DIE LIG VAN DIE EVANGELIE 1 Joh.1:5 + Joh.9

INLEIDING:


Dit is nodig dat ons weer ‘n helder blik aangaande die Lig van die Here sal moet kry om ons visie met die Here Jesus weer te herstel.


1 Tim.6:16 Maak melding daarvan dat die Here in ontoeganklike Lig woon. Hy praat in Open.1:12-17 van die Here Jesus as: “Toe draai ek om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelare Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters. En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp twee-snydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste.”


In 1 Joh. Wanneer hierdieselfde veteraan terugkyk na dit wat hy alles ervaar het van die Here Jesus vertel hy, wie die Here Jesus was en sê: “Wat van die begjn af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas hetaangaande die Woord van die lewe- en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is – wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun Jesus Christus. En ons skrywe hierdie dinge aan julle sodat julle blydskap volkome kan wees. En dit is di everkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is Lig en geen duisternis is in Hom nie.


Die Here Jesus verklaar van Homself in Joh.812+9:5 die woorde: “Ek is die lig van die wêreld..”


DIE BLINDHEID:


Die onsteltenis aangaande hierdie woord was so oorweldigend dat die Fariseërs Hom wou stenig. Dit was juis in hierdie oomblikke dat Hy die krag van Say heerlikheid kom openbaar het deur die blinde man, wat oor hom die suspisie van een of ander sonde het sy van homself of van sy ouers se sonde gedra het.


Die Here Jesus kom verklaar hierdie probleem deur aan hulle te sê dat hy genees moes word, sodat die werke van God in hom geopen-baar moes word. Die man was blind sodat die genade van die Here asook die boosheid van hulle eie harte in hom geopenbaar kon word. 


Net so moes Lasrus sterwe sodat die heerlikheid van die Vader in hom geopenbaar moes word. Joh.11:4         


2) DIE VERLOSSING:


Die redding van die men was so snaaks soos die oorsprong van sy blindheid was. Sy oë was met klei gesalf, en op gespuug en toe opdrag gegee om sy oë in die bad van Siloem te gaan was. Vs.6-7.


Daar was geen magiese krag in die klei of die spuug nie, ook nie in die water nie, al hierdie dinge was maar swak voorwerpe, maar sy oë was geopen op grond van sy gehoorsaamheid aan die Woord van die Here wat as ‘Die Lig van hierdie wêreld gespreek het”


Hy het sy oë gaan was en het teruggekom met oë wat kon sien.


Die man was nie verantwoordelik vir die feit dat hy blind gebore was nie, maar vir die feit dat hy die Heiliand se stem moes gehoorsaam. As hy ongehoorsaam sou wees, sou hy blind gebly het.


Die prediking van die Woord kan soos stof wees, of soos die spoeg, of soos die klei, dit is nie die prediking as sulks wat die verskil sal maak nie, maar die Woord van die Here wat Sy opdrag gee om te gehoorsaam, wat sulke  eevoudige dinge kan laat verander. “Gaan was jouself.”


Die oomblik wat ons glo en gehoorsaam en Sy Woord op die proef stel deur spesifiek op te tree, dat ons sal sien. Daar is dus geen verskoning vir geestelike blindheid nie.


Joh.8:12 “Ek is die Lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”


3) BELYDENIS:


Toe die omstanders wou weet hoe sy oë geopen was het hy eenvoudig gesê wat gebeur het: Vs.11 “Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater van Siloem en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.”


Die blinde man het geen eer vir homself geneem nie. Hy kon die wonderwerk nie verduidelik het nie, maar wat met hom gebeur het, vertel.


4) DIE VERSEKERING: vs.25


“Een ding weet ek, dat ek blind was en nou sien.”


Hy het nie tyd ver allerhande redenasies gehad nie, wat hy ervaar het het hy vertel.  11 Kor.5:17 Kon hy van bevestig dat alles nuut geword het.


5) SY GETUIENIS:


Alhoewel hy min van hierdie man geweet het, was sy vertroue in Hom. Toe hulle van hom wou weet wat hy van die Man dink was sy antwoord: vs.17 Hy is ‘n profeet.


Vs.27 Spot hy met die Fariseërs en vra aan hulle of hulle ook SY dissipels wou word. Daar was net een Man wat vir hom getel het en dit was die Man wat sy oë geopen het. Vs.33 Sê Hy: As hierdie Man nie van die Here was nie, sou Hy nie sy oë geopen het nie.


Dit was duidelik dat die Here Jesus die geseënde Meester was en ywerig dat ander ook Sy dissipels moes word. Die Naam Jesus het min waarde in ons lewens as Hy ons nie inspireer, ons vreesloos maak en met ander pleit om Hom na te volg.


6) VERVOLGING:


Vs.28 Hulle het hom uitgeskel. Vs.34 Hulle het hom uitgeban.


Hulle kon sy getuienis nie staan nie, en daarom dat hulle hom ver-volg en gespot het. Hulle kon sy geselskap nie staan nie.


Skielik het ‘n geseënde gehate en verag in hulle midde geword. Luk.6:22 Sê die Here Jesus: “Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en julle naam weg-gooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.”


Dit is vir die vyande makliker om te verstoot as om aan te neem. Deur die nedrige man weg te werp, was dit om hulle eie kredietwaar-digheid weg te gooi.


7) SY BEVREDIGING:


Nadat hulle hom uitgeban het, het die Here Jesus elf met hom gepraat, en Homself aan hom geopenbaar. Vs.35-38.


Sy uitbanning het hom in ‘n nouer verhouding metd ie Here Jesus gebring. Dit was vir hom baie beter om buite te wees met Christus dan binne te wees sonder Hom. Die Here maak op een of  ander manier vir ‘n mens op. Jes.66:5. Hy was volkome bevredig met die feit dat hy die Here Jesus kon aanbid.


Dit is iets baie dieper as gebed.


8) DIE OORDEEL:


Vs.39-41. “Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien blind mag word.


Die Here Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar Hy het gekom as “Die Lig van hierdie wêreld”


Alhoewel die Here Jesus Sy oë geopen het, het hulle in vs.26 Hom beskuldig van ‘n sondaar. Die Here Jesus vra in hfst.8:46 “Wie van julle oortuig My van sonde”


Hulle het hullself veroordeel deur die duisternis liewer te hê as die Lig. Jou sonde bly omdat julle nie sien nie, maar blind is.


Die blinde man se genesing was om aan die Fariseërs te bewys, dat Hy sondes vergewe, en ‘n waarskuwing aan die wat op hulle eie krag steun wat hulle tot ewige duisternis sal lei. 1 Kor.3:18


Wanneer ons van die skeppingsverhaal in Gen.1 lees word daar nie minder as 7 keer melding gemaak van die woord Lig nie.


In die O.T is die woord lig in geweldig baie kotekste gebruik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00