DIE GESLAANDE ROTS. Ex.17:1-7.
Paulus het gesê: “…en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geetelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.” I Kor.10:4. Die tipe is duidelik. Hierdie was ‘n rots in die woestyn, Christus is die Rots in ‘n dor land. “…soos water-strome in ‘n dor streek, soos skaduwee van ‘n swaar rots in ‘n land wat versmag.” Jes.32:2. ‘n Rots spreek van skuiling, van veiligheid, bestendigheid en sterkte. ‘n Sorgvuldige uiteensetting hiervan is nodig:
1. ‘N TOESTAND VAN DESPERATE NOOD
A. HULLE HET IN ‘N DOR, VERLATE PLEK GEWOON. Vs.1
“Daarom het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Rafidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.” Ex.17:1
Die wêreld waarin ons leef kan nooit in die behoeftes van die siel voorsien nie. Al hulle drinkbakke is gebars. Verwyder van die kruis van Christus, is ons bestaan in woestynagtige plekke. Die opstandige woon in droë plekke. Ps.68:7 “…die weder-strewiges woon in ‘n dor land.”
B. HULLE SIELE DORS Vs.3
“Maar die volk het daar gesmag na water…” Ex.17:3. Toe die dors gekom het, is die barheid en droogheid van die land gevoel. Wanneer oortuiging van sonde en die gebrek in die siel bespeur word, word die leegheid van die wêreld se plesiere ‘n werklikheid. Die Lewenswater kan nie uitgediep word nie, dit is vrylik beskikbaar vir die wat dors na geregtigheid.
2. ‘N ONVERWAGSE BRON VAN VOORSIENING.
“Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet
jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink.” V6.
A. DIT HET UIT DIE ROTS GEKOM.
Menslike wysheid kon nie so iets uitdink nie. ‘n Mens kan eerder verwag dat daar vuur uit ‘n rots moet kom. Joh.1:47 “Kan daar uit Nasaret iets goeds wees.” “Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die HERE.” Jes.55:8.
B. DIT HET GEKOM VAN ‘N ROTS WAT DEUR GOD BESIT WAS. Vs.6
“Ek sal daar voor jou op die rots, by Horeb staan..” v6. Wees stil en dink hieraan. Wat ‘n ongelooflike voorstel van die kant van God. God was in Christus. II Kor.5:19 “…naamlik dat God, in Chrsitus die wêreld met Homself versoen het…”. Die rots by Horeb kon niks doen nie, maar God in die rots kon enige iets doen. Die rots verteenwoordig die menslike natuur van Jesus Christus en God, op die rots, Sy goddelike krag en godheid.
Die bron van ons verlossing is in God en die kanaal van kom-munikasie is in Jesus. “Laat ons dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.” Hand.2:36.
3. ‘N ONGEWENSDE MIDDEL WORD GEBRUIK.
A. DIE ROTS WORD GESLAAN Vs.6
“…dan moet jy die rots slaan..” v6. Hierdie gedagte sou nooit in die hart van die mens kom dat verlossing kon kom van die Gesalfde wat ‘geslaan’ is nie. Jes.53:5 “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongereg-tighede is Hy verbrysel…”. Die swaard is gelig teen ‘die Mens’, wat God se keuse was. Laat ons die Here aanbid!
B. DIE ROTS MOES MET ‘N STOK GESLAAN WORD. Vs.5
“…en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.” V5 Dit was die staf van oordeel wat die Nyl se water in bloed verander het, ‘n teken van God se outori-teit en mag. Jes.53:10 “Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel..” Rakende die lyding van Christus, kan ons waarlik sê: “Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.” Ps.118:23.
4. ‘N GENADIGE VOORSIENING IS GEMAAK
A. DIE VOORSIENING WAS OORVLOEDIG
“En hulle het God gesoek in hul hart deur voedsel te vra na hulle sin. En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn? Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het…” Ps.78:18-20. Hulle het almal dieselfde geestelike drank ge-drink. Toe Christus, as Rots, geslaan is, het daar bloed en water uitgekom. Dit was simbole van volle verlossing, versoe-ning en reiniging. Dit het het versoening deur die bloed en reiniging deur die Woord weerspieël. Open.22:17 “En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”
B. DIE VOORSIENING IS GRATIS
“O almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk.” Jes.55:1. Dors was die enigste voor-waarde en dit was onmisbaar as ‘n mens die vreugde van die Godgegewe verlossing wou smaak.
Die apostel het verklaar dat die geestelike rots hulle ‘gevolg het’. Die verlossing van God, in Christus, is nie net volkome in karakter nie, maar gaan voort in die toepassing daarvan. Die krag van Sy versoenings-bloed vloei reeds van geslag tot geslag. Laat ons die Here dank dat hierdie verlossings rots ons ook gevolg het. Dit volg u ook – drink en lewe!
