DIE NATUURLIKE MENS: (Egipte) 1 Kor.2:14-3-8.

INLEIDING:

Diklwes was die ondervindinge wat die volk van Israel deurgegaan het ‘n weerspieëling van duidelike boodskappe wat ons vandag in ons geestelike lewens kan toepas.

So was dit met die kinders van Israel tydens hulle omswerwinge vanaf Egipte tot Kanaan binne hierdie spesifieke tydperk van ± 500 jaar.

Hierin word duidelike groepe of stadiums van die geesetelike lewe uitgebeeld wat ons ook vandag bevind.

In die geestelike lewe is daar net drie soorte mense wat deur die volk van Israel se lewe prakties uitgebeeld word. Nl.

a)      Egipte: Wat die natuurlike mens of ongeredde voorstel.

Hierdie persoon het nog nooit ‘n persoonlike ontmoeting met die Here Jesus gehad nie.  Hy is dus ongered.

b)      Die woestyn: Dit is die vleeslike Christen.

Hierdie persoon is wel gered maar hy is die spreekwoordelike lou Christen. Open.3:15 Was jy tog maar koud of warm. Hierdie persoon het nog nie toegelaat dat die onreinheid van sy hart mee gehandel kan word nie, en het nog nie sy lewe onvoorwaardelik aan die Here oorgegee nie.

c)      Dan Kanaan: Dit is die geestelike persoon:

Dit is hierdie persoon wat eens by die kruis gekniel het en die Here toegelaat het om hom deeglik te reinig van die ou mens en sy lewe onvoorwaardelik aan die Here weg te gee. Hy is die aan die brand Christen.

Vandag wil ek stilstaan by twee groepe nl. Hy wat in Egipte leef en die woestyn Christen.

EGIPTE:

1) WIE IS SY HEERSER?

Hierdie persoon kan die mees vatsoenlike lewe lei waaraan jy kan dink en tog iemand anders as sy heerser in sy lewe het.

A)    HULLE HET DIE DUIWEL AS VADER:

In Joh.8:44 sê die Here Jesus aan hierdie Farieseërs: “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.”

U sien Faroa in Egipte in die geskiedenis van Israel was ‘n tipe van die duiwel. Hy het hulle harde slawediens laat doen, hulle het gebuk gegaan onder swaar armoede en is met baie slae geslaan. Tog wou die volk van Israel nie van die vleispotte van Egipte wegbeweeg het nie. Toepassing:

Illustrasie van hond wat by sy baas bly t.w.v. kos.

B)    SONDE IS HULLE HEERSER:

Joh.8:34 Sê die Here Jesus: “Voorwaar voorwaar, dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.”

Illustrasie van sigarette. Jy sal hom rook al wil jy ook nie. Kan nie band met sigarette breek nie.

As jy die persoon sal vra of hy graag so wil wees en hy eerlik sou raak sal hy antwoord dat hy dit ghaat.

U sien die Israelliete was onder dwang arbeid en kon nie maak soos hulle wil nie. Omdat hulle met die dood van Josef uitgetrek het nie, het hulle nou ‘n duur prys betaal, omslawe vir die sondes van Egipte te wees.

Hulle moes die tempels van die Egiptenare oprig en dat hulle waarskynlik met haat in hulle harte gesit het, maar absoluut niks daaraan kon doen nie.

C) HULLESELF IS HULLE HEERSER:

Joh.8:39 Sê die Fariseers ”Ons het Abraham as vader”.

Die Here jesus wys hulle daarop dat as hulle roem op Abraham as vader sou hulle gedoen het wat hy gedoen het. Hulle het gedoen wat hulle wou doen. Hoe dikwles kry ‘n mens dit nie.

Toe Moses na die volk van Israel kom en sê dat die Here hulle wou uitlei was die volk bitterlik ongelukkig.

II) KOM ONS KYK HOE SO ‘N LEWE LYK:

Hierdie tipe lewe word gekenmerk deur ‘n valse geluk wat lei tot ‘n ontsettende leemte binne die hart van so ‘n persoon.

A) HY BELEEF ‘N VALSE VRYHEID:

Joh.14:27 Sê die Here Jesus: “Dat Hy nie vrede gee soos die wêreld gee nie”

Dieduiwel bedrieg die ongeredde persoon. Vra jy hom hoe dit gaan sê hy: Dit gaan goed, terwyl jy die ongeluk op die persoon se gesig sien geskrywe staan.

Jer.17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja verdorwe is dit, wie kan dit ken.”

Terwyl die Israelliete in slawerny was, moes hulle voorgee dat alles wonderlik is maar diep in hulle harte het hulle hierdie sisteem gehaat.

B)    SO ‘N PERSOON IS TOT DIE DOOD ONGELUKKIG:

Terwyl hierdie persoon plesier najaag sal jy dink dat hy die gelukkigste persoon op aarde is, maar weet u waar u hom werklik gaan leer ken: Daar waar hy alleen en eensaam is. Hier sal daar ‘n geweldige leemte en ‘n kommer oor hoe hy die volgende dag gaan deurbring. As jy so is is jy ongered.

C) HY LEEF IN VYANDSKAP TEENOOR GOD:

Rom.3:10-11 “Daar is niemand wat regverdig is nie, selfs nie een nie, daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.”

Hierdie tipe persoon sit dikwles die kerkbanke vol. Hy is selfs baie aktief, maar praat jy met hom oor ‘n ontmoeting metd ie Here Jesus kyk hy jou dikales aan asof jy van ‘n ander planeet kom.

Wanneer jy sê om sy lewe reg te maak het hy eindelose lange stories van gebeds verhoringe.

Uiterlik lyk dit dikwels of hy die Here sal soek, maar innerlik gaan daar niks aan nie.

VERLOSSING Lê BINNE SEKERE VOORWAARDES:

Ex.12 Verduidelik vir ons dat hulle ‘n lam oes hê. Dit was ‘n tipe van die Here Jesus. Wat sonder gebrek was en vir ons sonde geword het.

Bloed:

Die bleod moes aan die deurposte toegepas word nie aan die onderkant nie want daar mmag nie op getrap word nie.

