DIE HEMELVAART VAN JESUS CHRISTUS HAND.1:1-11

INLEIDING:

Die lewe van die Here Jesus kan in VYF hoof momentums opgedeel word. 1) Die geboorte, 2) Die opstanding, 3) Die kruisiging 4) Die hemelvaart, en 5) Die wederkoms van die Here Jesus. Ons gaan vandag na die vierde van hierdie hoofgebeure kyk.

Die hemelvaart was die gebeurtenis waarin die Here Jesus fisies van die aarde vertrek het om vir ewig by die Here te wees. Hy het na die aarde as ‘n nederige baba gekom en die aarde verlaat as die Een wat oorwin het.

Hy het die hemele nou betree om Sy hemelse bediening en huis-vesting vir Sy bruid te berei, asook om Sy Hoë Piesterlike bediening voort te sit.

Die Bybelse materiaal aangaande die hemelvaart is kort en bondig. Nie die eerste of die vierde Evangelie maak enigsins melding van die Hemelvaart nie. Markus se weergawe is so kort heel aan die einde van die boek.

Lukas wat die verslag van die hemelvaart in Luk.24:51 gee sê: Dat “Terwyl Hy hulle geseën het, het Hy van hulle pad gegee.”  Hand.1:9 gee aan ons die meeste detail, dat nadat Hy vir hulle gesê het dat hulle met krag vervul sal word, het Hy van hulle weggegaan.

In die latere en langer verslag van Handelinge, word genoem dat Hy deur ‘n wolk uit hulle midde weggneem is, en dat die dessipels Hom dopgehou het en twee engele aan hulle aankondig “Dat die Here Jesus in die hemel opgeneem word, en dat Hy op dieselfde manier weer terug sal kom, soos Hy gegaan het.” (1:11)

1) DIE VERHAAL VAN DIE HEMELVAART:

Vs.9-11 Vertel vir ons dat nadat Hy opdragte aan die dissipels gegee het, is Hy voor hulle weggeneem. Die hemelvaart kan in twee aspekte opgesom word nl. Sy hemelvaart was sigbaar en fisies.

2) DIE HEMELVAART WAS GELEER

EN GEPROFETEER IN DIE SKRIFTE:

Ps.68:19 “U het opgeklim, (opgevaar) na die hoogte, U het gevange-

             nisse weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense”

Ps.110:1 “Die Here het tot My Here gespreek: Sit aan die regter-

             hand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir U  voete.”

Na die hemelvaart het die Here Jesus aan die regterhand van die Vader gaan sit.

Luk.9:51 “En toe die dae van Sy opneming nader kom, het Hy Sy

                  aangesig gerig om na Jerusalem te gaan”

Joh.6:62 “Hoe dan as julle die Seun van die mens sien opvaar waar

                Hy tevore was?”

Joh.14:28 “Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg

                 en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou

                 julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na My Vader,

                omdat my Vader groter is as Ek.”

Joh.20:17 “Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog

                  nie opgevaar na My Vader nie; maar gaan na my

                 broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na My Vader

                en julle Vader, en my God en julle God.”

Die Ou Testament sowel as die Here Jesus het vrylik daaroor ge-praat. Dit was duidelik dat die dissipels hierdie waarhede nie ver-staan het soos enige van die ander belangrike momentums nie.

3) DIE HEMELVAART WAS 40

DAE NA DIE OPSTANDING:

Die Here Jesus het om verskeie redes vertoef om na Sy Vader te gaan.

1) Om sonder twyfel te bevestig dat Hy uit die dode opgestaan het.

    Dit was nodig vir die bevestiging van die geloof van die kinders

    van die Here van daardie tyd.

2) Hy het getalm om aan die Christene meer instruksies aangaande

    geloof te gee. Voor die opstanding kon Hy baie verduidelik aan-

    gaande die verlede in die lig van dit wat gebeur nl. Sy dood,

    begrafnis en opstanding. 

Hand.1:3 “aan wie Hy ook na Sy lyde, Hom lewend vertoon het deur

           baie kentekens, terwyl Hy gedurende 40 dae aan hulle verskyn

         het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.”

4) DIE WYSE VAN SY HEMELVAART:

Luk.24:51 “en terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in

                    die hemel opgeneem.”

Die Here Jesus sit nou aan die regterhand van die Vader Efe.1:20 “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemele.”

Daar is die wat hierdie betekenis figuurlik opneem dat Hy aan die regterhand van die Vader sit bedoelende in outoriteit. Dit mag dit ook beteken, maar dit verwys ook letterlik en geogfrafies na Sy posisie, Stefanus het hom daar gesien sit.

