DIE HEILIGE GEES W.H. Eseg.37:1-12

INLEIDING:

Keswick konferensie sowat ‘n eeu gelede, waar gesê word as die Heilig Gees ontrek uit kerke sal oor die 90% van kerke dit nie weet nie.

Wanneer ons na die Heilige Gees verwys, praat ons van die Derde Persoon in die Godheid, nie derde in rang nie, maar is die werking. Hoewel die Heilige Gees die mees ‘onsigbare’ van die Drie-Eenheid is, is dit die Enigste Persoon waarvan genoem word, dat die wat teen die Heilige Gees sondig hom dit nie vergewe sal word nie.

In hierdie boodskappe wat volg wil ons na die aard van die Heilige Gees kyk, in die dae waarin ons staan. Die woorde Vader, Seun en Heilige Gees dui ook op die ontwikkeling en openbaarmaking van die Godheid aan die mens, en die Here Jesus lê baie klem op die volgorde in Sy aardse bediening.

In die Bybelse terme Vader kom dikwels die geregtelike daad van Sy optrede na vore en is vir mense moeilik om te aanvaar

Vaderskap skep ook die idee van ‘n Seunskap, en het ‘n meervouds toepassing. Dit stel die idee van kindskap en is vir ons in die Here Jesus bekend. Hy was die Seun van God in sigbare openbaringe maar toe Hy as mens na die aarde gekom het, het Hy Sy plek as mens volkome kom vervul.

Sy teenwoordigheid was gevul met kritiek en dat die mens se geloof in die Here moes van die sigbare na die onsigbare Christus draai, sodat hulle Hom kon ken in die krag van Sy lewe.

Die oomblik wat Sy identiteit gevestig was, was Sy liggaam-like sending op aarde voltooid, en moes Hy uit hulle midde padgee. Hy het die Here kom openbaar wat ‘n Gees is en om die mens te leer om die Here in Gees en in waarhheid te aan-bid. Toe Hy die Vader kom openbaar het en ook die nood-saaklikheid van Geestelike aanbidding geleer het was Sy aardse sending voltooid. Die teenwoordigheid van die sigbare Here Jesus het verdwyn maar die onsigbare blywende teen-woordigheid het by die mens kom bly.

Vir die mens het ‘n tydperk van nuwe ondervindinge aange-breek, ‘n tyd van nuwe ondervindinge van lewe, geestelike insig en simpatie wat in lyn is met die tere werking van die Heilige Gees. Die heilige manne was nou gelei deur die Heilige Gees.

Die hele fokus het verskuif nie na die sigbare nie, maar na die geestelike, waarin die wet ontwikkel het na dit wat waarlik geestelik is, tot by die uitstorting van die Heilige Gees waar die klimaks bereik was en die tyd van die kerk tot stand gekom het, waar die fokus die geestelike wandel in lyn met Bybelse beginsels is.

Dit staan bekend as die tydperk van die Heilige Gees teenoor die Vader en die Seun. Daar is ‘n derde manifistasie van die Here. Natuurlike godsdiens word vaag en abstrak Historiese godsdiens word verdraaid, en vermoedend en geformuleerd, en verloor die innerlike betekenis wat ek alles kan verloor.

Daar is soms ‘n Christendom wat nie die godsdiens van die Here Jesus was nie, maar tog is daar die aspek van die God-delike aard. Buiten die eerbied vir dit, van dit wat bokant ons is, en die respek vir dit wat onder ons is, is daar ook ‘n respek vir dit wat in ons is.

Dan is daar ‘n ander vorm van godsdiens en dit is die geestelike godsdiens. Hierin verteenwoordig die naam van die Vader die Here in Sy aard, die Naam van die Here Jesus die Here in geskiedenis, en die naam van die Heilige Gees die Here in ons harte. Dit kan gesien word as die Heilige Gees wat in ons werk en in ons woon.

DIE HEILIGE GEES IS FUNDAMENTEEL:

Die leerstelling aangaande die Heilige Gees is fundamenteel in Christenskap. Dit is nie wat ek glo in Christenskap of beleide wat nagevolg moet word nie, maar die ware onder-vinding en wandeling met die Here Jesus deur die instaatstel-ling van die Heilige Gees. ‘n Ware Christen is ‘n deelgenoot van die lewe van die Here Jesus. Sonder dit is niemand ‘n Christen nie.

Die vraag is, hoe word ek deel van hierdie lewe? Hoe kan ek deel word van Een wat hierdie wêreld en sy belange gegroet het byna 2000 jaar gelede, en is dit moontlik in die ware sin om in ‘n verhouding tot Hom te staan.

Is dit moontlik om met Hom wat uit die dode opgestaan het deel te word, terwyl Hy nie op aarde is nie, hoe kan ek deel van Hom word en totaal verander word, sonder om ‘n leier te volg wat ek nog nooit ontmoet het nie.

Daarom moet ons verstaan wat die werk van die Here Jesus was, terwyl Hy op aarde was. Dit is nie een of ander persoon wat in die Naam van die Here Jesus spreek wat outoriteit dra nie, maar die kosbare instaatstelling van die Heilige Gees. Aangaande die Heilige Gees het die Here Jesus verklaar: As Ek gaan sal Ek ‘n ander Trooster stuur. Hy sal met julle wees, die Gees van die waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie ken nie want Hy is met julle en sal in julle wees.

Wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde geregtigheid en oordeel. Hy sal jou in die volle waarheid lei. Hy sal van My getuig, en My verheerlik. Hy sal julle dinge angaande ie toekoms openbaar. Die dinge van My sal Hy aan julle bekendmaak.

Soos die Here Jesus op aarde gekom het om te soek en te red, die wat velore is het die Heilige Gees nou gekom om hierdie werk voort te sit.

DIE HOOF AANVAL VAN DIE DUIWEL:

Dat die Heilige Gees fundamenteel deel van Christenskap is is nie vreemd nie, maar die duiwel wil juis in hierdie mistieke deel die mens bind of mislei aangaande die aard van van die Heilige Gees. Deur die eeue heen is die mens mislei aangaan-de die wonderlike werkinge van die Heilige Gees, en wil die kragtige werkinge van die Heilige Gees se werking in ons lewens probeer vermy.

Dat die Heilige Gees op die kerk sal neerdaal na die hemel-vaart en kom om in ons te bly vir ewig as Trooster, leer-meester, Gids, en Heiligmaker is Sy doel, om die Here te verhoog.

Ons het drie groot indelinge of despensasies in die geskiede-nis van verlossing, wat ooreenstem met die manifistasie van die Persoon van die Godheid. Onder elkeen van hierdie inde-linge het die duiwel dit reggekry om van die mens die karakter en die werk van die Goddelike weg te hou.

Onder die despensasie van die Vader is sy poging om die mens te verblind aangaande die ware karakter en wese van die Here, daarom dat die eie volk van die Here afvallig ge-word het. Alhoewel die dwaasheid aanhoudend geopenbaar was, het die mens maar telkemale terug beweeg na die dwaasheid van sonde.

Onder die despensasie van die Seun het dit ‘n klimaks bereik met die Here wat in die vlees geopenbaar was, die prins van duisternis die mens gebind om die verlossigsplan van die Here nie in te sien nie. As ons Evangelie verborge is, is dit verborge in die wat verlore is, wie die god van hierdie wêreld verblind het.2 Kor.4:3-4. In Joh.1:10-11 is dit opegeteken dat Hy is die wêreld was, en dat die wêreld deur Hom gemaak was, maar die wereld Hom nie geken het nie. Hulle het uitgeroep: Weg met Hom.