Ongesuurde brode:

Die Here Jesus het by gelkeentheid Sy dissipels gewaarsku: vir die suurdeeg van die Fariseërs. Suurdeeg word nie uiterlik gesien nie, maar die deeg self wys die verskil.

Bitter kruie:

Dit het hulle aan die dae van hulle smarte herhinder, wat hulle tydens hulle slawerny deurgemaak het.

Kleredrag:

Hulle moes haastig uitbeweeg. Jeupe omgord gereed om vinnig weg te trek.

Hulle moes gehoorsaam:

As volk moes hulle volgens hierdie vereistes gehandel het.

1)      Die eersgeborens van families sterf.

2)      Hulle sou agtergebly het indien talm.

3)      Sou nooit die wonder van die geopende See ervaar het nie.

Hulle moes haastig vlug, sodat hulle saam die oorwinningslied kon sing. Ex.15.

OP PAD NA KANAÄN

1 KOR.10:1-13.

IN EGPTE:

Egipte was die land was Israel gevanne geneem was, as beeld van die wat in die koninkryk van duisternis met geen oortuiging van dit wat verkerd was bestaan nie.

Faroa is die naam van Egipte se koning, wat ‘n beeld van die duiwel is.

Israel word geillustreer as die siel wat van slawerny na die vryheid in die Here Jesus moet oorgaan.

Die Rooi see is die wat oorgaan van sonde na redding.

Gebeurtenisse tussen die Rooi see en Kadesh Bernea is gebeurtenisse in die Sinai woestyn wat die lewe van die geredde van sy bekering tot op die plek waar hy sal deurtrek in die land Kanaan in.

Kades Barenea beteken plek van Heiligheid waar die Here die volk wou voorberei om deur te trek na die volheid van die Here.

Die woestyn waar die volk vir 40 jaar vertoef het, met al die ontmoedigings, en ongehoorsaamheid.

Die Jordaan is die wat die Here vertrou om deur te trek na ‘n lewe van oorvloed.

Kanaan word geiliiustreer as die gemeenskap met die Here.

Israel as slawe is die eerste groot prentjie wat ons aandag vestig. Hoewel hulle deur die Here gekies was, vind ons hulle onder harde slawerny.

Net so is die ongeredde wat geroep is om gemeenskap met die Here te ervaar maar onder die mag van die duiwel, die vlees en sonde leef.

Die kinders van Israel het die land vervul, en was vrugbaar en het dit goed met hulle gegaan. Ex.1:3. So gaan dit met die ongeredde, daar is geld in oorvloed, daar is geboue wat opgerig word, en ek is verenig met hierdie aarde, dit bou en breek in elke opsig.

Al waaroor dit vir my gaan is die lewe hier en nou, en is blind vir die toekoms. Tog leef ons verwyderd van die Vader, en word deur die Sataniese drie eenheid gebind nl. die duiwel, die sonde en die vlees.

Voorspoed het beperk geraak, daar het ‘n koning opgestaan wat Josef nie geken het nie. Ex.1:8. Hy het belasting ingepalm, hy het die aanvanklike vrede van hulle weggeneem, en vernietiging was op hande.

Faroa het eers die beste voorgesit, net so die duiwel. Hy hou eers alles wat wonderlik is voor dan begin hy jou uitmergel. Met hierdie drie eenhied in jou midde begin ‘n ongekende stryd.

Dinge soos drank, losbandigheid, mammon, self ambisie, mode ens.

Faroa verag die opdrag van die Here deur Moses. Hy sien op Moses neer en verag die boodskapdraer van die Here. Die duiwel sal aan u sê dat u te veel het om te verloor.

Faroa gee die indruk dat hy na Moses gaan luister maar sy bedoelin-ge was vals. Daar was ‘n geroep van die volk van Israel om uit die band van slawerny uit te kom en by die plek van verlossing te kom. Hoe wonderlik dat die Here die geroep van Sy volk gehoor het en dat hulle uitgelei is.

Daar moes eers die besoek van die Here oor die volk van Egipte gekom het toe al die eersgeborenes gesterf het en elke huis in Egipte met die dood besoek is.

Die Here het genoegsame bewyse gebruik om aan die volk te bevestig dat Sy boodskapdraers Goddelik was.

Hoewel die volk in hierdie uiterste slawerny was, het Faroa nooit ‘n poging aangewend om die volk te help nie, hy het dit net moeiliker gemaak.

Die kinders van Israel was tussen twee mure gewees; Faroa was geditremineerd om die volk in Egipte te hou, en Moses aan die ander kant wou die volk tot vryheid roep.

Toe Faroe sien dat hy die volk van Israel nie langer kon terughou nie, begin hy met kompromië:

1) Hy het gesê: Gaan offer maar moet nie te ver weggaan nie. Gaan en offer in die land van julle God. Hy het geweet dat hulle dan weer sal terugkom. Vir sommige sê die duiwel kom tot bekering maar niemand moet daarvan weet nie. Ander sê hy weer dat gebed nie nodig is nie. Hy wil die siele op ‘n gevange afstand hou.

Hy wil hê dat ons moet vassteek in die vallei van vleeslike tevreden-heid. Baie begin goed maar kom nie ver nie.

2) Dat hulle moet gaan en hulle families agterlaat.

3) Hulle kan gaan maar hulle besittings agterlaat.

Take my life and let it be…

Take my silwer and my gold, all to Thee

Hier het ‘n nuwe koning opgestaan wat 

EGIPTE: GEESTELIKE SLAWERNY:

Isreal se verlossing kon alleen deur bloed verseël wees. ‘n Lam sonder gebrek, moes aan die deurposte toegedien word. Die bloed sal die teken wees, en as Ek die bloed sien sal by julle verby gaan.

Sonder vergieting van bloed is daar geen versoening nie. Ons word nie deur verganklike dinge vrygekoop soos deur silwer en goud nie, maar deur die kosbare bloed van die lam.

Verlossing was alleen moontlik deur die bloed. Daar moes bloed op die deurposte gestryk gewees het, sodat daar verlossing kon kom. Die mens probeer in eie krag allerhande dinge doen om verlossing te bewerk en tog sal daar geen verlossing kom as dit nie op Bybelse maniere gedoen sal word nie.

