DIE GELYKENIS VAN DIE VERLORE PENNING: LUK.15:1-10
INLEIDING:
Daar is ‘n geheim wat ons moet leer en dit is om te leer leun op die Here Jesus. Dit neem twee om iemand te red, dit is die Here self en ekself. Die Here red en ek moet Hom toelaat.
Child of my heart: Gedig.
Daar kom omstandighede waar die Here jou in diepte dieptes neem en doen Hy dit deur ons op ‘n plek van beproewing te bring wat vir die oomblik bokant my vermoeë is, dink aan die Here Jesus in Getse-mane. Wat wil Hy ons leer, Hy wil ons leer om hierdie omstandig-hede te omhels. Ek is tans deur so iets wat jy nie weet hoe jy dit moet hanteer nie, waarin jou gesondheid ingeboet word weens die intensiteit van die beproewing, maar dan kom die aanhoudende ge-roep tot die Here waarin Hy jou leer om by die plek te kom om Sy beloftes en Sy kruis in jou lewe te omhels.
Die oomblik wat ons kan leer om ons omstandighede te omhels sal ons genade by die Here vind. Soms is die laste so intens dat jy byna op ‘n emosionele breekpunt kom in jou lewe. Dit is ‘n goeie teken dit wys dat ons in genade groei. As jy in die genade groei sal daar groei-pyne wees.
Ek wil vanoggend met u praat oor die verlore penning. Vertrou dat u dit vanoggend sal vind. Hy is ‘n soekende Heiland wat nie net die verlore sondaar opsoek wat verlore gaan nie, daardie individu wat nog nooit ‘n kans gehad het nie, maar praat ook met die wat gered is en op een of ander manier die penning van jou geestelike lewe ver-loor het.
Ons kan maar almal eerlik teenoor mekaar sê dat dit nie nodig is om ver te kyk om te erken dat ooral rondom ons sien ons dat ons verloor het wat ons eens gehad het. Dit sal nie goed wees om te ontken dat ons verloor het nie, daar is geen Skriftuurlike regverdiging om te-vrede te wees met iets minder as die 10 pennings nie. Ek weet nie waar u as ‘n individu werklik staan nie, in terme van die hoeveelheid munstukke wat ons werklik het nie. Ek weet dat ons dinge verloor het. Maar ek weet dat die Here graag dit aan ons sal wil teruggee.
Te veel individue predikers evangeliste Christene en te veel denomi-nasies ervaar nie meer die ondervinding van die volle heerlikheid van die Here nie, wat ons eens gehad het. Dit is nie genoeg dat ons hieroor beskaamd staan nie dat ons dit net soortvan ignoreer deur weer vriendelik te wees en maak asof daar niks verkeerds was nie.
Moet nooit die heerlikheid van die Here wat u al in u lewe ondervind het verag nie, hoe kan ons die Here nie genoeg daarvoor dank nie. Die mense wat heiligheid naastreef is in ‘n haaglike toestand maar weet u heiligheid self is nie in ‘n slegte toestand nie. Dank die Here vir die penning wat ons steeds het, heiligheid werk. Daar is die wat die vreugde en die pêrel van heiligheid eens gesmaak het, soek dit tot die weer ‘n realeit in jou lewe word.
Laat ons weer opkyk en tot die Here roep en sê dat Hy aan ons weer Sy heerlikheid moet teruggee. Gee dit terug wat ookal die koste en dit gaan kos. Die gelykenis gee duidelike stappe hoe ons hierdie penning weer terug kan verkry.
Dit sê dat as sy een penning verloor, wat sê dit sy is wakker en sensitief vir die verlies wat sy ondervind.
