DIE MENS EN SY BEKERING: EFE.2:1-9
INLEIDING:
Hierdie wese wat die Here in Sy genae gesape het is die mees wonderbare wese wat dar beataan. In seker die kleinste van al die planete in die sterreruim, waarvan sterekundiges sê indien daar een ster per sekonde getel sal word dit die mens 2500 jaar sal neem om almal te tel, in hierdie planeet gebeur die mees onbegryplike wondere van alle wonderwerke, nl. die pad van die mens van die begin tot vandag.
1) KOM ONS KYK NA DIE MENS VOOR DIE SONDEVAL:
Daar word soveel vir ons in die Bybel vertel van hierdie wonder skepping wat die Here kom maak het. Telekmale wanneer ons in die Bybel na die Here kyk in Sy bekende gestalte waarin Hy Homslf aan die mens bekend maak is dit in die O.T. in Sy Christofniese gestalte, m.a.w. die Here Jesus wat dit kom doen het, dink bv. aan die brandende doringbos, was dit die Here Jesus was aan Moses vsekyn het, die man met ie ontblote swaard aan Joshua, die gesig van Jesaja was niemand anders as die Here Jesus.
a) AS STOF:
Gen.1:27 Sê die Here dat Hy die mens na Sy beeld geskape het, na die Beeld van God is hy geskape. Uit die laagste materie bekend word hierdie wonder massa voortgebring uit niks. Gen.2:7 sê uitdruklik dat die mens uit stof geformeer is, van die aarde.
Geen ander wese wat geskape was het uit hierdie matreie bestaan nie, dit bevestig net aan ons hoe nietig ons is Al die ander wesens wat geskape is, is deur die mag van Sy woord voorgtgebring bevestig Gen.1 en Joh 1 en Hebr 1 aan ons.
B) SY STATUS:
Hoewel hierdie feit waar is het die Here van die begin van die bestaan van die mens hom uit stof voortgebring het was dit ook die enigste wese wat Hy op hierdie aarde aangestel het in ‘n gesags posisie Gen.1:28. Hy moes vrugbaar word, die aarde vul, en dit onderwerp en daaroor heers en die volledige beskrywing word vir ons in hierdie vers gegee.
Gen.2:7 “En die Here het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van lewe geblaas. Sohet die mens dan ‘n lewende siel geword.”
Sy asem verwys ook na Sy lewe of die diepste van die here die Gees van die Here het Hy in die gees van die mens geblaas en dit maak hom spoveel meer wonderlik, die enisgte wese wat kan ervaar dat die Here Sy lewe of asem in hom inblaas.
Ps.8:6-7 “U het hom wienig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en herlikheid bekroon, u laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel”
Joh.1:11 Sê :”dat Hy na Sy eie eiendom gekom het, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.”
Efe.1:22 “Hy het alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee.”
Kol.1:15-17 “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eers-geborene van die hele skepping, want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte, – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.”
Hebr.1:2 “wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.”
Die stoflike wese was deur die Here en nie deur sy eie vermoeë aangestel om te heers oor al hierdie wonder skepping nie. Hy wat bekroon was met eer en heerlikheid, hy wat as ‘n beeld van die eerste Adam so geskyn het op die berg van verheerliking om aan die dissipels te toon wat die mens werklik was, Hy was bekroon met glans en heerlikheid en die mens het die mag gehad om nie net te heers nie maar aan te stel die diere en die plante volgens hulle ordes en hirargië.
Hy het hoewel hy hierdie wonder eienskap gehad het sy gesag binne perke gehad. Hy was aangestel om binne die grense van die riviere te heers, hy het geen gesag buuite hierdie grense geken nie.
C) SY STRAF:
Hoewel ie mens hierdie wonder gesag gehad het was daar in hulle volkomenheid net een area waarin hulle as volmaakte wesens kon verbeter het en dit was in kennis om al hierdie diere en plante te kon benoem. Duit was in hierdie area wat die duiwel die mens kom verlei het deur aan Eva die vermoeë van Goddelike kennis te kom voorhou.
