BOODSKAP 1 DIE IDENTITEIT VAN DIE HERE.ROM.8:14-17
INLEIDING:
Ons gaan met u behandel die indentiteit van ‘n kind van die Here. Kinders van die Here weet nie wat hulle identiteit is nie. Wat is ons identiteit. Ons het elkeen ‘n identiteitsboeke waarin ons nommer, foto wat wys hoe jy lyk, ‘n identiteit wat net jy is, en dan is daar ook ‘n vingerafdruk verskyn wat bevestig dat hierdie persoon net jy is. Dit identifiseer my. Dit is nie al waaruit my identiteit bestaan nie.
Ons weet dikwels nie wat ons indentiteit in die Here Jesus is nie. Rom.8:16 bevestig dat die Gees van die Here met ons Gees getuig dat ons kinders van God is. As ons kinders is, dan is ons ergename van God en mede erfgename van Christus, as naamlik ons saam met Hom ly sodat ons ook saam met Hom verheerlik moet word.
Die probleem vandag in die wêreld is dat hulle nie weet wat hulle identietit in Christus is nie. Wie is jy werklik in die Here Jesus Christus. Die probleem in die kerk is, dat die kerk met ‘n identiteits verwarring sit. Ons is mos uit die wêreld, maar wie is die kerk van Jesus uit hierdie wêreld. Die boodskappe vir die volgende paar weke gaan wees: Die identiteit van ‘n kind van die Here.
Daar was ‘n koning met die naam van George die derde. Is in 1860 gebore. Hy was nie ‘n goeie koning van Engeland nie. Die koningin met wie hy getrou het was absoluut beeldskoon. Haar naam was koningin Ann.
Na ‘n paar jaar raak die koning verlief op ‘n ander vrou, en hy steek koningin Ann in die pad. Hierdie vrou het later so verarm, en in die dorp gaan bly, en soos ‘n bedelaar en prostetuut het sy probeer oorleef.
Eendag ry een van die lords in sy koets en vang sy oog die vrou wat sopas in die straat by hom very gestap het. Hy stop toe die koets. Hy sien hierdie vrou se eerste identiteit nl. haar gesig, binne hierdie verslonsde klere. Hy begin toe wonder of dit nie die beeldskone koningin Ann nie. Hy roep toe agterna en sê Ann. Die vrou staan stil en draai om, dit was haar tweede identiteit.
Hy stap na haar en vra? Is dit nie jy wat eens op die troon gesit het nie. Hy het hom oor haar ontferm en haar in sy kasteel ingevat, en haar in rykdom herstel, en waardigheid, en in haar skoonheid. Sy het weer by die plek gekom waar sy in haar identiteit herstel moes word.
Die duiwel beroof die kinders van die Here van hulle ware identiteit. Die duiwel hou hulle in geestelike ellende en armoede.
WAT IS DAN DIE WARE IDENTITEIT
VAN ‘N KIND VAN DIE HERE:
Dit beteken dat as ek by die Here Jesus uitgekom het, wie is ek dan. Wie is ek werklik. As jy nie daar gaan begin nie, gaan jy nooit groei nie. Die boek Efe. begin jou te vertel wat jy in Jesus Christus is. Gaan rus in dit wat jy klaar in die Here Jesus is. Dan begin jy te sit, staan en te wandel in die volheid wat Hy jou bied.
Nou, is dit belangrik dat ons in ons identiteit moet gaan staan, en dan begin hierin te lewe. Sien u die drie fases waardeur ‘n kind van God gaan. Jy ontdek jou ware identiteit in die Here.
VANDAG PRAATR ONS EERS OOR DIE
IDENTITEIT VAN ‘N KIND VAN DIE HERE:
Jou eerste ondekking wat jy maak is dat skielik besef dat jy ‘n kind van die Here is. Die oomblik wat ek my hart vir die Here Jesus gegee het is dat ek nou ‘n kind van die Here geword het. Later sal jy agterkom dat jy deel van die liggaam van Jesus Christus is.
Dan dat jy ‘n priester in die huis van die Here is, ‘n soldaat, ‘n pelgrim en ander aspekte daarby betrokke is. Jy sal dit nie die eerste dag agter kom nie. Die eerste dag kom jy agter dat jy ‘n kind van die Here is.
Ons begin by hierdie identiteit wat ‘n kind van die Here moet ontdek
Mal.2:15 Die Here het die mens gemaak omdat Hy die Vader wou wees van kinders. Die Here wou kinders gehad het, Hy wou die Vader van daardie kinders gewees het. Dit is die rede homkom die Here die mens gemaak het.
Ons was veronderstel om Sy eiendom te wees. Hy het ‘n geslag, wat ‘n nageslag en kinder impliseer gesoek. Hy wou die Vader wees. Die Here kan nie kinders hê soos ons kinders het nie. Die Mormone glo: Dat hulle god kinders het soos ons kinders het. Dit is Gods lasterlik. Dit is die Chrurch of Jesus Christ of the Latterday saints.
1
Hulle god bly op ‘n planeet en al wat hy doen hy is saam met vrouens. Dit is Godslasterlik. Die here kan nie kinders so hê nie. Hoe kan Hy kinders hê. Hy moes hulle eerstens maak, vorm. Hoor Luk.3:37-38. “…Adam, die seun van God.”
Toe die Here vir Adam maak sê die Here: Jy is My seun. Adam die seun van God. Die Here het hom gemaak. Wat was die plan van die Here: Dat die nageslag almal Sy kinders sal wees. Dit is wat die Here wou gehad het. Hy wou die Vader wees, en toe kom die duiwel op die toeneel, en wat Adam nie geweet het nie, is dat as jy sonde kies, kies jy Satan.
Die oomblik toe Adam in sonde val, verloor die Here Sy vaderskap oor Adam. Die duiwel neem die geestelike vaderskap oor, in die plek van die hemelse Vader. Die duiwel sê in Matt. 4 aan die Here Jesus dat al die koninkryke van die aarde aan hom behoort. Efe.2:3 Sê toe vir ons dat die nageslagte gebore word, en ons was van nature kinders van die toorn, soos almal wat gebore word.
Ons word nie as kinders van die Here gebore nie, as jy vir die kindjie sê jy is mos ‘n kindjie van liewe Jesus plaas jou kind op ‘n valse fondasie. Jy moet jou kind leer dat hy of sy ‘n kind van die Here Jesus moet word. Joh.1:12 “Want almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om kinders van God genoem te word.”
KOM ONS KYK HOE DIE VADER NOU
ONS KINDSKAP GAAN AANNEEM?
Hy kan jou as Sy kind aanneem. Die Here soek nog steeds mense wat Hy as Sy kind kan aanneem. Rom.8:15 “maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep Abba Vader”
Dit is die rede hoekom die Heilige Gees oor hierdie wêreld uitgaan, om kinders te kan aanneem. Die Here wil die mens kom uitred uit die vaderskap van die duiwel, en Hy wil hulle kinders van God maak. Die Gees van aanneming, tot kinders. Elkeen wat die Here aanneem gee hy die mag oms kinders van die Here te word.
Die probleem is dat die duiwel geestelike vaderskap het, en is ‘n wrede vader. Joh.8:44 sê: “Julle het die duiwel as Vader en die begeertes van julle vader wil julle doen.”
Voor jy by die Here Jesus uitkom is die duiwel jou geestelik vader. As jy nie weet van ‘n beslisde wedergeboorte in jou lewe nie, is jy ‘n kind van die duiwel en het hy mag oor jou. Het jy geweet dat die duiwel ‘n geestelike vaderskap oor jou het.
Dan sal jy agter kom dat jy die begeertes van hierdei vader die duiwel wil doen. Jy wil verkeerd lewe, want jou geestelik pa is die duiwel, hy sal jou in sonde bly aanmoedig, en verkeerde dinge. Later wil jy sonde begin doen. Hy is ‘n mense mmordenaar van die begin af, en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie.
Vra jouself die vraag af: Doen jy die werke van satan, hy is ‘n leuenaar, en ‘n bedrieër. As jy in jou besigheid mense bedrieg, vra jouself die vraag: Is jy dan ‘n kind van die Here of van die duiwel, wie se werke doen jy. Die Vader sin of die duiwel sin. Hy bedrieg.
Is jy ‘n leuenaar, ooral waar jy gaan lieg jy: Jy het slegte nuus: Mag hierdie nuus jou tot bekering bring: ‘n Leuenaar gaan nie hemel toe nie. ‘n Kind vandie Here Jesus wandel in waarheid. Voor jy by Jesus uitkom is jou mond vol leuens, jy loop en bedrieg, en lieg en tog sê die Woord van die Here dat leueaards die Koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Die duiwel maak dat al sy kinders soos hy lyk, want hy is jou vader. Dan doen ek wat die duiwel wil hê dat ek moet doen. Onthou, ouers ons kinders lyk soos ons, en sal doen wat ons doen. Dit mag ‘n groot probleem wees of iets wonderliks vir jou wees. Ons kinders doen wat ons doen en hulle lyk soos ons. Daarom is dit dat mense sonde doen, want wie is hulle Vader.
Hand.13:10 Praat Paulus en sê aan Elimas die towenaar: “Kind van die duiwel vol bedrog en alle listigheid, …” Kyk hoe lewe jy, ek weet wie is jou pa. 1 Joh.3:10 Sê verder: “Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar; elkeen wat die gereg-tigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en wat hy wat ook sy broeder nie liefhet nie.”
As jy verkeerde dinge doen, raai wie is jou pa. As jy reg lewe, raai wie is jou pa. Dit wys jou, liewe mens as jy hier sit en in sonde lewe, dan is God nog nie jou Vader nie. Dan wil die Here jou nog anneem, as SY kind. Dat jy Sy kind word.
‘n Lewe van leuens, bedrog en haat en van sonde wys wie jou pa is. Rom.6:16 sê: Dat as jy jou liggaam en lewe tot beskikking van sonde stel, word jy ‘n slaaf van die duiwel.
Rom.8 vertel van ‘n wet waar die Here ons aanneem, as Sy kinders. Eers was jy onder die mag van ‘n wrede pa, maar nou wil die Here jou red, en jou anneem as Sy eie kind, en dat jy vir ewig ‘n kind van God kan word. Die wet van Rom 8 staan as die Patria Potestas bekend. Dit was die wet van die ou Jode die ou Romeine en almal onder die Patria Potestas geval.
Hierdie wet het bepaal dat ‘n pa volkome eienaarskap van sy kind het, sy kind behoort te volle aan hom, en het hy alle mag oor daardie kind. Hy kan die kind mishandel, hy besluit met wie die kind sal trou, die ouers kies die kinders se man. Die Patria potestas, die volkome reg van doe ouer oor die kind.
Daardie kind kan vir hom werk soos hy wil en sê, hy kan hom as ‘n slaaf verkoop, want hy het volkome eienaarskap oor die kind. Baie ouers het hulle kinders as slawe verkoop, en kan selfs sy kind dood-maak. Dit was ‘n wrede wet, en ‘n verskriklike wet.
In die geestelike wet is dit dieselfde, daarom dat Paulus dit aanhaal. Voorheen was ons onder die verskriklike herskappy van Satan, en sy mag, en wat doen die satan, hy is ‘n wrede pa, en ‘n mensemoorde-naar, en die Here het dit gesien, en wou die mens daaruit red, en ons kinders van ‘n Wonderlike Pa maak, en Hy wil ons aanneem.
Die Patria potestas sê verder dat die pa alle eienaarskap van die kind het, maar as ‘n ander pa kom, en hy sien wat hierdie kinders deur-maak, kan hierdie ander ouers die kinders kom oorkoop, en aanneem
As sy eie. Dit was hoe die wet verder gaan. ‘n nader pa kan eienaarskap oorneem.
Daar moes ‘n koopeprys betaal word. Hoor wat Gal.4:5 sê: “om die wat onder die wet was los te koop sodat ons die aanneming toit kinders kan ontvang .” Die Vader moes ons onder hierdie wrede wet loskoop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. Die koopprys was so hoog, in die wonderlikste verhaal wat daar is:
‘n Vrou wat eenmaal besig was om koring te sny saam met ander, het haar ou babajie op die hooimiet neergelê, en terwyl sy sny hoor sy hoe mense skreeu, toe duik ‘n swart arend op daardie kind af. Sy kon nie betyds haar kind gryp nie, en die swart arend gryp die babajie uit die hooimiet uit, en hy vlieg en styg alhoe hoër op, en hy styg op tot by sy nes in die krans, met die baba. Die ma hardloop toe dadelik, sy hardloop tot by hierdie krans en doen wat geen mens ooit gedoen het nie, met haar kaal hande en voete klim hierdie moeder daardie kranse uit, sy kllim dit dat de bloed loop, maar bly alhoe hoër klim, almal is in verwondering oor dit wat hierdie mamma doen, sy het die krans tot by die swart arend uitgeklim, en ruk die baba uit die kloue van die swart arend.
Die Here Jesus het dieselfde gedoen, Hy het geweet dat ek en jy in die kloue van ‘n aaklige arend is, en ‘n geestelike Vader wat geweet het, en iets gedoen wat nog geen mens gedoen het nie, Hy het SY bloed gegee, Hy het Sy lewe gegee, om jou te red uit die kloue van die satan wat heerskappy oor jou lewe gehad het, om jou te kan aanneem as ‘n kind van die Vader.
Hy het die hoogste prys wat betaal kon word vir jou lewe betaal, en die Here Jesus het die prys klaar betaal. Dan breek daar ‘n tweede fase aan, waar die anneming tot ‘n nuwe Vader sal kom, dit was ‘n seremonie gewees. By daardie seremonie, en glo Paulus noem dit nie verniet nie, sou daar ‘n volkome breek met die ou vader wees. By hierdie geleentheid sou die kind by die ou vader staan en al sy klere van die verlede uittrek, alles, dan loop hy oor na ie nuwe pa toe en die nuwe pa sal vir hom nuwe klere gee, splinternuut. Sekerlik sou dit die mooiste en beste klere wees.
Daardie ou vernielde klere word verruil vir die mooiste klere, hy sou sy ou huis verlaat, vir ‘n nuwe huis. Hierdie kind kry dan ook ‘n nuwe naam, en dit is ‘n onderwerp op homself. Die Here Jesus gee ook vir ons nuwe name. Vir Petrus sê Hy jy is nou nie meer Sefas nie, maar Petrus. Ek wonder watter name het die Here vir party van Sy kinders gegee, ons lees in Openbaring dat ons ‘n nuwe naam sal ontvang. Ek wonder wat vir ons voorlê.
Jy kry nou ‘n naam en identiteit op die nuwe Vader. Die nuwe Vader se identiteit, kom nou oor met daardie naam, na jou toe. ‘n Nuwe lewe, nuwe reëls, en dan ontvang daardie kind ‘n seëlring, dit was so balangrik gewees in daardie tyd.
Onthou u Lukas 15 die verlore seun, toe hy by die pa terugkom: Die pa gee vir hom die ring. Die Hemelse Vader gee vir jou die dag as jy Hom aanneem, die Heilige Gees, Hy is die seël. Julle is met die Heilige Gees verseël. Efe.1:13 tot die dag van verlossing. Die Helige Gees kom woon in jou hart en lewe, Daarom dat Rom.8:9 sê: “As iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie.”
Vs.16 gaan hy verder deur te sê: “En die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.” Daardie dag kry jy die sekerheid. Die oomblik wat die Heililge Hees in jou kom woon getuig Hy binne in jou, dat jy nou ‘n kind van die hemelse Vader is.
Kom ek vra u: Het jy daardie getuienis, jy kan dit nie namaak nie, jy kan dit nie naboots nie, as jy dit nie het nie, het jy dit nie. Voor daardie dag dat die Here Jesus in jou hart inkom voor die dag wat jy nie kind van God word nie, het jy geen getuienis in jou hart dat jy ‘n kind van God is nie. Dit ontbreek.
Die oomblik wat ek die Here vra om in my hart te kom, het jy die getuienis in jou hart. Die Heilige Gees getuig nou en ek weet dat ek nou SY kind is. Die Gees van aanneming deur wie ons roep Abba Vader. Vir die eerste keer kan jy God die Vader noem.
Voor die tyd praat jy met die Here op ander maniere. Disrespekvol, as die ou man daarbo. Hulle praat so omdat hulle nog nooit die Here ontmoet het nie. Daarom praat hulle so van die Here. Hulle praat so omdat hulle Hom nie ken nie. Uit jou mond en die manier waarop jy praat wys dit of jy die Here Jesus ken. As mense praat van die Here Jesus dan weet jy dat hulle Hom ken. Of ons Vader hulle ken Hom, deur wie ons roep Abba Vader.
Jou mond verraai vir jou. Daardie oomblik wat jy alles oorgee word al die voorregte van ‘n kind joune. Hoor wat sluit al hierdie voorregte in: Efe.1:3 “Geseënd is die God en Vader wat ons geseën het met al die geestelike seëninge in die hemele in Christus”
Die rykdomme van die hemel word joune, al die seëninge, Joh.17:23 spel hierdie seëninge uit as die Here Jesus bid: “..en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.”
Ons sal seker nie die diepte van hierdie vers kan begryp nie. Die Here sê: Vader Ek is U eie Seun, maar dat U hulle liefhet net soos U My liefhet, weet jy hoe lief het die Vader jou, net so lief as wat Hy die Here Jesus het.
Jy ontvang dieselfde seën al is jy ‘n aangeneemde kind, jy ontvang dieselfde seëninge. Hoe groot is die seen wat die Here oor u en my lewe vir ons het, dat jy Sy kind is. En dat ons dieselfde erfdeel ontvang net soos ‘n gewone kind sou erf.
Rom.8:17 Sê: “As ons kinders is, dan ook erfgename van God en mede erfgename van Christus.” Ons erfenis is geweldig: Die Bybel sê vir ons dat die Here Jesus alles besit, aan die Here Jesus is die erfbesit van alles gegee, die hemel is alles die Here Jesus sin.
As kind van God stap jy dan eendag in die hemel, en die Here sê vir jou: Sien jy alles hier, dit is alles joune. Hoekom erfbesit van alles. Jy erf sam met wat die Here Jesus alles kry. Verkoop jou deel, die erfdeel van alles.
As jy al ‘n huis gekoop het, jy het dit klaar betaal, jy kry die sleutels, en dit is nou joune, en weet jy hoe dit vir jou in jou hart voel, dit is myne. Eendag sal ons so welkom in die hemel voel. Waar jy stap sal die Vader aan jou sê dat dit joune is.
Ook sê die Bybel dat jy nie net die erfdeel sal ontvang nie, maar ook die tugtiging: As jy ‘n kind is, sal jy ook die tugtiging vandie Vader ontvang. Hebr.12:6-8 “Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en kasty elke seun wat Hy aanneem, …” Hoeveel keer het ons nou reeds gehoor dat ons moet aangeneem word.
Wat doen die Here as Hy jou anneem, Hy tugtig jou, “as julle die tugtiging verdra behandel god julle as seuns.”
BOODSKAP 2
DIE IDENTITEIT VAN ‘N KIND VAN GOD:
DIE LEWE WAT DIE VADER JOU GEE:
ROM.8:14-17
INLEIDING:
Verlede Sondag het ons na die aanneming van die Vader gekyk, want ons is nie van nature kinders van die Here nie. Almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God vs.14 en 15 sê “Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders…”
Die eerste wat jy ontdek in my identiteit is dat ek ontdek dat ek ‘n kind van God is, voorheen was ek dit nie. Wat ‘n ontdekking dat ek ‘n kind van die Hemelse Vader is. Die woord Gees en ons kom in vs.16 voor. Het jy al agter gekom wanneer jy met iemand praat oor die Here Jesus dat daar ‘n band is, al praat jy nie noodwendig gods-diens nie weet jy dat hy gered is. Hoe weet jy dit?
Dit is die woordjie ons; “Die Heilige Gees getuig saam met ons gees…” Terwyl jy met iemand praat kom jy agter dat hierdie per-soon die Here Jesus ken. Ons het nie Godsdiens gepraat nie. In jou hart weet jy dit.
Nou sal die Heilige Gees na hierdie wonderlike ontdekking die Vaderskap van die Here aan jou kom leer.
VANDAG PRAAT ONS OOR ONS VADERSKAP:
DIE LEWE WAT DIE HERE VIR ONS GEE:
Eers het ons gekyk na die kindskap en dan hoe ons die Vaderskap van die Here sal leer ken. Die Heilige Gees sal jou alhoemeer van die Vader leer, Hy kom roep in jou uit Abba Vader. Ewe skielik kom daar kontak tussen jou en God.
Die dag as jy die Here se hart kan verstaan daardie dag sal jy Sy Vaderskap kan begryp. Wie van u verstaan God te volle.