Daar is soveel verskonings wat na u sal kom om nie met sonde te breek nie: Dinge soos:

1)   Ek glo in Christus.

2)   Ek dink dat almal gered sal word, deur een of ander gedagte te opper.

3)   Dat daar baie valshede is.

4)   Ek glo nie die Here sal my starf nie, Hy is geandig en liefde-vol.

5)   Ek vrees dat ek dit nie gaan maak as ek eers gaan begin nie.

6)   Ek vrees dat ek te sleg is.

7)   Ek leef ‘n goeie morele lewe.

8)   Dit is moeilik om met sonde gewoontes te breek.

9)   Ek het te veel om te verloor.

10)  Ek wag vir ‘n spesifieke roepstem

11)  Ek kan nie die Bybel verstaan nie.

12)  Ek voel nie reg om gered te word nie.

13)  Ek het te veel verkeerd gedoen die Here kan my nie vergewe nie.

14)  Geen tyd om aan my geestelike lewe aandag te gee nie.

15)  Ek sal dan nie geld so vinnig kan maak nie.

16)  Ek het eens probeer maar gefaal.

17)  Ek voel nie reg of gereed nie.

18)  So baie om my maak dit nie.

19)  Godsdiens maak ‘n mens net ongelukkig.

20)  Ek was eens gered, en eenmaal gered altyd gered.

21)  Ek is ernstig in my ongeloof, omdat ek nie wil gehoorsaam nie.

22)  Ek gee nie om vir die toekoms nie.

23)  Ek glo die Here is te lief om Sy kinders te straf.

24)  Ek behoort aan ‘n kerk.

25)  Ek vrees nie om te sterf nie.

26)  Op ‘n meer geleë tyd sal ek my lewe regmaak.

Die Israelliete kon aan al hierdie verskonings gedink het maar hulle het hulle rue op die verlede en sonde gedraai, en geneem van die Pasga.  Hulle het dit geneem met hulle heupe omgord, skoene aan hulle voete en ‘n staf in hulle hande, en was haastig.

Hulle was veregesel deur ‘n groot gemengde groep.

Die Here het die Israelliete vergesel van die heel begin af. Die Here het voor hulle uitgetrek in ‘n wolk en vuur kolom. Die oomblik wat u van u sonde gaan wegdraai sal die Here Sy lig oor u laat skyn en u begin te lei.

Hulle het haastig getrek:

Die sondaar neem ‘n lang tyd voordat hy ‘n besluit neem, en moes by die plek kom waar die verlede verbrand moet word.

Hulle wou uit Egipte vlug, maar Faroa was daar om hulle op te soek.

Toe die Israelliete die Egiptenare gesien aan stroom was hulle erg bevrees.

DIE DEURTOG:

Die nag van vrees was die volgende dag omgesit in die dag van verlossing. Van agter het een van die magtigste wermagte van alle tye aangestorm gekom, wat die bloed van hulle vyande gesoek het. 

1.   DIE ROOI SEE OF GEESTELIKE BEVRYDING

Die dinge wat die kinders van Israel deurgegaan het vanaf Egipte tot

hulle besetting van Kanaän kom in soveel opsigte ooreen met die pad

wat die kind van God stap vandat hy uit die duisternis oorgebring is

in die Lig.

            Die duisternis van wanhoop is vervang met die lig van bevryding en verlossing.  Kort op die hakke van die volk van God was een van die wêreld se mees gevreesde leërmagte, die Egiptenaars. Reg voor hulle is die bodemlose Rooi See wat gereed is om hulle in te sluk. 

            Hulle omstandighede het geen sprankie hoop ingehou nie.  Om terug te gaan na Egipte sou vernietiging beteken het, om stil te staan, sou verbryseling deur die leermag van Egipte beteken het en voor hulle die eindelose dieptes van die Rooi See. Hulle is omring deur moei-likhede. 

            Net so gaan dit met die geredde persoon wat op die punt staan van algehele oorgawe.  Om terug te keer of om stil te staan is om in die wrede greep van Satan se misleiding te val.  Om vorentoe te gaan is om te staan te kom voor wat die onmoontlike is om te oorwin.

            Satan laat ‘n molshoop soos ‘n berg lyk en ‘n druppel soos ‘n oseaan.  Hy val alle areas van jou lewe gelyktydig aan en fokus veral op die swak areas. Hy doen alles in sy vermoë om my vooruitgang geestelik te kortwiek.  Hy bring die mens in totale wanhoop.

            Op die punt van Israel se wanhoop en die bemoedigende woorde van God, het die Here Sy dienskneg Moses kom bemoedig:

“Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.  Die HERE sal vir julle stry en julle moet stil wees.”  Ex.14:13, 14

Die donker nag van sonde en smarte het verander in die helder dag van vrylating en hoop.  Die persoon wat God soek, kom ook op die plek waar hy sy sonde by die naam bely en laat staan en homself ten volle oorgee aan God.  Die plek waar hy besef dat niks behalwe God, vir hom iets kan doen nie.

Nothing in my hands  I bring

Simply to the cross I cling

            Die sondaar besef dat hy sy verkeerde weë moet laat staan en die kwaaddoener sy gedagtes en dat hy hom tot God moet bekeer, wat vergewe en verlos.

HEB.11:29 “…die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond…”  Hulle het IN GELOOF deurbeweeg. 

            Hulle moes GEHOORSAAM wees aan die wil van God.  Hulle het in GELOOF GEHOORSAAM.  Die Here het self ‘n pad deur die see gemaak vir hulle verlossing. 

            Vir Israel het dit op hierdie stadium gegaan oor die verlossing uit gevaar, eerder as die hoop op toekomstige diens aan God.  Vir Noag het dit om vrees gegaan vir die oordeel van God.

            Die mag van Farao en Egipte was nou gebreek oor Israel.  Hulle was verlos van hulle vyande en het God se volk geword. ‘n Sondaar word verlos van die mag van die duiwel en die houvas van die wêreld, vergewe van die sondes in die verlede en word ‘n kind van God.  Die verandering is so geweldig dat geen woorde dit kan vertolk nie.