Die verbode vrug was die boom van kennis en goed en kwaad. Daar was in die innisiatief van die Here meer as genoeg bome om in hierdie wondertuin te kon geniet op hierdie boom was daar ‘n verbot, en die mens was deur hierdie verbod geprikkel om te neem wat die Here gesê het verbode is.
Hierdie natuur van opstand en rebellie het in die hart van die mens kom heers van die oomblik wat Eva van hierdie verbode vrug wou eet.
Met die versoeking van die Here Jesus in Matt.4 was daar ‘n ander aspek wat die mens getreiter het waarin die vervalle natuur hom probeer verlustig nl. krag. Kennis en krag is die twee aspekte waarop die mens konsentreer.
As die Here Jesus Hom aandie duiwel sou oorgee sou Hy Sy krag verloor het en die kruis omseil het.
Weens die ongehoorsaamheid van Adam en Eva word hulle uit die Tuin van Eden verban en gebeur daar soveel dinge met die mens in een oomblik van ongehoorsaamheid.
Hulle verloor hulle heerlikheid, en die glans is van hulle weggeneem, hulle verloor hulle status en moes nou in plek van heers vlug, hulle veloor hulle posisie en is nie meer in die tuin nie, hulle ervaar die straf van sonde deur verwering, sweet van aangesig te werk, deur vloeke van dorings en distels wat die aarde getref het, ens.
2) DIE MENS NA DIE SONDEVAL:
Die bron waruit lewe vir die mens bestaan het nl. die Here het vir die mens ‘n vyandige bedreiging ingehou, en die bron van hulle eie bestaan het bedrieglik geword geen wonder dat Jermia 17:9 vir ons sê “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja wie kan dit ken.”
a) Sy situasie:
Die mens na die ondeval het die dood van sonde en verwerng ervaar, vrees het sy deel geword en is voortdurend op die vlug, hy leef verwyder van die Here en daarom is dit dat ek ervaar dat ek teen die plafon vasbid.
Joh.9:31 God hoornie die gebed van die sondaar nie, beghalwe daarin dat hy hom bekeer.
Jes.59:1-2 Die oor van die Here is nie die swaar om te hoor en Sy arm nie te kort om te help nie, maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur gevorm sodat Hy nie kan hoor nie.
C) SY STOP:
Die mens was geskeur in drie komponente. Hoewle hy bly lewe het het dit in ‘n verwronge beeld nou ontwikkel. Fil.2:15 Ons leef in ‘n krom en verdraaide geslag.
Sy liggaam ervaar verwering, ouderdom tree in, siekte teister die mens, hy leef onder die druk van al die straf wat die aarde getref het. Hy is veroordeel, en die toorn van die Here heers nou oor die mens van die begin van sy bestaan weens die feit dat die Here sonde haat en die mens in sonde gebore en ontvang is.
Hy het in sy siel beperk geword en ken nou nie meer die gedagtes van die Here nie, hy leef nou net volgens die instinkte van sy eie begeertes en is nou daarom so self gesentreerd, alles draai nou net om myself en my ervaringe.
Hy leef in sy siel met allerhande vrese en bygelowe en is aangewese op sy sintuie om te kan voortbestaan m.a.w. wat hy sien en voel en ervaar, wat hy menslik waarneem is die bron van voortbestaan. Geen wornder dat Rom 3:11-12 vir ons sê dat daar niemand is wat goed dooen nie, dat daar selfs nie een is nie, dat daar niemand is wat God soek nie. Dit is nie in die aard van die mens om die Here te wil soek nie, dit is die Gees van die Here wat genadiglik met die mens bemoeienis kom maak, in samewerking met my gewilligheid.
Sy gees is geestelik wel daar maar dit is dood, dit het nie die vermoeë om in homself lewend te kan word nie. Die gees van die mens het geen bestemming anders as wat die produk van sonde aan m\die mens kom doen het nie, nl. te sterwe, die loon van die sonde is die dood.
Dood in die verband verwys ook na ‘n verkeerde eindbestemming, nl. die plek van swael en vuur die pelk van ewige verwydering weg van die aangesig van die Here en weg van ‘n verlange om die Here te soek. Daarom word aan ons in Jes.55:6 gesê: Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy naby is, sodat Hy jou lewend kan maak.
