PINKSTER 2002 (1) DIE PERSOON EN BEDIENING VAN DIE;HEILIGE GEES VANAF DIE SKEPPING DEUR TOT BY DIE PROFETE
Daar word beweer dat elke 7 jaar word die hele struktuur van die liggaam vernuwe. Elke oomblik van ons lewens word daar die oue afgegooi, en die nuwe aangeneem. Dit is die wet van ‘n gesonde fisiese lewe. Dit is ook die wet van ‘n gesonde geeslike lewe, dat ek voortdurend verander moet word. Soos wat ek in die Here Jesus bly lewe. Die Heilige Gees vernietig nie die verantwoordelikheid van ‘n individu nie.
1. DIE PERSOON EN DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE GEES IN VERHOUDING TOT DIE SKEPPING
a. Die belangrikheid van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die heelal
God is eerste in alles. Die menslike gedagtes en bestaan is ge-bind aan tyd. God se eerste neergeplotte daad was die skep-ping waaruit die hemel en die aarde vorm aangeneem het en betekenis gekry het, deur die derde persoon van die Drie-eenheid, die Gees van die Lewende God. Gen.1:2. Aanvanklik was die aarde woes en leeg. Daar was gaos en verwarring.
b. Die belangrikheid van die Gees se kreatiwiteit in die heelal
Die Gees van God het in Sy skeppingsaktiwiteit beweeg oor die aarde Gen.1:2 “En die aarde was woes en leeg, en duis-ternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het ge-sweef op die waters.”
Hier word bedoel die ‘Gees van God’ – ‘die asem van God’ of ‘die wind van God’. Die Gees van God staan in ‘n drie-voudige funksie in verhouding met die skepping.
Joh.3:8 “Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarnatoe hy gaan nie.”
Hand.2:2-4 “En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”
Sy persoon en goddelikheid toon dat dit God is; Sy oneindige goddelike energie en krag word weerspieël in Sy beheer oor die chaotiese elemente waaruit die kosmos ontstaan het; Sy lewe-gewende en vormende funksie word in Hebreeus deur-gegee as ‘broei oor die water’ of beweeg oor die waters. Dit word verduidelik deur die gedagte van die hen wat op haar eiers broei.
Die Heilige Gees was die eerste Persoon wat beweeg het. Dieselfde woord word gebruik in Deut.32:11 “Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels…” en ook in Matt.23:37 “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig die wat na jou gestuur is – hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaar maak, en julle wou nie.”
Hierdie funksies en werkinge van die Gees van God, is ‘n vooruitskouing van Sy daaropvolgende werk in die verlossing van die mensdom in die geskiedenis van hierdie aarde.
Sonde bring wanorde, verwarring, gaos en duisternis in die geestelike en morele realm. Die werk van die Heilige Gees is altyd om die werklikheid van God as ‘n persoonlike God deur te gee en om Sy Goddelike krag toe te pas, Sy lewe en lig vir die mens in sy chaotiese toestand en sy sinnelose bestaan wat deur sonde veroorsaak is, en om geestelike lewe en orde, in die mens se andersins hopelose toestand, te bring.
Toe God lig in die duisternis gespreek het, was dit die Gees van God wat die lig versprei het deur die donker chaos. Adam Clark sê dat die Hebreeuse woord wat hier as ‘lig’ vertaal word, ook ‘vuur’ aandui.
Jes.31:9 “…en sy rots sal uitmekaar skuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE wat ‘n vuur het op Sion en ‘n oond in Jerusalem.”
Eseg.5:2 “…’n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy ‘n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en ‘n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal ‘n swaard agter hulle uittrek.”
Heb.12:29 “Want ons God is ‘n verterende vuur.”
Dit is ongelooflik om te besef dat die ‘broei’ van die Gees van God oor die ongerepte massa’s lewe voortgebring het – dit was die aksie van die Gees van God. Dit het lig en hitte in die wêreld ingebring.
Job 26:13 “Deur sy asem word die hemel helder..” die hemel is mooi gemaak of georden.
Volkomenheid of volmaaktheid hou in die reiniging, genesing en geordenheid van alle dele van die lewende organisme. Die Wesliaanse siening van volmaaktheid is volmaaktheid in liefde en nie absolute volmaaktheid nie.
c. Die voorkeur van die Gees van God, was die skepping van die mens.
Hy was mede-werker in die skepping van die mens. Gen.2:7 “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens ‘n lewende siel geword.”
Ook Job skryf van die asem van die Gees van God. Job.27:3 “…want my asem is nog heeltemal in my en die lewens asem van God is in my neus…” Ook Elihu, een van Job se vriende erken die “asem van die Here” in:
Job32:8 “Maar dit is die Gees in die mens en die asem van
die Almagtige wat hulle verstandig maak…”
Job 33:4 “Die Gees van God het my geskape, en die asem van
die Almagtige maak my lewend.”
Die lewe van die mens is hier en ook op ander plekke in die O.T. word gesien as die gawe van God. Reg deur die O.T. word Gees van God gesien in God se teenwoordigheid en krag wat geopenbaar word. Ps.139:7-8 “Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!”
Dwars deur die O.T. het die Here Homself aan uitverkore mense bekend gemaak binne die konteks van hulle geskiedenis Die Here het gekies om Homself aan die mens te openbaar deur openbaringe. Dit was die metode waardeur die Here kennis aangaande Hom bekend gemaak het.
Die openbaringe was nie abstrakte kennis aangaande Hom nie, maar was gekoppel aan ‘n direkte ontmoeting met die Lewende God. Openbaringe is pesoonlike ontmoetinge met die Lewen-de God, wat aan gemeenskap met ‘n ervaring met die Here gekoppel is.
Dit is altyd die Here wat die inisiatief neem in so ‘n ontmoe-ting. Hy wag nie vir die mens wat Hom soek nie. Die eerste Goddelike ontmoeting wat die mens ervaar het na die sondeval was toe die Here vir Adam gevra het, waar hy is. (Gen.3:9). Die Here het aan Abraham verskyn op tye en geleenthede waar Hy dit nie verwag het nie. (Gen.12:1,7+ 17:1) Hy maak Sy aard en Sy Naam aan Moses bekend (Ex.6:3).
Ons weet dat die Hebeers onkundig en in duisetrnis was, en gebonde was. Maar hulle was die beeldraers van die Lig. Aan hulle het die Waaord van die Here gekom, om die duisternis van hulle eie harte te openbaar, en onkunde aangaande Hom weg te ban. Hulle het nie meer nodig gehad om soos die wêreld rondom hulle te lyk nie, maar was anders en verlos. Hulle kon die waarheid aangaande die Here ken, en aangaande hulle verhouding tot Hom.
Van die begin van die Skepping af is die waarheid dat (Luk.19:10) sê: “Die Seun van die mens gekom het om te soek en te red, die wat verlore is”
Die Here het Homself op baie maniere in die ou dae geopen-baar aan die vaders en aan die profete. Hierdie openbaringe is saamgevat in dit wat ons ken as die Bybel. Die Boek is opsigself geinspireërd, en die outeurs bron van Waarheid rakende God en Sy doel vir die mens.
God is altyd teenwoordig deur Sy Gees om Sy krag en doel deur te voer. Die werk van die Gees van God in die O.T. was die openbaring van wie God self is.
II. DIE PERSOON EN DIE BEDIENING VAN DIE GEES VAN GOD IN VERHOUDING MET HERSKEPPING
a. Die Heilige Gees openbaar die verlossingsplan
Die Heilige Gees is noodsaaklik vir begrip van wat die Here in die O.T. tot die mens spreek. Om die leiding van die Gees van God te ignoreer in die O.T. is om dit betekenloos te laat.
Hy is betrokke by elke beweging van God, van die eerste skep-pingsdaad tot by die koms van die Messias. Sy teenwoordig-heid lyk soms verskuil te wees.
In die O.T word nie geleer dat die mens die Here deur die natuur leer ken het nie, maar dat die Here beter gesien en geken kan word, in die wat Hom reeds ken.
Wat Jesus gesê het oor die werk van die Gees van God in die N.T. kan ook tot ‘n groot mate toegepas word in die O.T.
Joh.16:13-15 “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.”
In die O.T. is die Gees van God die openbaarder van God se verlossingsplan. In die N.T. is die Gees van God die open-baarder van die Verlosser in Sy afgehandelde werk van ver-lossing. Die een wys vorentoe, na die kruis en die ander wys terug na die kruis. Dit is veral van belang wanneer in gedagte gehou word dat dit die Gees self is wat die inspireerder en outeur van die O.T. en die N.T. is.
Petrus maak dit duidelik wanneer hy sê: II Pet.1:21 “…want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.”
Paulus skryf aan Timothëus dat hy van sy moederskoot (Joodse moeder en ouma) die Heilige Skrif leer ken het wat hom tot verlossing in Jesus lei.
II Tim.3:15 “…en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.” Paulus wys ook dat die O.T. geskrifte na Christus lei en hulle vervulling het in Hom. Gal.3:24-29; 4:1-7. Hy skryf aan Timothëus dat
II Tim.3:16 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.”
Paulus gebruik die Griekse woord Theo-pneutos, hier wat “geïnspireer deur God” beteken. is ‘n samestelling van die twee woorde Theos = God en pneuma = asem of Gees.
M.a.w. die Woord van God, in die O.T. en die N.T. is deur God geïnspireer.
Dit was die Gees van God wat die akuraatheid van dit wat in die Woord opgeneem is, gemonitor het.
DEUR SY MAGTIGE DADE IN DIE GESKIEDENIS:
Die Here openbaar Homself deur werke, meer spesifiek in die geskiedenis van Sy mense. (Ex.7:5; 16:6; 18:11; 1 Kon. 18:27-39, Jes.45:3; Jer.16:21; Miga.6:5) Die Egiptenare sal weet dat Ek die Here is wannneer Ek My hand sal uitsteek.
Interrestant dat 14 van die 39 boeke van die O.T. is geskied-kundig. Die God van die O.T. word alleen in SY aktiwiteit geken deur die geskiedenis van verlossing.
DEUR SY MAGTIGE DADE IN GESIGTE:
Hy Het Homself geopenbaar in gesigte en sigbare openbarige aan mans en vrouens. Joh.1:18 Sê dat niemand God gesien het nie, tog was daar insidente soos by Moses by die brandede doringbos, was die engel wat verskyn het, geken as die God wat spreek. Interressant is dat vir ons gewys word hoe die gesig begin het maar nie hoe dit geindig het nie. Toe die gesig verdwyn het, het die Woord van die Here staande gebly. Dink aan Jes.6.
b. Die Heilige Gees as die Uitvoerder van die Verlossingsplan
Hy is die uitvoerder van die Goddelike plan van verlossing en die herstel in die guns van God, soos in die geïnspireerde Woord van God opgeteken is. Soos in die N.T. neem Hy die dinge van God en maak dit aan die mens bekend.
In die O.T. neem Hy die dinge van die Vader en maak dit aan die mense bekend. Dit is Sy hooffunksie in die O.T. om God die Vader te verteenwoordig en Sy verlossingsplan en voor-siening vir vervreemde en verlore mense.
Die Gees van God moet die mens lei tot herstel van die ver-nietigingswerk van die val van die mens in die O.T. Die herstel van die vervallendheid a.g.v. die sondeval raak die hele skepping. Rom.8:19-23.
Die mens se hopelose toestand na die val word verlig deur die belofte aan die komende Messias. Dit is die tyd wanneer die Gees van God, sonder maat uitgestort word op die verloste mens. Nou sal die Gees van God op die Messias self rus. Dit is die tyd van die herstel van die vervalle mens.
Die Gees van God sal uitgestort word op die wat die Here Jesus gevind het. Dit is die bedeling van die Gees van God.
Net deur die krag en werking van die Gees van God, kan die wêreld herskep en omskep word in die plan en doel, wat God in gedagte het vir Sy skepsels. Dit kom in die N.T. in volle swang.
c. Die Heilige Gees herstel die beeld van die mens, as kroon van die skepping
Vandat die mens sy morele beeld verloor het met die sonde-val, streef die Gees van God om daardie beeld te herstel. So vroeg as die dae voor die sondvloed, waarsku God die mens “My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie…” Gen.6:3.
Die Gees skep die mens volkome in heiligheid en herstel die mens in persoonlike geregtigheid en heiligheid.
Matt.5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die
hemele volmaak is.”
Heb.12:22-24 “Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien-duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regver-diges en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.”
Die Heilige Gees van God bied aan die mens ‘n nuwe lewe in Christus en herstel hom tot die nuwe lewe in Christus, tot geregtigheid en heiligheid, soos wat hy geken het voor die sondeval. Joh.3:5-8; II Kor.5:17.
Die funksie van die herstel wat die Gees van God verrig is vernuwing, wedergeboorte en heiligmaking.
Soos wat hy by die skepping lewens-asem in die mens geblaas het, blaas Hy in die mens nuwe lewe, tydens weder-geboorte in.
Joh.3:5-8 “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en warheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore word.”
Die werk van die Gees van God is beide fisies en geestelik; dit is skeppend en herskeppend in die O.T. en in die N.T.; in die natuur en in die mens.
d. Die Gees se herskeppingsfunksie is sigbaar in die mens
Ons vind hierdie hestel in die lewe van Dawid, nadat hy met Batseba gesondig het en in angs tot die Here roep in Ps.51:11 “Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongereg-tighede.” Dawid se enigste weg tot oorwinning is deur die werking van die Gees van God. As die Gees van God van hom onttrek is daar geen hoop meer vir hom nie.
V12-14 “Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.”
Dit is die herskeppingsmag van die Gees van God. V17
“Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.”
God se belofte aan Saul, deur Samuel I Sam.10:6 “En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word.”
Toe Saul die Gees van God verwerp het, het sy lewe in chaos uitgedraai.
IV. DIE HEILIGE GEES EN O.T. PROFETE
Die O.T. profete was direkte geroepenes van God. Hulle karakters en die krag van die Gees van God in hulle lewens het hulle bediening en invloed bepaal. Hulle het gespreek onder die leiding en inspirasie van die Heilige Gees. Die dryfkrag en soewereiniteit van God het hulle boodskap en missie bepaal. Hulle doel was om individue en in besonder die leiers en die nasie terug te bring onder die wil en doel van die Here met die volk.
a. Die eienskappe van die O.T. profete se bediening
Die O.T. se profetiese bediening vertoon 4 eienskappe:
i. In teenstelling met die priesters, was die O.T. profete gekies uit die mense, sonder om die stam, beroep of status in ag te neem. So was dit met Samuel I Sam.3:1-14; Elia I Kon.17:1-6; Jesaja 1:1; 6:1-13; Jeremia 1:1-10; Amos 7:14-15. en ander. Hulle persoonlike lewens en hulle boodskappe het ooreen gekom.
ii. Waar die priesters die mense voor God verteenwoordig het, het die profete in die plek van God, met die volk gepraat. Die priesters het in die bres getree met die belange van die volk voor God en die profete het met die belange van God voor die volk gestaan.
iii. Die profete het met brandende harte die Gees-geïnspireerde Woord gespreek wat nodig was vir geleenthede en vir sekere tye. Hulle het die las van die Here gedra.
iv. Hulle moes die vals profete teë gaan, wat in hulle eie naam lasterlike verkondig.
b. Etiese kwaliteite van die O.T. profetiese bediening
Jesaja en Jeremia noem die Heilige Gees meer as 20 maak in hulle profesië. Die salwing van die Gees van God op die O.T. profete was byna permanent op ander was dit bloot tydelik. Die bewys daarvan vind ons by bv. Saul Num.11:25-29. Die toerusting van die Gees van God was nie noodwendig na aanleiding van daardie persoon se karakter nie bv. in die gevalle van Saul en Balaäm.
c. Die oorplaas van die Heilige Gees in die O.T. profetiese bediening.
