DIE LEWE VAN DIE KERK: EFE.2:1-22.
INLEIDING:
Die kerkbedeling het by die uitstorting van die Heilige Gees begin en eindig by die wegraping van die kerk. Die woord kerk kom van die Griekse woord “Ecclesia” wat beteken om uit te roep vanuit die wêreld. 1Kor.2:1 “aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges…”
Paulus skrywe hier aan die rykste stad van daardie tyd, die sg. San-ton van ons dag. Alles het gegaan oor materieële sukses. Of u in Santon of Standerton is, die behoefte van die mens bly dieselfde.
In Efe. was Diana aanbid, wat die godin van vrugbaarheid voorgestel het. Met al hulle suksesse moes Paulus baie wys tewerk gaan om by hulle harte uit te kom. Hy gebruik die strategie om hulle aan hulle arm geestelike lewens te wys, en die klem op die volheid en rykdom wat ons in die Here Jesus het te wys.
VOLHEID IN CHRISTUS Vs.3-4
Hy begin met vs.3 deur vir hulle te wys dat daar oorvloedige volheid van seëninge in die Here Jesus is, en dat ons dit alleen deelagtig kan word as ons vs.4 nakom, nl. om by die plek te kom waar ons gered word en in Sy raadsplan val en heilig begin te lewe.
Soos met die Korinthe gemeente herhinder Paulus hulle dat hulle reeds heilig is die dag as hulle gered word, maar dat daar iets meer is nl. dat ons onberispelik moet wandel, iets diepers wat hy vir die kerk voorstel
Wanneer ons in die begin van die jaar die terme kerk gebruik wil ek dit aan u verduidelik. Die kerk is ‘n lewende organisme waardeur die Here Jesus Homself aan die wêreld bekend wil maak.
In 1 Kor.12.27 Maak Paulus die stelling dat ons die liggaam van die Here Jesus is, en dat uit vs.13 hy sê dat ons tot ‘n eenheid geroep of gedoop word, deur die doping van die Heilige Gees. Die kerk is Sy liggaam wat bestaan uit weergebore siele wat deur Sy bloed gered is en deur die Heilige Gees verander is.
Slegs ‘n klein deeltjie van die kerk is hier op aarde, ‘n groot deel van die kerk is reeds in die hemel opgeneem, van die wat reeds gesterf het.
Die kerk het nie ‘n sigbare hoof op aarde nie, maar ‘n onsigbare (Christus) in die hemel. Christus het Sy lewe gegee, sodat Hy ‘n kerk op aarde kon vind. Efe.5:25 “soos Christus ook die gemeente liefge-had het en Homself daarvoor oorgegee het”
Christene is die medium waardeur die Here Jesus as ‘n sigbare agent Sy gevoelens, Sy doel, en Sy werk wil voortsit, om die verloregaan-de wêreld te bereik.
Sy doel met die kerk is om hulle saam met Hom te kan neem. Hand. 15:14 “Simeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir Sy Naam aan te neem.”
Onthou dat toe die Here Jesus die kruis genader het, het Hy in Sy gebed in die Bo-Vetrek dinge verklaar waarom Hy Sy lewe gegee het, wat van uiterste belang vir u en my is. In Joh.17:17 roep Hy uit: “Heilig hulle in U waarheid” Dan in vs.21 “dat almal een mag wees.”
Is dit nie opvallend dat die gebed van Joh.17 meer oor die eenheid van die kerk gegaan het as enige iets anders nie. Hy verklaar hoe dit verkry kan word in vs.22 “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het”
Die eenheid van die ware kinders van die Here is die sentrale ge-dagte van Goddelike orde, vir ‘n verlosde wêreld, en dat heiligheid die sentrale tema is vir die verlosde kerk.
I) DIE KERK: ‘N LIGGAAM: EFE.1:1-23.
