DIE BOEK HEBREERS: 1 Kor. 10 : 1-11.

INLEIDING:

Die Boek Hebreërs is ‘n Goddelike geinspireerde boek oor die O.T., wat spesifiek oor die eerste 5 boeke van die O.T. en die Psalms handel. Dit bring die omswerwinge van die volk van die Here deur die wildernis na ons terug, die wonder van die Tabernakel, en die verklaring van ver-skeie offers en dienste in die aanbidding van die vroeëre Israel deur.

Die boek Hebreërs begin met die 24 ste hoofstuk van Exsodus. Hier word niks van die Pasga genoem nie. Dit het te doen met mense wat reeds gered is, en verwys na “heilige broeders”  “wat deelgenote is van die hemelse roeping is” (3:1) Die boek is nie bekommerd oor die feit dat die volk uit Egipte is nie, maar daaroor dat hulle in Kanaan moet kom.

Paulus sê dat al die vaders onder die wolk was en dat almal deurgetrek het deur die Rooi see en dat almal dieselfde geestelike spyse geëet,  en ge-drink het, omdat hullle van die Rots Jesus wat gevloei het gedrink het.  1 Kor.10:1-4.

Dit is duidelik dat die mense van Israel dieselfde geestelike verhouding gehad het tot die Here Jesus nl. geloof wat in hoofstuk 1 vir ons spesifiek uitgebeeld is.

Die hele simboliek in die boek is nie tot ongered-des gerig nie, maar tot die wat reeds gered geraak het, wie se sondes vergewe is, en wat nou in die tweede stadium van hulle lewens van die krises in die werk van volle verlossing van die nuwe verbond staan.

Die nuwe verbond word twee keer in die brief vir ons omskrywe.

1) Dit omsluit die wet van die Here wat in die    gedagtes en die harte van Sy kinders geskyrwe word – harte so verander dat hulle in volmaakte harmonie met die wil van die Here gebring word.

2) Dit omsluit die vergifnis van sonde, wat nie net die vergifnis van die oortreding van sonde, maar ook die reiniging van “inwonende sonde” of die “vleeslike gedates” of te wel die reininging van altwee sonde behels. 

3) Dit verheerlik die Here as die enigste en opperste Onderwerp van aanbidding en verheer-liking, die hart so gereinig is dat jou emosies of wese gerig is op die dinge wat daarbo is, sy wil om altyd gehoorsaam te wees aan die wil van die Here, en Sy  gedagtes, die gedagtes van die Here kan wees.

Die brief is uniek in die opsig dat die brief nie soos die ander briewe begin met ‘n groet nie, of die naam van die persoon wat die brief geskrywe het word nie genoem nie, of die kerk aan wie dit geadriseer word genoem nie.

ALGEMENE OPMERKINGS:

1) Die Belangrikheid van die Brief:

Die boek omskrywe vanaf die begin van die geskiedenis van die mens en gebruik feitlik elke menslike beeld in die Bybel om sy argumente te staaf. Dit is nie net die som totaal van die Wet nie, maar ook die som totaal van die Evangelie, en sal die wet van Moses nooit verstaan het as dit nie vir die boek was nie.

Paulus het as tema vir hierdie brief:  “Christus is die vervulling van die wet van geregtigheid in hulle wat glo geneem.” Alles wat hy omskrywe draai rondom hierdie begrip.

Die boek is so diep en die verborgenhede so groot en die uiteensetting van waarhede so aan-grypend dat dit van toepassing op die hele lig-gaam van Christus oor al die tydperke en die bruikbaarheid van waarhede so belangrik en noodsaaklik is dit ons tot die volmaakte Lig lei.

2) Adres tot die Joodse Christene:

Die brief was oorspronklik gerig tot die Hebreeu-se Christene in die lokale gemeenskap.

Die brief was waarskynlik aan die in Alexandria gerig maar meer waarskynlik tot die Christene in Palistina en spesifiek tot die kerk in Jerusalem waarvandaan daar noue kontak was met die Jode wat versprei was regoor Asia.

3) Die Outeur:

Ons is nie seker nie maar waarskynlik was Paulus die outeur en wou sy naam nie hiermee koppel nie omdat hy onder die heidene gewerk het en nie onder die Jode nie.

4) Die Oorspronklike Taal:

Na alle waarskynlikheid is die boek in Grieks oorspronklik geskrywe en nie in Hebreeus en later vertaal na Grieks toe nie.

5) Die Datum van die Brief:

Die datum van die brief is na alle waarskynlik-heid tussen 64-67 n.C. en sluit die ou despensasie af. Die Christene het die inval op Jerusalem as die laaste oordeel van die Here beskou en as die dag van Sy besoeking.

6) Die Doel:

Die doel van die brief is om die Joodse Christene in hulle geloof te bevestig in hulle geloof en om hulle te beskerm teen die dwaalinge van Juda-isme. Die doel van die skrywer was onthul in die ware natuur van Christenskap. Hy het die Heer-likheid van die Seun bo die van Moses en Engele en Aaron gestel. Hier is ook ‘n opvallende kon-tras tussen die Ou verbond van woorde teen die Nuwe verbond en geloof.

Een van die wondere van die boek is die aan-bieding van Christus as priester. ‘n Waarheid wat nie in enige ander brief van Paulus bevind word nie, alhoewel priesterlike bedieninge net genoem word. Om die boek reg te verstaan moet ons dit uit die oogpunt as “Christus ons Hoë priester” beskou. Alle ander waarhede draai rondom hierdie beginsel.

BEGINSELS VAN INTERPETASIE:

Daar is ‘n paar belangrike beginsels in die boek nl.

1) Om ons in die teenwoordigheid van die Here in te bring.

2) Om in die teenwoordigheid van die Here te kom, moet ons heilig wees. Die  hooftema van die brief is heiligheid, en die persoonlike en gees-telike ondervinding is onder verskillende aspekte hanteer, wat die persoon en die werk van die Here Jesus  beklemtoon.

3) Die volk van Israel is nou ‘n tipe van die werk van die Here onder nie Nuwe bedeling of ver-bond. Die klem handel nie oor hulle verlossing uit Egipte nie, maar hulle onwilligheid om die land Kanaan in te gaan, en hulle omswerwinge in die woestyn, die Tabernakel, die die artikels en meubels daarbinne, die priesterskap en die Dag van  Versoening, en word alles in verband ge-bring met Christus en Sy verlossende werk vir  ons.  

Die brief word onder hierdie hoof katogorië ingedeel nl.

   DIE ASPEKTE    GEESTELIKE     WAARSKU                      

    VAN                 WAARSKUWINGS:  WINGS

   CHRISTUS:                                       TEEN

1) Christus se       Die Groot

    Godheid           Verlossing                Nalatigheid.

2) Christus se     Heiligmaking          Verhardheid     

    menslikheid                                      van harte.

3) Christus as      Die rus                    Ongeloof.

    Apostel            van geloof    

4) Christus as         Ewige                  Onverskil-

    Hoë Priester       Verlossing                ligheid.

5) Christus en       Christelike               Traagheid.

    die beloftes        Volmaaktheid                  

6) Christus en        Die Aller-               Doelbewus

 die Heiligdom      heiligdom                sondes.

7) Christus en  die    Heiligheid        Afvalligheid.

    Erfgenaamskap                  

Ons sal opmerk dat hierdie waarskuwings kom in toenemende mate voor nl. soos in tabel 3 gesien kan word.

DIE VERMANENDE AARD VAN DIE RIEF:

Die strekking van die hele brief is vermanend van aard. Elke beeld wat uitgelig word is in die erns van die toekomstige oordeel wat aan die kom is. Die kommer van die skrywer is om hulle ernstig te vermaan teen die terugkeer na Judaisme. Hy bly die twee groot gawes wat die Here aan Sy bruid gegee het voor te hou nl.

1) Dat die Here Sy Seun gestuur het, om ons van ons sondes te verlos.

2) Dat Christus die Heilige Gees gestuur het aan die kerk vir sy reiniging en heiliging.

Alhoewel hy die krises van die gereingde lewe voorhou, het hy nooit die belangrikheid van groei en ontwikkeling van hulle weerhou nie. 