*****************
KOM ONS KYK NA EIENSKAPPE VAN ‘N WARE WEER-GEBORENE UIT I JOH.:
1) 1 Joh.2:3 “En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy
gebooie bewaar”
2) 1 Joh.2:5 “Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die
liefde van God waarlik volmaak geword.”
3) 1 Joh.2:6 “Hy wat in Hom bly, behoort self so te wandel soos Hy
gewadel het”.
4) 1 Joh.2:9 “Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in
die duisternis”
5) 1 Joh.2:15 “As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die
Vader nie in Hom nie”.
6) 1 Joh.2:29 “…elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore
is”
7) 1 Joh.3:1 “Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom
nie geken het nie”.
8) 1 Joh.3:9 “Elkeen wat uit God gebore is, doen nie sonde nie,
omdat sy saad in hom bly”
9) 1 Joh.3:13 “Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle
haat nie”.
10) 1 Joh.3:14 “Ons weet dat ons oorgegaam het uit die dood in die
lewe”
11) 1 Joh.4:8 “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want
God is liefde”
12) 1 Joh.4:13 “Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons,
dat Hy ons van Sy Gees gegee het”
13) 1 Joh.5:1 “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God
gebore”
14) 1 Joh.5:4 “Want elkeen wat uit God gebore is, orwin die wêreld”
15) 1 Joh.5:12 “Hy wat die Seun het, het die lewe, wie die Seun van
God nie het nie, het nie die lewe nie”
As ‘n mens eens hierdie lewe gesmaak het, wil jy dit met ander deel. Jy kan dit nie vir jouself hou nie. Johannes het 6 redes gahad het warom hy dit met hulle wou deel.
a) Dat hulle gemeenskap met mekaar en met God mag hê. Hfst.1:3
b) Dat hulle blydskap volkome kan wees. Hfst.1:4; Ps.16:11.
c) Dat hulle nie sondig nie. Hfst.2:1.
d) Dat hulle nie mislei mag word nie. Hfst.2;26
e) Dat ons seker kan wees van redding. Hfst.5:13
f) Dat ons wederkoms gereed kan wees. Hfst.2:28
Wat is die gevolgtrekking?
a) Gees-vervulde persoon ken en verstaan die waarheid.
b) Gees-vervulde persoon ken ware liefde. (Sien freedom)
c) Gees-vervulde persoon begeer gehoorsaamheid.
Elke vorm van lewe het vyande wat sy lewe bedreig:
Die voëls teer op insekte, die leeus op bokkies, en vir ons is die vyand wat ons bedreig sonde.
ONS MOET MET ONS SONDES HANDEL IN ONS WANDEL MET DIE HERE
4) HIER IS SEWE TOETSE WAT AAN ONS GESTEL WORD:
1) Die sewe toeste van wedergeboorte.( 2:29; 3:9 4:7 ;5:1
5:4; en 5:18 )
2) Sewe redes waarom die brief geskrywe is.(1:3; 1:4; 2:1; 2:13-
17; 2:21-24; 2:26 en 5:13 )
3) Sewe toetse van ware Christenskap.(1:6; 1:8; 1:10; 2:4; 2:6;
2:9; en 4:20 )
4) Sewe keer kom die woorde voor :
“As ons sê …” of “Hy wat sê…”
Kom ons kyk na hierdie sewe toetse van : “As ons sê…”
1:6 “As ons sê…” “dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons…” Valse gemeenskap.
1:8 “As ons sê …” “dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie…” Valse heiligheid.
1:10 “As ons sê…” “dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie”
Valse geregtigheid.
2:4 “Hy wat sê …” “ Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie – is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie” Valse getrouheid.
2:6 “Hy wat sê …” “dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het”. Valse gedrag.
2:9 “ Hy wat sê …” “ dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe”. Valse geestelikheid.
4:20 “As iemand sê …“ “Ek het God lief – en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; Valse liefde vir die Here.
***********************************
DIE HEILIGE OORLOG.
Ex.17:8-16.
As ons, soos die kinders van Israel verlos is van slawerny en afge-sonder is vir God, mag ons ook aanslae van die duiwel verwag. Joh.15:20 ”Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Diens-kneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg.” Die swakkes en siekes word eerste aangeval. Deut. 25:18 “…al die swakkes agter jou, verslaan hy terwyl jy moeg en mat was en hy nie God gevrees het nie.”
Wees op jou hoede vir gebeurtenisse wat jou in ‘n ‘hinderlaag’ wil inlei. “…Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg geslaan het by sy optog uit Egipte.” Die begeerlikhede wat in die siel van die mens gestel is. Hulle is die geswore vyande van die Gees van God.
Ter verduideliking van die christen se geestelike konflik, laat ons let op die volgende:
1. AMALEK OF DIE PELGRIM SE VYAND:
Ons mag wel vra:
A. WIE WAS HY?
Amalek was nie in aansien nie. Hulle is die nageslag van Esau
die broer van Jakob (baie nou band), wat sy geboortereg ver-koop het vir ‘n pot lensiesop, omdat hy VLEESLIK was. Die Here het gesê dat die een wat eerste gebore is sal vir die Here afgesonder moet wees. Hy het dus sy rug op die Here gekeer deur dit te versmaad.