Daarom was Hy aan die kruis veroordeel, maar die Here het Hom opgewek en Hom aan die regterhand van die Vader laat sit. Efe.1:20-21 en alles onder Sy voete gestel. Prinse en owerhede.

As ‘n resultaat het Hy die voltooide werk op aarde in die versoening van Christus, toe Hy opgevaar het was die Heilige Gees aan Hom gegee, om die kerk verder te admistreer.

Daarom is die nie vreemd dat daar baie misverstande aan-gaande die werk en karakter en bediening van die werk van die Heilige Gees is nie. Vir baie is die werk van die Heilige Gees ‘n blote onpersoonlike misterieuse ontoeganklike en onbetrokke bo-natuurlike wese. Dit is die meesterstuk van die duiwel om die mens te verblind en ‘n muur te bou tussen die Here en die mens.

Dan is daar die van ons wat die werk van die Heilige Gees onderskat.

DIE KONFLIK VAN DIE TOEKOMS:

Die groot konflik van die toekoms sal die konflik tussen twyfel en geloof wees, aangaande die grond beginsels van die Woord, varal rondom die leerstelling van die Heilige Gees.  Daar is die wat alle Bybelse waarhede bloot net sal ignoreer, en om alle wonderwerke bloot te ignoreer, en ‘n koue dooie en materialistiese en die wêreld in wette te klassifiseer.

Die stryd van Amargeddon kom ook nader, en daardie stryd sal gaan rondom die realiteit van geestlike bestaan eerder as die uiterlike feite ronom Christenskap. Persoonlike verhou-dinge met die Here sal bloot net ignoreer word, en beskou word as ‘n uiting oor sake, wat as logies en noodsaaklik beskou sal word.

Chrsistenskap sal beskou word as die uitkoms van tragiese foute en beskou word a die nagmerie van oud heidensdomse ideologië.

DIE BELANGRIKHEID OM GEREED TE WEES:

Dit sal die gesamentlike kragte wees wat teen Christenskap en die magte van die Anti-Chris aan die werk sal wees. Ons as weergeborenes sal gereed en ten volle toegerus moet wees met die wapens waardeur ons sal kan staan teen die aanslae van die duiwel, en die vestings van materiele gemaksug en eie verklaringe moet teenstaan Open.3:17 Jy sê dat jy ryk en verryk geword het, en jy weet nie dat dit jy is wat arm en naak en blind en beklaenswaardig is nie.

Ons voorbereiding kan alleen geskied wanneer ons bekragtig is deur die Heilige Gees, se bediening van genade, die spe-siale bekragtiging en die ons instaatstel om meer as oorwin-naars in elke situasie te wees. Die Heilige Gees is daar om die kerk van die Here Jesus toe te bedeel met die vermoeë om oor elke toets en beproewings staande te bly en ‘n lewende getuie te wees tot eer van die Here.

Hy is nie net bloot ‘n eienskap of gesindheid of ‘n karkater eienskap nie, Hy is God en het ‘n beslisde Persoon. As ons onsself aan Hom onderworpe stel, sal Hy die siel van die mens volkome kom bevredig in ons heilige lewenswandel met Hom.

Die skoonheid en die heerlikheid van die skepping die son en die maan kan nie opweeg teen die skoonheid van die God-delike ingrype van die Here binne die mens nie. Dit vervul my met ‘n motivering en entosiasme en waarheid dat ek Hom net wil vereer as alles in my lewe.

HOOFSTUK 2

DIE HEILIGE GEES AS PERSOON:

SKRIFTUURLIKE BEWYSE:

Die Bybel verwys voortdurend na die Heilige Gees as persoon wat hom onderskei van die ander twee Persone van die Godheid. Hoewel hulle funksies en doele en gedagtes dieslefde is, is daar sekere eienskappe wat uniek aan die Heilige Gees toegeskryf word: Einskappe soos: Hy getuig, kan bedroef word, kan uitgeblus word, kan tot ons spreek, kan ons lei, en leer en vir ons intree.

Hy gee sy Goddelike Gawes aan wie Hy wil, soos Hy wil en wanneer Hy wil. Dan vind ons dat van die Heilige Gees in dieselfde termes gepraat word as van die Vader maar verskil geheel in oprtede van die Vader. Wanneer ons na die aard en werking van die Heilige Gees praat dan word soms dieselfde termes gebruik as vir die Vader.

DIE HEILIGE GEES WORD NA HOM

VERWYS EN NIE DIT NIE.

Daar word altyd na di Persoonlike voornaamword Hom of Hy verwys wanneer na die Heilige Gees verwys word. Die Here Jesus verwys self na: Wanneer Hy die Gees van die waarheid kom, dat Hy ons in die volle waarheid sal lei. Joh.16:13.

In hierdie kort gedeelte is daar 6 aanhalings van die Persoon-like voornnaamwoorde as na die Heilige Gees verwys word. Daar word ook na 5 afsonderlike handelinge van die Heilige Gees in hierdie gedeelte verwys.

Dan sê Paulus in Rom.8:16 Dat die Gees van die Here met ons Gees getuig dat ons kinders van die Here is. 

HY WORD MET DIE VADER EN

DIE SEUN GEASSOSIEER:

Daar is byna altyd ‘n konstante assosiasie met die Heilige Gees in die Bybel gemaak met de ander twee Persone een die Vader wat as ‘n beslisde en uitsonderlike aparte wese beskou word en dan na die Drie as ‘n eenheid, handelinge en titels en outoriteit.

In die skepping: Gen.1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape: Joh.1:1-3 “In die begin was die Woord en die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom onstaan en sonder Hom het nie een onstaan nie…”

Vs.14 Verklaar dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het. In hierdie twee verse was die Vader en die Seun verbind tot die skepping. Uit ander gedeeltes was dit duidelik dat die Gees van die Here ook betrokke was by die skepping. Gen.1:2 “En die Gees van God het geseef op die waters.”  Ps.33:6 “Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leer” 

Job.26:13 “Deur Sy asem word die hemel helder” Deur Sy Gees het die hemele tot stand gekom. Job.33:4 “Die Gees van God het my geskape”

Ps.104 :27-30: ‘Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op: U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle styerwe en keer terug tot hul stof. U stuur U Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.”  

Dit is duidelik dat al drie die Goddlike Drie Eenheid betrokke is by die skepping en alles wat gebeur.

Die insprirasie van die Bybel word ook verwys na die Drie Eenheid wat betrokke is Hebr.1:1 Die Here wat op verskillen-de tye by verskillende geleenthede gespreek het.

1Pet.1:21 Verwys na Profesieë wat ingegee is deur die Heilige Gees om verborgenhede aangaande die Drie Eenheid te spreek. 

Die Heilige Gees word altyd in elke aspek met die ander twee Persone van die Godheid verbind. 1 Joh.4:14 “en ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.”

By die redding van die mens sien ons dat die Drie Eenheid ook betrokke is. Uitsorting van die Heilige Gees op die Here Jesus vir Sy bediening Luk.4.

Hy het gekom om ons te red en Sy lewe vir jou en my te gee sodat ons deur Sy bloed gered kan word. Efe.5:25-27. 1 Tim.2:6 Hy het Homself as ‘n versoening gegee om op die regte tyd te getuig. Efe.1:7 In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed.