Ons moet elke enkele deel van Sy genade koester. Die Here sal ons eer as ons teenoor Hom sal bely dat ons al tien pennings nodig het, Hy sal nie beskaamd wees oor dit nie. Ek wil alles hê wat die heer-likheid inhou. Ek wil nie kort skiet in die lewe van die volheid wat die Here vir Sy kerk na Pinkster in gedagte het nie. Ek weet dat seker die oorgrote meerderheid sal saamstem dat ons alles van die Here wat Hy vir ons bied wil hê, ek wil nie teruggaan in geskiedenis nie maar in my ondervinding en op die Here wag totdat Hy Sy volheid oor my sal uitgiet. Verlang jy daarna. Dit moet pynlik wees as ons beter heeliker dae in ons geestelike lewens kan onthou. Dat jy kan terugroep dat jy eens nader aan die Here Jesus gewandel het as wat jy nou ondervind.
DUNCAN CAMBELL
Vertel self terwyl hy magtig deur die Here in die Heberdees herle-wing gebruik was. Hy het nie baie boodskappe gehad nie, maar die paar wat hy gehad het, het die Here gebruik en geseën. Hy vertel dat terug tydens die eerste wêreld oorlog was hy in Frankryk en het hulle ‘n aanval gemaak en sy perd was onder hom uitgeskiet en hyself was ook gewond en het in ‘n sloot geval en sy rug was erg gewond gewees.
Hy het geval en die vyande is op hulle en ‘n ander Skotse soldaat skop hom terwyl hy op die grond lê, die soldaat het dit onthou en toe die aanval afgeweer was, het die soldaat terug gekom en Duncun nog in die sloot gevind, gewond. Duncun was gered voor die oorlog maar het op daardie stadium nooit gehoor dat daar meer is in Christenskap as wat hy geken het nie.
In die weermag het hy met die Heilsleer kerk (Salvation Army) mense te doene gehad en hulle vertel hom dat hy ontslae kan raak van hierdie vleeslikheid waarmee hy in sy innerlike gespook het. Ons kan hierdie aakligheid met ‘n wurm in ‘n appel vergelyk, en dink net wat so ‘n wurm aan ‘n appel kan doen. Die vraag wat ek u wil vra is dit moontlik om onstlae te raak van daardie wurm.
Terwyl hierdie soldaat Duncan op sy perd se rug laai en met hom jaag na die naaste militêre hospitaal vertel Duncan self dat hy tot die Here uitgeroep het en vir Hom gevra het om hom so rein as wat ‘n Christen kan wees te maak en net daar op die perd se rug het die Here Duncan gereinig.
Hy was so vervul met die Heilige Gees dat terwyl hy daardie selfde dag in die hospitaal was het hy en ‘n ander meisie in Galiek gesing en die res van die mense kon hulle nie verstaan nie. Daardie dag het agt mense gered geword. Hy het terug na Skotland gegaan en was aan die brand vir die Here en vervul met die Heilige Gees wat die liefde van die Here Jesus in sy hart uitgestort het en die Heilige Gees het deur hom gewerk en hy het begin om groot dienste te hou en het ‘n klompie mense bymekaar gekry en in ‘n redelike groot kerk en hy het begin om vir hulle te preek en met die Woord te bedien. Vir 17 jare het dit so gegaan.
Op hierdie stadium was hy ‘n geliefde preker oor die hele England en is nou spreker op verskeie konferensies en was vol geboek met afsprake en was hoog in aanvraag ooral. Eendag was hy in sy studeer –kamer en sy dogter China kom in die kantoor en val op haar kniee langs hom en begin om te ween met die woorde Pappie jy preek nie meer soos voorheen nie, pappie jy het die salwing verloor. Pappie hoe lank is dit wat jy laas ‘n siel vir die Here Jesus gewen het. Die woorde van sy jong dogter was soos ‘n pyl wat sy hart getref het.
Hy was geskeduleer om die volgende dag by ‘n ander plek te moet optree en soentoe te moet vlieg, hy het nog ‘n week probeer aangaan hy het probeer om te preek soos voorheen maar die woorde van sy dogter het hom ingehaal. Hoe lank laas het pappe ‘n siel vir die Here Jesus gewen.
