DIE REALITEIT VAN DIE EWIGE LEWE: LUK.17:20-37

DIE HERE JESUS SE WEDERKOMS

“Surely the time is short,

Endless the task and art,

To brighten for the ethernal court,

 A soil’d earth –druding heart,

But He, the great Proclaimer of that hour,

Is pledge to thee in love, as to thy foes in power,”

 – Keble

Interresant dat die Here Jesus onder geen omstandighede die Fari-seërs bestraf het nie, wat van Hom vereis het om te verklaar wan-neer die Koninkryk van die hemele sal wees nie.

Dit is baie duidelik gestel dat die Here Jesus kom om Sy volk te verlos en die troon van Dawid kom herstel. Die stelling was so sterk dat die skare die Here Jesus wou neem en Hom Koning wou maak sowat ‘n jaar voor die kruisiging in Joh.6:15.

Die Here Jesus het Hom nie aan hulle oorgegee nie, omdat Hy geweet het wat in die hart van die mens aangaan. Selfs na die opstanding was daar nog die verlange dat Hy Homself moet verhef as koning wanneer hulle Hom in Hand.1:6 vra: “Here gaan U in hierdie tyd die konikryk weer oprig” Self toe was dit nie vir hulle nodig om te weet wanneer Hy dit gaan doen nie.

1)      DIE AARD VAN DIE KONINKRYK: Vs.20-21

Die Ko0ninkryk van God is by julle. Hulle het nie besef dat Hy na Homself verwys het toe Hy gesê het dat die koninkryk by hulle is nie.  Die tyd van SY verheerliking was nog nie gereed nie, omdat Hy nog nie die Prins van ons Verlosser en Heerlikheid is nie.  

a) DIE KONINKRYK SAL SKIELIK KOM: Vs.24

“Soos weerlig”

i) Ons sien nie die weerlig voordat die lig slaan nie, maar dit is daar as ‘n realiteit in Sy teenwoordigheid.

ii) DIT SAL ONMISKENBAAR HY WEES: Vs.21+24

Wanneer Hy kom sal dit verseker plaasvind. Ons sal nie nodig hê om te sê kyk hier, of daar nie. Dit sal van een deel van die aarde tot die ander sigbaar wees.

2) WAT SAL DIE TOESTAND VAN DIE W♪RELD WEES WANNEER HY KOM: Vs.26-30.

Dit word omskrywe met die twee donkerste tye in die totale geskiedenis van die Jode nl. tye waarin die Here in Sy oordeel die mens oorweldig het.

Die wêreld was nie oortuigbaar van hulle toestand in die dae van Noag nie. Ook sal dit nie gebeur by die koms van die Here nie. Luk.18.8.

Die dae van Noag was gekenmerk deur teruggevallenheid en onge-loof. (Gen.6:1-7)  Die mense het geëet en gedrink en hulleself in die huwelik uit gegee en het die getuienis van Noag verag, totdat die vloed gekom het.

Die Here het gesê dat Sy Gees nie altyd met die mens sal stry nie, waardeur Hy aanduiding gee dat die stem van Noag gestil was deur mense wat Sy Gees weerstaan het.  “So sal dit wees in die dae van Sy Seun”.

In die laaste dae sal vreelike (swaar) tye aanbreek: “mense sal liefhebbers van hulleself wees, …sonde natuurlike liefde, onver-soenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraiers, roekeloos, verwaend, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God”

2 Tim.4:3-4 Verwys na tye wanneer die mense die “gesonde leer nie sal verdra nie, maar in die gehoor gestreel wil wees.” Hulle sal leerraars kry volgens hulle begeertes.

Hulle sal van die waarheid afkeer en fabels navolg.

Die Bybel sê dat ons van diesulkes moet wegdraai.

3) DIE RESULTAAT VAN SY KOMS:

Daar is verskeie reslutate maar hier word spesifiek van twee melding gemaak:

i) Afsondering: Toe Noag die wêreld veroordeel het deur sy regverdige werke. (Hebr.11:7), in die ark opgeneem was, en die deur agter hulle gesluit is.