DIE VERLOSSING DEUR SY BLOED: VS.7
Hierin verklaar Paulus dat Hy verlossing en vergifnis vir ons bied, soveel as die rykdom van Sy genade vir ons gee, in oorvloed bewys in wysheid en verstand.
DIE VERBORGENHEID VAN SY WIL: VS.9
Hy maak Sy welbehae bekend wat Hy in Homself voorgeneem het.
DIE VOLHEID VAN DIE TYD: VS.10
Hy het alles onder Sy beheer in Sy almagtigheid.
DIE VREUGDE VAN ERFGENAAMSKAP VS.11
Ons is Sy erfdeel omdat ons aanvangklik daartoe verordineer is, omdat Hy alles werk volgens die raad van Sy wil, en as ons gehoor-saam wees volgens die raad van Sy wil. Sy doel is dat ons lewens Hom moet behaag, in alles wat ons doen.
TWEEDE DEEL: VS.13-23
GEHOORSAAMHEID BRING VERSEELING:
Geloof kom deur gehoor en gehoor nadat ons gehoor het geglo het wat die Here vir ons beloof en a.g.v. daarvan verseël is deur die Heilige Gees. Verseel “Aoriste tyd” Spragizo beteken die oomblik wat ek geglo het, het die Heilige Gees die werk in die hart van die geredde bevestig, Verwys na eienaarskap wat ons in die Here verkry het die oomblik wat ons die Here Jesus aangerneem het.
Die onderpand “Arrobon” Verwys na ‘n aanvanklike deposito en dui op die erns van die ooreenkoms wat gesluit is en wat deur die Here verseker word.
Vs.15 Vandat Paulus gehoor het van die hulle vol gehoue groei, nl. geloof en die liefde is daar dankbaarheid in my gebede vir julle.
God gee die Gees van wysheid: Sofia Wysheid om te weet hoe om my geestelike lewe te rig in verhouding tot God. Wat aan goedheid gekoppel is Matt.12:42. As ek wys is teenoor die Here, is Hy begrip-vol teenoor andere en weet hy hoe om omstandighede te reguleer om waarhede van die Here tot die mens toe te pas. En weet t.o.v. die Here om sake in die plan van die Here te reguleer.
Openbaring: Apokalupsis: Om die kennis van die Here aan ‘n siel te verklaar. Sodat die siel ontsluier kan word.
Kennis Epignosis: Dit dui op die duidelke en spesifieke kennis wat die invloed van die siel sal beinvloed na die Here toe. Kennis wat beslag lê op die passiwiteit van ‘n siel.
Die oë hier verwys na die indringing of penetrasie of insig in die hart van die mens, wat kennis gee tot verantwoordelikheid.
Verstand – inetelekteule insig of fakulteit om te weet wat die Here van my verwag.
Om ondervindelike kennis op te doen om te weet wat die hoop of die verwagting is van die wat gereageer het op die roeping tot die Evan-gelie, wat die erfdeel onder die heiliges is. Dat daar meer vir ons ingesluit lê as bloot net redding, dit sluit heiligmaking die heerlike realiteit dat ons eendag met die Here verenig gaan wees dat ons met Hom sal wandel en verander sal word.
Vs.19 KRAG VAN Sy grootheid:
Krag hier is Dunamos: Verkrygde krag deur ons erfdeel, om my instaat te stel of te bekragtig,
Krag van Sy sterkte is Ischus Ish sterkte en echo wat bly voortgaan. Of om bv gesond te wees en gesond te bly. Wat as teenoorgestelde van swak beskou kan word. Ook as Kratos beskrywe wat as sterkte beskrywe kan word.
Vs.20 Wat Hy in ons gewerk het in Christus Jesus energie gewerk het.
II) DIE KERK: ‘N GEBOU: EFE.2:1-22.
Efe.2:8 “Want uit genade is julle gered deur die geloof, en dit is nie uit julleself nie, dit is ‘n gawe van God.”
