DIE GEHEIM VAN ‘N VOORTDURENDE-WANDEL MET DIE HERE
INLEIDING
In Matt.28:20 Gee die Here Jesus aan Sy dissiepsl hierdie wonderlike versekering dat y met ons s tot aan die volein-ding van hierdie wêreld. Toe die Here Jesus die 12 dissipels gekies het het Hy in Mark.3:14 gesê dat hulle met Hom moet wees en dat Hy hulle kan uitstuur om te preek.
So diep was hulle aangegryp met hierdie wete dat toe die Here Jesus aan hulle gese het dat Hy hulle gaan verlaat om na die Vader te gaan hulle diep onsteld was. Die teenwoor-digheid van die Here Jesus was iets onafskeidbaar deel van hulle, en kon hulle dink om sonder Hom klaar te kom nie.
Die Here Jesus gee aan hulle belofte van die Heilige Gees, dat hulle Hom sal hê in Sy hemelse teenwoordigheid, en iets ver heerliker en intiemer sou smaak as wat hulle ooit kon dink of droom. Die wet van hulle eerste bewuswording is dat hulle Hom wou hê, en dat hulle in daardie onafge-broke verhouding gemeenskap met Hom in die geheime krag om te preek te te getuig.
Toe die Here Jesus aan hulle die Groot opdrag gegee het om die wêreld in te gaan en die evangelie te gaan verkon-dig het Hy die woorde bygevoeg: Kyk ek is met julle tot aan die voleinding van hierdie wêreld.
Vir alle tye bly die beginsel onveranderlik da sonder die ondervinding van die teenwoordigheid van die Here prediking geen krag sal hê nie. Die geheim van krag is die bywende teenwoordigheid van die Heilige Gees wat hulle oomblik vir oomblik lei, en inspireer en versterk. Dit was juis dit wat hulle kragtig gemaak het in prediking om Hom as gekruisigde te predik. Hulle het nooit Sy fisiese teenwoordigheid gemis nie, maar hulle het Hom gehad in Goddelike krag deur ie Heilige Gees.
In die hele bediening hang alles af vn die bewustheid deur lewende geloof van te aanhoudende teenwoordigheid van die Here Jesus as ‘n essensiële deel van prediking van die Woord. Niks kan die krag van die Here in ons midde terugbring dan die krag van seeninge om aan die voete van die Here Jesus tyd te spandeer nie.
DIE ALMAGTIGE KRAG VAN DIE HERE JESUS:
Ons herhinder ons aan die woorde wat die Here Jesus verklaar het: Alle mag is aan Hom gegee….
Voordat die Here Jeus die Groot opdrag aan Sy dissiepels toevertrou het, het Hy die verantwoordelikheid besef dat Sy dissipels toegerus sal moet word met die instaatstelling van die Heilige Gees. Hy openbaar Homself in Sy krag as deelgenoot van die Vader, die Almagtige. Dit was geloof in dit wat die dissipels ervaar het wat hulle instaat gestel het om die werk in eenvoud maar met krag te doen.
Hulle het Hom leer ken in Sy opstandingskrag wat die dood en sonde en die hel oorwin het, daar was niks te groots gevra of verwag om te doen weens ie instaatstelling van die Heilige Gees.
Elke dissiepel van die Here Jesus wat oorwinnaars wil wees, moet tyd in geloof spandeer, en die Heilie Gees toelaat om onder volle oortuiging te kom dat ons diensknegte van die almagtige God is dat ons ons deel in die werk van die Here kan doen. Ons het nodig om daagliks te ondervind dat ons sterk in die Here moet raak, en in die krag van Sy sterkte.
Dink net wat die dissipels geleer het van die krag en die sterkte van die Heilige Gees en dan die belofte dat hulle groter weke sl doen. Hy het krag om ons onvermoeë soos die dissiepsl te gebruik om hulle te bekragtig. Hy kan elke menslike hart in elke moeilike situasie gebruik en bekrag-tig.