Pappie jy het die salwing verloor, jy hanteer ons nie meer soos voorheen nie, toe die dienste klaar is het hy terug gegaan na sy stu-deerkamer en val in ‘n hopie op die grond en begin weer tot die Here roep en te bid en sy hart voor die Here uit te huil, met die woorde Vader vergewe my, ek het te besig geraak en so opgeneem geraak in U diens dat ek iets verloor het.
China het sy geroep van buite gehoor en sy kniel langs haar pappie wat so gebroke is en sy plaas haar hand op hom en sê vir hom Pappie wat dit ookal mag kos, gaan deur met die Here. Daar in sy studeer-kamer het Duncan Cambell weer terug gekom na die Here en ge-vind dat die verlore penning weer gevind was.
Dit was kort hierna dat die groot herlewing in die Heberdees uitge-breek het en die Here hom magtiglik gebruik het. Hy het op ‘n plat-vorm gesit van een van die grootste dienste in England terwyl hy daar sit bespreek om die volgende dag te moet spreek het daar skielik ‘n las op sy hart gekom dat hy na die eiland van Danner moet gaan hy was nog nooit daar nie en weet nie wat daar is nie. Dit is ‘n klein eiland van maar 500 mense in die Britse eilande.
Die las op sy hart het so intens geword dat hy na die plavorm oorbe-weeg waar die president van die konferensie gesit het en vir hom gesê het ek is so belas dat ek dadelik na Danner moet gaan. Die president sê vir hom dat hy dit nie kan doen nie almal is afhanklik van jou en jy is more op die program om te preek. Duncan sê vir hom dat hy nie kan spreek met hierdie las op sy hart nie.
Hy het gegaan en twee vlugte geneem en ‘n trein geneem en toe ‘n kar en toe met ‘n klein bootjie na die eiland. Hy het nie ‘n siel op die eiland geken nie. Toe hy op die eiland kom ontmoet hy ‘n jongman wat Duncan vra of hy hom na die naaste prediker op die eiland kan neem, waarop die jong man antwoord ons het geen prediker op hierdie eiland nie, toe vra hy kan jy my na die naaste diaken van die kerk neem die man antwoord hy leef in die huis daar op die berg.
Duncan sê vir hom sal jy vir hom gaan sê dat mnr. Cambell gekom het. Hy het na die diaken gegaan en vir mnr. Cambell kom sê dat hy wil hê dat hy na hom toe moet kom. Hulle verwag u al die hele dag daar. Hy het gegaan met so ‘n las in sy hart en begin te preek en hy hoor van die diaken wat die hele dag met so ‘n las in die skuur ge-gaan het om te bid en het die Here vir hom gesê dat Mnr Cambell vandag sal kom.
Die diaken sê aan hom dat hy bespreek is om nege uur die aand te preek mense het van oor die hele eiland gekom ‘n groot skare hy staan op om te preek en niks besonders het gebeur nie. Die diens het tot om en by 11 uur aangegaan niks besonders het gebeur nie.
Terwyl hy uit die kerk beweeg stop hierdie diaken skeilik en neem sy hoed van sy hoof af en sê aan Duncan Mr Cambell stand, God had come.
Toe hulle weer kyk is mense op hulle knieë in die gebou en het die Here in krag in daardie diens ingekom. Teen vier uur die volgende oggend het die Gees van die Here oor die hele eiland beweeg, en skare van ooral het na die gebou beweeg. Duncan Cambell het die verlore penning gevind.
Ek dank die Here vir wat Hy doen vir elke beweging van die Here en dank die Here vir elke asem maar kan ons in hierdie kerkie tevrede wees met die verlore penning. Kan ons tervrede wees om so voort te gaan en in ons omstandighede so te bedien. Om na andere te gaan sonder ‘n salwing van die Here, om uit te reik na hierdie wêreld in sy geweldige nood sonder die salwing van die Heilige Gees die volheid van die Here wat Hy vir jou en my in gedagte het nie.
Hoe dank ons die gebeds vriende en die ywer van ware kinders van die Here. Wat nog die geheim van ware gebed ken en weet u ek het hulle uitgeken, ware voorbidders was altyd nederige opregte aan die brand van die Here mensies gewees. Hulle het nooit op jou neer-gesien nie en het nie ‘n woord van kritiek te lewer gehad nie. Want hulle was mense wat die plek van gebed geken het, jy was veilig by hulle.