Jy kan nooit God ten volle verstaan nie, want jou verstand is te klein. Hoe sal ons ooit die Vaderskap van die Here ten volle kan verstaan. Om te beryp hoe Hy as Vader is, want ek is nou Sy kind.
Ons ken ons aardse Vaders, Luk.11:11 sê vir ons: “En watter Vader is daar onder julle wat as sy seun vir hom brood vra, vir hom ‘n klip sal gee, …as ons aards vaders wat sleg is weet hoe om goeie gawes vir ons te gee, hoeveel te meer die Hemelse Vader…”
Selfs die wonderlikste vader wat ons op aarde kon gehad het is nie ‘n vergelyking met die Hemelse Vader nie. Daarom kom leer die Heili-ge Gees vir jou wie die Vader is. Dit is ‘n proses waarin jy vorder. Ons probleem is dat ons by ons aardse vaders leer wat dikwels erger-like gebroke figure is. Dit is ‘n feit dat die vader figuur belangriker is as die moederfiguur in jou opgroei proses.
Die belangrikste figuur wat jou leer is nie die ma nie, maar die pa. As jy met ‘n gebroke vaders figuur grootword, gaan jy sukkel om die Here te verstaan. Jy gaan nie die hemelse Vader begryp nie, want jy sit met hierdie gebroke vaders figuur in jou eie lewe.
‘n Outokratiese pa is iemand wat opdragte gee maar min liefde. Jy moet persies doen wat die pa sê. Nou ervaar jy die Here ook dieself-de. Die Here gee net harde opdragte. Hoe is die Vader in die hemel: Hy gee net opdragte. Dit is hoe jy jouself sien en almal om jou ervaar, en dit is hoe jy jou Godsdiens belewing ervaar.
Die Here het hierdie klomp lang reëls en jy moet presteer. As jy nie presteer nie, dan beleef jy dat die Here nie van jou hou nie. Dit is ‘n beeld van ‘n gebroke Vader figuur. Die Here het ‘n klomp lang reëls en jy moet presteer. As jy nie presteer nie, hou die Here nie van jou nie.
Dit is ‘n tipiese voorbeeld van ‘n gebroke pa-figuur. Kan jy regtig in jou hart aanvaar dat die Hemelse Vader jou as Sy kind liefhet. As jy weergebore is, is jy Sy kind. Al wat jy van die Here verstaan is wette en reëls.
Ek het gesukkel om te aanvaar dat die Here my liefhet. My pa was afwesig in my lewe, Hy was nooit daar nie, as ek met hom praat het hy nooit teruggepraat nie, weet u hoe was my belewing van die Here. Ek kan maar bid, Hy sal nie hoor nie, ek het altyd ervaar dat die Here half afwesig was. In my verhouding met die Here, moes ek leer dat dit nie is hoe die Here is nie. Ek kon nie aanvaar of glo dat die Here my liefhet nie.
1) DIE LIEFDE WAT DIE VADER BIED:
HOE SIEN JY DIE HEMELSE VADER:
Afwesig, Hy hoor nie, Hy het jou nie lief nie. Die Heilige Gees wil jou leer wie die Vader is. Hy is iemand wat verstaan, Hy het medelye met jou en verstaan jou, en weet as jy sukkel. Hoe wonderlik om te weet dat as ek so sukkel in my geestelike lewe, dat my Vader my verstaan.
U weet dat ons nie ons kinders dieselfde grootmaak nie. Dogterjies is in die reël sag, en seuntjie in die reel rof. Daarom moet ek hulle ver-skillend hanteer. Dit is nodig dat ek my kinders moet verstaan. Hoe weet jy dat die Hemelse Vader jou verstaan, Hy weet as jy so sukkel. Jy sukkel om te bid, om te groei, Hy verstaan jou.
Die Bybel sê in Luk.11 dat as ons aardse vaders ons teleurstel, hulle belowe en hulle gee nie, ons Hemelse Vader is nie so nie. Ouers luis-ter mooi, as jy iets belowe, gee dit aan jou kinders, en doen wat jy sê. As dit nie gebeur nie, skaad jy die beeld van die Hemelse Vader. Hulle gaan later ervaar dat die Here belowe, maar nie gee nie.
Ons moet so versigtig wees, hoor wat vs.15 sê: Die Heilige Gees leer ons om te bid, Abba Vader wat is oorspronklike betekenis: LieweVader. Die Heilige Gees wil jou eerste leer, dat Hy liefdevol is. So wonderlik, so fantasties, en jy kan met Hom praat, Hy hoor en Hy antwoord. Die Heilige Gees sal die verwronge beeld in jou lewe kom herstel as ek gewillig is om deur Hom geleer te word tot ek by die punt kan kom dat ek kan sê: liewe Vader.
2) DIE LEWE WAT DIE VADER BIED:
Die Vader gee vir jou ‘n baie besonderse lewe as jy Sy kind word. Dit gaan vir jou help om jou identiteit te ontdek. As jy weet wie jy is en waar jy met die Here staan.
In die oorspronklike taal is daar drie woorde vir lewe vertaal. Die eerste woord vir lewe is: BIOS:
Dit beteken fisiese lewe. Die Here het jou ‘n fisiese lewe gegee.
PSIGE: Sielkundige lewe.
Zooi: Dui op my geestelike lewe.
Het jy geweet dat die Here aan jou drie verskillende lewens gegee het. Die woord BIOS kom in die vak Biologie voor. Dit is van die woord afgelei.
PSIGE: Sielkundiges Psigiaters: Hulle werk met jou sielkundige afdeling. Jy het ‘n sielkundige lewe van die Here ontvang.
Dan is daar ‘n spesiale woord Zoê. Dit is die lewe van die Vader of geestelike lewe.
Toe die Here vir Adam en Eva skape maak Hy eerste vir hom ‘n liggaam. Toe begin sy hart te klop en Hy gee aan Adam lewe. Sy organe werk, sy bloed, alles begin nou te werk, en Hy lê daar want hy het nog nie twee soorte lewens ontvang nie.
Toe gebeur daar ‘n wonder en die Here blaas die asem van die lewe in hom in. Dit was Zoê lewe, of lewe van die Vader, en Hy blaas dit binne in sy gees in. Binne in sy gees blaas Hy Zoê lewe in.
Hierna lees ons dat Adam ‘n lewende siel geword het. Toe die Here die gees gee, het die lewende siel ontstaan. Die Here het vir jou drie verskillende lewens gegee. Die belangrikste is dit wat binne in jou gees is. Die lewe van die Vader, of die Geestelike lewe, wat die Here in jou kom inblaas.
Hy kom blaas Sy Zoê lewe in jou lewe in en dit beteken ‘n totale vervulling. Die behoefte wat Adam nou gehad het was die van ‘n lewensmaat. Nou was Adam se lewe volkome vervul, want hy het die lewe van die Here gehad. Zoê die lewe van die Vader.
Net hierna gee die Here die opdrag dat hulle van die Boom van die kennis en goed en kwaad nie van moet eet nie, want as hulle daarvan eet sal hulle sterwe. Waarin sou hulle gesterwe het: Aan hulle lig-gaam, nee, aan hulle siel: nee, maar wel aan hulle gees.
Julle sal die Zoê verloor, as julle die boom van die lewe eet sal julle nie zoê in julle lewens behou nie. Toe Adam en Eva sondig verloor hulle die Zoê lewe. Die sondeval het gemaak dat hulle die lewe van die Vader verloor het. Hoe hartseer dat toe hulle gesondig het, het hulle die lewe van die Here in hulle lewens prysgegee het.
Daar tree dadelik drie behoeftes in die lewe van die mens in: U moet mooi hierna luister want dit gaan jou lewe raak. Die oomblik toe die Vader se lewe uit hulle is kom daar dadelik drie behoeftes tot stand:
1) DIE BEHOEFTE OM TE WEES.
2) DIE BEHOEFTE OM IN VERMOë TE WEES OM TE KAN
3) DIE BEHOEFTE OM TE BEHOORT.
1) ADAM VERLOOR IDENTITEIT:
Toe die lewe van die Vader weg is weet Adam nie meer waar hy inpas in die unieke plan van die Here nie. Hy het nie meer geweet wie hy as mens is nie. Adam het sy identiteit veloor. Die oomblik toe hy dit verloor weet hy nie meer waar hy inpas nie. Hier is my vrou, ek is uit die tuin, en die plan van die Here bestaan nie meer nie, waar pas ek nou in.
2) HY VERLOOR GEBORGENHEID:
Hy verloor nog ‘n eienskap nl. om te behoort. Aan wie behoort hy. Aan wie behoort hy nou.
Van toe af het al die kinders wat gebore word ook hierdie drie be-hoeftes ontdek. Die Here Jesus kom na die aarde toe en Joh.1 gee vir ons die antwoord. Joh.1:4 word die woord: “In Hom was lewe” Zoê gebruik. “En die lewe was die lig vir die mens”
Dit beteken dat net dit alleen die mens sou vul. Die Here Jesus kom en kom om lewe Zoê terug te bring, vir die mens. Hoe wonderlik dat die Here Jesus totale vervulling vir die mens kom bring. Hy kom Sy identiteit herstel. Van wie Hy is, Hy kom vir die mens vermoeë gee, en Hy kom vir hom wys waar hy behoort.
In Joh.10:10 beskrywe die Here Jesus dit as volg: “Ek het gekom dat julle lewe en oorvloed kan hê.” Dit verwys na die oorvloedige lewe wat my totaal en al vul.
Die oomblik wat u nie gaan verstaan wat die Vader aan jou wil gee nie, gaan jy iets in jou lewe mis. Jy gaan onvervuld bly en reg oor hierdie wêreld soek, en dit nie kry nie. Die Here Jesus sê: “Die dief het gekom en te slag en te verwoes, verniel of te steel”. Die Here Jesus sê dat Hy kom om lewe te gee.
Wat doen die duiwel, hy maak dood, waarvoor kom die Here: Om lewe te gee. Die Here Jesus kom gee lewe, satan verwoes dit. 1 Joh. 5:12 kom die woorde: “Hy wat die Seun het het die lewe, (Zoê) hy wat die Seun nie het nie het nie (Zoê) lewe nie”. Die woordjie lewe hier verwys nie net na lewe nie, maar na die ewige lewe.
Die lewe wat die Here Jesus bring, gee vir jou hier en hierna se lewe. Jou lewe gaan so vervuld wees, dat jy nie meer na iets anders be-hoefte sal hê nie. Dit is die lewe wat die Here Jesus kom bied.
Hy wat die lewe het, ontvang ‘n lewe wat die Here jou totaal en al kom vul. In die oorspronklike betekenis is dit ‘n aanhoudende ver-vulde lewe tot in ewigheid.
Hy kom om totale vervulling vir die mens te kom bring. Hy kom Sy identiteit herstel. Reeds by wedergeboorte kom doen Hy reeds dit in jou lewe. Die dag as jy weergebore word bring die Here Zoê lewe in jou terug. Jy het dit nie voor wedergeboorte gehad nie. Geboorte is lewe wat gegee word.
By die wedergeboorte word Hy jou Vader, en Hy gee vir jou Zoê. Het jy geweet dat jy lewe van die vader ontvang het by wederge-boorte. ‘n Nuwe lewe, ‘n lewe om tot in ewigheid vervul te bly. Zoê kom in jou lewe terug, daarom dat Efe.2:1 sê dat Hy julle lewend gemaak het, wat dood was in sonde en in misdade.
Die Here vul die diepste van jou lewe die oomblik wat Hy in jou hart kom woon. Jy kom agter wie jy is. Hoekom het die Here jou gemaak, die dag as die Here Jesus in jou hart inkom, vind Zoê lewe plaas en jy kom agter waar jy in die hele plan van die Here inpas.
Nou kom jy vir die eerste keer by vermoë, om te weet waar jy inpas en aan wie jy behoort. Vir die eerste keer weet jy nou aan wie jy behoort.
Drie probleme wat die meeste kinders van die Here ervaar is as hulle dit nie verstaan nie. Die meeste mense wat vir hulp kom het altyd een van die drie probleme:
1) Of hulle het ‘n probleem met hulleself, identiteit, ek weet nie wie ek is nie. Binnekant is dit deurmekaar, ek weet nie waar ek inpas nie.
2) Ek is nie meer by magte nie. Hierdie probleem het so groot ge-word dat ek dit nie meer kan hanteer nie. Dan is dit hopeloosheid. Die stryd raak te veel, ek kan nie meer nie, ek kan dinge nie meer hanteer nie. Dit is nie snaaks nie vriende u het by die tweede behoef-te uitgekom
3) Aan wie behoort ek, waar pas ek in. Die nood is om my identiteit van lewe wat die Here my gee werklik te ontdek. Om dit as voor-beeld te illustreer.
Die verlore seun van Luk.15. Hy het ‘n swak verhouding as kind met sy pappie gehad, Sy verhouding met sy vader was so swak dat hy ‘n soeke na identiteit gehad het. Hy het drie behoeftes gehad:
Wie is ek, ek is nie by magte nie, ek behoort nie hier nie.
Hy pak sy tas en gaan weg. Hy stap weg opsoek na vervulling.
Die seun het die lang pad van vervulling gaan loop, as ek net hierdie leë lewe kan volkry, as ek net kan weet aan wie ek behoort. As ek net kan weet waar ek inpas, net by magte te kan wees, ‘n pad van teleurstelling, en vreeslike mislukking, sy soeke het net groter en groter geword, en kon dit later nie meer ignoreer nie, moenie worrie nie ek sal cope.
Jy gaan met ‘n leegheid binne in jou, jy weet nie waar jy inpas en waar jy behoort nie, en daarom gaan jy maar net aan. Later kan jy dit nie meer hanteer nie, Hy het op ‘n plek gekom waar hy so moedeloos was, dat die lewe vir hom inmekaar sak. Alles het te veel geword, sy leegheid was so leeg, dat sy maag later leeg was, so groot dat dit net bly groei het.
As jy nie die lewe van die Vader het nie gaan jy leeg wees. Ek het vir jou slegte nuus, daardie leë lewe van jou, gaan groter en groter en groter word, later sal jy dit nie meer kan hou nie. Hy sit tussen die varke met die grootste nood, wat tot aan die hemel raak, hy leer hier die kosbaarste les. Daar gaan hierdie jong seun terug na sy vader toe.
Die meeste mense loop hierdie pad, en wil dit gou verduidelik. Hulle soek vervulling in hulle lewensmaat, wie is ek, waar pas ek in hierdie lewe, my lewensmaatjie moet my bly maak. Met die wondelikste lewensmaat wat jy ookal het kan hê kan daardie leemte nie gevul word nie.
Hy of sy kan nie die blydskap in jou hart en lewe gee nie. Soveel mense sit in hulle huwelik en kom nie reg nie, ek kry nie blydskap nie, word wakker, geen lewensmaat sal dit vir jou kan gee nie, net die lewe van die Vader. God kan daardie blydskap hier diep binne werk, en jy sal dit binne in die huis uitleef, en teenoor jou man en vrou.
Jou lewensmaat kan jou nie gelukkig maak nie, hy kan nie daardie leë kol vul nie, net die Vader se lewe kan dit doen. So baie sukkel want hulle soek die blydskap in hulle huwelik. Jy moet jou blydskap by die Here kry, en dit in die huwelik uitlewe.
Ander dink weer dat geld mag gee. Hulle jaag dit met ‘n passie na. Die seun het ook geld by sy pappie gesoek. Hy dink dat as hy geld kry hy kan. Wat is die groot probleem met geld wat die Bybel leer. Die onsekerheid van geld. Vandag kan jy so baie kry, maar môre het jy niks. Het jy geweet dat die ekonomie in een dag kan val.
As jy op jou geld bou en dit val binne een dag van jou weg, sê my hoe leeg gaan jou lewe dan wees. Dan kan jy nie meer nie. Het jy besef dat die ekonomie in een dag kan val. As jy bou op hierdie sekuriteit, en dit val in duie, sê my hoe leeg gaan jou lewe dan wees. Dan kan jy nie meer nie.
Ander probeer weer by vriende inpas, ek voel so gelukkig daar dat ek inpas, en kom by die huis en voel so leeg. Baie probeer die kerk hulle geluk maak, hier gaan ek ‘n vriendekring hê waarin ek voel dat ek behoort. Onthou, net die Vader kan jou leemte vul. Net Hy kan jou lewe vervul, hierdie jong man stap terug na die Vader en omhels die Vader, en kry by sy vader die aanvaarding en liefde, met die wat hy sy vader omhels kry hy die aanvaarding in die dat hy weet wie hy is, en identiteit, en kry die skeppingsdoel van sy lewe.
U sal ware aanvaarding by die hemelse Vader kry, as u voor Hom gaan neerbuig, die pa sê kom, en druk hom. Dit is wat die Vader vir jou wil doen, weet jy dit. Die Hemelse vader wil vir jou ‘n identiteit gee, die oomblik toe hy die vader omhels, die Here wil jou aanvaar, vir wie jy is.
Dan die oomblik wat hy homself aan sy vader se boesem neerstort, gee sy pa vir hom weer erkenning terug in die familie, nou berhoort hy aan die pa, en seun, hy is terug in die familie. Die oudste broer het eenkant gestaan en kritiek oor hierdie broer gelewer, en sy sondes is te groot. Onthou, die Vader aanvaar elkeen wat in gebrokenheid terugkom. Hy omhels almal, en ons kan dikwels so hart wees, ons sê sien jy daardie persoon, die Here gaan hom nie aanvaar nie.
Hoe wonderlik is die Here nie, wanneer Hy Sy arms om jou sit, en jy weet jy behoort. Hy vul in jou binneste wat net Hy kan vul. Ewe skielik voel jy dat jou lewe vol word, van blydskap, Hy vul jou met vreugde, Hy vul jou leë lewe met sin en doel. As jy nie kan nie, raai wie kan.
Die pa gee Sy ring vir hom, wat vir hom mag gee. As die Heilige Gees in jou kom woon gee Hy jou mag, outoriteit. Die lewe van die Vader is Zoê lewe.
Vandag weet u dat u al so lank leeg en soekend is en alles al probeer het, wil jy nie kom dat die Here jou kan kom vul nie. Jy is ook soos die verlore seun op soek na jy weet nie wat nie, wil jy Hom nie toelaat om jou te kom ontmoet nie. Jou verhouding met die vader is nie goed nie, maar in jou lewe bly jy leeg, waar jy ookal gaan is jou verhouding met die Vader swak. Jy deur jou lewe, teleurgesteld en jou leemte word al hoe groter, en jou lewe is meer deurmekaar.
Tot jy by die boesem van die Vader kom en aanvaar, dat Hy vir jou Zoê gee.
Verstaan jy die lewe wat die Vader vir jou bied, totaal vervuld, Hy kom vul die diepste van jou wese, en wil jou tot in ewigheid vul. Tot in die hiernamaals, het jy al jou identiteit as kind van God ontdek.
7 Keer in die Evangelie van Johannes sê die Here Jesus dat “HY IS”
1) Ek is die brood van die lewe.
2) Ek is die lig van die wêreld.
3) Ek is die deur.
4) Ek is die goeie Herder.
5) Ek is die opstanding en die lewe.
6) Ek is die weg die waarheid en die lewe
7) Ek is die ware wynstok.
Hy is die Groot Ek is wat vlees geword het. .
DIE INDENTITEIT VAN ‘N KIND VAN GOD:
BOODSKAP 3
‘N SKAPIE IN DIE KUDDE VAN DIE HERE:
HEBR.13:12-21
INLEIDING:
Hierdie gedeelte vertel van die Here Jesus se lyding, dan gaan hy oor om te wys dat die wonderlike hemelstad wat vir ons voorlê, en is miskien vir baie van ons onbekend.
Dit is so noodsaaklik om te weet dat ‘n kind van die Here moet ‘n identiteit hê. Die Here het jou nie net sommer enige iets gemaak nie, jy het ‘n baie besonderse identiteit. Hierdie indentiteit moet jy ken.
Die eerste indetiteit is juis dit dat ek ‘n kind van God is. Jy was dit nie voordat jy jou hart vir Jesus gegee het nie. Die oomblik toe jy jou hart vir die Here gee, word jy binne ‘n oomblik ‘n kind van God, want die Here neem jou aan, nou het jy ‘n kind van die allerhoogste God geword.
Die oomblik wat ek die Here vra om in my hart te kom ontdek ek dat ek ‘n nuwe identiteit het. Die Heilige Gees kom getuig dit in jou hart dan begin ek die lewe van die Vader te ken, wat ek nou gevind het.
Dit is so belangrik dat ons vandag moet besef dat ek ‘n identiteit as ‘n skapie in die kudde van die Here het. Die Here wil jou leer dat jy ‘n skapie in die kudde van die Here is. Dit is hoe die Here ons beskrywe.
