DIE VREESLIKHEID VAN SONDE JES.6;1-6

INLEIDING:

Die mees aanvaarbare onderwerp om oor te praat is heiligheid, maar ‘n deeglike en indiepte studie van inwonende sonde is van uiterste belang, as ons ‘n duidelike beeld van die heiligheid van die Here wil hê.

Die onderwerp wat ons vandag gaan hanteer behandel sonde as ‘n beginsel, of te wel die besoedeling van die vlees. Dit beteken om van een na ‘n ander staat oorgebring te word. Van regverdigheid tot on-regverdigheid of van ongered na gered. Ons begrip aangaande hier-die onderwerp sal help om ‘n duidelike blik oor sonde te hê.

Ons gaan eers na die vreeslikheid van inwonende sonde kyk, en dan na die Bybelse basies waarom ons hierdie onderwerp glo, en dan derdens na ‘n Bybelse begrip en anelise aangaande hierdie geweldige probleem.

Dit is van kardinale belang dat ons ‘n Bybelse en toegepaste begrip aangaande hierdie onderwerp het, nl. inwonende sonde.Die vraag bestaan hoekom nie heiligheid preek in al sy positiewe aspekte soos die wonderbare lig daaraan verbonde nie.

Is inwonende sonde regtig nodig om aan te raak, en deel van gesonde leerstellinge te maak. Kan ons nie maar inherente vervallenheid aan-vaar en dit as iets opsioneel beskou nie, met die vryheid om te kies wat ons wil glo, of ons die bestaan daarvan erken of nie. Na alles gaan dit primër oor heiligheid, en word ons nie beveel om die heilig-making na te jaag nie om die Here te sien nie? Waarom tyd neem om so ‘n negatiewe onderwerp te bestudeer?

‘n Verlies of ‘n gebrek aan begrip aan inwonende sonde dra verryk-ende gevolge nie net in ons persoonlike verhouding met die Here nie, maar ook sosiaal, kultureel, en moreel in hierdie huidige wêreld.

As ons faal om inwonende sonde te verstaan, sal ons faal in ‘n be-hoorlike waardering vir persoonlike verantwoordelikheid.

Wanneer laas het iemand in die koerant of in die nuus verwys na die handelinge wat sonde is, en daarna verwys as ‘n hartstoestand  waar-in die mens in sonde verkeer. Wie sal in ons dag dit waag om te sê dat die mens inherent boos is, dit die kern van die probleem ‘n gees-telike aard het, en dat sy hart die produk van wat ookal verteenwoor-digend is, wanneer ons die saak in kosederasie bring. Dit in die breëre gebeur net eenvoudig nie.

Ons samelewing is te gewoond aan hierdie soort optredes, en is geneig om dit met een of ander iets anders te verduidelik, as die werklike probleem. Ons is geneig om enige ander veskoning te ge-bruik as behalwe die ware handeling van hierdie persoon se optrede.

Ons het seker van die geval gehoor van die seun wat stene deur ven-sters gegooi het. Toe hierdie seun gekonfronteer was en ondersoek was, was die gevolgtrekking dat toe hy ‘n kind was, het hy ‘n onderwyser gehad wat in sy verwysings raamwerk wreed en onrede-lik teenoor hom was. Verder het hierdie wrede onderwyserres brille gedra, en dat hy ‘n weerstand opgebou het teen glase. Hy het dus sy verkeerde optrede gekanaliseer na glase met die doel om dit te breek.

Dit klink belaglik, tog hoe dwaas is ons kultuur nie soos mense redes uitdink om net nie by die kern van die probleem uit te kom nie, om mense se gedrags petrone te verskoon.

Die samelewing het antwoorde verskuldig waarom mense so optree, en probeer met verklaringe kom wat tog ‘n gevolg sal kan lei.

Kan u sien dat as ons vaal om die sondige kern van die mens se hart te openbaar en daarom sy optrede, is daar geen beprekinge in watter redes en antwoorde daar mee opgedis sal word nie. Sonder ‘n be-hoorlike oortuiging tot die vervalle boosheid van die mens, kan nie-mand aanspreeklik gehou word, ongeag wat hy ookal doen nie.  Die redes mag finasieël, of biologies, of sosiaal, en opvoeding…en die lys kan aanhou.