Toe Lot uit Sodom uitgeneem was, het die vuur en die swael geval, vanuit die hemel.  Vs.34-36 sê dat een aangeneem en die ander agter sal bly.  Dit sal so wees wanneer die Seun van die mens sal kom. Daar sal die wees wat weggeneem sal word, om die Here in die lug te ontmoet. (1 Thess.4:16-17).

ii) Oordeel: Die wegneem van die regverdiges in die N.T. sal die weg berei vir die ordeel van die Here op die ongelowiges. Die Here het verklaar dat Hy niks kon doen voordat Lot nie weggeneem was nie.

Wanneerd ie sout van die wêreld weggeneem gaan word, sal daar niks meer wees om die verderf tee te staan nie, en sal die mens in sy sonde vrot.

Wanneer die kerk van die Here Jesus weggeneem word, sal daart net die grimmige wraak van die here oorbly op die wêreld.

DIE REALITEIT VAN DIE EWIGE LEWE BRING SO ‘N GROOT VERANTWOORDELIKHEID OP U EN MY:

Die effek van die sondeval het elke mens geteister. Ons ondervind dit is die voortdurende soeke wat daar in die hart van die mens is om vrede te kry. Party sal dit is geld soek, ander in dwelms, ander in vrye liefde maar die mens hunker na daardie vrede van god wat alle verstand te bowe gaan, wat u en ek vergenoegd maak.

Lukas 19 maak die Here Jesus melding van die feit dat daar guns-tige tye is waarin die Here ons wil besoek en dat ons dit nie gewaar nie, met die intog in Jerusalem. 

Die realiteit van die Ewige lewe was so oorweldigend in die hart van die Here dat die O.T. vir ‘n tydperk van 400 jr. in stilte gedom-pel was nadat die Here in Mal.4:6 ons wys op die feit dat die toorn van die Here op hande is.

In die N.T. begin die Here die hemele in beroering bring deur die engel Gabriel wat dikwles aan mense verskyn het. Nie minder as 7 maal het hy o.a. aan Josef, en Maria en Sagaria en self deur die ster wat na Betlehem gelei het Homself aan die mens begin openbaar. Nou wek die Here vir Johannes die Doper op om in sy openings woorde: “Bekeer julle, want die Koninkryk van die Hemele het naby gekom.”

Die Here Jesus in Sy openings rede maak van presies dieselfde woorde gebruik, asof die Here die oë en die harte van die volk wil open om aan hulle die erns van Sy boodskap bekend te wil maak. “Bekeer julle, want die Koninkryk van die hemele het naby ge-kom.”

Leef u met die wete dat die koninkryk van die hemele op hande is, leef u en ek met die wete dat u en ek eendag voor die Here moet verskyn om rekenskap van ons lewens te moet gee.

In die begin van Luk.17:20 vra die Fariseërs wanneer die Koninkryk nou gaan kom of aanbreek: Dan die antwoord van die Here Jesus is merkwaardig: Hy sê: ”Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie”

Wanneer die Here Jesus oor die koninkryk van die Hemele praat moet ons onthou dat Hy dan voortdurend profeties gaan wys na gebeure, bedoelende dat dit wat hier gebeur ook na tydperke van die verlede en die toekoms verwys.

A.g.v hiervan sal mense in verwarring kom, omdat hulle die waar-skuwing om hulle te bekeer, sodat die Heilige Gees hulle mag lei en waarsku en hulle oë mag open van hulle weerhou word.

In die tyd sal mense ernstig waarsku om na allerhande sigbare tekens te kyk. Kerke het die brandpunt van moderne konsterte geword waarin daar ‘n verskeidenheid tonele van te kies en te keur aangebied word.  Hulle sal agter wonders en tekens hardloop en daar-deur mislei word. Vs.21. Die woorde in vs.21 is naby julle en nie binne in julle nie.