Nog ‘n interessante karaktertrek van die toerusting van die Gees van God in die O.T. profete was bv. dat die Heilige Gees van een profeet oorgegaan het na ‘n ander bv. in die geval van Elia en Elisa. I Kon.2:15 “En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar diekoningskap het oorgegaan en my broer s’n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem.” Ook in die geval met Samuel en Dawid I Sam.16:13-14 “Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers en die Gees van die HERE het van die dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan. Maar die Lgees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.” Ook met Moses en sekere uitverkore mans van Israel Num.11:17, 25, 26, 29 .
Soms het die profete ‘n tydperk van spesiale opleiding deurgegaan voordat die Gees van die Here oor hulle vaardig geword het en hulle hulle bediening ontvang het, soos in die geval van Samuel onder Eli I Sam.2:18-19; die seuns van profete onder Elia II Kon.2:1-18. Daar is ook gevalle waarin hulle direk uit hulle sekulêre beroepe geroep is en toegerus is met krag van hulle bediening, sonder vooraf opleiding, soos in die geval van Amos 1:1; 7:14-15.
d. Die twee voudige doel van die O.T. profete.
Hulle was eerstens predikers met boodskappe van vermaning, waarskuwing, bestrawwing en leiding van Jehovah vir die volk en land en ook soms vir die omliggende heidense volke. Dit het baie moet van hulle gevra omdat hulle voortdurend met die oposisie te doen kry en vervolg is, selfs deur sommige van die geestelike leiers. Hulle profesië het gewoonlik begin met die woorde: ‘So sê die Here’.
Die O.T. profete was ook voorspellers van toekomstige gebeure, waarvan nog niks bekend is nie. Hierdie boodskappe het soms gewaarsku teen komende oordeel en vernietiging. Hulle is dikwels ook verlig met booskappe van hoop van bv. die herstel van die volk. Die positiewe oorheers altyd die negatiewe daarom was hierdie boodskappe gewoonlik realisties idealisties. Jeremia is waarskynlik die mees optimistiese van die O.T. profete.
Hierdie O.T. profete is dikwels sieners genoem. Hulle was meer as bloot openbaarders van die alwetende wil van God, t.o.v. toekomstige gebeure. Hulle is soms, onder die leiding van die Heilige Gees, in hulle gees weggevoer in die toekoms. II Kon.17:13; II Kron.33:18-19; Jes.29:10; Miga3:7.
‘n Interessante eienskap van Esegiel se profesië is dat die Gees hom weggevoer het en op ‘n ander plek neergesit het. Eseg.3:12 “Toe het die Gees my opgeneem en ek het agter my die geluid van ‘n groot gedreun gehoor…” 3:14 “Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem…” 8:3 “Toe steek Hy iets uit wat die vorm van ‘n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk…” 11:1 “En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk…” 11:24 “Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ‘n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldea, na die ballinge…” 37:1 “Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte….” 43:5 “En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring…” Behalwe van die openbaringe wat Johannes op Patmos ontvang het, was hierdie tipe ervaringe in verhouding skaars in die N.T.
II Kor.12:2, 4 “Ek weet van’n man in Christus, veertien jaar gelede – of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam weet ek nie, God weet dit – dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel… dat hy weggeruk is in die Paradys…” Hierdie ervaring was ‘n uitsondering.
Dit moet beklemtoon word dat die boodskappe van die O.T. profete, alhoewel vir die dag waarin dit gebring is, dit ook tydloos is. Hulle verteenwoordig die groot morele/innerlike en geestelike beginsels waarmee God met die mens deel. Dit het hulle booskappe blywend belangrik gehou, vir alle mense in alle tye.
V. DIE GEES VAN GOD WAT OP EN IN MENSE GEWERK HET IN DIE O.T.
‘n Eienskap, baie bekend by die O.T. profete was dat die Gees van God op ‘n uitgesoekte werktug gekom het vir ‘n spesiale sending. In die N.T. vind ons dit nie.
In die N.T. vind ons die Gees van God, werksaam in die mens wat hom bekragtig en in die harte en lewens van mense werk. Alhoewel ons in Hand.2:2 lees “En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.” en dan gaan dit verder in v4 “en hulle is almal vervul met die Heilige Gees…”
Oor die algemeen het gelowiges vooruit gekyk in die tyd waarvan die profete gespreek het, wanneer God Sy wet op hulle harte skryf, deur Sy Gees, eerder as op die kliptafels. Jer.31:32-33;
II Kor.3:3; Heb.8:10; 10:16.
Soos alreeds genoem was die persone wat die Here gebruik het, nie altyd mense met harte wat reg was nie of mense met aanvaarbare etiese optredes nie. Dit kon nie gesê word van die N.T. gelowiges in wie die Gees van God gewoon het nie. Hulle was mense met rein harte en skoon motiewe, wat onberispelik gewandel het., alhoewel hulle nie sonder foute was nie.
Stong’s Exhaustive Concordance het ‘n lys gemaak 100 direkte verwysings van die Gees van God in die hele O.T. Sowat 75 van die totale verwysings beskryf Hom as dat hy mense van buite beïnvloed het en in sommige gevalle hulle as instumente gebruik het.
Die belangrikste betekenis van die verskil tussen die invloed van buite van die Gees van God en die van binne, waar Hy in die mens woning gemaak het, is tweeledig. Dit is te begryp dat God, in Sy soewereiniteit ‘n persoon, al is daardie persoon nie bewus daarvan nie, kan beïnvloed.
In die tweede plek is die Gees van God, heilig. Dit is dus so dat Hy outomaties reinig en heilig waar Hy is. Vir ‘n persoon om die Gees inwonend in hom te hê, is om innerlik geheilig te wees deur Sy teenwoordigheid.
Dit was die teenwoordigheid van die Gees van God in Sy heiligheid in die O.T. wat die aanbidding inhoud gegee het. Dit was so anders as die aanbidding wat bloot ritueel was. Ons vind dit meer in die Psalms en die Profete, as in die ander O.T. boeke. Dit is die rede waarom hierdie boeke meer toewydingsboeke is as die ander in die O.T.
************
PNKSTER 2002 (2)
DIE PERSOON EN BEDIENING VAN DIE HEILIGE GEES VANAF DIE PROFETE TOT BY DIE N.T.
1. DIE HEILIGE GEES IN DIE O.T. IN VERHOUDING TOT DIE KOMENDE MESSIAS IN DIE SALWING.
Die woord salwing kom 142 keer in die Bybel na vore. In al die ge-
valle wat dit genoem word, verwys dit na die salwing van die Heilige
Gees, en verwys na ‘n spesifieke toerusting of instaatstelling..
Wat is die salwing van die Heilige Gees?
Leonard Ravenhill het eens gesê dat hy weet nie wat dit is nie, maar
hy weet wanneer iemand dit het of nie.
Salwing in die O.T. word in die Hebreeus in 4 konsepte gebruik.
8 Verskillende dinge was in die O.T. deur materieële dinge aange-
raak bv. die Tabernakel, en die altaar was gesalf gewees.
Die Bybel omskrywe 12 verskillende klasse mense wat die salwing
ontvang het. Die profete se salwing was om die mondstukke vir die
Here te wees. Konings was gesalf om die volk te moes lei. Die Hoë
priesters en priesters was gesalf om afgesondeed vir die diens van
die Here te wees.
Daar was 3 verskillende tipes salwing in die O.T. gewees nl.:
a) Die salwing van speserye.
b) Die salwing met olie.
c) Die salwing met die Heilige Gees.
a. Die profetiese bediening in verhouding tot die hoop op die
Messiaanse Verlosser
Daar is baie bewyse in die O.T. vir die komende Messias, vanaf
Gen.3:15 tot in die laaste O.T. boek van die Bybel. Dit is in die
Psalms en in die geskrifte van die profete dat hierdie groot belofte
van hoop duidelik na vore kom. Dit is in hierdie O.T. literatuur wat
ons van die rykste geestelike insig en hoop vir die toekoms kry.
Vanaf die 6de eeu v.C. en verder tot by die koms van die Jesus, was
die hele antieke wêreld in afwagting op die hoop van die komende
Messias-Verlosser. Daar is ‘n verskeidenheid faktore wat bygedra
het tot hierdie afwagting.
b. Die salwing met olie as ‘n simbool van toerusting met die Heilige Gees.
Behalwe van die mediese redes, was die salwing van die hoof van ‘n
persoon, ‘n simbool van Goddelike seën. Ps.23:5-6 “U berei die
tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet
met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al
die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte
van dae.”
Goddelike seën was beheer deur die Heilige Gees. Dus was die ‘sal-
wing van die Heilige Gees’, op die persoon wat deur God toegerus is
Die profete se geloofwaardigheid het daarin gelê dat hulle hoofde
met olie gesalf was, as simbool van toerusting deur die Heilige Gees.
Dit het ook gedien as kwalifikasie vir hulle diens aan die Here. Die
profeet Jesaja voorspel die toekoms van die Messias as die gesalfde,
met die Gees van Sy verlossingswerk. Jes.61:1a “Die Gees van die
Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye
boodskap te bring…”
Jesus het hierdie selfde profesie gekwoteer en op Homself verwys
het in die sinagoge in Nasaret. Luk.4:18. Paulus wys ook na die
salwing van die Heilige Gees wanneer hy skryf vir die gemeente in
Korinthiërs II Kor.1:21
“Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons ge-
salf het, is God.”
Die salwing met die Heilige Gees en die olie wat daarmee saam gaan
sien ons duidelik in Samuel wat Dawid gesalf het.
I Sam.16:13 “Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te
midde van sy broers en die Gees van die HERE het van die dag af en
verder oor Dawid vaardig geword.”
Die oordraagbaarheid van die Gees van God is ook hier ter sprake
omdat die Woord van God sê dat die Gees Saul verlaat het v14 . ‘n
Mens moet ook kennis neem van die feit dat, toe die Heilige Gees
Saul verlaat het, ‘n bose gees, van God gestuur, van hom besit ge-
neem het.
Adam Clark sê van hierdie vers:
Die woord ‘bose’ is nie in die oorspronklike Hebreeuse vertaling nie,
maar wel in die Vulgate, Septuagint, Targum, Syriac en in die Ara-
biese teks. Die Septuagint laat die gedeelte weg dat die ‘bose gees’
van God gestuur is, die Arabiese teks sê dat dit ‘n bose gees was
wat, met God se toestemming gestuur is.
Ook die bose geeste is aan Hom onderworpe en kon nie gaan sonder
Sy toestemming nie. Dit kan ook die rede wees waarom Saul in so
‘n depressie beland het.
c. Spesiale verwysing na Gees-geënspireerde profesië van die Messias-Verlosser se koms
Jes.11:1-10; Rom.15:8-13; Jes.40-66 – praat van die ‘Kneg van die
Here’. Hy is gesalf met die Gees van God vir Sy spesiale werk waar
voor Hy gekom het.
In Jes.42:1 “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene
in wie my siel’n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy
sal die reg na die nasies uitbring.”
Die vrylating was bedoel vir die Jode maar ook vir die heidene, uit
die bande van die duiwel. Matt.12:16-21.
Jes.48:16 “…En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.”
Adam Clark verduidelik dit soos volg – dat God beide sy Seun en Sy
Gees gestuur het, vir die verlossingswerk.
Jesus, om die prys te betaal vir verlossing en die Heilige Gees om die
nood en behoefte aan verlossing in die hart van die sondaar te werk.
Jes.59:21 “Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die
HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond
gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van
jou kroos en uit die mond van die kroos na jou kroos, sê die HERE,
van nou af tot in ewigheid nie.”
Dit is ‘n profesie van God t.o.v. die Messias. Jes.61:1 “Die Gees
van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n
blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om
te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vryla-
ting uit te roep en vir die geboiedes opening van die gevangenis.”
Dit was eerstens vrylating van Israel uit die Babiloniese ballingskap.
Geen deel van die sending van die Here Jesus kan geskei word van
die teenwoordigheid en krag van die Gees van God. Die spesiale
salwing van die Here Jesus vir Sy verlossingswerk het Hy ontvang
toe die Gees van God, in die vorm van ‘n duif op Hom gekom het
met Sy doop in die Jordaanrivier. Matt.3:16, 17; Mark.1:10;
Joh.1:32.
II. DIE GEES VAN GOD, IN DIE MENS SE PERSOONLIKE VERHOUDING TOT GOD, IN DIE O.T.
Feitlik deurgans, was die O.T. profete gewone brugers voordat
hulle geroep is deur die Here om profete te word. Wat ookal die per-
soon se verhouding tot die Here was voor dit, is nie van so ‘n groot
belang as dat hy ‘n las het vir die morele en geestelike welstand van
die wat hy met die Woord van God moet bedien nie. Die doel van
die profetiese woord was altyd om die volk terug te bring in ooreen-
stemming met die wil van God sodat Hy sy doel kon bereik.
Ter wille van die effektiwiteit van sy bediening as profeet, was daar-
die persoon onder verpligting om sy eie verhouding met God in orde
te kry en te hou.
Die basis waarop die boodskappe gerus het was altyd eerstens dat
hulle aan God gehoorsaam moet wees en Hom met ‘n onverdeelde
hart moet liefhê en dat hulle hulle mede-mens moet liefhê soos hul-
leself. As mens het God met ‘n profeet op ‘n individuele basis ge-
deel.
As dienskneg van God is met hom gehandel as verteenwoordiger van
die na wie hy gestuur is. Daar is met hom gedeel deur die Gees van
God, as individu in verhouding met en in verantwoordelikheid teen-
oor God.
Die beste voorbeeld van ‘n ‘voorganger’ in die O.T. word gevind in
Jes.6. Alhoewel die Gees van God nie direk hier genoem word nie,
is dit heeltemal van pas om te weet dat die Gees van God, in ‘n tyd
soos hierdie teenwoordig was. Die koning wat toe geheers het, het
onder die oordeel van God geval en het melaats geword.
Dit het ‘n geweldige negatiewe uitwerking op die volk gehad wat
ook van die Here afvallig geword het.
Politiese, morele en geestelike korrupsie het die volk van binne ver-
nietig en magtige militaristiese magte het dit van buite bedreig. Die
jong profeet het dit absoluut ter harte geneem. Soos wat hy hierdie
as na die Here toe gebring het, het die Here eerstens aan hom sy eie
nood gewys. Terwyl Jesaja die Here sien het hy uitgeroep v5a
“…Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en
woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die
Koning, die HERE van die leërskare gesien!”
