DIE TWEE Weë MATT.7:13-23 + Luk.13:22-30

INLEIDING:

Toe ons nou vir die twee dae in die berge gaan rus het, was daar ‘n pad wat ons gery het, wat waarsku dat die pad gesluit is. Ons het nie ag gegee op die padtekens nie, want die ompad sou ons ure later by ons bestemming gebring het. Ek weet van ‘n geval waar iemand wel die padtekens verontagsaam het en die uitende daarvan was dat die persoon in ‘n diep sloot geval het. Die moete en verdriet wat dit veroorsaak het was so onnodig.

Op ons lewens is daar ook padtekens wat ons waarsku dat ons, ons lewens met die Here Jesus moet regmaak en dat ek ag moet slaan op Sy roepstem. Indien ek nie gehoorsaam is nie is my pad gevaarlik styl en bevind ek my op ‘n pad wat tot my verderf kan lei.

Waanneer die Here Jesus geestelike waarhede na ons toe wil bring, het Hy dikwels d.m.v. prentjies met ons gepraat. Hier het die Here Jesus drie pernstjies gebruik om die waarheid uit te beeld nl. ‘n Ware en verkeerde weg, vlse en regte vrugte, en ‘n vaste of los fondasie. So het Hy bv. Matt 7 vir ons die waarskuwing gerig dat ons moet “Gaan in”. Dit sê vir ons dat ons buite staan en dat die Here Jesus nog nie in ons lewens ingekom het nie. 

Hy staan buite en klop aan die deur van ons hart. Daar is verskillende maniere waarop Hy in ons harte klop nl.

1) Omstandighede: Ek vind dat in my lewe alles verkeerd loop, en dat iemand bv. in my

    familie sterf. Ek staan by daardie graf en vrees pak my hart beet as ek moet dink wat met my sal gebeur as my lewe nie met die Here reg is nie.

2) Deur Sy Woord: Hoe dikwels gebeur dit nie, dat die Here deru Sy woord met my kom

    praat en vir my wys dat daar ‘n weg is wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood. Ek lees hoe Hebr. bv. my waarsku dat “net soos dit veir die mens bestem is om eenmaal te sterwe, daarna die dood”

3) Dan gebruik die Here kinders van die Here se getuienisse om met my te praat. Die een

    ondervinding verskil van die ander sin, maar die resultaat is dieselfde, nl dat ons weergebore moet word anders is ons verlore.

Kom ons kyk na Vs.13

1) DIE BREë PAD:

A) “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort…”

In daardie dae was daar in die stadsmure poorte of hekke gewees waarderu die mense die stad moes ingaan. Indien dit donker geword het, moes die mense deur ‘n baie klein en smal poort deurgaan. Dit was so moeilik om daardeur te gaan dat al die goedere van die kamele afgehaal moes word en dan is die diere met moeite deur die poort getrek. Dit was verwys na die naald se oog of die nou poort.

Hierdie woord breed verwys na ‘n maklike pad of ‘n pad van eie begeertes. U weeet mos die mense wat sê dat ek net een lewe hier op aarde het om te geniet, en ek moet ten volle gebruiik maak van hierdie genietinge. Ek moet drink, en dobbel, en rook, en vloek, en steel en maak net wat ek wil. Ek is mos vry om te doen net watr ek wil, wie gaan my keer.

B) “…EN WYD IS DIE PAD…”

Die woord wyd wat hier gebruik word is die begrip dat dit darem onderperke is. U weet mos die gedagte van sondig maar so ‘n bietjie deur woorde gedagte en dade. Dat ons tog maar mense is en daarom so ‘n bietjie sonde moet doen, want ons leef tog in ‘n sondige wereld. Hierdie mense wat se dat ons alles mag doen maar net nie met ‘n -te- daaraan gekoppel nie. U moet versigtig wees dat u nie die Here te gaan dien nie.

Ons stel aan onsself normes en waardes wat die Woord van die Here ons nooit geleer het nie. Matt.7:22 sê duidelik dat “Baie in daardie dag aan die Here sal sê dat ek tog kerk aktiwiteite beoefen het, en die Here sal sê, dat ek jou nooit geken het nie.

Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde van daardie weg is die weë van die dood of hel.

Rom.3:23 Sê dat almal gesondig het en dat dit ons ontbreek aan die heerlikhied van die duie Vader. Hebr.3 Waarsku die Woord van die Here ons nie minder as drie maal dat ons Vandag terwyl Sy roepstem na ons kom moet reageer.

11 Kor.5;17 Se die Here vir ons “As iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan, kyk alles het nuut geword.

Openb.19 Se aan ons dat niks wat onrein is sal in die koningryk van die Hemele kan ingaan nie.

U sal u sonde nog regverdig, en dan sal die Here kom en u in die verdoemenis veroordeel.

2) DIE SMAL PAD:

a) Min volg die pad:

In Luk.13:22-30  Kom daar ‘n sekere man na die Here Jesus en vra Hom ‘n vraag nl.

“Is die wat gered word min”

Die Here Jesus  antwoord hom deur te sê: “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want min se Ek vir jou sal ingaan”.