Die Here Jesus se aardse bediening was gedurig gerigsteun deur die Heilige Gees, selfs wanneer Hy van die Heilige Gees praat, verwys Hy na Hom as die een wat sal kom om die Here Jesus te verhoog. Die Trooster sal kom om die Here Jesus aan ons te verklaar.

DIE DOPING IN DIE NAAM VAN

DIE GODDELIKE DRIE EENHEID:

Ons word in Matt.28:19 gedoop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.  Die slot van 1 Kor. word verwys na die genade van onse Here Jesus Christus en die Liefde van God en die opsoekende werking van die Heilige Gees.

GEOPENBAAR ONDER SIGBARE TEKENS:

Die sigbare tekens is ‘n ander aspek van die werking van die Heilige Gees. As volgens die belofte van die Vader van die neerdaal van die Heilige Gees op die Here Jesus plaasvind sien ons dat die Heilige Gees in die vorm van ‘n duif neerdaal. Die Gees van die Here het op die aarde gesweef, of gebroei, soos ‘n hen wat op haar eiers broei. Dit was nie ‘n ware duif nie maar iets in die vorm van ‘n duif.

Dan was die sigbare werking van die Heilige Gees op die dissipels op Pinkster in die vorm van tonge van vuur. In beide gevalle het dit in ‘n substansie bestaan, bewys dit dat Hy die Heilige Gees ‘n unieke wyse het waarop Hy werk.

As dit nie so was nie was die Heilige Gees bloot ‘n invloed, wat op Sy eie gefunksioneer het met een of ander Goddelike energie.

HOOFSTUK 3

DIE HEILIGE GEES ‘N GODDELIKE PERSOON:

Hy is ‘n Persoon in die sin dat Hy persoonlikheids eienskappe besit maar ook Goddelik. Hy besit Goddelike titels:

GODDELIKE TITELS:

In Jes.6:8-9 verwys na sy Goddelike visie wat hy gehad het na die “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir My gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek stuur my. En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur maar bemerk nie.”

Paulus in Hand.28:25-26 kwoteer die laaste deel van hierdie uit Jes.6 dat hulle hoor maar nie verstaan nie en sien maar nie bemerk nie. Die stelling in Paulus se gedeelte sien ons dat hy verwys na die Heilige Gees wat met Jesaja gespreek het, as deel van die Godheid en deel van die Vader.

In Ps.78 wys Dawid daarop in vs.17 dat die volk wederstre-wig teen die Here was. In hierdie geval het die Here in toorn ontvlam. Dan lees ons van Stefanus voor die Joodse Raad en dan verwys hy na die hardnekkigheid van die volk Hand.7:51

Hier waar in die Psalms as die Here verwys word, verwys Stefanus na as die Heilige Gees.

Dan Hand.5:3 vind ons Annanias dat Petrus verwys dat hulle teen die Heilige Gees lieg maar die herhaalde interpetasie in die 4 de vers dat niemand gelieg het maar teen die Here nie.

Dieselfde Persoon en dieselfde onderwerp dat Annanias gelaster het word in beide plekke na verwys, en kan ons dui-delik sien dat die Heilige Gees en die Here as dieselfde in rang en outoriteit gesien word.

Die Heilige Gees word Here genoem in die toepassing waar Paulus in 2 Kor.3:17 sê: Maar die Here wat Gees is, en waar die Gees van die Here is, is vryheid. Hier word die Here en Gees as een gesien.

GODDELIKE EIESKAPPE.

In Hebr.9:14 word na die “ewige Gees” verwys. Ewigheid in die sin van tydloosheid, wat net aan die Here gekoppel kan wees, wat van ewigheid tot ewigheid bestaan.

Hy is Alomteenwoordig: Ps.139:7-10 word na die Heilige Gees se alomteenwoordigheid verwys.

Hy is Alwetend: 1 Kor.2:10-11 Die Gees van die Here onder-soek alle dinge.

Hy is Almagtig: Rom.15:8-9 Uit Luk.1:35 word na Hom ver-wys as die “Krag van die Allerhoogste” In Rom.15:18-19 word verwys na “Want ek sal nie waag om iets te sê van dinge wat Christus nie deur my gewerk het nie – om die heidene tot gehoorsaamheid te bring, met woord en daad, deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelie verkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom ….”

Dan die die Heilige Gees die outeur en uitgewer van wysheid en kennis 1 Kor.12:8. Die Heilige Gees gee soos Hy wil en wanneer Hy wil.

In 1 Pet.4:14 word die Heilige Gees die heerlikheid van die Vader genoem.

GODDELIKE HANDELINGE:

Ons het reeds gesien dat die Heilige Gees mede Agent met die skepping was en dat heilige manne deur die Heilige Gees geinspireerd was on die Skirfte neer te plot. 2 Pet.1:21.

Die opstanding van die Here Jesus uit die dode was ook deur die Heilige Gees moontlik 1 Pet.3:18. Hy was lewend ge-maak deur die Heilige Gees.

Die werk van redding en heiligmaking in die kind van die Here se lewe en die groei van ‘n Nuwe skepsel is ook aan Hom gekoppel. Die kinders van die Here is deur die Heilige Gees gebore Joh.3:5.

Ons word gered deur die wassing van wedergeboorte deur die Heilige Gees Titus.3:5. Ons word geheilig deur die Heilige Gees. Sien Ese.37:28; Rom.15:16 en 1 Pet.1:2.

EEN MET DIE VADER EN DIE SEUN:

Met die doopsformulier wat deur die Here Jesus gegee is word genoem dat die mense gedoop moet word in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Met die afsluiting in 2 Kor.13:14 word ook melding gemaak van die Goddelike Drie Eenheid in gelyke rang. Wat vir die ander Drie Persone van toepassing is is ook vir die Heilige Gees van toepassing.

Die Naam van God dui Sy wese, en Sy outiriteit en is een in die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is die Goddelike Drie Eenheid.

DIE GEDAGTE VAN LASTER:

Die woord laster beteken om die Naam op ‘n onwaardige wyse te gebruik, of ligtelik of met disrespek of somer so in die algemeen te praat. Dit verwys ook na die toestand van die hart en daarom dat mense somer so onwaardig oor die Here of Sy sake sal praat.

Die Here Jesus waarsku dat alle sondes die mens vergewe sal word maar sonde teen die Heilige Gees of laster sal die mens nie vergewe word nie. Matt.12:31-32.

Die Heilige Gees moet ‘n Goddelike Persoon wees anders kan daar nie teen Hom gelaster word nie.

Met die skepping het Hy oor die aarde beweeg. Hy het lewe gegee aan die mens. Hy het die vervulling van profesiee aan die profete van ouds kom openbaar, en maak ‘n volmaakte openbaring van die Here Jesus aan die Apostels van die N.T.

Hy oortuig die wêreld van sonde geregtigheid en oordeel. Hy bring die stille oortuiging in die gevaarlike hart oppad na sy verlore toestand. Hy maak die hart sag en berei die siel voor om gered te word.

Al die hemelse begeertes en neigings kom van die Heilige Gees. Hy is die openbaarmaker van Goddelike waarhede. Hy soek die verlore siel op en lei hierdie siel om te besef dat sy oplossing in die Here Jesus alleen is, en werk die geloof in die hart van die mens.

Hy gee die getuienis dat ons gered word en vergifnis, Hy tree vir ons in, Hy werp lig op ons swakhede en werk in ons om dinge te bedink wat rein en heilig is, Hy gee goeie verslag aangaande Sy werk, en Hy stel ons instaat om sonder vlek of impel voor die Vader te kan staan.

