DIE BOEK TIMMOTHEUS:

INLEIDING:

Die sleutelvers van die boek is 1 Tim.3:15 “…dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God…”

Met die wete moet dit gepaartgaan met geloof, gee Paulus vir ons suiwere lering.

Die eerste en tweede en Titus asook Filemon word as die pastorale briewe beskou, en word aan kerkleiers geskrywe om belisde leiding te gee aangaande herderskap van die skape, van hoe kerke bestuur moet word nadat hy nie meer daar is nie.  11 Tim. 4:7-8.

Hierdie pastorale briewe val reg in die middel tussen die nege gemeentelike briewe of sendbriewe en die nege Hebreeuse briewe nl. die van Hebr. tot die einde.

In die eerste 17 verse is dit ‘n verduideliking waarom Paulus hierdie evangelie geskrywe het met ‘n afsluiting. Dan in vs.18-20 vertrou Paulus hierdie groot boodskap aan Timotheus toe. Hfst 2-3  is ‘n gebed en opdragte.

Dan die prediker en sy verantwoordelikheid.

Hfts.2:1-8 is dit die man en sy publieke gebed.

Die res van die gedeelte gaan dit oor die vrou en haar publieke gedrag.

Hfst.3:1-7 Gee die vereistes van ouderlinge  en die res die kwalifikasies van diakens.

Hfst.2-3 Gee publieke gedrag inligting oor.

Hfst.4-6 Is die fokus op die prediker en sy gedrag, dat hy getrou leer Hfst.4:1-11 en dan die leefwyse Vs.12-16.

Hoofstukke 5-6 wys hy sy ware gedrag teenoor spesifieke klasse: nl die ouder en jonger mense vs.1-2. Die wedu-wees: 3-16; die ouderes: 17-25 die diensknegte: 6:1-18 die rykes: 9-19.

DAN EINDIG DIE BRIEF MET: O, Timotheus bewaar jou pand.

Timotheus was toevertrou met die bestuur en leiding van die Efese gemeente en Titus die kerke te Krete. Hoe onbe-kwaam was hierdie twee manne nie gewees nie.

Omdat Timotheus ‘n jong man was, kry ons sinvolle in-struksies om ook ander aan te moedig om met die Here te wandel.

Ook in hierdie tyd waarin ons leef is dit raadsaam om aan die jong gelowiges leiding te gee van wat die Bybel leer wat ons moet doen ook in die lig van ons voorgangers wat hulle geloof beoefen het en watter lesse ons daaruit kan leer. Daarom die woorde: Stry die goeie stryd, behou die geloof ens. met die gedagte van ‘n atleet voor te hou wat vir jongmense ‘n realiteit is en iets is om altyd voor oë te hou.

Wat ookal die koste is, hou jouself rein. Vir jong Timo-theus was dit ‘n voorreg om die vriendskap met Paulus te geken het. Hy was een van Paulus se eie bekeerlinge 1 Kor.4:17. Hy verwys na hom as sy eie seun.

Dit was tydens die besoeke van Paulus in sy jong dae wat hy Listre besoek het toe die mense die apostels wou aanbid waar hulle gepoog het om sy lewe te neem. Dit was hier waar Timotheus vir Paulus hoor preek het, en gesien het hoe hy die siekes gesond gebid het en hom gehoor het terwyl hy die skare toegespreek het, en hom as gestening gesien het en as dood agter gelaat het.

Die volgende dag het Paulus opgestaan en weer in die stad ingegaan en was daar een van die mees entosiastiese be-keerlinge Eunice en sy seun Timotheus gered.

Toe Paulus by Listre gekom het op sy tweede sendingreis het hy Timotheus saam met hom geneem vir ‘n veldtog. Wat ‘n ervaring moes dit nie vir so ‘n jong man gewees het nie. Na baie jare van opleiding onder hierdie kragtige in-strument van die Here was Timotheus toevertrou met die gemeente van Efese. Dit het hierdie jong man aan gewel-dige probleme blootgestel .

