DIE Hoë PRIESTERLIKE GEBED: JOH.17
INLEIDING:
Uit Joh.18:1 wil dit voorkom dat die Here Jesus Joh.16-17 elders in die stad Jerusalem aan Sy dissipels bekend gemaak het. Hy het aan die einde van hfst.14 vir hulle gesê dat hulle moet opstaan en daarvandaan moet weggaan.
Dan openbaar Hy waarskynlik eiwers in die Tempel of in een van die starte van Jerusalem aan hulle dat Hy die volmaakte wil van SY Vader moet doen.
Wat leer hy aan Sy dissipels:
Dat Hy waarlik is:
1) Die Ware wynstok,
2) Dat Hy hulle in die waarheid sal lei;
3) Dat die Gees van die Waarheid sal kom.
4) Dat Hy aan hulle die waarheid sê dat dit voordelig is dat Hy van hulle moet weggaan.
5) Die Gees van die Waarheid van Hom sal getuig.
6) Dat Hy hulle in Sy waarheid wil heilig.
Waarheid is die bo-toon van Sy bediening. Hy het Homsalf aan hulle kom verklaar. Alles was so anders as die gebruiklike Pasga want die Lam wat geslag moet woird is nie meer ‘n dier nie, maar die Here Jesus Homself.
Hulle verstaan glad nie wat aangaan nie en moet aan hulle gemoeds rus bied deur aan hulle te bevestig wie en wat Hy was.
Dan volg wat bekend staan as die Hëe Priesterlike gebed:
DIT BEHANDEL DIE CHRISTEN SE VERHOUDING TOT DIE WêRELD:
1) HULLE IS UIT HIERDIE WêRELD GENEEM:
In die benoudheid van SY hart maak Hy Sy gebed aan hulle bekend: Vs.1 Vader die uur het gekom:
Daar heers ‘n diepe onsteltenis in die hart van die Here Jesus wanneer Hy hier begin bid want Hy weet dat dit oomblikke hiervabndaan gaan wees wanneer Sy werklike lydensweg gaan begin:
Hy begin in Vs.2 om te wys dat die Here Jesus wat Hy later ook teenoor die Romeinse soldate erken het alle mag besit wat ook in Matt.28:18 voorkom, tog het Hy alles ingeperk om die absolute wil van die Vader te doen.
Die mag wat Hy aan ons gee is die Ewige lewe.
Wat behels die ewige lewe: Dat ons in ‘n verhouding met Hom mag staan. Hy wat die enigste en waaragtige God is.
Vs.4 Hy verheerlik die Vader en weet dat dit wat Sy bediening beterf dit nou afgehandel is, nou volg Sy priesterlike plig om vir ons in te tree. Nou begin Hy om mee te deel dat die werk wat die Here Hom gegee het het Hy gedoen.
Vs.5 Dan is die versoek dat die Vader Hom by Hom moet verheerlik, met die heerlikheid wat Hy gehad het voor die skepping.
I) HULLE IS UIT DIE WêRELD GENEEM: VS.6
“wat U My uit die wêreld gegee het…”
Die wêreld lê in die mag van die bose, en word deur die bose beginsels bestuur, maar die navolgers van Christus is in hulle geeste uit hierdie wêreld geneem, en is op die Rots die Here Jesus gevestig. In ware geregtigheid en vrede, en vreugde deur die Heilige Gees. Julle is nie van hierdie wêreld nie soos Ek ook nie van hierdie wêreld is nie.
II) HULLE WORD VAN HIERDIE WêRELD ONDERSKEI:
“Ek bid vir hulle…”
Sodra ons van hierdie wêreld verwyder word, kom ons onder ‘n nuwe stel beginsels, wat in die koninkryk van genade vir ons opgesluit is. Ons word nou soos kinders van die Here hanteer, en nie maar bloot net iets nie.
Die Here Jesus het SY eie lief, wat besonders vir Hom is. Terwyl Hy die liefde en die simpatie van die wêreld het, het Hy vreugde wat Hy aan Sy eie gee. Alles werk dan ten goede vir die wat Hom liefhet, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is.