Jesaja se belydenis dien tot die uitbreiding van die koninkryk van
God, waarvan hy ‘n deel was en waarvan hy ‘n persoonlike en pro-
fetiese verantwoordelikheid het. V5c “…want my oë het die Koning,
die HERE van die leërskare, gesien.”
Die lig wat hy geestelik ontvang het, met hierdie belydenis van hom
het vir hom geestelik genesing gebring. ‘n Gloeiende kool van die
altaar (die altaar waarop die offer gebring is, in die hemelse tempel –
wat dui op die Messias se verlossingsoffer), het sy lippe aangeraak
en daardeur is sy skuld vergewe en sy sondes versoen.
Dit was daar wat hy sy goddelike opdrag ontvang het aan sy volk
met onrein lippe, die reinigende boodskap van God se geregtigheid.
Die ondervinding wat hy gehad het, kon ‘n mens vergelyk met die
van ‘n kind van God in die N.T. onder die leiding van die Heilige
Gees.
Buiten die profeet as persoon is die Gees van God ook baie besorg
oor die boodskap en sy verantwoordelikheid om dit aan die volk, vir
wie dit bedoel is, af te gee. Die Gees van God het aan Bileam die
boodskap rondom Israel se toekoms gegee. Num.24:2 “Toe Bileam
sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer
staan, het die Gees van God op hom gekom.”
Die Heilige Gees was net so besorg oor die regte oordra van die
boodskap wat aan die profeet toevertrou is. Selfs toe Bileam huiwer
om die opdrag uit te voer, het die Here Bileam se donkie gebruik om
die profeet aan te moedig om die verantwoordelikheid te aanvaar,
wat op hom gelê is.
Alhoewel Dawid nie in die ware sin van die woord ‘n profeet van
God was nie, het hy tog homself as ‘n spreekbuis van God gesien,
onder die leiding van die Heilige Gees. Aan die einde van sy
lewe kyk hy terug en ons lees in II Sam.23:1b-2 “…die man wat
hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die
lieflike in die sange van Israel: Die Gees van die HERE spreek in
my, en sy woord is op my tong.”
Die boodskap van die Here, deur die Gees van God, was soms
bemoedigend en versterkend, soos in die geval van Jesaja in Jes.61:1
“…Hy het my gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir
die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboiedes opening
van die gevangenis.”
Ander kere was dit weer vol veroordeling, waarskuwings en beloof-
de besoekinge van God, soos in die geval met Miga. Miga 3:8 “Ek
daarenteen is vol krag, met die Gees van die HERE, en reg en helde-
moed, om aan Jakob sy oortredinge te verkondig en aan Israel sy
sonde.”
Die boodskappe is gerig op presies die tyd waarin die volk verkeer
en die wat nie ag daarop slaan nie, sal die gevolge daarvan moet dra.
Sag.7:12 “Ook het hulle hul hart soos ‘n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leër-skare deur sy Gees, deur die diens van die vreëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare ‘n groot toorn gekom.”
Die Gees van die Here het mense beweeg bv. oor Amasai om Dawid
te versterk in ‘n tyd van gevaar II Kron.12:18; Die Gees van die
Here het op Asa gekom om die volk terug te laat keer na God, gedu-
rende ‘n tyd van afvalligheid II Kron.15:1-7.
Hierdie manne was dapper omdat hulle die boodskap van God gedra
het en beweeg is deur die Gees van God. God het altyd ‘n boodskap
vir die behoefte van die tyd, as Hy maar net iemand kan vind wat
dit kan aflewer.
Dit was die Gees van God wat aan die profete die moed gegee het
om die boodskap van God te verkondig of dit positief of negatief
was.
God woon, deur Sy Gees by sy mense, of hulle bewus is van sy
teenwoordigheid of nie. Jes.59:21; 63:11-14; Hag.2:4-5.
III. DIE HEILIGE GEES IN VERHOUDING MET PER-SOONLIKE GODSDIENSTIGE ONDERVINDINGE IN DIE O.T.
In die Psalms vind ons ‘n ryk bron van getuienisse van persoonlike ervaringe en die werking van die Heilige Gees daarin.
A. DIE ONVERMYDELIKHEID VAN DIE TEENWOORDIG-HEID VAN DIE HEILIGE GEES.
Die Heilige Gees en die teenwoordigheid van die God is sinoniem in
die Psalms. Ps.139:7 “Waar sou ek heengaan van U Gees en waar-
heen vlug van u aangesig?”
Ons vind hier die alomteenwoordigheid van God, in die heelal en in
besonder in Sy persoonlike verhouding met die mens. Dit is so on-
moontlik om te ontsnap aan die Gees van God as wat dit is om weg
te vlug van self.
Die teenwoordigheid van die Gees van God beteken ook die verlig-
ting wat die Gees van God vir die mens bring. Die Heilige Gees
openbaar aan die mens die aard van sy diepste gedagtes, self soms
verskuil vir sy eie gewete en oordeel. Hy openbaar aan die mens sy
eie ware self.
Die doel van die Gees van God in hierdie Psalm 139 vind ons in
V23, 24 “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken
my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my
op die ewige weg!”
B. DIE VERLIGTING VAN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE HEILIGE GEES.
Geen plek in die O.T. word die intense geestelike ondervinding so
duidelik beskryf as in Ps.51. Koning Dawid is drasties teruggeruk
van sy teruggevalle toestand.
Die hart van sy gebed vind ons in V13
“Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van
my weg nie.” In hierdie ontwaakte stadium van sonde-bewustheid
het Dawid besef dat sy enigste hoop op herstel in God is deur die
werking van die Heilige Gees. As die werking van die Gees van
God nie meer daar is nie, sal alle hoop op verlossing en redding ver-
lore wees. Hy is nie vervul met die Gees van God hier nie, net maar
herstel in sy stand voor God.
i. Die teenwoordigheid van die Gees van God het ware persoonlike bekering gebring
Die persoonlike aard van die werking van die Heilige Gees in hierdie
Psalm is duidelik in die hoeveelheid kere wat Dawid ‘ek’, ‘my’ ens.
gebruik, wanneer hy sy sondes bely. Dit kom 33 keer voor.
ii. Ons vind ook hier Dawid se absolute identifisering met die aard
van sy sonde. “Want ek ken my oortredinge” V5.
As die Gees van God van sonde oortuig in die persoon wat oortuig
word baie bewus van die feit dat dit sy sonde is.
Die skuldige erken die skuld wat a.g.v. sy sonde daar is en hom
agtervolg. Hy weet dat hy oortree het.
iii. “my sonde is altyddeur voor my.” Hy het oortree ook t.o.v. die
reg van ‘n ander. Die Duif van die hemel het nie op gehou om
hom te oortuig totdat hy alles bely het nie.
WATER AS SIMBOOL VIR REINIGING OF WASSING:
b. Die verligting van die teenwoordigheid van die Gees van God maak ‘n mens bewus van jou persoonlike innerlike verant-woordelikheid teenoor ‘n regverdige God
Dawid se belydenis onder die verligting wat die Heilige Gees vir
hom gebring het, het hom bewus gemaak van sy morele verantwoor-
delikheid teenoor God.
V6 “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u
oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.”
Alle sondes is eerstens teen God.
‘n Onwys daad kan ‘n aanstoot vir ‘n individu wees; ‘n oortreding
van ‘n landswet, ‘n onreg aan die samelewing wees en ‘n sonde is ‘n
oortreding teenoor God.
Dit is die doel van die Gees van God om aan die sondige mens die
heiligheid van God te toon. Dit is die kontras tussen die heiligheid
van God en die mens se onheiligheid wat die absolute bewustheid
van die aakligheid van sonde en die bewustheid van die God se oor-
deel daaroor by die mens tuis gebring het.
Ps.103:10-14 “Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons
nie na ons ongeregtighede nie. Want so hoog as die hemel is bo die
aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. So
ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons
oortredinge van ons. Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so
ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. Want Hy, Hy weet
watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.”
c. Die Gees van God beweeg die berouvolle persoon op die pleit van reiniging
Jer.17:9 “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit;
wie kan dit ken?”
13:23 “Kan ‘n Kusiet sy vel verander of ‘n luiperd sy vlekke?”
Die berouvolle roep na God vir reiniging van die natuur van sonde,
bied aan God die geleentheid om diep in te werk in die hart van die
mens en ‘n ewige werk daar te doen. Hy uitroep van sy hart is V9,
12, 14
“Ontsondig my met hisop, dat ek ken rein wees; was my, dat ek
witter kan wees as sneeu. Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee
opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees. Gee my weer die
vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.”
‘n Nuwe hart bring ook ‘n gees wat reg is. II Kor.5:17 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”
Dit bied aan die soekende siel die geleentheid om te deel in die
reining van Golgota lank voordat die brief Hebreers geskryf het
13:12 “Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te
heilig, buitekant die poort gely.” En nog voordat die apostel
Johannes geskryf het in I Joh.1:7 “…die bloed van Jesus reinig ons
van alle sonde..”
d. Die Heilige Gees beweeg die berouvolle sondaar om te pleit vir die bewaring van sy siel.
Hierdie gedeelte beteken dat Dawid weer herstel word in sy verhou-
ding met die Here. In Joh.11 vind ons ‘n goeie ooreenkoms. Dit is
die gedeelte waar Marta Jesus laat roep het omdat Lasarus siek was
en Hy te laat, in haar oë gekom het.
Lasarus was reeds 4 dae dood, maar Jesus het dit gebruik om Marta
se verhouding met Hom te herstel. Teen die 4de dag na die dood van
‘n persoon, gee die lyk ‘n verrottingsreuk af en dit het Marta gevoel
of dit reeds heeltemal te laat was vir Jesus om Lasarus gesond te
maak, wat nog van uit die dood op te wek. Die mag van God oor die
dood en dit wat in die oë van die mens onmoontlik is, word hierin so
duidelik gedemonsteer.
e. Die Heilige Gees beweeg oor die berouvolle siel en werk in die siel die behoefte dat die vreugde van sy heil weer aan hom teruggegee sal word
Ps.51:14 “Gee my weer die vreugde van u heil…” Dawid het die vreugde van die Here geken en bemerk dat dit nie meer in sy lewe is nie en dat hy nodig het dat die Here dit moet herstel. Vir ‘n lang tyd het hy nie ag geslaan daarop nie en nou, dat die Gees van God in sy hart werksaam is verlang hy na dit wat hy vroeër gehad het. V10 “Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verblysel het.”
Dawid besef dat ‘n ‘gewillige gees’ en ‘die vreugde van verlossing’,
noodsaaklike elemente is van die gelowige se aanbidding en diens
aan God. Ons vind hierdie gedagte ook in Neh.8:11 “..die blydskap
in Here – dit is julle beskutting.”
As die vreugde van verlossing herstel is sê Dawid V15 “Ek wil die
oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.”
Aanbidding wat nie oorgaan in die verkondiging van die evangelie
nie is nutteloos. Aanbidding met vreugde by is aansteeklik.
f. Die Heilige Gees beweeg die berouvolle sondaar tot ‘n her-nuwing van sy verbondsverhouding met God
V16b, 17 “…Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my
lippe, dat my mond u lof kan verkondig.” Paulus sê dat ondankbaar-
heid teenoor God die eerste stap na geestelike agteruitgang is.
Rom.1:21, 28 “…omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom
nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas ge-
word in hul oorlegginge, enhul onverstandige hart is verduister.
En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erken-
tenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om
te doen wat nie betaam nie…”
Daar is geestelike krag en herstel beide in die wat met vreugde sing
en vir die wat dit hoor.
g. Die Heilige Gees beweeg die berouvolle sondaar tot diens aan God
Die Psalmis het sy belydenis baie openlik en duidelik gedoen. Hy
het vir vergifnis, reiniging en herstel gepleit. Hy het sy belofte van
dankbaarheid gebring in lofprysing en diens aan God. Nou is hy be-
reid om te glo. Sy geloof, geïnspireer deur die Gees van God staan
nou op die beloftes van God. V19 “Die offers van God is ‘n gebro-
ke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God nie verag nie!”
Hierdie Psalm beweeg oor van die O.T. wet na die N.T. genade, wat
eeue later eers gekom het, met die offer van Christus aan die kruis en
die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag.
Ons vind paralle hiervan in die N.T.:
* Hy openbaar die teenwoordigheid van God in die mens (Hand.2:1-4)
* Hy bring oortuiging van sonde (Joh.16:8; Hand.2:37a)
* Hy bing belydenis van sonde (Hand.2:38)
* Hy bewerk hartsreiniging (Hand.15:8-9; Rom.15:16)
* Hy bring vreugde in die Here (I Thes.1:60
* Hy begelei die boetvaardige in gebed (Rom.8:26-27)
* Hy bring ook geestelike vrug voort en motiveer ‘n persoon om die evangelie te verkondig (Gal.5:22-23)
IV. DIE O.T. BELOFTE VAN DIE UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES
Nêrens vind ons hierdie belofte beter omskryf as in Joël 2:28-32a,
wat Petrus op Pinksterdag aanhaal nie:
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en
julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jonge-
linge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde
sal Ek in die dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan
die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal
verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot
en deurlugtige dag van die HERE kom. En elkeen wat die Naam van
die HERE aanroep, sal gered word…”
a. In die toekomsgebeure sal die uitstorting van die Heilige Gees universeël wees.
Van daardie dag af word elke mens persoonlik gekonfronteer deur
die Heilige Gees rakende sy lewe. Dit maak die teenwoordigheid van
die Here persoonlik alhoewel Hy alomteenwoordig is.
As ‘n persoon reageer op die oortuiging wat die Heilige Gees in die hart van ‘n persoon werk, sal so ‘n persoon die Here vind. As hy die werking van die Gees weerstaan sal hy skuldig staan voor God. Daar sal geen moontlikheid wees om die Gees van God te ontvlug nie.
Op die dag van Pinkster het God Sy Gees uitgestort sonder maat.
Ons moet dus nie bid vir nog ‘n Pinksterdag nie, maar dat die Here
ons in staat sal stel om in so ‘n mate onsself oor te gee aan Hom dat
ons die werking van Sy Gees in ‘n volle maat sal ondervind.
As ‘n persoon sy lewe onvoorwaardelik oop stel vir die werking van
die Gees van God, hoef hy in geen opsig uit te verloor met die Here
nie.
In die O.T. was dit net sekere persone wat toegerus was met die Gees
van God. In die N.T. het elke individu wat God gevind het die voor-
reg daartoe. Die Heilige Gees is God se persoonlike voorsiening
vir elke mens.
Oor die verse uit Joël 2 sê ADAM CLARK die volgende ‘die laaste
dae wys altyd na die dae van die Messias; en so moet ook hierdie
profesie geënterpreteer word. In Hand.11:17 wys Petrus daarop dat
hierdie gebeure dit is wat op Pinkster-dag plaasgevind het.
“As God dan aan hulle dieselfde gawes gegee het soos aan ons wat
in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon
verhinder?”
