DIE WEG VAN HEILIGHEID. DIE HEILIGHEID VAN DIE VADER.
Heiligheid is meer as net ‘n karaktertrek van God. Dit weerspieël DIE WESE VAN GOD. Dit toon die volmaaktheid van God aan en geld vir God-drie-enig, Vader, Seun en Heilige Gees. Ons vind die oudelinge voor die troon wat dag en nag uitroep: “Heilig, heilig, heilig, is die Here van die leerskare.” Heiligheid is die diepste van God se wese. Dit is God self.
I. DIE NATUUR VAN HEILIGHEID.
Alles wat God is en doen is heilig; dit is nie moontlik om sekere aspekte van Sy lewe uit te lig bo ‘n ander, as meer heilig as die ander nie. Sy hele wese is onvergelykbaar heilig. Laat ons ‘n bietjie kyk na sekere waarneembare aspekte van Sy karakter.
1. Sy glorieryke skoonheid.
In die oorwinningslied van Moses, met die deurtog deur die Rooi See in Ex.15, lees ons in v11 “O Here, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, Een wat wonders doen?”
Die heiligheid van God is uitermate mooi. Dit is skoner as die mooiste skoonhede wat ons op aarde, in die see en in die lug vind. Dikwels in die Woord kry ons verwysings na die heiligheid van God wat nie verband hou met enige van Sy eienskappe as net Sy heiligheid nie. Sy heiligheid sluit al Sy ander karaktertrekke in.
Die stad Sion en die pragtige tempel, was ontwerp as uitdrukking van die heiligheid van God. In II Kron.3:6 lees ons dat die tempel versier was met kosbare stene en goud van Parwaim. Baie daarvan was ook oorgetrek met goud v10 “Ook het hy in die Allerheiligste Vertrek twee gerubs gemaak, ‘n werk van beeldhoukuns, en dit met goud oorgetrek.” In Ps.50:2 lees ons “Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.” Sion was die mooiste plek op aarde en dit het die skoonheid van God se heiligheid verteenwoordig. Die stad was heilig, die tempel was heilig en die klere van Aäron en sy seuns.was heilig. Ex.28:2 “En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.”
Hierdeur het God Sy glorieryke en indrukwekkende heerlikheid getoon. Dit is meer as die afwesigheid van wat verkeerd is. Dit is om voortreflikheid en geregtigheid te vervolmaak, in alle dinge.
In die visie van Jesaja, omtrent 750 v.C. het hy die serafs hoor roep: “Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol.” Jes.6:3 Hulle het nie God se ewigheid, Sy wysheid of alomteenwoordigheid besing nie, maar Sy heiligheid.
Wanneer ons vir ‘n oomblik ons blik rig op die toekoms, hoor ons rondom die troon van God, dag en nag “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!” Open.4:8. In die verre verlede en in die toekoms is die lied dieselfde. Die heerlikheid van die heiligheid van God is baie aangrypend en blywend vir die wat die naaste daaraan kom en wat dit duidelik sien. Die moontlikheid is baie sterk dat indien ons op hierdie stadium kon inluister, ons steeds dieselfde verwondering en aanbidding vind, wat nooit weg sal sterf nie. As ons net ‘n fraksie kan sien van wat die engele rondom die troon van God sien, sal ons met aanbidding gevul wees vir ‘n God so heilig soos ons sin en in ons sal daar ‘n begeerte wees om te deel in Sy hemelse skoonheid. Ons sal saam met die Psalmdigter bid, wat hy in Ps.90:17 bid: “…laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees…”
2. Sy innerlike volmaaktheid.
Jesaja, in hoofstuk 5:16 sê: “…die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.” Die Amplified Bybel sê: “God the Holy One, shows Himself holy in righteousness and through righteous judgments.” Die betekenis daarvan is dat God se heilige natuur uitgedruk word deur Sy regverdige dade. Sy wese word geopenbaar deur Sy dade.
William Clarke sê dat heiligheid die glorieryke VOLHEID van God se innerlike voortreflikheid is. Dit is die belangrikste kenmerk van sy optredes en word voorgehou as standaard vir Sy skepsele. God se dade kom altyd ooreen met wie Hy is – Hy is heilig.
God se volmaaktheid word gesien in Sy skepping, waaroor Hy self gesê het dat dit ‘baie goed’ was. Verder was dit ook geopenbaar in Sy wet wat uit Sy natuur voortgespruit het. Dit is die uitdrukking van Sy eie volmaaktheid, in aksie. Sy volmaaktheid was weerspieël in Sy versoeningsplan om die mens te herstel na die sondeval; Sy heiligheid sal tot in ewigheid geopenbaar word, want God is ewig.