Ons moet onthou dat hierdie krag nooit bedoel was om gebruik te word asof dit ons eie is nie. Dit is alleen soos die Here Jesus ‘n lewende persoon in ons woon en werk met Goddelike energie in ons eie harte en lewens dat daar krag in ons prediking en persoonlike getuienis kan wees.
Dit was toe die Here Jesus aan Paulus gesê het, My krag word in swakheid volbring. Dat Paulus kon uitroep, toe hy swak was, was die Here Jesus sterk in hom.
Dit is in ons afhanklikheid dat ons oomblik vir oomblik weet dat Hy magtig is.
2) DIE ALOMTEENWOORDIGHEID
VAN DIE HERE JESUS:
In Ex.3:12 gee die Here aan Moses die versekering dat Hy met hom sal wees, en gee Hy aan Moses die wete dat Hy met Moses in Sy krag sal wees hoewel dit beperk sal wees.
Die eerste gedagte wat ons van die Here kry is Sy onsaghebbendheid, Hy verklaar aan Moses dat Hy die Almagtige is. Die tweede gedagte wat ons van die Here onvang is Sy alomteenwoordigheid, Hy gee aan hulle die beolfte van Sy onsienlike teenwoordigheid , waarin Hy verklaar aan Moses Ek is met jou, en Moses kon reageer deur te sê: U is met my.
Toe die Here Jesus aan Sy dissipeles gesê het dat alle mag aan Hom gegee is, op die hemel en op die aarde het die belofte dadelik daarop gevolg: Ek is met julle.
Die skrywer van Ps.139 verwys na die alomteenwoordig-heid van die Here wat iets is ver bo sy vermoeens. Sulke kennis is vir ons te wonderbaar dit is so hoog dat u en ek nie daarby kan kom nie.
Die openbaring van die Here se alomteenwoordigheid is iets wat ons nie kan begryp nie. Die openbaring van die alomteenwoordigheid van die Here in die mens die Here jesus is iets onbegryplik. Dit maak ook die genade om van die Here vra vir Sy teenwoordigheid as ons sterkte en ons vreugde iets uitsonderlik geseend. Tog hoeveel van ons, as die beloftes gegee word, vind dit moeilik om te begryp, in alles wat dit inhou en hoe dit die praktiese ondervinding kan wees van ons daaglikse lewe.
Alles hang van geloof af, om die woord van die Here te aanvaar as ‘n lewende realiteit, en die Heilige Gees te vertrou om dit waar te maak vir elke oomblik van my lewe. As die Here Jesus bedoel vir altyd bedoel Hy dit vir elke dag van my en elke situasie waarin ek my begewe. Daar is dus nie ‘n dag van my lewe waarin Sy teenwoordigheid nie deel van my lewe is nie. Dit hang maar net van my af of ek in Hom wil bly, dat Hy Sy beloftes in my lewe waar kan maak.
Laat ons weet dat Hy ons elke dag en in elke omstandig-heid lei deur Sy teenwoordigheid en dat Hy ons in volmaakte vrede wil bewaar.
3) HY IS DIE REDDER VAN HIERDIE WêRELD:
Joh.4:42 Kondig Johannes die Doper aan dat Hy dieredder van hierdie wêreld is. Hy is die alwetende en alonmmteen-woordige wat bekend staan as natuurlike eienskappe van die Here. Hulle het hulle sterke alleen as dit gekoppel word aan Sy morele eienskappe, van heiligheid en liefde.
As die Here van Sy alwetendheid praat, wat aan Hom gegee is, is alle mag in die hemele en op aarde aan Hom toevertrou en die alomteenwoordigheid Sy teenwoordig-heid met elkeen van Sy dissipels wys Sy woord onns op dit wat die wortel van alle probleme is nl. dat Hy die Goddelike heerlikheid van hierdie wêreld is en die wêreld dit nie wil aanvaar nie.
Omdat Hy Homself verneder het en gehoorsaam geword het tot die dood dat die Here Hom so hoog verhef, waarin Hy vir ons die mens Jesus Christus toon, en die eienskappe van die Here was agv. van die werk wat Hy gedoen het, in Sy volmaakte gehoorsaamheid aan die wil van die Vader en die voltooide Verlossing wat Hy bewerk het vir die mens.