Hierdie vers verduidelik eenvoudig hoe een wat dood in sonde en misdade is geestelik lewend gemaak is en deel geword het van die uitverkorenes, wat gered is. Geloof is die kanaal waardeur ons ons redding ontvang wat die Here vrylik beskikbaar gestel het. Redding is ‘n vrye gawe en geloof is die ontvanger daarvan.
9 “Nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie”
Nie redding of geloof kan deur werke verkry word nie. Genade maak dit moontlik en geloof aanvaar dit.
In Rom.4:5 maak Paulus hierdie stelling: “aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.”
10. “Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het sodat ons daarin kan wandel.”
Paulus maak dit duidelik dat ons nie deur goeie werke gered word nie, maar dat ons tot goeie werke na ons redding geroep word. Deur redding maak die Here dit moontlik om goeie werke te doen wat noodsaaklik is vir een se uitleweing van geestelike intergiteit.
11. “Daarom onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnede genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word.”
Dit is goed om uit die verlede te onthou dat redding onverdiende loon was, en te onthou wat ons was voordat genade ons harte bereik het. Ons sal dan nie te veel van onsself dink nie. Die belangrike is die band of seël van die Heilige Gees wat ons met redding ontvang het.
12 “dat julle in die tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.”
Na my redding het ek geen vorregte of regte omdat ek nie ‘n burger van hierdie wêreld meer is nie. In my staat van sonde was daar geen hoop vir my nie hier of hierna nie, en was die beeld van die heiden in die O.T. die beeld van die die sondaar sonder redding en hoop.
13 “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus”
Die Here Jesus het die offer vir sonde gebring sodat ons met die Here verenig mag word. Die Bloed van die Here Jesus bring ons wat verwyder was van die Here wonderbaarlik tot Hom. Almal wat ver was het Hy nader gebring.
14 “Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak het en die middelmuur afgebreek het.”
Stamme en volke maak geen verskil by die Here nie, almal wat met die Here ontmoet het, maak weer hulle verhoudinge met ander reg. Dit is ‘n wonderwerk van die Here wat hierdie band van eenheid berwerk.
15 ”deurdat Hy in Sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan: sodat Hy deur vrede te maak die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep.”
Die Jode het die heidene as honde beskou, maar die kruis bewerk versoening vir die mens. Christus het die hoof van hierdie nuwe bedeling geword.
16 “en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.”
Toe die vyandskap wat die wet is verbreek is, het die een liggaam in die vorm van die kerk onstaan.
17 “En Hy het die Evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was.”
Dit was die heidene wat ver was en die Jode wat naby was, en vir beide het die Here Jesus vrede kom verklaar. In.Jes.52:7 sien Jesaja reeds hierdie waarheid raak toe hy sê: “Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning.”
18 “want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.”
Net die Jode het een toegang tot die Here gehad en dit volgens streng voorwaardes gewees. Die heidene kon alleen deel word daarvan wanneer hulle Proseliete geword het. Nou het ons toegang tot die Vader deur Sy Seun en nie meer deur die Hoë Priester nie. In hierdie vers word die Drie Eenheid duidelik omskrywe.
19 “So is julle dan nie weer vreemdelinge en bywoners nie, maar mede burgers van die heiliges en huisgenote van God.”
Ons hoef nie meer vreemdelinge in vreemde omstandighede te wees nie, elke reg tot burgerskap behoort nou an die weergebore kind van die Here. Sy rykdomme is vir elke inwoner van Christus ons deel.
20 “gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is.”
Jesus is die ware fondasie (1 Kor.3:11) Elke Christen moet deel hê aan hierdie instelling van die Here nl. Sy Tempel, waarin die Here in Sy volheid kom woon. Die hele struktuur word op die hoeksteen nl. die Here Jesus gebou. Die Here bou Sy kerk volgens Sy voorskrifte.
21 “in wie die hele gebou goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here.”