Soos redding ‘n krises ervaring in die Christen se ondervinding is, wat die lewe van vrede met die Here inlei, so is heiligmaking ‘n krises ondervin-ding wat die lewe van heiligheid inlei. Die laaste is besonders daarin dat dit plek maak vir die in-woning van die Here Jesus in die volheid van die Heilige Gees. Om in ‘n krises te kan rus is die doel van oorwinning. Ons rus nie in ‘n heilige lewe nie, maar in die Here Jesus self, wat in ‘n heilige lewe of hart woon. Ons werk ook nie in ons eie krag of sterkte nie, maar deur Hom wat in ons werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.

Die outeur is diep daaroor besorgd dat die wat deur die allerheiligdom ingegaan het, kan getuig dat hulle ‘n lewe lei wat absoluut aan die Here toegewyd is. Om met die Gees van God vervul te wees is om God beset te lewe. Mag die Here ons help om nie net kennis op te doen van hierdie wonderlike warhede in die boek nie, maar om deur hierdie rykdomme besit te wees wat beide ons Middelaar, ons Groot Hoë Priester en ons Verbond en ons Leersmeester van Heiligheid mag wees.

HEBREëRS 1

CHRISTUS DIE BETER OPENBARING:

INLEIDING:

Na aanduiding van die drie boodskappe wat ons aan u gebring het aangaande die Duiwel is dit goed om nou te kyk na die Here Jesus en Sy stand waarin Hy Homself kom openbaar.

Vandag gaan ons stilstaan by die:

1) WESE VAN DIE HERE JESUS:

Met die Wese van die Here Jesus word bedoel Sy hele bestaan. Hierin sien ons dat Hy:

a) HOMSELF AANKONDIG:

Hy kondig Homself aan as die:

i) Die Mondstuk Vs.1

In die Ou Testament het die Here Homself aan die mens op baie verskillende kere openbaar deur aanvanklik eers net twee wette aan die mens te stel, met Noag was daar 7 wette wat hy moes gehoorsaam en met Moses 10 wette en later selfs baie meer.

Die Here moes Homself geleidelik toenemend in Lig openbaar omdat Sy grootheid so geweldig is en die mens so geweldig beperk in sy insig is dat daar verskeie maniere was waarin Hy dit moes doen.

Hy het op baie maniere dit kom doen, deur profete, (daar was 49 profete saam met Johannes die Doper en 7 vroue profetesse in die O.T om die boodskap van die waarheid van die Here Jesus aan die mens te kom probeer verklaar. Johannes het in die woestyn uitgeroep, en weerspieël die dringendheid van die Vader se hart aan die mensdom) rigters, konings, priesters, deur die Skepping, deur die ornamente nl. die Tabernakel, die Tempel, deur drome, deur wonders  wat Hy aan Sy volk kom verrig het en dan veral deur die Lam wat vir hulle geslag moes word.

Al hierdie voorbeelde in die O.T. was gebrekkig van aard.

Die Here kom gee die finale openbaring van Sy Woord deur Sy Seun.

a)Die Here Jesus moes vlees geword het en onder ons kom woon het.

b) Hy moes die vlekkelose Lam gewees het, sonder gebrek en skuld en volmaak in Sy bediening om die monstuk vir ons in die Nuwe Testament te kon word.

C) Hy moes die finale offer kom bring sodat die Woord wat vlees geword het, elke aspek van die mens in sy wese kom vervul het.        Daarom dat

11Tim.3:16 vir ons sê:                   “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.”

Die Here Jesus openbaar die Vader. Joh.1:18 “Niemand het ooit God gesien nie; die enigge-bore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar”.

Daarom dat Hy ons Middelaar is en sê 1 Tim.2:5

“Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,”

ii) Die Skepper: Vs.2

In Sy mag was die vermoeë om dit wat nie bestaan het nie tot stand te reop. Alles wat Hy was en wat Hy gedoen en geskep het, het die Vader openbaar.

Kol.1:16 Sê: “…want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele is…”

Merkwaardig dat Hy die mag in Sy hande het om alle uitspansels en stelsels tot stand te roep en te orden.  Dat die hele skepping in Sy hande tot stand gebring is.

Hebr. 1:2 Sê: “…deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.”

Nie net het Hy dit geskape nie, maar deur die Here Jesus word al hierdie wonders in stand gehou.

Ps.19 Sê dat die uitspansel verkondig die lof aan die Here, Rom.1:20  Sê:                                 “Want Sy onsigbare dinge kan van die begin van die Skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word,…”

iii) Hy is aangestel: Vs.2

Die aanstelling van die Here Jesus in hierdie heerlike staat was a.g.v. Sy oorwinning oor die duiwel en die hel. Hy het gekom om ons los te koop sodat ons volgens Efe.1 erfgename en mede erfgename met Hom, kan wees.

Hy het aan ons die erfporsie van die Ewige lewe nagelaat, sodat ons die verwagting en die ver-lange mag hê om saam met Hom eendag mee-gevoer te kan word, en saam met hom ook nou reeds in hemelse plekke mag sit.

Nie net van ons lewens nie, maar van alles wat was en is en wat sal kom, sal Hy die erfgenaam wees, want Hy het dit met Sy bloed kom koop.

2) HY IS ONVERANDERLIK IN SY AARD: Vs.5-13

Wat hiermee bedoel word is dat die Here Jesus in Sy wese sekere eienskappe het wat nooit veran-derlik kan wees nie. Hebr.1 Lig die Ewige be-staan van die Here Jesus vir ons in besonder uit

i) AS DIE EERSGEBORENE IN DIE WêRELD: Vs. 6.

Merkwaardig dat Adam en Eva die eerste mense was wat op aarde gebore was. Hulle was beson-ders in hulle stand en uitrusting en outoriteit en tog het hulle gefaal. Hulle was beklee met glans en heerlikheid Ps.104:1-2. Hulle was gekroon met heerlikheid en eer Ps.8 en Hebr.2. Hulle het die diere geroep en het die diere op hulle bevel gehoorsaam en na hulle gekom.

Tog het Adam en Eva wat  volmaakte harmonie met die Here geken het, en ‘n blik van die Ewige lewe gehad het dit veruil vir die vuilheid en vervallenheid van sonde.

Die Here Jesus het as die Tweede Adam gekom om ons weer in ons stand met die Here te herstel. Ons kry nou die voorreg om weer die Ewige lewe te mag sien, om ‘n blik te kry in die ewige heer-likheid, en verborgenheid, en is herstel in ons harmonie met Hom as ons Hom met ‘n volkome hart sal dien.

Die oorwinning was so  geweldig dat die engele nou as dienende geeste dien, net om die Here Jesus te aanbid.

Ons sal ook elkeen ons knieë voor die Here moet buig want                                                    “…elke knie sal eendag nog voor die Here buig”.

Hy is die eerste wat uit die dode opgestaan het en die duiwel en die hel oorwin het.

ii) HY IS VAN ALLE EWIGHEID AF: VS.8

In Miga 5:1 sê hy:                   “…en Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid”

Hierdie stand van Hom was nog altyd as heerser  waarin Hy Sy septer of Sy mag van alle ewigheid af behou het. Hierdie stand was gekoppel aan Sy Koningskap, dat Hy gesalf was met vreugde olie.

Hy het die aarde gegrondves reeds van die begin van die bestaan af, maar ook die hemele is die werke van U hande.

iii) HY IS ONVERANDERLIK Vs.11-12

Hebr. 13 Sê vir ons dat die Here Jesus “Gister vandag en tot in alle ewigheid dieselfde bly”

Wat ‘n wonderlike vertroue mag ons nie in Hom hê nie. Nooit sal Hy in Sy wese verander nie, nooit sal daar ‘n oomblik aanbreek waarin Hy ons sal teleurstel nie, nooit sal Hy ons faal indien ons ons kant van die voorwaarde nakom nie.

