DIE PROSES VAN WEDERGEBOORTE: 1 Joh.3
INLEIDING:
Dit is so belangrik om te weet wat die Bybel leer aangaande die mens. Omdat dit wat die Here sê waar en reg is. My uitgangspunt oor die lewe gaan baie dinge aangaande my toekoms bepaal. Ons moet eerstens weet dat die mens ‘n lewe na die dood het. Dat ons ook van hierdie lewe eendag moet gaan rekenskap gee wat ons daar-mee gedoen het.
Efe.5:5 Sê: “Want dit moet julle weet dat geen hoereerde of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die konink-ryk van Christus en van God het nie…”
Dit sê dus vir ons dat daar twee konikryke is waarin die mens hom begewe. Die wat nog nie hulle lewe met die Here reg gemaak het nie is in ‘n staat van verlorenheid. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Met die sondeval het Adam en Eva al die voorregte wat ons in die Here gehad het verloor en is ons as die menseras gesteel van al die voorregte om met die Here te wandel.
Rom.3:11-12 “Daar is nieamd wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is nimand wat goed doen nie, daar is sslefs nie een nie.”
Ons sê dan wat van mense wat soveel goeie dinge vir andere doen. Dit verwys nie na al die goeie dinge wat ek vir andere verrig nie, maar na al die pogings wat u en ek aanwend om die Here te probeer behaag.
1 Kor.6:9-11 Sê verder. “Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie: Geen hoereerder of afgodedienaars of egbrekers of wellustiges of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle, maar julle het julle laat afwas…”
Baie mense word mislei. Baie sê by die sterfbed dat dit nou beter gaan met iemand wat sterf maar hierdie persoon het in sonde geleef. Die Bybel sê: Moenie dwaal nie…geen hoereerder of dronkaard sal die koninkryk van God beërwe nie.
Gal.5:19-21 Gaan verder: “werke van die vlees is geopenbaar nl. owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, party-skap, afguns, moord, dronkenskap, brasery, en derglike dinge waar-van ek julle vooraf sê: soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.”
Matt.13:41-42 “die Seun van die Mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit Sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal ‘n geween wees en ‘n gekners van die tande.”
1 Joh.3:4 Sê vir ons: “Elkeen wat die sonde doen, doen wetteloos-heid, want die sonde is wetteloosheid.”
Die Here het ‘n geheel plan waardeur Hy ons wil red. Daar is die staat van skuld waar ek voor die Here staan, en dat ek vergifnis van my sondes moet verkry.
Hebr.2:3 Vra die vraag “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het.”
Ons staan skuldig voor die Here en het niks waarop ons kan staan waardeur ons gered kan word nie. Nie deur ons eie geregtigheid nie sê Dan.9:18 maar deur Sy groot genade skenk Hy aan ons die ewige lewe.
Daarom dat Jes.55:7 vir ons sê: “Laat die goddelose sy wegverlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.”
Die dood van die Here Jesus bied aan almal wat berou het vergifnis en bied terselfdertyd aan ons die voorreg dat Hy die beheer van ons mirabele lewe oorneem.
Die Here Jesus het op Hom die straf wat ons verdien geneem. 11 Kor.5:21 ‘Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
Dit is so belangrik dat versoening iets aan ons morele lewe kom doen wat iets in ons lewens so kom verander dat ander kan sien dat ek met die Here ontmoet het. Versoening dui hoofsaaklik op dit wat die Here Jesus vir ons kom doen.
Hy kom maak ons nuut: 11 Kor.5:17 “Daarom, as iemand in Chris-tus is, is hy ‘n nuwe skepsel, die ou het verby gegaan, kyk dit het alles nuut geword.”
Versoening dui op die wonder wat die Here Jesus vir ons kom doen. Jes.53:5+6 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wile van ons ongeregtigheid is Hy verbrysel; die starfwat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”
Sonder die opstanding beteken die kruisigfing niks. Petrus het dit ronduit verklaar dat die Here Jesus opgestaan het, volgens die plan en voorkennis van die Here Hand.2:23; 3:18; 13:26-27 Efe.1:9-10 1 Pet.1:18-20. Die dood van die Here Jesus was ‘n beplande handeling van die Here want deur dood kom lewe.
Die dood het as versoening vir ons sondes gedien. Mark.10:45 Sê duidelik: “Dat die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien.”
Paulus spreek oor die versoenende werk van die Here in 1 Kor.15:3 so duidelik. “…Chritsus het vir ons sondes gesterf.” In Rom.3:25 sê dat die Here vir die Here Jesus in Sy bloed voorgestel het.