Die Griekse woord vir stry hard is “Stenosis” wat beteken om met moeite en inspanning te pars om alles in jou vermoë te doen.

Dit laat ‘n mens aan die Kango grotte dink waar ‘n mens by die duiwelse skoorsteen met inspanning daardie noue gangetjie moet deur worstel. Dit is ‘n vreeslike ondervinding, die tonnel is smal en jy moet leetrlik alles in jou vermoë doen om daardeur te kruip. Dit naastenby so iets wat die Here van ons vra, dat ek nie met allerhande sondes so lag, lag kom om my hart vir die Here te gee nie.

In daardie dag sal baie nie gered word nie omdat hulle:

1) Op verkeerde maniere soek: Hulle stry nie: Vs.24  Hulle probeer.

So dikwels as ons met siele praat en vir hulle die vraag vra, of u seker is dat u gered is, kom die antwoord: Ons probeer maar.

U sien dit klink so nederig maar in werklikhied se die persoon vir u dat hy nie veel moeite doen nie, want die Here Jesus sê dat die wat my soek, sal my vind.

2) Hulle op die verkeerde tyd gesoek: Toe die deur reeds gesluit was. Vs.25. “en die deur gesluit is”

Gen.7:14 verwys hier na die vloed wat gaan plaasvind en waar ons dan lees dat Noag en sy gesin in die ark is. Almal hetgesien dat die diere die vorige week twee twee die ark instap en vir hulle was die skrif teen die muur, hier gaan ‘n oordeel kom, en tog doen hulle nie moeite om hulle saak met die Here reg te maak nie. Kan u die prentjie sien: die reën begin te val en die Here het die deur van die ark gesluit en mense begin aanvanklik nie bekommerd raak nie, maar later, swem hulle met mening en klop desperaat aan die ark se deur en roep tot Noag en pleit dat hy die deur moet oopmaak en al wat Noag kan antwoord is ek kan nie, want die Here het die deur gesluit.

Openb.3:20 Sê dat die Here aan die deur van ons harte staan en klop, as iemand die deur oopmaak sal Hy ingaan. Daar kom ‘n tyd dat die mens aan die deur van die ewige lew met meining sal klop, en homself net te laat vind om in te gaan.

Matt.25 lees van van die 10 maagde en vyf van hulle was net te laat en die deur word vir hulle voor hulle neuse toegemaak.

3) Hulle het op ‘n verkeerde plek gesoek. Hulle het buite gestaan.Vs.25

Ironies dat beide in hierdie gedeelte en Matt.25 maak hierdie mense aanspraak daarop dat die here jesus hulle geleer het. Weet u wat gebeur het.

Hulle het geluister na die Woord wat na hulle gekom het en soos Herodes van oudds ook gesê warklik die man preek darem vir ons, maar niks aangaande hulle lewe gedoen om eerlik genoeg te raak om voor die Here te erken dat hulle verlore is nie. Baie mense luister na die Woord van die Here, en stap daaruit en weet dat hulle lewe nie reg is nie, maar gaan dan net weer aan om maar net uit te stel.

4) Hulle soek die Here op ‘n verkeerde pleidooi: Ons het Vs.26 “Ons het in u

     teenwoordigheid geeet en gedrink” 

Mense sal allerhande gellenthede vor die Here bring waarin hulle so besig was met kerk aktiwiteite en self vir die here vertel hoeveel koekies hulle vir die kerk gebak het, ons het dan vir die Here gekeiter. Hoe vreeslik sal die onverbiddelike woord van die Here Jesus wees in daardie dag: Gaan weg van my, Ek het julle nooit geken nie”.

5) Hulle het met hulle monde die Here Jesus gesoek, maar hulle harte is ver van die Here af.Vs.26 Hulle harte is ver van die Here af.

Hoe baie word daar nie oor die here gepraat nie, en tog gebeur daar niks in ‘n persoon se hart nie. Dikwels is mense in beroering en selfs getuig hoedat  die Here gebed beantwoord het. Net gister vertel ‘n man my hoe sy dogter in antwoord op gebed verplaas was van een plek na ‘n ander, en roem dat dit sy gebede was, en tog het die man nie sekerheid nie. ‘n Dood goeie man, maar ‘n goed dooie man.

Spreuke 28:13 Sê vir ons: Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigehid vind.”

U sal moet ingaan om gered te wil word, anders sal u die ewige lewe mis.

Wat is verskonings wat u opper in hierdie oggend:

1) Miskien sê u dat u nie nou kan kom nie, eers nog so ‘n bietjie wag eers more:

      Jes.1:18 Sê die Here “Kom nou en laat ons die saak uitmaak. sê die Here: al was jou sondes soos skarlaken dit sl wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol”.

2) Dalk se u dat u nie geweet het wat die Here van u verwag nie:

      Hand.17:30-31 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense ooral, dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man.”

3) U sê dat u te sondig is:

As die Here Jesus vir die man aan die kruis, wat ‘n moord gepleeg vergifnis kon bied, het u al ‘n moord gepleeg, kan Hy vir u dit ook bied.

Waarom dan uitstel wyl die heiland nog pleit, Hy pleit vir u en vir my.

Maak u saak vandag met Hom reg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00