Om oor te neem by so ‘n groot leier soos Paulus in so ‘n groot gemeente. Hy moes so onwaardig gevoel het om dit te doen. Hoe het hy nie op die Apostel geleun vir advies en leiding nie. Dit was terwyl Timotheus as prediker in Efe. opgetree het dat Paulus aan hom hierdie twee briewe skrywe, as briewe wat hom moes onderrig en lei, maar wat ‘n handboek vir geestelike leiers geword het deur die eeue heen.

Paulus gee opdrag aan Timotheus om ernstig met valse leraars te handel, en om publieke aanbidding te bestuur, en om kerk leiers te kies wat aan sekere vereistes voldoen. Die belangrikste is dat ons lewens sal lei wat ‘n voorbeeld vir ander sal wees.

Daar was ‘n groot groep van gereddes wat geweldig toe-geneem het. Binne die volgende 50 jaar was daar soveel van die ongereddes wat na die Here Jesus gekom het uit heidense agtergronde.

Iets wat ons moet onthou uit die tyd van die vroeëre kerk, was dat daar geen kerk geboue was nie. Christene het in huise bymekaar gekom. Daar was eers na die eerste 200 jaar die eerste kerke gebou. Toe Konstantyn ‘n eiende aan die vervolging van die Christene gemaak het.

Dit het beteken dat daar letterlik honderde klein huis kerke was, met elkeen sy eie leraar. Die predikers het as ouder-linge bekend gestaan (Hand.20:17) In die skrywe aan Timotheus het hulle as (biskoppe) (opsienersamp) in die Engels bekend gestaan. (3:1)        

Timotheus was toevertrou om met hierdie geestelike leiers te skakel, en maan Paulus Timotheus aan om ‘n lewe te lei wat ‘n voorbeeld vir almal sal wees. Paulus moes sy eie mense oplei.  Ten spyte daarvan dat daar geen seminare of geboue was nie het die kerk onder geweldige vervolging gegroei.

1)    WAARSKUWING TEEN VALSE LERINGE:

1 Tim.1

Paulus verwys na Timotheus as sy seun in die geloof. Hier-uit is dit duidelik dat Paulus hom na die Here gelei het. Hier is ‘n voorbeeld van een wat die Here Jesus as redder ontvang het omdat die ouers die voorbeeld gestel het om hulle kinders na die huis van die Here te bring. Dit is hier-die soort voorbeelde wat ons in die ouers moet stel om my kind te kweek in die vrese van die Here.

Dit is nog altyd die probleem van die kerk dat daar voort-durend valse leinge kerke wil infiltreer en hoe nader ons na die einde kom hoe erger sal dit begin raak. Dit is by tye moeilik om dit te onderskei omdat mense hulle leringe ook op sekere gedeeltes van die Skrif staaf, en verklaar en ver-duidelik dit nie reg nie.

Die kerk het onderrig in die suiwere waarhede van die Skrif nodig. Dit moet nie vervang word deur allerhande ge-bruike en tradisiese nie. Paulus verwys na die wonderlike boodskap van geseënde hoop. Daarom moet Timotheus waak teen enige ander leringe.

Paulus maan Timotheus aan om die geloof te behou met ‘n goeie gewete, omdat dit die mens sal red van geestlike bankrotskap. Dit is pragtig om ‘n skip op die oseaan te sien beweeg vanuit die hawe maar dit maak jou soms benoud as jy besef watter geweldige ontberinge die skip soms moet deurgaan.

Paulus verwys na die wat die gloof behou het met ‘n goeie gewete.

DIE GEVAAR VAN ONSTABILITEIT.

Selfs in die eerste eeu toe die kerk aan die brand was vir die Here moes Paulus sy jong geestelike leiers waarsku teen die valse leringe wat deur die eeue nooit verander het nie. Paulus was 7 jaar van te vore by Efese. Hy het hulle gewaarsku, dat wreedagtige wolwe binne sou tree wat die kudde sal wil probeer vernietig. Hand.20:29-30.