Daar kom ‘n stadium dat ons verhouding in Hom so gewortel raak dat dieselfde konstantheid wat Hy het, Hy in ons kom bewerk, sodat u die oorwinning van die Here Jesus in elke aspek van u lewe kan ervaar. Hy het alles onder die mag van Sy hande, en daarom is alles onder Sy beheer.

Ironies dat die Here ook Sy raadsplanne kan verander in antwoord op gebed. Dink aan die stad Nineve: Die Here het in Sy hart Hom voor-geneem om die stad te verwoes en hier kom die inwoners van die stad en bekeer hulle radikaal tot die Here en die Here het berou gekry dat Hy hulle wou verwoes en spaar die inwoners van Nineve weens hulle bereidheid om met sonde te breek. U kan die onveranderlikheid van die Here verander deur u keuses wat u uitvoer.

3) KOM ONS KYK NA DIE ADELHEID VAN DIE HERE: Vs.13-    

     14.

Hierin sien ons dat Hy absoluut heers.

Hy sit aan die regterhand van die Vader. Ps.110:1-2

Al die engele en bo-natuurlike wesens, is aan Hom, die opperste Wese onderworpe.

Hy heers oor die vyande en het selfs hier op aarde kom bewys dat Hy heers oor die dood, die natuur en oor die duiwel in die gebeurtenisse in volgorde uiteengesit volgens Markus.

Hy heers ook oor die mens waarin Hy Sy saligheid wil kom openbaar. Hy is Koning Hy is Koning, en daar is niemand soos Jesus nie.

Hy het gekom om soos reeds genoem het, net eenvoudig oor die duiwel te kom triomfeer deur hom in sy eie gebied te oppeneer en uiteindelik vir ons aan die kruis die duiwel uit te klee.

Is u in oorwinning oor sonde, of het die sonde nog sy heerskappy oor u.

BOODSKAP 2

INLEIDING:

Ons het verlede week stilgestaan by die wese van die Here Jesus, en gesien dat dit die aspekte van die Mondstuk, die Skepper, die Ewige en die On-veranderlike behels.

Vandag gaan ons stilstaan by die karakter eienskappe en die Posisie wat die Here Jesus beklee, en dit alles uit Hebr.1

Kom ons kyk nou na die:

1) KARAKTER VAN DIE HERE JESUS:

 A) IN SY HEERLIKHEID: vs.3

Dit beteken letterlik: Glans, skittering, uitnemende skoonheid.

Josephes vertel vir ons dat die tempel 9 poorte gehad het waarvan die skone poort die grootste was en by uitnemendheid die meeste geskyn het. Al die poorte was van goud en silwer gemaak maar die skone poort was van uitstaande koper wat geskyn het en van dikker goud en silwer gemaak.

Die skone poort wat aan die buitekant was, was dus maklik aanvaarbaar vir die volk en die mees waarde volste gewees.

Die skoonheid van Sy heerlikheid was weerspieël in die koper wat tot uiterste glans gepolitoer was, wat ‘n toonbeeld van die Here Jesus se skoonheid was, en was die vaste fondasie waarop die gebou gerus het. Die woord fondasie was vertaal as ‘n persoon, en word gesien as standvastigheid, doel, en doelgerigtheid. Hy het alles instand gehou deur die woord van Sy krag. Die heerlike Lig wat deur die poort geskyn het, verteenwoordig die Lig van die Here Jesus wat in ons donker harte kom skyn het.

Alhoewel die Here Jesus die afdruksel van Sy heerlikheid is, is Hy ‘n afsonderlike persoon. Hy onderhou alle dinge deur die krag van Sy heerlikheid.

Die woord heerlikheid wat hier gebruik word kom net hier voor en beteken letterlik ‘n glans wat vanuit ‘n liggaam vlooi met onbeperkte sterk-te. Hierdie lig skyn uit die bron om die kwaliteit van die Vader te openbaar en verwys nie na ‘n lig wat uit ‘n bron skyn en gelydelik al swakker word nie, maar ‘n lig uit ‘n bron wat in kwaliteit elke individu met dieselfde sterkte bereik.

Die Lig is presies dieselfde as die van die Vader, en verwys na die uiterlike van die Vader, Die Lig van binne en van buite is gelyk in hulle sterkte.  

B) Hy is uitnemender en voortrefliker: vs.4

Ons het nou gesien dat Sy heerlikheid vanuit die Vader kom, maar nou gaan ons stilstaan by die uitnemendheid van die Here Jesus, wat meer as die engele is. Die Jode het geglo dat die engele aan hulle die wette gegee het deur die opdrag van die Here Jesus, vergelyk Gal.3:19.

Paulus wys hier vir hulle dat Hy die skepper en die vervulling van die wet is, Matt.5:17. Hy het gekom om die wet te vervul. Hy is verskillend is graad maar ook verskillende in kwaliteit beter as Moses aangesien Moses direk met die Here van aangesig tot aangesig gespreek het, het  hulle maklik hom kon aanbid.

C) Die geregtigheid van die Here. vs.8-9.

Hierdie aanhaling kom van Ps.45: 6-7.

Die woord in vs.8 wat vir geregtigheid gebruik word beteken letterlik om opreg of regop te wandel, terwyl die woord vir geregtigheid in Vs.9 beteken om tot ‘n stand van geregtigheid gebring te word wat insigself in lyn met die karakter van die Here gerbing word nl, die heiligheid van die Here.

 Die geregtigheid van die Here Jesus is gebas-seeer op Sy ware karakter soos in Sy vernedring gesien kan word.

Die heerlikheid van Sy heerskappy is ‘n morele invloed van Sy onderwerp, Hy is die uitvinder van die koninkryk van geregtigheid.

Geregtigheid is ‘n eienskap van ‘n regverdige Heerser. Hy onderdruk of handel met ongeregtig-heid. Hy steun en moedig geregtigheid aan. Daarom is Hy gesalf met vreugde olie, wat op die Gawes en invloed van die Heilige Gees dui.

Jesus was die enigste persoon wie die drie ampte nl. Koning, profeet en priester gerus het en nog rus.

Koning = Van die heelal.

Profeet = Vir alle mense.

Priester = Vir die hele menseras wat Sy Woord aanneem.

Geregtelike handelinge en karakters word met vreugde beloon. Die ware weergebore Christen word met vreugde gevul terwyl hy die Here in vrees en heiligheid navolg.

d) Sy onveranderlikheid: vs.11-12

Stabiliteit en permanentheid is kwaliteite wat met Goddelike karaktertrekke geassosieer word. Ps.90:2 Sê: U is van ewigheid tot ewigheid. Dit is een van die wonderlike eienskappe van die Here Jesus dat Hy nie verander nie.

Die gedagte dat die hemele sal vergaan verwys nie daarna dat hulle sal verweer nie, maar dat hulle by ‘n punt van finaliteit sal kom in die vol-heid van die tyd.

Hy is onveranderlik in Sy wese, en doel. In sy posisie voor die skepping en daarna, asook voor die kruisiging en daarna het Hy die onverander-like gebly.  In Hom is die volheid van die lewe, Lig, en word vir ons in Sy skepping geopenbaar.

Sy heerskappy is altyd in harmonie met Sy natuur en lewe en liefde. Ps.102:25-27 ‘Hulle sal ver-gaan, maar U sal bly”.

Hebr.1:12 “U jare het geen einde nie.”

Mal.3:6 “Maar die Here het nie verander nie.”

2) SY POSISIE AS DIE HERE JESUS BEKLEE:

Die eerste wat vir ons genoem word is Sy:

a) Erfgenaamskap: Vs.2

Die woord erfgenaam verwys na die oorspronkli-ke doel van die skepping. Die Here het nie eers die wêrelde geskape en hulle toe onder die heer-skappy van die Seun geplaas, daarom word die erfgenaamskap voor die skepping geplaas. Daarom moes die Seun reeds bestaan het voordat alle dinge geskape is. Die woord erfgenaam het nie die betekenis dat iets tot stand gebring moet word na die dood van iemand nie, maar beteken eerder om te besit, m.a.w. die erfgenaamskap kom van die een wat dit reeds besit. Die beteken in die eenvoudigste betekenis: Die Here die besitter, of die Heerser.

