DIE GEHEIM VAN GEHOORSAAMHEID: DEUT.28:1-2+2 KOR.2:14-3:18

INLEIDING:

Ons weet almal dat die Woord van die Here deur die Here self vir ons ingegee is, en dat alles wat Hy sê en beloof ons deel sal wees, as ons Hom net sal gehoorsaam. Hoekom is dit dan dat ons so min van die seëninge van Hom in ons lewens ondervind. Daar kan net een rede wees en dit is dat ons elders langs die pad Sy se instruksies nie absoluut gehoorsaam is nie.

As Deut.28:1-2 duidelik vir ons uitspel dat indien ons sorgvuldig na die stem van die Here luister en alles doen wat Hy van ons verwag sal Hy ons aanstel om te heers oor elke situasie.

Gistermiddag word ek uitgeroep na ‘n situasie toe waar die jongman vir my duidelik dit uispel dat hy nie gewillig is om die Here te wil gehoorsaam nie, en ook nie die Here wil toelaat om die beheer van sy lewe oor te neem nie. Hy verklaar dat hy kwaad vir die Here is en daarom nie voor Hom sal kruip nie, en hy kies om die instruksies van die Here ongehoorsaam te wees.

Ek kan bid dat ek blou word, maar voordat ek nie gaan begin gehoorsaam nie sal ek nie oorwinnings smaak nie.

KOM ONS KYK NA DIE ALGEMENE INSTRUKSIES:

Die Bybel is duidelik oor algemene instruksies:

DIE EERSTE IS DIE REGERING:

1) ONS GESINDHEID TEENOOR HULLE:

Die Bybel leer ons dat daar 7 aspekte is aangaande menslike regerings:

1) Hulle word deur die Here ingestel. Gen.9:1-7, Rom.13:1-6; 1 Pet.2:13-17.

2) Hulle doel is om kriminele te vervolg en uit ‘n land te hou, d.m.v. wetgewing Rom.13:1-6, 1 Pet 2:13-17, Gen.9:6, Jes.11:4-9;65:20; Dan.2:21; 4:17-25; 5:21.

3) Dit is die plig van Christene en andere om hierdie doelwitte te help vestig, en ondersteun, om die sosiale lewens van andere te help beskerm en die hoogste doel van die mens te help ondersteun. Rom.13:1;  Pet.2:13-17.

4) Regerings is ingestel om met mag te regeer en om die wat ver-keerd is te straf nie net plaaslik nie maar ook nasionale kriminele. Dit beteken selfs waar nodig om oorlog te voer om kriminele uit te hou. Rom.13:1-5; Dan.2;21, 4:17-25, 5;21.

5) Die Christen moet nie ‘n Chirstelike regering vir die ongereddes stelsels verruil nie. Om goeie regerings te ver-waarloos, is om die redding van ons siele te verwaarloos. Om private en publieke goedere te promoveer is een van die beste middele om siele te red. Rom.13;1-6; 1 Tim.1:8-10. Christene moet vir regte mense stem, sodat die Evangelie sy vrye loop kan hê.

6) Menslike regerings word nie deur die uitsluitlike wil van die Here bepaal nie, maar ook afhangende van die behoeftes van die volk, wat soek na die beste vir hulle volk. In klein families is wetgewing en orde ook van uiterste belang, wat na die volk ook deurgedra moet word. Regerings het hervorming nodig, dit is deur ons getroue wandeling in die huis dat invloede na ander deurgevoer kan word en uiteindelik na bo suurdeeg. Rom.13:1-6.

7) Vir die belang van die mens is regerings instellings daar. As ons reken dat daar nie orde moet wees nie sal ons in stryd wees as regerings die wat onmin veroosaak veroordeel. Hulle moet wet en orde handhaaf.

Daar is ‘n totale verskeidenheid waarin hierdie katogorië val. Dit sluit al jou departemente en hulle onderafdelings in.

TEENOOR DIE WOORD VAN DIE HERE IN ALGEMEEN:

Daar is algemene bevele wat Hy van ons verwag waarin ons gehoorsaam moet wees, dinge wat tot elke individu se hart kom. Aspekte soos bekering, 11 Pet.3:7-8. Die Here wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie, maar dat almal die ewige lewe moet hê. 

Dan is daar dinge soos die gebooie wat nie as strafmaatreels voor-gehou word nie maar riglyne waarin ek veilig sal leef indien ek in die algemeen dit sal gehoorsaam.

Dan kry ons die gedagte van onderdaanskap teenoor die Here eerste, dan regerings, en owerhede bv. onderwysers dan huishoudelike onderdaanskap waar daar die hirargie is van ouers en kinders.

As ons teen hierdie beginsels ingaan is ek nie soseer teen die instel-ling in opstand nie, maar teeroor die Here.

TEENOOR DIE HERE SPESIFIEK:

Hy gee opdragte en bevele wat tot die individu en meer spesifiek die Christen gerig is. Een daarvan is word vervul met die Heilige Gees dit is ‘n opdrag. As ek nie gehoorsaam nie is ek in opstand of rebellie teenoor die Here.

‘n Nader is beproef My sê die Here of ek nie die sluise van die hemel sl oopmaak sê die Here. Dit is nie hierdie gee 10% en die Here gee 100% terug nie. Dit is nie om die arm van die Here te probeer draai nie, dit is om Hom te gehoorsaam en alles in SY bekwame hande oor te laat, te sien hoedat Hy gebed sal beantwoord as ek bereid is om my lewe totaal oor te gee.

Dan is daar die opdrag om in vrede met alle mense saam te woon, die gesindheid van die Here in my lewe toe te laa en vele maar.

DIE GEHEIM VAN MY WAPENS:

Die wapenrusting is iets ofensiefs dit is om my te verdedig. 11 Kor.10:4 sê Paulus dat onswapens kragtig is om vestings neer te werp. Die oomblik wanneer ons van wapens praat dink ek en jy onmiddelik aan Efe.6 die wapenrusting, en ons kwoteer so ywerig die swaard, dit is ook in ‘n offensiewe verband hier geskrywe. Die Here Jesus het ook die swaard gebruik om Homself te verdedig.

Die wapens van ons stryd is juis dit wat ooral in die Bybel veskuil lê in dinge soos: Wanneer ek moedeloos is: Is die duiwel by om vurige pyle in my siel af te skiet, dan moet ek juis die offer van dank bring, ek voel nie so nie maar staan dan juis in Sy volheid.

In hierdie week het een op die ander ding op ons gereen nadat John weg was, op ‘n stadium het ons net gesê ons looen aanbid die lieflike Here Jesus vir Sy oorwinnings wat Hy behaal in elke situasie en kon ervaar hoedat die oënsknlike neerlaag tot oorwinnings gely het.

Dan as ek tye van rustigheid ervaar gebruik due geleenthede om spesifieke gevalle en mense los te bid. Gebruik jou wapen indien ‘n aanslag na jou kom om die magte van die bose te bind, en te bestraf sodat oorwinning kan kom.

Leef in die volheid van Sy outoriteit wat Hy ons bied. Ons het vol-kome toerusting in die Here, volkome vrede en gemeenskap en vele  meer wat ons deel word by die openbaarmaking van Sy wil in ons lewens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00