Ons gaan nie na die oplossing van die sondeprobleem vanoggend kyk nie, dit is duidelik dat as ons nie die siekte binne in die mens se hart kan identifiseer nie, sal ons nooit tot ‘n behoorlike oplossing of heling kom nie. Die enigste manier om enige sin te maak aangaande die sonde van die mens is om die kern van die probleem te erken, waarom mense sonde doen.

Ons kan net rondom ons kyk en die oerwoud wat toenemend in ag-gressie toeneem omdat die mense alhoe minder persoonlike verant-woordelikhied vir wie hy is en wat hy doen neem. Die resultaat in die verlies van hierdie realiteit van hierdie verskriklike aspek wat sonde is.

As ons faal om hierdie leerstelling te glo en te verstaan, nl. inwonen-de sonde, verloor ons die begrip van die skoonheid en krag van ge-nade. Genade word algemeen verstaan as “guns” van die Here, dit is nie alleen guns nie, maar “onverdiende guns”.  Die hele gedagte van genade dui daarop dat die mens ‘n behoefte het, ‘n probleem van een of ander aard.

Genade impliseer verder dat die mens nie hulp verdien vir hierdie probleem nie, en dat hy nie iets in homself kan doen om sy probleem op te los nie. Soos met ons redding, stel die Bybel dit duidelik “dat deur genade word ons gered, deur die geloof, en dat dit nie uit onsself is nie; dit is ‘n gawe van God; nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie” Efe.2:8-9.

Die oproep tot genade in ons harte is die feit dat ons besef dat ons so uiters afhanlklik daarvan is, en dat die Here dit so vrylik beskik-baar stel, sonder ons verdienste of vermoeëns om dit te verdien.

As ons hieraan dink is dit maklik om te sien hoe die mens sy inwo-nende vervallenheid ontken, en dat hy die behoegfte daaraan totaal ontken, vir sulke genade, sowel die krag wat genade in die hart van die mens kan doen en voorsien te ontken.

As die mens nie inherent boos is nie, dan het hy nie regtig ‘n be-hoefte nie. As die mens se hart nie sondig is nie, dan is die geval van verdien en nie verdien nie, nie eers iets ter sprake nie.

As ‘n persoon maar bloot ‘n produk van sy omstandighede is het sy finansieël sosiaal, opvoedkudig, kultureel, of wat ookal is, sal enige negatiwiteit in sy lewe bloot met die dieselfde feite genees word. Met ander woorde, as die mens se lewe verbetering nodig het, kan hierdie selfde persoon sy eie verbetering bewerkstellig. So ‘n redena-sie is uiters humanisties en ‘n verloëning van die Here self.

Miskien is dit die werklike rede waarom mense wens dat dit weg ge-redeneer kan word, en enige gedagte of geloof in ‘n kern geestelike probleem in die mens. Deur dit te doen plaas ons die mens totaal buite die sfeer van verantwoordelikheid vir sy dade, en plaas hom verder buite die sfeer van verantwoordelikheid teenoor die Here se Outoriteit.

Die mens wat inwonende sonde ontken, is die heer van sy eie lewe, en sy eie ondergang, sowel as bestemming. Reg en verkeerd is rela-tiewe begrippe wat aan elke individu se besluitneming oorgelaat is, en hy kan bepaal wat herstel nodig het en self daarvoor sorg. Die mens word iets meer as ‘n intelegente dier, wat verskillende stimu-lasie in die gesig staar, en die reaksie daarop self bepaal.

3) ‘n Derde rede hoekom dit so absoluut noodsaaklik is om Bybels oortuigend te leef aangaande die leerstelling van inwonende sonde, is die verlies om dit te doen bring ;’n verlies aan waardering vir die realiteit en krag van heiligheid. Ek hoop dat ons nooit daarop sal trap nie, omdat sonde so noodsaaklik is om die saak van heiligheid te verstaan. Wat ons aangaande sonde glo, is wat ons ook rondom heiligheid glo.

As die mens faal om inwonende sonde as sonde te sien, sal daar baie dinge tot gevolg wees aangaande heiligheid:

1) Eertens: Heiligheid is noodsaaklik vir die mens. Daar is geen noodsaaklikheid vir die mens om heilig te leef as hy nie sondig is nie. (As die mens nie vervalle is nie, is hy in humanistiese termes heilig, of ten miste self regverdigend en reg.) Daar is geen waarde-volle roeping tot iets beters as die mens niks beters nodig het nie.