HOOFSTUK 4

DIE NAME VAN DIE HEILIGE GEES:

Die Gees van die Here staan in die Bybel onder verskillende Name bekend. Sommige is uniek in hulle wese. Sommige benaminge staan t.o.v. Sy verhouding tot die Vader of tot die Seun. Sommige name dui Sy morele staat of t.o.v. Sy handelinge en ook aangaande Sy handelinge t.o.v. redding.  In die tekse wat ons gaan lees sal ons sien hoe dit toegepas word.

DIE GEES:

Die benaming Gees is seker die mees algemeenste benaming van die Derde Persoon van die Drie Eenheid. Dit dui sy aard of natuur of wese aan. Beide die Hebreeuse en Griekse woord vir Gees dui asem, wind of dit wat onsigbaar beweeg aan.

Beide in O.T. en N.T. dui dit op ‘n groot verskeidenheid doelle aan. Ons sien telekemale dat Hy gebruik word op ‘n spesifieke manier en beskrywing wat nie aan enige van die ander twee Persone gebruik word nie.

Soms word dit net as die Gees genoem, soms die Heilige Gees soms die Gees van vryheid of van waarheid of die Gees van heiligheid genoem. Die Naam Gees is van uiterste belang wat dui op Sy Persoon, en dui of Sy orde en werking.

Die naam was nie van die begin af gegee nie, maar name soos wind was aan Hom gekoppel omdat dit die handeling en Sy werking aandui. Ons lees dat God Gees is, wat sê dat Hy rein in wese is en nie noodwendig in hierdie geval die Derde van die Drie Eenheid is nie of dat een bo die ander is nie.

Die Here Jesus het op die dissipel geblaas om aan hulle aan te dui wat Hy in hulle sal kom doen. Joh.20:22

DIE HEILIGE GEES:

Die naam word baie in die N.T. gebuik, en dui op die heer-like heiligheid van Sy Naam soos God die Vader as ‘Die Heilige van Israel” bekend voor staan. Hy word verwys as die Heerlikheid in Heiligheid om Sy wese aan te dui. Dan staan Hy bekend as die Heilige.

Hy kommunikeer heiligheid tot die mens deur redding, en heiligmaking van die hart. 2 Thess.2:13 Sê “…dat God julle van die begin verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in waarheid.”

Soos Hy die Adminstreerder is van die Here se wil op aarde , is Hy gepaslik genoem as die Heilige Gees in verband met Sy handelinge.

Hy staan ook bekend as die Ewige Gees Hebr.9:14 Hy is nie net Ewig nie maar vir altyd in Sy handelinge net so sterk en dieselfde soos die Vader.

DIE GOEIE GEES:

Daar word ook na Hom verwys as die Goeie Gees Ps.143:10 “Laat U goeie Gees my lei…” Hy het hierdie benaming omdat Sy aard goed is en omgee. “Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God” Matt.19:17 Die Heilige Gees kommunikeer en openbaar die rykdomme van die Here se goedheid aan ons en binne in ons. Efe.5:9 “Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.”     

DIE GEES VAN VRYHEID:

In Dawid se gebed in Ps.51:14 bid hy vir: “ondersteun my deur U gewillige (vrye) Gees” Die Gees van die Here word ook die Gees van vryheid genoem, omdat Hy in vryheid beweeg en die siel wat Bybels verlos is vrymaak van die sondebande. Daarom dat ook die embleem van wind gebruik word om Sy vryheid te beskrywe. Joh.3:8 “Die wind waai waar Hy wil”

Die vryheid waarna verwys word is nie losbandigheid of grensloosheid nie, maar vry in die Here, en Sy doel is om jou en my vry te maak “Die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus”

In Rom.8:2 Verklaar Paulus dat Hy my vrygemaak het van die wet van sonde. Die Here Jesus het die prys betaal. Hy het ons uit die huis van gevangenisskap uitgelei in Sy heerlike vryheid. 2 Kor.3;17 Verklaar: “Waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”   

DIE GEES VAN GOD OF DIE GEES VAN DIE HERE:

Die Heilige Gees word ook die Gees van God genoem. Ons lees in Gen.1:2 “En die Gees van die Here het op die waters geseef” Jes.61:1 “Die Gees van die Here is op my”  In die geval van die skepping word die Hebreeuse naam Elohim gebruik Gen.1:1

Die woord God is die woord Elohim wat ‘n meervoudig betekenis het en dan weer het Elohim op die waters beweeg. Gen.1:2.

In hfst.2:4 Kom die Naam Jehovah voor maar Elohim word saam met dit gebruik. Die naam Joheovah word nie in Gen.1:1-2 gebuik nie, omdat Vs.1-2 die Eenheid aandui.

Die Derde Persoon word die Gees van die Here genoem omdat dit Sy posisie as die een wat werk en bestaan van ewigheid af.

DIE GEES VAN CHRISTUS:

Hy word in dieselfde verband gebruik as die Gees van Chris-tus of die Gees van Sy Seun. Die terme Gees van God en Gees van Christus word somtyds in dieselfde gedeelte ge-bruik soos in Rom.8:9-11 “julle is egter nie in die vlees nie maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie. Mar as die Gees van Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.” 

Die Gees van die Here en die Gees van Christus word as dieselfde Gees beskou. Aan die Galatier gemeente sê Paulus: Gal.4: 6 “En omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep Abba Vader.”

Hieruit kan ons sien dat die Heilige Gees is die Gees van Sy Seun in presies dieselfde sin as die Gees van die Vader of God.

Petrus sê vir ons dat die Gees van Christus in die profete was wat die lyding voorspel het 1 Pet.1:10-11.

Die titel Trooster word nie in hierdie verband bespreek nie, omdat dit later hanteer gaan word. Daar is baie ander titels wat in die Woord van die Here gebruik word vir die Heilige Gees. Sy bediening en werking in die toepassing van redding aan die hart van die Christen is wonderlik.

HOOFSTUK 5

EMBLEME VAN DIE HEILIGE GEES:

In die openbaring van die Here aan die mens en om aan te laat verstaan wie Hy waarlik is, en omdat die mens beperkte vermoeëns het om te verstaan het die Here ‘n manier deur die embleme gevind.

Hy moet Sy betekenis aan die mens illustreer deur aspekte van lig en skoonheid om in hierdie verdraaide wêreld Hom aan ons te openbaar. Daarom ook dat die Here Jesus deur gelykenisse tot ons gepraat het en simbole en embleme gebruik het. Hierdeur kan ons in ons beperkte insig iets van Sy werkinge in en deur ons lewens ondervind.

Die natuur en bediening van die Heilige Gees is onderworpe vir die openbaring wat biede nodig en gepas is vir ons om-standighede. Die Heilige Gees wil aan ons die dieper dinge van die Here kom openbaar. In 3 Joh:8 verklaar Johannes dat ons “Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede arbeiders van die waarheid kan word.”  

WATER:

In Joh.7:37-39 verklaar die Here Jesus  “En op die laaste dag die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo soos die Skrif sê: Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.”

In Jes.44:3 Verklaar Jesaja “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droeë grond; Ek sal My Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge”

Water is reinegend, benat, verfris, is oorvloedig, is nood-saaklik vir lewe, bevredig die dorstige, en eindelose stroom-pies word riviere en kom vanuit die wolke dit gee strome dit maak die verwaarloosde plekke op die aarde pragtig.   