Die liggaam van die Here Jesus is ‘n lewende organisme, wat harmo-nieer en inmekaar skakel soos nuwe bekeerlinge in die gebou van die Here inskakel. Onder al die strominge van individue het die Here Jesus Sy kruis geplaas at die fondament is waarheen siel kan kom om gered te word en in die gebou die kerk van die Here Jesus ingeskakel kan word.
22”in wie julle ook nou saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.”
Heiden en Jood word nou in een liggaam van die Here Jesus ingeska-kel. Dit dien as ‘n tuiste vir die here en stel die kerk instaat om outo-riteit uit te oefen en laat die boodskap aan almal bied wat wil hoor.
Net ‘n gedig:
I think I shall never see,
A church that’s all it ought to be:
A church which members never stray,
Beyond the stait and narrow way,
A church that has no empty pews,
Whose pastor never has the blues,
A church whose deacons always “deak”
And non are proud but always meek,
Where gossips never peddle lies,
Or make complaints or critize,
Where all are always sweet and kind,
And all to others faults are blind.
Such perfect churches there may be,
But none of them are known to me,
But still we’
OPROEP TOT VOLWASSENHEID:
11 PET.3:18 + EFE.4:1-16 (17-32)
INLEIDING:
Die boodskap van Efe. is dat alleen deur die Here Jesus het die kerk gemeenskap, waardeur yster grendels, koper deure en alle ander as-pekte tot ‘n finaliteit gebring word. In die Liggaam van die kerk kan daar nie Griek of Jood, besnydenis of on-besnedene Barbaar (Iemand wat growwe of vreemde tale gebruik of in heidese tale praat) of Scith, (verwys na ander dialekte wat ook as barbaars of wild be-skrywe kan word) gebind of vry maar Christus is alles in almal. Kol.3:11.
Dit is die Here wat uiterstes bymekaar kan bring en hulle een kan maak, deur hulle na Hom te bring. Deur verlossing maak Hy hulle een met Homself, en daarom een met mekaar.
Die kerk is die kanaal waardeur die Here herstel wil bring en moet dus die instrument wees waardeur Hy kan werk om Sy uiteindelike doel te kan bereik, om die mense aan Hom te verenig.
Dit is alleen soos die kerk realieit uitlewe in die area van herstel dat sy behoorlik sal kan funksioneer, om die Evangelie te verkondig.
Die kerk moet kleinlikhede eenkant sit en haar fokus op Jesus die voleinder van die geloof plaas, en die volheid van die Here opneem as Sy ‘n inpak op hierdie tydse mense sal wil maak. 1 Sam.4:9 “Wees dapper en gedra julle soos manne”
A) GROEI: EFE.4:1-32
1) Efe.4:1 “Ek vermaan julle, ek, die gevangene in die Here,om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,…”
Vanaf hfst.4 het Paulus nou uit die eerste drie hoofstukke oorge-gaan na die praktiese aspekte waarin hy nou die klem op ‘n wandel plaas.
Die wandel sluit ‘n innerlike en ‘n uiterlike handeling. Dit sluit woorde gedagtes en dade in.
Ons kan hierdie belangrike waarneming in my gedrag maak deur te vra: Voordat ek spreek, handel, of besluit, sal die reslutaat van dit in lyn wees met met die doel van die Here wanneer Hy my roep tot Sy kindskap en om te ontwikkel as ‘n volwasse heilige in die Here.
2) “met alle nederigheid, en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.”
Nederigheid en teerheid, geduld, en om lank te verdra is 4 eienskap-pe wat die Christen moet hê om sy lewe waardig die roeping te maak waartoe die Here ons geroep het. In die wêreld sal hulle hierdie as bewyse van ‘n swak karakter eien, maar die teendeel is dat hierdie tekens van volwassenheid is.
3) “en ernstig strewe om die eenheid van die Gees, te bewaar deur die band van die vrede.”