            Israel het ‘n innerlike bewys en oortuiging gehad dat dit wat hulle beleef het werklik was. 

Hulle het:  die Woord van God gehad

                        die neerlaag van die vyand gesien

                     met hulle eie oë gesien dat hulle verlos is uit Egipte.

            So is dit ook met ‘n persoon wat die Here vind:

Hy het:  die Woord van God wat dit bevestig – die getuienis van

die Gees van God, op grond van die Woord van God. Die neerlaag van hulle vyande gesien alles het nuut geword – daar is nuwe hoop, nuwe vriende, nuwe boeke, nuwe gewoontes, omdat hulle uit die duisternis in die Lig gekom het.

            Die volk van God is gedoop in die sin dat hulle nuut gebore is en die wêreld, die vlees en die duiwel versaak het. Hulle word gedoop in Christus.

2.   DIE SINAI WOESTYN ONDERVINDING:

Nou gaan ons kyk na die weg wat die Israeliete gevolg het vanaf die Rooi See tot by Kades Barnea, op die grens van Kanaän.  Op hierdie stadium sing die Israeliete hulle lied van bevryding:

“Die HERE is my krag en my Psalm, en Hy het my tot heil geword.  Hy is my God, Hom sal ek roem;  die God van my vader, Hom sal ek verhef…”  Ex.15:2

Die kind van God het hom gewerp op die Here en vergifnis ontvang.  Hy is op ‘n nuwe weg omdat hy die ou weg versaak het om nooit weer daarop te wandel nie.  Hierdie kind van God behoort aan die Here, net soos die kind van God wat meer lig ontvang het en reeds die vreugde van Kanaän smaak. 

In hierdie deel van hulle wandel ontvang hulle in besonder, voor-bereidings instruksies. Die manna en die kwartels, die wolk en vuur kolom, deurdat hulle die wet ontvang het en die instruksies van hoe die tabernakel gebou moes word, was hulle onderrig in kennis oor hulle eie nood, die natuur van God en die seën wat daar is in gehoor-saamheid aan Hom. Voordat hulle uit Egipte gekom het was hulle geestelik dood en nou is hulle lewend en wanneer hulle in Kanaän in gaan sal hulle bekragtig en toegerus word in Hom.

Hulle was gevoed met manna – die Brood van die hemel.  Hulle het gestaan onder die lering van ‘n man, Moses, vir wie ‘n heilige lewenswandel, ‘n gewoonte geword het.  Soos Jesus wat gepreek het dat nét die wat die wil van die Vader doen, die koninkryk van God sal beërwe. 

Jesus het in Joh.17 gebid dat sy dissipels geheilig mag word, soos Hy heilig is, sodat hulle die belofte van die Vader deelagtig kan word en met krag uit die hoogste bekragtig mag word.

Daar is vreeslike vloeke wat wag vir die persoon wat die wet oortree en wonderlike seëninge vir die wat die wet onderhou.

Die kind van God wat satan en sy weë verlaat het, dien nou ‘n heili-ge God. ‘n Heilige Vader, ‘n heilige Seun en die Heilige Gees, deur die heilige Woord van God en staan in ‘n heilige bediening en hou altyd in gedagte dat daar by hulle ‘n diepe behoefte en verlange na nog meer heiligheid moet wees.

Hierdie kind van God verlang inniglik om in Kanaän, die plek van volmaakte liefde te wees. Selfs in ‘n teruggevalle kind van God se lewe behoort die verlange na ‘n heilige lewe deurgans daar te wees.

God bring sy volk uit Egipte sodat Hy hulle in Kanaän kan inlei.  Net so wil Hy ons uit onreinheid in heiligheid inlei.  Efe.1:4  “soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees…”

In Egipte is daar nie regtig ware gebede nie.  In die Sinai woestyn is daar onwyse gebede en in Kanaän is daar vurige gebede wat groot krag het.

In die woestyn is die geestelik visie van die kind van God dof, soos die blinde man voordat die Here Jesus hom volkome genees het, het nie die werklike prentjie gesien soos dit was nie.  Hulle sien dit wat hulle begeer mistig en nie helder nie.

Egipte is duisternis, die woestyn is swak lig en Kanaän is volkome lig.  Die persoon in die woestyn sal wandel met die Here, maar nie die vreugde van die volheid ondervind nie.

Omdat hierdie persoon se visie dof is, struikel hy maklik en val.  Die ernstige persoon staan weer op en probeer weer om vorentoe te be-weeg.  Hy vra vergifnis in trane en loof die Here dat hy dit ontvang. 

Dit is in die woestyn tyd dat die kinders van Israel die dinge wat hulle uit hulle lewenswyse in Egipte neergelê het. 

Ex.33:6: ”Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul ver-siersels, van die berg Horeb af.”

Net so die kind van God I Tim.2:9  “So ook moet die vroue hulle ver-sier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoën-heid, nie met vlegsels of goud en pêrels of kosbare klere nie.”

I Pet.3:3,4 “Julle versiering moet nie uiterlik wees nie; haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige ‘n stille gees, wat baie kosbaar is voor God.”

In plaas van die uiterlike moet hierdie kind van God smaak ontwik-kel vir lering en geestelike kennis en insig.  Die Israeliete het hulle juwele in die kis vir die bou van die Tabernakel gegooi, die kind van God kan hulle juwele gee vir die onderhoud van sendelinge.

Die Israeliete het swaar geleun op die arm van die vlees.  Toe Moses nie by hulle was nie, maar teen die berg uitgeklim het om met God te praat het hulle gestruikel en geval. 

Daar is ‘n baie sterk ooreenkoms met kinders van die Here wat nog nie in Kanaän is nie. Wanneer die manier van aanbidding verander, ontwrig dit hulle, as hulle van predikant verander, kan hulle dit nie verwerk nie, hulle veg teen mekaar en ken nie geheim om mekaar op te bou en te versterk in geloof nie.  Hulle harte is by die dinge hier op aarde en ken nie die visie van die dinge daarbo nie.