In al hierdie gevalle is water gepas, en dui op die genadigen-de bediening van die Heilige Gees, rondom redding. Was dit nie wat in die gesig van Esegiël bedoel was nie: Ese.47:1-12 dat water vanuit die tempel vloei en toenemend in diepte toe-neem. Die volheid van die waters dui op die genesende werk wat die Here in die harte van die mens kom bewerkstellig. 

Joh.4:14 Hy wat van hierdie waters drink sal in der ewigheid nie weer dors kry nie. Dit verwys na die genade wat Hy toepas op ons lewens.

REEN:

Wat baie naby verwant aan waters staan is reën maar staan in ‘n spesiale verband aangaande die Heilige Gees se werk. Joël 2:23 “En julle kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.”

Die konteks is in konteks met die profesie van Joël wat op die heerlike volheid van die Heilige Gees dui wat op die dag van Pinkster dui. Soos ie reën neerdaal en die leemtes vul, en die aarde laat vrug voortbring, en ‘n goue oes laat voortbring, dui dit op verfrissing, lewegewende effek, en die ryke invloed van die Gees van God soos wat Hy op die kerk selfs in die geskiedenis neergedaal het.

Die vroeë reëns en die laat reëns word aan hierdie profesie verbind. Die eerste reëns val om en by Oktober, wat saaityd is en die laat reëns val in April wat daarna die ryp aanbreek. Tussen die twee tydperke van reën is die weer wonderlik, en val hulle reëns gedurende hulle wintermaand.

Die graan oes is in Mei maar die middel van Augustus word die vrugte bymekaar gebring. Vanaf dan tot vroeg of todat die reën vertoef in Oktober word die vrugte bymekaar gemaak vir die vreeslike hitte en droogte van die somer. Die uiting van oorvloed word deur die oorvloedige reën na die droogte tydperk waardeer.

Pinkster getuig van die neerdaal van die Heilige Gees as die vroeë reën maar sy openbaring van die later reën wat die vreugde van die latere reën wat na die wonderlike oes van die verlosdes wat aan die einde bymekaar gemaak sal word in die verdrukking.

WIND:

In Joh.3:8 Verwys die Here Jesus na die werking van die Heilige Gees as wind. Die opsomming van die Heilige Gees is onafhanklik en onverklaarbaar. Een van die wonderlike embleme van die Heilige Gees was die geluid soos ‘n gewel-dige rukwind wat die hele huis gevuil het waar hulle gesit het. Hand.2:2.

Dit was asof die eiliegeH Heilige Gees haastig was om vanaf die hemel te kom om van die Here Jesus se verheerliking te ge-tuig. Hy kom skielik en verras almal en dat die simbool van Sy besoek ‘n geluid soos ‘n rukwind was.

Dit is ook ‘n deeglike werk want dit vul elke hoek van die vertrek en bereik sy doel in elke hart, in Sy alomteenwoor-digheid het die Heilige Gees die kerk gevul met krag. Ook met Esegiel, toe hy tussen die dooie bene gestaan het in die vallei se Ers.37:9 dat die wind gekom het en blaas op hierdie dooie bene.

Die dooies het opgestaan en het in een groot leer opgestaan. En blaas ewige lewe in elke behoeftige siel in, so is die Heilige Gees wat van bo uitgegiet word en vul elke leë hart en verruil dit vanaf ‘n selfsugtige self gesentreerde siel en verander dit genadiglik tot ‘n siel wat die Here Jesus vereer.

VUUR:

Johannes die Dooper kondig aan: dat Hy sal kom om te doop met die Heilige Gees en met vuur. Soos op Pinkster het die Heilige Gees neergedaal in die vorm van tonge van vuur. Hand.2:3 wat dui op verligting, opbouing, reiniging, deur-soekking, en vertering.

Dit maak die hart skoon om die dieper dinge van die Heilige Gees in die harte in te brand. Dit dui ook op die orde van die Heilige Gees se werking, om die harte te vul en dan skoon te maak en te vervul met ywer. Dit inspiereër die kerk met die Heiligheid van die Heilige Gees.

Dit wys waardeur liefde entosiasme berreik. ‘n Kerk sonder vuur is ‘n kerk sonder intusiasme en ook besit genoegsame erkenning om die wêreld te skud.

In 1 Thess.5:19 hoor ons dat ons die Gees van God nie mag uitblus nie. Die intiemheid tussen die Gees en die Woord van God dui aan hoedat Hy uitgeblus mag word. Die Woord van God is die pertrol waarop die vuur kan val.

Net in die volgende vers sê Paulus Verag nie die profesieë nie. Jer.23:29 Verwys Jeremia na die Woord wat soos ‘n vuur is.

Olie:

Daar is seker geen ander embleem wat die wonderlikheid van die Heilige Gees meer uitbeeld as olie. Dit dring deur, ge-nees, bring geur, laat die siel toewy, en dui op die instaat-stelling wat die Heilige Gees in die kind van die Here verwek

Die Heilige Gees was op die Here Jesus uitgegiet omdat die Here Hom gesalf het om die blye evangelie uit te stuur om Hom te salf vir sy bediening as ons Middelaar en Verlosser en gee hierdie embleem om aan ons Sy werk te verseker.

Jes.61:2 Verklaar Jesaja dat die Gees van die Here op Hom was om die gebrokenes van hart te genees en om vryheid vir die gevanenis te verklaar. Die aanhaling kom uit Luk.4 waar die Here Jesus dit self gelees het en vir die in die Sina-goge gesê het dat vandag hierdie Skrif in hulle midde vevul is.

Dit was van die Here Jesus gesê aangaande Sy verlossende werk. Hy was gevul met vreugde olie bo Sy met geselle. Heb.1:9 Die Here Jesus het hierdie salwing ontvang as ‘n toerusting en instaatstelling en ‘n belofte aan die Seun van God. 2 Kor.1:21-22 “Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.”

DIE DUIF:

Matt.3:16 Sê dat net toe die Here Jesus uit die water opstaan het die Heilige Gees soos in ‘n vorm van ‘n duif op Hom neergedaal. Johannes het verklaar dat Joh.1:32 Hy die hemel geskeur gesien het en Een soos in die vorm van ‘n duif op Hom kom sit het.

Die duif is ‘n embleem van onskuld en eenvoud en teerheid en liefde. Sien Hos.7:11 Matt.10:6 en Gen.8:8+10 toe Noag die duif twee keer uitgestuur het.

Net soos die duif uitgestuur was en vrede teruggebring het met die olyftak in sy bekkie. Ons lees van die toorn van van God en die toorn van die Here Jesus maar nooit sal ons lees van die toorn van die Heilige Gees nie.

Die Here Jesus is die hoof van die kerk, en die Heilige Gees die hart van die kerk. Mag die teerheid van die duif u en my hart so vul dat ons versigtig met Hom sal wandel om in gemeenskap met die Here Jesus te leef.

DIE VERSEëLING:

In die N.T. kry ons die volgende uitdrukkings soos: “Wat ons ook verseel het” Efe.1:13“In wie, nadat ons geglo het, verseel is met die Heilige Gees met die belofte” Efe.4:30“Bedroef nie die Heilige Gees nie, waardeur julle verseël is tot die dag van verlossing”

Die proses van verseeling is toegepas onder die mens en sluit vier dinge in:

1) Dit gee die idee van indruk te skep. Dit is om te kommuni-keer met die karakter of beeld wat die objek van seeling is. 

2) Dit bied sekerhei, dit gee die versekering van uitvoering van dade, wil en ooreenkomste.