Die boke Hebreers behandel amper regdeur die versoenende werk deur die bloed van Christus deur Sy dood Hebr.9:26-28. Sy verlossing bring ook by ons die heerlike verwagting om eendag saam met hom te wees. Wat ‘n Verlosser wat ons nie net uit ons gemors kom uitred nie, maar ook ons status kom verander.
By die laaste oordeel waar die waar die stenrtale saak van die dood van die Here Jesus, en die menslike sonde mekaar ontmoet is daar net Een persoon wat kwalifiseer om die boeke te open en die seëls te breek, dit is die Lam van God. Openb.5:6-14.
Aan die Galasiërs skrywe Paulus dat die Here Jesus aan die kruis ge-hang het vir ons sondes, om vir ons ‘n vloek te word, omdat daar geskrywe is vervloek is elkeen wat aan ‘n kruis hang. Gal.3:13.
Die Here Jesus het onder die wet gekom Gal.4:4 om ons wat onder die wet lewe te red. Deur Sy dood het Hy ‘n weg van redding en geregtigheid vir ons geopen, deur vir ons ‘n sond-offer te word, sodat ons deur Hom die geregtigheid van Hom kan word. 2 Kor.5:21
DIE TERME GENADE:
Paulus gebruik hier ‘n terme wat so wonderlik is wanneer hy die woord genade gebruik Die woord is (charis) wat nie in matt. of Markus gekry word nie, 7 keer kom dit in Johannes voor, 8 keer in Hebreers, en 2 keer in Jakobus, Paulus het 100 keer hierdie woord gebruik. Lukas het in Lukas en hand. Dit 24 keer gebruik. Petrus het selfs dit meer per hoofstuk gebruik as Paulus.
1) INNISIEëRENDE GENADE:
Wat beteken hierdie genade: (charis) Dit is die Here se liefde in aksie in Christus, en die krag van die Here in aksie in die mens. Die eerste gedagte is onverdiende genade, sonder enige eise daaraan gestel. Luk.1:30. Dit die hart van die Here wat deru Sy verlossing Sy voorsiening in Christus kom bewerk het.
2) INSTAATSTELLENDE GENADE:
Die tweede gedagte van genade word so maklik geignoreer. Die Here kyk met guns op ons neer om ons met Sy eie morele ywer te bekragtig. Daar is dus genade wat na ons uitreik en genade wat in ons werk. Die doel van genade is om ons te verander. Dit los ons nie waar ons is nie. Dit is deel van die pakket wat die Here in verlossing vir ons gee.
Dit werk deur ons waker te maak aan ons behoefte na die Here, deur ons in berou te bring oor ons sondige toestand, dit reinig ons en verlig ons oë om Sy grootsheid raak te sien. Dit dissiplineer ons, en sal ons uiteindelik verheerlik om saam met die here te woon.
Rom.5:20-21 Wys dit vir ons daarop dat dit die krag is om sonde te oorwin. In hfst.6 wys Hy vir ons hoe ons die oorwinning kan verkry. Genade is meer oorvloedig as sonde. Dit is ‘n veranderde krag wat in ons kom werk deur geregitgheid in ons in te werk. Daarom dat Paulus in Rom.6:1 uitroep: Sal ons in die sonde bly dat die genade meer oorvloedig mag word: God vorbid.
Genade is in geen opsig ‘n lisensie tot sonde nie. Dit is presies die teenoorgestelde: Dit is die Goddelike energie deur die Heilige Gees waardeur sonde oorwin kan word.
GELOOF:
Dit is die spontane reaksie op dit wonder van genade. Dit is kragtig en voorwaardelik. Rom.1:16-17 Dit is die krag van God to redding vir elkeen wat glo, want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar, uit geloof tot geloof. …Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Genade is nie iets onweerstaanbaars en onrealisties nie, maar ‘n Goddelike handeling in reaksie op my gewilligheid om saam te werk. Die mens moet die deur vban sy hart oopmaak. Opn.3:20. Die fundamentele beginsel van die Evangelie is om geloof te inspireer.
Reddende geloof is meer as om net in die Here te glo. Dit is wel waar dit begin, maar dit glo spesifiek in dit wat die Here vir ons in Sy Seun kom doen het. Om in die Here te glo is ‘n daad van gereg-tigheid, soos om nie in die Here te glo nie sonde is.
Geloof is in die plek van werke, ons word gekonfronteer met ‘n prestasie. Die Here gee Sy genade op grond van die versoenende werk van die Here. Dit is nie my prestasie nie maar dit wat Hy vir ons kom doen het aan die kruis.
