DEUR DIE GLOOF IS?
1) Dit is ‘n teenswoordige redding 2) Van sonde 3) Van skuld 4) Van Vrees en 5) Van die krag van sonde. Hy wat uit God gebore is, sondig nie aanhoudend meer nie. Nie deur sondige begeertes of deur my tekortkominge te verskoon nie.
C) ANTWOORDE OP VRAE:
1) Redding deur geloof staan goeie werke nie tee nie.
2) Dit verminder ook nie die wet van die Here tot die beprekinge van menslike swakhede nie maar wys die ware geestelike vervulling.
3) Dit lei nie tot trots nie, dit sluit hoogmoed uit.
4) Dit moedig ons nie aan om te bly sondig nie, omdatr die goedheid van die Here alle opregtes tot bekering sal lei.
5) Dit drryf die mens tot wanhoop, dat ons redding in die Here mag vind.
6) Dit is ‘n lering van war vertroosting.
7) Dit is die Skriftuurlike fondasie van leerstelling.
8) Dit is die ware geheim van elke weergeborene, sy krag in Christus.
Om geloof te verstaan moet ons dit kan deffenieOm geloof te verstaan moet ons dit kan deffenieer. Ware geloof is onafskeidbaar van die wete van vergifnis van die verlede en en ‘n vryheid van alle teenswoordige sondes , en weet ons dat hierdie geloof ‘n vrye gawe van God is, vir die wat dit ernstig en met hulle hele hart soek.
Hoe soek ek hierdie gawe:1) Dat ek alle eie werke en pogings wat ek ookal probeer doen het sal verloën, dat ek al my werke van geregtigheid wat ek doen sal besef dat dit voor die Here soos ‘n wegwerplike kleed is, waarin ek my hoop op redding geplaas het verloën. 2) Deur die konstante gebruik van alle ander middelde van genade aanhoudende gebed vir hierdie werk in my, regverdigende genade en ‘n volle vertoure op die bloed van Christus wat vir my gestort is in Hom sal vertrou as my Heer en my allen hoop wat ek het.
Die Here gee aan on wonderlike beloftes waarin Hy beloof dat ons deelgenote word van die Goddelike natuur 2 Pet.1:4.
Al die seeninge wat die Here vir ons gegee het is Sy uitsluitlike genade, guns en vrye onverdiende guns, wat ons geheel en al nie verdien nie. Die mens het geen aanspraak op die geringste van Sy genade nie. Dit was vrye genade wat die mens uit stof geformeer het en in hom lewe geblaas het en die beeld van die Here in hom afgedruk het, en alles onder sy voete geplaas het.
Dieselfde vrye genade is aan ons ook oorgedra in hierdie dag: lewe, asem, en alle ander dinge. Daar is niks wat ons het of is maar alles wat ons uit SY vaderhand ontvang. Al ons werke het ons verhinder dat Hy Sy grootheid aan ons kan openbaar. Die geregtigheid wat in diemens gevind word is ook uit die Here alleen.
2) Waarom sal die sondige man dan na iets anders soek as wat hy uit die hand van die Here kan ontvang. All wat ons kan bied is ons sondige self. As die mens heilig gemaak word is dit nie uit onsself nie, maar die gawe van die Here oor ons geopenbaar.
Slegte vrugte word van slegte bome gekry. Ons harte is geheel sleg en skort aan die heerlikheid van die Here. Terwyl ons niks het nie, nie geregtigheid of goeie werke nie word ons nou voor die Here stil gemaak.
3) As die sondige mens guns by die Here vind is dit genade op genade. As dit die Here behaag om vars seeninge oor ons siele uit te stort is dit die grootheid van alle seeninge nl. redding. Dan kan ons maar net die Here dank vir Sy onuitspreeklike guns. Die Here bewys Sy liefde tot ons dat terwyl ons nog sondaars was, het die Here Sy liefde aan ons geopenbaar deur Sy Seun aan ons te skenk. Eur genade word ons gered, deur die geloof.
Genade is die bron, en geloof is die voorwaarde vir redding. Noudat ons sien dat ons kortskeit in die genade van die Here kom ons kyk na:
1) Deur watter geloof word ons gered?
2) Wat is die redding wat deur geloof kom?
3) Hoe sal ons sekere vrae beantwoord.
1) DEUR WATTER GELOOF WORD ONS GERED:
Dit is seker nie die geloof van die heidene nie. God is en Hy is ‘n beloner van die wat Hom soek, en word geeer deur die wat Hom aanbid, in Gees en in waarheid, en die wat in erns soek om ook in hulle morele lewens in genade en warheid en regverdigheid Hom te behaag, teenoor hulle medemens.Dat ons glo in ‘n toekomstige staat van beloning en straf , wat die heieden nie in glo nie.
2) OOK NIE IN DIE GELOOF VAN DIE DUIWEL NIE:
Hoewel die duiwel veel verder gaan as die heiden omdat die duiwel nie net glo dat daar ‘n ware en kragtige God is nie, wat genadiglik wil beloon en regverdig is om te straf, maar ook dat die Here Jesus die Seun van God is die Chirstus en die Verlosser van hierdie wêreld.