Vs.22 Sê die Here Jesus dat dit so vreeslik sal wees in die verwardheid waarin mense hulle begewe dat hulle sal begeer om net een dag in die teenwoordigheid van die Here te verkeer. Maar hulle sal dit nie sien of ervaar nie.

Vs.23 Waarsku dat die mens nie net in homself verward sal wees nie, maar dat hulle deur andere wat verward geraak het beinvloed sal word om hier en daar te kyk, en beeld van iemand wat nie stabiel is nie.

Vs.24 Terwyl die mens rond sal kyk, en nie in sal kyk na sy eie harts toestand nie, sal die koms van die Seun van die mens so skielik wees, soos ‘n weerlig straal.

Vs.25 Dan bring die Here Jesus die profetiese rede tot Homself deur te sê dat Hy nie nou Homself gaan openbaar nie, maar dat Hy eers gekruisig moet word, baie moet lei, en deur die geslag waarin Hy leef verwerp word.

Vs.26 + Kom hierdie baie interresante vergelyking: “En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens: hulle het geët en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.”

In die geskiedenis was daar nie twee donkerder tydperke volgens die Here Jesus as die van Noag en Lot nie. Wat leer ons uit hierdie twee tydperke?

Dit is so maklik om eindelose verskonings te gebruik waarom ons optree soos wat ons doen, en waarom ons nie nou gereed kan maak nie. Wat ek ookal as verskoning ophou, moet u onthou moet by die Here verby kom.

Dit verwys hier na ‘n Materieële verval wat gaan plaasvind. Mense giet hulle uit in die belange van hulleself.

Wat gaan u vir die Here sê: Gaan u ook die verskoning gebruik dat u ‘n bees gekoop het, ‘n land moet gaan bewerk of moet gaan trou.

Daar is gunstige tye waarin die Here ons wil besoek het hulle nie opgemerk teryl die ark in gereedheid gebring is nie.

Noag het sy siel gepynig om hierdie mense dringend te waarsku van ‘n komende tydperk. In die geval van Noag was daar lank en aanhoudend met die volk gepraat en gewaarsku.

Vs.28 In die geval van Lot was daar ‘n morele afval. Rom.1 sê dat mense van die natuurlike liefde wegbeweeg het om die leifde vandieselfde geslag op te soek. Hierdie gruwel was so verskriklik dat die Hete die stede van Sodom en Gomora met swael en vuur uit die hemel verteer het.

In hierdie geval was die oordeel van die Here skielik en ingrypend. In 2. Pet.2:6-7 word van Lot vertel wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense, maar nie gepraat het nie. Gen.19 sê dat toe Lot sy skoonseuns waarsku dat die oordeel op hande was, het hulle gedink dat hy die gek met hulle skeer.

Vs.30 Waarsku die Here Jesus dat die koms van die Here net so sal wees wanneer Hy geopenbaar sal word.

Vs.31 Die waarskuwing kom dat ons nie aan ons materieële dinge verknog moet wees nie. Terwyl die huisraad in die huis is, moet u nie afkom om dit weg te neem nie. U moet nie terugkyk as u u lewe aan die Here Jesus oorgegee het nie.

Vs.32 Kom die waarskuwing van Lot se vrou wat omgedraai het.

Vs.33 As u net dink om u lewe te red sal u dit verloor, maar as u u lewe in die Here Jesus verloor sal u dit behou.

Vs.34 Die nag van besoeking: Daar sal twee op een bed slaap die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

Vs.35 Twee sal saam maal: Dit verwys na verskillende tydperke op die aarde. Die een is bv in Amerika en die ander in New Zeeland.

Vs.37 Nadat Hy alles verduidelik het sal hulle vir Hom vra maar waar Here: Dan antwoord Hy waar die aasvoëls saamkom.

Aasvoëls verwys na die dood. Die kerk en die mensdom sal geestelik so dood wees, dat hulle nie eens sal gewaar dat die koms van die Here plaasgevind het nie. Aasvoëls verwys ook na die werk van die duiwel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00