Die roeping tot en noodsaaklikheid van heiligheid binne die mens maak alleenlik sin as die mens sonder heiligheid, hopeloos vervalle is, m.a.w. onheilig is. Die mens voel geen persoonlike oortuiging na die nood van heiligheid as hy faal om sy eie sondigheid te besef nie.

2) Tweedens: Heiligheid word nie gesien as die wonderlike roeping en voorsiening wat ons weet dit is nie. Die uiterste sondigheid van die mens veroosaak die voorsiening en krag van heiligheid om te skyn, en alhoe helderder te word. Rom.5:20 herhinder ons: “Waar die sonde meer geword het, het die genade van die Here nog meer oorvloedig geword.”

‘n Klasieke geval wat dit illustreer, is die profeet Jesasja in ver-houding tot sy eie onreinheid nadat hy die Here sien sit het op Sy troon. Die behoefte aan persoonlik nood, het Jesaja laat roep na sy eie heiligheid.  Hier is ‘n verbintenis tussen die mejesteuse roep van die Here se heiligheid en die mens se persoonlike gewete wat tekort skiet aan heiligheid, of die feit dat ons onheilig is.

Die Here Jesus het beloof dat die Trooster sou kom om die wêreld te oortuig van sonde geregtigheid en oordeel. Dit is logies dat al drie hierdie aspekte belangrik is. Om enige van hierdie uit te laat sal ‘n verlore skakeling beteken, in die geestelike beredenering van die mens. Dink net wat sou gebeur as die Heilige Gees net van geregtig-heid en oordeel, maar faal om sonde na ons gewete te bring.

Dan sou geregtigheid geen aanspraak gehad het nie, en die oordeel sou geen ernstige waarskuwing ingehou het nie, aangaan die mens se persoonlike skuld en vervallenheid wanneer dit by sonde kom nie.

Weer verlies om persoonlike vervallenheid te erken sal die roeping en voorsiening tot heiligheid taan. Dit is die ware rede hoekom mense faal om persoonlike sondes te bely en te erken. Om dit te doen sal persoonlike skuld na vore bring, Vir watter rede ookal, verkies die mens hierdie pad, waar die Here sê: “As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie.” 1Joh.1:8.

 3) Derdens: Die verdere gevolg sal wees dat die versoening van Christus word af gemaak an voorsien minder as wat dit eintlik be-doel. Waarom het die Here Jesus na hierdie aarde gekom, en op die kruis kom sterf? Wat het Sy versoening werklik voorsien?

As iemand uit en uit ‘n agnotikus is, beteken die dood aan die kruis van die Here Jesus niks. Daarom sal daar geen aanspraak wees tot ‘n innerlike geestelike nood nie, omdat die dood niks beteken nie, en dat dit nie regtig bestaan nie.

As jy glo dat die Here Jesus die Christus was, en dat Sy dood aan die kruis voorsiening belowe vir die mens, maar jy faal om dit behoorlik te glo, rakende persoonlike vervallenheid, dan sal jy die versoening beperk. As jy persoonlike vervallenheid verloên, of die moontlikheid van reiniging van persoonlike vervallenheid, dan het Christus se dood niks meer beteken as ‘n bedekking of oorsien van die eintlike skuld van sonde gedoen.

Wat Sy versoening vir ons op sy beste dan kan wees, is om enige oordeel uit te kanseleer, vir ons sondes gepleeg, en sal ons bloot net in guns by die Here bring. Daar is ‘n paar ernstige probleme hiermee. Dit sal beteken dat die O.T. genoegsame versoening vir ons bewerk-stellig het. Ons weet dat die Here Jesus die vervulling van die O.T. se offers is, maar kon die Here nie toelaat dat dit sou aangaan solank dit jaar na jaar herhaal word nie.

Ditr lei tot die volgende probleem: Dit wil voorkom asof die O.T. se offers ‘n goeie werk gedoen het om die mense se gewete te bedek het, tot die volgende jaar, met die dag van versoening wanneer die offers vir sonde weer gedoen moes word. As die offer van die Here Jesus se Bloed niks gedoen het nie, as net om ons sondes te bedek, dan was die versoening van sondes nie nodig gewees nie.