Ons vind dat die duiwel hierdie uitdrukkinge gebruik soos Luk.4:34 “Ek ken u wie is, die Heilige van God.” Ook weet ons dat die duiwl sidder vir elke woord wat uit die mond van die Here Jesus gekom het, en wat deur heilige manne geskrywe was waaraan hy ook hierdie wonderlike getuienis gegee het in Handelinge: “Hierdie manne is die diensknegte van die Aller Hoogste God wat aan julle die weg van die waarheid wys.”
Die groot vyand van die Here en die mens vrees in geloof wanneer hy aan die Here dink, wat vlees geword het want Hy het die vyand onder Sy voete vertrap, en dat die hele Woord deur die inspirasie van die Here gegee is.
3) DIE GELOOF WAARDEUR ONS GERED WORD IS:
Dit is ook nie die geloof wat die Apsotels gehad het voor die uitstorting van die Heilige Gees nie, hoewle die Here op aarde was het hulle ook in Hom geglo, alles verlaat en Hom gevolg. Hulle het toe net krag gehad om wonderwerke te vervul om siekes gesond te maak. En het die outoriteit oor die duiwels gehad, en was duer die Here Jesus gestuur om die koninkryk van die Here te verkondig.
4) DEUR WATTER GELOOF WORD ONS GERED:
Ons kan dit eerstens in die algemeen beantwoord want dit is geloof in Chirstus, in die Here Jesus is die algenoegsaamheid. Dit is nie iets wat ek prober eksperimenteer nie, waaroor ek logies of rasionee dink nie, of iets kouds en leweloos, ‘n klomp gedagtes wat ek in my kop het nie, en ook ‘n afwyking in die hart nie.
Die Bybel sê: Met die hart glo ons tot geregtigheid en as ons met ons monde die Here Jesus bely, en met ons harte glio, dat die Here die Here Jesus uit die dode opgewek het, sal ons gered word.
5) HIERIN VERSKIL DIT VAN DIE GELOOF WAT DIE DISSIPELS GEHAD HET TOE DIE HEE JESUS OP AARDE WAS:
Ons erken eerstens die feit van SY dood, en die krag van Sy opstanding. Dit erken SY dood ass die enigste voldoende mate waarin die mens gered kan word van die dood tot die ewigheid, en Sy opstanding as die herstel van ons lewens vanimoraliteit in die sin dat y oorgegee was vir ons sondes, en dat Hy opgestaan het vir ons regverdigmaking.
Dit is die volle begrip van die krag van Sy dood en die verlossing in Sy bloed en ‘n vertroue in die mag van Sy lewe dood en opstanding, wat lewe vir ons gee, en dat Hy in ons lewe.
Dit is ‘n sekere vertroue wat die mens het in die Here, dat deur die Here Jesus ons sondes vergewe is, en dat Hy dit op Hom geneem het en in ruil vir dit ons met Homself beklee, en ons aan Hom verbind, in wysheid geregtigheid, en heiligheid, in ons velossing.
II) WAT IS REDDING DEUR DIE GELOOF:
1) DIT IS ‘N TEENSWOORDIGE REDDING:
Dit is iets binne ons bereik, hier op aarde, vir die wat deel word van die die geloof, dat ons deur die geloof gered word.
2) ONS WORD VAN SONDE GERED:
Dit is die redding wat deur geloof verkry word. Dit is die groot redding wat deur die engele voorspel isvoordat die Here Sy enige Gebore Seun na die aarde gebring het. Want julle moet Hom Jesus noem want dit is Hy wat julle van julle sondes sal verlos. Daar is geen bepreking in Sy naam of mag nie, Hy kan die mees besete en verduisterde siel red en verlig.
Hy sal ons volkome red vir almal wat in Hom glo. Vir die verlede en hede, van die vlees en van die gees. Deur die geloof in Hom word ons gered beide van die skuld van sonde en van die mag van sonde.
3) EERSTE VAN DIE SKULD VAN ONS SONDES UIT DIE VERLEDE:
Die hele wereld staan skuldig voor die Here dat almal dieselfde merk dar dat die mens die Here nie kan gehoorsaam nie, en dat ons deur ie wet sonde ken, maar geen verlossing daarvan is nie deur die uiterlike wet te onderhou kan geen vlees geregverdig word niewant die geregtigheid van die Here wat deur die geloof is in die Here Jesus word aan almal wat glo geopenbaar.
Ons word vrylik deur genade gered deur die verlossing van Sy bloed, om Sy geregtigheid vir die vergifnis van sondes uit die verlede te verklaar. Die Here jesus het die vloek van die wet weggeneem deur vir ons ‘n vloek te word en die en die skuldbrief teen ons met sy insettinge ons vyandig was uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael Kol.2:14.
Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie maar na die Gees.