Dit gee betekenis en waarde in dit wat Hy gesê het: dat Hy die almagtige en alwetende is. Dit is in hierdie krag wat Hy Sy dissipels uitstuur om die Evangelie te gaan verkondig. Dit is die Verlosser wat ons red en ons van sonde bewaar, dit is die Here Jesus wat gehoorsaamheid ies wat Sy God-delike teenwoordigheid beloof om in ons midde te wees.
Dit is aleen as ons Hom in alles gehoorsaam dat ons die volheid van Sy krag kan verwag en dat Sy teenwoordig-heid met ons kan wees. Dit is alleen as ons onsself lewende getuies is, van die realiteit van Sy krag om te red en te bewaar van sonde dat ons die volle ondervinding van SY voortdurende teenwoordigheid, dat ons ander sal leer om gehoorsaam te word in al Sy bevele.
In Ps.134:9 Se die Psalmis: Smaak en sien dat die Here Goed is.
In die Here Jesus se lewenswandel op aarde het Hy van buite na die hart van die mens gewerk, Hy he wonderwerke gedoen, Hy het die dissipels geleer en outoriteit oor verskeie dinge gehad waarin Hy by die hart van die mens wil uitkom.
Hoe wondelik om te weet dat die hart van Sy heerlikhei Sy teenwoordigheid is. Toe die dissiepels dit besef wou hulle Hom nie laat gaan nie. Telkemale het Hy Hom eers as die almagtige geopenbaar waarna Hy Hom as die alomteenwoordige geopenbaar het. Dink aan Moses, by die brandende doringbos, Hy het gehoor dat die die Grote EK IS is wat met Hom spreek, en toe hy sy eie hart sien, gaan sy oë oop om te weet dat Hy met hom sal wees.
Hoe dikwels kom die Here in heerlikheid om Sy grootheid te openbaar. Hy is die verlosser en Heiland van ons lewens Hebr.1 sê die Here dat Hy baie kere en op baie maniere tot ons gespreek het deur die profete maar nou in die laaste dae tot ons spreek deur Sy Seun
Sy Seun wil Hom in ons midde kom Tabernakel en wil Hy Sy heerlikheid aan ons kom openbaar:
Die eerste vier verse van Hebr. kom gee hy aan ons leer-stellig as inleiding die basiese posisie vir sy hoof argument: Sy bedoeling deur die hele brief is om aan jou en my te te bewys deur middel van aanhalings uit die O.T.
DIE GROOTSHEID VAN DIE HERE UIT HEBR.1
Skrif dat die Here Jesus die Christus is, die ware Messias wat die Jode verwag het.
Dan is die eerste twee hoofstukke word beskou as soort van ‘n inleiding tot die res van die brief wat bewys dat die Here Jesus die wet vervul het., en dat Sy posisie in nuwe en geestelike verbond van genade is. Daarom word twee hoofstukke aan die God Mens gewei waarin die eerste gedeelte met Sy Godheid te doene het en die tweede met Sy menslikheid te doene het.
1) DIE VERHEWENHEID DAT
DIE HERE GESPREEK HET:
Hfst.1:1-2a
Hy openbaar die grootheid van Sy liefde vir die wêreld deur ‘n openbaring van Sy wil tot verhouding van die verlore siele, en daarom die weg berei deur ‘n lang opleiding van jare vir die inleiding van hierdie wonderlike opening.
Hy wat die eie Seun van God is, wat vervuliing van alle tye is, is in die vlees geopenbaar sodat Hy die visie van profesië kom vervul het, het aan al die behoeftes kom vervul om die Groot Openbaarder te wees vir die inleiding tot die hele wêreld, deur sonde weg te neem deur Sy eie offer.