“…julle seuns en julle dogters sal profeteer…” Hulle sal preek, bid
en onderrig. Hierdie belangrike taak sal nie weggeneem word of net
hoort tot ‘n sekere klas of groep nie. Die Here Jesus het die geslags-
lyn van Aäron gelos en Sy dissipels uit enige groep gekies. Hy het
nie orde van die priesters verby gegaan en ook die in vername beroe-
pe en Sy keuse uit die vissermanne, die tentmakers en ‘n tollenaar
gemaak. Hy het ook verby die Joodse stamme beweeg en uit die
Heidense bekeerlinge predikers van geregtigheid bemaak vir die
inwoners van die ganse aarde.
WESLEY skryf die volgende oor die skrifgedeelte: ‘”sal Ek my
Gees uitstort…” in besondere gawes op die eerste predikers van die
evangelie en met genade op al die gelowiges. “op alle vlees” Dit
was nie net beperk tot die Jode nie, maar alle nasies en volke kon
nou daarin deel.
“sal profeteer…” Dit was gedeeltelik vervul in die vroeë dae, maar sal nou tot beskikking wees van almal en hulle sal net soveel insig soos die profete van ouds hê in die wette en die profete.
“…sal drome droom…” Ook hierdie belofte is gedeeltelik vervul in
die vroeëre dae maar sal ten volle vervul word in die dae van die
Messias en later.
“My Gees…” van aanneming en heiligmaking.
Die herlewing onder Wesley in die 18 de eeu, in Engeland en later
in Amerika, was geken deur klein groepies leke predikers. Dit het
gelei tot die uitbreiding van die magtige beweging wat die hele
Amerika deurspoel het. Die meeste van hierdie werkers het nie die
voorregte van luukse opleiding geken nie. Daar was mense soos:
FRANCIS ASBURY en PETER CARTRIGHT.
b. In die toekoms, met Pinksterdag en later, sal die Heilige Gees se werking, in die hart van die gelowige wees
In die O.T. het sommige individue die inwoning van die Heilige
Gees ondervind, maar dit was ‘n uitsondering. Soos ons reeds gesê
het die Heilige Gees magtig neergekom op die lewe van ‘n individu
wat ‘n verlossingsboodskap in die guns van die volk, van God
ontvang het om af te lewer.
Op Pinksterdag was alle gelowige gevul met die Gees van God.
Hand.2:4.
Later skryf Paulus aan die gemeente in Korinthe in I Kor.3:16, 17 “Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.”
I Kor.6:19 “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die
Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie
aan julself behoort nie.?”
Die Gees van God het met die skepping, in die mens gewoon. Die
mens se opstand en val het die Gees van God uitgedryf uit sy binne-
ste. Van daardie dag tot en met Pinksterdag was dit die innige
begeerte van God om Sy woning in die mens wat gered en gereinig
is, te vind.
Daardie groot doel was bereik op Pinksterdag toe almal gevul is
met die Heilige Gees. Hand.2:4 “En hulle is almal vervul met die
Heilige Gees …”
Die profete het dit voorspel, sommige van hulle het dit ondervind,
maar vanaf Pinksterdag tot aan die einde van die aarde sal almal wat
met die Here wandel die voorreg van daardie vervulling kan smaak –
dit is ‘n Goddelike voorsiening!
c. In die laaste tyd moet die Gees van God ‘n nuwe verbond met die
mens tot stand bring
Ons lees daarvan in Jer.31:31-34. Onder die Sinaietiese verbond
was die wet van God vir die morele wandel van die mens op 2 klip-
tafels geskryf. Op Pinksterdag is ‘n nuwe weergawe daarvan deur
die Heilige Gees, op die hart van die gelowige geskryf. Johannes
skryf daaroor die volgende:
I Joh.2:7-8 “Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf
nie, maar ‘n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou
gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het. En tog
skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle,
want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.”
Die eerste verbond wat op klip geskryf deur die vinger van God. Die
nuwe verbond op die vleestafels van die hart deur die Heilige Gees.
Onder die ou verbond het die mens net ‘n beperkte, gedeeltelike
kennis van die wil van God gehad, terwyl ons onder die nuwe ver-
bond ‘n volle kennis van die wil van God het, omdat die Gees van
God ons harte kom vul het.
Elkeen sal die wil van God ken, deur die werking van die Gees van
God in die harte. Jer.24:7 “En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te
ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal
vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele
hart.”
32:39 “En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te
vrees, hulle ten goede en hulle kinders na hulle…”
In die O.T. was die toerusting van die Gees van God tydelik en
was oordraagbaar van een persoon na ‘n ander, terwyl in die N.T.
die inwoning van die Gees van God permanent is – dit is ‘n
blywende ondervinding.
32:40 “En Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van
hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my
vrees in julle harte gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.”
Eseg.37:26-28 “En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit
sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en
hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde verstig
vir ewig. En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n
God wees en hulle vir my ‘n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek
die HERE is wat Israel as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal
wees.”
WESLEY sê die volgende oor Eseg.36:25, 26, 37 “Dan sal Ek
skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul
onreinhede en van al julle drekgode sal Ek julle reinig. En ek sal
julle ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit
julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. En Ek sal my
Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge
wandel en my verorderinge onderhou en doen.”
‘giet’ – dit wys na die bloed van Jesus wat op hulle gewetens ge-sprinkel sal word om hulle skuld weg te neem, soos die water tydens die seremonies gesprinkel is om onreinheid weg te was. Die Heilige Gees sal die siel reinig van dooie werke.
‘’n nuwe hart’ – ‘n hart wat verander is van vleeslik na geestelik; aan
sondig na heilig, ‘n hart waarin die wet van God geskryf is.
Jer.31:33. ‘n Geheiligde hart waarin die almagtige God oorwin het
– ‘n hart wat gedraai is van sonde na heiligheid.
‘’n nuwe gees’ – ‘n nuwe innerlike wat nie deur sy eie toedoen daar
is nie, maar wat aan hom gegee is, in die krag van God.
‘My Gees” – dit is die Heilige Gees van God wat gegee is en in
elke gelowige woon.
‘en sal maak dat julle’ – sonder dwang, deur die werking van die
Gees van God
‘in My insettinge wandel’ – om gewillig te wees en in staat te wees
om volgens die gebod van God te wandel. Dit beteken om heilig te
lewe.
Die O.T. dra die beeld van die WET VAN GOD en die N.T. dra die
beeld van die HEILIGE GEES.
II Kor.3:6. “…wat ook ons bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n
nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die
letter maak dood, maar die gees maak lewend”
Oor b.g. Skrifgedeelte skryf ADAM CLARK dat ons bedienaars van
die nuwe verbond is; van die waarheid, die lig en die lewe in Chris-
tus Jesus. Dit kom van God en God se doel word hierin bereik. “..
nie van die letter nie, maar van die gees..”
Hiermee bedoel die apostel Paulus dat die O.T. die N.T. verklaar.
Daar is ook ‘n letterlike en ‘n geestelike betekenis. Al die wette,
offers en tipes wys heen na die evangelie in die N.T. Die Jode het in
die ‘letter’ geglo wat dood gemaak het en elke oortreding veroordeel
het. Die Jode het die ‘Gees’ verwerp en daardeur ook Jesus wat die
lewe gebring het. Hy was die einde van die wet. Ook die evangelie
het ‘n ‘letter’ en ‘gees’ en baie kinders van God glo net in die
‘letter’ en nooit in die vryheid wat die ‘gees’ bring nie.
Die N.T. sakramente is die ‘letter’, maar die sielsverhouding met
God is die ‘gees’. Die verlossing van sonde en gemeenskap met
God is dit wat die lewe bring.
DIE O.T MAAK DIE N.T. AAN ONS DUIDELIK EN DIE N.T. IS IN DIE O.T. VERSTEEK.
*************
.
PINKSTER 2002 (3)
DIE HEILIGE GEES IN DIE
SINOPTIESE EVANGELIES.
Daar is nie baie verwysings na die Heilige Gees van God in die Evangelies nie. Dit is belangrik dat ons die lering van die Heilige Gees in die O.T. t.o.v. die voorbereiding van die Verlosser ken.
1. DIE HEILIGE GEES IN DIE VOORBEREIDING VAN DIE VERLOSSER DEUR DIE MESSIAS, JESUS CHRISTUS.
Al die werk van die Heilige Gees vanaf die skepping tot en met die klimaks aan die kruis, fokus op die Here Jesus Christus. Oor die voorspelling van die koms van die Heilige Gees op Pinkster-dag, het die Here Jesus soos volg gesê: Joh.16:13, 14 “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
Die Heilige Gees kom Jesus verheerlik en bring die nuwe lewe in Hom. Die kern van alles is Christus. Die tipes en ampte in die O.T. het vooruitgewys na Hom.
Heb.1:1-2a “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun, wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.”
10:1 “Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.”
Die lyn van die beloofde Verlossing, kom vanaf Adam en Eva Gen.3:15, wat die hele mensdom verteenwoordig, deur die reg-verdige lyn van Set tot by Noag, ‘n voobeeld van die verlossing wat kom. Dan kom Abraham, die vader van die uitverkore volk van God, die Israeliete en word die lyn deur getrek na die verlossingsplan.
Dit gaan voort in die klein oorblyfsel van die profete tot by Johan-nes die doper as enkele verteenwoordiger van die oorblyfsel, en die voorganger van die oorblyfsel van Israel en die aankondiger van die Messias, die Verlosser en dan die persoonlike verskyning van die Verlosser Jesus Christus in wie die reddingsplan vervul is.
Die verlossingsfunksie van die Heilige Gees vind ons reeds voor die vloed in Gen.6:3 “Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is…” Dit hou in dat dit met die mens stry en hulle bring uit hulle verdorwendheid en hulle draai na God toe.
ELIA EN JOHANNES DIE DOPER.
Die begrip profeet beteken (een wat namens andere praat, of een wat ‘n publieke verklaring maak). Dit beteken in die meer latere begrip een wat voorspel of een wat die toekoms bekend maak.
Anders as die priesters wat uit die Livietiese geslag gekom het, was profete deur die Here geroep. Die feit dat die ware profete God bewus geleef het, het hulle onder die andere van hulle tyd uit
laat staan. Hy was geken as ‘n man gebed, en ‘n morele skoon lewe.
Vanaf die tyd van Sameul was profete in skole saamgebring. Die jong manne wat deur die ou profeet geleer was, het as “seuns van die profete” bekend gestaan. Hierdie begin word vir ons in die verhaal van Elisa uitgebeeld. (2 Kon.2). Hulle het ‘n groot invloed op die vorming van die geskiedenis van veral Jerusalem gehad.
Die ses hoof profete van die Noordelike provinsie was: Elia, Elisa, Miga, Jona, Amos en Hosea.
KOM ONS KYK DAN NA DIE LEWE VAN ELIA:
Hy was waarskynlik in die klein dorpie Tsibet gebore, in Galelia. Sy huis was waarskynlik in Gilead, ‘n plek oos van die Jordaan. Sy bediening was hoofsaaklik in die tyd van koning Agab en Isebel. Sy werk was om teen die Baal aanbiddery te predik. Hy was ‘n harige man, wat ‘n gordel van leer om hon gedra het. In sy drag was hy ‘n proto tipe van Johannes die doper.
Elia se verhaal was een van die mees dramatiese gebeure in die Bybel opgeskryf. Sy verskyning was skielik en sonder ‘n aan-kondiging, en sy boodskap uitdagend. Die Here het sy versoek gehoor deur ‘n ongekende droogte te stuur.
Sy verdwyning was so skielik soos sy verskyning. Hy moes in die wildernis, oos van die Jordaan skuil terwyl die droogte aan die gang was. Hier was hy deur kraaie gevoed. Na die spruit opgedrood het, was hy na Sarfat gestuur, naby Phoenesië, waar hy bo-natuurlik aan die lewe gehou was deur ‘n weduwee.
Drie jaar later was hy na Karmel gestuur aan die einde van die droogte. Hulle moes op ‘n berg noor-wes van die koninkryk bymekaar gekom het, naby die oorspronklik plek van die Baal aanbidding, In Tiatre, en Sidon. Na die oorwinning op Karmel vlug hy na die suide, waar hy sy dienskneg by Barseba gelos het, en het na die rigting Sinai gevlug. Hier was hy so moedeloos dat hy onder die boom gaan lê het en gehoop het dat hy kon sterf, waar hy deur ‘n engel versterk is met water en kos, en op sy pad gestuur is.
Hier het hy gevoel dat hy as profeet alleen agter gebly het. Op ‘n later stadium het Elia weer aan Agab verskyn en sy dood weens die moord op Nabot, wie se wingerd hy gepoog het om te vat. Elia was deur die warlwind opgeneem, met wa en perde van vuur. Hy verskyn saam met Moses by die berg van verheerliking as een van die grootste profete ooit.
KOM ONS KYK NA JOHANNES DIE DOPER:
Die verslag van die wonders en tekens van die Here Jesus het die ore van Johannes die doper bereik, wat toe ‘n gevangene was. Hy het ‘n afgevaardiging gestuur wat navrae oor die Here Jesus kom doen het. Die genesing was alles uit die O.T. heenwsyes na wie die Messias was. (Jes.29:18; 35:5; 61:1).
Die Here Jesus verwys na Johannes as iemand wat meer as ‘n profeet was, nl. dat hy ‘n voorloper was van die Messias. Hy was die grootste van alle mense, en tog was die geringste groter as hy in die koninkryk van die hemele. Dit verwys na die koninkryk wat reeds in hulle midde was.
Dit beteken nie dat Johannes uit die koninkryk uitgesluit is nie, maar dat Johannes gekom het voordat die Koninkryk van die Hemele voor hulle verskyn het. Johannes was die afsluiting van die ou bedeling.
Soos Moses net die bloofde land kon sien moes Johannes net vooruit sien na die Messias sonder om deel daaraan te hê. Die Here Jesus verwys na Joahhnes as die Elia wat sou kom voor die dag van die Here.
Johanes was vroeër geidentifiseerd as Elia, wat deur sy koms die Messianse ryk moes kom vestig het. (Mark.9:11). Die aankondiging van die Messias wat beide Messias en die Seun van God was, het deur Johannes die doper begin, in die woestyn.
Sy boodskap was die oordeel van die Here. Hulle het hulle sonde erken deur die doop, as aflegging van die sonde. Johannes was die laaste profeet, voor die bekendmaking van die Here Jesus.
Ons het gesien dat in die O.T. en meer in besonder in die profete, die Gees van God die werking van die Heilige Gees sterk na vore bring. Deurdat die profete toegerus is met die Gees van God, het die plan van verlossing vir die mensdom duideliker in fokus ge-kom as deur enige iets ander in die O.T. Hulle het die volk terug-geroep van afvalligheid en ballingskap deur berou en belydenis, in die hoop van die komende Messias. Die profetiese woorde het ook ‘n boodskap vir die toekoms ingehou.