Hebr.7:8-10 Praat van ‘n ander verbond wat die Here maak, met Sy mense, omdat die Ou Verbond nie die weet van die Here in ons harte plant nie, en dit nie op die vleestafels van die harte skrywe nie. ‘n Innerlike verandering is nodig, met die mens se gedagtes en hart, wat ons lewens geweldig sal verander. Die versoening van Christus handel met die innerlike mens.

Toe die Engel van die Here met Josef gespreek het en hom ingelig het om Maria wat binne kort ‘n baba gaan hê se kind se naam Jesus te noem, het hy belowe dat die Here Jesus die mense van hulle sondes sal vergewe. Matt.1:21.

Hierdie redding sluit vergifnis in en die verwydering van skuld van sondes gepleeg, die reiniging van vervallenheid wat in ons heers, en die toekomstige redding van ons skepping van die oorsaak van sonde deur aan ons ‘n nuwe liggaam te gee en ‘n nuwe bestaan in ‘n stad wat niks van sonde weet nie.

Dit is van uiterste belang om ‘n regte perspektief en begrip aan-gaande innerlike vervallenheid te hê.

DIE BYBELSE BEWYSE VIR INNERLIKE VERVALLENHEID:

Daar is genoegsame Bybelse bewyse vir inwonende vervallenheid sowel as oorgenoeg praktiese bewyse daarvoor.

Die Here Jesus het self verklaar dat die inwonende mens is die oor-saak van die probleem vir die lewneswandel. Matt.7:17 “Elke goeie boom dra goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra geen goeie vrugte nie.” Hy beklemtoon dit maar wanneer Hy in Matt.12:34 &35 ver-klaar: “Uit die oorvloed van die hart spreek die mond van”

”Die goeie mens bring uit die goeie van sy hart goeie dinge te voor-skyn en ‘n bose mens bring uit die boosheid van sy hart bose dinge.”

Dwarsdeur die Bybel beide O.T. en N.T. het die Here nie net die uit-erlike gedrag van die mens maar ook sy innerlike staat van geregtig-heid/ en ongeregtigheid. Wat ookal in die Skrif gesê word, rakende die hart, is dit ‘n beslissende faktor in die mense se elke dag lewe.

Die hart is van primêre belang waarom die Here Jesus daarmee dras-ties wil handel, omdat dit die mens se innerlike begeertes weërspieël.

Met dit in ag geneem kom ons kyk na ‘n verskeidenheid van tekse wat die ware nood openbaar, spesiaal die probleem in die mens se hart.

1)      Gen.6:5 “Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versindsles wat hy in sy hart bedink altyddeur net sleg was”

2)      Gen.8:21 “En die het in Sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versindsles van die mens se hart is sleg van sy jeug af. ”

3)      Ps.5:10 “Want in die mond is daar niks betroubaars ni; hulle bineste bring onheil, hulle keel is ‘n oop graf, hulle maak hul tong glad.”

4)      Ps.51:7 “Kyk in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang”

5)      Ps.51:12 ‘Skep vir my ‘n rein hart o, God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.”

6)      Spreuke 20:9 ‘Wie kan sê ek het my hart rein gehou, ek is rein van my sonde?”

7)      Pred 9:3 ‘…die hart van die mensekinders vol boosheid is.”

8)      Jes.1:5-6 “Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.”

9)      Jer.16:12 “…julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.”

10)  Jer.17:9 “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

11)  Matt.7:17 “So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.”

12)  Matt.23:25;27-28 “Weë julle Skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant vandie beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid”

Weë julle skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne voll doodsbeendere en allerhande onreinheid is.  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.”

13)  Rom.8:7 “omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God

       is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie,

       want dit kan ook nie.”

14)  1 Joh.1:8 “As ons sê dat ons geen sonde het nie mislei ons  

      onsself endie waarheid is nie in ons nie.”

Daar is reeds genoegsame tekse om te bewys dat die Bybel duidelik is beide in die O.T. en N.T. dat die mens buite die Here Jesus ‘n in-nerlike probleem het. Die mens het ‘n innerlike vervallenheid ‘n innerlike morele, en geestelike probleem. Dit is nie bloot maar net die produk van sy omgewing, finansies kultuur, of status nie, of selfs sy persoonlike keuses nie, die mens ‘n direkte produk van die staat van sy innerlike gedagte.

Verder een moet uiters blind wees om die Bybel te verloën as ons die realitiet van die die innerlike mens wat onrein is nie kan raaksien nie, en wat moreel ontoereikend is, vir die standaard van die Here, nl. heiligheid. Die Here was so in die kol toe hy Joahnnes geinspireer het deur te sê: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, dan is die waarheid nie in ons nie.”