Die beskrywing wat Hy gee van Sy eie wonderlike peroon self wat met niks en niemand vergelyk kan word nie. Selfs in Sy grootste vernedering Sy lyding tot die dood is Hy verhewe bo almal en het Hy bo almal aan die regterhand van die Vader gaan sit omdat Hy die die mensdom verlos het en vanuit hierdie posisie ontvang almal hulle opdragte om ander te bedien en daarom is dit ‘n onderwerp van edelheid en harmonie met die totale N.T.
Daar is so ‘n merkwaardige ooreenkoms met Gen.1 en Hebr.1 Die Here het gespreek. Sy eerste sin is ‘n erkenning van Goddelike outoriteit van die OT. Geskrifte. Die Here het gespreek. Deur SY gesprek kom ons ons eie tekort-kominge agter en dat Hy in ontoeganklike Lig bewoon. Deur Sy geprek openbaar Hy Homself en die onver-anderlike doel van Homself in SY liefde.
Die mens se sonde onderbreek sy gemeenskap met die HERE maar in die gawe van Sy Seun is hierdie gemeen-skap herstel.
1) DIE UITGESPROKE INLEIDING:
HEBREERS DIE BOEK.
Wanneer die Here spreek in vandag se tyd is dit so seker soos in die ou dae, deur die profete en priesters.
Wat ‘n wonderlike gedagte dat die Heer tot die mens kan spreek. Laat ons heelhartig daarop ag gee en hoor wat die Heer vir ons wil se.
1) DIE KARAKTER VAN DIE MIDDELAAR.
“DEUR DIE PROFETE DEUR SY SEUN”: (1:1-2a)
Die diepte en karakter van God se openbarings van Hom-self is afhangend van die karakter van die medium deur wie die openbaring gegee is. Woorde kan ons iets van die waarheid meedeel, maar alleen wanneer die H.G. dit lewend maak sal die heerlikheid daarvan vir ons ge-openbaar word. Van Hom wat die Weg en Waarheid en die Lewe is.
As daar dus ‘n volmaakte openbaring van die Here moet wees, moet daar ‘n volmaakte Middelaar wees. Die vol-maaktheid van die Seun in wie God spreek maak die boodskap volmaak.
Joh1:18 sê: Dat Jesus in die boesem van die Vader gewan-del het en daarom uit die Hart van die Heer tot hulle kon spreek. Dit was alleen moontlik deur die Bloed van die versoening en die liefde van God wat in ons harte uit-gestort is deur die Heilige Gees.
2) DIE AARD VAN DIE VERBOND.
Met die verskil in die karakter van die middelaars kan ons duidelik die verskil tussen die twee verbonde sien. Die spreekwyse in die Ou Testament was deur die profete en daarom moes dit seremonieël gewees het, en kon slegs die dieper waarhede deur middel van simbole aan ons openbaar, daarom was dit net gedeeltelik.
Die Nuwe Testament aan die ander kant was Bemiddel deur Jesus en was innerlik en nie uiterlik nie. Dit was gees-telik en nie seremonies nie, en volmaak. Ons sien dit meer prominent wanneer in tabelvorm uitgespel.
DIE EERSTE VERBOND. DIE BETER VERBOND.
1)Menslike Middelaars.(profete) Goddelike Middelaar
(Jesus)
2) Uiterlik (in adminstrasies)Innerlik (in
administrasie)
3) Seremonieël (in karakter) Geestelik (in karakter)
4) Voorbereidend (in doel)Volmaak (in
verduideliking)
Die Nuwe Testament in Sy Bloed rus volkome op die seker fondasie van ‘n beter en ewige priesterskap.
Die wonder van Chritenskap is dat dit ons van die begin stadium tot die Heiligdom inlei, waar die Heelikheid Shekinah van die Goddelike teenwoordigheid heers.
Nou dat ons die belangrikheid van die verskil in die verbonde sien volg drie dinge:
a) Die verbonde verteenwoordig twee historiese periodes in die openbaring van die Heer tot die mens. – genade en liefde.
b) dit verteenwoordig twee vlakke van die Christen beleweing – lewe en liefde.
c) Dit verteenwoordig twee stadias in die geestelike groei nl. – die Woord en die Heilige Gees.