Daar is ‘n tweevoudige erfgenaamskap hier ter sprake nl:.

Die Seun wat erfgenaam is deur die skepping, dit beteken dat Hy in Homself die liggaam van die doel van die Vader besit.

Dan is Hy erfgenaam van die Verlossende werk. Dit beteken dat die vervulling van die Verlossende boodskap volgens Rom.4:13 ons deel is by die wederkoms van die Here Jesus. Hy sal sonde uitban, en sy gevolge en die vloek van die aarde verwyder en heers in krag en heerlikheid.

b) Sit aan die regterhand van die Vader: Vs.3

Deur die dood en lyding van die Here Jesus het Hy ons nou erfgenaam van die Vader gemaak en ons nou deelgenote van die Goddelike Natuur gemaak, en sit nou aan die regterhand van die Vader. Dit dui nie net op eer nie, maar aanbid-ding en beloning en in ‘n dieper betekenis deelge-nootskap in intergiteit en outoriteit.

Die voltooiing van die werk word in die woorde “gaan sit” aangedui. Geen priester in die O.T. kon gaan sit het met die wyding van die tempel of tabernakel nie, omdat dii werk nog nie voltooid was nie. Hierdeur is die vyande aan die voetbank van die Here Jesus geplaas, deurdat die Here Jesus deur een offer Hy vervolmaak het die wat geheilig word. Waarvan die Heilige Gees ook getuie is. Hebr.10:12-15.

Dit moet duidelik wees dat hierdie posisie wat die Here Jesus nou beklee as ‘n beloning aan Hom toegedien is deur Sy vernedering. In Sy Goddelike natuur kon die Seun nie verheerlik word nie, omdat Hy reeds in absolute heerlikheid geleef het, omdat Hy in die Goddelike regering was. Hy bied ons nou die geleentheid volgens Efe.1:3 Om saam met Hom “al die geestelike seëninge in die hemele in Christus” deelagtig te kan word.

c) Hy is Heerser bo die engele: Vs.4+13

Dit is merkwaardig dat die Here oor engele heers in die volgende aspekte nl:

1) Dat engele die Here dien in die geestelike sin soos die wind en die    weerlig in die fisiese.

2) Dat die karakter en die werk van engele soos winde is, wat so vinnig kan beweeg en diensbaar soos die weerlig wat drasties en vreeslik en rusteloos soos die weerlig maak.

3) Boodskapper word in die algemene terme gebruik maar omsluit die hele bestuur van die laagste vorm van diensbaarheid tot die hoogste    vorm van aanbidding naby die troon. Engele speel ‘n spesifieke rol in hulle krag betoning maar die mens soos die behoefte bestaan word deur die Heilige Gees geinspireer.   

Engele is Sy boodkappers en diensknegte, en selfs diensknegte van Sy kinders, en engele wat selfs in die hoogste orde is is daar om die Here te dien sowel as Sy kinders. Hulle is voortdurend besig om die bose af te weer en die goeie te doen.

 d) Hy is die gesalfde: Vs.9

Die woord vir salwing wat hier gebruik word verwys na die Heilige Gees, en verwys na die salwing met vreugde olie. Konings in Israel was met olie gesalf wanneer hulle die troon bestyg het. Die Here Jesus was gesalf vir Sy konigskap en priesterskap en profeetskap wat by Johannes die doper begin het in die begin van Sy bedien-ing. Aan die Here Jesus was die Heilige Gees sonder einde uitgestort.

Daar was deurentyd na die Here Jesus as ‘n priester verwys tot op hier-die punt waar Hy nou as koning aangestel is.

Die woord salwing verwys hier na die woord om met outoriteit aan-gestel te wees. Die Here Jesus was gesalf omdat Hy geregtigheid lief-gehad het en sonde gahaat het. Hy het dit nie net weens Sy Godde-likheid gekry nie, maar ook weens die feit dat Hy op aarde getrou was.

Die gawe van die Heilige Gees is die Here Jesus se gawe aan die kerk, want hy verwys na Sy metgeselle as deelgenote, of assosieerders.

HEBREëRS HFST.2

DIE VERHEWE OPENBARING:

2:1-9

INLEIDING:

Die woord “daarom” wys vir ons daarop dat daar ‘n waarom is wat die stelling voorafgaan.

In Hfst.1 het ons na die heerlikhede van die Here Jesus gekyk waarin Hy in Sy wese die Mondstuk, die Skepper, die Onveranderlike, en die Ewige is.

In Sy karakter is Hy: Uitnemender, Regverdig, Onveranderlik, Ewig, Heilig.

In Sy posisie is Hy: Erfgenaam, Sit Hy aan die Regterhand van die Vader, is Hy Heerser, Is Hy die Gesalfde.

In die lig van hierdie geopenbaarde waarhede begin hy nou hfst.2.

i)                    WAARSKUWING TEEN WEGDRYWE IN DIE NUWE

           TESTAMENT : Vs.1

In hfst.1 word die Here Jesus in Sy Goddelikheid geopenbaar terwyl Hy in hfst.2 in Sy menslikheid geopenbaar word. In hfst.1 Word Sy heerlikheid bekend gemaak terwyl hfst.2 Sy vernedering vir ons uitlig.

Kom ons kyk na die kontras vanuit die twee hoofstukke:

HOOFSTUK 2.

1) Seun van God.                                 Seun van die mens.

    1: 2,5,8.                                           2: 6,9,11.

2) Skepper 1:2,10                                Skepsel. 2:9.

3) Hy is God self se wese                     Man van smarte.

     1: 3,8.                                             2: 14,17. y HyHHy

4) Goddelike Heerskappy.                    Onverhewe lyder.

     1: 8,9,13                                         2: 9-11, 14-18.

5) Erfgenaam van alle dinge                   Menslik. in alle dinge

     1: 2,8,13.                                        2: 17.

6) Waardig vir aanbidding                     Deelgenoot in versoekinge

     1: 6                                                 2: 10,18.

7) Beter as die engele                           Laer as die engele

     1:4                                                  2:9

8) Onveranderlik 1:10-12                     Veranderlik 2:9,10,14,17  

9) Skepper van alle dinge                      Broedres van die

      1:2;10                                            Gelowiges 2:11-14.

10) Die jare sal nie faal nie                    Het die dood

      1:12                                               gesmaak 2:9

Die basis van die sonde van Adam en Eva was ‘n

roekelose en onverskillige gesindheid t.o.v. die bevele van die Here. “Fail to hear” “parakot”

Rom.5:9 “…soos deur die ongehoorsaamheid van een mens baie tot sondaars gestel het…”

Om nie ag te slaan op wat die Here sê nie, maar begerig om my eie wil te laat geld.

Hebr.10:25 Hulle het die onderlinge byeenkomste van die ongelowiges begin versuim en al hoe minder op die Woord ag geslaan.

“Let them slip” “paruomen” – “to flow” bv. sneeu wat afgly teen ‘n boom.

“Gee meer ag” “prosecho” Om vas te hou aan – omdat die Seun meer is as die engele.

Die woorde “daarom, moet julle des te meer ag gee op wat julle  gehoor het,”

Beteken om tot die uiterste , of om soveel meer, tot ‘n groter mate 11 Kor.7:15 ag te gee.

Ons is gebind daardeur om ag te slaan, en om die dringendheid te beklemtoon.

Voorreg bring verantwoordelikhied, omdat ons gehoor het het ons soveel groter verantwoordelikheid om te reageer.

Die Here Jesus het telkemale Sy hoorders vermaan om ag te gee en die waarskuwing daarmee saam om net te hoor is fataal.

Jakobus waarsku ons om nie net hoorders te wees nie, maar daders van die Woord.

ii) AS O.T. STRAFBAAR WAS, HOEVEEL TE MEER DIE N.T.   Vs.2-4.

Die Waarheid is deur Christus gespreek, en bevestig deur die wat Hom gehoor het. Vs.2-4.

Dr.Turner beweer in sy boek: “The new and living way”

Dat volgens die Joodse leerstelling engele betrokke was by die ingee van die wet. Deut.33:2; Hand.7:53.