II. SY OPENBARING.
Daar is bepaalde voorwaardes waarop God Homself aan die mens openbaar. Hy begeer om Homself te openbaar wanneer aan die voorwaardes voldoen is. Die profeet Hanani het aan Koning Asa gesê in II Kron.16:9 “…want die Here – Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is..”
1. In Sy liefde.
As Sy heiligheid losstaande van Sy liefde geopenbaar was, sou enige openbaring van God, angs en vrees by die kind van God wakker gemaak het. Waar Sy heiligheid is, daar is Sy liefde. Dit is liefde wat in ‘n mens die reaksie en begeerte wakker maak om Hom te ken in Sy heiligheid.
Aanvanklik sou ‘n mens dink dat God se liefde diskriminerend is: Ps.45:8 “U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid…” Sy liefde is heilig in die sin dat dit gerig is op dit wat heilig is en weggekeer is van dit wat goddeloos is. As ons die heiligheid van God wil waardeer, moet ons iets ken van Sy haat vir alle vorme van sonde. Hab.1:13 “U wat rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie…” Dit beteken dat God nie met welgevalle sonde kan aansien nie, alhoewel dit ook waar is dat God se oë alles sien. Spr.15:3 “Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.”
Hier vind ons die motief vir die hele verlossingsplan. God het die verlore mens lief met ‘n diskriminerende liefde. Ps.5:5 “Want U is nie ‘n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.” Deur Esegiël het God gespreek: Eseg.33:11 “…So waar as Ek leef, spreek die Here, HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” God het nie behae in die goddloosheid van die mens of daarin dat die mens moet sterf nie. Tog het Hy in Sy geregtigheid verklaar dat die goddelose moet sterf a.g.v. sy sonde. Dit is wanneer die sondaar sy toevlug neem na die Heiland, wat God se genade sy deel word. God het verlossing en versoening vir ons bewerk deur Sy liefde vir ons. Dit is verlossing nie net van die geweldige straf wat sonde inhou nie, maar ook van die teenwoordigheid van die bose by die mens.
Vandag is dit belangrik dat daar weer baie pertinent aandag gegee word aan die feit dat God sonde haat. As ons preek en enige vorm van kompromie met sonde toelaat, verbreek ons die doel van God se liefde en Sy heiligheid. Die Bybel sê dat die wat God lief het die kwaad haat. Ps.97:10, 12 “O, liefhebbers van die Here, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van Sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. O regverdiges, wees bly in die Here, en loof Sy heilige gedenknaam!” As iemand die kwaad nie werklik haat nie, het hy God nie werklik lief nie. Net ‘n werklike visie van Sy heiligheid, kan die afgryse van sonde openbaar vir wat dit werklik is.
As iemand getuig dat hulle sonde matig kan doen en die liefde van God kan ervaar, meer as wat hulle dit ervaar as hulle hul steng hou by hoe hulle behoort te lewe, kan u verseker weet dat die prediking wat hulle hoor uitermate klem lê op God as ‘n God van liefde en nie op die heiligheid van God, wat Sy liefde en geregtigheid insluit nie. As die boodskap van die heiligheid van God werklik gepreek word, sal daar opnuut oortuiging van sonde, bekering, reiniging en volharding in die wandel wees, van die wat die Woord hoor. Die boodskap van God se liefde moet verkondig word, maar nooit losstaande van die feit dat God sonde haat nie.
Frances Ridley Havergal, wat ‘n baie noue wandel met die Here gehad het het gesê dat ‘n mens nie eers net tydelik met sonde kan speel nie, omdat dit ‘n mens se gemeenskap met God verbreek en die vreugde wat uit my toegewyde verhouding spruit, wegneem.
God se heilige liefde hou selfopoffering in. Die vers in die Woord van God wat dit die beste beskryf is Joh.3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het…” Sy liefde word gemeet deur die Offer van Sy Seun wat Hy aan die verlore mensdom bied. Menslike liefde soek meestal sy eie belang. Goddelike liefde is altyd selfopofferend. Om hierdie rede word ‘n spesiale woord daarvoor in die Bybel gebruik nl. ‘Agape’. Dit word onderskei van alle ander tipes liefde wat uit die mens voortspruit.