Die twee aspekte van die twee verbonde het rykhalsende impikasies maar kan net kortliks hier genoem word.
3) TWEE HISTORIES PERIODES VAN OPENBARING.
God spreek so seker in die Ou Testament soos in die Nuwe.. Biede die profete en Jesus was boodskapdraers. In die verlede was die Woord tot ons gespreek maar nou Hyself wat tot ons spreek. Elke waarheid in die Nuwe Testament het sy wortel in die Oue, en kan daarsonder nie verstaan word nie. Die Heilige Gees werk in beide despen-sasies en sy doel kan in elke stadia bekend gemaak word soos hulle in elke ouderdom verskyn.
Dit was ‘n voorbereidende maar ook ‘n dissiplineerde stadium om die volheid van die tyd voor te berei om ons na Christus te lei. Dit is steeds die doel dissipline gaan vry-heid vooraf, en berou gaan vergifnis vooraf,en ‘n sterwe aan sonde gaan ‘n lewe van Heiligheid vooraf.
4) TWEE VLAKKE VAN CHRITELIKE ONDERVINDING.
Die vlakke in lewe en liefde. Lewe is gegee in weder- geboorte . Dit is ‘n heilige lewe, wat al die genade van die Heilige Gees omhels, en homself openbaar in die liefde tot God, en mens. Die saad is geinfekteer deur die saad van inwonende sonde. 1 Joh 4:17-18.
As een die ondervinding van volmaakte liefde soek, sal Hy sien dat die Ou Testament bedoel was om hom sy eie onwaardigheid te sien, en bring hom by die punt van hope-loosheid, waar genade alleen opereer. Deur die Heilige Gees sal hy dan saam met Fletcher kan sê: “Thy help-lessness is no hindarance to my loving – kindness” en deur die geloof stap in deur die voorhangsel, waar volmaakte liefde alle vrees uitdryf.
Hoewel die reiniging van die hart van sonde volg is daar ‘n toets periode na wedergeboorte, om te sien of die siel alles heelhartiglik geoffer het. Hierdie ondervinding is alleen deur geloof bewerkstellig, deur die Bloed van Jesus, en die reinigingskrag van die Heilige Gees.
(Hand.15:8-9) Liefde word die heersende motief van die geheiligde lewe, en die liefde is instaat tot goddelike toename.
DIE SEUN VAN GOD IN SY PRIESTERLIKE HEERLIKHEID. Hebr.1:2.
Ons het gesien dat die verskil tussen die die O.T. en die N.T. in die karakter van die middelaar lê. Die Nuwe ver-bond, word vir ons deur die Goodelike Seun geopenbaar, nie net vervul en naby gebring nie, maar is op sigself die finale stadium van openbaring. Ons merk op dat die skrywer die eerste vers afsluit met die stelling “die Seun” waarmee hy nou die gedagte gaan uiteensit.
Hier lei hy die Boek in deur aan ons die heerlikheid van die Seun van God aan ons bekend te maak, wat in die nuwe vir ons geopenbaar word. Dit word vir ons uitgespel met die gedagte dat ons nie net moet kyk na wat Hy vir ons gedoen het nie, maar om ons in ‘n dieper en volkomer ver-houding in te lei. Om erfgename van die Here gemaak te word is wonderlik, en selfs gereinig te word is wonderli-ker, maar om in volle raadsplanne van die Here in te sien en daarin te bly is die doel van die verlossing. 11 Kor.3:18.
1) DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD “SEUN”.
Die skrywer van die boek is lief om die woord Seun te ge-bruik tewyl Johannes dikwels die woord “Woord” gebruik. Joh.1:1-18 Die woord Woord word in Sy voor belig-gaming of menswording gebruik tewyl die woord Seun Sy menswording of beliggaming op aarde beskryf, met beide die gedagte van die Drie-eenheid, daaraan gekoppel.