Siende die engele dienende geeste is wat rondom die troon bedien, was hulle ook gebruik om spesiale boodskappe deur te gee. Dink aan Dan.9:21.

Dr. Turner beweer dat die kleinste afwyking van hierdie openbaring was strafbaar in vlakke van skuld. Geeneen kon dit vryspring nie.

Dieselfde beginsel geld in die Nuwe verbond. Voorreg vereis verant-woordelikheid of reaksie. Die bygevoegde voordeel van genade teenoor die wet bring mee, dat diegene wat dit verontagsaam in die gevaar is om preporsioneel groter en drastieser strafgerigte te ontvang.

Die waarheid is deur Christus gespreek en bevestig deur die wat Hom gehoor het. (Vs.2-4)

Vs.2 “Want as die Woord” In Grieks beteken dit die vervulde voorwaarde

“Oortreding” parabasis “om te oortree” om oor die lyn te trap.

“Ongehoorsaamheid”  Die gevolg van om nie te luister nie, – laat dinge maar verby dryf.

Die O.T. het onverbiddelik gestraf as oortree word.

Vs.3. “Hoe sal ons ontvlug”.

Daar is nie ontvlugting nie.

Ons is die eerste eeu se luisteraar.

Ontvlug (beteken om weg te vlug)

Met die woord ontvlug word bedoel, om te ontwyk, te ontduik, te ontsnap, of om te versuim van die konsekwensies van sonde van ont-vlugting, die ontwyking, die nalating of die versuim.

“Verontagsaam”

Om onveranderd te bly in die Lig van so ‘n groot en heerlike openbaring van genade, is om jouself in die diepste skuld te bring, en my aanspreeklik of verantwoordelik vir die ergste strafgerigte van die Here.

Siende dat die voorregte so groot is is die strafgerigte vir verwerping van die waarheid nog soveel groter.

Die Jode in die tyd van die skrywer, wat uiterlike belydenis doen en afstand gedoen het van tempel offerande en Jesus as Mesias en Hoë Priester bely het, sou hulle terugkeer, sal dit wees na die Tempel offerhande, wat die skrywer te alle tye wil verhoed.

“Saligheid verontagsaam”  

Die boodskap van Verlossing wat die engele gebring het, het vooruit gekyk. Dit was nie finaal in sigself nie. Dit was op baie plekke en maniere gebring.

Die Boodskap van Verlossing wat Christus gebring het was finaal.

Hy het nie net gespreek nie, maar dit het ‘n werklikheid geword en is beskikbaar gestel aan gelowiges.

Matt.26:28 “Dit is My bloed…tot versoening van …” Hier is die (Nuwe Testamentiese Verbond) aangekondig.

Die Jode was oortuig van die egtheid van die O.T., maar het getwyfel aan die N.T.

“So ‘n groot saligheid” –

a) Dit was verkondig deur die Here Jesus.

b) Bevestig deur die wat Hom gehoor het.

c) Aangewys as van God – a.g.v. wonderwerke.

Die God verkondig “Jehova”

iii) TERWYL GOD OOK NOG SAAM GETUIG: VS.4

Die woord van vermaning kom omdat daar punte van gevaar vir ons uitgelig word.

1) Die leser van hierdie brief was deelgenote van die hemelse roeping d.w.s. Christene.

2) Dat deur daadwerklike nalatigheid hulle die genade van God kan verloor.

3) Dat dit nie nodig is om te volhard in hulle geloof en lojalitiet nie.

Op watter manier kan die moderne leser wegdryf van die basiese beginsels in die Woord.:

1) Deur sy eerste liefde te verlaat. Open.2:4. Die persoon word minder ywerig in sy toewyding en oorgegewenheid aan die Here. Dit word     sigbaar in nalatige stiltetyd en tye van gebed.

2) Word sigbaar in my passie vir siele.

3) Dan in die area van leerstellige oortuigings begin ek ook wegdrywe. Veral as ek in Evangeliese kringe beweeg en gerus word, en nie meer aangegryp word deur die Waarhede van die Woord nie en begin gerus word in my geloof.

4) Hierdie wegrywe word gereflekteer in die voorkoms van profesionel-isme, neem die vorm van Godsaligheid aan maar verloon die krag daarvan. Sien in kerklike aktiwiteite waar alles om organisasie draai en nie om gebed en die werk van die Heilige Gees nie.

5) Word verder geopenbaar in die vorm van vorm godsdiens bo eenvoud en gemaksug insluip in die plek van opoffering. Ook wanneer standaarde en nougesetheid nie meer tel nie.

vi) JESUS VERHEWE BO DIE ENGEL RYK: Hfts.2:5-18.

ENGELE HET NIE HEERSKAPPY OOR DIE TOEKOMSTIGE WêRELD NIE: VS.5

Engele se funksie is slegs dienede geeste en nie heersers van die wêreld nie. Heerskappy of outoriteit was aan die mens gegee.

Die mens het die reg gehad om oor die aarde te heers en het dit vir sonde prys gegee.

Die Seun van die mens beteken ook “Die Paralelle, die ego, of die voortsetting van ‘n stelling”

Dit beteken letterlik om presies dieselfde gedagtes of gestegdes te hê of om presies dieselfde oor sake te dink.

Die eerste Adam was die begin van die Skepping en die laaste Adam was die begin van Verlossing.

Die Here het Adam met die totale admisitrasie van die aarde toevertrou en met die vermoeë om in kennis te ontwikkel.

Vs.7-8

Die mens was oor die aarde aangestel om dit te onderhou of te skep in die fisieke  om die vermoeë te besit om te groei, of toe te neem in kennis.

v) JESUS DIE SEUN VAN DIE MENS: VS.9

“Maar ons sien Hom naamlik Jesus…”

Die mens is in posisie laer as die engle maar die Here Jesus was in tyd vir ‘n kort tydjie laer as die engele gewees met die kruisiging.

HOOFSTUK 2:10-18

DIE HOëPRIESTER HET EENS EN VIR ALTYD MET SONDE GEHANDEL,  DEUR HOMSELF TE OFFER.

In vs.9 wil die skrywer vir ons daarop wys dat ons ag moet slaan op Jesus. Hy wat hoewel Hy soveel hoër is as almal in hfst.1 in hfst. 2 minder gemaak was as almal, dit is Hy op wie ons ag moet slaan in:

 3:1 “let op die Apostel + Hoë Priester.”

 7:4 “let nou op hoe groot hierdie man was…”

12:2 “ons oog gevestig op Jesus, die leidsman en voleinder van ons geloof.”

12:3 “ag gee op Hom”

1) HY HET VERLOSSER GEWORD:

Deur die sterfdood aan die kruis het Hy die (Messias) verlosser geword, wat ‘n struikelblok vir die Jode was.

1Kor.1:23 “Maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke.”

Waar Adam ‘n weinig minder as die engele gemaak is, is dit met verwysing na plek:

Waar Jesus weinig minder as die engele gemaak is is dit met verwysing na tyd.

Alby  Adam’s was ‘n weinig minder gemaak.

Dit kon een van die redes wees wat  veroorsaak het dat die Jode weggedryf het van Christus – terug na hulle Levieteiese offerades.

Paulus wys daarop in vs.9 dat die lyding van Christus, volgens God se plan was.

Vs.10 Deur die lyding van Christus het Hy die bewerker van baie se saligheid geword. Dit was “gepas” ‘prepo’ in God se plan, dat Jesus ‘n offer sou sterf – deur die bloed van die kruis.

Omdat slegs die Here Sy eie verwagting van die mens, deur die mens kan versadig, kan slegs Christus, as 2 de persoon van die Godheid, die offer wees.

God die Vader voorsien die offer, God die Seun is die offer, en God die Heilige Gees pas die offer in my lewe toe.

Dit is die Here vir wie alle dinge bestaan. Hy is die finale rede vir alles. Alles het deur Hom ontstaan.

Vs.9 Christus was gekroon met eer en met heerlikheid deur wat Hy gely het, om die doel van die Here te voltrek. Hy is “the Captain of our salvation” die een wat voorgaan.

Wanneer was Jesus gekroon met heerlikheid en eer?