Timotheus was volskaals hiermee gekonfronteer, en Paulus verklaar aan hom dat meer as ooit van te vore moet duide-likheid van lering aan die gemeentes gepredik word. Hy wil ook duidelikheid van lewe beklemtoon.

Hy weet dat iemand die hele Woord van die Here kan glo maar ver daarvan kan lewe. Dit is hartseer dat dit kan ge-beur maar dit gebeur.  Hy bevestig aan Timotheus dat die beste manier om ‘n verkeerde lewe te weerlê is deur reg te lewe. Onthou vir baie is ons die enigste Bybels wat mense lees. ‘n Christen moet ‘n hoër standaard lewe as wat die wêreld lewe, of anders dryf ons mense van die Here af weg

Dat daar nooit van ons gesê kan word dat mense eerder nie ‘n Christen word as hulle na ons lewens sou kyk nie.

Sy lewe moet ‘n weerspieling wees van die waarheid wat hy uitleef. Hy daag Timotheus uit om ‘n goeie soldaat vir die Here Jesus te wees. Ons hoef nie hard vir die waarheid te veg as ons reg lewe nie. Dit wat Timotheus preek sal bekragtig word deur wat Timotheus is. 1:18.

Paulus verklaar nederig: 1:15 “Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.” 

Hier kry ons ‘n beeld van iemand wat meer vir die Here Jesus gedoen het seker as enige iemand anders, en tog sy knieë buig in onwaardigheid. Hy was ‘n lasteraar, en het die Here Jesus hom as ‘n apostel uitgewys. Hy wat Hom eens vervolg het verkondig nou. Hoe nader ons aan die Here Jesus kom hoe meer besef ons dat ons niks is nie.

‘n Goeie sanger kan mooi sing tot hy by ‘n beter sanger kom dan voel hy so onwaardig. Hoekom mense nie sensi-tief is vir sonde nie is omdat ons nie naby genoeg aan die Here Jesus wandel nie. Hy voel dat sy wonderwerkende redding  ‘n voorbeeld moet wees van wat die Here met die grootste van sondaars kan doen. 

RIGLYNE VIR DIE KERK: 1 Tim.2:3.

Die kerk het ‘n hoë roeping. Ons het nie net die verant-woordelikheid om die mens van die Here Jesus te vertel nie, maar ook om tot die Here te roep vir kosbare siele se behoeftes. 1Tim.2:1-2.

“In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense vir konings en almal wat hooggeplaas is, …”

Hy leer ons dat ons vir leiers moet bid. Ons moet onthou dat Nero die hoof van die Romeinse ryk was in die tyd. Dit was in hierdie omstandighede wat Paulus gevang was en geweet het dat hy binnekort onthoof gaan word. Dit beves-tig dat ons vir beide goeie en slegte leiers moet bid sodat ons ’n “rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.”   

Dan herhinder hy ons dat wanneer ons bid: 2:4-5 “wat wil hê dat alle mense gered moet word en tot die kennis van die waarheid moet kom, want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mens Christus Jesus.”

Hy herhinder ons dat ons direk na die Here kan gaan met ons behoeftes, en nie iemand anders nodig het om na te gaan nie. Ons Heiland staan in ons plek om vir ons in te tree.

As ons na die Here Jesus kyk wat ons moet veroordeel en sien dat Hy in ons plek gesterf het, vir ons sondes en ons sien dat die Here Jesus aan die regterhand van die Vader staan om vir jou en my in te tree.

Paulus sê vir ons dat ons in alle omstandighede rein moet wees in lewe en optrede. Hfst.2.8-10. Dit beteken dat jy en ek nie met onwaardighede na die Here toe kom nie maar dat werklik met rein hande voor die Here kan staan. 1 Joh.1:9

KERK LEIERS:

As ons aan kerk leiers dink, dink ons aan ‘n die wat promi-nent in die kerk is. As die kerk haar roeping moet vervul om die evangelie te verkondig en vir almal te bid moet dit goed bestuur word, want dit is die ware rede vir haar be-staan. Daar is twee ampte wat Paulus beskrywe in hierdie gedeelte: Die ouderlinge en diakens.