DIE PROSES NA DIE GETUIENIS
VAN DIE HEILIGE GEES:
INLEIDING:
Die oomblik wat ek die getuienis ontvang het dat die here my siel gered het het ek begin in die geestelike lewe. Ek is nou ‘n baba in die Here en moet nou belangrikke lesse leer. Dinge wat van uiterste belang is om geestelik gevoed te word.
Die heel eerste beginsel wat ek moet verstaan die beginsel van ‘n nuwe lewe. Soos ‘n gewone baba nie dadelik vaste spyse soos pap en vleis kan begin gebruik nie is dit ook so met ‘n baba.
1 Pet.2:1-3 Sê nou vir ons: “Lê dan nou alle boosheid en bedrog en geveinsdheid en afguns af en alle kwaadpratery en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalsde melk van die woord dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.”
1 Joh.3:14 Sê dat ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet.
1 Joh.2:3 Sê verder: “En hieraan weet ons dat ons hom ken; as ons Sy gebooie bewaar.”
Die wat gered is word omskrywe as die wat die Here gehoorsaam, en die wat goed doen kom 8 keer in Openbaring voor en die wat die wêreld oorwin het.
Nou weet ons hoe lyk iemand wat weergebore is: Hy is nuut gemaak en het uit die wêreld van sonde en duisternis gekom.
Die volgende eienskap wat ons sal kry is: Dat hulle deur die Gees van die Here gelei word. Rom.8:14 “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God.”
Hulle sal in die voetstappe van die Here Jesus navolg. Joh.10:27-28 My Skaap luister na My, en hulle volg My en ek gee hulle die ewige lewe.
Matt.7:21-23 Nie elkeen wat vir My sê Here Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.
1 Pet.2:7-8 “Vir julle dan wat glo is Hy kosbaar maar vir die ongelowige geld die Woord Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. En ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling. “
Baie sê dat hulle Christene is maar leef in diepe sondes. Die s.g. Christelike lande in Afrika is die vigs syfer hoër as in die Moslem lande.
In Jakobus maak hy drie keer melding van dooie geloof, wat nie werke het nie. Die duiwels glo ook en hulle sidder. Jak.2:17;19 en 2:20;26.
Is berou noodig:
Johannes die doper het berkering met berou gepredik. Matt.3:2;8;10;12.
Die Here Jesus het berou gepredik: Bekering ma.w. om jammer genoeg te wees om dit nooit weer te doen nie. Luk.24:47.
Die Apostels het dit gepredik. Hand.2:38.Petrus en Paulus.
11 Kor.7:10 “Want ‘n droefheid volgen die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.”
Berou of bekering beteken om weg van sonde te draai. Openb.9:21 “En hulle het hulle nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerey en hulle diefstalle nie.”
Ps.66:18 Sê: “As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.”
Js.59:1-2 Sê: My sondes het ‘n skeidsmuur tussen my en die Here gevorm, dat Hy nie kan hoor, nie.
Jes.1:16-18 Wys vir ons daarop dat ons ons moet skoonmaak van alle onreinheid en ongeregtigheid.
Jeremia sien die gevaar van hierdie kostelose envagelie: Wanneer mense sê: Vrede, vrede wanneer daar geen vrede is nie. Jer.8:11-12
Deur valse hoop aan iemand te bied terwyl daar geen berou van sonde is en ‘n begeerte om daarmee te breek nie sal hierdie persoon nie van sy slegte weg terugkeer nie. Ese.13:22.
Ps.85:10 Sê: “Gewis Sy heil is naby die wat Hom vrees.”
Geloof kom deur die gehoor en gehoor deur die Woord van die Here. Rom.10:17.
Spreuke 16:6 Sê: “deur die vrees van die Here wyk ‘n mans af van die kwaad.”
Nou is ek verlos van my aaklige verlede en moet ‘n nuwe lewe in die Here Jesus begin inslaan. Dit beteken dat ek nou nie meer in die gewoonte van sonde sal leef nie.
1 Joh.2:1 Sê: “My kinders ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie, en as iemand gesondig het, ons het ‘n voorspraak by die Vader Jesus Christus die Regverdige.”
Sonde is nie meer ‘n leefwyse nie maar iets waarin ek toegee die oomblik wat ek nie waak nie. Ek is nou uit Egipte maar Egipte is nog nie uit my nie.
Rom.8:2 Die wet van die lewe in Christus het my vrygemaak van die wet va die sonde en die dood.
Sy Seun was gestuur om die sonde in ons te kom veroordeel, sodat die regvan die wet vervul kan word.
Vs.5-6 Verwys na die wat vleeslik is dat hulle die dinge van die vlees bedink, wat die dood veroorsaak.
Vleeslikheid is vyandskap teen God, omdat dit hom nie aan die wet van God nie. Julle is geestelik as die Gees van God in julle woon.