12:2 Na Sy hemelvaart het Hy aan die regterhand van die troon van God gaan sit m.a.w. nadat Hy verneder is.

Hebr.10:20 “Op die nuwe en lewende weg wat hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen”

Die weg deur die voorhangsel heen, met die besprekling van Sy bloed, tot in Sy teenwoordig-heid. Hy is nie net die Leier op ons pad nie, maar die pad self.

2:9 “lyde van Sy dood”.

Baie klem word gelê op die feit dat Hy die dood gesmaak het (geuomai)

Die band tussen Christus en die Christen is baie meer intiem as tussen Christus en die engele (2:12) alhoewel die engele huidiglik hoër in status en funksie is.

Die Christen deel nie net in die lyde van Christus nie, maar ook in Sy natuur.

2) SY DOOD MAAK VERSOENING MOONTLIK:  

Hfst.2:11-16  Sy dood het dit deur Sy vlees-wording moontlik gemaak.

Om baie seuns to heerlikheid te bring, moes Christus ‘n broer word vir baie.

Hy is ons Heiligmaker, die een wat ons op die pad na heerlikheid plaas en op hierdie pad lei na heiligmaking en dan vir ons meer en meer verander na Sy gelyke.

Vs.10 “Dit het Hom betaam”

Daar bestaan ‘n ooreenkoms tussen lyding en heiligheid (Luk.9:22; 24:26; 1 Kor.1:23)

Van al die gelowe in die wêreld is dit net Christenskap waarin lyding ‘n doel gehad het en tot Verlossing lei. Dit is juis die lyding, die dood en die opstanding van Christus wat die Christelike teologie uniek maak.

Dit word die skandaal genoem asook die heerlikheid van die kruis.

Vs.10 “…om die Bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak”

“Die bewerker is Christus”

“Ons Saligheid” Vryheid van die mag van sonde – die staat van heerlikheid wat in die Ewigheid wag.

“volmaak”  (teleiosai) Dit word op Christus toegepas en die Christen.

Die begrip “volmaak” kom minstens 20 keer in die boek Hebr. voor.  

14 hiervan maak ‘n apel op my wil

 4 het met  die Here Jesus te doene.

 3 het met dinge te doene en die ander kere het dit met mense te doene.

“om af te rond” Te vervul “perfection” = kern van die Hebr.

Jesus lei ons Saligheid na Volmaaktheid

Vs.11 “is almal uit Een…”

Ons is almal van dieselfde oorsprong.

Dit verwys hier na almal wat in dieselfde verlossing deel.

Dit het met die werklikheid van Sy vleeswording te doen.

In die eerste eeu was die wat die vleeswording van Christus nie bely het nie, die Anti-christ genoem 2 Joh:7.

Christus en Christen is in eenheid met mekaar omdat hulle dieselfde oorsprong deel (ex henos) “uit God”

Ons is uit een bloed – die bloed van Christus, daarom is Hy nie skaam om hulle broer genoem te word nie. Broer beteken “adelphos” wat beteken – uit dieselfde baarmoeder.

Hierdie een bron is God die Vader. Christus kom uit die bron Sy Vader voort – in Sy vleeswording het Hy Sy bron steeds in Sy Vader. Die broeders vind die bron van hulle kinderskap in God die Vader.

Christus, al is Hy waardig God, skaam Hy Hom nie om ons broer genoem te word nie.

2:11 “Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat heilig word is almal uit Een”

9 Uit die 29 keer wat hierdie gedagte in die N.T. voorkom, kom dit in Hebr. voor.

Dit dui op die wat uit die wêreld afgesonder is van sonde en in geloof verenig is in Christus.

“heilig” Hier dui op die reinheid van hart en lewe.

Die lewe van heiligheid is baie duidelik ‘n lewe wat gedeel word met God in Christus.

Die skrywer gaan voort om die menslikheid van Christus te beklemtoon.

A) HY VERKONDIG SY NAAM AAN ONS: Vs.12

Ps.22:23 “Ek wil U Naam aan My broeders vertel…, in die vergadering U prys”

B) HY BRING ‘N KROOS VOORT

Hfst.2:13 “Ek sal My vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het”

Hierdie begrip kom 3 keer voor.

Jes.8:18a Is dieselfde aanhaling. Die agtergrond hier was die profeet Jesaja se smaadrede teen vertroue in die Here in enige hulp behalwe in die Here se hulp tydens die Syro-Israel oorlog onder Ahas.

Jesaja verklaar sy eie vertroue in die Here en die kinders wat aan Hom toevertrou is as lewende simbole van God se wil.

Die Naam van ‘n profeet se kinders is “‘n oorblyfsel sal terugkeer” “haas – bederf – maak gou – uit”.

Hierdie name leer Israel dat die Assieriërs, Damakus en Samaria sal plunder en dat, te midde van vreemde invalle, die Here nog steeds met Juda sal wees. Beide die profeet en sy kinders voorspel die nasie se toekoms. Hierdie kinders was nog baba’s daardie tyd.

Die eenheid en band wat daar tussen Jesaja en sy kinders was, dui op die nou band tussen die Here en Sy kinders.

Die skrywer indentifiseer met sy mense gedurende die tyd van hulle lyding.

Die profeet, sy familie en sy land se mense deel almal in Sy lyde.

Dit het hulle baie naby aan mekaar gebring.

C) VERLOSSING VIR SY KINDERS: Vs.14

“Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel.”

Die kinders verwys hier na mense in die algemeen, kinders.

“koinnonia” -partakers-

Om iets in gemeen te hê met iemand anders.  

Die individue van die mense ras het vlees en bloed in gemeen. In die Grieks is dit eers bloed dan vlees.

In die Joodse geskrifte was dit ‘n tegniese frase wat die menslike natuur in kontras met die Goddelike gestel het. “paraplesios”  – para – “alongside” + “plesios” – naby.

Die Here Jesus in Sy menslike natuur, het Sy plek ingeneem langsaan, baie naby aan die menslike ras, “soos die mens” – “partakers” deel in dieselfde menslike natuur: God – mens.

“Took part” echo – “to hold” + meta “with” – “to hold with” – ‘n gewillige aanvaarding van die mensdom (humanity) m.a.w. ten volle God + ten volle mens.

Hy het mens geword sodat Hy kon sterf. Hy moes sterf sodat deur Sy sterfdood + opstanding Hy die mag kan breek oor die dood.

“To destroy” – ‘katergasomai” – om uit te delg, buite werking te stel.

Satan was nie aan die kruis vernietig nie, maar sy krag was verbreek. ‘n Persoon wat sy geloof in Christus verklaar, kan nie geestelik dood wees nie. Die opstanding van Christus voorsien die Christen van die ewige lewe, en Sy liggaam, met verheerliking vir die wegraping.

Satan het nie die krag oor die dood nie, maar die heerskappy daaroor m.a.w. sy outoriteit oor die menslike ras was in die heerskappy oor die dood, wat nou gebreek is.

Jesus was ten volle mens, Hy was versoek en kon selfs struikel.

Versoekings maak nie noodwendig aanspraak op onreinheid in ‘n lewe nie.

Sy ondervinding van smarte en pyn wat Hy deur gehoorsaamheid moes leer, het Hom ons Leidsman hierin gemaak.

Hy is ons Priester Hebr.2:17 en ons Regter Joh.5:27

Hy was ten volle God en ten volle mens gewees.

D) HY KOM ONS BEVRY:

Hebr.2:15 “… en almal kom bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”

Die woord “kom bevry” -apallasso –

‘n Vrou wat begeer het om vry te wees van haar huweliks kontrak het die Woord “deliver” gebruik.

Christus maak vir die verlangende sondaar dit moontlik om bevry te word van die greep van die dood.

“aan slawerny onderworpe” – “to hold” – die dood het sondaars gebonde gehou.

Maar Hy maak ons verder vry van die dood om ons oor te bring na die ewige lewe.

E) HY WORD IN ALLE OPSIGTE AAN ONS GELYK:

Hebrs.2:16 “Want waarlik” – dit beteken sonder twyfel – “om beslag op te lê op” … om die persoon te bewaar van gevaar.

