DIE WESE VAN SIELEWINNING: JOH.14:6.

INLEIDING:

WAT GEBEUR MET REDDING:

Wanneer die Here iemand se siel kom red bring Hy ‘n beslisde oortuuiging na die hart van die mens van sy verlorengheid, en kom hy by die plek waar ek dan dinge begin neerlê soos die Here my oortuig. Die vreeslikheid is dat ek eens deur die Here oor aspekte oortuig was wat tussen my en die Here gestaan het. Hy het vir my spesifieke riglyne neergeê waaraan ek gehoorsaam moet wees.

Aan Moses het die Here verwag om die rots net eenmaal te slaan, maar hy het nie gehoorsaam nie, sy ongehoorsaamheid het hom die beloofde land verhinder. So kan ons oneindige voorbeelde noem van mense wat die grenslyne wat die Here vir u en my gestel het verskuif het en arm of naak daar uitgestap het.

Dit was juis in die lig van hierdie oortuigings dat die brief Laodi-sense geskrywe was dat hulle sê dat hulle ryk was, maar dat hulle arm en naak en beklaenswaardig was.

Hy wil hê dat ek Hom in heiligheid moet begin dien. Laat Hom toe om Sy beeld in u lewe af te druk.

As jy weer begin opneem die dinge waarvan die Here jou eens oortuig het, is dit die spreekwoordelike gee my die pinkie en ek neem die hele hand. Moenie waag om met sonde te speel nie die resiko is te hoog.

Ek kom agter dat my abtyte verander.  Eens het ek nie ‘n begeerte gehad na die Woord van die Here nie, nou is daar ‘n dors om meer en meer Sy Woord te wil lees. Ek het eens allerhande sondes gedoen en nou vind ek dat ek nie meer ‘n behoefte na die soort sondes het nie. Alles het in my lewe begin verander en ek wonder wat met my aangaan. Die Here het u siel gered.

Begin vir ander daarvan te vertel en u sal sien hoe die Here Sy werk in u hart kom bevestig.

In hierdie gedeelte waar die Here Jesus Homself verklaar as die weg en waarheid en lewe bring Hy drie belangrike komponente van ge-loof uit.

Enige godsdiens bestaan uit hierdie drie dele. Daar is die teologie of geskrifte van die geloof, wat die waarheid is, dan is daar die onder-vindinge of emosies en wat die lewe uitspel, en dan die weg is die etiek van ‘n godsdiens wat die lewenswandel omskrywe, wat die Weg is.

Wanneer u en ek ons lewens aan die Here oorgegee het, is dit belangrik dat al drie hierdie dele gelyk moet groei. Ek moet aandag gee aan die bestudering van die Woord, deur net hieraan aandagte gee sal ek ‘n geestelike reus kan word sonder ‘n lewenswandel.

Dan is dit belangrik dat ek die emosionele ondervindinge sal hê. ‘n Oorbeklemtoning daarvan sal my totaal ongebalanseerd maak en ‘n afstoot vir mense bied.

Dan is daar die etiek. ‘n Oorbeklemtoning hiervan sal tot wettiesisme lei en neem al die vreugde van ‘n lewens vehouding van die Here Jesus weg.

WAT STAAN U EN MY TE DOEN AANGAANDE

ONS ROEPING OF LEWENSWANDEL:

U sal opmerk dat hierdie aspekte van geloof met my persoonlike verhouding teenoor die Here te doene het. Dit is belangrik dat ek nie net daaraan aandag gee nie, maar die Here vertrou om my in elke aspek soos Hom te maak.

Ons word opdrag gegee om te gaan en die Evangelie te gaan verkondig.

Wat is Evangeliesasie:

Dit is saamgestel uit die woorde “Gaan dan” “ Kyk Ek is met julle”

Die opdrag is geweldig omdat dit: Die hele wêreld wat ongered id insluit, nl. al die ongereddes, en die hele kerk:

Dit is verder die propaganda wat die saad van die Here aan die gang hou, wat uiteindelik oor die hele wêreld versprei moet word.  Alles aangaande die kerk se groote en effektiwieteit het met evangeliesasie te doene.

Sover die kerk faal om die boodskap te bring aan die ongereddes, is sy aan die lasste groot opdrag van die Here ongehoorsaam, en sal die geestelike wêreld laat krimp, en misluk in haar doel hier op aarde, en dra die resiko dat haar kandelaar verwyder kan word.

Die groei van die kerk het direk met evangelisasie te doene.

Die Anglikane stel Evangelisasie soos volg:

Om te evangeliseer is om die die Here Jesus Christus aan die hele wêreld voor te stel, in die krag van die Heilige Gees, en dat die mens hulle vertroue die Here sal stel, en dien Hom as die Koning in hulle gemeenskap as die kerk.

Myron Green stel Evangelisasie soos volg:

Die Here Jesus moet verkondig word, deur lewe en woorde, sodat die mens by ‘n plek van keuse gebring sal word, en die oomblik wat hulle die keuse neem om gered te word word hulle binne in die kerk van die Here Jesus gebring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00