Die mens sê Kol.1:11 Is in duisternis en die dood heers oor hom wat ‘n donker prentjie as jy vandag nog nie jou saak met die Here reggemaak het nie, is dit die posisie wat jy nou beklee.
3) DIE MENS TYDENS EN NA SY BEKERING:
Daar is hoop vir ons. Die hart van die Here klop vir Sy skepping. Hy het ‘n plan en ‘n doel met ons lewens. Efe.1:4 Sê Hy dat Hy reeds voor die grondlegging van die aarde bestem het dat elkeen vanm ons heilig moet lewe.
Die woord beteken o.a. dat ons opreg, in ‘n lewende verhouding en afgesonderd moet lewe. Hy wil die mag van die dood en die doderyk oor ons kom breek 1 Kor.15 en wil aan jou ook in jou hart ‘n verandeing kom bewerkstelig. Hy beloof dat Hy alles nuutr kom maak 11 Kor.5:17
Daar is so ‘n rykdom van beloftes Hy sê o.a. of weet ons nie dat die goedertierenheid van die Here ons tot bekering wil bring nie.
Hy beloof dat Hy aan ons lewe wil kom bied Joh.10:10 Hy was bereid om Sy liefde aan ons te kom bewys deur Sy Eie eersgebore Seun na die aarde te stuur sodat ons in Hom kan lewe.
So Lief het God die wêreld gehad sodat Hy Sy enig gebore Seun na die aarde kon stuur, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan he.
Joh.1:12 beloof Hy dat Hy aan ons bekerings genade sal gun dat ons krag of mag sal kan ontvang om gebore te kan word en as kind vandie Here aangeneem te word.
Hy het alles vir ons kom doen, Hy het Goddelike bloed kom stort, Rom.3:25 sodat Hy alles betaal het Hebr. verwys telkemale darna dat Hy eenmaal geoffer was vir al ons sondes en dat jy en ek niks uit onsself kan doen om gered te word nie. Ons is hopeloos enm het niks ouliks in ons om ons van die toorn wat aan die kom is te kan verlos nie.
a) U moet u behoefte bekend maak aan die Here
Die Here smag om u te ontmoet, Hy wil dat u die probleem van u hart aan Hom bekend sal maak. Hywil hê dat u eerlike moet raak en besef dat u met dieslefde probbleem sit as Adam enEva nl. rebellie en opstand, hoogmoed wat die hart tuister.
Hy wil he dat ek myself voor die here sal verneder en my behoefte spesifuiek bekend maak. Dat ek sal erken dat ek totaal verlore is dat ek besef dat daar niks goeds in my woon nie, dat ek myself nie kan help nie.
Hy wil jou bekeer, vandag as jy Sy stem hoor verhard nie jou hart soos in die dag van verbittering nie, bekeer jou, jy moet omdraai en h\jou toestand aan die Here bekend maak.
Die oomblik wat ek my toestand bekend sal maak sal Hy naby kom en jou genadig wees, sal Hy jou kom bring by die plek waar jy jou toestand raaksien soos dit is en jou kom ontmoet.
Sy ontmoeting behels verlossing van die sonder probleem waarmee jy gebore is. Hy maak alles nuut Hy kom gee lewe in jou binneste en soos wat Hy in Adam se siel lewe kom inblaas het wil Hy ook in jou siel die Ewige lewe kom inblaas.
Jy sal weet dat jy nuut gemaak is, jy sal weet dat jou lewend geword het Rom.1:18 Sê “Dat Sy Gees in jou gees sal getuig, dat jy ‘n kind van God is”
B) SY SALIGHEID:
Hand.4:12 Sê “En die salgheid is in nieamnd anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” nl. die Naam Jesus Christus.
C) Ons gesag:
In Hom is ons meer as oorwinnaars, het ons die ewige lewe, het ons die gesag om te heers oor sonde. Judas vs.24 “Aan Hom dan wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig.”
Ons sit saam met Hom in hemelse plekke. Ons is in Hom erfgename, in Hom het ons verligte oë van die verstand ens.
SLOT:
Wat gaan jy met Hom maak, gaan jy Hom toelaat,moet nie wag vir ‘n gevoel nie, kom net soos jy is en laat ons die saak uitmaak sê die HHHHHHHHere.