3) Dit is ‘n bwewys van besitname en bewaring. Ons plaas ons seel op waardevolle artikels, om hulle waarde te bewys sowel as hulle eienaarskap.

4) Dit wy die noodsaaklikheid van uniekheid. Die koninklike seel op ‘n artikel gee die Regering gesag , en kom van die Staats leiers se lessenaar en dra absolute gesag.

Daar is iets wat aan die oorgegewe kind van ie Here gekoppel is wat andeste is as al die ander se lewenswandel, daar is gesag wat saam met hierdie persoon gaan.

Die Heilige Gees kan deur u kommunikeer en dwing gesag af en laat ander besef dat jy met die Here wandel. Die Vader verseel ons en die Heilige Gees is die seel.

Die gawe van die Heilige Geesas ie inwonende Vertrooster en die reiniger is die Here se seel op ons lewens. Ons verseeling is in Christus.

Joh.6:27 “want Hom het God die vader verseel.” Efe.1:13 “in wie julle ook verseel is met die Heilige Gees van die belofte”

Die verseeling van Christus is die eindelose kommunikasie van die Heilige Gees aan Hom, wat aan Hom die outoriteit gee om vir Sy pligte voorbereid te wees. En demonstreer aan die wereld die teenwoordigheid van die Here.

Ons word deur die Heilige Gees geregverdig 1 Tim.1:16. Die Here se versseling is die veranmtwoordelikheid dat ons die Goddelike roeping in ons daaglikse lewens kan uitleef.

TONGGE VAN VUUR:

Die Heilige gees was gemanifisteer deur die simbool van Tonge van vuur. Hand.2:3.

Die tong is die orgaan van spraak en is ‘n simbool van die Heilige Gees wat geinspireerde spraak bevestig.

Daar is ‘n uitgaande krag wat van di innerlike inwoning uitvloei uit die kind van die Here se lewe. Elke kind van die Here ontvang ‘n Goddelike salwing en krag , wat tot die voordeel van andere dien, en die behoud en die opbouing van myself. Ie verdeling van tonge was ook die verdeling van ie verskeie tale waarin die Evangelie verkondig sou word.

Met die toring van Babel was die mense in verwarring gebring deur tale, en was oor die aarde versprei, met Pinkster was die die bymekaarbring van die ker en die verspreiding van die Evangelie.

Num.11:29 “Ywer jy vir my, ag as die hele volk van God maar profete was, dat die Here Sy Gees oor hulle mag gee.”

Joel 2 bevestig dat almal sal profeteer en die Gees van die Here oor kinders, ouers en diensknegte vaardig mag word.

DIE DESPENSASIE VAN DIE HEILIGE GEES:

In die hele plan van die Here om Homself aan ons te openbaar was daar in die aanvanklike skepping ses dae waarin die Here alles geskape het en het Hy verklaar dat dit baie goed was. Net so is daar openbaringe van waarhede aan die mens wat stelselmat0ig plaasvind.

Soos wat die son die oggend dou breek en alles wat onsigbaar was uit die weg ruim so breek die Here Sy kosbaarhede of waarheid aan ons oop. Voor die mis het ‘n mens nie die wonderlike skoonheid van landskap kon waardeer nie, maar noudat die lig sy volle helderheid daarop sjkyn, word dit kosbaar.

Waarheid is onveranderd, want die Here Jesus verklaar Homself dat Hy die weg en die Waarheid en die lewe is, maar aan ons as mense moet Hy die deur ‘n proses openbaar. Die tenemende proses van Verlossing het ‘n merkwaardige beeld in die Bybel wat na die Here Jesus verwys.

Daar was eerstens net ‘n enkele belofte in die uin van Eden gemaak, wat ‘n belofte van genade aan dit gekoppel het, en op misteurieuse maniere voorspel is, en verklaar dat daar in die wêreld ‘n Verlosser vir die wêreld sal kom. Gen.3:15.

Dan sien ons die eerste daat van aanvaarding van hierdie belofte van verlossing was in Gen.4:4 Abel en ook Hebr.11:4. Met die verloop van tyd was die beloftes en tipes meer en meer aan die mens bekend gemaak.

In die verhale van Henog, Noag, Job, Malgisedek en dan in die lewens van Abraham en sy onmiddelike nageslag was daar ‘n konstante tipe en profesie wat alles na die Here Jesus verwys en Sy versoenende offer.

Toe breek die Mosiaanse tydperk aan waarin daar vele ander persone as tipes opgetree het en d.m.v.tipes en persone en plekke en prente en insidente was die wet ingestel en die wet wat aan hulle gegee was, was dit die prentjie van Iemand wat die wet al kom vervul en ook hierdie waarhede in ons harte kom inskrywe.

Toe kom die profetiese tydperk wat tussen die tydperk van Samuel tot Maliagi was wat ‘n tydperk van om en by 700 jaar was waarin ‘n verskeidenheid van profete opgetree het wat geleidelik die karakter en doel van die here Jesus voorspel heten wat ook verwys het na die uitstrorting van die Heilige Gees op hierdie aarde en die universele verspreiding van die Evangelie etot die heerlike verskyning van die Here jesus waarin Hy ons in die millinium gaan lei.

In al hierdie agressiewe openbaringe was die verbintenis van die eerste belofte nie vergete nie, maar was die betekenis daarvan meer duidelik aan ons geopenbaar, en die aard van die Verlosser se werk geopenbaar tot in die fynste detail.

In hierdie verband was die wet en die profete verhewe bo die aards vaders se tydperk en het die weg meer volledig verdui-delik, van die saad van die vrou wat die slang sal vermorsel. In hierdie geval het di vangelie ook die wet en die profete oortref weens die vervulling van die belofte in Die Persoon, wat die gevalle staat van die mens in Eden kom herstel het.

DESPENSASIES:

Die geleidelike bekendmaking en ontwikkeling van die belofte van die Here in Verlossing word soms as despensasio-neel verwys. Die geskiedenis van despensasie word deur skrywers soms in drie kategorieë verdeel soms in vier, en selfs sewe afdelings.

Dit dien die beste om die teenswoordige skrywe in die belangrikste drie op te deel

John Fletcher wat beslou was as seker die heiliegste man wat ooit op aarde gelaaf het naas ie Here Jesus verklaar dat die drie despensasies die van die Vader, die Seun en die Heilige Gees is. Deur al die eeue is daar progressiewe groei na die die geestelike aspekte, ook na die misleidende deel van groei. Die drie despenasies is aan mekaar verbind soos kleure van ‘n reenboog aan mekaar verbind is.

Die ideale Christen is die een wat in suy persoonlike onder-vinding die een wat reeds deur die Vader en die Seun gegaan het en nou in die despensasie van die Heilige Gees beweeg, en waarin die groot fundamentele waarhede en beginsels van die despensasies mekaar ontmoet en verbind in ‘n geheiiligde lewe. Van die wat op die aarde lewe wat deur die Here aanvaar is leef so in hulle ondervinding in die despensasie van die Vader en sommige in die despansasie van die Seun en dan die in die van die Heilieg Gees., volgens die verskillen-de stadias waarin hulle gegroei het.

As ons hierdie waarhede sal verstaan sal ons baie meer begripvol wees teenoor die wat nog nie verstaan nie, en sal ons motiewe soveel meer reining en sal ons ons nie wil beskou as die wat die grootste in die koninkryk van die hemele beskou word nie, maar sal die wonderlike waarhede wat die Here aan jou openbaar in nederigheid bekend maak.

