DIE EERSTE VERMEERDERING VAN DIE BRODE: JOH.6:1-15
INLEIDING:
Ons het hier met ‘n geweldige geloofstoets te doene waarin die Here Jesus Sy dissipels getoets het: Die oorbeweeg na Galilie was vir die volgende sewe maande, en het begin met hierdie wonderwerk wat Hy gedoen het. Hy wou hier kom rus net buite Betsaida teen die hange van die berg. Weens die feit dat Johannes die Doper dood was en die dissipels uitgeput was na hulle eerste sendingreis.
Hulle het ver geloop om by Hom aan te kom, Hy het innig jammer vir hulle gevoel omdat hulle soos skape sonder ‘n herder was.Mark.6
Net ‘n klompie beginsels wat ons moet verstaan aandgaande hierdie onderwerp:
1) Die Here Jesus wil hê dat ons van alles afstand moet doen om Sy dissipels te wees. Luk.14:33. Dit beteken dat ek losgemaak sal wees van hierdie aardse dinge en dat as my voertuig in ‘n ongeluk kom ek nie my hart sal stukkend huil nie, aan die ander kant beteken dit ook dat dit waarmee Hy my toevertrou ek dit na die beste van my medewete sal versorg.
2) Om op my eie kragte te ondersteun kan nie sukses in my lewe bring nie. Jy kan ook nie met die Here onderhandel aangaande sake nie, as Hy van jou verlang om jou lewe onvoorwaardelik oor te gee, is daar nie voorwaardes daaraan gekoppel nie. Die oomblik wat ek met die Here wil onderhandel, sal sake versleg. Ek is bereid om enige iets te doen of na te gaan, maar net nie na sekere plekke nie. Hy wil die keuses in ons lewns maak.
3) Die Here is bereid om my totaal te vergewe as ek met ‘n eerlike en berouvolle hart na Hom toe kom. Alles behoort aan die Here en ons het geen reg op iets in hierdie lewe nie.
4) As ek vir my regte wil veg is ek besig om alles te verloor. Dit wat ek verloor sal ek behou, maar dit waaraan ek vashou sal ek verloor. Gee jou alles aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg.
5) Wat jy ookal vir die Here met ‘n opregte hart sal gee sal jy nooit verlies in smaak nie. As jy dit vir die Here gee is Hy in beheer en Hy is die Heer daarvan. Wat Hy ookal beheer is baie beter en veiliger as in ‘n mens se hande. Wanneer ek aan die Here oorgee sal ek nooit weer ‘n gebrek in daardie area van my lewe ondervind nie.
6) Die wat jy mee baklei sal jy nooit vir die Here kan wen nie. As die ewigheid in my hart leef sal ek altyd die regte ingesteldheid hê.
7) As jy vir jou eie regte veg, sal jy jou eie gesondheid venietig. Wanneer jy oorgee beteken dit dat jy moet leer om dit daar te hou.
8) Die Here doen alles beter as wat ons ooit sal kan doen. Dit gaan kos dat ek aan myself moet sterf, en myself dood moet reken vir my omstandighede. Ek moet my reg opgee om iets te besit.
9) As die Here jou wil verlos word jy ook verlos van dit wat mense van jou sê. Dit beteken nie dat mense net die foute in jou lewe gaan vergeet nie, tensy die Here diep en ‘n ewige werk in harte kom verrig.
10) As ek nie alles verloor nie, kan ek nie ‘n dissipel van die Here Jesus wees nie. Ek kan gered wees en vir my eie regte veg, maar sal nie Sy dissipel wees nie. As jy ‘n probleem met een of ander sonde het, moet jy nie eens daarlangs gaan nie.
11) Die oomblik wanneer ek ‘n vrees vir die Here het, kan Hy begin te werk, en my onder oortuiging van my situasie wys.
12) Ons leer om alles vir die Here te gee wanneer ons dit verloor. Dit vind stelselmatig plaas kompleet asof ons in ‘n skool is.
13) Wanneer ek oor een area van my lewe oorwinning gaan smaak gaan die Here volgende lesse oor my pad stuur.
KOM ONS KYK NOU NA JOH.6
Die lewe wat oin die Here Jesus gesetel is is die lewe van oorwinning en oorvloed, en is vie die duiwel die grootste vrees indien iemand hierdie geheim leer ken het.
Hierin lê soveel waarhede aangaande ons betrokkenheid by ander, ons vertroue in die Here en ons gewilligheid om deur Hom gebruik te word.