Met hoeveel diere in die Bybel vergelyk die Here sy kinders mee. Net met een. In die hele Bybel vergelyk die Here ons net met een dier. Hy sê wel dat ons soos die arende is, dit is die voëls, Hy sê nie dat ons soos die mossies is nie, Hy sê soos Hy sorg vir die mossies, so sorg Hy vir ons. Nêrens in die Bybel sê die Here vir ons dat jy ‘n mossie is nie. Jy is ‘n arend.
Die Here weet dat jy ‘n identiet moet hê en dat jy nie in verwar-ring daaroor moet wees nie. Jy moet nie dink dat jy ‘n leeu is en dat ek ‘n skapie is nie. Baie mense is soos ‘n leeu en ‘n skapie, trap net op hulle tone dan is hulle leeus.
Die Bybel sê dat ons reg deur ons lewens skape is. Hy sê: Ek stuur julle uit in die wêreld soos skape, onder die wolwe. Waar jy ookal heengaan gaan jy ‘n skaap wees. Jy het net die een identiteit. Daar is geen verwarring nie. Jy moet ‘n skapie wees, in die Here se kudde.
As jy dit leer ken en agter kom waarom die Here jou skapie noem, en Hy die Herder, breek ‘n kosbare identiteit vir jou oop.
Kom ons kyk eers na verwarde identiteite.
Die RUBENSTEIN probleem was twee mans wat in dieselfde blok gebly het, in Parys. Dit was Athur Rubenstein die pianis, en Michael Rubenstein die bankier. Altwee het in dieselfde blok gebly en nou kom die telegramme by verkeerde ouens uit. Altwee is Rubenstein.
Op ‘n dag stap Michael die bankier oor na Athur en sê vir hom, help my asb. kom net oor na my huis en sê aan my vrou dat Louise van Vihanna en Isa van Praag, en Magret van Budapest en al die ander vrouens is jou vriende en nie myne nie.
Athur het geantwoord dat hy dit sal doen, maar sy broer moet hom een guns doen. As jy met my vrou gaan praat en sê dat die 5 miljoen liere in Rome en die 2 miljoen pond in Engeland is joune en nie myne nie.
Kinders van die Here is baie kere skitsofrene, hulle het hoeveel iden-titeite, terwyl die Here gesê het dat ons net een identiteit het. Hy vergelyk jou met ‘n skaap. Geen verwarring nie, jy moet ‘n skapie wees, in die kudde van die Here.
Waarom het God van al die identiete juis ‘n skaap gekies.
Daar is ‘n belangrike rede. Verstaan dit en verstaan dan jou identi-teit. Wat doen ‘n skaap. Dit is die engste dier in die wêreld is wat totaal afhanklik is van die mens, of van sy herder.
Daar is nie een dier wat so afhanklik is van die mens nie, behalwe ‘n skaap. Ons leer om van die diere afhanklik te maak, ons vat die bees-te uit die veld en sit hulle in ‘n kraal, en moet dan vir hulle sorg. In werklikheid kan hulle by hulleself goed regkom, behalwe ‘n skaap
Die eerste persoon op aarde was Adam. Ons weet nie wat hy gedoen het nie, behalwe dat hy weggekruip het. Hy het nooit met mense ge-praat nie, want hy het homself geblameer, sê die boek Job vir ons van daardie dag af. Hy het homself so blameer dat hy teruggetrek het en nooit weer met mense gepraat nie. Dit is sy nageslag.
Selfs as sy seuns gesondig het het hy teruggetrek en homself verwyt, oor die sondeval. Lees dit in die boek Job. Die volgende kinders wat gebore was, is Kain en Abel. Wat doen Abel, die tweede seun. Hy pas skape op. Van die begin van die skepping af moes skape opgepas word.
Hoekom noem die Here ons skape, want Hy weet dat jy sorg nodig het. Hy moet jou versorg. Ons praat vandag oor die aspek van totale afhanklikheid. Die Here wil jou iets leer. As die Here jou ‘n skapie noem, sê Hy vir jou dat jy nie op jou eie kan voortbestaan nie. Hy wil ons leer dat ons nie net afhanklik is nie, maar totaal afhanklik moet wees.
Die wêreld besef ook dat hulle die Here nodig het, heidene roep ook tot ‘n god of tot die Here self. Hulle weet dat hulle Hom nodig het. ‘n Kind van die Here kry die identiteit van totale afhanklikheid. Ek het Hom so nodig in alles. Hy moet my help.
In die O.T. het die Here Israel Sy skape genoem. In die N.T. het die Here Sy kerk Sy kudde genoem, skape.
Ps.104 is die skeppings Psalm. In die Psalm vertel die Here hoe Hy die hemel en aarde gemaak het, die ganse heelal. So massief en so groot. Toe die Here die heelal gemaak het, het Hy elke ster by die naam genoem. Hy ken elke ster. Hy het elke planeet in ‘n baan gesit, en Ps.104 sê dat elkeen ‘n doel het, en word deur die Here met bane regeer, en swaartekrag wette, wat hulle elkeen in hulle bane hou.
Die Here beheer en regeer ‘n ganse heelal. Hy het dit gemaak en Hy beheer dit. Wie is in die heelal daarbuite wat alles beheer, niemand behalwe God nie. Toe gaan die Here verder en skape die wêreld. Toe Hy dit maak beheer Hy ook elke fasset van hierdie wêreld.
In Ps.104 sê die Psalm dat die Here vir die leeus sorg, vs.21 sê hy dat die jong leeus wag op die sorg van die Here. Die Here versorg vir hulle. Vs.27 Almal wag op U. Het u geweet dat indien BILL GATES een dag net vir die voëls van voedsel moet voorsien sal hy bankrot sal wees.
Vs.27 – 31 “Hulle almal wag op U dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. U verberg U aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug na hulle stof U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut”
Die Bybel sê dat die Here vir elke dier op die ganse wêreld sorg. Selfs die mossie wat sy kossies optel is dit die Here wat vir hulle sorg. Hy sorg vir die grootste leeu, en die kleinste mossie. Die Here sorg vir elke ding in hierdie hele wêreld.
In Ps.104:23 sê hy hier ‘n verdere interresante ding: Maar die mens gaan na sy werk in die oggend en kom weer saans terug. Wat sê die Bybel daar. Die mens dink dat hy die Here nie nodig het nie. Die natuur en die heelal word deur die Here beheer. Maar die mens dink dat hy die Here nie nodig het nie.
Die Here sorg vir die ou kleinste dingetjie wat daar bestaan, dit maak nie saak hoe klein dit is nie.
Twee wetenskaplikes het na die sneeu bedekte berge van MATA-RON gegaan terwyl hulle in daardie berge is kry hulle ‘n klein groen vliegie, toe hulle hom onder die miskrooskoop sit kon hierdie twee wetenskaplikes nie anders as om die Here te verheerlik nie. Wat hulle sien was dieselfde vliegie wat in Engeland voorkom, dieselfde groen vlieg, kom in die Mataron sneeu se berge voor.
Daar was net een verskil. Die een in Mataron het die Here met hare oorgetrek tot sy beentjie was met hare oorgetrek. Die Here het ge-weet dat daardie klein vliegie in daardie koue nie sal kan oorleef in die koue as Hy nie ‘n ekstra bedekking gaan hê nie. Hy sorg uit Sy Vader se hart. Hoe groot en wonderlik is die Here nie.
Hy sorg vir die heelal, Hy sorg vir alles in die wêreld, die visse in die see, en Hy sorg vir die mens. Die mens gaan in sy gewone rotiene voort na sy werk, totdat jy weer by God uitkom. Jy word Sy skapie, en dan wil die Here jou hierdie geweldige les leer, totale afhanklik-heid.
Hoor jy wat identiteit beteken. Ek is afhanklik van God, Hy sorg vir alles, Hy sorg ook vir my. In elke kleinste detail sorg die Here vir my. Die Here leer ‘n mens afhanklikheid. In die begin gaan jy dit nie besef nie. Iewers langs die pad gaan jy dit ontdek.
Jare gelede het ons eendag ‘n vreeslike ding oorgekom toe dit so vreeslik moeilik gaan en jy weet nie waarheen nie, skakel iemand ons en sê dat hulle R.700.00 vir ons inbetaal het in ‘n rekening. Ons gaan opgewonde na die bank om die geld te trek, en daar aangekom was daardie geld getrek. Die gewledige skok, en tog het die Here ons die versekering gegee dat ons Sy verantwoordelikheid is. Hy sal vir ons sorg, solank as wat ons lewe.
In elke situasie wanneer ons in noutes kom, het die Here verseker dat ons Syne is. Ons is Sy verantwoordelikheid. Hy wil my leer, om absoluut van Hom afhanklik te wees, totaal. Die Here moet dit vir ons leer.
So het die Here vir Egipte geleer. Hulle was 400 jaar in Egipte en kon nie daar uitkom nie, tot hulle die Here aanroep en Hy hulle uit Egipte uitlei. Wie het vir Israel in Egipte gesorg? Hulleself.
Die Bybel sê dat hulle vir hulleself gesorg het. Hulle het self as die Nyl afkom hulle eie beddings gemaak, en hulle plant en hulle ploeg, en teël vee aan en sorg vir hulleself.
Toe kom die Here nadat Hy hulle God geword het, lei Hy hulle daar-uit en moes die Here hulle leer om van Hom afhanklik te wees. Hulle eerste probleem was die Rooi see, en hier is hulle deur Faroa se magte vasgekeer ‘n doodloop straat. Hulle is nou net in die hande van die Here se genade. Was jy al by ‘n plek waar daar geen uitkoms is nie, wat wil die Here doen: Hy wil jou leer. Hy bring jou in hierdie situasie om vir jou iets te wys.
Die Here bestem ‘n bo-natuurlike uitkoms en Hy maak die pad oop en hulle gaan daardeur, en hulle leer ‘n les. Nou bring die Here hulle in die woestyn. Na ‘n paar dae is die water op, die kos is klaar, waar-om bring die Here die volk vir 40 jaar in die woestyn? Wat leer die Here hulle: die woordjie totale afhanklikheid. Ek hoop u het dit ge-hoor het.
Waar kry hulle water vandaan? Die Here het dit voorsien. Waar kry hulle kos in die woestyn vir ongeveer 3 milj. mense. Absolute af-hanklikheid. Die Here het elke more manna gegee, Hy gee ook die kwartels, en die Here voorsien vir hulle elke dag. Hy leer hulle, totale afhanklikheid.
Waarom vat die Here jou deur woestyne? En dit gaan swaar, en jy weet nie waar kom die volgende vandaan nie, het jy al gewonder? Hy leer jou iets. Absolute afhanklikheid. Jy is ‘n skaap? Die Herder moet vir jou sorg. Onthou dat in die Bybelse tye terwyl dit so droog en woestynagtig is, moet die herder kos gaan soek vir die skape. Daar is nie, hy moet gaan soek. Hy voorsien elke maaltyd vir elke skaap.
40 Jaar neem die Here Sy volk en in Deut.2:7 sê Hy: 40 jaar lank was die Here jou God met jou, geen ding het jou ontbreek nie. Hulle is deur die woestyn, maar die Here sê dat Hy nog altyd sal sorg. Nooit, nooit was daar ‘n tekort nie, en toe kom hulle in die land Kanaan.
Deut.11:10-12 “Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ‘n groentetuin, natgelei het nie (julle het self vir julle in Egipte gesorg). Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ‘n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink; ‘n land waar die Here jou God voor sorg,…. die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.”
Wat gebeur as daar weer oorvloed kom: Wat gebeur dan dikwels. Die besigheid is goed, die salaris is goed, wat nou, nou kom julle in Kanaan, en hier sorg Ek vir julle.
Die Here sê dat Hy hulle Kanaan toe sal stuur, waar die Here vir hulle sal sorg. Jy kom in ‘n tyd van oorvloed, wat het jy geleer? Dit maak nie saak hoeveel geld ek het nie, dit maak nie saak watter voorsiening ek het nie, ek weet wie dit gee. Totaal afhanklik van God, vir die res van my lewe. Ek het iets geleer: dat ek ‘n skaap is.
As daar voorsienigheid kom weet ek dat dit die Herder is wat dit gee. As dit oorloop van melk en heuning: Raai van wie dit kom: Het die Here vir jou al absolute afhanklikheid geleer, totaal, om elke dag te lewe uit dit wat die Here voorsien.
Hy lei jou deur die swaar tye en al kom jy deur goeie tye, jy weet dat jy absoluut afhanklik is.
KOM EK WYS U NET DRIE VAN DIE HERE JESUS SE BEDIENINGS AS HERDER IN DIE NUWE TESTAMENT:
Kyk hoe voorsien die Here: As Herder sal die Here Jesus ‘n drievou-dige taak vervul. Drie bedieninge as ‘n Herder. Die eertse is dat Hy die GOEIE HERDER sal wees.
1) DIE GOEIE HERDER:
Joh.10:11 “Ek is die goeie Herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”
Hierdie Herder wys heen na die verlede. Hy sal uit Hebr.13:20-21 die GROOT HERDER wees.
Hy sal nie net die goeie nie maar ook
2) DIE GROOT HERDER WEES.
In Hebr.13:20-21 is Hy ook die Groot Herder. Wat beteken die Groot Herder van die skape.
Hy is die Een wat ons volmaak maak. Mag die groot herder, van die skape nl. Jesus Christus julle volmaak in elke goeie werk.
Wat beteken dit?
1 Pet.5:10 Verwys na die Here Jesus as die:
3) OPPER HERDER:
Wat gaan verskyn, by die wederkoms. Die Here Jesus gaan as Her-der drie dinge doen.
Die Here Jesus gaan as herder drie dinge doen. Ons gaan vir ‘n oomblik stilstaan en kyk wat Hy vir ons wil doen. Ps.22 verwys na die Eerste Herder wat Jesus sou wees.
1) Die Here het vir ons kom sorg deur Sy kruisdood.
2) Die Tweede is Ps.23 en vertel vir ons hoe die Here vir ons in
hierdie lewe sorg.
3) Ps.24 Vertel vir onbs hoe die Here Jesus as die Groot Herder
eendag vir ons gaan sorg.
Sien u die Here Jesus se drievoudige bediening. Hoe Hy in ons lewens wil werk. Kom ons kyk na die betekenis daarvan.
Die Goeie Herder lê SY lewe vir die skape af, by Joh.10. Die woord GOED: beteken: Een van reine karakter en sonder skuld.
Hy het gewillig Sy lewe vir die skape kom gee, deur vir ons sondes versoening te doen. Die Here het geweet dat jy nie jou sondes kan versoen nie, jy kan nie jouself in die hemel inwerk nie. Die Here weet dat jy met jou beste dade vir jou ‘n plek in die hemel kan inwerk.
As Goeie herder moes Hy dit kom doen. Hy het na die wêreld gekom om deur Sy lewe vir u en my ‘n losprys te koop, en dan in Joh.10:28-29 en Hy bewaar jou siel tot aan die anderkant. Die Herder gaan nie net jou siel red nie maar jou bewaar solank jy in Hom bly. Dit is wat die goeie Herder doen.
Ps.22 Sê hoe Hy Sy liggaam moes gee en dit is deurboor, die mense, vyande het soos wilde diere rondom Hom gestaan om Hom te ver-skeur, in die wrede dood wat Hy moes sterwe, sodat ek en jy ‘n ewige lewe kan beërwe.
Elke verlore skaap gaan haal Hy en Hy sorg dat die skaap nie verlore mag gaan nie. Hy gaan jou haal. Petrus val in sonde, Petrus verloën die Here Jesus, die Here Jesus gaan haal hom, en sê aan hom, gaan pas My skape op. Gaan doen dit wat jy ervaar het, dat as hulle terugval Ek na hulle sal omsien soos Ek na jou omgesien het. Dit het die Here Jesus reeds gedoen. Verstaan u wat die Groot Herder reeds gedoen het. Hy bewerk ‘n ewige lewe. Dat jy eendag by die Here kan wees.
Hy is nie net die GOEIE HERDER nie maar ook die GROOT HERDER van die skape: Hebr.13:20-21 Dit is die taak wat Hy nou doen. Dit is in die ooreenstemming met Ps.23 Die Here is nou my Herder, wat ons volmaak moet maak. Wat ons in die wil van die Vader bring, wat ons lewens vorm. (Die woord volmaak hier beteken, volkome voorbereiding). Dit is soos ‘n matroos wat die skip vorberei om oor die oseaan te vaar. Dit is soos ‘n dokter wat ‘n gebreekte been regmaak. Soos vissermanne wat die net moet heelmaak.
As die Here jou en my volmaak maak, weet jy wat Hy doen: Hy berei ons voor vir geestelike oorlog, Hy maak ons gereed vir die vaart wat ons in hierdie wêreld moet ingaan, soos ‘n hemelse dokter heel Hy ons gebroke binneste, en soos ‘n hemelse Herder help Hy vir ons om die visse van siele te vang.
Ps.23 Bestaan uit twee gedeeltes uit. Die eerste gedeelte is die feit dat niks my sal ontbreek nie. Vs.1-3 verduidelik hoe die Here vir ons sal sorg. Vs.4-6 Sê dat ek nie sal vrees nie.
Hy is jou bewaring. Sien jy waaruit die werk van die Here vir jou nou bestaan: As Groot Herder gaan die Here vir jou sorg, niks gaan vir jou ontbreek nie, en Hy sal jou bewaar, jy hoef nooit te vrees nie. Hy versorg ons in elke fasset van ons lewens. Hy lei ons na groen weivelde, en deur die toetse en beproewinge van ons lewens.
Hy weet hoeveel pyn en vreugde Hy oor ons kan toelaat, Hy weet hoeveel rykdom, en hoeveel armmoede. Hy weet hoeveel sonskyn en hoeveel storm Hy moet toelaat, vertrou Hom net.
Hy weet wat jy nodig het. Die Here sal in elke situasie vir jou voorsien, dit is Sy belofte.
In die Tweede wêreld oorlog het ‘n sekere KAPTEIN JOHNSEN van die Engelse vloot by die soutsee verby gevaar en met sy terug-koms ry hy verby ‘n klompie vyandige eilande, en was dit hier waar die brandstof van die groot boot opgeraak het. Hulle sit nou in ‘n geweldige krises en sê aan sy manskappe bid: Vertrou die Here.
Hulle het hierdie groot skip na die eiland gestuur en later uitgevind dat 1 km. links en regs van hulle twee groot vestings van die vyande was. Reg in die middel van die twee kom die skip te lande, en hulle bid, hoe gaan ons brandstof in die hande kry.
Terwyl hulle die nag deurgebid het, het een van die manne gehoor dat iets aan die bood klop, twee uur daardie nag. Twee uur die nag toe hulle buite kyk vind hulle ‘n vlot vol dromme brandstof daarop, en die golwe waai dit teen die bood vas. Hulle kon nie glo wat hulle sien nie.
‘n Paar uur later trek hulle daar weg en vind toe later uit wat gebeur het. ‘n Amerikaanse skip wat 1500 km daarvandaan was het gesê dat hy in moeilikheid is en dat hulle hom met ‘n torpudo gaan skiet en gesê kom ons raak van al die oorbodige brandstof ontslae. Sit dit op ‘n vlot en sit dit op die water, en die Here sorg dat daardie vlot ‘n 1500 km, verder in die rigting gaan tot by hierdie bood gaan op die regte oomblik, en daardie vlot spoel vas teen Kapt. Johnson se boot.
Die Here het hierdie vlot ‘n 1500 km. ver gestuur. Weet jy wat dit beteken as die Here vir jou sorg. Hierdie is nie onmoontlike getuie-nisse nie, die Here sorg vir Sy kinders in elke nood.
2) HY BEWAAR ONS OOK:
Waar jy jou ookal begewe, sal die Here jou teen elke vyand bewaar. Ken u die naam van JOHN BRENDS. John Brends was Martin Lutter se persoonlike vriend. John Brends het saam met hom die Reformasie aan die gang gesit, hulle het ‘n probleem met ‘n baie gevaarlike Spaanse koning gehad: Charles die vyfde wat hulle probeer doodmaak het. Hy het vir Martin probeer doodmaak, en later ook vir John Brends.
John hoor toe van die hele Spaanse leermag wat oppad was om hom te probeer uitwis. Die Here sê vir John: Vat ‘n brood: Stap op tot bo in die dorp en daar gaan jy ‘n oop deur kry, gaan in en gaan kruip weg onder die dak. Hy het dit presies so gekry.
John het onder daardie dak gaan lê met hierdie een brood. Die Spaanse leermag het gekom en elke huis omgekeer vir twee weke lank, elke dag alles omgekeer en nie vir John in die dorp gekry nie.
