DISSIPELSKAP: Matt.16:24-28

INLEIDING:

Die oorskakeling vanaf Johannes die Doper tot die Here Jesus het ‘n aanvanklike redding wat deur geloof geaktiveer is in die nader kom-ende Messias bewerk. Maar die geloof moes oorskakel na ‘n open-like belydenis met die Here Jesus as redding bevestig moes word en behoue moes bly. Matt.10;32-39

Die Here Jesus het Homself geidentifiseer as Een wat Johannes aan-gekondig het en verklaar daardeur ‘n totale verandering van ver-wantskap. Om Sy dissipel te word was nie verwag om spesiale navolgers te word wat weg van hulle beroep moes beweeg nie, maar daarmee saam wat ook gered was. Nie net was daar die wat gearbei en swaar belas was, rus beloof nie, maar hulle was uitgedaag om hulle kruis op te neem en die Here Jesus na te volg. Matt.11:28-30.

Hierdie uitdaging het hulle verstaan as die algemene uitnodiging van ‘n rabbie om ‘n studerende navolger te word.

Dit het kort hierna duidelik geword dat die Here Jesus ver meer bedoel het dan eenvoudige aanneming en erkenning van Sy totale leiding en wil vir jou lewe. Hy het niks minder bedoel dan die aan-vaarding van Sy absolute outoriteit as Heer van jou lewe. Hy het nie net geleer soos Een wat outoriteit het nie, maar het meer as lippe diens verwag wat aan hierdie outoritiet verbind was, dit was kennis deur gehoorsaamheid. Matt.7:21-29.

Later in die Here Jesus se lewe het Hy geen onsekerheid gelaat aan-gaande die die absloute vereiste vir dissipelskap nie. Verwantskap met Hom moet so onvoorwaardelik wees dat die dissipels sonder enige voorwaarde selfs ‘n verwydering van pa en ma mag wees. Matt.10:34-39 Luk.12:51-53.14:26-33

Selfs later wanneer Petrus veronderstel is om die Here Jesus reg te help het die Here Jesus nie net hom bestraf nie maar weer die terme van dissipelskap uitgespel. “As iemand agter My aan wil kom moet hy Homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” Matt.16:24.

Om gered te wees beteken om ‘n dissipel van die here Jesus te word en dit beteken radikalisme. Die Here Jesus het gesê dat hy soos Sy mense sal word (Matt.1:21) alleenlik hulle wat openlik en met vrymoedigheid hulle met Hom identifiseer is die wat ware berou en glo wat lei to die soort dissipelskap sal blywende voordeel daaruit trek.

EWIGLIK IN SY KONINKRYK:

Om gered te wees beteken om in die koninkryk van God te wees. Toe die Here Jesus verklaar het dat die ryk man die koninkryk van God moet ingaan dit vir hom moeilik sal wees het die dissipels uitgeroep: Wie dan kan gered wees. Matt.19:24-25.

Dit is verder belangrik om daarop te let dat aanvanklike redding nie hoop vir die Koninkryk gee nie. Wanneer daar aan hierdie verwarde dissipels verduidelik word, die gelykenis verduidelik word. Die Nuwe koninkryk was nie ten volle geopenbaar tot en met Pinkster nie. M.a.w. vanaf Johannes die doper tot Pinkster was ‘n oorgangs stadium, tog was die koninkryk oop weens prediking en elkeen kon gered word soos ons deur die geloof.

DIE PRYS VAN DISSIPELSKAP:

Die Heilige Gees is beskikbaar vandag net soos op Pinkster, maar die Here gee die Heilige Gees nie aan die wat daarna verlang nie, nie vir die wat daarvoor bid nie, nie vir die wat begeer om vervul te wees nie, maar vir die wat gehoorsaam Hand.5:32.

Om met die Here Jesus te wandel gaan beteken dat ek die pad van lyding gaan volg. Die kruis gaan nie meer gemaklik word nie, maar sal meer vrug dra. Om die kruis op te neem beteken om daagliks te sterf. Soms volg heerliker seën uit dieper lyding. Die Here wat die toetse stuur gee die genade daarmee saam. Vreugde of verdriet neem ons van die Here en die opstanding herhinder ons aan die Lig wat uit duisternis opgestaan het. 

DIE LIG IN ONS LEWENS:

Die eerste belangrike aspek wat ons na ons redding besef is dat Golgota het vir alles betaal, dat die here Jesus uitgeroep het: Dit is volbring. Dit dui op ‘n vol en volledige versoening en die volle bevrediging wat sonde sou bied is mee gehandel.

Beteken om die Here te vertrou:

Dit is die geheim om die Here in die stilte te vertrou vir die behoef-tes, deur met alles na die Here te gaan. 

Beteken om die Here innig lief te hê:

Om van die liefde van die Here te weet is iets soos ‘n geliefde wat ek afstaan t.w.v. die werk van die Here.

Dit beteken gehoorsaamheid:

Dit beteken dat ek die Here toelaat om alles van my lewe te wees. Dat ek nie ‘n onderskeid maak tussen Sy koninskap nou of hierna nie.

Mark.16:15 Se gaan die hele wêreld in en preek die goeie nuus aan alle mense. Die Here is of Heer van alles of geen Heer van my lewe nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00