DIE WILDERNIS STAAT IN HEBREERS:
Nadat die Here reeds deur 49 profete saam met Joahhnes die Doper,waarvan 7vrouens was gespreek het op so ‘n verskeidenheid van maniere en nadat daar 600 000 man uit Egipte getrek het was daar net twee wat die beloofde land gesien het.
Die boek is ‘n rnstige aanmaning dat u en ek moet weet dat daar ‘n plek is waar ek uit Egipte moet trek en soos in die brief het die volk reeds uit Egipte getrek, ‘n beeld van die wat in sonde vasgevang is en wat nodig het om deur ‘n magtige hand van die Here uit hierdie staat uitgelei te word.
Die volk was nou reeds verlos deur ‘nmagtige hand, die hand van die Here, en die bloed wat op die deurposte toegedien was en deur ‘n magte Hand wat hulle uitgelei het. Hulle is uit slawerny uitgelei. Hulle is nou reeds verlos, en is nou besig om in die wildernis te toer, na die beloofde land Kanaan.
Daar was nog nooit ‘n groter grond gewin as die dag toe die Here die volk uit Egipte uitgelei het nie, en hulle oorwinnende oor die vyande aan die anderkant van die Rooi see gestaan het nie. Egipte met hulle gebondenheid was nou agter hulle, voor hulle was die pilaar van wolk en vuur wat hulle deur die dag sal lei en in die aand vir hulle sal verlig.
Die heerlikheid van die Goddelike teenwoordigheid het op hulle lewens gerus, en die bloofde land was binne sig, die land wat oor-loop van melk en heuning, van olywe en druiwe. Hulle het gefaal. Ons weet van die wat gesterf het in die woestyn lees ons bloot dat hulle karkasse in die woestyn agter gebly het.
Daar was twee uitsonderlike gebeurtenisse in die vroeëre geskiedenis van Israel, die eerste was die verlossing uit Egipte en die tweede die vestiging van die kinders van Israel in Kanaan. Beide was nodig om die groei en heerlikheid van Dawid se koninryk te bevestig.
Die Bybel vertel ons in 1 Kor.10:11 “Dat al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”
Die historiese gebeurtenisse simboliseer twee krisses in die Christen se ondervinding en is daar twee tipes van die Christelike lewe. Die eerste krises was deur Paulus genoem as redding, wat die verlossing van die skuls en krag van ons eie sondes wat ons gedoen of gepleeg het is, en die tweede word die rus in die geloof genoem, en is die verlossing van die innerlike konflik tussen die nuwe lewe en die vlees wat vleeslike gedagtes bedink of bekend is as inwonende sonde
beteken.
Dat sonde in die sin van inwonende vervallenheid in die hart van die mens bly word deur al die groot teoloë erken en is duidelik ook in die Bybel vir ons bevestig. Daarom word daar gesê: Die Here het ons uitgelei, om ons in te lei. Ons word gered sodat ons gereinig mag word.
Hy wil vir “Homself ‘n volk as sy eiendom reining” ywerig in goeie werke.Titus 2:14.
As ek gered is en bewus word van die vrede wat met bekering in my gekom het Rom.5;1 mag die Christen bewus word van die innerlike staat van reiheid wanneer geheel gereing is Hand.15:8-9. Dit is ook va uiterste belang om te weet dat die proses hierdie algehele vrede te kry twee stadiums in die Bybel is. Dit is die oorgaan van ‘n staat van rebellie, na een van seunskap, en dan van onreinheid na een van reinheid.
1) DIE TEENSTAND IN DIE WILDERNIS: Vs.8
“Verhard nie julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van versoeking in die woetsyn nie.” (3:8-9)
In Hebreers kry jy die twee woorde : Meriba, en Massa. Deut.33:8 Dit word vertaal as voorsiening en versoeking.
Daar was drie uitstaande gebeurtenisse in die volk se omswerwing van Egipte na Kades Bernea, waarmee die Here ontevrede was.
Die eerste was die uitbreek in die woestyn (Sin) waar daar geen brood was nie, en dan die uitbreek in Rafidum, waar daar geen water was nie, en dan derdens die van Kades Bernae wat die ernstigste van die drie was. Dit was hier waar hulle die beloofde land van rus moes binnegaan.
Hier het hulle na die stem van ongeloof en ontmoediging geluister en dwarsdeur die hele nag voor Moses en Aäron gehuil en gekla. In elkeen van hierdie drie krisses het hulle die wonderlike hand vandie Here raakgesien.
Hulle was sonder brood en die Here het hulle gevoed met manna, die brood vanuit die hemel. Hjulle was sonder water, van die geslane rots het die Here aan hulle oorvloedige water in die woesty voorsien, en het die Here aan hulle telkemale bewys dat Hy hulle in elke situasie sou deurdra en hulle veilig in die beloofde land sal bring.
Die woorde getoets en versoek bewys dat hulle ongelowig was. Om te toets hier beteken om te oordeel, met die doel om die eindreslutaat te sien, en om te toets beteken verder om die goeie te verwag. Hier was dit die toets van die Here deur die mens, wat Sy krag wil ondervind wat sê dat hulle die trots in hulle hierdeur wil openbaar. Dit is vê van ‘n hart wat toegewyd is aan die Here, en nederig vertou. Hulle het voortdurend dwalende harte gehad.
2) DIE HERE WAS DEUR HIERDIE GENERASIE GEGRIEF: Vs.10
Die woord vertoornd dui op iemand aan wat gegrief teleurgesteld en het deur hulle besluit iets soos ‘n skip se stuurstang in ‘n verkeerde rigting gestuur. Die geslag waarop Hy vertroond was was die volk van Israel wat uit Egipte gekom het wat 20 jaar en ouer was. Die dwaling lê in hulle harte. Dit wys dat in elke geleentheid en toets het hulle van die Here af wegbeweeg, deur hulle verharde harte, hulle wil nie onder die gesag van die Here buig nie.
3) HULLE SAL IN SY RUS NIE INGAAN NIE: Vs.11
In vs.10 het ons gesien hoe die Here gegrief was op die dwaling van hulle harte, noiu sien ons die besluit wat die Here ingeneem het op hulle verkeerde besluit. Die finaliteit van die toorn van die Here kom in die woord sweer, wat ‘n vaste besluit is wat die Here teen hulle geneem het. As hulle sou ingan sal Ek nie meer Here wees nie.
Die woord rus beteken om van spanning verlos te wees, of om in die situasie rus aan iemand te bied. Dit dui op iemand wat gaan sit het, omdat die Here beloof het om te onderneem, soos Hy hulle uuit die band van Egipte uitgered het.
5) DIE BOSE HART VAN ONGELOOF: Vs.12
Die mislukking om in Kanaan in te gaan vergelyk die Here met ‘n bose hart, van ongeloof, en waarsku die kind van die Here teen die ware probleem van die hart, nl. onreinheid of ‘n onsuiwer hart.
Ongeloof word direk teenoor geloof gestel Dit is die mislukking om die weë van die Here te verstaan.