Nie net die Bybel verklaar die toenemende vervallenheid van die mens nie, as ‘n bewyas van toenemende verderf in die tyd waarin ons leef.

Almal sal saamstem dat die Here die mens as man en vrou heilig ge-skape het, en totaal onskuldig aan die verkeerde, en totaal onkundig aan innerlike verdorwenheid. Die Here is nie die outeur van sonde nie, en ook het Hy nie ‘n wêreld geskep of ‘n menslike ras wat ver-vloek moet word nie, en wat besoedel is van sonde nie. Dit is duidelik dat beide mens of die wêreld in hierdie staat van reinheid gebly het.

Deur blantande ongehoorsaamheid in die tuin van Eden, het Adam die mensdom uit sy stadus geruk, in ‘n staat van korruptheid en dood wat ons steeds in die dag teister.

Dit sou sleg genoeg gewees het vir Adam en Eva om onder die ver-vallenheid van die vloek van sonde te kom en vir ewig uit die tuin uitgeban te wees. Maar as die plaag gestop het kon daar ‘n herstel na die voor sondeval plaasgevind het, en die opnude heiligheid voor die Here.

Die Bybel wys ons op hierdie tragedie dat dit nie die geval was nie. Selfs die jongste Sondagskool kind kan vir jou die verhaal van Kain en Abel vertel en hoe Kain Abel doodgeslaan het. Die eerste kind wat op hierdie aarde gebore was, het die eerste moordenaar van hier-die aarde geword. Sou enige iemand gedink het dat Adam en Eva dit so wou gehad het. Het Adam en Eva, Kain so geleer en dat jaloersheid so mee gehandel moet word, was dit in die hart van hierdie eerste ouers. Die antwoord is tog opsigtelik duidelik.

Niks in die ouers van Kain sou droom dat hulle so ‘n tragedie in hul-le huishouding sou wou gehad het nie. Die enigste logiese verduide-liking vir die eerste moord in die wêreld is ‘n morele probleem, iets anders as die sondeval wat plaasgevind het, wat die mens se optrede beinvloed het buite die grense van van die eerste gebore mense. Die probleem was ‘n probleem van vervallenheid, ‘n sondige beginsel wat gelei het tot Kain se eerste jaloerse optrede, nl. toorn en toe moord.

Verder het die insident alleen bewys dat daar ‘n potensieële verval-lenheid in die mens is a.g.v. iets wat vroeër gebeur het, nl die onge-hoorsaamheid van Adam en Eva. Daarom het Kain die inwonende vervallenheid getoon, wat sy optrede tragies beinvloed het, selfs tot die punt van moord.

As hierdie maar net een sondige daad in ‘n oomblik van onwaak-saamheid was, sou dit boos genoeg gewees het, en kon die mens hieruit geleer het.

Omtrent 1600 jaar later nadat Adam en Eva in sonde verval het, sien ons dat die mens nog geensins verander het nie. Die beskrywing van die mens soos in Gen.6:5-7 beskrywe dat die Here die boosheid van die mens gesien het, en dat dit groot op die aarde was, en dat die ver-sindsels in die hart altyddeur sleg was, het dit die Here berou dat Hy die mens gemaak het, en daar was smart in Sy hart.” 

Dit het die Here berou dat Hy die mens gemaak het, en dat Sy hart met smarte gevul was. Daarom het die Here gesê dat Hy die aarde met ‘n watervloed sal verwoes. Hy het beide die mens en die diere van die aarde af verdelg.

Dan is ons vertroud met die vloed. Die vraag wat ons sou vra, waarom kan die mens nie hieruit leer nie, waarom kan die mens homself dan nie verbeter nie. Is daar ‘n program waarmee ons kan opkom om hierdie boosheid van die hart te stop.

Die verduideliking is eenvoudig: Daar was reeds ‘n toeemende boos-heid binne die eerste eeu van die mens se geskiedenis en het deur die generasies gekom van die man en die vrou dat die mens boos een vervalle is, en daarom dat daar ‘n wêreldwye vernietiging plaasge-vind het.

Weer het dit nie lank geneem om die vervallenheid van die mens raak te sien nie. ‘n Mens sou dink dat na die vloed sou alles wat rebels is mee gehandel wees maar dit was nie so nie, dat die mens van vooraf sou kon begin, maar dit was nie so nie.