Dit is met hierdie liefde wat God Homself gegee het, in die persoon van Sy enigste Seun, om versoening vir die mens te bring. Aangesien God se liefde selfopofferend is en aangesien heiligheid die innerlike natuur van God is, deel die mens, wat God vind daarin. ‘n Voorstelling hiervan vind ons in Ex.29:37b, waar daar gepraat word van die altaar in die tabernakel. “So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.” Nog duideliker word dit gestel in Heb.12:10 “Hy (tugtig) ons tot ons beswil, sodat ons Sy heiligheid deelagtig kan word.” God, as ons liefdevolle Vader, sal Sy eie innerlike karakter aan Sy kinders gee, sodat ons kan wees soos Hy is en ons tot in ewigheid by Hom kan wees.
God se liefde is oneindig in sy offer. Ons het gesien dat Hy ‘n sondaar red en van sonde verlos en dat Hy Sy heiligheid aan Sy kinders gee. Omdat Sy liefde oneindig groot is en kragtig is, is dit ook so dat Sy offer voldoende is vir wat Hy daarmee wil bereik, nl. die innerlike reiniging en vervolmaaking van Sy beeld in Sy kinders. Ons dra niks by tot Sy liefde, deur die standaard van heiligheid af te water nie. ‘n Mens verhoog eerder Sy liefde deur ware heiligheid te verkondig, waarin Hy Sy lewe geoffer het en wat Hy in en deur ons wil werk.
2. Daarin dat Hy Hom afskei/afsonder van sondaars.
Tozer sê oor die gedagte van ‘afsondering’ dat ons nie die ware betekenis van Goddelike heiligheid kan begryp deur iemand of iets wat baie skoon en mooi is te probeer verhef na die hoogste graad van reinheid waartoe ons in staat is, en dit probeer vergelyk met God nie. Daar is niks op hierdie aarde waarmee Sy heiligheid vergelyk kan word nie.
Toe Moses, in die woestyn die doringbos genader het, het God waarskuwend tot hom gespreek met die woorde: “Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.” Ex.3:5. Later toe God af gekom het op die berg Sinai, het Hy Moses gewaarsku in die volgende woorde: “Ook moet jy vir die volk ‘n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.” Ex.19:12. Ons kry ‘n soortgelyke uitdrukking in Heb.12:29 “Want onse God is ‘n verterende vuur.” Uit hierdie Skrifgedeeltes is dit duidelik dat God se heiligheid, ver bo die gedagtes van ‘n mens is. Om God te nader, sonder ‘n tussenganger, sou rampspoedig wees vir die mens.
3. In Sy vrede.
Vrede word algemeen verbind met God se heiligheid in die Woord, in besonder waar Hy belowe om Sy heiligheid op Sy volk uit te stort. I Thes.5:23 “En mag Hy, die God van vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word, by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” Ook Heb.13:20, 21; Fil.4:7 “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus”. Daar is volkome harmonie in God; geen wrywing of onenigheid nie. Daar is ewige harmonie en volkome gemeenskap.
Dit is hierdie innige vrede wat God, in die harte van Sy kinders uitstort. Heiligheid is innerlike harmonie, wat ‘n postiewe uitwerking het op menslike verhoudinge, waarin ek myself bevind. Heb.12:14 “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.” Ook II Thes.3:16 “En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees.” Sonde is teenstrydig met die self en is self-vernietigend. Heiligheid is harmonie en vrede wat bedoel is om vir ewig te duur.
Daar kan geen blywende vrede in ’n hart wees waar sonde heers nie. Ook kan daar geen ware vrede in ‘n wêreld wees waar sonde hooggety vier nie. Heiligheid is die enigste weg na ‘n vrede wat bevredig.
4. In Sy wil.
God se wil is volkome want dit is die uitdrukking van Sy eie natuur. ‘n Persoon se innerlik word geopenbaar deur wat die persoon wil. God wat volkome heilig is, se wil is volkome heilig. Sy wil is net ten goede. Dit is waar dat God soms die kwaad, vir ‘n tyd lank verdra in die mens om Sy liefde en goedertierenheid aan daardie kwaaddoener te toon. Daardeur keur Hy nie sonde goed nie. Sy wil is dat sondaars hulle sal bekeer van hulle verkeerde weë en tot God kom. II Pet.3:9 “Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”; dat die gelowiges geheilig moet word. I Thes.4:3 “Want dit is die wil van God; julle heiligmaking…”; en dat die mens tot kennis van die waarheid sal kom. I Tim.2:4 “..wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”
Die hele weg van verlossing is die doelbewuste beplande,volmaakte wil van God. Niks het per toeval gebeur nie. Dit was deur Sy wil dat daar ‘n vleesgeworde Middellaar moes kom, wat die gaping tussen die ewig, verhoogde Heiland en die sonde-deurtrekte mensdom te oorbrug.