Na die kruisiging vind ons die dissipels van die Here Jesus in dieself-de toestand. Petrus het gesê dat hy weer vis gaan vang en die ander het besluit dat dit ook is wat hulle gaan doen.  ‘n Kind van God wat in die woestyn is gee moeilik iets van hulleself of iets uit hulle sak vir die saak van God.  Die kind van God wat Kanaän se rus ingegaan het gee met ‘n blymoedige hart en met rein motiewe vir die saak van God.  Van dit wat hulle besit en van hulleself.

Die ware kind van God, wat uit Egipte gekom het, het nie meer die wêreld en die dinge van die wêreld lief nie. 

In die woestyn was Israel in hulle geestelike babaskoene. ‘n Volk is gebore maar nog baie kinderlik. Daar mag kinders van die Here wees wat intellektueele reuse is, wat in besigheid uitgestyg het, wat sosiaal wonderlik aangepas is, maar nog babas in geloof is. 

Hulle het behoefte daaraan om met melk gevoed te word en nie vaste spyse nie en om op die hande gedra te word en in alles, voortdurend erkenning te kry, in die onvriendelike wêreld waarin ons leef.  Hulle vrees vervolging en huil as hulle ontmoedig word, terwyl hulle lof moes bring aan God, wat die oorwinning bring.  Baie tyd word ge-mors en gespandeer met die prediker wat moet troos en trane afdroog

Dit is ‘n wonderlike ding om ‘n baba in Christus te wees omdat dit die verwagting van lewe en onbeperkte moontlikhede inhou, as daar-die persoon nie gaan sit en in die toestand bly nie.

Israel was in die woestyn bangbroeke. Die oorwinnings wat hulle behaal het was a.g.v. Moses wat ingetree het, nie omdat hulle so dapper was nie. 

Die kind van God wat in die woestyn is, sal baie eerder die gewone allerdaagse omstandighede in die gesig staar as om geestelik die stryd aan te voer.  Hierdie kind van God vind dit moeilik om met iemand ‘n geestelik gesprek aan te knoop a.g.v. hulle eie voorduren-de neerlae.  Hulle haat die swakheid in hulle.  Innerlik is daar voort-durende die verlange na blywende oorwinning.

Dit was in hierdie tyd wat die Israeliete die Amalekiete in oorlog ontmoet het en nie kon uitroei nie.  Die Amalekiete is ‘n tipe van ‘in-wonende sonde’, ‘die vleeslike mens’, ‘die liggaam van die dood’, ’die ou mens’.  Hierdie kind van God het nog nie die wonderlike rus van Kanaän ingegaan nie.

Van binne is daar baie gevoelens en emosies wat opwel bv. trots, na-ywer, jaloesie, selfsug, ongeduld, woede ens.  Dit bring bitterheid en droefheid in die hart.  God het nog nie ‘n volkome werk vir hierdie kind van Hom gedoen nie. 

As die kind van God op hierdie stadium die dringende behoefte in sy hart besef en die reiniging wat die Here bied aanneem, kan daardie siel in die rus van God ingaan. 

Die dissipels van Jesus wat saam met Hom gewandel het en geweet het dat hulle name in die Boek van die Lewe geskryf is en wat deur die woord wat Hy tot hulle gespreek het, in ‘n sin gereinig is, het nog nie die lafhartigheid in die tye van die grootste krisis en begeerte na roem en erkenning uit hulle lewens weggeneem nie.  Dit het die bo-vertrek ondervinding, na Jesus se opstanding gekos om hulle in Kanaän in te lei. 

Jesaja was ‘n profeet van God wat met Hom gewandel het, maar eers toe sy lippe aangeraak is deur ‘n kool vuur van die altaar, is hy gerei-nig van inwonende sonde.  Dit is nie nodig dat ‘n kind van vier maande en jare in die woestyn voortploeter nie.

Baie kinders van die Here, wat nie die volle natuur van die woestyn lewe ken nie en wat nie kan insien watter voorregte die Here vir hul-le in gedagte het nie, word so ontmoedig dat van hulle terug keer na Egipte.

Ander probeer weer die situasie beredder deur uit hulle pad te gaan om goed te doen en pynlike pogings aan te wend om die verleentheid wat inwonende sonde veroorsaak te verhoed.

Ander het hulle harte daarop gerig om geestelik te probeer groei en die Woord van God te bestudeer, maar inwonende sonde het net so vinnig gegroei en ontmoedig die ywerige kind van God om te vol-hard. 

Ander dink weer dat die omstandighede so is om ons nederig te hou en mislei deur die duiwel, troetel die gedagte. 

Ander weer sê dat hulle deur baie dissipline die verrotte werke van die vlees sal onderdruk en besluit dan later op ‘n ander weg, wat beter lyk.

God het vir Israel belowe dat Hy die gedagtenis van Amalek uit sal wis onder die hemel, so sal Hy ons reinig van alle ongeregtigheid en ons verlos van die houvas wat inwonende sonde op ons lewens het.

In Egipte beheer inwonende sonde die lewe van die mens.  In die woestyn word dit met moeite onder beheer gehou en in Kanaän word dit uitgewerp.

DIE NAME IN DIE WOESTYN:

Soos wat die volk van Israel in die woestyn gewandel het, het hulle  van plek tot plek stilgestaan. Die name wat gegee is is deur die Here geinspireer om aan ons lig te werp wat met ons geetelike lewe gebeur.

Die eerste plek waar hulle stilgestaan het was:

1) RAAMSES: Ex.12:37

Die woord beteken DONDERSLAG: of te wel losmaak van die bose. Dit was die beeld avn die wyse waarop die Here Sy volk kom losmaak het. Hy het verlossing kom bewerk sodat ons vry van slawerny kan kom. Die bloed was toegepas. Efe.1:7 “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed…”

2) SAKKUT:

Beteken loofhuttefees: Dit dui op die eerste liefde na wedergeboorte.  Onthou u daardie eerste liefde erfaring, daardie vreesloosheid wat u erfaar het, daardie ywer vir die Here, niks was te veel gevra om te doen nie, alles was kosbaar, die Woord het in u hart geleef ens.

