DIE LEWE VAN JOSEF:

INLEIDING:

Daar is so baie wat van Josef genoem kan word. Daar is die aspek waarin hy ‘n tipe van die here Jesus is, waar hy as vreemedling op ‘n vreemde plek gestuur was, dat hy op die ouderdom van 30 jaar sy bdiening begin het ens.

Vandag wil ek na ‘n praktiese aspek van Josef se lewe kyk en vertrou dat hierdie eenvoudige boodskap altyd in u siel weerklank sal vind.

Kom ons kyk net eers na die betekenis van sy naam: Sy naam beteken: Mag die Here byvoeg.

Hy as die 11 de seun van Jakob en die eerste uit Ragel gebore was gebore 6 jaar voor Jakob uit Paddan Aram vertrek het. Hy is gebore terwyl Jakob by sy oom Laban gebly het. Die seun van sy ouderdom in Gen.37:3 verwys na die ouderdom waarin di eman nie meer kinders kan hê nie. Dr. Brown het sommetjies gemaak en by geleentheid gesê dat hy ten minste diep in die 70 tig waarskynlik was. Gen.44;20 bevestig hierdie stelling.

Spogklere was vir Romeinse jongmense gemaak wat wit en pers strepe gehad het, en gedra tot die ouderdom van 17. Jakob het iets soortgelyks vir Josef gemaak.

Josef se besondere loopbaan was ‘n bewys van die voorsienigheid van die Here. Telkemale was sy diepste vernederings omskep in hoogste suksesse.

Die plan van Josef was om Israel aan die lewe te hou, en hulle na Egipte te bring en in Gosen in afsondering van Kanaan te bring sodatdie volk sy fondasies van sy aardsvaders kon vaslê. Die volk moes later toe die ongeregtigheid in Kanaan hoogty gevier het, uit moes roei, en die beloofde land beërwe.

In die diepste wese hiervan was alles ondergeskik aan die koms van die beloofde Messias,  Josef het ‘n besef hiervan gehad sien o.a. Gen.50:25, Hebr.11:22 ens.

Josef was deur sy beproewinge gelouter.  

Ons gaan na drie aspekte in s lewe kyk en dan die toepassing op ons eie lewens maak.

Eerstens: Sy lewe in sy familie.

Tweedens: Sy lewe in Egipte ( waar hy alleen is)

Derdens: Sy lewein ‘n verantwoordelike posisie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00