Ons sien eerstens dat duisende Hom na die anderkant van die meer gevolg het, vir al die genesings wat Hy bewerk het. Die Here Jesus se hart was gevul met die gedagte dat Hy hulle behoefte wou aan-spreek. Hy het geweet dat hulle honger was soos wat Hy ook vandag weet dat daar die is wat honger en dors na die geregtigheid van die Here.
KOM ONS KYK HOE HY HIERDIE NOOD AANSPREEK: vs.5
Toe Hy die skare sien was Hy besorgd oor die fiseise nood van die skare en vra een van Sy dissipels: Fillipus: Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
Uit Matt.14:14 sien ons dat Hy innig jammer vir hulle gevoel het. Sy teerheid teenoor die in nood het Hom betrokke gemaak om iets vir hulle te doen. SY diespete nood is dat hierdie hongerige skare gevoed moet word, met die brood van die lewe. Hy was besig met ‘n indirekte boodskap waarin Hy later in die hoofstuk self verklaar dat Hy die Brood van die Lewe is.
HY HET GEWEET WAT HY WOU DOEN: VS.6
Ons het in ons krises situasie nie nodig om die Here te adviseer nie, Hy is die Wysheid uit God. Hy het geweet wat Hy wou doen. Hy sal nooit ‘n bevel gee sonder om die nodige te voorsien nie, en ook nie om dit nie uitgevoer te kry nie.
Hy beloof dat alle mag is aan Hom gegee, gaan dan heen. Ons word altyd beproef, maar Hy wil hê dat ons na Hom moet kyk, wat in al ons behoeftes sal voorsien.
HY HET DIE BELANGE VAN SY
NAVOLGELINGE OPGESOEK: Vs.5
“Waarvandaan sal ons brood koop?
Hy het by Homself gewet wat Hy wil doen, maar hy wil die harte van Sy dissipels ondersoek en kyk waarop hulle oë gefokus is. ‘n Ware dissipels e geheim van oorwinning is in die voortdurende vasheid in ‘n konstante verhouding met die Here Jesus.
Sê die Here Jesus nie ook vir ons in vandag se tyd waarvandaan sal ons geld vind, of kos of manne om die werk te doen nie. Die antwoord is: Here U weet waarvandaan. Bid tot die Here van die oes.
DIE HERE SOEK NET ONS GEWILLIGHEID:
ONS BIETJIE: Vs.9
Hier is ‘n seuntjie wat 5 garsbrode en twee vissies het,…
Die Here Jesus het brode eerste geneem Vs.11 Dit was nie te min vir die Here Jesus nie, Hy wat die hemel en aarde geskape het weet wat ons nodig het, wanneer ons ons omstandighede in Sy hande sal plaas.
Die Here het die wat dwaas is by die wêreld uitverkies om die wyse te beskaam, en die wat swak is by die wêreld die wat sterk is te beskaam. 1 Kor.1:27
Al wat Hy van ons vra volg Hom: Hou jou oë op Hom gevestig.
HYSELF IS WAL WAT ONS IN ONS
OMSTANDIGHEDE NODIG HET: Vs.11
Hy het gedank en dit begin uitdeel. Die bron van voorsiening het die voorsienigheid in Sy hande gehad, en kon dit onbeperk maak, maar Hy het dit beperk tot die oorvloed van hulle eie harte.
Dit was weens Sy onbeperktheid dat hy hierdie bietjie kon neem om die oorvloed te voed. Hy is die skat in ons erdekruik en oorvloed van krag wat gesien kon word. Ps.37:5 Laat jou weg aan die here oor en Hy sal dit uitvoer.
HY HET DIE HONGERIGES DEUR
SY EIE DISSIPELS GEVOED:
Vs.11 Hy het dit aan Sy disspels uitgedeel en hulle weer aan die skare.
Uit hulleself kon hulle niks doen nie, om die nood van hierdie skare te voed nie, maar deur Hom kon hulle alles doen wat hulle nodig gehad het. Ons versadiging is in die Here self.
Ons het die hemelse brood wat aan ons gegee is, en sal skuldig staan as ons dit nie gaan uitdeel nie. Verniet het ons dit ontvang, verniet moet ons dit gee.
HY HET GENOEG VIR ALMAL VOORSIEN: vs.11
Soveel as hulle wou hê:
Hulle het die mandjies voedsle bymekaar gemaak en dit was 12 Vs.13 Daar is oorvloed in die voorsienigheid van die Here vir hulle almal. As daar verliese was was die skuld nie by die Here Jesue gewees nie, dit was by die skare self.
Christus is die brood van die lewe is al voldoende vir die wat na Hom toe wil kom.vs.35.