Te midde van hulle menslike onmoontlike omstandighede het die profete vir hulle verlossing en herstel voorspel in die hoop wat die komende Messias bring. Die profetiese woorde was nie altyd beperk tot Israel nie, maar het ook toekomswaarde gehad. Dit het ‘n boodskap vir die Jood en die heiden gehad. Ons lees daarvan in Efe.2:12-19
Die werk van die Heilige Gees in die O.T. kom baie duidelik voor in Jes.61:1a “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges…”
Ons kan hier die werk van die Heilige Gees sien in verhouding met al die profete wat die koms van die Messias voorspel het.
Ons vind voorspellings wat nie noodwendig net vir Israel bedoel was nie nie:
Jes.32:15 “…totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoog-te; dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken…”
44:3 “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.”
Joël 2:28, 29 “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in die dae my Gees uitstort.”
Hierdie breere boodskap van die Heilige Gees dui op die volgen-de:
a. Die Heilige Gees waak oor Israel se geestelike en morele lewens, soos in die O.T. tyd.
b. Die leiding van die mens in geskiedenis tot by die uiteindelike koms van die Messias
c. Dit wys na die toekomstige werk van die Heilige Gees, wan-neer Hy uitgestort sal word op alle vlees, sonder beperking
Israel is deur God gebruik om Homself deur hulle te openbaar aan die ander nasies, sodat hulle na Hom getrek kon word, maar hulle was nie spesifiek na die ander nasies gestuur nie.
Die teenwoordigheid van die Heilige Gees, vind ons van so ver terug as die skepping. Dan was daar die profete totdat Johannes die Doper gekom het en die Here Jesus voorspel het.
Joh.1:29 “…Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem…” Dit was deur Johannes die Doper wat die Heilige Gees sy volle lig gefokus het op die Here Jesus.
Daar is min verwysings na die Heilige Gees in die eerste 3 evangelies.
II. DIE HEILIGE GEES IN VERHOUDING MET DIE GE-BOORTE EN BEDIENING VAN JOHANNES DIE DOPER
a. Die Heilige Gees in verhouding met die geboorte van Johannes die Doper
In Luk.1:15 vind ons die eerste verwysing na die Heilige Gees in die evangelies. Die engel kondig aan dat Sagaria en Elizabeth ‘n seun gaan hê en dat sy naam Johannes gaan wees en dat hy vervul sal wees met die Heilige Gees van sy moeder se skoot af.
Hy is deur God aangewys en toegerus vir hierdie doel. Dit het saamgegaan met die missie wat aan Johannes opgelê is.
Hy is geroep om die weg te berei waarlangs Jesus deur Johannes gedoop was, Hom bekend gestel as Verlosser van die wêreld; dit is hy wat Israel tot bekering moes roep, tot berou en tot geloof in Jesus Christus, hulle komende Messias.
Dit lyk of Johannes nie so suksesvol was nie omdat ons die vol-gende lees in Joh.1:11 “Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.”
Die profete voor Johannes het dieselfde teleurstelling ondervind
Hand.7:51,52 “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het die gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het.”
Omdat Johannes met die Gees van God vervul was kon hy die aandag weg van homself draai na die Here Jesus. Joh.3:30 “Hy moet meer word, maar ek minder.” V34 “Want Hy wat God ge-stuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.”
Hy het sy lewe neergelê vir Christus en ‘n marteldood gesterf. Daarom kon die Here Jesus van Johannes sê Matt.11:11 “Voor-waar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie.”
Die vervulling met die Heilige Gees van God, voor Pinksterdag was ‘n uitsondering, maar ons vind dit met Johannes die Doper, wie se lewe vrug voortgebring het.
Toe Maria, Elizabeth besoek het in Nasaret, is Elizabeth vervul met die Heilige Gees en het sy ‘n seën uitgespreek oor Maria wat geboorte moes gee aan die lank verwagte Messias. Luk.1:41-45.
Op die 8ste dag, die dag van Johannes se toewyding aan die Here het die bure daarop aangedring dat sy naam Sagaria moes wees, maar Elizabeth, onder die leiding van die Heilige Gees het gesê dat sy naam Johannes moet wees.
Luk.1:60. Sagaria het self die naam ‘Johannes’ op ‘n skryfbordjie geskryf en dadelik het hy weer gepraat, en is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer oor die sending en lewe van die Messias en die rol wat Johannes die Doper, as voorloper sal speel.
Luk.1:67-79. Dit het ook gehandel oor wat God in die verlede gedoen het en in die toekoms gaan doen om die verlore mensdom te red.
Hier vind ons die oorgang van die werk van die Heilig Gees in die O.T. en Sy verhouding tot die Verlosser in die N.T.
b. Die Heilige Gees in die bediening van Johannes die Doper
Een van die mees uitstaande profesië in die hele N.T. was die van Johannes die Doper, waar hy die oorgang getoon het tussen die O.T. en die N.T. in Matt.3:11-12 “Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat na my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand”
WESLEY sê dat hierdie gedeelte daarop dui dat Hy sy kind sal vul met die Heilige Gees en sy hart brandend maak met liefde wat baie water nie sal kan uitblus nie.
Die “skop wat in sy hand is…” dui op die evangelie. Die “dors-voer” of die kerk wat vervul is met kaf en koring en die “koring”, die wat waarlik met die Here wandel. En die “kaf” is die wat verlore gaan.
Die “dorsvloer wat skoongemaak word” as die toorn van die Here kom. Dit sal onmiddellik sonder waarskuwing kom, sonder dat dit uitgestel kan word.
Ps.1:4-6 “So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.”
Matt.13:30 “Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.”
Johannes die Doper se doop was ‘n heenwyse na die reining van sondes, maar die doop van die Here Jesus, met die Heilige Gees en met vuur was die innerlike reiniging van die verdorwe natuur. Die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag was geken-merk deur “tonge van vuur wat verdeel het en op almal gaan sit het” Hand.2:3. Vuur is deur die Skrif ‘n simbool van reiniging en dus ‘n simbool van die heiligheid van God.
Heb.12:29 “Want onse God is ‘n verterende vuur.” Dit wat Johannes geprofeteer het is dit wat op Pinksterdag plaasgevind het, toe die Heilige Gees uitgestort is in tonge van vuur op elkeen gekom het en die harte gereinig het en hulle voorberei het vir die vervulling met die Heilige Gees.
**************
PINSTER 2002 (4)
III. DIE HEILIGE GEES IN VERHOUDING MET DIE VLEESWORDING DIE GEBOORTE
VAN DIE HERE JESUS
MATT.3:13-17.
INLEIDING:
Nooit was dit vir die Here Jesus nodig om met die Gees van God vervul te word nie, aangesien Hy altyd vervul was met die Heilige Gees.
Die verlossings werk van die Heilige Gees konsentreer rondom die vleeswording van Jesus Christus, die Messias. Die vleeswor-ding van Jesus verteenwoordig die totale verlossingswerk waar-voor Hy gekom het. Dit sluit Sy geboorte, Sy lewe en lering, Sy dood, opstanding en hemelvaart in.
Ons vind ook die wonderlike werk van die Heilige Gees in die maagd Maria wat nie deur die toedoen van Josef nie, maar deur die Gees van God bevrug is.
Matt.1:18b “Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voor-dat hulle saam gekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.”
En weer in Matt.1:20,21 “Maar terwyl hy dit in die gedagte ge-had het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”
Dit was die Heilige Gees wat die skeppingswerk van God beves-tig het, en toe die mens geval het, was dit Hy wat die mens deur die lang geskiedenis heen teruggewys het na die Verlosser van hulle siele.
a. Die engel se aankondiging van die vleeswording
en geboorte van die Here Jesus
Hierdie aankondiging het eerstens na Maria gekom, wat deur God gekies is om die moeder van Jesus te wees. In Luk.1:26, 27 lees ons “En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ‘n stad in Galilea met die naam van Nasaret, na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.”
Maria was verbaas. Sy het geen noue gemeenskap met Josef gehad nie, ook nie met enige ander man nie, maar die Heilige Gees het oor haar gekom en haar bevrug en om daardie rede was haar kind die Luk.1:35 “…Seun van God genoem…”
Dit was nou Josef wat beskerming nodig gehad het teen die vernedering wat kon kom en die volvoering van die Joodse wet Josef en Maria was verloof en alhoewel daar geen noue kontak tussen hulle was nie, volgens die Joodse gebruik, was die straf vir enige ongeruimdhede tydens hierdie tyd gestraf met die-selfde straf wat opgelê is vir getroude persone.
Josef kon Maria uitgelewer het om gestenig te word, wat die straf vir owerspel was. Joh.8:3-5 “En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was na Hom gebring. En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van eg-breuk betrap; en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U.”
Om verleentheid vir hulle albei te spaar het Josef besluit om van Maria in die geheim te skei.
Matt.1:18, 19 “Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees…”
Om hierdie boodskap aan Josef te bevestig lees ons Matt.1:22-25 “En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emma-nuel noem, dit is, as dit vertaal word; God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.”
In al die gebeure wat die geboorte van die Here Jesus vooraf-gegaan het en die dinge wat daarop gevolg het, was die Heilige Gees aan die werk. Daar is geen ander manier waarop die VLEESWORDING van die Seun van God verduidelik kan word nie, as net dat dit deur die werking van die Gees van God moontlik gemaak is.
DIE VLEESWORDING BLY ‘N MISTERIE VIR DIE MENSLIKE VERSTAND, OM 2 REDES:
i. Dit is ‘n wonderwerk van God, aangesien God onbeperk is en die mens beperk. God se spesiale openbaringe kan nooit ten volle begryp word deur die mens met sy beperkinge nie.
ii. In die tweede plek is die vleeswording uniek – daar het nog nooit in die geskiedenis van die mens so iets gebeur nie. Dit bestaan nie in die verwysingsraamwerk van die mens nie. Dit staan alleen as ‘n spesiale handeling van God in die geskiedenis. MET DIE AANVAARDING OF VERWERPING DAARVAN STAAN OF VAL CHRIS-TENSKAP. Dit is die hart van die christelike geloof – die lewe-gewende beginsel.
b. Die openbaring van die Gees van God aan Simeon,
rakende die bediening van die Here Jesus Christus.
Die werk van die Heilige Gees is nie beperk tot die vlees-wording nie. Die Heilige Gees het vir Simeon die priester ‘n erkenning van die Seunskap van die Here Jesus gegee.
Luk.2:25,26 “En daar was ‘n man in Jerusalem met die naam van Simeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.”
Simeon was ‘n man wat met God gewandel het en hy het die werking van die Gees van God in sy lewe ervaar.
Luk.2:27 “En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet….”
Die Heilige Gees het hom in staat gestel om die Waarheid te erken en van Hom te kon getuig.
Die Heilige Gees toon aan die mens die waarheid en stel die mens in staat om die waarheid te erken en te verstaan.
Op dieselfde manier funksioneer die Heilige Gees in Sy verhouding met die die gelowiges vandag.
Dit is die doel van die Gees van God om die waarheid rondom die Here Jesus aan ons bekend te maak.
Sonder die leiding van die Heilige Gees kan die mens nie die waarheid sien of erken nie. Dit is die rede waarom die Bybel nie lewe vir die wat die Gees van God nie het nie.
c. Die Heilige Gees in verhouding tot
die doop van Jesus Christus
By Sy doop, deur Johannes in die Jordaanrivier lees ons die volgende:
Matt.3:16,17 “En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.”
Die vraag ontstaan oor die werklike noodsaaklikheid van Jesus wat deur Johannes gedoop is. Johannes self kon dit nie ver-staan nie en het Homself soos volg hieroor uitgelaat:
Matt.3:15 “…Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle
geregtigheid te vervul…”
Christus se doop dui op die openlike identifisering met die vervalle mens, terwyl Hy in sy vleesgeworde staat is, met die doel dat Hy verlossing en versoening met God gaan bewerk.
Dit het Hy gedoen deur te voldoen aan al die wette, en dit na te kom wat nodig was vir die algehele verlossing van die sondige mens, alhoewel Hyself sonder sonde was.
II Kor.5:21 “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”
Wat beteken dit? Jesus was onderdanig aan die wet se voorskrif dat Hy op 8 dae besny sou word, daarom moes Hy ook gehoorsaam wees daaraan.
Ook het die Here Jesus die Hoë Priester verteenwoordig en die hoë priester was by sy amp ingewy deur die wassing en salwing. Daarom moes die Here Jesus ook hierdie pad stap deur die doop. HY HET DIE REGTE PAD GEVOLG EN WAS DAAROM VOORBEREID OM VERSOENING VIR DIE MENS TE BEWERK, aldus CLARK.
Jesus was daardie dag nie op Sy eie of net saam met Johannes nie, Hy was deel van die skare. Hy was die vleesgeworde Seun van God, wat Sy goddelike liefde kom openbaar.
DIE BETEKENIS VAN JESUS SE DOOP deur Johannes en die Heilige Gees wat, in die vorm van ‘n duif op Hom neer-gedaal het, IS SEWEVOUDIG:
i. Dit dui op die vervulling van die goddelike wet Matt.5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.”
ii. Die waterdoop en die doop met die Heilige Gees wat op die Here Jesus gekom het, brug die ou bedeling en die nuwe bedeling. Die O.T. is die bedeling van die wet en die N.T. is die bedeling van die Gees van genade.
iii. Dit dui op die eerste duidelike N.T. getuienis van die drie-eenheid. CLARK sê die volgende daarvan\
:
‘Dit is duidelik dat hier 3 persone onderskei word:
(a) Die persoon Jesus Christus, wat deur Johannes in die
Jordaan gedoop is
(b) Die persoon van die Heilige Gees in liggaamlike gestalte Luk.3:22 soos ‘n duif
(c) Die persoon van die Vader – ‘n Stem wat uit die hemel sê ‘dit is My geliefde Seun, in wie Ek ‘n welbehae het…”
Die stem kom uit die hemel terwyl die Seun en die Heilige Gees op ‘n ander plek is – en ‘n baie duidelike bewys van die drie-eenheid is.’
iv. Dit dui op God se besondere toerusting en outoriteit wat aan Christus gegee word vir Sy openbare bediening van verlossing.
WESLEY sê oor die volgende skrif Luk.3:22 “…en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae..”
Die Heilige Gees het op Hom neergedaal in die vorm van ‘n duif en op hom bly sit… as teken van die ongekende werk-ing van die Gees van God, wat salf en toerus op ‘n spesiale manier en volkome en oorvloedig toerus vir die werk waar-voor Hy geroep is.
v. Die stem van die Vader uit die hemel, gepaardgaande met die Heilige Gees wat in die gedaante van ‘n duif op Hom neerdaal, toon die bevestiging van die goddelikheid van die Seun, Jesus Christus.
vi. Die Heilige Gees wat neerdaal op Jesus bevestig dat Hy die Messias is, waarvan Johannes die Doper getuig.
Joh.1:29-34.
VAN DAARDIE OOMBLIK AF WAS DIE BEDIENING VAN JESUS CHRISTUS DIE UITVOERING VAN DIE WIL VAN DIE VADER EN DOEL IN DIE VERLOSSING VIR DIE MENSDOM. Mark.9:7b “…dit is my geliefde Seun, luister na Hom!”
