DOOD WAAR IS JOU OORWINNING: 1 Kor.15:51-58.
INLEIDING:
Vanaf die begin van die Bybel in Gen. lees ons dat die Here die hemel en die aarde geskape het en dat alles wat daarin geplaas of geskape was, lewe was. Dit was met die sondeval van Adam en Eva wat gesondig het deur van die verbode vrug in die tuin te eet dat dood in getree het.
Die dood het op twee maniere ingetree nl. fisies dat ons van stof is en tot stof sal terugkeer en dan geestelik nl. dat u en ek bestem is om vir ewig te lewe of in die hemel of in die hel. Die keuse van ons toekoms word bepaal deur my eie keuse.
Die Here gebruik omstandighede om met u en my te praat soos ‘n begrafnis waarin ons moet dink oor ons eie lewens of ons gereed is om die Here te ontmoet of nie.
Die kwessie van die dood was so ernstig in Paulus se bespreking dat hy die uitroep in sy hart het met die vraag: dood, waar is jou angel, doderyk, waar is jou oorwinning?
Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
Dit bly nie daar nie, die Here Jesus het die dood oorwin deur die opstanding, daarom kan u en ek nou lewe.
Die onderwerp aangaande die dood is iets waaroor ons nie wil praat nie, “tog is dit vir die mens bestem om eenmaal te sterwe en dan die oordeel.” Een van die redes waarom ons nie oor hierdie onderwerp wil praat nie, is omdat daar soos in hierdie gedeelte genoem word ‘n angel of ‘n vloek daaraan verbonde is. Nadat Adam en Eva gesondig het het die Here gesê dat ons van stof is en tot stof sal terugkeer.
‘n Ander rede is dat die dood vir ons iets onsekers inhou en daarom weet ons nie wat om daarom trent te sê nie.
Die Here het nêrens in Sy skeppingsplan ruimte gemaak vir die dood nie, inteendeel lees ons in Gen.1:1 dat Hy sê: “In die begin het die Here die hemel en die aarde geskape..” Daar word nêrens melding gemaak van die hel of ‘n plek vir die dood nie. Inteendeel lees ons dat Hy Adam en Eva gemaak het om vir ewig te lewe. Gen.2:7 verwys Hy daarna dat Hy hulle lewende siele gemaak het.
Dit was na die sondeval dat die mens sonde toegelaat het, nadat hulle na die influistering van die duiwel geluister het, dat die dood tot alle mense deurgedring het. Rom.5:12 Sê: “Daarom soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mens deurgedring het”
Aan ons geestelike doodsheid kan ons iets doen, en omdat ons daaraan iets kan doen het u en ek ‘n verantwoordelikheid om ons lewens te skik vir die ewigheid.
U en ek is geestelik dood en daar moet iets plaasvind sodat ons kan lewe. Efe.2:1 Lees ons dat ons almal dood is in ons sonde en mis-dade en daarom dat daar iets in ons moet gebeur sodat ons kan lewe.
In Joh.11:25 kondig die Here Jesus aan dat “Hy die opstanding en die lewe is”. Hy bied aan u en my die geleentheid om ook ons lewens met Hom te kan skik sodat u en ek kan lewe.
Daar moet geestelik ‘n geboorte plaasvind en daarom dat die Here Jesus aan Nikodemus in Joh.3:3 sê dat ons weergebore moet word, sodat ons die ewige lewe deelagtig kan word. Hy het gekom sodat u en ek kan lewe.
11 Kor.5:17 Sê vir ons wat gebeur wanneer die opstanding ons deel word. “Daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel die ou dinge het verby gegaan, kyk dit het alles nuut geword.”
1) DOOD IS FINAAL:
U en ek het net eenmaal om op hierdie aarde te lewe. Ons het net een geleentheid om ons lewens met die Here te skik en dit is terwyl ons hier op aarde lewe. Hebr.9:27 “En net soos dit vir die mens bestem is om eenmaal te lewe en daarna die oordeel ”.
Lewe is kosbaar en daarom moet ons hier op aarde die maksimum maak van dit wat ons ontvang het. Dit beteken nie dat ek dit nou in sonde of welluste of eie begeertse moet uitgiet nie, maar dat ons alles wat ons het aan die Here, wat lewe gee en bied beskikbaar sal stel sodat ons waarlik kan lewe. Lewe is nie sonde nie, maar om reg en opreg voor die Here te leef.
DOOD:
Ons weet dat lewe die oomblik van tyd is wanneer ek gereed moet maak vir die ewigheid. Die hartseer van lewe is dat dit een of ander tyd hier op aarde ‘n einde moet kry, tensy die Here Jesus vir u en my met Sy wederkoms sal kom haal.
Dit is moeilik om lewe te defineer maar dood is so duidelik. Dood is die afskeid van lewe, dit is die skeiding tussen die tydelike na die ewige.
Dood is wanneer die hart stop, wanneer asemhaling ten einde kom, en die liggaam verstyf het.
Vir die mens is die dood die skeiding tussen liggaam, siel en gees.
1) Die ligaaam gaan na die graf en disintigreer.
2) Die gees van die mens gaan na die Here terug Pred.12:7 “en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.”