Een brood is te min, hoe hou jy twee weke met een brood, as dit nie was vir ‘n hoenderhen nie. Elke more van die eerste dag af het die hoenderhen in die plafon ingeklim en in die dak ‘n eier gaan lê. Die wonder was dat sy nie gekekkel het nie.
Sy het vir dertien dae lank elke dag die eier gaan lê. Die veertiede dag het die hoenderhen nie gekom nie, en op daardie dag hoor hy die mens onder in die straat praat, hulle is gelukkig weg ons is so bly dat hulle nie meer hier is nie. En John kon uitklim.
Hoor u hoe die Here ‘n mens soms op die bo-natuurlikste wyses kan bewaar. Hy sorg nou vir jou, in elke behoefte. Hy sorg vir elke be-noudheid. Hy is die Groot Herder wat nou vir u sorg.
3) HY IS DIE OPPERHERDER WAT OOK EENDAG SAL SORG:
1 Pet.5:4 en Ps.24 is Hy die Opperste Herder wat ons ook vir die toekoms sal bewaar. 1 Pet. Sê dat eendag sal ons Opperherder ver-skyn, en dan sal ons loon ontvang.
Eendag sal die Opperherder verskyn om vir ons vir ewig met Hom te neem sodat Hy vir ons kan sorg. Openb.7:17 “Hulle sal nie meer honger en dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie, want die Lam wat in die middel van troon is, sal hulle laat wei, en hulle na lewende waterstrome lei, en die Here sal al hulle trane afvee.”
Hy het vir ons saligheid gesorg, en en sorg ook nou vir elke nood van u, en sal ook hierna vir jou sorg. Wil jy die woordjie totale af-hanklikheid leer. Die Here identifiseer jou met een woord as jy Sy kind word, ‘n skaap. ‘n Absolute afhanklikheid van die Herder.
Het die Here dit al vir jou geleer, vertrou jy op die Here todat die deure toeslaan, en dan vertrou jy nie meer nie, vertrou jy op die Here todat die krises te groot raak, vertrou jy op die Here todat jy in ‘n gat van wantroue verval.
Nou weet jy nie meer of jy die Here kan vertrou nie, het die Here al vir jou geleer om Hom absoluut te kan vertrou. Onthou dat u ‘n skaap is wat absoluut afhanklik is. Hy is die Goeie Herder wat vir die helal sorg. Hy sorg vir elke dier in hierdie wêreld, en vir jou as jy Sy kind is.
Ons verwys nie vandag na afhanklikheid nie, maar totale afhank-likheid. Ken jy dit !!!
BOODSKAP 4
‘N PELGRIM OPPAD NA DIE HEMELSTAD:
HEBR.11:8-16
INLEIDING:
Elke kind van die Here het een of ander identiteit, en die Here wil ons leer waar ons in pas in Sy Goddelike raadsplan.
Uit Hebr.11 het ons van Abraham gelees en wat het u agter gekom? Wat se identiteit het ons opgetel is daar vir ‘n kind van God. Hy as ‘n Pelgrim.
Abraham was ‘n Pelrgim oppad na die hemelstad toe. ‘n Beskrywing wat die kind van die Here gaan omskrywe is dit die woord Pelgrim. ‘n Pelgrim oppad na sy hemelse woning.
John Buniun het die besonderse boek: Pelgrim se reis na die ewig-heid geskrywe. Daar is net vier woorde wat nie uit die Bybel uitkom nie. John Buniun het sy Bybel so goed geken, dat toe hy die verhaal neerskrywe was dit absoluut Bybels. Die Here het ons as Pelgrims beskrywe oppad na die ewigheid.
Hfst.11:13 “… en hulle het bely of erken dat hulle vreemdelinge op aarde was” Al die aardsvaders was daar een uitstaande karakter en dit was dat hulle bywoners was, as beeld dat hulle Pelgrims was.
Twee woorde word aan ‘n Pelgrim gekoppel nl. 1 ) Jy is opreis in ‘n vreemde land, en 2) Jy is oppad na die hemel.
Ek vra u, is dit jou identiteit? Jy lewe in ‘n vreemde land, is dit jou identietit dat jy oppad is na ‘n ewige huis.
Die Moslems hou ook Pelgrims togte, hulle is die armste godsdiens op aarde, want hulle het ‘n godsdiens sonder ‘n Saligmaker.
Dit is ‘n godsdiens wat jy in die warm woestynsand, een keer in jou lewe, moet gaan as dit klaar is, is dit klaar.
Weet u wat is die Christen se Pelgrimstog? Dit is iets heeltemal anders. Dit is nie een of ander woestyn tog nie, dit is ‘n leefwyse. Dit is jou hele lewe, hier op aarde. Hier op aarde is jy ‘n Pelgrim, en jy loop deur hierdie wêreld en dit is nie joune nie.
Hulle Pelgrimstog is ‘n paar dae in die woestyn en dit is klaar. Die Christen het ‘n tog, na die hemelstad toe. Hulle tog eindig in Mekka, ons sin in die hemel. Ons het die rykste Godsdiens in die ganse wêreld.
Wie was die eerste Pelgrim in die Bybel, Abraham. Hy was deur God geroep gewees om die Here na te volg, en Hy het uitgetrek en die Here gevolg as ‘n Pelgrim. Hy was die vader van die gelowiges.
Daar was twee persone wat uitgtrek het: Abarham en Lot. Altwee trek uit, en begin altwee as Pelgrims. Een van die twee het sy Pel-grims tog opgehou, die ander een het sy Pelgrimstog voltooi.
Elke kind van die Here wat gered word, begin dan as ‘n pelgrim, die wêreld is nie joune nie, jy is oppad na die hemelstad, elke kind van God begin hier. Jy begin ook soos Lot, en Abraham. In hierdie boodskap moet jy uit die hart van die Here verstaan wat die Here van jou vra as ‘n Pelgrim.
Ons word almal uit die wêreld uit geroep. Elke mens word geroep, om uit hierdie wêreldse leefwyse los te kom. Die Here het vir Abra-ham in vs.8 geroep. “Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang”
Die Here roep vir Abraham uit die wêreld uit, uit sy familie, uit sy stad. Die Here sê dat ons Hom moet volg en los maak van hierdie wêreld, die manier waarop hierdie wêreld lewe, die manier waarop hulle dink, die heidense praktyke, die manier van genot, maak jou daarvan los.
Toe die Here Abaham roep sê Hy vir hom dat hy moet uittrek uit hierdie goddelose plek waar hy gewoon het, trek uit jou tentpenne, volg My en word ‘n Pelgrim. Word los van hierdie wêreld, waarop hulle lewe, die manier waarop hulle dink, die manier van praktyke, die manier van genot. Maak jou daarvan los. Dieselfde roeping kom ook in die N.T na vore.
Die wêreld van daardie tyd was ook al boos, en toe die Here vir Abraham roep, sê Hy: Maak jou los, en kom uit hierdie toestand van sonde uit, volg My en word ‘n Pelgrim. Dieselfd roeping lê op elke kind van die Here se skouers.
11 Thess.2:13-14 “Maar ons moet God altyd oor julle dank, broe-ders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid Grieks (Orteria, verlossing en nie saligheid nie,) in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid, waar-toe Hy julle geroep het deur die evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.”
Die Here het ons van die begin af geroep, dat Hy voor die grondleg-ging van hierdie wêreld, het die Here vooruit geweet wie hulle harte vir Hom gaan gee, die wat gehoorsaam is Sy uitverkorenes. Hy het vooruit gesien in die toekoms en geweet wie hulle harte vir Hom gaan gee.
Weet jy dat die Here jou liefgehad het voordat die wêreld geskape was. Hy het vooruit geweet dat jy jou hart vir Hom sal gee. Toe kom die Here Jesus en bewerk die verlossing aan die kruis, sodat jy ‘n kind van die Here kan word. Nou kom die Heilige Gees en Hy roep na jou, om Sy kind te word. Hy roep jou uit hierdie wêreld uit.
Volgens die Vader het Hy jou reeds as gered gesien voordat die wêreld geskape was.
Volgens die Seun het Hy jou gered die oomblik toe Hy aan die kruis gesterf het en die Heilige Gees kom nou en werk in harte sodat die mens hulle hart vir Hom sal kan gee. Wanneer hierdie drie byme-kaar kom red die Here jou siel en maak jou ‘n kind van God.
Die dag wanneer die Heilige Gees se stem na jou sal kom en jy sê ja, red die Here jou. Vandag roep die Heilige Gees nog en roep na men-se, vesrstaan u hoe belangrik daardie roeping is. Jy is nie weergebore as jy nog nie jou hart vir die Here gegee het nie.
Die Vader het jou liefgehad en van jou geweet, die Here Jesus het vir jou gesterf, die oomblik wat jy reageer op die roepstem van die Heilige Gees en jy erken dat jou lewe verkeerd is, jy lewe in sonde, jy is deel van hierdie wêreld, en volk wat verlore gaan, roep Hy kom uit. Kom na My toe, gee jou hart vir my. Die oomblik wanneer jy daardie roepstem antwoord, dan red die Here jou.
In die N.T. kom die woordjie kerk 114 voor, Grieks Ecclesia wat uit-geroepenes beteken. Hoor u wat die woordjie kerk beteken. Dit beteken mense wat uit hierdie wêreld uitgeroep is. Hulle is nie meer deel van die wêreld nie. Hy is nou ‘n pelgrim. Hierdie wêreld is nie sy huis nie. Hy is ‘n vreemdeling in hierdie wêreld.
Enige iemand wat aan die kerk van Jesus Christus behoort is ‘n Pelgrim. Uitgeroep uit hierdie wêreld. Joh.17:6 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.
Wat bedoel die Bybel met wêreld? Dit is hierdie sondige sisteem waarvan Satan die hoof is, ons is in die wêreld maar nie van die wêreld nie. Die duiwel beheer die wêreld. Die hele wêreld bestaan uit een massa bedrog en leuens, kyk maar in die besigheids wêreld, bedrog en leuens.
Die hele wêreld draai om en ding en dit is geld, geld, geld…. Die wêreldse sisteem waaruit die Here ons roep. ‘n Tyd gelede was daar ‘n opvoering waarin die lied gespeel word nl. money, money, money hulle soen die geld, dit is so wonderlik, en hulle neem tweede verbande op huise, dit gaan oor geld, en speel die Lotto, hoekom dink net aan al die geld. Ek hoop nie dat u lotto speel nie. As jy ‘n kind van God is hoort jy nie daar nie.
Jy mag nie volgens God’s Woord lotto speel nie. Geld, is die wêreld se sisteem. Ons moet geld hê, maar dit moet nie jou lewe kenmerk nie. As jy nie daarvoor lewe nie, is jy ‘n vreemdeling, jy moet dit ge-bruik, maar dit is waar dit eindig. Dit gaan so dikwels oor ‘n gejaag na roem en eer wat die wêreld jou kan bied.
Die Here roep ons as Pelgrims daaruit. Fil.3:20 sê dat ons vreemde-linge word. Sê dat ons ‘n hemelse huis het waarna ons uiitkyk ‘n huis nie met hande gemaak nie, ons is oppad soen toe. Dit is ons tuiste.
Weet u dat die Jode tot vandag ‘n gebruik het, word vertel uit die verhaal van Roccechild. Op ‘n stadium was hy die rykste man ter wêreld. Hy was ‘n ortodokse Jood. In New York het hierdie palies van Roccechild gestaan, maar daar was iets interresant: Sy huis het nie facebord opgehad nie, en almal wat dit gesien het het daaroor gepraat dat die rykste man op aarde nie eens facerbord om die huis het nie. Mens het vrae gevra oor wat fout was met die beplanning van die huis.
Die ortodokse Jode glo dat jy ‘n huis bou en een stuk van die huis onvoltooid los, Roccechild het besluit dat dit die faceborde gaan wees wat hy nie gaan opsit nie. Dit gaan hom herhinder dat hierdie nie sy huis is nie. Sy huis wat volmaak gaan wees is die een daarbo in die hemel
Lot het soos elke persoon ook met sy pelgrims tog begin, elke Christen is die manier hoe jy begin. Die Bybel is duidelik dat ‘n pelgrim een is wat voorentoe gaan. Abraham was ‘n perlgrim wat opreis was. Hy het nie ‘n vaste woning hier nie, hy reis.
Abraham het voorentoe beweeg en Lot het tot stilstand in sy gees-telike lewe gekom. Abraham beweeg van een plek na die ander, waar die Here hom heengestuur het. Al die name van die plekke waar hy was het ‘n geestelike betekenis. Hy beweeg van die een ervaring na die ander, hy laat sy mislukkings agter. Onthou ‘n Pelgrim los sy mislukkings agter hom.
Toe Abraham in Egipte kom maak hy een gemors van Egipte. Hy jok vir Faroa, maar eending na sy gemors los hy Egipte agter en terk terug na waar hy moes wees. Hy jok vir Abimeleg, hy terk van hom ook weg. Na elke teleurstelling trek hy weg, want hy kan nie bekos-tig om ou wonde te lek nie. Jy mag nie stagneer by die mislukkings wat jy as ‘n kind van God gehad het nie. Trek weg…
2 Kor.5:1-8 Sê die Bybel vir ons aardse tentwoning afgebreek word het ons ‘n gebou of huis nie met hande gemaak nie, maar ewig in die hemele. Ons trek ook. Ons is maar almal dieselfde, ons is pelgrims, ons moet voorentoe na nuwe lesse gaan.
Daar is kinders van die Here wat op een plek bly. Jy hoort nie daar nie. Die Here vat jou na nuwe ervarings en nuwe lesse, nuwe onder-vindings, om te leer. Elke keer leer Abraham nuwe lesse by die Here en sit nie op een hoop nie. Daarom dat Hebr. 12 ons maan om die slap hande en krom paaie vir julle voete weer op te rig.
Die Bybel waarsku ons dat ons nie op die pad elders moet gaan sit nie. Jy moet vorentoe trek.
In Pelgrim se lewe in die verhaal van John Bunian was daar soveel goed wat hom teruggehou het. Die put van twyfel, waarin pelrgim geval het moes self weer opstaan en verder gaan. Met elke afdraai pad moes hy weer terugkom op die groot pad.
Elke keer as daar reuse kom wat jou keer om verder te gaan, dan sê hy dat hy hulle gaan wen omdat hy voorentoe gaan. Ek is oppad na die hemelstad. Kyk gou na jouself, vorder jy in jou geestelike lewe, of sit jy stil. Is jy besig om te vorder, dit is ‘n pelgrim.
Wat het met Lot gebeur, hy het tot stilstand gekom, hy verloor sy pelgrims hart al was hy gered. 2 Pet.2:7 sê dat Lot ‘n regverdige man was, maar hy het met Sodom en Gemorra geheul, hy het alhoe nader na Sodom toe getrek, en slaan later sy tent in die dorp op.
Later was hy selfs een van die hoofde van Sodom, die engele het hom by die poort sien sit, dit dui daarop aan dat hy een van die hoof-de was. Hy verloor sy tent, sy altaar, hy verloor sy geestelike lewe, toe hy in Sodom sit. Pelgrim terk.
Abraham kyk na die onsigbare hemelstad, wat vir hom voorlê. ‘n Pelgrim kyk voorentoe, Hebr.11:10 sê dat Abraham die stad vewag het wat fondamente het waarvan God die boumeester is. Hy verwag iets beters, as hierdie wêreld.
Die wêreld se beste is teleurstellings, want Hy wil hê dat ons moet weet dat hierdie wêreld nie my huis is nie. Die lied sê mos: This world is not my home, i am just a passer trugh, my tressures all layed up, daar in die hemelstad.
Vriende hierdie wêreld is nie my huis nie, hierdie gebroke wêreld met al sy ellendes, en teleurstellings is nie my huis nie, ek kyk vorentoe. Dit is my huis, Dit is my verwagting, wat verwag jy, die beste van die wêreld, of die hemelstad. Maar Lot sien die wêreld.
Gen13:10 ‘Toe slaan Lot sy oê op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het: voordat die Here Sodom en Gemorra verwoes het, was dit in die rigting van Sodom.”
Abaraham sien die onsigbare hemelstad, wat sien Lot, die wêreld, wat sien jy. Luister mooi, is daar mooi dinge in die wêreld? Natuur-lik Lot kyk in die Jordaanstreek af en sien al die mooi dinge.
Hy kyk na wat voor oë is maar nie na die sondes van Sodom nie, dit was ‘n stad van Homosekseule.
Hy sien die mooi van die wêreld maar nie die sonde van die wêreld nie. As jy na die wêreld kyk sal jy mooi dinge sien, die Here wil jou oë open om die sleg en die verkeerde raak te sien. Hoe verskriklik dit is. Lot sien nie die sondes van die wêreld nie, en hy raak so verlief op die wêreld. Hy raak daarin betrokke, en hy moes dink dat hy Sodom se sondes sou kon hanteer.
O, kyk net na die pragtige huis, ek sal dit kan hanteer, maar hy het nooit aan sy familie gedink nie. Het sy vrou dit hanteer, nee. Sy het later treuggekyk en ‘n soutpilaar geword. Het sy dogters dit kon hanteer, ek gaan vir die wêreld leef en is lief vir die wêreld. Jou familie loop saam.
Jy dink hulle gaan dit hanteer, en op die ou end draai hulle vir die wêreld om want dit is wat jy vir hulle gegee het. Ek praat in beson-der met die mans, as hoof van die huis.
Abraham kon die wêreld beinvloed.
Die oomblik wat jy uit die wêreld is, kan jy die wêreld beinvloed. Die oomblik as jy deel is van die wêreld, het jy geen invloed meer op hulle nie. Leer hierdie les, Pelgrims wat uit die wêreld is kan mense saam vat hemel toe. Jy is oppad hemel toe, en nou kry jy mense om saam met jou soontoe te loop. Maar as jy deel is van die wêreld, wie gaan jy saamvat.
Abaraham kon vir Sodom en Gemorra bid, hy kon vir hulle intree, Hy het vir Faroa beinvloed, hy het vir Abimeleg beinvloed, hy het sy eie familie beinvloed, hy kon ‘n dinamiese invloed op mense hê. Mense het nie Abaraham aangeval nie, want hy was ‘n profeet in hulle oë. Almal het na hom gekyk en gesê dat hy ‘n man van God was.
Lot het in die wêreld gaan bly, en geen invloed op Sodom uitge-oefen nie. U sien as jy deel is van hierdie wêreld, gaan die wêreld jou nie glo nie. As jy nie anders leef by jou werk nie, kan jy maar vir hulle preek, en geen resultate hê nie. Net soos Lot.
Die Bybel sê dat Lot sy regverdige siel gepynig het, om die mense van hulle sondes te probeer wegkry. Die dag toe die oordele oor Sodom en Gemorra plaasvind, toe preek hy vir almal en sê kom, die Here gaan die plek verwoes. Die Bybel sê dat Lot in die oë van die ander was soos een wat spot. Hulle het vir hom gelag.
As jy daar by die werk soos die wêreld is, kan jy maar preek soos jy wil, hulle gaan vir jou lag, maar die oomblik as jy soos Abaraham uit die wêreld is, ‘n Pelgrim, oppad na die hemelstad, gaan jy mens kan beinvloed. Dit is hoeveel jy vir die mense om jou preek nie, maar hoe lewe jy.
Abaraham het ‘n hemelse verwagting gehad:
Dikwels sal die Here vir ju sê dat jy nie moet bekommer nie, Ek gee jou iets beters, veral as teleurstellings oor jou pad kom. en dinge ge-beur verkeerd. Geen hoop op ‘n regering wat sake sal verbeter nie, geen op op ‘n beter ekonomie nie, dan wil die Here jou verseker dat daar ‘n beter wêreld voor lê.
Die mooiste wêreld lê vir ons voor, waar geen teleurstelling meer sal wees nie. Die grootste ding wat ons soms tref is tragedies. As dit kom, sê ek dat ek na iets beters en meer verlang.
As alles verkeerd gaan, dan hef ek my oë op want daar is ‘n beter wêreld wat voorlê. Hierdie is nie my verwagting nie, sien u wat sien Abaraham. Hy verwag ‘n hemelstad, maar Lot was in die wêreld, deel van die wêreld, Hy was nie meer ‘n Pelgrim gewees nie.
Weet u wat was die probleem met Lot teleurstellings. Hierdie wêreld stel jou teleur. Oorals waar jy gaan.
As jy die afgelope tyd deur ‘n trauma is, deur ‘n tragedie, en dit slaan jou plat, het ek vir slegte nuus. Dit het vir Lot ook plat geslaan, sy tragedies was so groot die Bybel want hierdie wêreld gaan verby en sy begeerlikheid.