Die betekenis van die woord “Woord” is ewig en per-soonlik. Joh.1:1. Dit hou die volle betekenis in dat die Here God is, die Gees wat die band van eenheid of volmaaktheid is, verheerlik die nodige verhouding van die Woord en die Vader, in volmaakte vryheid en liefde. Daarom vandat die Woord vlees geword het, het dit die weg tot gemeenskap en ‘n verhouding met die Here gebaan. Dit is die weg tot die volle menslike lewe, daarom dat Jesus kon sê: Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. Joh.14:9.
Die woord Seun word in dieselfde Drie-eenheids verband gebruik, wat die gedagte nalaat, net soos die Vader lyk, so is die Seun, verwysende na die Geestelike aspek van die Here Jesus. Hoewel van die siel verskil, nie van mekaar verskil in wese nie.
Dit dui vir ons daarop dat die Vader nie eerste bestaan het en toe die gedate van die Here nie. Die Here is nooit sonder gedagte nie, en die gedate of Woord is is nooit van Hom verwyder nie, soos my gedagte is apart van my siel, sonder om apart te wees.
2)CHRISTUS AS DIE ERFGENAAM
VAM ALLES. 1:2a.
Dit woord erfgenaam verwys na die oorspronklike doel van die Skepping. Die Here het nie eers die wêreld gemaak en hulle onder heerskappy van die Seun geplaas nie, daarom word erfgenaamskap voor die skepping genoem. Daarom het die Seun reeds voor alles bestaan. Die Woord erfgenaam beteken nie hier dat iemand gesterf het nie, maar dat die Here Jesus dit verwerf of verkry of besit het.
Erfgenaamskap en die gedagte in Hebr.1:3b dat die Here Jesus vir ons die reiniging van ons sondes bewerk, en gaan sit het aan die regterhand van die Vader, het ‘n twee voudige erfgenaamskap bewerk nl. die Seun is erfgenaam deur die skepping, dit beteken dat Hy Homself beliggaam het met die doel van die Vader, en erfgenaam van die verlossings possisie. Die woord erfgenaam dra met dit die gedagte van universele krag op Hom toevertrou waarin Hy die krag besit om die sodaar oor sonde te laat heers. Dit beteken volmaakte vervulling van die belofte in Rom.4: 13 die sonde met die wederkoms wegban, en die vloek van die aarde verwyder, en ewig daaoor heers.
3) DIE SEUN AS SKEPPER. 1:2b
“Deur wie die wêreld geskape is”. Hierdeur word aan ons bevestig dat die Seun ook die Skepper was, wat vir ons sê dat Hy die instrumentele oorsaak vir hulle bestaan. “Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het daar niks ontstaan nie.” Joh.1:3
Die Here se verhouding tot alle dinge buite Homself is deur Sy Seun, wie die Begin en die Einde is van alle bestaan is. Jesus het die harmonie tussen natuurlike en historiese openbaringe gebring. Die harmonie bestaan nie weens die mens se sonde nie, ook kan dit nie beinvloed word deur natuurlike ontwikkeling nie, dit kan alleen geskied deur die spesiale goddelike handeling van die vleeswording en die Tweede Koms, waardeur sonde en sy gevolge verwyder gaan word van die wêreld. Christus is nie alleen net die hoof van die kerk nie, maar ook die hoof van alle dinge van die kerk.
Die terme “wêreld” kan ook vertaal word as “eeue”of soms vertaal word as “aarde”. Dit mag as ‘n defenitiewe konsti-tusie wees of ‘n orde wat deur die tyd bestaan. Die aarde as materie is “komos” die aarde as tydelik “eeue”. Beide hierdie Griekse termes word in Efe.2:2 gebruik, waar Paulus van die “tyd staat” praat, en van die materie wêreld. In die enkelvoud word dit as ‘n “tydperk” beskou. In die meervoud word daarna verwys as “wêrelde”, wat die massa voorstel of die idee van voortbetsaan deur ontwikkelende periodes van afstand. Paulus praat van die “eeue wat kom”.
Die Seun as eersgeborene is die een wat alles gemaak het. As Sy heerlikheid verborge was in die tabernakel van die vlees, moet ons altyd in gedagte hou dat Hy steeds die Skepper was in Sy Heilige gewaad.