3) Die siel van die mens gaan na een van twee plekke: Luk.16:19-31.
a) Die siel van die een wat nie met die Here ontmoet het nie, gaan na die hel Luk.16:23.
b) Die siel van die regverdige na die paradys Luk.16:22 + Luk.23:43 Die dief was saam met die Here Jesus in Paradys.
1) DIE OORSPRONG VAN DOOD:
Daar is twee soorte dood en beide het hulle oorsprong in die tuin van Eden.
1) Geestelike dood: Gen.2:17 “…want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.”
In die tuin van Eden het Adam en Eva nie fisies gesterwe toe hulle van die vrug geëet het nie. Hulle het geestelik gesterwe Efe.2:1. “En julle het Hy lewend gemaak wat dood was deur die misdade en die sondes.”
2) Fisiese dood: Gen.3:21 Die Here het diere doodgemaak om velle te kry om Adam en Eva te beklee.
Die eerste mens wat gesterf het was Abel, die seun van Adam, wat deur sy broer Kain vermoor is. Gen.4:8 “En Kain het sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer opge-staan en hom doodgemaak.”
2) DIE OORSAAK VAN DOOD:
Geestelik dood was veroorsaak deur ongehoorsaamheid / en rebellie teen die Here Jak.1:15 “Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
Dood is die direkte resultaat van sonde.
In die geval van fisiese dood mag daar allerhande dinge op my dood sertifikaat geskrywe word maar die werklike rede is sonde. Sonde was die rede en die plaag wat die direkte agent was wat die Here gebruik het om aan die mens die straf daarvan te verduidelik. Met die tien plae wat Hy gestuur het.
Eseg.18:20 “Die siel wat sondig moet sterwe.”
Rom.6:23 “Die loon van die sonde is die dood.”
Hebr.9:27 “Net soos dit vir die mens bestem is om eenmaal te
sterwe, darna die oordeel.”
3) DIE BESKRYWING VAN DOOD:
Fisiese dood word omskrywe as:
1) Slaap: Joh.11:11 “Ons vriend Laserus slaap…” 1 Thess.4:14.
2) Wat die siel aangaan. Luk.12:20 “Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis…”
3) Om die aardse huis neer te lê: 11 Kor.5:1 “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele.”
11 Pet.1:14 “omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning op hande is.”
4) Om na ‘n plek te gaan waar ek nooit weer sal terugkom nie. Joh.16:22 “Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle hart sal bly word, en niemand neem julle blydskap van julle weg nie.” Ook Luk.16:31.
5) Dit is ook om in stilte weg te gaan. Ps.115:17 “Die dode en almal wat na die stilte neerdaal.”
6) Dit is ook om die gees te gee. Hand.5:10 “Safirra.” Luk.23:46 Onse Here Jesus Homself.
Ewige dood is verwydering van die Here af. 11 Thess.1:9 “…die ewige verderf, weg van die aangesig van die Here af…”
Ewige dood word in Efe.4:18 as vervreemding van God omskrywe.
4) DIE OPLOSSING:
Die moderne wetenskap kan baie doen om lewens te verleng, maar dit is maar bloot net om die afspraak met die dood uit te stel. Ons is bestem om te sterwe. Hebr.9:27. Ons word gebore met die afspraak om weer te moet sterwe. Ons gaan daardie afspraak moet nakom. Die enigste oplossing word in die Here Jesus gevind.
Geestelike dood word geheel, deur onsself in die Here Jesus toe te vertrou. Joh.5:24 “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.”
Wanneer ons in die Here Jesus glo, werk die Heilige Gees die won-derwerk van wedergeboorte in ons lewens, en maak van ons kinders van God. Joh.1:12.
Die fisiese dood kan vermy word, deur die kerk van die Here Jesus wat Hy gaan kom haal. Die Here Jesus het belowe om saam met ons te loop deur die ondervinding van die dood. Ps.23:4
5) DIE DOOD VAN DIE HERE JESUS:
Hoekom het die Here Jesus aan die kruis gesterwe?
Die Woord van die Here sê dat iemand moet sterf vir die straf van sonde. Die Here Jesus het ingestem om in u en my plek te sterwe. Hebr.2:9 “maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanwee die lyde van die dood met heerlikheid en met eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.”
Die Here Jesus het die vreeslikheid van die dood gesmaak sodat u en ek kan lewe.
Hy het aan die kruis gesterwe as ‘n offer vir jou en my. Efe.5:2 “.. en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.”
Die dood van ons Heiliand was nodig vir die verlossing van die mensdom. Luk.24:46.
Wat is die evangelie: 1 Kor.15:1-4. Verduidelik dat die Here Jesus vir ons sondes gesterf het en dat Hy begrawe was, en dat Hy uit die dood opgestaan het en dat Hy op die derde dag weer opgestaan het.
Hy het SY lewe kom gee sodat u en ek nou vir ewig kan lewe. Het u al by die plek gekom waar u u hart bekend gemaak het en erken het dat u gesondig het en Hom toegelaat het om in u hart te kom woon? Gee Hom die geleentheid om die bestuur van u leweoor te neem sodat u vrede met die Here mag vind en ook gereed kan wees om vir ewig in die hemel te woon.
DIE OPLOSSING IN DIE OPSTANDING:
In die begin van Kor. word die hele salgheidsplan. Daar moes Iemand in u plek sterf sodat u kan lewe en dit is die Here Jesus self.