DIE DESPENSASIE VAN DIE VADER:

Die despensasie van die Vader word hoofsaaklik gesien as die tydperk van die wet , en het sy klimaks by die berg Sinai bereik toe die wet gegee was, en het van daardie tyd af ont-wikkel. Die wet was gegee binne die raamwerk van die gewel –digheid van die Here voor die hele Israel en Moses self, wat gekies was om die middelaar vir die verbond wat met diepe erns en vrees gebied was deur te gee.

Ex.19:16-19 “En op die derde dag toe dit more word, was daar dondersale en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ‘n vuur daarop neergedaal het. En Sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Toe die geluid van die bauin sterker en sterker word, het Moses gespreek en God het hom telkens hardop geantwoord. Terwyl die Here op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die Here Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.”      

Hierdie ervaring was tipies die wat in die despensasie geleef het wat vrees as die hoof motief wat optrede en gedrag bepaal het. Hulle het die Here gevrees en geregtigheid bewerk. Hulle gehoorsaamheid was deur vrees erken , en het die vrede wat die Evagelie ken nie gehad nie, en het min of niks van die vreugde van die Here geken. Hulle het in vrees vir hulle aanvaarding van die Here geleef, en was gespanne vir die nalatigheid vandie wet en was weerhou van doelbewuste sondes en was aangemoedig tot gehoorsaamheid en goeie werke.

Hierdie klas mense kry mens oorals veral in heidense lande. Die Here is geen aanemer van ‘n persoon nie, maar in elke nasie is die wat Hom vrees an geregtigheid bewerk deur Hom aanvaar. Hand.10:34-35.

DIE DESPENSASIE VAN DIE SEUN:

Die despensasie van die Seun is die despensasie van herstel. Dit het sy klimaks by Golgota bereik toe Christus ons PaaS Lam was wat vir ons geoffer was, en het van hierdie punt af deur die aarde versprei.

Die Here Jesus is die Middelaar tussen die Here en die mens, wat Homself as ‘n versoening gegee het om vir almal getuienis te gee. Ons word tot die Here verenig deur die dood van Sy Seun. Deurdat ons geregverdig is deur die geloof het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus. Die wat onder hierdie despenasie is roep nie meer uit dat ons gebonde is nie. Ek ellendige mens, wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood.”

Maar leef in dankbare genade vir Sy verlossing en dank die Here in die hoogste vir wat Hy vir ons gedoen het. Ek dank God deur Jesus Christus het daar vir my verlossing gekom.

Onder die despensasie van di Seun sê John Fletcher is die twyfel van die Christen mee gehandel soos die twee dissipels op die emmaus pad toe hulle gwaar het dat dit Hy was en die wonderlike waarheid van die Evangelie besef het.

Die liefde waarmee die Here in hulle harte ingekom het en ‘n motief geword het vir gehoorsaamheid en diensbaarheid. Die wat deur die Here verander is kan in die taal van Johannes uitroep: Die liefde van die Here het in ons harte ingetree. Onder die despensasie van die Vader was die lekm die vrees van die Here, en word soms deur vrees veel meer gedryf as deur liefde.

Onder die werking van versoening sal liefde vrees oorwin as die motief vir gehoorsaamheid, hoewel die liefde wat hulle ondervind vermeng is met vrees  wat die kenmaerk wat onder die despensasie van die Vader geleef het. In hierdie staat is die mens nog tot ‘n mate vleeslik en is soos babas in die Here. Ek het julle met melk gevoed en nie met vaste spyse nie, omdat julle nog nie instaat was om dit te neem nie.

Hulle is nie ten volle beweeg deur die Goddelikheid van die Here Jesus nie. Die kleed van SY menslikheid het nog nie die oorweldigende helederheid van Sy heerlikheid laat oplig nie. Die Here Jesus is nog nie in hulle harte verheerlik nie,omdat die die Heilige Gees die verheerliker nog nie opgeneem was nie tot SY heerlikheid nie. Hulle het nog nie volle vryheid nie. Na ‘n kort tydperk van vreugdevolle blydskap het twyfel weer ingekruip en vertroue geskud. Hulle getuig tog van hulle liefde wat die Here by tye gegee het.

In hierdie staat is daar ‘n verlange na meer en kan nie woorde vind om te defenieer of te verklaar nie, en het nog ‘n spesiale bediening nodig om te Troos deur die belofte.

DIE DESPENSASIE VAN DIE HEILIGE GEES:

Terwyl die despensaise van die Vader gekenmerk word deur die wet en die van die Seun deur die van herstel en ver-soening is die despensasie van die Heilige Gees is dit gekenmerk as die despensasie van reinegende krag. Di het begin deur die dag van Pinkster en die Nuwe Wet van lig en lewe wat uit hierdie beginsel eenvoudig gebloei het. Die samevloeing van hierdie drie despensasies bring by jou en my volkome eenheid. Die vroeere despensasies was die voorbereiding tot hierdie laaste en aanvullend tot die laaste en bring Goddelike waarheid hierdeur tot ons harte.

Die wat ondervindelik in die despensasie van die Heilige Gees lewe is Bybels gevul met die Heilige Gees, en wandel in die lig soos die Here in die lig is, en geniet bewustlike gemeenskap met die Vader en die Seun. Die Bloed van die Here Jesus Christus reinig voortdurend van inwonende sonde

Die Gees van aanneming woon in hulle harte en die blywende Vertrooster gee getuienis in ‘n direkte wyse van ‘n heilige lewenswandel. Want deur een offer het Hy volmaak die wat geheilig is waardeur die Heilige Gees aan ons getuienis gee. Hebr.10:14-15.

Vrees wat ‘n opynlike ervaring daaraan koppel was in die despensasie van die Vader en skyn die helderheid van die Seun van Geregtigheid in die despensasie van die Here Jesus en word volkome weggedoen in die Lifde wat die troon van die hart oorgeneem het en die septer in die hart van die mens swaai, en sonde verban en vrees na buite dryf,en bedroefdheid moetr padgee binne die hart van die mens.

1 oh.4:17-18 “ Die Here Jesus is die hoop van ons heerlikheid,” Hierin het die liefde volmaak geword, dat ons vrymoedigheid het in die dag van oordeel, omdat soos Hy is, is ons in hierdie wêreld. Daar is geen vrees in liefde nie want die ware liefde dryf die vrees na buite.Hy wat vrees het nog nie volmaak geword nie”  

Die despensasie van die Heilige Gees is vol ondervindinge omdat dit deur volmaakte liefde gedryf word. Onder die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal ons harte en ons sinne bewaar, deur die Here Jesus Christus. En die siel is by magte om hom te verbly en sonder ophou te bid en oorals dankbaar te wees onder alle omstandighede.

Wat Paulus in verlustuig het in die Here is ook jou en my deel in ons verblyding in die Here, en dit is die volle verlossing waarin jy en ek elke dag moet leef. Die uiteinde van die inwonende Trooster is in ons en kan ons ietsie smaak van die heerlike diep dinge van die Here. Die voorsmaak van ewige lewe en heerlikheid.

Dit is die groot behoefte van vandag dat mane en vroue so vervul sal wees met die Heilige Gees dat ons met vryheid en oortuiging sal kan preek en getuig, in dit wat ons ondervindelik ervaar. Die salwing van die Heilige Gees sal ons deel word in kennis en gestelike begrip vir almal wat dit toelaat om hulle deel te word 1 Joh.2:20 “En julle het die salwing van die Heilige Gees en weet alles”.     