Die gedagte hier is dat Jesus aan die kruis nie voorsiening gemaak het vir engele wat geval het nie, maar vir die mens wat geval het. Dit hou vir Hom meer in om verby die meerdere te gaan om vir die mindere uit die stof op te lig, en te verhoog tot in hemelse plekke, as wat dit vir Hom inhou om verhewe engele wat geval het, op te rig tot herstel.

3) AS HOëPRIESTER WAS DIT NODIG OM VLEES TE WORD: Hfst.2:17-18.

2:17 “…daarom” – die noodsaaklikheid van die vleeswording in die lig van die feit dat die Here “beslag lê” op die menslike ras met die doel om siele te red van hulle wat verlossing deur geloof aanneem.

“Hy moes in alle opsigte aan sy broers gelyk word”  Hy moes soos die menslike ras word. Daardeur het Hy ‘n Hoëpriester met medelye geword. Dit dra die gedagte oor dat iemand met simpatie en medelye wat instaan vir ‘n ander se nood.

Net die boek Hebreers omskrywe die Here Jesus as ‘n Hoë Priester, en word voorgestel as Priester.

Dit is ‘n hart vol medelye wat ‘n persoon ly tot dade van medelye. Die doel is om lyding te verlig. Dit is ‘n vertroueling.

Medelye was nie ‘n karaktretrek van die Prietsers van die O.T. nie. Hos.4:4-9. Later in die Joodse geskiedenis en in die N.T. se tye was die priesters selfs wreed.

In Christus = in geen beperking t.o.v. die Abrahamiese Priestersamp nie, in teendeel alles in vervul.

A) MET BETREKKING TOT DIE HERE: VS.17

Vs.17 “…in die dinge wat tot betrekking tot God staan,…”  

Hier wys dit op ‘n getroue Hoë Priester, maar nie een met medelye nie. Die spesifieke doel van die Hoë Priester was om versoening vir die volk se sondes te doen.

Hy deel in al die versoekings wat die mens in deel. Hy deel hulle perspektiewe, wee saam met ons Joh.11:35-36 en juig saam met ons Joh.2:1.

Christus het Homself geoffer aan die kruis om die regverdige verwagting van Sy Vader te vervul.

B) HY WAS VERSOEK NET SOOS ONS:

Vs.18 Die feit dat Hy versoek is, maak Hom aan die mens gelyk.

Versoek – beteken: Die daad om iemand op die proef te stel:

a) Die rede is om te sien watter goed of sleg daar

    in ‘n persoon is.

b) Versoeking se doel van die duiwel se kant is

    om die mens tot ‘n val te bring – a.g.v. soveel

    wat onder ‘n versoeking swig.

Jesus moes beide deurgaan Matt.4:1-11

Ook toe Hy die “beker” moes neem was Hy tot die uiterste beproef. Selfs aan die kruis het Jesus verkies om aan die self te sterf, eerder as om Sy Vader ongehoorsaam te wees.

Fil.2:5-8+10 Gee ons ‘n voorbeeld waarin die Christen dieselfde bron het om uit te put.

In alle versoekings bied die Here ‘n weg van uitkoms uit. Hy verstaan presies waarom dit gaan omdat Hy deur ondervinding geleer het.

“help” Die woord “Boetheo” om te hardloop na ‘n nood van ‘n persoon in gevaar, en om dan hulp te bied.

Hy is genadig en getrou:

Genadig – in Sy handeling met ons

Getrou   – in Sy verhouding tot God.

Hy het simpatie met die mens maar Hy hou by die waarheid, heiligheid en Christus gelyk-vormigheid.

Omdat Hy getrou is duld Hy nie sonde nie.

Die Here Jesus het gekies om Hom te indentifiseer met die gevalle verlore mensdom, eerder as met die negele.

Hy maak dit moontlik vir die gevalle mens om herstel te word met ‘n heilige God.

HOOFSTUK 3:1-9

DIE SEUN AS APOSTEL:

INLEIDING:

In die eerste twee hoofstukke sien ons die Seun van God, as Apostel en vleesgeworde Hoë-Priester.

Jesus die Messias: Beter as die profete (1:1-3)

                              Beter as die engele (1:4-2:18)

                              Beter as Moses          (3)

Jesus is die Skepper van Israel en Moses is maar slegs ‘n lid van die huis van Israel. (3:1-4)

HOOFSTUK 3

Vs.1 “Daarom…”  Die woord dui daarop dat daar ‘n gevolgtrekking gemaak kan word van die gebeure wat vooraf plaasgevind het.

Wat nou volg word in die lig van die Here Jesus, wat vanuit die boesem van die Vader / die Ewige verskyn het as Afdruksel van God, om vir ons Apostel en Versoener te wees.

“Heilige Broeders…”

Dit dui op die posisie van hulle verlossing. Vir die  onder hulle wat wel gered is, beteken dit – ‘n heilige hart, ‘n heilige lewe en bruikbaarheid.

Dit word hier gebruik soos in die O.T. konteks: Hulle posisie “onder” Christus is sootgelyk aan hulle posisie  (van ondergeskiktheid) aan Moses in die O.T.

Die term word op dieselfde manier gebruik soos  die gelowiges in 1 Thess.5:27 aangespreek word: “…hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word”

Paulus spreek hulle so aan volgens hulle eie belydenis – sommige was nog nie gered gewees nie.

“DEELGENOTE AAN DIE HEMELSE ROEPING:”

Israel het ‘n aardse roeping gehad – Kanaan.

Die kerk het ‘n hemelse roeping –  Hulle eind bestemming by Christus.

“Deelgenote”  – Omdat hulle die Evangelie gehoor het en daarop gereageer het.

Hierdie hemelse roeping dui op ‘n permanente gehoorsaamheid aan nl. die roepstem van die Here.

Dit kom van die hemel en het ‘n wedersydse

belydenis. Dit is Christene wat verenig is met Christus. Hierdie Christene is Jode wat deel van die kerk geword het. Ons het hier te make met:

Toegerekende Heiligheid:  – Posisioneel in Christus en:

Toegepaste Heiligheid:  Dit is heiligmaking wat d.m.v. die wandel met die Here die verandering meebring wat die Heilige Gees in die geredde se lewe doen. Dit sluit in  – Oortuiging, belydenis, reiniging deur die Bloed van Christus.

“LET OP DIE APOSTEL…”:

Die Christene het hierdie soort aanmoediging n-odig gehad. Hulle het die Joodse tempelofferande gelos en Christus gevolg en a.g. daarvan hewige vervolging verduur van die kant van die terug-gevalle Jode, wat hulle wou dwing om hulle geloof in Jesus te verloën.

“LET OP…” Dink aandagtig na

IN HOOFSTUK 1+2 IS JESUS AAN ONS IN SY TWEE LEDIGE AMP AS APOSTEL EN Hoë- PRIESTER VOORGESTEL:

A)APOSTEL:                                                  

Dit beteken: ‘n gestuurde / uitgestuurde wat toegerus is met geloofs-briewe of getuigskrifte.

Die Apostel is nie met hierdie betekenis in die O.T. konteks gevind nie. ‘n Apostel was ‘n Ambassadeur  Vgl. H.A.T.  = “Die hoogste verteen-woordiger van ‘n vreemde land”

Hy het opgetree met die outoriteit van ‘n Ambas-sadeur. Die dissipels was menslike apostels van Jesus Christus.

Jesus was die Goddelike Apostel van God. Joh.20:21 “Soos die Vader My gestuur het…”

Die Here het Israel se jammerklag gehoor en vir Moses gestuur. In dieselfde lig het Hy die sugte van die mens gehoor en vir Jesus gestuur.

Christus is die afskynsel van die Goddelike/ Ewige Bron en het ‘n deelgenoot kom word van die menslike vlees.

DIE Hoë PRIESTER:

Hy het as Apostel gekom en gely as Hoë Priester.

Paulus werp lig op die grootheid en die verho-ging en die vernedering van Jesus.

Jesus Christus – die sentrale figuur van die belydenis –  die Gesalfde Messias.