Dit beteken nie ‘n maklike doen soos jy wil Evangelie nie, maar die teenoorgestelde. Een moet homself dikwels verloën om vrede te bewaar. Die Here is die outeur van vrede en dinge wat vir die Here ‘n gruwel is sê Spreuke 6:17 + 18 is “trotse oë, ‘n leunagtige tong, hande wat onskuldige bloed vergiet, ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig is om kwaad te doen.”
Die genades van vs.2 word gekweek waar eenheid van die Gees ge-handhaaf word.
4) “Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping.”
Daar is een liggaam, die kerk. Net soos die fisiese liggaam, met al sy verskillende organe en lede in behoorlike funksies gehou word deur die gees van die lewe, net so is die kerk ‘n afbeelding van die werk van die Heilige Gees in die Liggaam van die Here Jesus.
5) “een Here, een geloof, een doop…”
Daar is net een Heer en Meester aan wie die liggaam van die Here Jesus verantwoordelik is en wie hy moet dien.
Daar is net een geloof. Geloof mag die handeling of gesindheid van hart en gedagtes wees, en mag die wese en omvang van my geloof insluit. Daar is net een Middelaar tussen die mens en die Here en dit is Jesus Christus. Die regte gesindheid aangaande die kruis bring my by redding uit.
Een doop: Die doping van Efe. word vir ons bevestig dat hy verwys dat ons in een doop in die Here Jesus gedoop word, m.a.w. dat ons met redding in die Here verenig word.Hierdie woord verwys na die spesifieke handeling van doop.
6) “een God en Vader van almal wat oor almal en deur almal en in julle almal is”
Dit staaf ons geloof wat bo alles uitstaan wat oor al Sy kinders is wat deur hulle almal werk en wat in almal deur die Heilige Gees in almal werk. Die mens verlang na aboslute Goddelikheid en in die volheid van die tyd het die Here Jesus gekom om die mens aan die Enige God voor te stel deur Sy bloed, wat die leëgheid van die sondige mens kom vul.
7) “Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.”
Nie alle Christene het dieselfde talente nie, maar elkeen het dieselfde spesifieke een of meer nl: 1 Kor.12:14 Daar is ‘n verskeidenheid Gawes maar deur dieselfe Gees. Christus word hier voorgestel as die een wat dit gee. Elkeen ontvang genade om sy taak in die ge-meenskap van die gemeente te vervul.
8) “Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.”
Hierdie is ‘n aanhaling uit Ps.68:19 “U het opgeklim na die hoogte U het gevangenes weggevoer U het geskenke geneem onder die mense: ja ook wederstrewiges om daar te woon, o Here God!”
Hierdie vers was geassosieer met die Pinksterfees onder die Jode. Dit word deur Paulus gebruik om die oorwinning wat die Here Jesus oor Satan gehad het te illustreer, en oorwinning te verklaar oor die ver-slane een. Christene is vanuit ewige dood uitgehaal en toegelaat om die Voleinder (Kaptein) van ons geloof te volg, tot in die hemel.
9-10) “Maar dit: Hy het opgevaar – wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?Hy wat neergedaal het is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring ”
Die neerdaal is nie net van Goddeliheid tot menslikheid nie, en dan van menslikheid tot die dood, en dan om neer te daal na die onderste dele van die aarde. Die Here Jesus het neergedaal sodat gevalle mense in ons staat herstel kon word en tot die hemel gebring kon word.
Christus sit nou aan die regterhand van die Vader en is nou al om-teenwoordig, daarom dat Christene ooral in Sy teenwoordigheid mag leef.
11) “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders, en leraars…”
Hierdie vers volg die logiese gevolgtrekking van vs.9-10 op, en wys terug na vs.8 rakende die gawes. Die Gawes van die Heilige Gees is gegee vir die individu om hom instaat te stel om die Here te vereer. Hierdie individue word deur die kerk bymekaar gebring met hoë en heilige roepinge aan die wat mekaar moet ondersteun en bystaan, soos die Apsotels, en profete wat deel van die orde van die vroeëre kerk was.