3)      ETAM: EX.13:20

Dit beteken eie krag. Nadat daardie eerste liefde afkoel begin ek nie meer in die volkome lig van die Here te wandel nie, en begin ek nou op di evlees vertrou. Ek kom op kruispaaie of krisses in my lewe en kies voortdurend verkeerd want ek wil nie die pad volkome met die Here bewandel nie.

Dit sou die volk net 12 dae geneem het om deur te trek vanaf Raamses tot Kades Bernea maar dit het hulle 40 jaar geneem.

4)      PI – HAGIROT:

Dit beteken weer krises, voortdurend bring die Here Sy  kind in ‘n krises om hom sy eie hart te laat openbaar. Hier was die volk in die krises dat Fa roa hulle soiu oorweldig en het die Here vir hulle uitkoms voorsien.

Uiterlike seëninge is die norm van die woestyn Hoewel alles vreugdevol en vrolik lyk is die kind van die Here op hierdie stadium nog verblind deur die wonder van die deurtog en kan nog nie insien dat hy in die woestyn van gelyktes en vlaktes verkeer nie.

5)      MARA:

Na drie dae in die woestyn word hierdie volk se geloof getoets. Hulle is dors en die water wat hulle kry is bitter. Reeds hier word die gesindheid van murmirering geopenbaar om hulle harte te openbaar.

Mara beteken bitter. Dit was ‘n heenwyse na hulle hartstoestand en het hulle nodig dat hulle verander moet word tot ‘n lieflike geur en smaak vir ander. Die hout wat in die water gegooi moes word was ‘n heenwyse na die kruis wat in die hart toegepas moet word.

6) ELIM:

Dit beteken vrugbaarheid: Paradys: Dit was te voet sowat drie uur se reis n=vanaf Mara. Die oplossing vir hulle probleem is naby, hulle oet net volhard, want as hulle sou toelaat dat die Here die werk sal doen was daar 12 waterfonteine en 70 palmbome. Volkome voeding is die Here se plan vir u.

7)      DIE SKELFSEE:

Hoe nodig is dit nie soms dat ons teruggebring moet word na die plek waar ons eens met die Here ontmoet het, en waar Hy vir ons wonderbaarlik onderneem het. Die doel daarvan is om ons liefde met die Here te bevestig.

8)      DIE WOESTYN SIN:

Dit dui op die begin van beproewinge wat nou meer intensief sal wees. Vriende paas ‘n Christen wat vleeslik is onder druk en gou sal daar uitspring wat in die hart aan die gang is. Israel het na Egipte terug verlang.

Sien u die hart, dit was hier waar die Here vir hulle die Manna voorsien het. Dit dui vir ons ons afhanklikhied van die Here aan, dat Hy alleen ons bron van voeding moet wees. Manna was hemelsbrood wat deur Engele geeet was.

9) DIE VOLGENDE PLEK IS DEFHA:

Dit beteken uitdryf of aflê. Dit wys op die verhoring van gebed om die probleme waarmee die volk geworstel het op te los. Meer owrd deur die Here uitgedryf om die Here te soek vir ‘n dieper lewe in die Here.

10)  ALUS:

Dit het beknd gestaan as die lêplek van die leeus. Die stratigie van die duiwel is so dikwels om na groot oorwinnings die slaggate daar vir my wag om in te struikel. Dit was hier waar die Israelliete moes vlug vir die Amelikiete en hulle ingehaal was en doodgemaak was.

Die Chrsiten wat laks is sal deur Amelek ingehaal word Amelek (ou mens of inwonende sonde). En sal uiteindelik sterwe. Hier was weer vir hulle ‘n weg van voorsiening. Hier het die Here ‘n wolkkolom en ‘n vuur kolom beskik om voor hulle uit te trek.

Die Here het altyd ‘n wegvan uitkoms en voorsiening.

11) RAFIDUM:

Water uit die rots. Weer moes die Here aan hulle bevestig dat Hy die fontein van lewe is. Toe Moses in ongehoorsaamheid die rots twee keer geslaan het, het die Here verhoed dat hy die beloofde land kon ingaan.

Die Here Jesus is instaat om deur Sy offer vir ons te red en te heilig. Hy het die volle prys betaal 20 jaar en ouer sterf. ‘n Beeld van ‘n beslisde handeling wat moet plaasvind.

12) SINAI:

Dit was die 50 ste dag na die uittog uit Egipte dat hulle daar aangekom het. Hier ws daar die Chritsofenis waar die Here nou aan hulle verskyn en Sy hart aanhulle bekend maak.

Moses as beeld van die geesvervulde het die hunkering om hoër op te gaan en met die Here te ontmoet. Daar is ook die verlange om Sy stem meer en beter te leer ken.

Van hier af is die Here besig om die volk meer en duideliker te onderrig. Hier swerf hulle nie net bloot rond nie, maar begin die here Sy hart aan hulle te openbaar en bekend te maak deur o.a. Sy 10 gebooie en die Tabernakel.

Die volk rig die goue kalf op Ex.32:20 waarna die goue kalf fyngemaak word en op die waters uitgegiet word.  Goud as unieke metaal wat as fyn poeier in water ‘n rooi kleurige skynsel het wat hulle aan bloed moes herhinder.

Hier is die Tabernakel aan hulle gegee om te sê dat Hy van nou af onder hulle sal woon. Die Here is nou in hulle midde. Emmanuel: God met ons.

13) KIBROT HATAAWA:

Dit beteken die graf van begeerlikhede. Dit is wat letterlik moet gebeur as ek die Here wil dien, en om my gereed te maak om Kanaan in te gaan. Daar moet ‘n begrafnis plaasvind van my begeertes en verlanges.

14) HASEROT:

Diet beteken voorhof. Die oomblik wanneer ek sterwe aan my begeerlikhede en self, kom ek in die voorhof van die Here waar Hy my leer en inlei in Sy heerlikhede. Dan kom ek eers by die plek waar ek leer om saam met Christus te wandel.

15) KADES BERNEA:

Lev.10:3 Die Here wil Hom as heilig in hulle midde laat ken. Kedesh beteken die volle omvang van heiligheid alles wat dit behels, en Bernea beteken: Die plek waar dit moet plaasvind.