Jy sal hulle in die kamers hoor roep tot die Here een uur twee uur drie uur tyd was nie ‘n faktor nie. Hulle het die Here in gebed vas-gehou vir siele en dikwels deur die nag gebid vir die geestelike werkers wat uitgegaan het, want siele is op die spel. Ek ken nie meer sulke siants nie, hulle het uitgesterf.
Dan sal jy maar net sien as jy in daardie dorpies was, dat die Here maklik siele gered het. Het ons dit verloor het ons te swak geword om in gebed te staan vir verlore gaande siele. Het ons so besig in ons daaglikse lewens geraak en so bemoei met andere dat ons bemoei-siek geword het, dit is aaklig. Hoe tree jy op as ander in hulle swak-heid uitgestuur word om siele vir die Here te gaan wen of om predikers te gaan ondersteun wat het jy te sê. Dit toon net die passie-loosheid en louheid van jou hart.
Ons sal moet begin erken dat ons die munstuk van voorbidding ver-loor het. Sal ons gewillig wees om eerlik te raak oor ons toestand voor die Here. Ons het nie die krag van gebed wat ons voorouers gehad het nie, sal U dit in genade vir ons weer teruggee.
Dit stop nie net by erkenning nie, dit sê dat sy ‘n lamp opgesteek het. Is jy gewillig dat die Here Sy lig in hierdie diens in jou siel sal in-skyn. Is jou hart gereed om vir die Here te sê dat Hy Sy lig in jou hart kan skyn. Ek het lig lief, gee nie om dat dit op my skyn nie.
Wat sal jy doen as die polisie in jou huis in die nag onverwags kom en sê dat hulle jou huis wil deursoek, sal jy iets wil wegsteek. Dat ons onsself totaal sal oopmaak dat die Here Sy lig op ons lewens kan skyn want die dag van oordeel kom. Laat U lig in elke deel van my hart skyn.
Sy het nie die lig opgesteek en na haar bure gegaan nie, ek glo ek is bietjie beter as my bure, ek weet meer of ek is geestelik verder as daardie persoon. Glo ons kerk is bietjie beter as die ander ons het beter standaarde ens.
Sy het die lig in haar eie huis opgesteek. Sy het toegelaat dat daardie lig elke deel ondersoek, ek wil u Goddelike lig hê. Wat die Here wil hê is daardie uiterste eerlikheid wat Hy wil sien. Jy kry die wat uit die uiterstes van die lewe kom en net eenvoudig in die lig bly wandel sal dit nie heerlik wees as ons ‘n gemeente is vervul met die wat net in die Lig sal bly wandel nie.
As jy waarlik in liefde met die Here Jesus sal wandel sal jy nie struikel as Hy lig werp op jou lewe nie, daar sal ‘n openhartigheid wees en net meer en meer lig te verwelkom. Rom.12:1 sê dit tog vir ons. Is jy bereid om jou liggaam te offer as ‘n lewende offer aan die Here. As jy wil vry kom sal jy daardie geheime dinge wat jy weg-steek wat jy in jou hart dra teenoor andere moet gaan regmaak. Jy sal nie geheilig kan word met onbelede sondes nie. Miskien sê jy dat die Here sal verstaan as ek dit nie hoef reg te maak nie,
Sy het die huis uitgevee. Dit was nie net ‘n oppervlakkige uitvee nie, sy was opsoek na daardie penning. Skielik terwyl sy besig was om skoon te maak kry sy iets verassend: Wat is dit: ek het dit reeds verloor en dit nie vir ‘n tyd gesien nie. Dit kan die huweliks geloftes wees, sal jy haar liefhê sal jy haar beskerm sal jy haar eer, sal jy haar koester, bederf, mevrou jou man: Sal jy hom liefhê sal jy hom dien sal jy hom ruimte gee en respekteer. Soos die Here dit van jou verwag. Wat is daar agter die kas se deur wat u wegsteek.
