DIE GEHEIM VAN AANHOUDENDE GEBED: MATT.7:8

In die noodsaaklihied van gebed is daar verskeie belangrike aspekte betrokke, dinge soos aanhoudende gebed, geditermineerde gebed, en intensiteit van gebd.  Dit begin by ons wyering om onverhoorde gebede te aanvaar. Dit groei tot die giditermineerde gebed tot ek volhou, om nie tyd of moeite te omsien totdat die antwoord kom nie.

Dit groei tot die intensiteit dat my hele wese daarin aan die Here oorgegee is in gebed, en die sterkte of die krag lê daarin dat ek op die Here gewerp is. By tye mag dit stil en rustig wees, en by tye ernstig en sterk. Dit neem tyd en ies dat ek geduldig moet wees en dan eis dit wat begeer word. Wat ookal die omstandighede ons moet onthou dat die Here gebed beantwoord, daarom moet ek gehoor word.

Dink aan gevalle in die O.T. Abraham: Toe hy vir Sodom gebid het. Hy het telkemale sy gebed hernu, vir ses keer het hy gesê: Laat U toorn net nie oor my ontvlam nie” Hy het nie gestop totdat die Here sy hulpgeroep gehoor het nie, tot hy geleer het hoe vêr hy met hierdie saak kon gaan nie, en tot hy in sy hart kon rus op die antwoord van die Here. Vir sy onthalwe was Lot gered gewees.

Dink aan Jakob, toe hy gevrees het om Esua te ontmoet. Die engel van die Here het hom in die nag ontmoet en met hom geworstel. Toe die engel sien dat hy nie hom kon oorwin nie, het die engel gesê: Laat my gaan” Maar Jakob het gesê: Ek sal u nie laat gaan nie. Die volharding het veroorsaak dat die engel hom geseën het en was so ‘n vregde in die oë van die Here dat Hy aan hom ‘n nuwe naam gegee het nl. Israel. Hy wat met die Here geworstel het, en wat oorwin het.

As intreder van gebed dink aan Moses. Hy het vyrmodigheid met die Here geneem en het oorwin. Dit is ‘n bewys van iemand wat waarlik naby aan die Here leef, wat met die Here van aangesig tot aangesig gespreek het, word ‘n deelgenoot van daardie selfde krag van intrede in gebed, terwyl Hy aan die regterhand van die here sit, en vir ewig leef om vir ons in te tree in gebed.

Dink aan Elia en sy gebed: Hy het eerste vir vuur gebid, en toe vir reën. In die eerste geval het hy gestaan en geies en ‘n onmiddelike antwoord ontvang. In die latere geval het hy homself tot die aarde gebuig met sy aangesig tussen sy knieë en die antwoord aan sy dienskneg wat gegaan het en na die see gekyk het en gesê het dat daar niks was nie en het hy hom sewe keer gestuur en weer sien ons die antwoord op gebed.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00