Baie van die voorwaardes wat ons hier vind, vind ons ook in die lewe van ‘n kind van God wat die volheid van God wil smaak, maar nie bereid is om te voldoen aan die voorwaardes om dit deelagtig te word nie.

Die kinders van Israel was bewus van die feit dat hulle op die grens van Kanaän is.  God het vir hulle gesê dat hulle moet ingaan en dit in besit moet neem.  Hulle het besluit om eers verspieders uit te stuur. 

Kades was die plek van Israel se neerlaag. In Kanaän het hulle reuse gevind wat, as hulle gevrees was sou oorwin, maar as hulle aangeval was, sou val.  Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie reuse:

a. REUS VAN ONVERSKILLIGHEID:

Hy wil niks hoor oor die beloofde land/oorwinning nie.  Vir hierdie persone is die woestyn lewe genoeg. Hulle ontmoedig ander om meer te verwag en probeer die stem van God ten opsigte daarvan stil maak vir ander.  Hulle maak die soekende kinders van God af vir hulle ‘gebrek aan kennis’.

b. REUS VAN VOOROORDEEL:

Hierdie hindernis werk op byna dieselfde manier as ONVERSKIL-LIGHEID. Bitterheid, twyfel en wanhoop is die simptome van per-sone wat met vooroordeel luister na iemand wat getuig van volle ver-lossing omdat dit nie vir daardie persoon realisties is nie.

c. REUS VAN SPESIFIEKE OMSTANDIGHEDE:

Hierdie persoon voel dat sy omstandighede dit vir hom nie moontlik maak om die Here te vertrou vir ‘n dieper werk nie.

d.    REUS VAN WETTIESISME:

e.     

Hierdie persoon dink dat volle verlossing werke is en nie. Hierdie persoon dink dat volle verlossing werke is en nie geloof nie. Geloof

nie. 

e. DIE REUS VAN FORMALITEIT:

Hierdie persoon is soos die Wetiesisme. 

f.      DIE REUS VAN INWONENDE SONDE:

Hy is aan bande gelê by wedergeboorte, maar kom nou baie sterk na

vore om groei en vooruitgang te belemmer.  Hy verklaar homself onoorwinbaar en spot met die gedagte dat hy ondergehou moet word, selfs deur goddelike krag. Sy kinders is trots, afguns, geirriteerdheid, humeurigheid, selfsug, onheilige ambisie en vrees.  Hulle saam met hulle vader bied weestand teen die krag wat hulle kan vernietig.

g.    DIE REUS VAN ECCLISIASITISM:

Godsdienstigheid. Die persoon wil nie die vernedering ondergaan dat sy lering nie suiwer is nie.  Dat sy redding bevraagteken word nie, dat sy opleiding nie voldoende was nie, dat die denominasie waarin hy is, kompromie sluit, ens.

h.    DIE REUS VAN EGOïSME:

Hierdie persoon sê ‘Ek het my eie siening.  Ek neem nie sommer enige iets aan vir die waarheid nie’.   Egoïsme sal ‘n mens laat beswyk in die woestyn.

i.      DIE REUS VAN WêRELD GESINDHEID:

Hierdie persoon dink voortdurend aan wat mense sal sê as hy so uit-en-uit vir die Here leef.  Dit is onmoontlik vir hierdie persoon om afgesonder en heilig te leef. 

j.      DIE REUS VAN ‘N ‘DONKER’ GEWOONTE:

Iets wat die gemoed so bedwelm en so verkleef is aan die mens dat hy nie kans sien om te laat gaan nie.

k.    REUS VAN TROTS:

Hierdie persoon vrees die kritiek van familie en vriende.  Hierdie persoon kan eenvoudig net nie tussen publiek bid nie, nie eers sy kop buig wanneer gebid word nie.

l.      REUS VAN VOOROORDEEL:

Hierdie persoon oordeel ander asof hulle in die Beloofde Land is, terwyl hulle nog nie daar is nie.  Hy getuig teen hulle dat hulle praat van heiligheid maar hulle lewens toon dit nie.

m.  REUS VAN EMOSIES:

Hierdie reus wil hê dat ‘n persoon moet getuig, in geloof en na aanleiding vane mosie dat hulle in die Beloofde Land is, terwyl hulle nie daar is nie.

n. REUS VAN MISLEIDING:

A.g.v. verkeerde verwagtinge aan vaar die persoon dat ‘ne lewe van oorwinning nie vir hulle bedoel is nie.

o.    REUS VAN HARDKOPPIGHEID:

Daar is ‘n afgod of sonde wat hierdie persoon nie afstand van wil doen nie.

p.      DIE REUS VAN ONGELOOF:

Twyfel en die ander REUSE moet mee gehandel word, voordat die persoon die dieper lewe deelagtig kan word.

**********

SKELFSEE – Die naam van’n deel van die Rooi See.  Net twee plekke, buiten hier in die Bybel – Hand.7:36 en Heb.11:29.  Skelf in Heb. Is ‘jam soef’  wat riete of biesies beteken.  Met die reëntyd het die riete met die rivier afgekom en is in die see gestort.  Hier was die Israeliete 3 dae sonder water. 

Die WOESTYN SUR – beteken ‘muur’ – aan die Oos grens van Egipte.  Die Israeliete het deur hierdie woestyn na Mara getrek.  Ex.15:22.  Die woestynvlakke is omsluit deur ‘n bergrug met reguit bolyne.  Die bergketting wat gevorm is, het soos ‘n muur om die woestyn gelyk.

Hulle het toe by MARA aangekom.  Dit was ‘n fontein in die woes-tyn waarvan die water bitter was.  Die volk het teen Moses gemur-mereer.  Daar is ‘n stuk hout in die water gegooi en dit het soet geword.  Ex.15:26

Daar het die Here Sy insetting en verordening met die volk vasgestel en hulle daar beproef en gesê “As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na Sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie;  want Ek is die HERE wat jou gesond maak.”

Daar het die Here Sy insetting en verordening met die volk vasgestel en hulle daar beproef en gesê “As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na Sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie;  want Ek is die HERE wat jou gesond maak.”