Daar kan gevraword of die vader nie teen die Seun verklein-neerd lyk en die Seun weer teenoor die Heilige Gees ver-kleinneerd lyk nie. Ons weet dat die wat na die Here Jesus gekom het ‘n diepe waardering  vir die werk van die Vader, in ‘n verbysterenede manier word die Vader geëer en dan word die Here jesus weer vereer vir die Verlossing wat Hy aan ons bewerk het.

Die Heilige Gees se hoogste orde is om die Here Jesus te vereer, en dit is ook die hoogste eer wat aan die Vader gebring kan word. Elke knie sal buig voor die Here Jesus tot heerlikheid van God die Vader.

Die Here Jesus is nie ten volle begryplik vir ons totdat die Heilige Gees Hom in ons harte kom openbaar nie en Hom in ons kom verheerlik nie. Niemandd kan die Here Jesus Here noem as behalwe deur die Heilige Gees nie.

‘N BEGINSEL WAT ONS MOET VERSTAAN:

In elkeen van hierdie voorafgaande despensasies is die geestelikheid van die kerk geskooi op ‘n diepe vertroue en geloof en ‘n praktiese uitlewing van die beginsels van waarheid wat in die lig wat hulle op daardie stadium gehad het gehoorsaam het.

Dwaling onstaan deur die verwaarlosing van grond beginsels van waarheid wat in die despensasie van daardie tyd geopenbaar was. Die vroeëre dwaling van die Jode bestaan in die ignirering van die Eenheid van die Here en die omhelsing daarvan. Hulle finale dwaling was die ignorering van hulle Messias en die reslutaat van die totale vernietiging van hulle siviele geestelike uitkyk.

In ons tyd is dwaling die veriontagsaming of verkleinering van die Heilige Gees as Persoon en Sy bediening aan ons.

Van die begin van die skepping was die beginsel van open-baarmaking wat die Here aangaane Homself kom doen het die Eenheid van Sy wese en die soewereiniteit van wie Hy is en is die Persoon van die Vader oniddelik verteenwoordig, met Sy krag en outoritiet.

Die volk van Isral was voortdurend blootgestel aan die teenkanting van die vyande en ook hulle ongehoorsaamheid en was dun daarvioor gestraf, soos die balingstkap van Israel Ex.16:2;23;27;28.

Hulle was na hulle ballingskap is hulle getoets met ‘n nuwe despensasie. Die Seun van God was na hulle in die vlees gestuur om Hom te ontvang en te gehoorsaam in die toetse van hulle omstandighede. Om Hom te ontvang en te gehoorsaam was die toets van hulle omstandighede, en om wg te beweeg van die ere was die voortdurende aanslag van die duiwel, ook hier het die groter deel van die kerk gefaal en het mense gefaal deur ongekloof, en het nie die kerk of die volk van die Here geword nie. Joh.8:24 “Ek het dan vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterw, want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in julle sondes sterwe.”

Die Jode het die Seun van God weerstaan en het ‘n kerk tot stand gekom wat die Here Jesus eer, net soos wat ons die vader sal eer.  Nou is die Here Jesus na die Vader gestuur en het al die opdragte en pligte aan die Heilige Gees oorgelaat en verklaar wat die kerk se outiorteit wees in Matt.16:18-19.

In die kerk is die nuwe fondasie gevind dat die Here jesus die Seun van God is en dat Hy geeer moet word soos die Vader en hierin stem ons volkome saam. Joh.16:7 “ Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur…”

Die plig van die kerk is o die Gees van die Here te respekteer en te handel in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees, en met respek tot dit  meot weet dat die kerk in sy huidiglike staat tot misleideinge meer as ooit blootgestel kan word. Die sonde om die Heilige Gees te minag of te verag en Sy werk is op dieselfde vlak as dwalinge.

DIE DESPENSASIE VAN HDIE HEILIGE GEES EN DIE KOMBINASIE TUSSEN DIE DRIE EENHEID:

Die despensasie van die Heilige Gees is ‘n kombinasie tussen Lig en heerlikheid. Die Here het met ons kom kommunikeer in die hoogste orde en in die mees intieme gemeenskap nie as ‘n outoritere stem alleen nie, maar deur die wette of beginsels in die hart van die mens te graffeeer. Soos die Heilige Gees in ons woon is ons gees met die Heilige gees verenig.

Die despensasie van die Heilige Gees met Sy onmeetbare rykdom en voordele en seeninge is ver verhewe bo die despensasie van die Seun en die Vader waar die Seun aan ons op die aarde geopenbaar is.  Dit was die doel van die Sun toe Hy op die aarde gewandel het en toe Hy aangaande Johannes die Doper aangekondig het: Matt.11:11 “Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.”

Hier is die woestyn prediker hoër geag as Dawid, Moses, Abraham wat die stigter van geloof was, en hulle word almal beskou as die geringste in die koninkryk van die hemele. Die koninkryk van die hemele bestaan uit geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Dit bestaan nie in wie ons sien as verhewe nie, Selfs die Here Jesus nie, want Johannes die Doper het Hom gesien en die volk van Israel en verskeie het deur sig Hom nie nagevolg nie, hoewel Hy wondere verrig het en al Sy Woorde gehoor het, ook nie om onder die dissipels genoem te wees nie, want Judas iskariot was ook een van hulle, wat Hom verraai het.  Die Here Jesus word na verwys as die volheid van geestelike genade en die krga geopenbaar op Pinkster wat die permanente Inwoner is vir die wat Hom volkome vertrou en deel van hulle lewens uitmaak.

Elke siel hoe onskuldig of onkundig is deur die Here geskape deur die Heilige Gees en elke menslike liggaam wat ‘n tempel van die Heilige Gees gemaak is hoe swak en mis-formd ookal gemaak is is groter as die wat ie mense verrer. As ek geloof openbaar om die Here my outrueskap oor te gee sal die heerlikgheid veel meer wees toe die sigbare vorm van die Here Jesus op aarde geopenbaar was.

Die despensasie van die Heilige Gees bestaan uit heerlikheid, en het die volheid en permanensie van die Heilige Gees voor-af gegaan, wat onbekend was aan die wat dit vooraf gegaan het.

Die Gees van die Here was deur al die stadias geopenbaar. Hy was met die aardsvaders, Faroa het erken dat die Gees van die Here met Josef was, Gen.41:38 Hy wa in Joshua met Samuel, Saul, en Dawid. Deur Sy direkte inspirasie het die profete geskryf en was gedryf. 2 Pet.1:21. Sagaria, Elisabet, Maria en Simeon en Anna het almal Sy genadige hand onder-vind en y besoek aan hulle harte.         

Die Heilige Gees was op Johannes die Doper se lewe reeds van geboorte af Luk.1:15. Hy was met die dissipels in hulle omswerwinge op aarde, en hulle instaat gestel om wondere te verrig in die Naam van die Here Jesus.

Die leerstelling van die werk van die Heilige Gees wa reeds in die O.T. geopenbaar en het in toenemende duidelikheid toegeneem in openbaring en was daar algemene beginsels wat in elke despensasie geopenbaar was wat uiteindelik in Sy altemit herlikheid in die kerk geopenbaar was.

Ons moet in gedagte hou, dat hoe groot ookal die openbaring van die Heilige Gees in die verlede mag gewees het onder die O.T. bedeling is Hy in die N.T. op besondere wyses besig om Homself te openbaar soos Joh.7:39 sê: “Die Heilige Gees was nog nie gegee nie, omdat die Here Jesus nog verheerlik was nie”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00