Daar is in ‘n sin ‘n ooreenkoms tussen die doop van Jesus, met water, deur Johannes en die doping van die Heilige Gees, in die gedaante van ‘n duif wat van die hemel neergedaal het, as ‘n tipe van die verlossing van die mens en die doping met die Gees van God, van die gelowige op Pinksterdag. Hand.2:1-4.
d. Die Heilige Gees in verhouding met die Jesus se versoeking
In Markus lees ons dat onmiddellik na hierdie dinge die Hei-lige Gees Jesus in die woestyn gelei het. Dit dui op die dring-endheid van hierdie gebeure in die lewe van Jesus en vir Sy bediening. Hy moes satan se outoriteit verwerp voordat Hy sy reg van universiële outoriteit kon eis.
Matt.28:18 “En Jesus het nader gekom en met hulle ge-spreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel in op aarde.” Hiervoor het Hy beide die mag en die leiding van die Heilige Gees nodig gehad.
Lukas beklemtoon ook hierdie insident wanneer hy die volgen-de skryf aanhaal: Luk.4:1 “En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei.” Hier word die versoekinge van die duiwel in verskillende vorme geloots.
Lukas maak melding dat Jesus gedurende die 40 dae versoek was, terwyl Matt. melding maak van die einde van Sy bediening waarin Hy versoek was.
Matt. sê dat die Here Jesus deur die Heilige Gees weggelei is.
Markus sê dat die Here Jesus deur die Heilige Gees uitgedryf was in die woestyn in.
Lukas vertel dat die Here Jesus deur die Heilige Gees in die woestyn ingelei was.
Ons vind in Matthëus die definitiewe ‘aansporing’ deur die Gees van God, dat Jesus in die wildernis moet in gaan. Jesus moes ‘alle geregtigheid vervul’ en die wildernis-gebeure was noodsaaklik in die bereiking daarvan.
Die eerste Adam het gefaal in sy toets met die versoeking van die duiwel en het daardeur sy outoriteit, onder God, oor die natuurlike orde in die skepping, asook sy eie verhouding teen-oor God, verloor. Hierdie tragiese gebeure van Adam het die hele mensdom en alles waaroor hy outoriteit gehad het, in die hande van die duiwel oorgegee. Dit toon aan ons die wese van ongeregtigheid. Christus het gekom om alle geregtigheid te vervul.
Heb.2:5-10 “Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aan-gestel. Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitge-sonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderworpe is nie; maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. Want dit het Hom be-taam, terwille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewer-ker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.”
Heb.4:10 “…want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self
van sy werke soos God van syne..”
Dit was deur die Gees van God dat Hy in die wildernis ingelei was om die uitdaging wat die duiwel aan Hom daar gestel het in die gesig te staar, en dit was ook deur die Heilige Gees dat Hy verder gelei is om oorwinning oor die mag van satan te behaal.
VAN DAARDIE TYD AF HET DIE HERE JESUS GEWANDEL IN DIE KRAG EN OUTORITEIT VAN SY GEES gewerkte oorwinning oor die satan en al die bose magte Jesus was ten volle toegerus vir die worstelstryd wat toe nog volg. Die hewigste aanslae sou nog volg.
*************************
PINKSTER (5)
DIE HEILIGE GEES VOLGENS DIE
EVANGELIE VAN JOHANNES
JOH.3:1-9.
1) DIE BELANGRIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES
IN DIE EVANGELIE VAN JOHANNES
In hierdie Evangelie vind ons baie lering rondom die persoon en werking van die Heilige Gees. Ons kyk na die orde wat Johannes in Sy evangelie volg, rondom die Heilige Gees en Sy werk. Wat baie belangrik is in die evangelie van Johannes is dat lering rondom die Heilige Gees hier, grootliks aan Hom gegee is deur die Here Jesus self.
Die eerste melding wat van die Heilige Gees gemaak is, is waar Johannes die Doper vir die Here Jesus doop. Alhoewel ons hierdie gebeure ook vind in die vorige evangelies, is daar tog iets belangriks om aandag aan te gee, wat nie genoem word in die ander evangelies nie en dit is: Joh.1:33 “Op wie jy die Heilige Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop”
Die Heilige Gees funksioneer nooit sonder die Vader en die Seun nie Sy missie op aarde is t.o.v. die verlossingswerk en die heerlikheid van God. Dit is so duidelik in Joh.16:14 “Hy sal My verheerlik omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle ver-kondig”. Die verskil is dat ‘n persoon nie die doping van die Gees van God ontvang nie, maar die doping met of in en deur die Gees van God.
II) DIE WERKING VAN DIE HEILIGE
GEES T.O.V. WEDERGEBOORTE:
Die eerste lering van die Here Jesus rakende die Heilige Gees in die Boek Johannes, handel oor wedergeboorte.
Dit is die woordewisseling tussen die Here Jesus en Nikodemus., en vind ons dit in Joh.3:1-25.
Die vraag wat aan die Here Jesus gestel word hou die basiese ver-eiste vir die toegang tot die koninkryk van God in. Die antwoord hierop is wedergeboorte, in die gees van die mens, deur die werking van die Heilige Gees van God. ‘n Tweede geboorte naas die natuur-like geboorte is noodsaaklik.
Nikodemus het as Jood die betekenis van die doop met water goed verstaan. Dit was na aanduiding van die kennis van Nikodemus op hierdie stadium wat die Here Jesus hom antwoord soos Hy hom geantwoord het.
Joh.3:1-9
Vanuit niks as maar duisternis en donkerte, tot en met die Lig en die lewe van die Here, is die ondervinding van almal wat vanuit die hemel gebore is.
1) ‘N GADAGTE DEUR DIE WYSTE VAN MANNE:
Die tekens wat die Here Jesus bewerk het, bewys Hom as die “leraar van God”. Regdeur Sy publieke lewe, sien ons Hom as ‘n man wat deur God beproef bewys is, deur die wonderwerke en genesings.
Selfs Sy vyande het erken dat daar nooit ‘n man was wat gespreek het soos hierdie Man nie. Dit was Hy wat die Wysheid van God was, wat gesê het: “Jy moet weergebore word.” Daar is geen ontvlugting van hierdie waarheid nie. Die Here Jesus het dit gesê en dit bedoel.
2) DIE NOODSAAKLIHIED TOT DIE
KONINKRYK VAN GOD.
Joh.3:3 “V oorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”.
In vs.5 gaan die Here Jesus nog ‘n stappie verder en sê: “kan hy die koninkryk van God nie ingaan nie”.
Van nature is ons geestelik blind gebore, en kan ons nie in die sfeer waar die Here Koning is, sien nie, en het die duiwel die gedagtes van die mens so verblind dat dit moreel onmootlik is om in te gaan.
Enige geboorte of lewe wat na die wil van die vlees is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie. (Joh1:13). Enige iets wat die sondige mens aanraak is besoedel, en niks wat besoedel is sal die koninkryk van God kan ingaan nie.
Hierdie nuwe koninkryk in die Here Jesus Christus kan alleen besit word deur ‘n nuwe skepsel wat na Sy eie beeld nuut gemaak is.
(2 Kor.5:17)
Die koninkryk van die hemele is nie vleis en drank nie, dit bestaan nie uit vleeslike plesiere nie, wat enige ongeredde beoefen nie, maar uit geregtigheid van die hart, en vrede met God, en vreugde in die Heilige Gees, wat geen ongeredde kan geniet nie. Hy moet van bo gebore word voordat hy die dinge van daarbo, die hemel sal kan ge-niet. Die reine van hart sal die Here sien.
III) ‘N MISTERIE VIR DIE NATUURLIKE MENS.
Joh.3:4 “Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word”. Nikodemus wat maar nog ‘n natuurlike mens is, was nie instaat om hierdie groot geestelike warheid te verstaan nie, omdat dit vir hom dwaasheid was, omdat hy nie hierdie fakulteit het om geestelike dinge te onderskei nie. (1 Kor.2:14). Die Here Jesus het hom nie veroordeel vir die gebrek aan begrip nie.
Die woord sê dat die “wat die duisternis liewer gehad as die lig, want hulle werke was boos” (vs.19). Nikodemus het die lig van die waarheid lief gehad en was ‘n ernstige soeker na waarheid. Dit is die duisternis van ongeloof wat die ware lig nie kan begryp nie wat nou skyn. (Joh.1:5) “En die lig skyn in die duisternis, en die duisetrnis het dit nie oorweldig nie”.
Alhoewel ‘n mens nie die verborgenhede van die nuwe lewe kan uit-redeneer nie, maak dit hoegenaamd nie die noodsaaklikheid daarvan minder belangrik nie. Hy was nie gevra om dit te verstaan nie, maar om dit te aanvaar, weens sy persoonlike nood daaraan.
As dit vir die mens moontlik was om 50 keer na die vlees weerge-bore te kon word, is dit steeds nodig dat hy van bo gebore moet word, nl. deur die werking van die Heilige Gees.
IV) DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES.
Vs.8 “Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Dit is die Heilige Gees wat lewend maak. Die vlees verwek geen niks in die werk van wedergeboorte nie. (Joh.6:63) “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woord wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”.
Wie kan ‘n rein voorwerp uit iets vuils voortbring. Dit wat uit die Gees gebore word is Gees of Geestelik. Deur geen evolusie teorie of enige ander poging wat uit die vlees gepoog word, sal iets geesteliks voortgebring word nie. Alleen dit wat deur die Heilige Gees bewerk is, is geskik vir die koninkryk van God.
Die tweede geboorte, soos die tweede Adam is geskik vir die konink-ryk van God. (1 Kor.15:47), en is deur die werking van die Heilige Gees vrugbaar gemaak. Die werke van die vlees is in uiterste kontras teenoor die werke van die Heilige Gees. (Gal.5:16-25).
Hy wat in die vlees saai, sal die verderf maai. Die Heilige Gees is soewerein en soos die wind, beweeg Hy waar Hy wil, en jy hoor Sy geluid, en tog kan jy dit nie vertel nie.
Daar is baie aangaande die werking van die Heilige Gees wat jy nie kan beskrywe nie, maar om Sy stem te hoor en te gehoorsaam, is om van die dood oor te gaan na die ewige lewe, want om geestelik inge-stel te wees is die lewe van vrede. (Rom.8:6) “Want wat die vlees bedink is dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede”.
Die swaard van die Gees is die Woord van God, die onverwelklike saad, wat leef en vir ewig bly, waardeur ons weergebore word so gou as wat ons die Woord van die Here deur die geloof aanvaar.
Deur Sy eie bring Hy die Woord van waarheid, wat nuwe lewe en hoop bring, aan die gelowige hart, deur ‘n belangrike en ewige verbintenis met die Seun van God.
***************************
III. JESUS SE VRYE OFFER VAN DIE GEES VAN GOD AAN ALLE MENSE
In Joh.7:37-39 vind ons van die merkwaardigste aspekte van die werking van die Gees van God, maar dit is ook ‘n deel wat so dikwels verkeerd vertolk word. Hierdie gedeelte sal die beste verstaan word as dit gesien word vanuit 4 verskillende rigtings:
“En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: Stome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.”
Ons kyk eerstens na die:
1. GELEENTHEID van die OFFER van die Gees van God
2. Die VOORWAARDE vir die OFFER
3. Die UITWERKING van die Gees van God wat ontvang is
4. Die PROBLEEM in die verklaring daarvan
1. DIE GELEENTHEID VAN DIE OFFER VAN DIE GEES VAN GOD
In hierdie gedeelte maak die Here Jesus een van Sy mees indrukwekkende verklaringe rondom die Heilige Gees in die N.T. Ook was hierdie verklaring gemaak onder die mees ontvanklike omstandighede. Johannes sê dat dit op die laaste dag van die fees was dat die Here Jesus gestaan het en uitgeroep het V37 “…As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!”
Die geleentheid was die Fees van Tabernakels en die plek wat die tempel voorhof. Joh.7:14 “En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en gelees.” Hierdie fees was ‘n oes-dank fees, wat ook Israel se reis deur die woestyn, na die beloofde land, vesinnebeeld het. Gedurende die tyd van die fees het die volk in tak-hutte ‘boots’ gebly, wat die tentwonings van die woestyntyd moes uitbeeld. Gedurende die eerste 7 dae gee hulle voor om te offer namens die 70 nasies van die aarde, maar op die 8 ste dag offer hulle vir Israel. Daarom was die 8 ste dag van groter waarde vir hulle as die ander 7, aldus CLARK.
Op hierdie 8 ste dag was daar ‘n menigtein die tempel en omgewing wat gekom het om te aanbid. Die seremonies was indrukwekkend en gepas vir die aankondiging wat die Here Jesus hier gemaak het. Die hoë priester met sy gevolg, het ‘n silwer kruik/kan van die tempel af gebring, en by die poel van Siloam dit vol water gemaak en weer deur die skare na die tempel gegaan. Die skare het waardigheid aan die seremonie verleen deur liedere te sing oor die beloftes van die komende Messias, uit die profetiese woord in Jes.12:2-3 “En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil. En julle sal in die dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!”
Wanneer die hoë priester terug is by die tempel, gooi hy die water uit op die brandoffer-altaar as ‘n offer aan God. Simbolies verteenwoordig die water die Heilige Gees, wat na die tydperk van die wet kom en die brandoffer-altaar die Offer vir die sonde van die wêreld.
BARCLAY sien ‘n drie-ledige simboliek in hierdie seremonie nl:
a. dankbaarheid teenoor die Here vir water wat skaars was in die woestyn, tydens hulle reis, op pad na Kanaän
b. dit is ‘n aktiewe gebed vir reën sodat die oes nie misluk nie
c. dit is profeties van die dae wanneer die Messias kom en hulle water van heil sal skep uit fonteine van vreugde en die Heilige Gees sal uitgestort word op die wat dorstig is
Min het hulle besef dat die Messias in hulle midde is en dat die HeiligeGees op hulle uitgestort sal word tydens hulle Pinksterfees.
Dit was waarskynlik toe die hoë priester die water op die altaar uitgegiet het dat die Here Jesus opgestaan het en gesê het: 7:37 “…As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!” As daar persone is wat dit betwyfel dat die Here Jesus met Sy menslike stem soveel persone kon toespreek kan ‘n mens hulle net herhinner aan die geleentheid by die See van Galilië, waar die Here Jesus 5 000 persone, nie die vrouens en kinders in gereken het nie, onderrig het.