Daarna het hulle by ELIM gekom.  Ex.15:27.  Elim beteken ‘groot bome’  Dit was ‘n plek met 12 fonteine en 70 palmbome.  Die volk het hier laer opgeslaan.

Tussen Elim en SINAI is die WOESTYN SIN.  Dit is geleë langs die Suidelike grens van die Beloofde Land.  Ex.16:1.  Dit was op die 15de dag van die tweede maand.  Hier het die hele volk weer teen Moses en Aäron gemurmereer.  Die Here het manna en kwartels voorsien.

SINAI – ‘rotsplek’ of ‘berg van SIN’. Ook die ‘Berg van Verbond’ genoem.  Dit is geleë aan die Suid-Westelike kant buite Kanaän.  Die grondslag van Israel se volksbestaan en wetgewing is hier gelê. 

By die berg was ‘n vlakte waar die volk laer opgeslaan het.  Dit was 11 dagreise van Kades Barnea af.

KADES BARNEA – dit beteken ‘gewyd’.  Dit is ‘n fonteingebied wat geleë is in die Suide van Palestina.  Jos.15:3.  Hier het Israel gebly nadat die aankondiging van God se oordeel gekom het dat hulle in die woestyn sal sterwe.  Num.13:26  Miriam se dood en begrafnis het hier plaasgevind.

Die volk het nou laer opgeslaan by RAFIDIM – Dit beteken ‘laer plekke’.  Die volk soek water en Moses trek voor die volk uit tot by HOREB, waar hy die rots geslaan het en waaruit water gekom het.  Ex.17:6. Die hele volk het gedrink en die plek MASSA en MARIBA genoem.

HOREB beteken ‘berg van God’ of ‘berg van verskroeing’  Dit is deel van die hele Sinai gebergte.

By MASSA en MERIBA twis die volk weer met Moses omdat daar nie water is nie.  MASSA en MERIBA beteken ‘versoeking en twis’.  Die volk wou weet of die Here in hulle midde is of nie.

Toe het Amalek gekom om teen Israel by Rafidim te veg.  Moses, Hur en Aäron het na die top van die heuwel opgeklim.  Terwyl Hur en Aäron Moses se hande omhoog hou het Israel die oorwinning oor Amalek behaal, solank Moses se arms gesak het het Amalek oorwin. 

Moses bou daar ‘n altaar en noem dit DIE HERE IS MY BANIER.

Jetro, Moses se skoonpappie bring Moses se vrou Sippora (beteken ‘voeltjie’), na Moses in die woestyn.  Haar tweede seun se naam was Gersom, wat beteken ‘ek het ‘n vreemdeling geword in ‘n vreemde land’  Moses is byna deur God doodgemaak voordat Sippora Gersom besny het. Hier het Sippora Moses haar bloedbuidegom genoem.  Moses se ander seun se naam was Eliëser – dit beteken ‘die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.’  Ex.18:5.

By SINAI het God met die volk ontmoet in ‘n verterende vuur en ‘n wolk.  Ex.24:16-18

Die Engel van die Here het die volk toe gebring by die Amoriete (bergbewoners, ook Semiete genoem), Hetiete(afstammeling van Gam) en Feresiete(oudste bewoners van Kanaän) en Kanaäniete(bewoners van die land Kanaän), Hewiete en Jebusiete.  En hulle die versekering gegee dat Hy hulle sal vernietig.  Ex.23:23

*********

DIE WOESTYN LEWE:

INLEIDING

Ons het gesien hoe hierdie volk in benoudheid was en tot die Here geroep het en daar wonderlik uitkoms gekom het.

Nou gaan ons na die dorpe se name kyk waardeur hulle getrek het aangesien elkeen van hulle ‘n spesifieke betekenis het:

1) RAAMSES: Ex.12:17

Dit beteken donderslag, verlossing van die bose.Dit wys op welke wonderlike wyse die here die volk van Egipte verlos het.

2) SAKKOT: Ex.12:37

Dit beteken loofhuttefees. Hier was hulle eerste ervaring dat hulle nou pelgrims was, vreemdelinge wat na die vreemde oppad was.

3) ETAM: EX.13:20

Dit verwys na eie krag. Die gevaar dat ek in die krises van my lewe op eie krag probeer deurgaan.

4) PI-HAGIROT:

Dit verwys na die krises. Hier was hulle in benoudheid en roep tot die Here om die see te open omdat Faroa hulle agtervolg het.

DIE WOESTYN:

Dit word deur daardie eerste vreugde geken.

HIER WAS BAIE UITERLIKE SEëNINGE:

1)      MARA: BITTER

Na drie dae in die woestyn word hierdie volk se geloof getoets.

Die water is bitter: Nou kom daar  net na die deurtogdie gesindheid van murmurering.

Hier het die Here hulle harte kom openbaar. Die hout in die water is ‘n beeld van die here Jesus wat binne hierdie situasie soetheid kan bring.

2)      ELIM: VRUGBAARHEID

Dit was te voet drie ure se reis vanaf Mara. Die oplossing van hulle probleem was naby. Hulle moes net volhard.

3)      DIE SKELFSEE:

Dit is soms so nodig om na die plekkie gebring te word waar die Here my uit genade gered het, sodat my liefde vir Hom groter en groter kan word.

4)      DIE WOESTYN SIN:

Van hier af begin die beproewinge, meer intensief word. Plaas ‘n vlleslike Christen onder druk sal u gou sien wat in die hart leef.

Nou voorsien die Here vir hulle manna.

5) DEFHA: UITDRYF:

Wys op die verhroing van gebed, en die probleem waarmee volk geworstel het is opgelos, maar word deur die Here uitgedryf om die Here vir meer te soek.

6) ALUS: DIE LêPLEK VAN DIE LEEUS:

Die strategie van die duiwel is dikwels dat na groot oorwinnings daar slaggate vir my wag om in te struikel.  Dit was hier waar dit Israeliete moes vlug vir die Amalakiete dat sommige uitverloor met die Here.  Dit was hulle wat ingehaal en om die lewe gebring het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00