Ons het nou ‘n nuwe geslag wat opgestaan het in die dag en het nou ‘n nuwe metode van egskeiding. As hy sal ek en as ek sal sy. Hoeveel tyd word vermors voor onnodige programme waarna ons kyk wat ons familie lewe verwoes. Ons het altyd ‘n stryd om tyd te vind om heilig te wees soos ons sing. Bly by mekaar solank jy lewe behoort net aan mekaar solank as ons lewe, laat U lig in my lewe skyn.
As ek na ‘n vrou kyk en haar begeer pleeg egbreek, maak huis skoon ons sal moet eerlik raak in ons harte, en die Here toelaat om Sy lig in te skyn. Kom ons maak verder skoon. Dit was gelees by die toe-wyding van my kinders: Sal ek hulle in die vrese van die Here op-bring, ek wens ek het nie so gefaal in my wandel met die Here nie, en my kind staan en toekyk. Ek wens my kinders het my nie gesien hoe ek ander bespreek nie, hoe ek geirriteerd optree omdat ander my aanspreek. Ek wens ek het eerder die gesindheid van die Here in hierdie en daardie situasie geopenbaar.
Geen wonder dat die volgende geslag nie wil hê wat ons het nie, iemand het eens gesê dat hy nie heiligheid wil hê nie want dit het nie sy mammie en pappie iets goeds gedoen nie. Ons het nodig om weer ons huise skoon te maak en weer heilige lewenswandel as deel van ons lewens toe te pas. Ook agter geslote deur en geheime plekke.
Ons kinders gaan beweeg word deur dit wat hulle in ons huise sien, en nie wat ons by die kerk is nie. Ons was ook kinders wat ons dinge onder mekaar wil uitsorteer en was as broeders en sisters dikwels so geirriteerd teenoor mekaar.
As ons weer waarlike herlewings wil sien en tye van verkwikking vanuit die aangesig van die Here, het ons nodig om weer die huise skoon te maak, ons sal weer in die kaste en in die hoeke van elke kamer moet uitvee, ons sal moet uitvee totdat daar ‘n heilige lewe sal kom, wat ooral uitgeleef sal word. Wat hoor die kinders as ons in die kar klim na die diens, net kritiek o, daardie predikant het al weer dit en dat gesê en hulle luister na jou en hoor wat jy sê en stel nie belang in Christenskap nie.
Ons gee ons kinders verkeerde boeke om te lees en musiek om te luiister en verdoem hulle in die hel in. Daar is geen tyd om bande te smee met my familie nie, dit is net hardloop, ek moet na my eie prio-riteite begin kyk, ons sal moet huis skoonmaak. Vra ons vir onsself die vraag wat wil die Here hê moet ons doen in elke situasie.
As ons die heerlikheid van die Here wil terug hê sal ons weer in ons huise moet begin. En in ons daaglikse lewens. Ons sal weer rondom die familie altaar moet bymekaar kom.
Christen etiek, Goddelke deug Bybelse oortuiging, sal nooit ‘n pyn wees as ons dit voor die Here regstel nie. Hoe tree jy teen ‘n ander mede kind van die Here op, wil jy graag sy swakhede of aspekte met ander bespreek, dan het jy nie liefde in jou hart nie.
Gee ons weer die verlore penning sodat ons weer die heerlikheid van die Here sal kan sien. As ons werklik die heerlikheid van die Here sal wil sien terugkom sal ons in die hoeke van ons huise moet begin kyk, ons sal waarlik ernstig moet raak rakende ons verhouding met die Here en die lig wat Hy ons bied.
Ons het nodig om terug te keer na ons geloftes en het nodig om dit weer te herstel. Bly ek by dit as nie, moet nie die heerlikheid van die Here verwag soos dit voorheen was nie. Moet nie verwag dat die Here ons paaie sal vul met die seëninge van die hemel as ons nie bereid is om die pad agter die Here Jesus aan te stap nie.