Lot was soos deur vuur heen gered, hy was gered, maar die vuur het agetr hom gebrand, en hy het van sy geestelike lewe niks oorgehad nie. As jy vir die wêreld gaan leef gaan jy gered word maar soos deur vuur heen. Wat hier gaan agterbly op aarde gaan niks wees nie, jou lewe wat jy hier bou, gaan vir jou net een groot teleurstelling wees.
BOODSKAP 5
MY IDENTITEIT AS KIND VAN GOD:
WAAR PAS EK IN:
1 KOR.12:12- 31
INLEIDING:
Hierdie gedeelte handel oor die liggaam en die gawes van die Here wat Hy aan Sy kinders uitdeel. Daar is dikwels boodskappe wat gebring word oor hierdie onderwerp en dan moet dit so aangebied word dat die vlees daardeur gestimuleer moet word.
Prediking aangaande die gawes van die Heilige Gees en hoe dit werk is dikwels so skaars in Protestantse bewegings.
Watter voorreg om die boodskappe uit die hart van die Here met u te deel. Dat u vandag sal weet wat dit beteken om ‘n gawe van die Here te besit. Dat u ook sal weet waar u inpas in die liggaam van Christus.
Belangriker as gawes is vrug. Die Heilige Gees doen twee dinge in ons lewens, Hy werk die vrug en die gawes. Die vrug bly die belang-rikste. 1 Joh. Maak melding daarvan dat hy sê: Toon my die vrug en ek toon jou die lewe.
In die identiteit van die kind van die Here kom ons nou by die twee-de aspek van hierdie reeks: Elke kind van die Here moet eerstens ontdek wie ek is as kind van die Here.
Jy ontdek jouself as: Eers ongered, en dan dat ek deur Sy genade gered word. Jy ontdek jouself in die hart van die Vader met al die vorregte, as ‘n skapie in die kudde van die Here en dan as ‘n Pelgrim
Oppad na die ewige huis. Daar is veel meer wat die Bybel ons leer aangaande ons identiteit as ‘n kind van God.
IN DIE TWEEDE GEDEELTE VAN HIERDIE REEKS
KOM ONS BY DIE PLEK OM TE VRA:
WAAR PAS JY IN AS KIND VAN GOD.
Jy pas iewers in die koninkryk van God in. Jy gaan nooit verstaan wie jy is en nooit ‘n bevredigde hart hê voordat jy nie agterkom waar die Here jou laat inpas, in Sy koninkryk nie.
Daar is ‘n plek vir jou, ‘n plek waar die Here jou beskrywe en jy be-hoort. Waar Hy ‘n doel vir jou het. Dit is ‘n baie beslisde roeping en ‘n skeppings doel. Dit beteken dat toe die Here jou gemaak het, toe die Here jou beplan het nog voordat jy hier was, het Hy beplan dat jy iewers in Sy konikryk sal inpas. As jy dit nie vind nie vind jy nooit jou skeppings doel nie.
Daar dring ‘n roeping in die hart van die Here vir dit wat jy moet doen. Dit is wonderlik dat Kol.3:15 vir ons Sê: “Dat ons geroep is tot een liggaam…”. Weet jy waar jy inpas as ‘n kind van die Here: Jy word geroep om ‘n lid te wees iewers in die liggaam van Christus. U word nie geroep om afsonderlik by die huis u Christenskap te beoefen nie. Jou roeping lê nie daar nie.
Jou roeping is besonders waar jy iewers saam met ander kinders van die Here inpas. Die verhaal van die man van Abo. Dit handel oor ‘n man in die Arabiese lande wat op een of ander onverklaarbare manier ‘n Bybel in die hande gekry het. Hy het hierdie Bybel begin lees en vind dat die Here ‘n Seun het met die Naam van Jesus Chris-tus, en was as Moslem baie kwaad daaroor want hulle glo dat hulle god Alla nie ‘n seun het nie.
Hy is so kwaad dat hy op sy huis se dak klim en sy vuiste bal en uitroep: “God ek weet dat U nie ‘n Seun het nie, en dat hierdie ‘n valse boek is, maar as U ‘n Seun sou gehad het, laat dit nou uit die hemel reën ”
Hy kyk rondom hom en sien nie ‘n enkele wolk in die lug nie. Voor sy voete die grond raak toe reën dit. Die Here werk veral in heidense lande deur wonderwerke. Toe hy opkyk was daar nog steeds nie wol-kie nie, maar dit reën. Wat het hy gesê: As U ‘n Seun het laat dit nou reën. Hy het in sy huisie gegaan en lees toe die Bybel en vind die Here Jesus as Sy Saligmaker en lees en deurdrenk die Bybel boek as die enigste kind van die Here in sy dorp.
Hy besef toe dat hy ander Christene moet kry, waar weet hy nie en begin te soek, die naaste Christen wat Abo kon kry wat 65 km. van sy huis af, in ‘n naburige dorp, kon hy die naaste Christen kry. Hy het van hom gehoor en dit is nie om maklik met ‘n kar daarheen te ry nie, dit was deur die dorre woestyn met die voet. Hy het hierdie pad te voet geloop na die naburige dorp net om ‘n ander kind van die Here te kon kry.
Hulle het gereël dat hulle ‘n aantal kere per jaar bymekaar uitkom, en hulle moet mekaar bedien en bemoedig, as liggaam van die Here Jesus Christus.
Iemand vertel dat hy altyd sy oupa se verhale kon onthou uit die sending wêreld uit. Sy roeping was om in Afrika in te gaan waar die Evanglie nog nie verkondig was nie, hy het deur berge en vlaktes waar baie kere nog ooit ‘n sendeling of swartes blankes gesien nie.
Hy onthou die verhaal van ou Maroela. Sy het die bynaam gekry weens haar gedrinkery. Die dag toe sy van Jesus hoor en vrygemaak word en gered word, daar in die berge sonder ‘n kerk naby haar, het ouma Maroela na die naaste kerk toe gestap wat die perdiker se oupa opegrig het en Maroela moes die Saterdag aand begin te stap. Sy het regdeur die nag gestap om die volgende môre betyds te wees vir die oggend diens. Maroela het geweet dat sy by mede kinders van die Here uitkom met ‘n roeping in haar hart.
Sy kan nie by die huis sit en haar eie godsdiens beoefen nie, ek word geroep om saam met mede kinders van die Here te deel. Na die diens stap Maroela weer al die pad terug huis toe om die volgende dag te gaan werk.
Ek het al gesien hoe Christene bereid is om op te offer mense wat siek is met rugprobleme by die kerk opdaag. Gevalle waar mense uiters siek was en in moeilike omstandighede opofferings maak om na die Woord van die Here te luister. Mense kom, want daar is ‘n roeping in die hart, om by mede kinders van die Here te wil inskakel. ‘n Roeping om liggaam te wees.
Dit is onmoontlik en on-Bybels om afsonderlik en apart godsdiens te probeer beoefen. Die Radio Cd. Boeke het hulle plek, maar niks sal die kerk varvang nie. Daar moet jy inskakel, en daar is ‘n rede daar-voor. U sien u is ‘n lid, deel van die kerk van Jesus Christus
Hoor wat die Bybel sê: 1 Kor.12:13 Sê: “Want ons is almal deur een Gees gedoop tot een liggaam” Die woord doop hier is nie water-doop nie want die Bybel sê dat die Heilige Gees ons gedoop het. Dit wys nie na ‘n menslike handeling nie. Dit is ‘n handeling van die Heilige Gees. Die Griekse woord wat hier vir doop gebruik word is die woord vereenselwig.
Die Helige Gees kom en vereenselwig die kinders van die Here by-mekaar. Het u gehoor. Die oomblik as jy weergebore is, behoort jy aan die liggaam van Jesus Christus. Hy is die hoof, en jy is een van die lede. Dit is nie dat jy dit moet word nie, jy is klaar ‘n lid in die liggaam en iewers gaan die Here ‘n spesifieke roeping in jou lewe begin te plaas.
Want 1 Kor.12:18 “Maar nou het God elkeen van die lede in die lig-gaam gestel soos Hy gewil het.” Die Here het jou op ‘n spesifieke plek in die liggaam geplaas. Jy is nie oog, oor, hand en voete nie. Iewers pas jy in, en dit is waar die Here jou wou geplaas het. Hierdie roeping gaan baie dieper as dit: Jy ontdek dat daar ‘n spesi-fieke plek is waar die Here jou wil hê: 1 Kor.12:14 “Want ook die liggaam is nie een lid nie maar baie lede”
Die liggaam is ‘n eenheid maar het verskillende lede. Vs.17-18 “As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.”
Rom.11:29 “Want die genade gawes en roeping van God is onbe-roulik“ Luister mooi: As jy nooit uitkom by hierdie roeping nie, bly dit in die hart van die Here nog steeds onherroeplik, en jy mis jou doel.
Die roeping van die Here en Sy gawe wat Hy vir jou gee is onberou-lik, Hy trek dit nooit weer terug nie. Hy het besluit dat jy die hand of die voet moet wees, en daardie besluit staan vas tot in ewigheid. As jy nooit daarby uitkom nie, nooit daar funksioneer nie, gaan jy een-dag voor die Here daarvoor rekenskap moet gee.
Dit is wat hierdie gedeelte bedoel. Daar kom ‘n besonderse roeping iewers in jou hart, nie net Here ek behoort aan die kerk nie, maar ek begin besef dat ek iewers moet begin inpas. Ek het iewers waar my Christenskap ‘n werklikheid moet word. Ek vra vir jou of jy weet waar jy inpas in die liggaam van Jesus. Weet jy waar jy inpas, of het jy nog ‘n vraag daaroor.
Die Here roep sommige om die voet te wees, dit is die wat gaan, hulle ervaar dat hulle moet gaan na bv. die siek mense, ek moet gaan om die Evangelie te gaan verkondig, ek moet gaan om sending werk te doen. Dit is jou roeping, jy is die voet.
Dit is so belangrik om te ontdek wat die roeping van die Here vir jou is. Nou gebeur dit dat baie kinders van die Here baie krities teenoor mekaar is, want hoekom gaan sommige om sending werk te doen, ons kan mos net hier ons werk doen. Hier is soveel werk hier, hoekom gaan ons sendingwerk doen.
Jy verstaan nie die liggaam van Jesus nie. Luister mooi: Die Here gee vir elkeen van ons ‘n ander roeping, en saam maak ons die lig-gaam uit.
Sommige word geroep om die hande te wees. Jou bediening is om te dien. Jy dien ander, jy is bv. besig om in die kombuis te was, en skoon te maak, en alles reg te hou. Dit is jou bediening. Jy word as hand geroep.
Party van ons het sprekende gawes. Die Here roep jou as die mond. Jy kan praat, jy kan lei, jou bediening is deur en deur om te praat.
Party is die hart: Die Here roep jou om om te gee. Om te bid, Jy het so ‘n hart as jy sien dat ander swaar kry. Jy het ‘n hart om ander se nood raak te sien, om te sien dat iemand bv. nie kos het nie, ens. Die Here gee vir jou die geloof om te bid.
Party is die oog. Dit is die wat onderskei. Dit behels ook ‘n diepe onderskeiding in die geestelike wêreld. Wat ‘n ongelooflike gawe. Ander het die besondere gawe van kennis. Jy is die oog wat dinge kan sien, en vertsaan. Dan is daar die gawe van wysheid. Iewers pas die Here jou in, in Sy liggaam.
Die Here gee die gawe om jou toe te rus. Omdat jy iewers in die liggaam van Christus hoort kry jy ‘n gawe. 1 Pet.4:10 Sê: “Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.”
As jy weergebore is het jy reeds ‘n gawe van die Here ontvang. Daar is ‘n gawe spesifiek vir jou gegee. Jy het ‘n bediening en ‘n gawe. ‘n Gawe is waarmee die Here jou bekwaam maak om hierdie bediening te kan volbring. Dit is hoe dit werk. Elke mens het ‘n besonderse bediening en ‘n gawe.
Hoor hoe sê die Bybel dit in 1 Kor.12:4-5 “Daar is wel ‘n verskei-denheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is ‘n veskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here.”
Ons lees hier van gawes en bedieninge. Daar is gawes wat die Here in die voorbereidings jare aan u gee, waar u ‘n dors ondervind na die Woord van die Here en alles stiptelik ondersoek. Dit is die gawe van kennis. U sou soveel kennis opdoen oor ‘n onderwerp dat u pre-sies sou onderskei as ‘n prediker iets uit ‘n vorige boodskap aanhaal.
Die Here gee dan soms soveel kennis dat u onderskeiding nodig het om te weet wat u moet preek. Dit is ‘n gawe wat van die Here kom, die doel daarvan is om die werk van die Here te doen. Nou gee Hy ‘n bediening daarmee saam. Die bediening is lering.
Die gawe is kennis maar die bediening is lering. Om mense te kan leer moet ek ‘n gawe van kennis hê. Die Here gee my die bediening, en Hy gee die Gawe. So kry elkeen van ons ‘n bediening en ons het die gawe as ons weergebore is, en as jy dit nog nie ontdek het nie het jy nodig om na die hele reeks dienste te luister.
Die doel is dat jy kan uitkom by daardie plek waar die Here jou in Sy liggaam nodig het. Die Gawes wat die Here vir ons gee is om mekaar te dien. Dit maak nie saak watter gawe ek het nie. Dit beteken nie dat u en ek nou op ‘n troon kan sit want ek het hierdie of daardie gawe nie. Of dat ek hierdie wonderlike bediening. Dit is die teenoorgestel-de. Die gawe gee die Here om mekaar te kan dien en te bedien.
Elkeen van ons het ‘n gawe om die mede kinders van die Here te be-dien. Jy is veronderstel om uit te reik na mede kinders van die Here Jesus en na die kerk van die Here Jesus, want jy sien die Here het jou nodig.
Die oog kan nie vir die hand sê dat ek jou nie nodig het nie, hulle weet dat hulle mekaar nodig het, elke lid is daar met ‘n rede. Jy het ‘n besonderse doel waarvoor die Here jou in Sy gemeente plaas, om vir Hom te werk en te lewe. Vir Hom te bestaan, en vir mekaar te bedien.
Die oomblik wat jy jouself beskikbaar gaan stel gaan jy ondervind dat jou lewe vervulling kry. In die begin neem die Here deur ‘n leer-skool, en nou kom jy op ‘n stadium dat jy die liggaam moet begin bedien. Daar is die stadium waarin ek leer, om jou ondervinding en kennis te gee, dan kom doen die Here ‘n verdere iets. Op een of ander stadium, terwyl jy leer is jou hart en lewe onbevredigend. Al preek wie of gebeur wat my hart bly onbevredig.
Nou kom die stadium dat die Here jou wil roep, om te begin bedien. Dit alleen sal my bevredig. Dit alleen sal my begin te vul. Net om te sit vul my nie, meer nie. Dit is nie die ds. se skuld nie, dit is joune. Nou wil die Here jou roep om in ‘n bediening te staan, en dit vul jou.
Nou begin jy betrokke raak en soveel dinge begin met jou te gebeur. Alles begin wonderlik raak, en dit begin jou te vervul. Paulus skryf aan Timotheus en sê dat indien hy die Woord verkondig sal dit hom vul. Jy preek vir ander, en intussen vul dit jou.
Nou kom ek by die vervulling van my doel, en my roeping en dit bring my by vervulling. As jy hier sit en jou hart bly onvervuld, weet hoekom, kom weg van verskonings, jy het ‘n roeping jy moet dit net vind. Jy het ‘n gawe, maar jy sal daardie gawe moet begin uitleef, en mede kinders van die Here moet begin dien.
Miskien wonder jy waar jy gaan inpas. Efe.1:22 “En Hy het alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee”
Die Here Jesus is hoof van die gemeente dan vs.23”Wat sy liggaam is, die volheid van Hom”
Dit beteken dat al die krag van die Here Jesus wil Hy in Sy kinders uitstort. Dit was waarom die Here Jesus vir Sy dissipels gesê het. Ek doen groot wonderwerke, maar julle sal groter werke doen as Ek. Want Ek gaan na My Vader.
Ek gaan in die hemel wees en julle My liggaam, en Ek werk deur julle, julle is My hande, julle is My voete, julle is My hartklop, julle is My mond. Die Here praat vanoggend met elkeen maar Hy gebruik maar net bloot ‘n instrument. Maar Hy praat met jou, en ons bedien mekaar met liefde wat uit die hart van die Here Jesus kom.
Hoor die volgende woorde: ”Die volheid van Hom wat alles in almal vervul”. Hoor mooi, die Here Jesus wil deur jou werk. Hy gaan deur jou werk. Al werk jy daar in die kombuis, dan kan Hy deur jou Sy wil laat werk.
As jy met iemand gaan praat, die feit dat jy gaan is jy die voete van die Here Jesus. As jy die hartklop is, al wat die Here vir jou vra is om jouself tot beskikking te stel. Dit is waar dit begin. Kom by ‘n plek waar jy jouself tot beskikking gaan stel en sê: Here ek is bereid. Ek wil U dien, ek wil die kerk van Jesus dien, kom werk deur my.
Hierdie bediening en die gawes van die Heilige Gees vloei dan deur jou, om jou bekwaam te maak vir die werk van die Here.
Nou is daar ‘n baie belangrike ding wat u moet verstaan. Wat is die ds. se werk, om Sondag te preek, nee, dit is maar ‘n klein deeltjie van die geheel. Wat is die predikant se werk:
Ons het een groot taak: As ek daarin faal faal ek in God se plan vir Sy kerk. Efe.4:11-12 Sê: “En Hy het sommige gegee as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heilige toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus.”
Hy gee hulle aan die gemeente sodat die liggaam van die Here Jesus opgebou moet word. Hy gee die predikante vir ‘n doel, om jou toe te rus vir jou dienswerk. Wat moet ek doen: ek moet jou bekwaam maak, in daardie dienswerk wat jy vir die Here Jesus moet gaan uit lewe.
Ilustrasie van wat ons in die kerk doen:
Deur hierdie illustrasie wil ek vir u leer wat die Here Jesus bedoel het.
Daar is jou werk, jy moet eintlik die boeke van die kerk doen. Jou taak is adminstrasie. Dit is jou gawe. Jy mag baie goed wees met die wetlike aspekte, jy hanteer die finansies. Charl hier is al die rekenaar werk.
Sondagskool werk Janita, en Liesbet. Daar is soveel insette wat gelewer moet word. En een doen al die afrolwerk. Die Here gee vir elkeen take. Ons kan so maklik delegeer en sê dat een ou die hele lading moet dra. Een swaweltjioe maak nie die somer nie, elkeen kan sy rol begin vervul wanneer hy Sy lewe beskikbaar stel vir die Here.
Dit gebeur dikwels dat almal dink dat die predikant daar is om alles te doen, ons betaal hom mos vir dit. Daardie begrip verhinder dat ‘n gemeente kan groei en dat elkeen sy bediening kan uitleef. Ons soek dikwels die begaafste predikant en hy moet alles wees en doen. Wat was die plan van die Here gewees.
Net die teenoorgestelde. Die predikant was veronderstel om die werk uit te deel, vir elkeen van julle. Na jou toe te stap en vir jou te help binne jou bediening, en dit is jou werk. Gaan en vervul jou bediening Dit is jou vaardigheid, dit is die Here se gebied en die Here se oop deure vir jou. Gaan. Die doel van die predikant is om jou bekwaam te maak vir jou bediening.
Dit is die plan van die Here vir die predikant en Hy het ook vir jou ‘n plan in jou bediening. Hoe verder dit aangaan word dinge vir die predikant net moeiliker en daarom het hy die ondersteuning van die gemeente nodig sodat ons as Sy liggaam kan funksioneer.
Die manier waarop die Here ‘n predikant gebruik is om u toe te rus vir Sy werk. Deur die Woord, hoor wat 11 Tim.3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”.
Soos die Woord van die Here na u toe kom, moet dit u toerus vir die werk. Hoe meer die Woord van die Here in jou hart lewe, hoe meer is jy toegerus om te doen wat die Here van jou vra om te doen in Sy kerk en in Sy gemeente.
Ons doen dit deur ons gebede, want dit is net deur die Heilige Gees wat die Here jou bediening vir jou kan oopbreek. Al wat jy doen is dat jy die bediening vind waarvoor die Here vir jou bestem. Jy stel jouself tot Sy beskikking en wag vir oop deure.
Die Here sal self die deure oopmaak. Hy maak ‘n bediening vir jou oop waarin Hy jou wil gebruik, waarin Hy jou wil seën, waar Hy Sy liefde en Sy hart en wil deur jou wil uitstort. En deur by daardie be-diening in te skakel wat die Here vir jou oopmaak, vind jy die plan van die Here vir jou lewe.