Hand.7:56 “Kyk Ek sien die hemele geopened en  Seun van die

                   mens aan die regterhand van God staan.”

Die hemelvaart was sigbaar en nie in die geheim nie. Dit was deur die dissipels gesien en betuig. Hy was sigbaar fisies en liggaamlik van hulle weggeneem en sal net so terugkeer met Sy wederkoms.

5) DIE NOODSAAKLIKHEID

VAN  SY HEMELVAART:

Die hemel was Sy tuiste en was dit logies dat wanneer Sy werk hier voltooi is, dat Hy daarheen sal terugkeer. Joh.14:28 “Ek gaan na My Vader”

Profesië moes vervul word. Hy het gesê dat Hy na Sy Vader moet terugkeer en Hy het dit gedoen.  Joh.16

Die Goddelike plan was dat die Heilige Gees nie uitgestort kon word voor die hemevaart nie. Die hemelvaart moes Pinkster vooraf gegaan het. Die hemelvaart was noodsaaklik vir Sy verdere voorbereiding van die wonings.

Joh.14:2-3. ”Ek gaan om vir julle plek te berei, en as Ek gegaan het,

                    sal Ek julle neem waar Ek is.”

Dit sou wonderlik gewees het indien die Here Jesus vir ewig hier op aarde gewoon het, in Sy voor-hemelvaart staat, maar dit was nie die plan van die Vader vir die kerk nie.

1) Die Here Jesus het opgevaar om die verlossingsplan te kan voltooi Joh.20:16-17 “’n Klein tydjie en julle sal My nie sien nie, en weer ‘n  

klein tydjie en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan. Sommige van Sy dissipels het toe onder mekaar gevra: Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘n Klein tydjie en julle sien My nie, en weer ‘n klein tydjie en julle sal My sien: en Ek gaan na die Vader.” 

2) Die hemelvaart van die Here Jesus het dit moontlik vir Sy navolgers gemaak om die beloofde, groter werk te doen. Joh.14:12

3) Sy hemelvaart het dit moontlik gemaak om die intrede werk voor die Vader se troon vir ons te doen.

4) Jesus se Hemelvaart het Sy bediening wêreldwyd moontlik ge-maak en nie om net in Palistina vervul te word nie Matt.28:18

5) Die Hemelvaart het ‘n sterk bewys geword vir die verduideliking van die opstandings liggaam.

6) DIE DOEL VAN DIE HEMELVAART:

A) Die Here Jesus het opgevaar om die Vader te vereer Joh.17:1 “Vader die uur het gekom; verheerlik U Seun sodat U Seun U ook kan verheerlik”

B) Die Here Jesus het opgevaar sodat Hy die Prins en die Verlosser kan wees Hand.5:31 “Hom het God as Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.”

C) Die Here Jesus het opgevaar as ‘n voorloper om vir ons die weg te gaan berei. Hebr.6:20 “want Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Malgisedek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.”

D) Jesus het opgevaar om ons Hemelse plek voor te berei Joh.14:2 om ons Hoëpriester te wees, Hebr.9:21-24, en om Sy waardeerde posisie in te neem Hebr.10:12-13.

7) DIE GEVOLG VAN DIE HEMELVAART:

Hy het gawes aan die mens kom toebedeel. Efe.4:8. “Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.” In Vs.11 gaan hy verder om die gawes te omskrywe: Apostels, profete, leraars, herders ens.

Omdat Hy opgevaar het kon die Heilige Gees neerdaal. Joh.16:7 Hand.2:33.

Hy bewys dat sondes mee gehandel kon word deur te gaan sit. Hebr.1:3. “nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes

                 bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die

                Majesteit in die hoogte.”

Noudat Hy gaan sit het, kan ons nou met vrymoedigheid na die troon van genade gaan in gebed. Hebr.4:14-16. “Terwyl ons dan ‘n groot hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n Hoë Priester wat nie met ons swakhede medelye kan nie hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons gehelp te word.”

Omdat Hy nou opgevaar het kan Hy ons nou volkome red Hebr.7:25 “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”

Hy kan die sondaar van die poel van sonde oplig tot die hoogste hoogtes om hom ‘n trofee van Sy genade te maak.

Sy troon in die hemele gee aan u en my die geleentheid om tot die troon te gaan. Hebr.10:22 “laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerheid die harte deur die besprekeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.” 

Hy staan met verwagting en aansporing dat ons “ons oog gevestig op Jesus die Leidsman en Voleinder van die geloof, …”

Posisioneël sit ons saam met Hom in die hemele. Efe.2:6 “en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.”

Hy het opgevaar dat Hy alles kon vervul Efe.4:10 “Hy wat neerge-daal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het, bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.”