Na sowat ‘n 100 jaar, het die mens weer in sy ou planne verval. Hy het dit in die hart gekry om ‘n toring te bou wat as ‘n monument van sekuriteit opgerig sou word om sy eie grootsheid te omskrywe en sy voortbestaan. Luister na Gen.11:4 “Kom laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik, en laat ons vir ons ‘n naam maak.”

Hier is alweer self gesentreerde arrogansie ter sprake, en die gedagte dat hulle nie weer op die Here vir voorsiening hoef te vertrou nie. In hulle sonde was daar ook die gedagte om in een plek te bly en teen-strydig met die opdrag van die Here die aarde te vermeerder.

Ook hier moes die Here intree, deur die verwarring van tale te bring, en dat hulle nie meer met mekaar kon komunikeer nie, en saam aan hierdie verbode projek te werk nie. Dit is duidelik dat die mens nie verander het vanaf die sondeval nie. Daar is steeds die teenwoordige arrogansie ‘n gevoel van onafhanklikheid, wat in die hart leef wat soek om die Here te ignoreer.

Daar is steeds die misplaasting om eerste te voel, selfs ten koste van om die Here te behaag. So is die aanhoudende getiuenis in die progressiewe vervallenheid van sonde van die vroegste jare van die bestaan van die mens af.

Ons kan maar deur die O.T. en N.T. gaan en vind hierdie patroon oor en oor. Die mens verwag om van verlossing bevry te kom in eie krag en tog gemeenskap met die Here op te soek. Die mens is in die ver-keerde rigting, en los getuienis van losbandigheid, oorlog en morele vervallenheid, selfs tot op die punt van onontwikkelde afwesigheid van enige sin van vervallenheid.  Lees net Rom.1 en sien die heiden-se klimaat in die wêreld soos O.T. geskiedneis dit openbaar, in die N.T.

Daar is baie getuienis in die inherente vervallenheid van die mens in die sekulêre geskiedenis buite die band van bestaande Skrif. Kyk na die huidige morele verval wat daar plaasvind, en wat die mense as verskoning gebruik.

Kyk na die selfsugtige honger na krag wat vir niks stop nie, self moord net om daardie krag te behou.

Mense maak van morele aspete ‘n grap, en daar is geen skaamte van watter aard ookal nie. Selfs in die geskiedenis van o.a. die Romeinse ryk, maar meer nog vandag. Ons het meer onlangs die Hitlers en Husseins gehad, wat oorlog en moraliteit nie geken het veral tyeen-oor die Jode nie. Alles was onder die vaandel van self rebellie teen God. Die self wat verheerlik moes word.

Ook in die dag waarin ons leef, steeds is die mens in opstand teen die Heilige Skepper van die wêreld. Daar is iets inherent met die mens verkeerd. As ‘n verwagtende moeder haar kind kan doodmaak, of haar kind in ‘n mikrogolf verband, weet ons dat daar iets ernstigs verkeerd is met so ‘n persoon. Wanneer homoseksuelitit sy skaamte verloor, en nou ‘n sterk politieke stem word, weet ons dat daar iets drasties verkeerd is.

Kinders word nie geleer om as leuenaards moordenaar of eg-brekers grootgemaak te word nie. Daar mag miskien enkele uitson-derings wees, maar vir die meeste word kinders respektabelrig groot gemaak, met die doel dat as hulle volwasse word, hulle morele intergiteit sal hê.

Dit is die tendens van die mens sonder die reinegende krag van die Bloed van die Lam, wat deur die versoening vir ons moontlik ge-maak is.

So lank as wat die menslike ras op hierdie aarde leef, sal daar voort-durend ‘n toenemende veraleenheid plaasvind, en sal die mens in boosheid bly voortgaan. Niks behalwe die bloed van die Here Jesus kan ons van hierdie vervalle staat verlos nie. Paulus bevestig dit in Rom.5:12-14+19.

Soos deur een mens sonde (ongehoorsaamheid) in die wêreld gekom, het en deur die sonde die dood omdat alle mense gesondig het, en daarom niemand in eie krag regverdig gemaak word nie.

Ek vertrou dat daar genoegsame bewyse is dat die mens vervalle is, en dat hy onheilig leef, en dat die mens buite die verlossingsplan van die Here leef.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00