DIE DOEL VAN DIE KERK HANDELINGE 3

VANDAG KAN ONS NIE Sê SILVER EN GOUD HET EK NIE,  MAAR ONS KAN OOK NIE Sê STAAN OP EN LOOP NIE.

1) BENARDE POSISIE:

Vs. 2 Hier het ons ‘n prentjie van nood.  Hy was arm en hulploos, maar was gewillig om gehelp te wil word. Hy kon homself nie help nie, maar moes deur ander gehelp word. As hy skaam was oor sy nood sou hy nooit die genesende krag van die Here Jesus ondervind het nie.

b) SY DOEL: VS.2

“…Hy het almoese gevra”.

Hy het ‘n nood gehad en was gewillig om die nood vervul te kry. Petrus en Johannes wat in kontak was met die die Here was beweeg deur die man se behoefte. Hierdie man het seker gedink dat hy iets groots gaan ontvang, want niemand het van hom kennis geneem nie. Almal het geweet dat hierdie man dag na dag hier gesit en bedel het. Petrus sê vir hom: ” Kyk na ons…”

Kan u vir die mens rondom u sê om na u lewe te kyk.  As u wil weet hoe ‘n Christen moet leef, kan u sê dat hulle na u moet kyk.

C) SY VERTROUE: VS.5

“…HY HET NA HULLE VOL VERWAGTING GEKYK”

Toe Petrus en Johannes gesê het, “Kyk na ons”… het hierdie man so ‘n hoop gehad om iets te verwag. Mense wat vervul is met die Heilige Gees bring ‘n verwagting by die harte van mense. Hulle het nie silwer en goud gehad nie, maar hulle het geloof gehad, en het geloof in die Verlossende Heiland.

D) DIE BELONING: Vs.6

…”In die Naam van Jesus…staan op en loop”.

Hierdie mense het outoriteit en krag van die Here wat Homself aan die man geopenbaar het bewys.

E) SY BEVESTIGING: VS.7

“… En hy het onmiddelik opgestaan …”

Wanneer ‘n arme en hopelose siel in kontak met die Heiland kom, wat die opstanding en die lewe is, sal daar ‘n vreugdevolle verandering plaasvind, die plek van die bedelaar het nou geword die plek van aanbidding.

F) SY BLYDSKAP: Vs.8

“…Hy het opgespring en die Here gedank…”

G) SY BEKENDMAKING: Vs.9

“en al die mense het gesien dat hy geloop en dat hy die Here gedank het”.

H) SY BEWONDERING: VS.11

“…al die mense het na hom gehardloop en groot verbasing…”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00