Nadat Paulus die amp van ‘n ouderling in die geval die leier van ‘n huiskerk beskrywe stel hy die vereistes vir die se lewe. Dit moet mense wees wat ‘n voorbeeld in lewens wandel is. 1 Tim.3:1-11.

Die prediker moet ‘n man wees wat blaamloos is. Wat net een vrou het, nugter ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig, geen drinker, geen vergter, geen vuilgewin soeker, maar vriendelik, geen strydlustige, geen geldgieri-ge, een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. ens

Dit is so belangrik dat die kerk goeie leiers het. ‘n Goeie leier sal sy kerk tot hoër hoogtes lei. Diakens moet morele kwalitiete besit soos die ouderlinge en die prediker. Die bediening is verskillend en is daar om mekaar aan te vul.

Paulus wys ons na die nood van ‘n Christelike optrede. Kerk maniere het iets los geword in die dag waarin ons staan. Dit maak al die verskil in hoe ons optree. Optrede openbaar karakter. Dit is wat ons is wat tel en nie wat ons sê nie.

DIE KERK:

Paulus gee ‘n pragtige beskrywing van die kerk en stel haar doel. 3:15 Vertel ons hoe ons moet optree. “Hoe iemand hom moet gedra in die huis van God.” Die kerk hou alle waarheid op in die lig van die Here Jesus Christus. Sy is die enigste aardse instelling waardeur die Here Jesus prediking aangemoedig het.

RIGLYNE VIR DIE PREDIKERS: 1 Tim.4-6

Paulus waarsku die jong man dat hy moet weet dat in die laaste dae sommige van die geloof afvallig sal word, en allerhande valse leringe sal aanhang. Hulle sal jou leer dat as jy heilig is jy nie meer hoef te trou nie, bly sommer saam, ook moet jy nie eet en drink nie, jy moet aan die eenkant allerhande wetgewinge onderhou of jy moet net eenvoudig losbandig leef en doen net wat jy wil doen.

Hy sê aan Timotheus keer jou weg van hierdie dinge af, en leef heilig. 1 Tim.4:8 “Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid (heiligheid) is nuttig.”

Godsdiens is ‘n uitnodiging tot die gewone lewe, en dat as ons Hom gehoorsaam ons die loon daarvan sal ontvang. Betaal dit ons aan die einde van ons lewens om die Chris-telike geloof na te jaag, wat leer die kosbare Woord van die Here vir ons: “Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word…”

Die Here het net een Seun gehad wat Hy gestuur het om ‘n

Prediker te wees. Moet nie aan die ewigheid dink in terme van die materieële of die fisiese nie, of dit wat jou liggaam bevredig nie, maar dink aan dit wat ewigheids waarde het nl. ‘n lewende en heilige verhouding met die Here Jesus Christus.

Wees ‘n voorbeeld in woord en wandel in liefde en geloof en reinheid. Die beste manier om in hierdie geveg waarin ons betrokke is deel te neem is om volgens Bybelse begin-sels gewapen te wees. As jy die Here ‘n kans in jou lewe sal gee, sal die Here die res kom doen.

As ek suksesvol in die bediening wil wees moet ek myself uitgiet in die Woord van die Here, en dit vereis my hele wese. Ons moet wyslik met vrees en regverdigheid handel.

Die leiers moet ge-eer en ondersteun word, en moet regge-help word as hulle verkeerd wandel, sodat andere gewaar-sku moet word. Sonde mag nooit verskoon word nie.