Later het die evangeliste en die leeraars en herders onstaan. Hierdie laaste paar is gawes wat vereis word in elke geslag vir hulle spesifieke bedieninge.
12) “om die heilige toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus”
Hy gee aan ons die eind resultate of doel waarvoor Christus die gawes gegee het, vir die kerk. Dit is om die heilges toe te rus vir hulle diens in die kerk. Die doel is om deur liefde siele nader na die Here Jesus te trek.
13) “totdat ons almal tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.”
Die eenheid van die geloof bedoel nie dat daar net een geloof is nie, maar dat dit na die eenheid onder die ware kinders van die Here is, wat gebring word deur die kennis van die Seun van God. Die sleutel van die uitstorting van die Heilige Gees was eenheid onder mekaar. Daar moet geestelike volwassenheid wees te midde van verskillende persoonlikhede in die kerk.
14) “sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslin-ger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring.”
Die laaste deel van die vers verduidelik die areas waarin Christene nie soos kinders kan bly nie. Hulpeloosheid en onstandvastigheid is dinge wat nie by volwasse christene sal voorkom nie. Daar is so baie wat vandag vir ‘n makliker evangelie soek, wat onvolwasse en swak bly in sulke omstandighede.
15) “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.”
Deur die waarheid te leef, te doen en te handel ontwikkel mense tot sterk karakters binne in die kerk. Wanneer ‘n baba gebore word is sy kop uit verhouding tot sy liggaam, maar met die loop van tyd kom alles in posisie en perporsie. Christus is die Hoof van die gemeente en Christene word uit gedaag om te ontwikkel in harmonie met Hom.
16) “uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.”
Christus stel die harmonieuse funksies van elke lid van die kerk, tot dit groei tot ‘n volmaakte organisasie. As een uit gemeenskap is met die ander sal die voorsienigheid van liefde skipbreuk lei.
**********************
DIE EENHEID VAN GELOOF:
EFE.4:1-16
INLEIDING:
Nadat Paulus reeds 18 maande in Korinthers gebly het, en Aquilla en Prissilla gevra het om saam met hulle na Efe. te trek om die weg voor te berei het Paulus op ‘n baie dramatiese manier afskeid geneem van die gemeente van Korinthe. Prisilla as Romein het maklik ingang in Efe. gekry om ‘n huis te koop weens die feit dat sy ‘n romein is.
Dit was by Kengre dat Paulus sy hare geskeer het om saam te neem na Jerusalem, waar hy dit op die altaar in jerusalem wou gooi. Die eerste bekeerling in Kengree was Phoebe, wat weekliks na Kornthe geloop het om die dienste daar by te woon. Daar het ‘n behoefte onstaan dat hier ook ‘n gemeente tot stand gebring moes word.
Die reis van Kointhe na Efe. was ‘n drie dae reis, en die gewone huis was uit kalksteen gebou. Die grootste teater wat teen die hange van die berg Pyron uitgekap was, van daardie tyd was in Efe. war 24 000 mense kon akomodeer.
Agter hierdie reusagtige teater waar Paulus in ‘n vol gehoor sy rede moes gee was die Artemis, wat as moontlik die moeiste gebou van daardie td gereken kon word. Die stad was reeds o daardie stadium oor ‘n duisend jaar oud. Efe. was bekend as die agresiefste handel-stad van sy tyd.
Dit wil voorkom asof Paulus net een Sabbat in Efe. was voordat hy na Jerusalem vertrek het om sy gelofte die Passnaweek na te kom. Dit was aan die einde van sy tweede sendingreis dat die skip op die rotste uitgeloop het by Tyre, waar hull enet oornag het om verder te seil.
By Siseria aangekom, wat as die Romeinse hoofstad bekend gestaan het. Dit was 5 jaar later wat Paulus ‘n gevangene in hierdie selfde stad was.
