DIE WEDLOOP 1 Kor.9:24-27

INLEIDING:

Paulus gebruik dikwels verskillende beelde in die skrif om vir ons kosbare geestelike lesse uit te lig. So gebruik hy bv. die beeld van ‘n soldaat wat in ‘n geveg gewikkel is om ons geestelike stryd op aarde uit te beeld. So maak hy van die atleet gebruik wat in ‘n wedloop deelneem om vir ons ander kosbare lesse deur te gee.

1) ( REëLS)

a)      Die inskrywing

Kom ons gaan kyk van nader na die wedloop en sien wat ons daaruit kan leer. Om deel te neem aan die wedloop is daar sekere vereistes of reëls wat ek aan moet aan voldoen. Dit gaan my niks baat om die beste en vinnigste atleet te wees, en die reëls te verontagsaam nie. Dit sal niks vir Bruce Fordice gehelp het om die beste tyd af te lê in die Comrides as hy nie ingeskryf is nie. Hy sal nie in ag geneem word vir die prys nie.

Net so is daar ook in die geestelike lewe sekere reëls vir ons in die Skrif neer gelê, waaraan ek moet voldoen alvorens ek die ewige lewe sal kan beërwe.

i)        Weergebore

Die eerste is dat ek ingeskryf moet wees vir die wedloop. In Openbaring 20:15 lees ons: “En as dit bevind is dat iemand se naam nie ingeskryf is in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”.  Ons name moet eers ingeskrywe wees alvorens ons kan kwalifiseer vir die prys. In Joh.3:3 sê: “… as iemand nie weergebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie?”. Nikodemus sou nie in aanmerking gekom het vir die prys van die ewige lewe as hy nie aan die vereisdes voldoen het nie.

 2 Tim.2:5 “En verder, as iemand aan ‘n wedloop deelneem, word hy nie  bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie”.

(ii) Rondkyk: Elke atleet weet dat dit vir hom die wedloop kan kos sou hy rondkyk om te sien hoe sy mede atleet vorder. Hy moet sy oë hou op die einddoel, hy moet vorentoe bly kyk. Ons moet ons oë op die Here Jesus hou. “Ons oë gevestig op Hom die Leidsman en voleinder van ons geloof.”

(iii) Kleredrag: Dit van ‘n atleet dwaas wees om te wil deelneem aan die wedloop met ‘n dik weermag jas, weermag skoene en al sy weermag be-nodighede.  Die atleet weet dat hy so lig moontlik moet aantrek om sy maksimale spoed te kan lewer en so doende sy beste te kan lewer. Paulus se vir ons: “Laat ons elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring (daardie dinge wat ons verhinder om ons geestelik te laat groei, daardie sonde, of oënskynlike goeie dinge, wat ons terughou in ons geestelike lewe) 

2) DIE DOELWIT:

a) Om te wen: 1 Kor.9:24 “… Hardloop so dat julle dit kan behaal”.  Dit is die doel van elke atleet om eerste oor die wenstreep te kom. Geen atleet sal deelneem as hy weet dat hy potential 10 de sal kom nie.    Nee hy wil eerste daar wees.

b) Om die beloning te verkry:

c) Om die wedloop te voleindig: Dit sal nie vir die atleet baat om goed te begin en halfpad in die wedloop moet op te gee nie en op te hou nie.

Paulus kon sê: “Ek het die wedloop voleindig ek het die geloof  behou” aan die einde van sy lewe het hy daardie versekering gehad. “Hy wat volhard tot die einde toe sal gered word” sê die Skrif.  Goed begin is half gewin.

3) DIE VERANTWOORDELIKHEID:

Ter wille van die span moet ek my kant bring.  Die wêreld kyk no ons en oordeel Christenskap volgens ons lewens. Hulle oë is op ons geves-tig. Aflos-stokkie Kieth Daniël

4) DIE AFLOSSPAN

Ons moet almal ons aflos stokkie aangee aan die volgende geslag.  Gaan ons lewe van so aard wees dat dit ‘n inpak maak op die volgende geslagte.  Die grootste erfenis wat ons aan ons kinders kan nalaat is om met die Here te wandel.

5) DIE BELONING:

A) Kroon van die lewe:  Jak.1:12

B) Kroon van geregtigheid:  1 Tim.4:8

C) Martelaars kroon:

D) Sielewwennerskroon:

E) Oorwinningskroon:

Eendag wanneer ons in Sy teenwoordigheid kom sal ons, ons krone voor Hom die eer toesing wat ons deur Sy Bloed losgekoop het.

SLOT: HOU MY HAND EK STERF

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00