Sommige mense gaan deur hulle ganse lewe sonder om te ontdek wat hulle op aarde moes doen. Weet jy wat jou identiteit in die lig-gaam van die Here Jesus is?
Of jy is hand, of jy is voet of jy is mond, of jy is hart of jy is oog of oor, jy is iets, dit moet jy vind, en die Here het ‘n roeping op jou lewe om waarlik betrokke te raak indie kerk van die Here Jesus.
Miskien voel jy so onvervuld in jou lewe, terwyl jy na soveel bood-skappe luister, maar jou hart bly onvervuld. Jy weet hoekom, want net jou bediening kan jou lewe vul.
Volgende boodskappe soos dit kom gaan ons na die gawes kyk en sien dat die Here ons met meer kan bedeel as ons onsself beskikbaar stel. Daarmee saam gaan ons kyk na watter gawes jy het en as jy dit vind en dit ontwikkel sal jy by ‘n wonderlike bediening uitkom, wat die Here vir jou wil gee.
1 Kor.12:4-6 verwys na drie aspekte in die geestelike lewe nl.
Genadegawes = Krag
Bedieninge = Toewyding
Werkinge = Wysheid
Krag sonder toewyding = betekenloos.
Toewyding sonder krag = vrugteloosheid
Wysheid
Gawes Diens
Krag Toewyding
Werkinge
Die belangrikste aspekte van ons lewens is Krag Toewyding Wysheid
Kol.1:9-11
Daarom hou ons ook nie op nie, …om vir julle te bid GEBED
…dat julle vervul mag word met die kennis WYS-
van Sy wil in alle wysheid en geestelike insig….. HEID
…sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel TOE-
om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk WY-
vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,… DING
…en met alle alle krag bekragtig word volgens die
mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid …. KRAG
ONTDEK JOU BEDIENING WAARBINNE
JOU GAWES FUNKSIONEER: DEEL.1
ROM.12:1-8
INLEIDING:
Dit was die inblaas van lewe in die eerste mens, wat ook geestelike lewe in ‘n persoon en dan in ‘n familie en ‘n volk vertippieër het. Dit was ook die inblaas van die Here Jesus in die N.T. wat die individu as bruid en dan as deel van die liggaam en dan as deel van die kerk vertippieër.
Hoe teenstrydig: Moses as tipe van die wet het ‘n spraak probleem gehad, terwyl die dissiepsl met Pinkster met groot vrymoedigheid gespreek het.
Babel wat deur die mens geinisieër was het tot verdeeldheid en verwarring gelei. Pinkster wat deur die Heilige Gees beweeg was, het harmonie en aangetrokkenheid tot die Here gebring.
Sinai was die Israelliete se geleentheid om bruid van die Here te kon wees, 3000 sterf weens die volk se ongehoorsaamheid. Pinkster was die heiden se geleentheid om bruid van die Here genoem te word en 3000 leef weens ‘n paar se gehoorsaamheid
Ons het verlede week na die geestelike gawes gekyk en gesien dat ons KRAG nodig het en toewyding vir die bediening en wysheid vir die werking.
Ons is in die reeks besig om na die identiteit van die kind van die Here te kyk. Elkeen het ‘n besonderse identiteit, jy is ‘n skapie in die kraal van die Here, jy is deel van die loot en die wingerdstok, jy is ‘n kind in die huis van die Here, en jy sal agterkom dat jy ‘n besonderse identiteit het wat jy moet ontdek. Daardie identiteit gaan jou vertel wie jy is, en hoe jy moet lewe en optree.
Leer dit of jy gaan nooit geestelik volwasse word nie. Een van die dinge wat die Here vir jou wil sê is dat jy ‘n lid is in die liggaam van Jesus Christus. Die Bybel verwys na elkeen as ‘n afsonderlike lid van mekaar.
Dit bedoel dat die Here jou nie net bloot in die liggaam geplaas het nie. Hy het jou iewers in die liggaam van die Here Jesus geplaas.
Jy mag deel van die hand wees, of van die oor, of van die voet, of deel van die hart. Jy pas iewers in, en die Here het bestem dat by daardie plek waar die Here jou geplaas het moet jy vir Hom arbei en dien. Wanneer jy jouself vind en jou gawe ontdek, agterkom waar die Here jou geplaas het, is dan wanneer jy prakties vir die Here kan begin lewe soos wat die Here van jou beplan het.
Ontdek waar die Here jou geplaas het, jou taak en doel, in die lig-gaam van Jesus Christus, en dan in vs.6 sê hy dat jy ook ‘n spesfieke gawe gee. Ons kies nie ons eie gawe nie. Die Here kies jou gawe, maar jy ontdek net wat die Here vir jou gegee het.
Elkeen wat weergebore is, en vervul is met die Heilige Gees het ‘n gawe. By geboorte ontvang jy talente, jy kan skilder, sing, jy kan vinnig hardloop, of is goed met syfers, wat ookal, dit is ‘n talent wat die Here jou gegee het. Enige ongeredde het talente.
By wedergeboorte, en veral wanneer die Here jou met die Heilige Gees vervul, ontvang jy nie net talente nie, maar jy ontvang ook ‘n gawe. ‘n Spesifieke gawe om die Here te dien, van nou af. Sorg dat jy in jou lewe die gawe ontdek wat die Here vir jou gegee het. As jy dit nooit ontdek nie hoe gaan jy vir die Here werk.
1 Tim.4:14 sê Paulus: “Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.”
11 Tim. 1:6 Maan Paulus die jong predikant om die genadegawe van God aan te wakker. Dit is soos ‘n spier wat jy moet ontwikkel. Net soos wat jy ‘n talent kry en dit moet ontwikkel, net so gee die Here vir u en my gawes, maar ons moet die gawe aanvuur, of aan-wakker.
Die Here gee bv. die gawe van kennis, en daarom moet daardie persoon hom of haar dan bekwaam. Om die gawe van kennis aan te wakker, moet ek meer en meer kennis opdoen, want dit is die gawe van kennis. Jy moet daardie gawe ontwikkel of dit gaan begrawe
Onthou u die gelykenis wat die Here Jesus aangaande die talente genoem het. Die gelykenis van die talente was nie talente soos u dit verstaan nie, maar ‘n bekende geldstuk van daardie tyd. Daardie rykman het vir elkeen van sy diensknegte een of twee of vyf geld-stukkies gegee. Hulle moes daarmee gaan woeker, en dit gebruik, en daar het ‘n dag gekom wat hy terugkom na sy diensknegte en vra wat hulle daarmee gemaak het.
Net so gaan die Here na jou toe kom met die gawes wat Hy ons ge-gee het, dit mag een wees, sommige het twee andere het vyf. Daar gaan ‘n dag kom wat die koning van die heelal vir jou gaan sê: wat het jy daarmee gemaak. Here ek het dit begrawe, of ek het dit ontwikkel, en ek dit of dat vir U bereik.
So gaan elkeen van u en my eendag voor die Here staan. Hoor hoe begin Rom.12 met die verduideliking van die gawes. Twee plekke in die Bybel word die gawes verduidelik. Rom.12 en1 Kor.12.
Hoor hoe begin Rom.12:1 waar die Heilige Gees u en my uitdaag om ons liggaam as ‘n offer aan die Here te stel. Gee jouself aan die Here en dan begin hy met die gawes. Wat Paulus hier sê is kom en stel jou liggaam tot beskikking dat die Here in en deur jou kan werk. Het u al ooit by daardie punt gekom waar jy dit gedoen het.
Miskien kom die uitdaging dat ek sê: Al die jare sit ek in die kerk, en het nou lank genoeg gesit, nou kom stel ek myself tot beskikking van U, hier is my liggaam. In Rom.6:16 kom dieselfde gedagte na vore: “Weet julle nie dat aan wie julle julleself as diensknegtetot beskik-king stel, om Hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van Hom aan wie julle gehoorsaam is nie, of van die sonde, of van die geredgtigheid.”
Hy sê dat jy jouself tot beskikking stel, gee jouself tot beskikking van die Here. Ek het lank genoeg net in die kerk gesit, en geluister. Nou wil ek tot beskikking van God leef. Stel jouself tot beskikking van die Here. Rom.6:18-19 “Vrygemaak van sonde, het julle diens-baar geword aan die geregtigheid. Ek spreek menslikerwys terwille van die swakheid van die vlees; want net soos julle jul lede diens-baar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou julle lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.”
Voorheen het jy allerhande onreinheid gepraat, stel jou lede of jou mond tot beskikking van God. Stel hierdie hande wat voorheen ver-keerde dinge gedoen het, stel hierdie hande nou tot beskikking van God. Hierdie voete wat verkeerde plekke geloop het stel dit tot be-skikking van die Here. Here hier is my veoete. Jou oë wat na ver-keerde dinge gekyk het en jou ore wat die verkeerde goed gehoor het gee dit vir die Here.
As jy gawes wil verstaan moet jy hierdie eerste belangrike beginsel verstaan. O, gee jouself aan die Here. Sê vir die Here Jesus: hier is ek en stel myself tot U beskikking. Nou volg daar ‘n belangrike aspek.
Hoor wat sê vs.3: Die Here gaan jou na die mate van jou geloof begin gebruik. Hoor mooi. Iets wat u moet leer: Dit is so belangrik: Glo die Here dat Hy deur jou kan begin kom werk. Dit is die begin-sel van gawes. Die Here wil deur jou werk. Dit is al, al wat jy moet doen is om jouself tot beskikking te stel.
Al wat die Here vir jou wil sê is: Wees beskikbaar. Geestelike werk is altyd ‘n werk van geloof. Jy glo dat die Here deur jou kan werk. Moenie self mense gaan probeer oortuig nie. Jy kan nie, die Heilige Gees se werk doen nie, die nl. oortuigingswerk maar Hy gebruik jou. Hou op om mense te probeer verander.
Ons kan dit nie doen nie, maar die Heilige Gees kan dit doen. Al wat Hy wil doen is net om iemand beskikbaar te soek.
By ‘n gemeentekamp stap twee klein maatjies na een van hulle maat-jies wat ‘n asma pompie dra. Hy sukkel die hele tyd met die asma. Hy kan nie saam met die ander maatjies speel nie, en hulle sê vir hom. Kom speel saam met ons. Hulle vra hom toe wat se pompie hy het en hy verduidelik hulle, dat hy van babatyd af ‘n asma leier is.
Die twee maatjies sê toe vir hom: weet jy wat: Die Here kan jou ge-sondmaak, ons glo dit, glo jy dit. Hulle oupa is eenvan die predi-kante en hulle weet dat hulle oupa met olie salf en dan bid, vir mense
Dit is mos Bybels: Jak 5 sê: As daar iemand siek is onder julle laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep en laat hulle hom met olie salf en vir hom bid. Die twee kleintjie sê toe: kom ons gaan vir jou met olie salf en vir jou bid.
Die een hardloop kombuis toe en gaan haal kookolie en hy kom terug en salf sy maatjie en sê: Ek weet dat die Here jou gaan aanraak. Hy salf sy maatjie en bid vir hom. Die maatjie bêre die pompie en hulle gaan speel. Hulle is deur die kamp
Twee weke na die kamp, kom die mamma agter dat die medisyne wat so geweldig duur is staan nog net so in die kas. Hy het dit nog nie gebruik nie. Sy kom na hom en vra hom wat aangaan. Jy het nie jou medisyne gedrink nie. Toe kom die ouers vir die eerste keer agter wat gebeur het.
Na twee weke is daardie kind nog steeds gesond en speel en het nie die pompie nodig nie. Die kind vertel aan sy ouers dat die Here Jesus hom gesond gemaak het. Twee klein kindertjies wat die Here kan glo, kan die Here deur iemand anders se gebed gesond maak. Is dit so moeilik.
Om te kan glo dat die Here deur my kan praat. Hy kan deur my werk. Dit is al waarop my hele lewe gegrond is. Ek is bloot maar net ‘n instrument waardeur die Here wil praat, tot andere. As dit nie daarvoor was nie sou ek nie hier gewees hetnie.
Die hoogste mate van prediking is: Lewens veranderinge wat plaas-vind. Die Here moet u so uitdaag dat u lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Dat jy sal ondervind hoe die Here jou lewe sal verander.
Die Here moet soms dinge in ons lewens deurmekaar laat maak en omkrap omat Hy ons lewens wil verander. Dit is binne die plan van die Here vir jou. Die duiwel wil so graag hê dat ons na onsself moet kyk, en na jou onvermoeë, en kyk na jou eie swakheid. Jy kan nie dit en jy kan nie dat nie.
Die duiwel wil jou voortdurend leer dat jy nie kan nie en maar jy is nog nie op daardie vlak nie, en jou vermoeëns is so beperk. Die duiwel wil jou laat weet dat jy nie by die werk mag praat nie, wil jy nie na hierdie boodskap luister nie, na die maat van jou geloof gaan die Here jou gebruik. Wees net tot beskikking. Glo die Here dat Hy deur jou wil werk, en deur jou praat, en kyk wat die Here gaan doen. Deur jou gebede, doendie Here kragtige dinge.
Begin vir mense te bid, eenvoudig op jou eie manier, as jy gewillig is dat die Here jou kan gebruik laat dan toe en vra die persoon dat jy vir hom of haar kan bid, en sien wat die Here deur jou kan doen. Na die mate van jou geloof.
DAAR IS BASIES TWEE SOORTE BEDIENINGE:
ONGEREDDES EN CHRISTENE:
Die Heilige Gees bereik twee soorte mense. Hy bereik die ongeredde en dan ‘n bediening met die kinders van die Here.
Die Here gaan jou hoofsaaklik op een van hierdie twee velde gebruik. Jy gaan gebruik word om hoofsaaklik die ongereddes te bereik of jou bediening sal meer hoofsaaklik onder kinders van die Here wees. Om Sy kerk te seën. ‘n Bediening waar jy mede kinders van die Here raak met Sy seëninge.
Die Heilige Gees gaan op een van hierdie twee wyses besonders deur jou werk. Vra jouself af, bereik die Heilige Gees die wêreld deur jou, raak jy die wêreld, deur jou. Vra jouself die vraag af.
Of bedien die Heilige Gees die kerk van Jesus Christus deur jou. As jy nie op een van hierdie twee vra ja kan antwoord nie, het jy ‘n pro-bleem. Bereik die Heilige Gees die wêreld deur jou, of bedien jy die kerk van Jesus.
As jy op een van hierdie twee vrae nie kan antwoord nie het jy probleme. Die Heilige Gees wil deur jou werk. Hy wil deur jou praat Vra jouself die vraag af, bereik die Here die wêreld deur jou, by jou werk, glo jy dat die Heilige Gees deur jou wil begin oortuig, deur jou wil begin werk. Lewens verander, mense by Jesus uitbring, jy kan dit nie doen nie die Heilige Gees wil dit deur jou doen.
Bedien jy die kerk van Jesus. By ‘n Kerk in Texas in Amerika het die Here op ‘n man se hart gelê om bloot maar net die mense by die parkeer area te gaan groet. Die Here sê vir hom dat hy by die ingang van die kerk vir die mense moet gaan wag, en die mense daar gaan groet.
Hy verwelkom die mense met die grootste liefde, en sê aan hulle baie welkom by die diens. Mense getuig dat hulle dikwels so storm-gejaagd by die kerk aankom, weens dinge by die werk en die huis en wanneer hierdie man hulle groet is hulle gemoedere sommer weer reg, en my gesindheid verander en alles om my verander want die mense sien die liefde van die Here Jesus in daardie man.
Soms met die eenvoudigste ding wil die Here jou mee gebruik, jou beroep, met ‘n bediening om die kinders van die Here te seën. Die teenoorgestelde van geloof is negatiwiteit. As jy negatief en vol pesimisme, en kritiek en die Here kan jou nie gebruik nie. Jy kan ander oordeel en die Here kan nie deur jou werk nie. Hy kan nie deur jou mense bereik nie. Die Here wil jou gesindheid verander, in ge-loof en in vertroue, en sien wat die Here deur jou kan kom doen.
DIE VERSKILLENDE GAWES:
Die gawes waardeur die Here deur jou wil werk sal u in Rom12, 1 Kor.12 en Efe.4 kry, gee vir ons verskillende lyste, nie een lys is dieselfde nie.
Die lyste in Rom. en die van Efe. verskil van mekaar. Die Here kan jou op die mees ondenkbare wyse gebruik. Daar is soms dinge wat die Here vir jou kan wys en bedieninge gee wat nie noodwendig in die Bybel voorkom nie. ‘n Predikant het eens gebid en gevra dat die Here hom moet help om name te onthou. Van toe af het hy ‘n gawe om name te kan onthou.
Dan is daar ‘n man Keith Daniëls wat die hele Bybel uit sy kop uit ken. Dit is ‘n gawe. Die Here het vir een van die werkers van Kwa Siza Bantu in die nag ‘n swart taal kom leer. Want u sien dit is sy bediening.
Op watter besonderse wyse kan die Here nie vir jou ‘n gawe gee nie, om Sy bediening te wil volbring. Onthou, jy is iewers ‘n lid in die liggaam, kom agter waar jy hoort en ons is ‘n liggaam van Jesus. Iewers pas jy in en gaan een van jou gawe deel van die liggaam wees
Party is deel van die mond, party het sprekende gawes, jy kan praat met ander. Dan is daar die wat deel is van die hand: Jy is besig om agteraf te dien. Dit is jou gawe. Dan is daar die wat deel is van die voete, hulle gaan altyd. Die Here roep mense om die evangelie te gaan verkondig, dit kan in die dorp by jou werk of elders anders roep
Dan is daar die wat deel is van die hart: Hulle is die wat omgee, en vir mense te kan bid.
Jy kry gawes wat aan wonderwerke gekoppel is. Jy kry mense wat vir jou kan bid, en op ‘n bonatuurlike wyse, genees die Here ander deur daardie persoon se gebed. Jy kry mense wat vir ander omgee soos jy nie kan glo nie.
Kom ons kyk na die verskillende gawes:
1) KOM ONS KYK EERSTENS NA DIE SPREKENDE GAWES:
Kyk of die Here nie dalk een van hierdie jou deel maak nie:
Prediking: Mense kan preek sonder dat hulle bekwaam was daartoe. Iemand kan bv. maklik skaam gekry het en daarom was daar nie vrymoedigheid nie. Die Here het ‘n taak vir so ‘n persoon, en Hy bekwaam ons vir dit wat ons nie voorheen was nie.
A) Profesie: Rom.12:7 ” na die maat van geloof”
Profesie is om kragtig die Woord van God bekend te maak. Open.19:10c Om in jou omstandighede die Woord van God kragtig bekend te maak. Dit kan verklaringe en die voorspellinge wees, leerstellig of verheerlikend van aard wees. Die doel is om aan mense die wil van die Here te kan meedeel. Om vir iemand bv. iets te deel waarin hy die wil van die Here vir sy lewe bekend te maak.
Van die vroegste tye af het die Here profete gebruik, Henog was die eerste profeet. Henog het die toekoms voorspel. Die Here het hom gebruik om te vertel dat as sy seun gaan sterwe, die sondvloed gaan plaasvind.
Henog het tot die wederkoms van Jesus voorspel. Lees gerus dit in Judas. Toe kom Abraham: Die Bybel sê dat mense hom ‘n profeet van God genoem het. Hy het niks voorspel nie, maar oorals waar hy gegaan het het hy aan mense gesê: Die Here sê so.
Hulle word van leermeesters onderskei in die dat hulle predikersen die waarhede van die Here verduidelik.
Hulle is deur die geskiedenis baie rare verskynsels gewees soos die van Elia, Petrus, Paulus, ens. Dit is die grootste van die instrumen-tale gawes. Dit is ‘n manier waarop die reddende genade van die here aan die mens bekend gemaak word.
Die wil van die Here is so vir jou lewe. Dit is deel van die profetiese amp. Wees versigtig vir mense wat hulleself profete noem, jy kry mense wat rondgaan as een of ander groot profeet, wees op jou hoede daarvoor.
U mag hier sit en u moet gaan om die Woord van die Here aan ander mee te gaan deel. Selfs in die moeilikste tye in u lewe, bring die Woord van die Here. Dink aan profete soos Jeremia, Esegiël, wat in donker tye vir die volk moes sê: Die Here het dit gesê en dit is klaar.
Dit kan waarskuwend wees waar jy iemand waarsku teen iets. Wees versigtig vir iemand wat aan u sê dat die Here gesê het om dit of dat aan jou te sê. Om mede kinders van die Here te waarsku vir goed wat op jou hart kom, is so belangrik. Monie dit doen nie. Jou lewe gaan daardeur verongeluk.
In Hand.21:10 het Agabus na Paulus toe gekom en vir hom gesê dat as hy opgaan na Jerusalem gaan hulle jou daar gevange neem. En dit het so gebeur. Agabus was ‘n profeet gewees.