APOSTELS:
Daar is verskilende ampte in die Woord van die Here. Die amp van die Apostel was deur die Here Jesus ingestel. Die woord moet vanuit die Hebreeuse agtergrond verklaar word. Dit beteken outoriteit of ‘n bepaalde opdrag.
Hy verteenwoordig volmag of verantwoordelikheid, volgend die reël van die Talmoed. Ons sien in Joh.13:20 die gedagte wie iemand ontvang wat Ek gestuur het, ontvang My. Die dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n apstel, of gesant is nie groter as die een wat hom gestuur het nie.
Die Here Jesus het wyere dissipels 12 gekies wat Hy genoem het as Apostels. Mark.3:14; Matt.10:2 Na Sy opstanding het Hy hierdie benoeming bevestig. Matt.28:16 ens.
Die twaalftal was van uitsonderlike belang aangesien in die plek van Judas Matteus gekies was.
Paulus het homself as ‘n apostel gelegimiteer, Nie een van sy mede werkers was apostels genoem nie. Na die verskyning van die Here Jesus aan Sy dissipels het die bediening opgehou.
Hulle het die opdrag ontvang om te preek. Die twaalftal was ‘n heenwyse na die 12 stamme van Israel, Die taak wat hulle ontvang het was universeël n.m. om die evangelie te gaan verkondig.
Soos Israel in sy 12 stamme ‘n uitverkore volk was, so vertoon die kerk in die 12 apostels haar uitverkore karkater. Hulle verteenwoor-dig die karkter van die kerk wat soos die twaalf stamme stamhoofde gehad het, die kerk in die N.T bedeling die unieke karakter vir die wêreld verteenwoordig.
Die Here Jesus het aan Petrus gesê dat die doderyk nie die koniryk sal oorweldig nie, vorm hierdie 12 die fondament van die kerk. Hulle het spesiale leiding ontvang om die kerk te lei, en die grense hier op aarde aan te wys. Openb.21:12
PROFETE:
Daar is die gawe en die amp van die profeet. Die woord porfeet “nabi” beteken spreker of prediker of verkondiger, is in die besondere sin ‘n spreker wat ‘n ander verteenwoordig.
Die woord beteken ook ‘n geroepene, of aangestelde, dan kom die gedagte van siener of aanskouer ook in hierdie verband voor. 1 Sam.9:9.
Profete soos Moses, Elia, Elisa word soms met die naam man van God aangedui, d.w.s. iemand wat in ‘n besondere betrekking tot God staan.
Die profeet ontvang die openbaringe van die Here, en moet dit dan bekend maak. Skole om mense as profete op te lei het nie bestaan nie. Die profeet was sterk daarvan bewus dat die Here met hom gepraat het. Daarom dan die uitdrukking: So spreek die Here.
Wat hulle moet verkondig gaan dikwels teenstrydig met hulle eie gedagte gang en teen hulle eie wesens in. Sien bv. Jeremia, en Esegiël.
Daar was altyd die stryd van die ware profete teen die valses in Israel. Die valse profete het uit hulle eie harte gepraat. Die verskyning van ware Profete het net in Israel voorgekom. Die ander volke het waarseêry beoefen.
Hulle moes op die toekom sowel as die hede en verlede gesien het.
Die profete het binne hulle eie persoonlikhede opgetree en het veral in hulle sinnebeelde en handelinge voorgekom. Dink aan die huwelik van Hosea.
Hulle moes dikwels die smaad dra van die volk wat hulle nie wou bekeer nie. Moses het baie teenstand van die volk ontvang.
Die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.
Die N.T. profete dra ‘n effens ander karakter as doe van die O.T. Terwyl die O.T. profete die openbaringe van die Here na die volk gebring het, verklaar die N.T. profete die wil van God. Die profete uit die nuwe bedeling volg die apostels op. Hulle bring die openbaring van die Here op ‘n bepaalde tyd aan.
Hulle behoort tot die buitengewone bedeling en was nie deur die apostels aangestel nie. Hulle moet ‘n verstaanbare openbaring van die Here bring.