Hy is dus ‘n tipe van die vlees. Amalek, soos die vleeslike, was die eerste van die heidense nasies maar, soos die vlees, was dit bestem vir die verderf.
Num.24:20 “Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aan gehef en
gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.”
Joh.3:6 “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees
gebore is, is gees.”
B. WANNEER HET HY GEKOM?
Hy het hulle nie gesteur totdat hulle by Rafidem (rus plek) ge-kom het en van die geslaande rots gedrink het nie. Die Rots was Christus. Die ongeredde weet niks van die stryd tussen die vlees en die gees nie. Die wêreld het dit lief wat aan die wêreld behoort. Die inval het plaasgevind terwyl Israel gerus het. Die onwaaksame oomblike van passiwiteit is die gepaste geleentheid vir die Amalekiet (die begeertes van die vlees).
2. JOSUA OP DIE VLUG VAN GELOOF.
A. STRYD TUSSEN VLEES EN GEES
Die beegeertes wat stryd voer teen die siel word oorwin deur die geloof in die Seun van God.
B. DIE MIDDELE VAN GELOOF
“…Môre sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand.” V9. Josua het manne gekies. Geloof moet iets hê waarop dit kan werk. Geloof werk deur liefde.
Die middele wat die gelowiges gebruik is die Bloed van Jesus, die Heilige Gees en die Woord van God. Dit is die Christen se magtigste wapens. Trek die volle wapenrusting van God aan, neem die ‘skild van geloof op’.
B. DIE WERK VAN GELOOF
“En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek..” v10.
Hoop wag vir die regte oomblik, liefde buig in onderdaanskap en buig en geloof beur voort. Dit is die aggressiewe genade wat aanval en die geveg wen. I Tim.6:12 “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is…” Jak.2:18 “…ek sal jou uit my werke my geloof toon.”
3. MOSES OF DIE GEES VAN GEBED.
Elke oorwinnaar behou voortdurend ‘n sekere tweevoudige ge-
sindheid nl. ‘n opwaartse (Vertikaal) en ‘n uitgaande gesindheid
(horisontaal).
A. TEENOOR GOD
Daar is die voortdurende opgehefte hande wat geloof betuig.
I Joh.5:4 “Want alles wat uit God gebore is oorwin die wêreld;
en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons
geloof.”
Dit is die afwagtende blik van die doelgerigte, vurige gebed van
die regverdige. Hierdie heilige voorreg en krag is binne bereik
van almal, wat soos Moses op die bergtop van kommunikasie
met God staan.
B. TEENOOR DIE VYAND.
Daar moet vreeslose en ontoegeeflike gedermineerdheid wees. Terwyl die hande omhoog was het Josua volgehou. Die bron van oorwinning is in God. Dit is gemeenskap met die Here en vir die wat in voeling met God is oorwinning. Joh.15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.” Ps.56:9 “U het my omswer-winge getel; hou my trane in U kruik; is hulle nie in u boek nie?”
4. AäRON EN HUR, OF DIE BELOFTES VAN GOD
Name beteken:
Hur: Beteken skitterend en deursigtig of rein.
Aaron: Is ‘n Egiptiese naam wat o.a verhewenheid beteken.
Moses: Beteken: Uit die water gehaal. Hy was uit die stam van Levi, en in Egipte gebore.
Jy kan nie bruikbaar wees as nie skoon en rein en anders is
nie.
Hoe dikwels het die kosbare beloftes van God vir ons die onder-steuning gegee wat Aäron en Hur ontvang het in die geveg.
A. DIE BELOFTES IS KRAGTIG
“Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle ‘n
klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En
Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die an-
dereen aan anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.”
V12.
Die ondersteunende ‘hande’ van Moses het gou moeg geword. Die tyd van definitiewe en doelgerigte gebed, is ‘n tyd van beproewing. Dit is hier waar ons die swakste voel en ons nood aan ondersteunende beloftes voel. Neem die Woord van God op en bely die beloftes wat hy aan u gegee het. Leun sterk op Sy beloftes, dit faal nie.
B. SY BELOFTES IS BESTENDIG
“So het sy hande dan vas gebly tot sondonder.” V12. Onvaste ‘hande’ sal nie veel van die Here ontvang nie. Jak.1:6, 7 “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind ge-drywe en voortgesweep word. Want díe mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.”
Die beloftes van die Here wankel nooit nie. Ons mag bewende hande hê, maar ons het ‘n bestendige God wat nooit teleurstel nie, en wat nooit moeg word nie.
Jes.40:28,29 “Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deur-gronding van sy verstand nie. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie.”
God se belofte aan Abraham het in hom ‘n onwankelbare ge-loof gewerk. Hou vol om te vertrou en God sal bestendig wees in wat Hy voorsien. “Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.” Jes.12:2.
*****************