1 Thess.5:19-21 Sê die Bybel: “Blus die Gees nie uit nie. Verag die profesië nie. Beproef alle dinge, behou die goeie.”
Een van die groot probleme van vandag is dat mense na jou toe kom en vir jou sê dat jy bv. ‘n groot bediening gaan hê. Jy gaan nog eendag iets besonders doen. Hoe weet jy dat dit die waarheid is.
Hoe weet jy of dit van die Here af kom. Die Bybel waarsku vir ons dat ons die profesië op die proef moet stel. Daar is mense wat ‘n las oor hulle het omdat ‘n profesie oor hulle uitgespreek is.
Wanneer is ‘n profesie waar. Die Bybel leer dat ons profesië moet toets. Stel die profesië op die proef. Kyk of hulle uit God uitkom. Baie mense spreek uit die vlees of eie idees uit. Die Here het ‘n groot bediening vir jou, en jy spits jou toe op iets wat die Here heeltemal ‘n ander doel vir jou gehad het.
Wees versigtig dat u nie enige woord vat nie. Beproef dit, en gaan bid daaroor. Gaan kyk of hierdie saak in lyn is met Bybelse beginsels, en sien of dit ‘n ego is in jou eie hart.
B) ‘N WOORD VAN LERING:
Dit is mense wat die Here roep om kinders van die Here te leer. Daar is die wat geroep word vir bv. spesifiek jong christene. Die Here wil jou gebruik om jong bekeerlinge te gaan optel. Dit gebeur dat ‘n christen hom ontferm oor die jong gereddes, hulle help hom op daardie stadium toe hy nog gedrink het, hy lewe met soveel dinge in sy lewe, en dan sal hulle by hom sit en hom leer, om op te staan, kom ons help jou.
As daar nie mense was wat bereid was om ‘n tweede myl met jong bekeerlinge te loop nie, sal mense dikwles elders langs die pad uit-verloor het. Daar is die wat sê: As dit nie was vir iemand wat oor my pad gekom het nie, weet ek nie of ek op die plek gekom het om my bediening uit te leef nie.
Miskien roep die Here jou om jong kinders van die Here te bedien.
C) DIE GAWE VAN KENNIS:
1 Kor.12 Sê “Dat ‘n woord van kennis vir jou gegee word”
Die Grieks vir hierdie woord kennis is Logos wat geskrewe Woord beteken. Iemand wat hierdie gawe het ken die Bybel. Hy verstaan die Bybel. Hy het soveel kennis uit die Woord van die Here. Dit skakel ten nouste in met lering.
Hoe meer kennis jy het, hoe meer kan jy dit meedeel. Die Here roep ons almal om kennis te hê. Sekere persone kry die gawe van kennis adisioneel. Jy het soveel kennis dat jy die Woord van God kan uitlê.
Hand.18:24 Lees ons van Appolos was ‘n man wat kragtig was in die Woord van die Here. Dit was sy gawe. Die gawe van kennis.
C) DIE GAWE VAN WYSHEID: = Insig
1 Kor.12:8 Dit beteken om die wil van die Here in sekere situasies te verstaan. Hierdie gawe van wysheid kan jy met mense praat en hulle help om bv. situasies reg te hanteer.
Mense wat hierdie gawe het is uitstekende beraders, wat mense met die mees sinvolste manier kan beraad, en advies gee, en selfs aan soveel opsies dink waarin hierdie persone gehelp kan word.
Dit is presone wat die vermoie besit om probleme op te los. In ‘n kerk se leiding is hierdie soort persone van kardinale belang. In gemeentes is hierdie persone van onskadbare waarde.
Hulle kom met planne en wysheid in situasies.
Hand.6:3-4 Verwys na diakens wat wysheid gehad het. Die Grieks sprekende vrouens was elke dag oor die hoof gesien met hulle daaglikse bediening van hulle huise.
Daar was ‘n probleem in die eerste kerk, daardie probleem was dat hulle nie almal hulle werk kon doen nie. Daar was eenvoudig te veel werk vir te min mense. Hulle kies toe diakens met wysheid.
Die probleem wat in die gemeente was kon hierdie manne met wysheid oplos. Gaan gebruik dit en ontwikkel dit. Gaan bedien die kerk van Jesus daarmee.
D) DIE GAWE VAN LERING:
Dit is om die Woord van die Here te vat en mense stelselmatig te leer, soos Sondagskool onderwysers, jy het die vermoeë om mense uit die Woord van die Here te leer. Jy leer hulle aangaande die Here Jesus, die Heilige Gees, en leer hulle praktiese dinge. Dit is ‘n gawe.
Dity is mense wat leiers is in geestelike kringe. Jy leer mense sistematies die dieper dinge van die Here.
E) DIE GAWE VAN BEMOEDIGING EN VERMANING:
Rom.12:8 Dit is een woord in die Grieks: Dit beteken om iemand sterk aan te spreek, en te sê: Jy mag nie. Of om iemand by die hand te neem en die persoon te help. Dit word as dieselfde woord in Grieks gebruik.
Die Here kan jou gebruik om vir mense te sê: Moenie, en hulle hand te vat en te sê: Kom ek help jou.
O wonderlik om mense te gaan help. Iemand sukkel, en te gaan en daardie persoon te gaan optel, te gaan bystaan, en te ondersteun. Daar is ‘n nood in die kerk van Jesus aan mense wat mekaar kan bemoedig.
Net om aan iemand te sê: EK weet dat jy deur ‘n stryd gaan ek bid vir jou. Dit is die gawe van bemoediging. Dit is ‘n gawe om mede kinders van die Here te bedien, met bemoediging en vermaning.
F) DIE GAWE VAN TALE:
Daar is seker nie ‘n gawe wat meer misverstaan word as hierdie een nie. Die Woord sê: Die gawe van tale en nie taal nie.
Die Griekse woord Glossia wat dialekto beteken. Dit verwys na verskillende foneties uitspreekbare tale.
Hand.2 Hulle hoor hulle spreek in die tale waarin hulle gebore is. Klink dit na ‘n hemelse taal, nee. Hy noem hier 17 aardse tale, wat hulle in gespreek het. Ek glo in tale, in die spreek in tale, dialekte, die Here kan my gebruik, om met nasies te spreek, om by die Chinese uit te kom, en hulle vir die evangelie bereik.
Mnr. Friend Japan. 1 Kor.12+14 en Hand.2 vind dieselfde werking plaas.
ONTDEK JOU BEDIENING WAARBINNE JOU GAWES FUKSIONEER (DEEL 2)
ROM:12:1-8
INLEIDING:
Die Here het soveel besonderse gawes vir die kerk gegee en Hy wil hê dat ons moet ontdek watter besonderse gawe Hy vir ons gegee het Onthou net dat jy nie die gawes kies nie, maar dat die Here kom en aan jou ‘n besonderse gawe gee om in die liggaam te werk. Daarmee
saam is daar ‘n besonderse bediening waarbinne Hy jou wil toever-trou.
Die Bybel noem die gawes wat Hy vir ons gee: Genade gawes. Hoe-kom word dit so genoem, juis omdat dit genade is. As ek na my lewe kyk en die verlede sal elkeen van ons kan sê dat dit ‘n mislukking was, en sien die vele foute wat ek gemaak het, dan voel ‘n mens so onwaardig dat die Here vir ons kom roep. As ek na mislukkings kom kyk wat my hele lewe moes uitkanseleer, om werklik in die werk van die Here te staan, dan sien ons net een ding, nl. genade wat die Here vir ons het.
In Rom.6 waar hy sê dat ons ons lewens tot beskikking stel, maak hy melding daarvan dat dit dieselfde lede was wat eens aan die sonde gehoorsaam was. Dieselfde mond wat eers dinge tot oneer van die Here gespreek het, wil die Here nou in Sy diens gebruik. Dieselfde hande en voete en lede wat verkeerd was, wil Hy nou kom gebruik ander mense te kan bereik. Hoeveel genade het die Here nie in die roeping wat Hy op ons lewens plaas.
Daarom word dit genade gawes genoem, wat die Here vir ons wil gee om besonders iets van Sy koninkryk te wil verrig. Die Bybel sê vir ons dat ons een liggaam is, en iewers is u een van die lede in die liggaam van Jesus Christus. U is of die mond, of die hand, of die voet of die hart of die oog of die oor, of iewers pas u in die liggaam van Jesus Christus in. Dan het jy ook ‘n besonderse taak in die lig-gaam van Jesus Christus. Nou is dit belangrik om agter te kom waar die Here jou geplaas het.
Ons het reeds genoem dat daar sprekende gawes is:
Mense wat die mond is in die liggaam van Jesus Christus. Dit is mense wat profetiese gawes het om die Woord van die Here op ‘n dinamiese wyse aan die mense mee te deel, of lering of kennis, wys-heid bemoediging of vermaning, en dan tale en die uitleg van tale.
Dit is baie belangrik om te weet wat die Bybel sê aangaande elkeen van hierdie gawes. Die Bybel beskrywe dit vir ons. Kom ons gaan verder met die lys van gawes en kyk nou na die dienende gawes:
Dit is die gawes wat deel is van die hand in die liggaam van Jesus Christus.
Dit is gewoonlik mense wat nie voor in die tou staan nie, mense wat voel dat die Here my geroep het om iewers ‘n spreekbuis te wees nie, die Here het my geroep om te dien. Wat ‘n besonderse plek beklee jy in die liggaam van Jesus Christus. Om die hande te wees, van die Here Jesus op aarde.
Hier fuksioneer ‘n paar gawes:
Die eerste een wat die Bybel noem is leierskap: Rom.12:8 sê vir ons: wie ‘n voorganger is met ywer. Hulle is die voorgangers. Dit is iemand wat in leierskap staan. In Efe.4:11 “En Hy het gegee som-mige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,“ Dit is verskillende leiers. Daar is beslis verskil-lende leiers in ‘n gemeente.
Die Bybel is hier duidelik dat die Here nie net een leier in ‘n ge-meente wil hê nie. As u ‘n gemeente wil sien wat ondergaan, kry net een leier en sy woord is wet. Dit is ‘n gemeente wat agteruit gaan. Die Here stel verskillende leierskappe aan, in ‘n gemeente, wat die gemeente op besonderse wyses moet dien en lei.
1 Kor.12:28 Sê: “En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte…en dan noem hy regeringe”.
Wat is regeringe. Dit is niks anders as leierskap. Hulle moet die ge-meente lei. Miskien ervaar jy dat die Here jou roep om in ‘n leiers-posisie te staan, ‘n voorganger met ywer. Wat beteken dit: In die Grieks verwys hier na iemand wat ‘n bestuurder is van ‘n skip. Die Here roep jou om die skip te bestuur.
Hier is ‘n klomp mense sê die Here vir jou, daar is die rigting, stuur mense in die rigting van die Here se wil. Weet u wat is ‘n leier? Dit is iemand wat die wil van die Here ken, en ‘n gemeente en kinders van die Here in daardie rigting kan stuur. Soos ‘n skip oppad na ‘n sekere hawe. Dit is ‘n leier.
Dit beteken dat ek die plan van die Here sal ken, en sal weet wat die Here in Sy hart het. Daardie passie sal in jou hart brand, en as jy dit met mense kan deel, en vir hulle kan aanmoedig. John Mc Athur sê: Die kerk kan enige tragedie deurstaan behalwe swak leierskap. Die kerkgeskiedenis in die verlede het een ding bewys, behalwe swak leierskap. Die kerk het leiers nodig, mense wat die hart van God ken, en dan die mense in daardie rigting kan stuur.
Die Bybel wys dat daar baie leiers moet wees want 1 Tim.5:17 “Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer ontvang…” Hulle moet leiers wees in die gemeente, hulle moet mense wees wat die wil van die Here moet ken, en die gemeente kan stuur. Wanneer jy die wil van die Here ken, kan jy die gemeente op die regte pad lei.
Rom.12:8 Hulle moet mense wees met ywer: Die Griekse woord beteken spoed of haastigheid. As ‘n mens die wil van die Here ken, moenie uitstel nie. Die Here verwag van ‘n leier om spoedig en haas-tig te werk, dit wat Hy op jou hart lê. Om presies te weet wat die Here wil hê ons moet doen. En om jou hele hart daarop te rig, en niks mag jou terughou nie. Dit beteken ook om probleme haastig te hanteer.
Dit is so noodsaaklik om nie probleme te los nie, hanteer dit. Daar is wel dinge waarin die Here sal sê dat dit nog nie Sy tyd is nie, en luis-ter dan ook na die stem van die Here. Anders hanteer probleme haas-tig. ‘n Mens moet ywer in ‘n leier sien. Enige persoon wat leiding neem het sy by die Sondagskool, of vroue of jeug, watter aspek ookal, mense moet in jou lewe ywer sien. Vuur sien.
Al dra ons somtyds swaar verantwoordelikhede, wat die Here op jou hart plaas, mag dit nooit jou vuur uitblus nie.
Die Here kan jou roep om in leierskap te staan, en jy hoor die stem van die Here, in jou hart, wat vir jou sê: My kind dit is My wil, vir die gemeente. Dit is my wil vir die Bybelstudie groepe, vir ander fas-sette van die gemeente. Vir die plek waarin jy staan.
Die volgende wat die Bybel leer is helpers:
In Rom.12:7 kry u die woord bedieninge. Die Here gee aan sommige die gawe van beieninge. 1 Kor.12:28 Kom die woord helpers hier na vore. Dit is dieselfde ding. Die Here kan jou roep om ‘n helper te wees. Nie almal is geroep om leiers te wees nie, as jy nie as leier geroep word nie, moet dit nie probeer wees nie, as die Here jou nie daarvoor roep nie. Jy gaan jou uitbrand.
Dalk roep die Here jou as ‘n helper. Die helpers loop saam met die leiers, en hulle ondersteun hulle. Miskien sê die Here in jou hart vir jou dat jy nie ander mense moet lei nie, maar miskien moet jy mense ondersteun, wat leiding neem. Jy moet hulle help. Die Woord helpers in die Grieks beteken om die las van iemand anders te help af-haal, en op jou te plaas.
Dalk sê die Here vir jou, gaan ondersteun daardie beweging, in die gemeente. Ondersteun daardie persoon wat op sendingwerk uitgaan, ondersteun een of ander aksie, gaan gooi jou krag daar in.
Paulus het altyd helpers gehad, hy kon nooit sy sendingwerk doen of voltooi sonder hierdie mense nie, nl. die helpers. Dit is iemand wat ons in Rom.16:3+9 lees toe Paulus sê: Groet Prissilla en Aquella, my helpers. Dit was twee persone in die gemeente wat Paulus onder-steun het, in die sendingwerk wat hy gedoen het.
Ons lees van die gemeentes wat hom ondersteun het. Miskien kan jy nie preek of leer of sing nie, maar jy kan skoonmaak. Daar is die wat kan help met boekhouding, met ander praktiese werke. Predikant wat nooit sy gemeente kon laat groei nie. Omdat die kerk altyd vuil en slordig gelyk het.
Die doel van helpers is om die lading van andere te verlig, sodat die ander vinner kan aangaan met die werk van die Here. So kom die Here en plaas op jou ‘n taak, of ‘n roeping, om spesifiek ‘n helper te wees. Selfs mense wat die vermoeë besit om dinge reg te maak, wat breek, of kos vir iemand vat wat honger is. Dit is iemand wat deel is van die hand. Jy help.
Eprafaditus lees ons van in Fil.2:25-30 het vir Paulus bygestaan toe hy in die tronk was. Miskien roep die Here jou om mense wat in moeilike situasies is te help. Hulle by te staan.
In 1 Kor.3 sê Paulus sommige saai, ander lei nat en ander maai, maar almal ontvang eendag van die Here loon.
Sommige saai, dit is die predikers, sommige gooi nat, hulle is die helpers, en sommige maai, dit is die wat die mense na Jesus toe lei. Dit neem hier drie verskillende mense se betrokkenheid om siele na die Here Jesus te bring. Die middelstes is net die helpers. Hulle ondersteun. Miskien roep die Here vir om te help, om jou kragte in te werp en die Here wys vir jou om mense te ondersteun.
Die volgende dienende gawe is om te gee:
Dit is ‘n baie besonderse gawe. Dit is die gawe om te kan gee. Rom. 12:8 “Wie uitdeel in opregtheid” Dit is die gawe.‘n Spesifieke gawe in die Bybel wat die Here noem ‘n gawe om uit te deel, of dan ‘n gawe om te gee. Die Bybel sê vir ons almal dat ons moet gee.
As jy spaarsaamlik saai, sal jy spaarsaamlik maai. Gee seinig uit en die Here sal jou baie selde seën. Die Here roep sekere mense om ‘n gawe te hê om te gee. In die Grieks Uitdeel beteken om oorvloedig uit te deel. Ons leer alml om te gee, en gewoonlik is daar twee motie-we waarom iemand gee. Jy gee eerstens vir die nood, maar in my agterkop hou ek in gedate dat ek sal terughou vir myself.
Dit is die algemene motief van gee. Jy gee jou tiende, want dit is die Here sin. Jy gee ‘n offergawe, waar die Here dit op jou hart lê. Maar in jou agterkop sê jy ek wil darem net genoeg vir myself hou. Wan-neer iemand die gawe van gee het, dink hy nie aan wat hyself moet hê nie. Hy dink net aan die nood. Dit is die onderskeid.
Daar is mense wat die Here roep wat werklik gee verby die punt van die normale. Hulle is absoluut onselfsugtig, die Here sal voorsien, hulle gee, omdat hulle hierdie gawe het om mense se nood raak te sien. Word vertel van kleurling predikant wat op vakansie wou gaan en alles reg gekry het daarvoor en net voor hulle vertrek besluit hulle om al hulle vakansie geld te vat en vir die bure oorkant die pad kos te gaan koop. Dit is die gawe om uit te deel en te gee.
George Muller het hierdie gawe geken om 2000 weeskinders in die geloof in ‘n weeshuis aan die gang te hou. C.T Studd was nog een in 1880 toe die Here hom geroep het, het sy pa net gesterf, sy pa was ‘n miljoenêr, en C.T. Studd erf ‘n verskriklike bedrag. Hy erf op daar-die stadium 1880 $29 000 dollar. Dit is baie miljoene in vandag se waarde.
Hy erf dit maar die Here roep hom, en hy begin om al sy geld weg te gee, vir die saak van die Here. Hy het bv. $ 5 000 dollar vir D.L. Moody gestuur, en gesê: Gaan doen iets daarmee vir die saak van die Here. D.L.Moody het daarmee die D.L.Moody Bible Instistute gestig Tot vandag toe is dit een van die grootste Bybelinstitute in die wêreld.
Hy het vir George Muller $ 5 000 dollar gestuur. Genl. Booth van die Heilsleer kerk het $ 5 000 dollar ontvang China Inland Mission het $ 5 000 dollar gekry en so het hy dit uitgedeel.
Net voor hy getrou het was daar $3 400 dollar oor, dit het hy vir sy bruid gegee, net voor haar troudag sê sy vir hom, kom ons gee tog alles vir die Here. Ek weet ons is oppad sendingveld toe, maar kom ons gee alles vir die Here.
Hulle het ‘n verdere $ 3 400 dollar vir Genl. Booth gegee. Daardeur het hy nog 500 werkers in die bediening uitgestuur. Hy het alles ge-gee, hy het nie aan homself gedink nie. Sien u dat daar ‘n gawe is, die gawe om te gee. Die wat uitdeel in opregtheid. Daar is mense wat nie na hulle nood kyk nie, hulle glo dat die Here sal voorsien, en hulle vertrou die Here daarvoor.
Daar mag ander gawes ook wees wat met die hande gekoppel is, wat die Here vir jou op jou hart lê, om mense mee te dien. En daardeur dien jy ander.
Dan is daar gawes wat ‘n mens onder die hart kan opsom.
Dit is die groep van mense wat omgee. Die Here roep jou om spesi-aal om te gee, vir kinders van die Here. Rom.12:8 “Wie barmhartig-heid bewys met blymoedigheid” Daar is mense wat barmhartigheid bewys, hulle is mense wat spesifiek mense se behoeftes raaksien. Luk.10:25-37 Verwys na die Barmhartige Samaritaan.
Daardie man het ‘n vreemde Jood wat langs die pad is raakgesien opgetel en hom versorg. Die verhaal agter die verhaal is dit: Jode haat Samaritane en anders om. Hy het geweet dat indien hy hierdie man gaan optel, sy eie mense hom gaan verag. So hy mag nie vir iemand daarvan vertel nie. Hy gaan geen krediet by iemand kry vir die daat wat hy hier doen nie. Niemand gaan weet nie, dit wat hy hier doen is omdat daar in sy hart Barmhartigheid was.