As ons die oordeel van Maliagi wil afweer moet ons weer as familie na mekaar draai en dinge teenoor mekaar regstel.
Dit is die kerk verbond wat ek hier in die hande gekry het, sal jy jou weerhou van alle wêreldse gesindheid, sal jy rein en heilig leef voor die Here en voor mense. Ek onthou hoe ek voor die Here beloof het dat ek my hele lewe aan die Here weggee en nie die onderlinge byeenkomste van die gelowiges sal versuim nie. Die vraag is, waar is jy dan. As ons werklik herlewing wil hê sal ons ons huise moet skaoonmaak. Sal jy van wêreld gesindheid en drank jou weerhou, wel U weet Here dit is nou by my werks geleenthede en boonop vind ek niks daarmee verkeerds nie. Ek gebruik dit net matig, wat sien jou kind as jy drank gebruik, pappa drink.
Laat ons soos Christene aantrek en optree dat die wêreld respek vir ons sal kry. Vrouens wat klere dra wat die aandag van die mans laat prikkel die Here het die man ontwerp met ‘n uiterste nuuskierige instink neem skape hulle sal nie ingaan in ‘n kraal wat hulle ken nie, maar jy as man en vrou daag mekaar uit met ons body language.
Die Here het dit in die mens geskape om by die plek te kom om die rykdomme van Sy heerlikheid te bestudeer en die duiwel weet dit ook. Die duiwel weet dat hy baie meer suksesvol is met die krag van veronderstelling of uitlokking om die nuuskierigheid aan te wakker.
Nadat sy die huis uitgevee het. Sy het sorgvuldig gesoek todat sy dit kon kry. As ons onsself daarop rig om voor die Here te sê dat ons die seëninge van die hemel moet hë ons moet U daarvoor vertrou om my te besoek met herlewing vuur.
Die verlore penning kan gevind word, sy het sorgvuldig gesoek todat sy dit gevind het. Die goeie nuus is dit dat die beloffte steeds effek-tief is. As jy die Here met jou hele hart soek sal jy Hom vind as jy Hom, met jou hele hart sal soek. Ons hoef nie tevrede te wees met ‘n tweedehandse beste nie, ons hoef nie voort te gaan met die soort lewe wat ons tans leef nie, daar is oorwinning daar is verlossing.
Wat gebeur as ek hierdie penning gevind het: Sy het haar vriendinne geroep en buurvroue en uitgeroep: Wees saam met my bly want ek het die penning gekry wat ek verloor het.
Wat sê 11 Kron.15:1-2 “Toe die Gees van die Here op Asarja gekom het: het hy uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek; sal Hy Hom deur julle laat vind.”
Vs.8 “En toe Asa hierdie woorde en die profesië hoor wat Asjera die seun van Oded gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder.”
Hy het die altaar van die huis van die Here hernu voor die voor-portaal van die huis van die Here. Hulle het as volk hulle voor die Here veroodmoedig, en die heerlikheid van die Here het teruggekeer.
Die jong mense wat krities is sal sê dat hulle nie iets daarin vind nie die teruggevallenes sal die Here begin soek daar is niks wat so trek as die heerlikheid van die Here nie. Daar is niks so aantreklik soos die vuur van God. Ons het al te veel jong mense verloor instede van ons eie huise uit te vee en toe laat dat die lig in ons eie harte skyn, plaas ons die blaam op andere. Laat ons ons eie huise skoonmaak en die heerlikheid van die Here sal terugkeer.
Laat ons nie by nege muntsstukke vassteek nie laat ons die Here soek todat ons weer terug gebring sal word tot die volle heerlikheid van die Here.
As ons die Here gaan begin soek sal die heerlikheid van die Here weer in ons midde terugkeer en die Here sal verheerlik word. Sal ons die prys betaal, ons sal eerlik moet begin raak en erken dat ons verloor het en ons gaan nie speel nie.
Gee die besem aan die Here dat Hy kan skoonmaak en hoe seer ookal ek wil U nie laat gaan nie. Daar is ‘n manier om die verlore penning te vind.