2. DIE VOORWAARDES VAN CHRISTUS SE UNIVERSELE OFFER VAN DIE GEES VAN GOD
Die voorwaardes is 3-voudig:
a. Geestelike behoefte
b. Persoonlike gewillige gehoorsaamheid
c. Gelowige vertroue in die Here Jesus
Die eerste twee voorwaardes is van die grootste belang vir die aanvaarding van die genade van die evangelie. Die derde voorwaarde is van net so ‘n groot belang as die ander. Joh.7:38a “….strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”
a. Geestelike behoefte
Jesus het eens gesê Matt.9:12 “…want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” Die Here Jesus het gekom vir die wat Hom nodig het en dit erken. Die seën van die Here kan nie op die persoon rus wat nie ‘n begeerte daarna het nie. ‘n Persoon moet sy nood erken en bely. Die Here Jesus kan ook nie aangeneem word sonder dat Hy as God erken en bely word nie.
b. Persoonlike gewillige gehoorsaamheid
Dit is so belangrik as die eerste voorwaarde. 7:37 “…laat hom na My toe kom en drink…” God het die inisiatief geneem in die redding van die mensdom, deurdat Hy sy Seun gestuur het om vir ons te sterf. Die mens word in sy nood uitgenooi om sy toevlug na die Here te neem. Matt.11:28 “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”
Open.3:20 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
Die laaste uitnodiging van die Here Jesus aan die mens vind ons in Open.22:17 “…laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Hier sien ons duidelik die behoefte wat die mens aan die Here het en die noodsaaklikheid van die mens se kant om daarop te reageer.
Christus se belofte is dat die Vader aan die wat Hom vra, die Gees van God sal gee. Luk.11:13 “…hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”
Al bogenoemde roepstemme van God tot die mens, wys op die nood van die mens na God en die beloning van die belofte aan die wat Hom gehoorsaam is.
Geloof in die Godheid van die Here Jesus is ook ‘n absolute noodsaaklikheid. Vir die Jode het dit beteken die erkenning en aanvaarding van Hom, as hulle lang verwagte Messias.
Heb.11:6 “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.”
As aan bg. voorwaardes voldoen is, kan ons verwag dat die beloftes van God, in hierdie verband in vervulling sal gaan. Dit bring ons by die uitwerking van die Gees van God in die lewe van die kind van God.
3. DIE UITWERKING VAN DIE GEES VAN GOD OP DIE WAT HOM ONTVANG HET
1. Die Heilige Gees maak woning en reinig die gelowige tot in sy diepste wese
Twee groot waarhede spruit voor uit die woorde van die Here Jesus in Joh.7:38b “…strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” Die eerste waarheid is dat hierdie ondervinding van die Heilige Gees iets groters is as dit van in die O.T. ondervind is, waarmee die Jode bekend was. Soos ons reeds genoem het, het die Heilige Gees “op iemand gekom” wat die Here gebruik het. Hy moet in die mens woon en uit die binneste van die mens vloei, soos ‘n vars, rein fontein met water wat uit die aarde borrel.
Die Griekse woord wat hier deur die Here Jesus gebruik word is koilias, ‘n verbuiging van koilia, wat buik/maag beteken. Dit word ook vertaal as vanuit die binneste (the innermost being). Op Pinksterdag is die dissipels gevul met die Heilige Gees, wat in hou dat die diepste van hulle wesens vervul is.
Hand.2:4a “En hulle is almal vervul met die Heilige Gees…”
Nog ‘n betekenis is skoot, dit is waar NUWE LEWE geskep word. Dit is waar die nuwe lewe vir die mens, in Christus begin en die VOLHEIDSLEWE vir die kind van God geinisieer word.
Dit is baie belangrik dat hierdie voorafgaande gedeelte goed verstaan word, sodat die reining van die doping met die Heilige Gees begryp kan word. Aangesien Sy wese HEILIG is, word die innerlike van die mens daardeur GEHEILIG en GEREINIG, deur die inwoning van die Gees van God.
Rom.15:16 “…om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaarvan die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die HEILIGE GEES.”
2. Die Heilige Gees vloei uit die binneste van die gelowige
Daar is ‘n twee-ledige begrip in die uitvloei van die Gees van God, uit die binneste van die gelowige. Dit sluit enige stagnering van die kind van God, wat met die Gees van God gevul is uit. Daar verseker ‘n voortdurende varsheid en reinheid in ondervinding. Dit beteken nie dat hierdie persoon nie kan struikel nie, maar sonde het geen houvas op hom nie, as hy in die Here bly. Om dit te ILLUSTREER kan ons dink aan ‘n vars stroom water wat oor die klippies vloei en by die berg af na die river daaronder. Dit is moontlik dat ‘n takkie of grassie in die water kan beland, maar dit word saam weggevoer met die water.
Na wedergeboorte is daar ‘n toename in heiligmaking tot by die punt van hartsreining en daarna weer ‘n toename in heiligmaking, aldus WESLEY.
4. DIE PROBLEEM IN CHRISTUS SE OFFER VAN DIE HEILIGE GEES
‘n Probleem wat baie vrae ontlok is Joh.7:39 “…want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” Ons het reeds gesien dat die Heilige Gees reeds in die O.T. aan persone gegee is, in baie verskillende omstandighede.
Dan vind ons ook PAULUS se standpunt in Rom.8:9 Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie.”
Om hierdie stelling letterlik op te neem sou beteken dat daar geen christene was voor die uitstorting van die Heilige Gees, op Pinksterdag nie. Dit is die Gees van God wat berou oor sonde en ‘n ommekaar in die lewe van ‘n mens bewerk en Jesus het self getuig dat sy dissipels aan Hom behoort. Joh.17:6-16.
Kom ons kyk na CLARK se siening hieroor: Hy sê dat die VOLLE PINKSTER SEëN, eers gekom het vanaf Pinksterdag, Dit wat Joël van praat in Joël 2:28. Dit het gekom a.g.v. die kruisiging en kon dus nie voor dit kom nie. Dit moes die plek van Jesus inneem by sy dissipels en by die kinders van die Here, tot by die wederkoms. Joh.14:16-18 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid; die Gees van die Waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”
Dit was eers vanaf Pinksterdag dat die volle omvang van die verlossingswerk van Jesus Christus werklik betekenis gekry het in die lewens van mense. Pinksterdag het t.o.v. die geskiedenis ‘n skeiding gebring. Dit het die merk gebring van die afgehandelde werk van Christus, wat die deur geopen het vir ‘n nuwe era van goddelike genade t.o.v die siele van mense.
IV. DIE HEILIGE GEES IN VERHOUDING MET DIE HEMELVAART VAN DIE HERE JESUS
In Joh.14, 15, 16 kry ons die lering van die Here Jesus oor die Heilige Gees in Sy verhouding met die heengaan van die Here Jesus, na Sy Vader. Volgens BARCLAY is dit die grootste lering in die N.T.
a. Die probleem van die terme wat gebruik word vir die Heilige Gees in John.14-16
i. Die probleme in die vertaling van ‘Parakletos’
Hierdie woord kom 4 keer voor in die boek Johannes, in 14:16, 26; 15:26; 16:7. ‘Parakletos’ beteken Trooster, Advokaat,Verdediger van die saak, Raadgewer, Beskermer en Tussenganger, Een wat met jou is, Helper. Hierdie woord het sy oorsprong in Latyn, waar die woord ‘fortis’, ‘dapper’ beteken.
Die Heilige Gees handel in ons ter wille van die Vader en die Seun en toon aan ons die aard en noodsaaklikheid van die groot verlossing en die noodsaaklikheid daarvan. Hy gee aan ons raad oor hoe om te ontvang, toon aan my hoe om dinge neer te lê en bid deur ons met onuitspreeklike sugtinge. Soos die Here Jesus met Sy dissipels was, is die Gees van God met ons.
ii. Die belowiges se behoefte aan die ‘Advokaat’, in hul lewens
Die Heilige Gees sal, tot aan die einde van tyd, die voordeel van die verlossingswerk van die Here Jesus toepas en mense help om die voordeel van die Verlossing in hulle lewens te smaak.
Die Here Jesus bid tot die Vader vir ‘n ander Trooster, Een wat met hulle sal wees, tot in ewigheid.
Joh.14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.”
Die woord wat ‘Parakletos’ die beste vertaal is die woord ‘Helper’. Omdat daar sekere behoeftes in die lewens van die dissipels was wat die Here Jesus persoonlik in voorsien het, maar nie langer in sou kon voorsien nie, het Hy aan hulle die belofte gegee: Joh.14:18 “Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”
Die dissipels het verder leiding nodig gehad in geestelike sake, wat die natuurlike verstand nie kan begryp nie. Hullel het die lieing van die Gees van God nodig gehad om dit wat die Here Jesus tot hulle gespreek het reg te kon interpreteer. Die evangelies is so tussen 70-50 n.C. eers geskryf en die akkuraatheid van die woorde wat die Here Jesus tot Sy dissipels gespreek het, moes deur die leiding van die Heilige Gees korrek oorgedra word. Joh.14:26 “…maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal ulle herhinder aan alles wat Ek vir julle gesê het.”
Die inwonende Gees van God, skerp die gemoed in, herhinder, rig die verstand om in sig raak te sien, bemoedig en verkondig die Waarheid. Die grootste taak van die Heilige Gees is om die Woord van God aan ons te verklaar.
SOOS ENIGE SKRYWER DIE BESTE VERKLAARDER VAN SY EIE BOEK IS, SO IS DIE GEES VAN GOD DIE BESTE VERKLAARDER VAN DIE GODDELIKE WOORD VAN GOD, WAARVAN HY DIE SKRYWER IS.
b. Die lering van die Here Jesus, rakende die Heilige Gees in Joh.14-16
Vir baie eeue het die Jode gewag dat die Gees van God, in die Messiaanse tyd uitgestort sal word. Dit is belowe deur die profete, deur Johannes die Doper, deur die Vader en nou ook deur die Here Jesus Christus.
i. Jesus belowe die Gees van God, as die Gawe van God aan Sy navolgers
Jesus Christus is God se Gawe aan die verlore mensdom en die Redding van die wêreld. Joh.3:16. Die Heilige Gees is die Gawe van God aan die gelowige om hulle te heilig en om die verlossingswerk van Christus in hulle te bewaar. Die Here Jesus sou spoedig van hulle weggeneem word, maar Hy gee aan hulle die versekering Joh.14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid.”
Die tydjie wat die Here Jesus hier op aarde was, was maar kort, net 33 jaar en Hy was beperk tot waar Hy as mens kon beweeg. Hy het die werk wat God aan Hom gegee het vervul. Hy was gereed om terug te gaan na die Vader, maar sou hulle nie as wese agter laat nie.
Daar is 4 dinge rondom die Gawe van die Here wat ons moet onthou:
a. ‘n Gif is ‘n manier waarop een party guns toon aan
‘n ander
b. ‘n Gawe is gratis – dit kan nie gekoop of verdien
word nie
c. ‘n Geskenk is iets wat kosbaar is en wat gekoester
moet word
d. Om ‘n gawe af te wys is ‘n vernedering vir die gewer
Dit is tragies dat te veel mense te besig om en nie die Gawe van God kan ontvang nie. Dit mag wees dat die feit dat die disspels vir 10 dae in die bo-vertrek moes wag, die opgewondenheid en afwagting in hulle harte groter gemaak het, om hierdie Gawe te ontvang.
b. Christus belowe die Heilige Gees as ‘n blywende Teenoorig-eid in die lewe van die gelowige
Jesus kon nie vir altyd by Sy dissipels wees nie, omdat Hy sy roeping moes voltooi en na Sy Vader gaan. Die Gees van God is ‘n Blywende Teenwoordigheid in die lewe van die gelowige. Die Heilige Gees moes die blywende Gawe vir Sy dissipels wees. Omdat die Heilige Gees van God daar is, is die kind van God nooit geskei van die Here Jesus nie. Net die mens self kan die Gees van God bedroef of uitblus.
c. Christus verpersoonlik die Gees as die Waarheid
Die Heilige Gees as Persoon van die drie-eenheid, is in Sy wese Waarheid, omdat die Here self waarheid is. Alles verander, maar God nie. Elke oordeel wat gefel word, moet met die Waarheid getoets word. Daar sal verwarring en twyfel wees by die mens, totdat hy homself tot die Waarheid wend.
d. Christus onderskei tussen die werking van die Gees van God in wedergeboorte en die in die krisis van heiligmaking
Joh.14:17 “…die Gees van die waarheid… omdat Hy by julle bly en in julle kan wees.” Hierdie vers sal makliker verstaan word in die lig van Joh.7:39 “En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvng wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” Die Here Jesus verwys na die blywende inwoning van die Gees van God in die lewens van die gelowiges en die dieper ondervinding van die reiniging en vervulling van die Gees van God in hulle lewens.
e. Die drie-eenheid is ingesluit in die lering van die Here Jesus
Jesus Christus praat van Homself en Sy persoonlike verhouding en bediening tot die dissipels. Hy praat ook van die Vader en Sy beloftes aan die dissipels en Hy praat oor die Heilige Gees wat in Sy plek sal kom as Trooster en Hulp, wanneer Hy van hulle weg sal gaan. Nêrens is die werking van die Heilige Gees, as derde Persoon van die drie-eenheid so duidelik as in die lering van die Here Jesus nie.
f. Die Here Jesus leer dat die Heilige Gees die Goddelike Getuienis is
Joh.15:26-27 “Maar as die Trooster gekom het, wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is.”
Die getuienislewering van die Heilige Gees is twee-ledig:
i. Die Here Jesus sê dat Hy van Hom sal getuig en
ii. Die dissipels sal ook getuig, omdat
omdat hulle van die begin af, met Hom was. Die Heilige Gees sal getuig in die lewens van die dissipels van die Here Jesus en Hy sal ook met hulle getuig, teenoor die wêreld.
Die christelike godsdiens is ‘n getuienis van die Persoon en Verlossingswerk van die Here Jesus. Die geskiedenis van die Jode was vir hulle van groot belang, omdat die ‘n opgawe was van God se verlossingswerk. Dit was ‘n bevestiging van hulle geloof van wat God vir hulle gedoen het en dit was ‘n belydenis van hulle geloof van wat God in die toekoms gaan doen. Die geloof van die Jode wys altyd in twee rigtings. Dit wys terug na wat God vir hulle gedoen het en dit kyk vorentoe na wat hulle verwag die Here vir hulle sal doen. Dit is hoekom die geloof van die Jode altyd vars bly.
Net so is christenskap se hart, die handelinge van God in die geskiedenis en die lewende hoop op die toekoms. DIE DOEL VAN DIE GEES VAN GOD IS OM DIE GELOOF IN DIE PERSOON EN VERLOSSINGSWERK VAN CHRISTUS IN DIE LEWENS VAN DIE GELOWIGES LEWEND TE HOU.
Dit is in hierdie verband dat die Here Jesus die volgende aan Sy dissipels sê Joh.14:26b “Hy sal julle alles leer en julle herhinner aan alles wat Ek gesê het.”
g. Die Heilige Gees getuig saam met die gelowige dat hy gered is
Oor die innerlike getuienis van die Gees van God skryf WESLEY Dit is moeilik om in woorde te verduidelik hoe dit moontlik is dat die Gees van God, onmiddelik in die Gees van ‘n persoon kan getuig dat daardie persoon ‘n kind van God is, dat my sondes vergewe is en dat ek met God versoen is. Die getuienis van die Gees van God, bevestig Hy self deur die Woord in te gee, vir die persoon wat Hom vind. Hy werk ‘n innerlik kalmte in die gees van die mens.
Die uiterlik bewys van die werk van die Gees van God in die lewe van die mens, is die vrug van die Gees.