Verstaan u dit, en so lê die Here op sekere kinders van Hom ‘n baie besonderse hart. Jy sien mense se nood raak, en dit raak jou. Dit raak jou so diep, jy soek nie krediet daarvoor nie, niemand moet weet nie, solank jy hulle net kan bystaan, en kan ondersteun.
Barmhartigheid: Watter gesindheid sê die Bybel om so iemand te wees. Dit is nie net altyd om te gee nie, dit is baie kere net om mense by te staan.
‘n Klein dogetertjie kom die dag na skool by haar mamma en vertel dat ‘n ander klein dogtertjie se mamma vandag dood is. Die mamma vra haar toe: Wat het jy vandag vir haar gesê: Mamma ek kon niks vir haar sê nie, ek het langs haar by die tafel gesit en al wat ek kon doen: Ek het saam met haar gehuil, dit is al. So mag die Here sommi-ge roep om te huil, saam met die wat huil. Om te dink aan mense wat deur stryd gaan, asof dit jou stryd is.
As jy sien dat iemand swaar kry, is dit op jou hart, al is dit nie altyd die fisiese gee van iets nie. Dit is mense wat barmhartig is. So kan die Here jou roep met ‘n gawe van barmhartigheid, om ander se nood raak te sien.
Dan kry ons die gawe van geloof:
Dit kan ook onder die hart resorteer. Daar is ‘n besonderse gawe, die gawe van geloof: 1 Kor.12:9 Dit is iemand wat struikelblokke as ‘n geleentheid sien waarin die Here Sy eer in hierdie saak kan laat ge-skiet. Dit is mense wat so in geloof bly wandel teenoor die Here vir elke struikelblok wat op die pad mag kom. Hierdie tipe peroon sal almal deur sy positiwiteit bemoedig. As daar ‘n krises is, sal hierdie persoon opstaan en sê: Ons gaan die Here vertrou, en die Here gaan hier ‘n uitkoms gee.
Ons almal word geroep om die Here te vertrou, maar sekere mense het ‘n besonderse gawe om op die Here te kan vertrou. Hulle kan die Here vir die grootste dinge vertou, onthou vir Noag. Die Here kom na Noag en sê vir hom dat hy ‘n skip moet bou, groter as wat nog ooit gebou kon word. Gaan bou hom bo-op ‘n berg. En die Here sê vir Noag dat dit gaan reën. Dit het nog nooit voorheen gereën tot op daardie stadium nie. Die aarde was deur die mis en dou benat gewees
Hy moet die Here glo, dat dit gaan reën, terwyl daar nog nooit so iets was nie. Dit was 120 jaar voor die vloed toe die Here met Noag ge-praat het, aangaande die ark. Dan sê Hy verder vir Noag dat hy en sy seuns in die ark in moes gaan. Hy was 500 jaar oud en nog geen kinders gehad nie. Lees die ouderdomme van die seuns toe hulle uit die ark uitgegaan het. Hulle was almal 100 jaar oud.
Hy het nie eens kinders gehad nie, en die Here sê vir hom om in die ark te bou. Jy en jou kinders. In hierdie hele tydperk wat Noag ge-preek het, het nie een siel tot bekering gekom nie. Hy het in die ge-loof gehandel, ‘n gawe wat Noag gehad het om in die geloof die Here te vertrou, terwyl hy niks gesien het nie. Baie min verstaan hierdie feite. Hy het gedoen wat die Here sê.
Daar is sendelinge wat die Here uitstuur om vir Hom te gaan werk en hulle sien geen vrug op hulle arbeid nie, tot na hulle dood wanneer mense tot bekering kom. Dink aan Hudson Taylor. Hy word op baie mense se lippe genoem. Weet u toe hy gegaan het, het niemand hom ondersteun nie. Hy het geglo dat die Here die Chinese vir die Here kan wen. Niemand het vir Hudsom Taylor finansieël ondersteun nie.
Daar is ‘n boek oor Hudson Taylor geskrywe getiteld: Glo in God. Hudson Taylor se verhaal. ‘n Man wat die Here moes vertrou, toe hy niks sien nie. Hy glo dat die Here die Chinese kon red, toe daar geen reaksie gewees het nie. Sonder geld of ondersteuning gaan stig hy China Inland Mission. Deur sy werk is daar vandag deur as ‘n 100 miljoen Chinese reeds gered. Watter kosbare gawe gee die Here vir sommige mense. Om Hom te kan glo.
Die Here stuur vir jou om ander te gaan bemoedig in tye wanneer niemand hoop het nie. Maar jy kan die Here vertrou.
Dan die gawe van onderskeiding van geeste:
In 1 Kor.12:10 word daar na hierdie gawe verwys, Dit is daardie gawe wat onderskei of iemand uit God, uit die duiwel of uit die vlees handel of optree. Jy kan mense lees, en die Heilige Gees maak vir jou bewus dat hierdie persoon praat bv. deur ‘n duiwelse gees. Of hier is iets aan die werk en dit is nie die Here nie. Die gawe van onderskeiding van geeste.
In die eerste kerk was daar geweldige stryd gewees, In die boek Handelinge lees ons van hulle stryde. Hulle stryd was valse leeraars, daar was so baie dat soveel van die briewe in die N.T geskrywe was teen die valse leeraars. Lees bv. die briewe van Johannes, 2 Petrus, die briewe van Judas, almal is geskrywe om die valse leeraars te onderskei. En hulle uit te ken.
Daar was ‘n gemeente gewees wat geen onderskeid gemaak het oor wie opstaan en dinge sê nie nl. die Korinthe gemeente. Daar het mense opgestaan en die Here Jesus ‘n vervloeking genoem. En hulle kon dit nie eers onderskei nie. Lees gerus 1 Kor.12.
Daarom dat Paulus in 1 Kor.14:29 sê: Dat een of twee mense spreek en laat die ander sit en hom beoordeel. Sorg dat niemand iets sê wat nie van die Heilige Gees af is nie. Daar moet geoordeel word wie nou spreek. Is dit die Here of dalk ‘n valse profeet.
In Hand.16:16-18 lees ons van ‘n diensmeisie met ‘n waarseênde gees. Wat sy spreek is reg. Sy loop agter Paulus en Silas aan en sy roep die volgende woorde uit: Hierdie is valse profeet, hulle is nie dienaars van God nie. Is dit wat hier staan? Nee. Wat het sy dan uitgeroep: “Hierdie is diensknegte van die allerhoogste God en hulle wys julle die weg van verlossing en saligheid” Wie roep dit uit.: ‘n meisie met ‘n waarseênde gees. Dit is ‘n demoon wat binne in haar woon. Wat doen sy, dit klink mos te wonderlik, en almal luister terwyl sy hierdie woorde uitroep. Paulus draai hom om en bestraf die valse gees, wat binne in haar is, en sê: gaan uit.
Kan u sien dat dit die gawe van onderskeiding is. Dit was nie die Heilige Gees wat gespreek het nie, almal in die dorpie Listre het ge-weet dat hierdie vrou met waarseêry besig was, en dat dit ‘n demoon was wat deur haar gespreek het.
Die oomblik wat sy haarself met Paulus en Silas identifiseer, toe kry die duiwel ‘n houvas en wil u soms vang met die gees van mislei-ding. Hy wil Paulus en Silas met hierdie waarseênde gees met mekaar laat verbind. Sien u wat is die duiwelse plan.
Paulus onderskei dit en bestraf hierdie gees en die gees gaan uit haar uit. Dit is ‘n baie besonderse gawe. In die vroeëre kerk om en by 100 n.C het ‘n man opgestaan met die naam van Montanis, en hy het gespreek en gesê dat die Heilige Gees deur hom praat, hy het ook ‘n groep gestig bekend as die “Montanisme”. Hy het die kerk probeer infiltreer met al sy valse sieninge.
Op ‘n dag staan ‘n man op met die naam van Maksimilla. En hy sê: Die Heilige Gees spreek nie deur hierdie man nie, en die hele vroeëre kerk het hulle onttrek van die Montanisme, en die kerk was van ‘n valse leraar gered, wat wou inkom.
Wat sou gebeur het as Montanis die eerste kerk sou infiltreer. Wie weet wat sou gebeur het. Daar was ‘n Maksimilla wat dit gekeer het, weens die gees van onderskeiding.
In kerke is daar mense wat opstaan om te bid met ‘n valse gees. T.L. Osborn vertel dat hy eendag voor hy opstaan vir ‘n diens terwyl hy die diens moet waarneem, vertel Osborn dat daar ‘n persoon op-staan en sê dat hy ‘n gasant is van die allerhoogste God, die volgende oomblik word hy kwaad in sy binneste, en hy sê: Satan dit is jy. En die man val agteroor in ‘n beswyming. Dit was ‘n demoon.
Daar is mens wat in ‘n gemeente opstaan, om verwarring te bring.en ‘n gees te laat werk. ‘n Prediker vertel dat daar op ‘n dag in sy ge-meente ‘n vrouetjie opstaan om te bid, terwyl sy bid spring daar iemand op en sê: Satan openbaar jouself, en dadelik het die duiwel gemanifisteer. Verstaan u wat die gawe van onderskeiding van geeste behels. Dit is een van die grootste behoeftes van vandag in die kerk nl. die onderskeid van geeste.
Die kerk gaan vandag onder baie valse profete gebuk, op die T.V. die christelike netwerke, is daar baie valse profete, mense soos Ben-nie Hinn, T.B Joshua, in Lagos, waar mense hulle aanhang sonder om vas te stel waardeur hulle geinspireer word.
Dan is daar mense wat met dwaalleringe kom, soos die “voorspoeds teologie”, waar jy bv. dinge van die Here moet opeis. Gedeeltes word verkeerdelik verklaar om iets vir eie gerief te verkry, dit is vals, maar die kerke het dit openlik aanvaar. Dink aan die Toronto bles-sing en die vreeslike dinge wat daarmee gepaart gaan. Dit is die lag in die gees. Dit is nie leerstellinge van die Here af nie.
Kerke het na Toronto toe gegaan om hierdie soort salwing te wil ontvang. Dit is vals. Hoe nodig is dit nie vandag dat die kerk van die Here Jesus sal onderskei wat van die here is of nie.
Onthou u 1 Kor.11 staan daar dat die duiwel hom verander in die vorm van die engel van die lig. Hy weet dat indien hy dit doen sal baie hom nie onderskei nie. As die duiwel hom nie in ‘n engel van die lig verander nie, hoeveel te meer nie sy trawante nie. Hulle doen dit ook. Huille doen hulle voor as kinders van God.
Sataniste veral onder die wika infiltreer kerke, om kerke te ver-vloek. As die kinders van die Here net kan opstaan om te onderskei, weet hulle dadelik om hulle outoriteit op te neem en hierdie magte te verbreek.
Die Here het daardie outoriteit reeds van die vroegste tye vir Sy gasante gegee, en is nog steeds so tot vandag nog. Ons het die outoriteit. Die Bybel sê wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees, wat julle ontbind sal in die hemel ontbonde wees Matt.18:18-19.
Die Here bind en ontbind, jy moet net in kontak met die Here wees dat Hy deur jou kan werk, deur Sy oorwinnende krag.
Weet u hoeveel siektes het die Here Jesus die gees van krankheid bestraf. Vir sekere dowes, blindes en sekere siekes, nie almal nie. Hy moes onderskei want die Here Jesus het geweet dat hierdie persoon deur die duiwel siek gemaak is. Daar is mense wat vandag siek is omdat die duiwel agter dit sit.
Hulle sit met ‘n siekte in hulle liggaam en is niks anders as ‘n duiwelse aanslag nie. Hoe belangrik is die onderskeiding van geeste nie. Die Here roep sekere mense om te kan onderskei.
Die gawe van voorbidding:
Ons moet almal vir mekaar bid, maar daar is mense wat die Here roep met die gawe of bediening van voorbidding. Daar is ‘n persoon wat ‘n prokureer was, wat haar praktyk gelos het en alles vir die Here gegee het om ‘n voorbidder te wees. Ek en jy kan nie besef hoe dinamies en kragtig gebed is nie.
Hierdie land word deur gebed instant gehou. Hoe dink u het die swart nasies nog nie teen mekaar in opstand gekom nie, as dit nie was vir die kinders van God se voorbidding nie, hoekom dink u was daar nie al lankal oorlog nie. Dit is nie een of ander politieke reus wat die oorlog in ons land afgeweer het nie, dit was die kinders van die Here. Die Here kan jou roep om deurbrake te veroorsaak in die werk van die Here.
Veral in ons eie kerk. Weet u wanneer daar gebid sal word, soos ons moet, sal die Here magtiglik kan begin beweeg. Onder al die ouder-doms groepe sal die Here kragtiglik kan begin werk.
Daar is die gewone gebede wat kinders van die Here bid, maar daar is die wat die Here besonders roep tot voorbidding. Amerika.
Daar was in die geskiedenis mense soos Praying Hide, wat sy lewe vir gebed gegee het, Rees Howles, en vele ander helde van die Kerk van die Here Jesus.
Kom ons kyk na een van die volgende afdelings nl. Die voete:
.
Dit hier waar die Here mense in besonders roep vir evangelisasie, sending werk. Ons gaan net kortliks hierna kyk. Die Here kan op jou hart lê om mense te bereik, onder jou eie nasie. Mense wat jou eie taal praat, dit is evangelisasie. Mense by jou werk, jy hoef nie jou land en dorp en jou huis te verlaat nie, al wat jy doen is dat jy jou mond oopmaak waar jy werk.
Waar die Here dit op jou hart lê. Iemand kan die spesiale roeping op iemand se hart lê om die petrol joggies te bereik. Dit mag jou roe-ping wees, wonderlik. Dit is sy roeping. Dit is wat die Here van daar-die persoon sou vra. So kan die Here vir jou iets vra. Die Here kan vir jou sê dat jy die werksmense waar jy is vir My moet bereik,
Dan is daar die wat effektief sendingwerk gaan doen. Wat onder ander kulture beweeg. Die Here roep jou na ‘n ander kultuur, en Hy maak jou bekwaam om in’n ander kultuur die Here Jesus te gaan dien. Dit is ‘n roeping. Jy het werklik ‘n salwing daarvoor nodig.
Hoe wonderlik was die tyd nie toe ek ook onder die kleurlinge sendingwerk gedoen het. Wat ‘n kultuurskok was dit nie vir my nie. Hoewel hulle dieselfde taal praat het hulle ander gebruike. Dit was vir my ‘n geweldige kultuurskok. Dit is nie maklik nie.
As die Here jou roep om onder ‘n ander kultuur te gaan werk en te bedien, wat ‘n roeping. Paulus het daardie roeping gehad. Die twaalf dissipels het in Jerusalem gebly. Maar die Bybel sê vir ons dat Paulus uitgegaan het, Paulus en Barnabas het die Heilige Gees geroep vir hierdie spesifieke werk, en het deur hulle nasies bereik.
Die Here het vir Paulus so ‘n wonderlike gawe gegee dat hy ses aardse tale kom praat. U sien die Here bekwaam jou waarvoor Hy jou roep.
Kom ons kyk dannet na die twee laaste gawes:
Daar is nie ‘n volledige lys in die Bybel nie. Die Bybel sê vir ons dat daar baie gawes is en noem maar net van die belangrikstes wat uit hierdie gedeeltes van Rom.12 en 1 Kor.12 geneem word.
Die gawe van wondertekens: Die Here gee soms hierdie gawe nl. die van wondertekens lees gerus 1 Kor.12:10 Daar staan en aan ander: Werkinge van kragte. Het jy al ooit gewonder wat daardie woorde beteken. Sommige het die gawe van werkinge van kragte.
Die Griekse woord is “Dinatos” Dit beteken letterlik: geweldige magtige dade, om dit te doen. Die Here gebruik sekere mense om dinamiese kragtige wonderwerke te kan doen. Veral in heidense lande. Mense wat onder die Moslems moet gaan werk. Mense wat onder mense wat nie glo nie moet gaan werk. Gewoonlik kry hierdie mense hierdie gawe.
Dit word nie gegee om ander te vermaak daarmee nie, maar Hy gee dit om hierdie heidense nasies soos die Budiste, en ander die Here Jesus nie aanvaar nie. Die Here kan jou daar op ‘n dinamiese wyse gebruik.
Dink aan die boek “Herlewing in Indonisië” deur Mel Tarri Lees jy van wonderwerk op wonderwerk wat plaasgevind het. U sal verstom staan om te sien wat die Here gedoen het bv. deur dooies op te wek, siek mense gesond te maak, mense wat nie oë het nie kry oë, mense wat nie bene het nie, kry bene. Vriende dit is ondenkbaar dit was wonderwerke en kragte en selfs in die natuur gewerk.
Een van die verhale waar die sendeling oor die rivier moes gaan en die Here sê vir hom om oor te gaan na die nasie toe, wat aan die oorkant is. Al die klomp Budistiese priesters het daar kom staan, en geweier dat hy een van die kanoos kan vat. Op die ou end gee hulle vir hom ‘n kanoo, want hulle weet dat die krokodille hom gaan eet.
Hulle gee vir hom die kanoo, al hierdie priesters staan in ‘n lang ry en wil graag sien hoe hy deur die krokodille verslind gaan word. Die sendeling vat die stok en begin in die water te rooi, en hy het skaars gerooi of die krokodille begin te spring. En hulle begin op hom af te peil, en hy staan op daardie boodjie en sê hardop: In the Name of Jesus Christ: Go Away. Al die krokodille draai om, en almal swem weg.
Hierdie Budistiese priesters wat eers gelag het val op hulle knieë en begin die Here te soek van hierdie sendeling. Die gawe van wonders. Weet u dit bestaan vandag nog. Luister en lees die verhale van sen-delinge in Rusland, en in verskeie heidense lande, sal u hoor wat die Here kan doen. Mense wat kan bid vir ander se genesing. Dr. James van Zyl wat die Here gebruik en wonderwerke deur hulle doen.
Dan is daar die gawe van genesing:
Ons lees aangaande hierdie gawe in 1 Kor.12:9, 28+30. Jak.5 Sê dat die ouderlinge die hande op mense moet lê en vir ander bid om ge-sond te word. U hoef nie na een of ander geneesheer te gaan nie, Daar is kinders van die Here wat vir jou kan bid, want u sien die Here bly dieselfde.
Die Here sal jou gesondmaak. Daar mag ouderlinge wees wat hier sit en die Here wil jou gebruik om vir siekes te bid. As jy die geloof in jou hart het om vir mense te gaan bid. Hoeveel keer wil die Here nie vir ons sê: Glo wat Ek kan doen. Die Here vat ons soms deur tye van beproewing en dan werk Hy bo-natuurlik en bring ere aan Sy Naam. Die Here wil van ons hier toerus om Hom vir genesing te vertrou, om vir mense in die geloof te gaan bid, en te glo wat die Here kan doen.
Daar is mense wat ‘n besondere gawe van genesing het, mense wat besonders vir iemand kan bid, onthou u vir Petrus en Johannes wat vir die kreupele by die Skone poort sê: Silwer en goed het ons nie, maar in die Naam van Jesus Christus staan op en loop.
Paulus het vir hoeveel lammes en blindes en dooies gebid en hulle het opgestaan.
Net ten laaste ‘n waarskuwing aangaande geloofss geneeshere. Mense soos Bennie Hinn, T.B. Joshua, hulle genees net d.m.v. iemand wat in ‘n staat van pasiwiteit geplaas word. Dit is ‘n on-Bybelse praktyk.
So eg as wat gawes van die Gees is, is daar ook baie vervalsings, pasop daarvoor.
Dit is belangrik om die Here te gaan vra watter gawes Hy deur jou wil laat werk. Het jy sprekende gawes, jy kan voor mense praatof wil voor mense praat, ek kan leiding gee, ek kan ander mense leer, die Here gee my wysheid en kennis en insig, en ek kan ander mense leer. Dit is jou gawe. Jy moet die kerk van die Here Jesus daarmee gaan dien.
Miskien is jy iemand wat op die agtergrond gaan staan, en jy is daar om mense te help, om mense te ondersteun, jy is deel van die hande. Dit is hoe die Here jou wil gebruik. Die Here wil jou dinamies en kragtig gebruik, om die kinders van die here te ondersteun.
Miskien roep die Here jou om die evangelie te gaan verkondig. Plaaslik of in die sendingveld. Dan is jy deel van die voete, om te gaan.
Miskien is jy deel van die hart. Die Here gee vir jou ‘n besonderse passie vir mense, om vir hulle te bid, vir siek mense ou mense en arm mense. Behoeftes: dat jy die behoieftes van mede kinders van die Here kan raaksien. Die Here wil jou dardeur gebruik.
Vra die Here om vir u te wys watter bediening die Here vir my het.