Noudat Hy opgevaar het is alle wesens onder Sy voete gestel engele, outoriteite, en kragte is aan Hom onderworpe. 1 Pet.3;22 “wat heen-gegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderworpe is.”

Die hemelvaart is een van die ses misteries in die artikels van 1 Tim.3:16 “En onteensegtelik die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.”

SLOT:

Weens die verheerliking van die Here Jesus sal daar ‘n dag aanbreek wanneer elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus die Here is. Fil.2:9-11. Laat ons daarom ons lewens inrig om deel van die te wees wat in dankbaarheid vir wat Hy vir ons kom doen het Hom gaan verheerlik in die hemele.

Laat ons ons Heiliand aanbid en dank vir Sy goedheid, wat alle wette van gravitasie verbreek het, en in ‘n liggaam opgevaar het, en laat ons gereed wees om Hom spoedig te verwelkom wanneer Hy gaan kom om ons sigbaar en deur Sy liggaam te kom haal.

****************************8

HEMELVAART 2006

JOH.13:31-38

INLEIDING:

In die donkerte van die dissipels se omstandighede word die gordyn van swaarmoedigheid oor hulle siele gegooie met die woorde van ons Heiland wat die wanhoop in hulle harte nog meer aanvuur deur te sê dat Hy hulle gaan verlaat.

Kan u uself indink, alles word alhoe dreigender en donkerder en dit moes vir hulle voel dat in die uur van hulle beproewing die Here nie daar is nie. Weet u hoekom, hulle moes die verlatenheid van die Here ervaar om desperaat te kon word vir nog meer in hulle lewens.

Hy het hulle nie net in duisternis gelaat nie, maar soos wat Hy die versekering gee dat die Heilige Gees uitgestort gaan word, gee hy nou vir hulle die versekering dat daar ‘n plek vir hulle berei word.

In die vyf hoof gebeurtenisse van die Here Jesus se lewe was daar telkemale een of ander profetiese vervulling wat spesifiek op een of ande tydsaspek van die Here Jesus se lewe, maar spesifiek aangaan-de die kerk se toekoms dui.

Die geboorte was daar om die O.T. in vervulling te bring. Die Kruisiging was daar om die kerk te vrsoen, die opstanding was daar om die kerk te verseël met die wete dat Hy leef. Die hemelvaart was daar om die kerk se verre toekoms, nl. die wederkoms te verseker en die uistorting was daar om die kerk te bekragtig.

DIE MATERIAAL AANGANDE DIE HEMELVAART:

Johannes Evangelie bevestig net die gedagte van weggaan. (Joh.13:3 14:2; 28 + 16:7)

Die hemelvaart van die Here Jesus beklemtoon drie dinge: 

1)      Verheerlikking : Die beloning van ‘n lang ondervinding van die hemel tot hel tot die regterhand van die Vader. (Efe.4:8-9. 1Tim.3:16; 1 Pet.3:22)

2)      Sy intrede: Die reddende doel vir met die oog op Sy navolgers ( Rom.8:34 1 Joh.2:1)

3)      Die Gawe: Die uitstort van die Heilige Gees op die dissipels en die toekomstige kerk (Hand.2:33 Joh.15:26; 16:7)

Die hemelvaart is die derde stadium in die verheerliking van die Here Jesus, en dui op die afsluiting van Sy bediening hier op aarde. Die opneem van die aarde na die hemel moet nie net bloot gesien word as ‘n oorgaan van een stadium van Sy fisiese lewe na ‘n volgende nie, maar was ‘n lokale ontrekking van wat bekend was as die teenwoordigheid van die Here.

Die hemelvaart was ‘n oorgaan in ‘n nuwe sfeer van handeling die fisies opneem van die teenwoordigheid van die Here met ons, en dus hiermee saam die onmiddelike vereniging van die Hoë Priesterlike  rol. Hy het in die teenwoordigheid van die Here vir ons verskyn. (Hebr.9:24) “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.”

Hy het nou ook ‘n nuwe en ‘n lewende weg vir ons berei, deur die voorhangsl wat geskeur het dit is te sê Sy vlees. Sy verheerlikte liggaam word die weg tot toegang waardeur Sy mense die vrymoedigheid of krag het om in die heiligdom self in te gaan deur die bloed van Christus (Hebr.10:19-20).

Die hemelvaart dui op die ontrekking van Christus in die vlees, om die voorwaares te stel waardeur die Heilige Gees aan die kerk gegee kon word. Om van die Vader die belofte van die Gees te ontvang wat op Pinkster vervul is, is daar nou die getuienis van die komende Trooster as ‘n blywende Bewuste teenwoordgheid van die Kerk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00