Dan sluit Paulus af: 6:12 “Stry die goeie stryd van die geloof…”  Die Here Jesus maak Sy aanspraak op die hele wese van die mens, en beteken dat ons nie ons geestelike lewe ligtelik moet opneem nie. Ons gaan nie in gemaksug die ewige lewe betree nie, ons moet veg om te oorwin.

Uiteensetting van1 Timotheus:

A)Aansporing: 1:18; 6:13, 20 Bewaar die inbetaling.

Hoofsaaklik ‘n verduideliking: 1:1-17

Die aansporing ingelei: 1:16-20

b)    DIE BYEENKOMSTE EN ONS OPTREDE:2-3

b)    Die erns van orde. 2

Die man in publieke gebed: 1-8

Die vrou in haar publieke optrede. 9-15

Rakende die bediening: 3

Kwalifikasies vir die ouderlinge 1-7

Kwalifikasies vir daikens: 8-14

2)    DIE BEDIENAAR EN SY OPTREDE: 4-6

b)    Vir die gemeente in die algemeen: 4

Die goeie herder is getrou in sy lering: 1-11

Die goeie herder en sy lewensvoorbeeld 12-16

b) Teenoor spesifieke klasse: 5-6

Ouers en jongers vs.1-2. Weduwees 3-16 Ouderlinge 17-25 Diensknegte: 6:1-18 Rykes: 9-19.

Afsluiting:6:20-21.

11 TIMOTHEUS:

30 EIENSKAPPE VAN BOSE MENSE:

1) Liefhebbers van hulleself: vs.2 hulle is mal oor

    hulleself.

2) Geldgieriges: Mal oor geld sal hulle siele verkoop om

    geld na te jaag ook Luk.16:14.

3) Grootpraters: Vs.2 Self verheerlikers ook Rom.1:30.

4) Trotsaards: Vs.2 Self bevredigend en belangrik in

hulleself Ook Rom.1:30

5) Lasteraars: Matt.12:31

6) Ongehoorsaam: Ongehoorsam aan enige vorm van

    gesag ook ouers. Rom.1:30.

7) Ondankbaar: Is nie dankbaar oor wat die Here oor hulle

     pad toelaat nie alles loop net altyd verkeerd. Luk.6:35

8) Onheilig: Sonder respek, geen ontsag doen net eie ding.

    1 Tim.1:9

9) Sonder natuurlike liefde: Leef in onnatuurlike wysens

    soos die homosekseule. Rom.1:31

10) Onversoenlik: Leef altyd in konflik met ander

       Rom.1:31.

11) Kwaadsprekers: Bring valse aantuigings teen persone

      skinder  Joh.6:70; 8:44

12) Bandeloos: Geen beheer oor hulle aptyte nie en drange

      nie

13) Wreed: wild en onopgevoed kom net hier voor.

14) Sonder liefde vir die goeie: Is onvriendelik teenoor die

      wat goed doen Alleen hier.

15) Verraaiers: Is bereid om ande te verraai, Luk.6:16;

       Hand.7:52.

16) Roekeloos: Haastig in spraak en optrede en dink nie

    aan gevolge van stelling wat gemaak is nie. Hand.19:36

17) Verwaand: Spreek sinneloos, en deurdink nie sake nie,

       maak sommer stellinge.

18) Meer liefhebbers van genot: Soek net sensasionele

      sake en gebeure op, en vereer hulle eie god.

19) Het die gedaante van Godsaligheid: Godsdiens is net ‘n

      kreet, of filosofie en is nie in hulle harte nie.

20) Verloën die krag van redding: Keer jou van dieslukes

       af.

21) Hulle gebruik hulle gedrag om by huise in te sluip

PAULUS SE BRIEF AAN TIMOTHEUS:

INLEIDEND:

As deel van die vier pastorale briewe vorm dit die raamwerk van die deurgang na die ewige lewe. Die 27 N.T. briewe is almel in sekere volgordes geinspireer en moet ons du ag gee op wat die Here vir ons wil leer. Die erste 5 briewe van die N.T. Matt – Hand. lê die fondasie van alles wat ons moet weet die volgende nege briewe aan die sewe gemeentes die sendbriewe vorm een van die pilare waarop die N.T. gebou is en die nege laaste nege briewe was aan die Jode wat in die verstrooing of vervolging is geskrywe. Ulle het beiede as pilatre met geloofsekerhied begin en vorder dan tot die Christen se wandel ne sluit dan af met die heerlike realiteit van die wederkoms van die Here in Thess. vir die Heiden en Openbaring vir die Jood.

