By die see van Galilea (Joh 6: 1-13)

By die see van Galilea het ‘n skare Hom gevolg
Daar was blindes, siekes, lammes
Soveel van elke soort
Op die derde dag sê Jesus: Ek is jammer vir die skare
En Hy roep na Sy dissipels wat daar staan:
“Waar kry ons brood vir die honger vir die skare”
Maar die antwoord het Hyself reeds geweet…
 
Kom sê my: wat hou jy vas daar in jou hand?
Jesus, net maar vyf broodjies en twee vissies
Luister, gee dit maar alles hier vir My
En dan gebeur die wonder:
Jesus voed vyf duisend en versadig my.
 
So verbaas was die dissipels
dat die Meester dit kon vra
Brood vir soveel duisend mense
Wie kan daardie koste dra?
Maar ‘n seuntjie met sy broodjies en sy vissies kom na Jesus, en gee alles wat hy het net so aan Hom
Neem dit alles Jesus, vir die honger van die skare
In my hande is die voedsel vir hul nood
 
Sê My, wat hou jy vas daar in jou hand?
Dink jy: dit is maar nietig en so min
Luister, gee dit tog alles nou aan Hom
En dan gebeur die wonder
Jesus voed die skares en versadig jou.
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00