Dit is die wil van God, julle heiligmaking en saam daarmee die skoonheid van ‘n geheiligde lewe, innerlike uitmuntendheid, selfopofferende liefde, afsondering van ‘n lewe van sonde en ‘n begeerte om die wil van die Vader te doen. Al kan ons nie God se heiligheid deurgrond nie, kan en moet ons die heiligheid ken wat volkome is in gehalte en wat pas by die ‘erdekruik’, wat aardgebonde is. II Kor.4:7 “Maat ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.” Toe God beveel het Deut.6:5 “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.”, het Hy daarna verwys dat liefde afkomstig is van ‘n mens se hart, siel en al sy krag. Die mate daarvan wissel van persoon tot persoon en van tyd tot tyd. Dit is altyd ver laer as die maat van God self. Binne die mens se verlossingsgenade, moet hy deel in sekere van die eienskappe wat afkomstig is van God se eie heiligheid.
5. In Sy oordele.
In Johannes se eindtyd-visie word die sewe plae van God se oordele uitgestort op die hele ongeredde wêreld. Open.16:5-7 “En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink want hulle het dit verdien. En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is U oordele.” Die wat oorwinning behaal het oor die dier (die Anti-chris), sing dieselfde lied Open.15:4 “Wie sal U nie vrees nie, Here, en U Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat U regverdige dade openbaar geword het.”
Kom ons kyk weer na dit wat ons vroeër ‘die diskriminasie van God’ genoem het en na die vreeslike gevolge daarvan. As ‘n mens die liefde van God en saam daarmee Sy voorsiening vir geregtigheid nie aanneem nie, sal daardie persoon vir ewig onder die toorn van God verkeer en vir ewig afgesny wees van hoop. Dit is nie onskuldige en onverskillige persone wat onder die toorn van God kom nie, maar persone wat nie wou buig onder die gesag van die Woord van God nie en wat volgens hulle eie wil gehandel het; persone wat sondige genietinge gekies het in plaas van die waarheid en geregtigheid.
Dit is vanaf Sy troon van skoonheid en heerlikheid wat God die goddeloses in die poel van vuur gaan werp, vir ewig. Dieselfde liefde wat in deernis bemoeienis gemaak het met ‘n sondaar, sal nou in toorn ontvlam oor die persoon wat doelbewus Sy gawe verag het en geleenthede verby laat gaan het.
As ons getrou wil wees aan die heiligheid van God, moet ons nie buite rekening laat dat Hy regverdig en genadig is nie. In Sy genade trek Hy die sondaar en in Sy regverdigheid straf Hy sonde.
***************
DIE HEILIGHEID VAN DIE VADER.
‘Oor en oor word dit bevestig dat Hy geen sonde gedoen het nie. Die vlekkelose Lam. Hy het onberikspelik gelewe, ver verwyder van die oortreding van die wet van God; in Sy wese rein en sonder sonde. Van die Seun se God, die Vader: “Dit is My geliefde Seun, in wie Ek ‘n welbehae het…” Hy het nooit nodig gehad om smarte te hê a.g.v. sonde wat Hy gedoen het nie; Hy het sonder blaam geleef in reinheid en voor die mense – volkome ondergeskik aan die wil van Sy Vader, in so ‘n mate dat selfs Judas sy sonde moes erken in die woorde: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai..” Matt.27:4. Aanskou die vlekkelose Lam van God. – Moore
Die heiligheid van God word uitgedruk in die wet en die profete, in die oordele van God, indie geskiedenis van Sy volk, in sy verlossingsplan en in die glorieryke heerlikeheid van die hemel, maar nêrens vind ons dit so duidelik en mooi as in die persoon van die Seun van God. Ons sien dat in die Vader is heiligheid hoog en op ‘n afstand van die mens. In die Seun vind ons die kontras – heiligheid is nou naby die mens. Heb.10:22 “…laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprekeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.” Die heiligheid van die Vader word as volg uitgedruk Ex.3:5 “…Moenie nader kom nie..” A.g.v. die heiligheid van Christus, die Seun, hoor ons die geseënde welkom, “laat ons toetree..”
Hiermee word nie voorgegee dat die Seun beter is as die Vader of dat daar nie volkome ooreenstemming is tussen die Seun en die Vader nie, maar eerder dat daar ‘n Middellaar tussen God en die mens moet wees, om die heiligheid van God te kommunikeer na die mens. Christus is ons Middelaar, wat God se heiligheid in die realm van die mens gebring het, deur die mens op die punt van sy behoefte te ontmoet en God se heiligheid vir sy lewe binne die bereik van die mens te bring.