III) HULLE IS IN DIE WêRELD:
VS.11 “…MAAR HULLE IS IN HIERDIE WêRELD:
In hulle gees en doel is die Christen nie van hierdie wêreld nie, maar in ons liggaamlike gestalte is ons deel van hierdie wêreld, in die wêreld maar nie deel daarvan nie. Vs.16.
In die wêreld nie as ‘n slaaf nie maar as ‘n oorwinnaar in die Here.
IV) HULLE WORD DEUR DIE WERELD GEHAD:
VS.14
Die wêreld haat die Christene omdat hulle nie van die wêreld is nie. Daar was geen haat gewees totdat Hy hulle die Woord geneem het nie.
Die Woord verander ons lewens so dat ons nooit weer dieselfde sal kan wees nie. Die wêreldse wysheid en rykdom kan nie opweeg teen die heerlikheid wat die Here vir ons voorberei het nie.
Die haat van die wêreld is ‘n heerlike seën vir die Christen in Sy wandel met die Here.
V) DAT U HULLE VAN DIE BOSE BEWAAR:
Vs.15
Hy het nie gebid dat hulle uit hierdie wêreld geneem moet word nie, maar dat hulle van die bose van heirdie wêreld bewaar sal word. Die mens kan feil maar Sy Woord sal nooit feil nie.
VI) HY HET HULLE IN DIE WêRELD GESTUUR:
VS.18
Elke een wat deur die Here aangraak word, het die opdrag om die wêreld in te gaan en die Woord te predik. Luk.4:18. Soos Christus gestuur was om die wat verlore is te red so word ons ook gestuur om die verlorenes te red. Ons word die ware Ambasadeurs van die wêreld. 2 Kor.5:20
Soos Hy nie deur SY eie opdragte gestuur was nie is ons ook nie gestuur nie. Die wat deur die Here gestuur word sal ook deur die Here instaat gestel word. Joh.20:21 Soos die Vader My gestuur het so stuur Ek julle ook.
VII) DAT DIE WêRELD KAN WEET DAT U MY GESTUUR HET: VS.23
Soos die Vader in die Seun was so begeer die Seun om in ons te wees. Sodat die wêreld die liefde van die Vader in ons kan sien. Christus sal alle vereistes in ons vervul. Die Seun het Homself vrylik gegee, soos die Vader Homself aandie Seun gegee het.
Die Here het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enige gebore Seun gegee het, vir hierdie selfde doel het Paulus dit uitgeroep: Christus lewe in my.
VERKLARING VAN JOH.17:
Eers die benoudheid van Sy uur: Vs.1
VERHEERLIK:
Dan die Woord Verheerlik: Wat ook openbaring kan beteken.
Die Ewgie Lewe is Jesus Christus wat gestuur is.
Vs.4 Verheerliking op die aarde.
Vs.5 Verheerliking by die Here.
Vs.6 Die verheerliking aan die mens.
Vs.10 Deur eenheid word die Vader verheerlik
BEWARING:
Vs.6 Die wat U My gegee het het U woord bewaar.
Vs.7-8 WEET DAT u My gestuur het.
Vs.9 Bid vir die wat die Vader Hom gegee het.
Vs.11 Bewaar die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees.
Vs.12 Hy het hulle in U woord bewaar. Hy het oor hulle gewaak.
Vs.15 Bewaar van die wêreld.
VERWYDERING VAN DIE WêRELD:
Vs.14 Ek het hulle U Woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat.
Vs.16 Hulle is afgesonder nie van die wêreld nie.
Vs.17 Heilig hulle inU waarheid. U woor is die Waarheid.
Vs.19 Hy heilig Homself t.w.v. die dissipels.
WORD GESTUUR: IN EENHEID
Vs.18 Soos U My gestuur het, stuur Ek hulle ook.
Vs.20: Hy bid vir die wat in SY woord sal glo.
Vs.21 Bid vir eenheid onder die dissipels. Eenheid is ‘n teken dat die wêreld weet dat ons gestuurdes is.
Vs.22 Hy gee heerlikheid ook vir eenheid.
Vs.23: Hulle moet volkome een word.
Vs.24: Hulle ook moet wees waar Hy is.
Vs.25 Die wêreld sal U leer ken deur wat hulle in ons sien.
Ek het U Naam bekend gemaak sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en EK in hulle.