4) ONS WORD VAN ONS SKULD GERED EN VAN VREES:
Deurdat ons van ons skuld gered word word ons van ons vrees gered. Nie van die finale vrees van benadeling nie, mar van oorlewings vrees, van daardie vrees wat die straf insluit, van die vrees van die toorn van die Here. Ons nie ‘n ‘n gees van vreesagtigheid ontvang nie, maar van krag en sterkte en selfbeheersing, waardeur ons kan roep Abba Vader, die Gees van die Here gertuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.
Ons word ook van die vrees van om uit te verloor met die Here gered en die ervaring dat ons voortdurend kortkom van die kosbare beloftes van die Here en is deur die Helige gees verseel met die belofte wat die onderpand van die gelowiges is. Daarom het ons vrede met God deur die Here Jesus Christus, en juig in die heerlikheid van die Here en word die liefde van die Here in ons harte uitgestort.
Geen dood of lewe of teenswoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige iets anders sal ons kan skei van die liefde van die Vader wat in ons harte is nie.
5) ONS WORD DEUR DIE GELOOF VAN DIE KRAG VAN SONDE GERED:
Ons word van die skuld van sonde gered. Hy is geopenbaar om die sondes van ons weg te neem en in Hom is geen sonde nis.1 Joh.3:5. Klein kinders laat niemand julle mislei nie hy wat die sonde doen is uit die duiwel Hy wat glo is uit God gebore en wie uit God gebore is sondig nie. Hy wat uit God gebore is onderhou Sy gebooie.
6) HY WAT UIT GOD GEBROE IS SONDIG NIE MEER NIE:
Die persoon wat waarlik weergebore is, leef nie meer in die gewoonte van sonde nie. Ook leef hulle nie meer in moetswillige sondes nie, maar bly in die geloof en staan teen sonde op hy begeer aanhoudend die heilige dinge van die Here en sondig nie meer deur sy tekort-kominge nie, nie deur woorde gedagtes en dade nie.
7) REDDING WAT DEUR GELOOF IS:
Redding deur geloof is ‘n redding van sonde en die gevolge van sonde, wat in die woord regverdigmaking verduidelik word. Dit beteken varlossing van die die skuld en straf van sonde. Hy wat geregverdig is is dus wedergebore omdat hy verlos is van die band van sonde.
Hy is ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan en alles het nuut geword. Hy het ‘n begeerte na die Woord van die Here, en ook die samesyn van die mede kinders van die Here.
III) DIE EERSTE VERWEER TEEN HIERDIE WAARHEID IS:
1) OM OOR REDDING TE PRAAK IS
OM OOR GOEIE WERKE TE PRAAT:
Ware redding bring goeie werke en ‘n heilige lewenswandel spontaan na vore.
2) MAAK ONS DIE WET VAN
DIE HERE AF DEUR REDDING:
Die wat nie geloof preek nie sal die wet minag deur beperkinge en ‘n ongebondenheid te verkondig. Ons bevestig eerder die wet van die Here deur die volle omvang van die geestelike betekenis te omskrywe dat die geregtigheid van die wet in die harte vervul word.
3) SAL HIERDIE SOORT GELOOF
MENSE NIE TORTS MAAK NIE:
Weens ongeloof was die eerste takke afgsny, en staan ons nou alleen in die geloof waak daarom omdat die moedrloot nie gespaar was nie. daarom die aanmaning dat ons in die geloof sal bly wandel, en Rom.3:27 se dat roem deur die geloof vernietig word. Toe Hy gesterf het, het y ook opgestaan en aan ons die oorwinning gegee. Dit is nie uit onsself nie. Uit redding kom nie ons geloof of ons redding nie, maar die gawe van die Here, waardeur ons gered word.
4 AS ONS DEUR GELOOF ALLEEN GERED WORD
WORD ONS NIE TOT SONDE BEMOEDIG NIE:
Baie sal in sonde wil bly sodat genade nog meer oorvloedig mot word. Maar hulle bloed is op hulle hoofde. Die goedheid van die Here behoort ons tot berou te bring, omdat Hy ons sondes uitewis het en ons oortredinge teen ons gekanseleer het.
5) AS ONS NIE DEUR EIE DADE GERED
KAN WORD NIE IS ALLES PASSIEF:
Die feit dat ons nie deur ons eie werke gered word nie gee ons niks om in te staan of te roem behalwe in die gende van die Here Jesus nie.\
6) DIT IS VIR BAIE ‘N ONGEMAKLIKE LERING:
Die wat in Hom glo sal nie beskaamd voor die Here staan nie. Vir die diepste sondaars, soos Saggeus, vir Maria
Magdalena, vir die vou wt in owerspel betrap was hoor die musiek in ons ore ons is vergewe en verlos.
7) IS REDDING DIE ENIGSTE FONDASIE
WAT GEPREDIK KAN WORD:
Die Skrif is duidelik dat daar geen ande fondasie gele kan word waardeur ons gered kan word nie. Die wat in Hom sal glo, sal gered wordAan die arme, die ongeleerde die ryke en elke vlak van die samelewing is daar net een fondasie Jesus Christus ons redder.