Die vraag bly ‘Hoe dit moontlik is dat die Gees van God in die mens getuig en hom deel maak van die liggaam van gelowiges?’ Hieroor kan net God en die mens self oordeel.
I Sam.16:7b “…maar die mens sien aan wat voor oë is, maar God sien die hart aan.”
Die getuienis van die Heilige Gees is nie waar dinge eindig in die lewe van die kind van God nie, dit is waar dit begin. Die Woord van God sê
Joh.7:38-39a “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat inHom glo…”
Hierdie uitvloei was die gevolg van die uitstorting van die Gees van God op Pinksterdag.
h. Jesus openbaar die werk van die Heilige Gees in verhouding tot die ongeredde wêreld
Ons vind dit duidelik in die woorde van die Here Jesus in Joh.16:7-11 “Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na die Vader gaan en julleMy nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.”
Hierin spel die Here Jesus duidelik die drie-ledige funksie van die Heilige Gees uit:
i. Die sonde van die mens
ii. Die geregtigheid van Chrisuts en
iii. Die oordeel van God
Die woord OORTUIG, is ‘n Griekse woord wat o.a. beteken dat Hy ons Advokaat is in ‘n regsgeding, waar Hy getuig saam met die Waarheid en vir ons saak stry, sodat die ander party diep onder sonde-oortuiging kom. Hy bring die geregtigheid van die kind van God na vore en oordeel die aanklaer.
Die Here Jesus sê dat die Heilige Gees die wêreld sal oortuig van sonde en daardie sonde is hulle ongeloof in Jesus Christus.
Joh.16:8, 9 “…en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van ongeregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie.”
Daar is hierdie wortel van sonde, van waaruit al die ander sonde voortspruit. In die Grieks, word die woord “hamartia” gebruik, wat die wortelwoord vir sonde is. Dit is ‘n versamel woord wat beide sonde in praktyk en sonde in beginsel insluit. As beginsel vind ons dit in gedeeltes soos Rom.6:7 “Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.” 8:10 “Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.”
As handeling vind ons dit in I Joh.3:8 “Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.”
Van die 14 verskillende Griekse woorde, wat vir SONDE in die N.T. gebruik word, kom ‘hamartia’ nie minder as 170 keer voor nie, terwyl die ander 13 Griekse woorde vir sonde saam maar net 117 keer voor kom.
Om die Here nie aan te neem nie, is die sonde wat die mens oordeel vir tyd en ewigheid. Dit is die sonde van ongeloof. Die sonde teen die Heilige Gees is in diepte ook ongeloof.
Nog ‘n doel van die Heilige Gees in hierdie wêreld is om die mens te oortuig van geregtigheid v10 “…en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie.”
Die Griekse woord, vir geregtigheid hier is ‘dikaiosune’. Regverdigheid of geregtigheid, waarvan God die oorsprong is. Dit is ‘n goddelike geregtigheid wat beteken ‘Die staat van die een wat so is, soos hy moet wees; die voorwaarde wat voor God aanvaarbaar is.’ Dit kan inhou interiteit, reinheid in wandel, deug, opregtheid of regdenkend, reg in gevoel en daad. Die geregtigheid waarvan die Heilige Gees die mens sal oortuig, is die geregtigheid van God.
Die geregtigheid waarvan die Gees van God die kind van God van oortuig, oortuig van die geregtigheid en wys heen na die geregtigheid van Christus om vir ons ‘n voorbeeld daar te stel.
Ons vind dieselfde gebruik van die woord geregtigheid in die volgende Skrifgedeeltes.
Matt.6:33 “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.’
Jak.1:20 “Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid van God nie.”
Geregtigheid is om in ‘n regte verhouding tot God te staan. Dit is die werk van die Heilige Gees van God. Matt.5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is.”
Die Heilige Gees het die geregtigheid van God kom openbaar maar ook die mens kom red van sy ongeregtigheid en deur die werking van die Gees van God hulle te reinig en God se geregtigheid in hulle te werk.
Die Here Jesus verklaar van die Heilige Gees die volgende:
I Thes.1:9-10 “Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.”
Dit is eerstens die werk van die Heilige Gees om die mens te oortuig van sonde en geregtigheid en dan om daardie siel na Christus te lei en dan te help om die volheid van die Heilige Gees deelagtig te word. Heb.9:24-26; 12:22-24.
Dan is dit ook die werk van die Heilige Gees om die siel te oortuig van die komende oordeel. Joh.16:11 “…en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.”
Die enigste manier wat die mens, wat onder die juk van satan leef vry kan kom, is om na Christus te vlug en onder Sy regverdige heerskappy te staan. Daar is geen ander hoop vir die sondaar nie.
********************
PINSTER 2002 (5)
e. Die Heilige Gees in verhouding met die
bediening van Jesus Christus
Die Heilige Gees se werking is baie prominent van die doop van die Here Jesus tot en met Sy hemelvaart. Geen deel van sy lewe, lering of dade kan geskei word van die persoonlike en kragtige werking van die Heilige Gees nie.
Lukas leer vir ons dat die Here Jesus, nadat Hy uit die woestyn gekom het, na die streek van Galilea gegaan het. Luk.4:14. Hy het soos as ‘n magtige generaal na ‘n veldslag, van die woestyn af gekom. Die nuus van Sy oorwinning is oral ver-sprei. Dit wat bedoel is om ons te vernietig kan deur die Here Jesus gebruik word ten goede in ons lewens.
Ons lees Luk.4:1a “En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer…” dra dit vir ons ‘n spesifieke boodskap in die lig van die werking van die Gees van God in die O.T. wat van tyd tot tyd op die profete gekom het, en nou vind ons dat die Here Jesus vervul is met die Gees van God. Jesus se vervulling met die Heilige Gees was permanent.
Heb.1:1-3 “Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun, wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlik-heid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.”
‘n Baie bemoedigende gedagte is dat die Here Jesus Sy bedien-ing begin het, toegerus deur die Gees van God en dit vir ons ook noodsaaklik is dat ons ons pad met die Here sal begin in afhanlikheid van Hom en gevul deur Sy Gees. Geen mens kan in die diens van die Here staan sonder die toerusting van die Gees van God nie.
Toe die Here Jesus in die sinagoge in Nasaret geprofeteer het aangaande die Messias en Sy bediening, het Hy homself daar-mee geïdentifiseer. Luk.4:21b “…Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”
Die bediening van die Here Jesus, onder die beheer van die Heilige Gees vind ons in:
Jes.61:1-3 “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die oormoediges; Hy het My gestuur om te verbind die ge-brokenes van hart, om vir die gevangenis ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treuendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheer-liking.”
Luk.4:18, 19 “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verblyseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylting te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”
Beide die vrylating uit ballingskap en die Jubeljaar is wat met b.g. skrif bedoel word. Christus se Gees-gesalfde bediening herhinder ons aan wat Paulus in II Kor.3:17 geskryf het
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is,
daar is vryheid.”
En weer dit wat Paulus verklaar rakende sy eie bediening in Hand.26:18 “…om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.”
f. Die Heilige Gees in verhouding met Christus se
opdragte aan Sy dissipels
In hul voorbereiding vir hulle diens het die Here Jesus vir Sy dissipels baie spesifieke instruksies gegee, rakende die Heilige Gees. Hierdie opdragte kom voor in drie verskillende verhou-dinge met Sy volgelinge in die evangelies, een is oor die ge-skenk van die Vader in die Heilige Gees Luk.11:13 en die ander twee handel oor die rol van die Heilige Gees in verhou-ding tot hulle lyding Matt.10:20 “…want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.”
Mark.13:11 “En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daroor dink nie; maar wat julle in die uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.”
Luk.12:12 “…want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.”
As die Here Jesus afhanklik was van die leiding van die Heili-ge Gees, hoeveel te meer sy dissipels? Jesus se Gees-beheerde gebed het een van Sy dissipels Hom laat vra om hulle te leer hoe om te bid. En in reaksie daarop het die Here Jesus aan hulle die MODEL-GEBED, die ‘ONSE VADER’ gegee. Matt.6:9-13 en Luk.11:2-4.
Dan volg daar ook die lering van volhardende gebed en geloof in God. En dan beklemtoon Hy die belangrikste les in Luk. 11:11-12 “en vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee?”
B.g. is ‘n gebed met ‘n intense begeerte dat die Here dit sal hoor. Die Here Jesus wil hierdeur aan Sy dissipels toon dat die Vader gereed is om aan hulle die Heilige Gees te gee.
i. Die inhoud van hierdie gebed lê die basis van sukses in die wandel van die kind van God
ii. Die effektiwiteit van so ‘n gebed hang af van die werking van die Heilige Gees in die lewe van die persoon wat bid
iii. Dit is die plan en doel van die Here om die Gees van God op alle vlees uit te stort
Matt.7:11 “As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!”
Die Heilige Gees is die kern van die goeie gawes wat die Here aan Sy kinders wil gee. In die Heilige Gees is alle ander gawes vervat wat die mens begeer om te hê.
Rom.8:9b “…Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie.”
Die mens het ‘n verdorwe natuur wat net gereinig kan word deur die vervulling met die Heilige Gees van God. Hand.15:8-9 “En God wat die harte ken, het vir hulle ge-tuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.”
Paulus getuig van hierdie genadige goddelike voorsiening deur die Gees van God as hy sê in Rom.15:16b “…sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.”
In Matt.10:16-23 vind ons die dinge wat die dissipels ag op moet slaan en waarvoor hulle voorbereid moet wees. Chris-tus verseker hulle dat te midde van al hierdie stryd, hulle gelei sal word deur die Heilige Gees, wanneer hy sê:
Matt.10:19-20 “Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.”
Een belangrike bron van sekerheid is dat a.g.v. die al-wetendheid en almag van God se Gees sal elke kind van God volledig toegerus wees vir elke situasie wat in sy/haar lewe kan voorkom.
Die kind van God word nooit alleen gelaat in tye van stryd nie. Die Gees van God is altyd daar om te troos en te stry.
g. Die Heilige Gees in verhouding met Christus
se uitdrywing van demone
In Mattëus 4 vind ons die eerste persoonlike konfrontasie van die Here Jesus met die duiwel in die wildernis. En dan in Matt.12:22 “Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.”
Uit die skare wat dit gesien het, was daar die wat besef het dat Hy die Messias is. Dan was daar ook die Farisiërs wat gesê het dat Hy dit gedoen het deur Beëlsebul.
Die Here Jesus het hier weer die oorwinning oor die duiwel behaal, soos in sy tyd daar in die woestyn, net na Sy doop. Die Heilige Gees is die ‘Agent’ waardeur die duiwel uitgedryf word.
Luk.11:20a “Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf…” Hierdie manier van sê vind ons in die O.T. op die volgende plekke:
Ps.8:4 “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers…”
Ex.31:18 “…die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels
van klip, beskrywe met die vinger van God.”
Ex.8:19 “Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger
van God.”
BARCLAY wys daarop dat as die Here Jesus praat van die “vinger van God” Hy verwys van die Heilige Gees van God.
Satan is oorwin en het geen mag oor die gelowiges nie, behal-we as God hom dit toelaat.
h. Die erns daarvan om teen die Gees van God te laster
Hierdie waarskuwing staan direk in verband met die ge-deelte waar die Here Jesus aangekla word dat Hy die duiwel uitdryf deur Beësebul Matt.9:34.
Matt.12:31-32 “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en laster sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.”
Mark.3:29 “…maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel…” Markus voeg by in v30 “…omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.” M.a.w. dit is om satan die werk van die Gees van God toe te skryf. Dit kom daarop neer dat die mag van God om die mens te verlos van Hom ontneem word. Daar is dan geen hoop te bied vir die vervalle mens nie. Dit is ook om te beweer dat die duiwel nie oorwin is deur die Here Jesus nie.
Jesus sê hieroor Matt.12:25b-26 “…Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?”
Om die teendeel te bewys lees ons wat die Here Jesus sê in
Matt.12:29 “Of hoe kan iemand in die huis van’n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?”
‘n Persoon wat teen die Heilige Gees gesondig het, ondervind geen oortuiging van sonde nie.
So ‘n persoon het herhaaldelik teen die sensitiewe oortuiging van die teer duif van die hemel gegaan en sy gewete stil gemaak.
As ‘n persoon enigsins nog onder oortuiging van die Heilige Gees kom, het die persoon nie daardie sonde gepleeg nie.
i. Die Heilige Gees in verhouding met die Godheid van die Here Jesus
Hier kom ons by die klimaks van die Here Jesus se lering oor die Heilige Gees. Die Here Jesus het na die aarde gekom om die heerskappy terug te eis wat satan met die val van die mens geneem het. Vanaf die sondeval tot en met die voltooing van die versoeningswerk, is dit die Heilige Gees se werk om die mens te lei na die verlossing in Christus.
Toe hierdie werk voltooi is, het die Here Jesus oorwinnend ver-klaar dat Matt.28:18 “Áan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.” Op grond van hierdie outoriteit het Hy sy dissi-pels uitgestuur om die heerskappy van Christus oor alles, aan die ganse mensdom te verklaar. Matt.28:19-20 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees: en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”
Hierdie boodskap word die brandende las van die apostels in die boek Handelinge waar daar 110 keer verwys word na die heerskappy van die Here Jesus oor die mag van die bose.
Dit is baie meer kere as wat enige ander leerstelling in die boek Handelinge voor kom.
Mark.12:35 “En terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is?”
Matt.22:43-45 “Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?”
Die vraag onder bespreking is? “As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?”
CLARK sê hieroor dat:
(i) Dawid geskryf het onder die inspirasie van die Heilige Gees
(ii) En dat dit ‘n Pofetiese woord is dat Jesus die Messias is.
Dit was die werk van die Heilige Gees om die Godheid van die Here Jesus te verkondig en dit sal Sy missie wees tot aan die einde van dae.
j. Die Heilige Gees in verhouding tot Christus se doop formule
Dan is daar die opdrag van die Here Jesus aan Sy dissipels om die hele wêreld in te gaan en die evangelie aan die ganse mens-dom te verkondig…
Paulus skryf hieroor in II Kor.5:20 “Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan.”
Die evangelies is ‘n duidelike bewys van die drie-enige God, in besonder sien ons dit met die doop van die Here Jesus.
Ook sluit dit af met ‘n duidelike bewys van die Drie-eenheid toe Jesus Sy laaste opdrag aan sy dissipels gegee het.
Jesus spreek hierdie woorde tot sy dissipels maar dit geld vir elke navolger van die Here Jesus. Hierdie opdrag is geskryf aan christen Jode, deur ‘n christen Jood dat Deut.19:15 “…op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak van krag wees.”
Matt.18:16 “…sodat in die mond van twee of drie getuies
elke woord kan vasstaan.”
God drie-enig getuig saam dat dit wat Christus geleer en ge-doen het, goddelike oorsprong het, soos dit oor en oor bewys word in die evangelies.
*******************
PINKSTER 2002 (1)
DIE PERSOON EN BEDIENING VAN DIE
HEILIGE GEES VANAF DIE SKEPPING
DEUR TOT BY DIE PROFETE

******************