Die pastorale briewe was nie soseer leerstellig gewees nie maar gevul met praktiese wenke rondom die gemeente werk en die hantering van sosiale aspekte. Hierdie vier briewe was 1+2 Tim. Titus, en Filemon.

Hierdie veral tweede brief van Paulus is aan die einde van sy lewe geskryf, en was daar sekere dinge wat as passie in sy hart geleef het: Een darvan was die kommer soos deur die eeue dieselfde die valse leringe, die feit van lewe en die ewige heerlikheid wat jou en my te wagte staan wat die Here Jesus liefhet maar die vreeslike realiteit wat ons te beurt sal val indien ek nie gereed is om die Here te ontmoet nie.

Sy brief is basie in drie hoof indelinge ingedeel:

1)       Die lewe in Christus:

2)       Die lering van Christus.

3)       Die beloning wat ons te wagte is.

1)     Die lewe in Christus:

Pauls begin in alby briewe om te wys dat lewe veranderinge bring. In sy eie lewe was hy ‘n vervolger van die Evangelie en kragdadig tot bekering gekom en noem hy homself die as die vernaamste van sondaars Vs.15.

a) Hy verklaar wat ie Evangelies is: Dit gee liefde.

Elkekeer wanneer hy na die Evangelie verwys noem hy dat dit ‘n betroubare woord is:

Betroubaar om my te red Die Here Jesus het in hierdie wêreld gekom om sondaars te red. Vs.15 en aan my barmhartigheid te gun. Vs.16

Om aanbidding in my hart te bring: Aan die koning van die eeue die onverderflike onsienlike aanleenwyse God kom toe die eer en heerlikheid tot in alle ewigheid amen, Dit is ‘n boodskap wat verkondig moet word want dit gee lewe.

Die doel van die gebod is: Liefde uit ‘n rein hart, en ‘n geoeie gewete en ongeveinste geloof. vs.5

b) Dit gee krag: Krag om my getrou te maak om sy gebooie te onderhou en hom in die bediening te stel. Vs.12.

Krag om oorwinning oor sonde te smaak, Hy wat ons Middelaar tussen God en die mens is verlos ons. 2:5

Dan wys hy vir ons op die praktiese samelewing wat die Here van ons verwag.

2 TIMOTHEUS:

Die outoriteit wat ons in die Here ontvang nl. nie ‘n gees van vreesagtigheid nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 1:7

Die outoritiet is dat ek my nie want ons weet in wie on glo. 1:12 wat ook ons pand bewaar in liefde. Vs.14

Lering:

Ly verdrukking vs.3 soos krygsman: Soldaat. In ‘n stryd gewikkel.

As altleet voldoen aan die vereistes

As landbouer werk hard want sal dan vrug geniet.

Dan die vermanininge van hfst.3:1-7 en 1 Tim.6:3-5 Nuttelose stryery en self gesentreerdheid.

Die waarheid van Evagelie maak vry, is teenstrydig teen die doodse leringe van menslike insettinge. Weerlê allerhande dwalinge van Gnostieke en Judaisme.

Wees navolger in planne en lewenswandel en leer en geloof. Sal vervolging ontvang.

Daar is ‘n dag van oordeel wanneer die lewende en die dode geoordeel gaan word by SY verskyning.

Paulus sien uit na die einde van sy lewe en weet dat hy gewandel het in alles wt die Here van hom verwag het 2 Tim.4:6-8

Die verlossing sal ook van elke bose werk of invloed wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00