I. SY LEWE WAS ‘N OPENBARING VAN HEILIGHEID IN MENSLIKE GESTALTE
In Hom was al die elemente van die Vader se heiligheid, majesteit, innerlike volmaaktheid, liefde en afsondering van sonde.
Heb.7:26 “Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het.”
Hier is die kwalifikasies van heiligheid, ingevleg in die persoon van ons Hoëpriester, wie se funksie dit is om as Tussenganger tussen God en die mens op te tree. Hy is Emmauel – ‘God met ons’ en in Hom deel ons in heiligheid.
Ons moet daarop let dat Hy in Sy lewe van dieselfde Bron vir heiligheid afhanklik was as wat ons is. Ons het geen bewys daarvan dat Hy uit Sy eie Godelikheid krag vir ‘n heilige lewe geput het nie. Hy het geen wonderwerk vir Homself gedoen om Sy stryd en lyding te versag nie. By herhaling het die duiwel probeer om Hom te versoek om van Sy krag gebruik te maak om ‘n wonderwerk te doen, maar Hy het dit geweier. As Hy ‘n wonderwerk gebruik het, sou Hy nie vir ons ‘n voorbeeld kon wees in ons ervaringe met die bose nie. Al die dank aan die Here wat oorwin het deur middele wat ook tot ons beskikking is. Wat is daardie middele? Hulle is die Woord van God, ‘n lewe van gebed en die volheid van die Heilige Gees. (Luk.3:21, 22; 4:1-4).
Die lewe van geregtigheid wat Hy geleef het, is moontlik gemaak deur die inwonende Heilige Gees van God. Die Gees het gebed aangevuur, die Woord verlig en Sy gedrag gerig. Dieselfde werking van die Gees van God is beskikbaar vir Sy kinders vandag.
Hy het deur voorbeelde, Sy lewe, wat ons moet navolg toegelig. Ons word in Heb.12:2 vermaan om ons oë op Hom te hou. “…die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof..” Vincent sê dat, na aanleiding van hierdie vers, Christus die Leier en Kaptein van ons geloof is, daarin dat Hy die Voleinder daarvan is. In Homself voorsien Hy die volkome ontplooiing, die uiterste voorbeeld van geloof, en in ooreenstem-ming hiermee is Hy die Leier van die hele menigte gelowiges van alle tye. Soos wat ‘n militêre leier sy troepe voorgaan in die geveg, so het die Here Jesus die voorbeeld van geloof vir ons gestel en saam daarmee die geloof voorsien.
Die geloof van Christus het nooit beoefen ter wille van selfbelang nie. Sy kennis oortref die van die mensdom. Van wie ander kon die volgende ooit gesê word: “Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.” Joh.2:24, 25. Wat kon Hy gedoen het met Sy kennis asHy gepoog het om vir Homself ‘n plekkie op aarde probeer vind het. Hoe maklik sou Hy oordele kon uitspreek oor die verdorwe karakters van die mense, en dan daardie oordele tot sy eie voordeel gebruik. Met hoeveel minder kennis en insig spreek mense vandag oordele uit oor hulle medemens en gaan voort asof hulle oordele so akkuraat is as die van die finale Groot Wittroon Oordeel? Jesus het dit nie gedoen nie; Hy was ‘n man van geloof wie se oordeelsvermoë Hy van Sy Vader ontvang het. Joh.8:15, 16 “Julle oordeel volgens die vlees, Ek oordeel niemand nie. En al oordeel Ek, My oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.” Weer het Hy gesê: “Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.” Joh.12:49. Hy kon oor Homself gepraat het, soos die meeste mense doen, maar Hy het nie. Hy het op Sy Vader gewag totdat Hy duidelikheid ontvang het, dat Hy moes spreek. Hy het nooit deur wat Hy gesê het, wraak probeer neem nie; nooit wat Hy heftig of opgeblase nie. Met die kennis wat Hy het, het Hy net in geloof gespreek, sonder om te oordeel, net wat die Vader behaag het. Dit is aangrypend dat ons tot dieselfde wandel geroep word.
I Pet.2:21-23 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.”
Christus het ‘n wil van Sy eie gehad. Een wat volkome gedissiplineerd is, wat beginselvas en sterk is. Hy kon goeie dinge vir Homself begeer het en na die piek van sukses gereik het, in die wêreld se sin, dan kon Hy die veragting en bespotting van die wêreld en die pyn wat deur die vyande van die Waarheid veroorsaak is, vrygespring het. Hy kon vir Homself ‘n strategie uitgewerk het, en al die politici van alle tye uitoorlê het, deur ‘n posisie van outoriteit