Vs.2 “WAT GETROU WAS AAN HOM WAT HOM AANGE-STEL HET, NET SOOS MOSES OOK IN SY HELE HUIS”

Moses was onder die Jode die “objek” van diep-ste verering. Moses en Jesus se getrouheid word hier uitgelig.

In die Grieks is “getrou” in die teenswoordige tyd m.a.w. “wat getrou is”

Hierdie brief is aan die Jode geskryf en was vir hulle die grootste voorbeeld van getrouheid Moses. Moses was in sy hele huis getrou. Ons het getuig daarvan: Num.12:7 “So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.”

“OOREENKOMS”

Moses was oor sy hele huis (dispensasie) en Christus oor Sy huis – Getrou.

Chritsus het Sy geheime met Moses gedeel. Die Here het in Christus Sy kennis met die mens gedeel – Christus het die wil aan die mens kom openbaar. ‘n Huis was die gebou en die inhoud, die mense ras waaroor Hy aangestel was.

Christus was getrou aan die ganse mensdom. Hy is die Lig vir die heidene en die heerlikheid van Christus.

Die woord Christus is uit die Grieks geneem wat beteken “Christus” = Messias: Die vertaling van die Here Gesalfde – Die Gesalfde Koning van Israel. 

Vs.3 ” Want Hy is meer heerlikhied waardig geag as Moses…”

Hierdie gadagte deurvleg die hele Brief.

Moses is dienskneg oor alles wat sy huis inhou, en Christus oor alles wat Sy huis inhou –

Christus die fondasie en bouer .

Die een wat die huis bou, is meer eer waardig as die huis. Christus het die huis van Israel gebou, Moses was slegs deel van die lid daarvan, daarom ontvang die Here Jesus meer eer as Moses. Moses was die Joodse wetmaker.

Vs.4 “…want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge bou is God.”

Deur Hom het alle dinge tot stand gekom, ook die huis van Israel. Jesus is die Seun van God en die Skepper van alle dinge. Moses is slegs die dienskneg.

Christus is as Seun van God oor Israel.

Moses was ‘n dienskneg oor Israel.

Vs.5 “En Moses was wel getrou in sy hele huis as ‘n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word.”

Moses is ‘n getroue dienskneg. “Therapon” –

Dit is ‘n woord wat vir profete gebruik is.

“Diens” – Dit was daarop dat ‘n persoon aangestel is, wat sy hele hart in die saak sal wees en met sorg en getrouheid sy taak sal uitvoer.

Dit vertaal ‘n baie edeler rol as ‘n liefdes slaaf. Die woord word ook gebruik vir die versorging van pasiënte. Dit het gedui op die baie nou band tussen Moses en God.

“Wat nog” Openbaar wat nog moet kom.

Moses moes ‘n despinsasie daar stel wat as getuie kon dien. Iets waaroor gepraat en na verwys kon word selfs lank nadat hy geleef het.

Alhoewel Moses vooruit in tyd was, moes hy ondergeskik in posisie en doel wees.

Vs.6 “maar Christus as Seun oor Sy huis…”

Christus was beter as Moses alhoewel albei absoluut getrou was, waar die Here Jesus ‘n baie moeiliker en intensiewer pad moes loop.

Moses was in sy huis verhoog, terwyl die Here Jesus oor Sy huis verhoog was.

“En ons is Sy huis…” Ons verwys na die Christene

Die huis is die huis van die Here Moses en Israel is assosiasie terwyl die Here Jesus en Sy kerk die assoiasie is.

Ons Paulus + die Hebreers aan wie die brief ge-skrywe word, wat nou aan die voorwaarde van die opheffing van die tempel offerhandes leef,   identifiseer hulle met die Christen kerk. Hulle het nou ‘n vaste vertroue en hoop waaraan hulle moet vashou, en waarin hulle hul nou moet verbly.

” …as ons net die vrymoedigheid en die roem van die  hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.”

Jesus as Hoë Priester moes vir ons ly, en hulle het onder die teruggevalle Jode vervolging gekry. Van hulle was gedwing om hulle geloof in Jesus af te sweer, en terug te keer na die O.T. offer-andes. As hulle blymoedig hulle hoop tot die einde toe in die Here Jesus vashou sal hulle gered word.

Vreugdevolle hoop is innerlik wat op die soliede fondasie gebou is. Die vers is nie in die lig van vandag se omstandighede geskrywe nie. Die woord vertroue is die Ferm versekering.

Ferm dui op onbeweeglikheid.

“… tot die einde toe…”

2)  ‘N ERNSTIGE WAARSKUWING:

Die waarskuwing is teen ongehoorsaamheid aan die Seun van God soos die Israelliete nie onge-hoorsaam moes wees aan Moses nie.

Moses en Christus is twee paralelle.

Die Israelliete van ouds = Om nie hulle voor-beeld na te volg nie, terwyl die Hebreer Christen moes ag slaan op die Here Jesus.

Ontvanklikheid is voorwaardelikhied van gehoorsaamheid Vs.7-19.

Vs.7 ISRAEL HET GEVAAL OM IN DIE RUS VAN DIE HERE IN TE GAAN.

Joshua lei die volk tydelik in rus – Jesus lei ons in die Ewige Rus is.

Daarom, soos die Heilige Gees spreek, geinspireerde woorde: “let op”

Die waarskuwing aan die volk wat hulle harte in die wildernis verhard het en sodoende ook ‘n soekende siel wat sy hart verhard t.o.v. die Woord van die Here, wat voorheen te min ag gaslaan het op die stem van die Here.

Luister, van dag as julle Sy stem hoor… luister!!!

Vs.8 “Verhard nie julle harte soos in die verbittering nie…”

Waar Moses die rots geslaan het Ex.17:7 het hy die plek Massa genoem. Die Here wou sien wat in hulle harte was, om te sien of hy die toets kon deurstaan.

“Versoeking” en Meriba (Bitterheid) Hulle het die Here versoek deur te sê: Dat die Here nie in hulle midde is nie. Num.20:2 Dieselfde krisis het by Kades Bernea plaasgevind.

“Dag van versoeking” = Wildernis van Sin

Vs.9 “Waar hulle vaders my versoek, My beproef het, en My werke 40 jaar lank gesien het…”

Die dwaasheid van die volk was aan die begin van die 40 jaar. Die 40 jaar het gedui op die tyd wat die Here gegrief was. Dit was 40 jaar tussen die Kruisiging en die vernietiging van Jerusalem en die ondergang van die Joodse volk. Die tyd-perk was byna verby toe die boek geskrywe was.

3) DIT WAS SO IN DIE DAE VAN JOSHUA:

Die tien verspieders was eerder geglo as Joshua en Kaleb. Die klem val hier op besluit, onmidde-like en noodsaaklike en stiptelike gehoorsaam-heid

VIER ELEMENTE VAN VERMANING UIT DIE BOEK PSALMS

1) GELEENTHEID BRING VERANTWOORDELIKHEID.

Hulle het die stem van die Here gehoor en is ‘n ontvanger en Goddelike openbaring. Van nou af is hulle verantwoordelik vir hulle reaksies.

Jesus wys hulle voortdurend daarop dat ‘n mens ‘n dader en nie net ‘n hoorder van die Woord moet wees nie.

2) DIE GEVAAR VAN VERHARDING:

Stadig om te reageer en later nie meer vatbaar daarvoor te wees nie. Lig wat gehoorsaam word, bring meer lig en lig wat verwerp word, bring duisternis.

3) GOD SE REAKSIE:

Die wat bereken, het verlossing ingehou. Dit was onverbiddelik waar met ‘n doel. In die tyd van die Rigters is die verbond verbreek a.g.v. afgode. Toe kom ‘n omkeer, bekering en Goddelike bevryding en toe die “rus”.

4) STRAF: VIR EWIG UIT DIE BELOOFDE LAND UITGE-SLUIT:

Sonde sluit die mens uit die teenwoordigheid van die Here uit en verleer ‘n mens van die goeie. 

HOOFSTUK: 4:1-16

DIE RUS VAN GOD.

Ps.24:3-5: “Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in Sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.”

INLEIDING:

Daar is ‘n plek van stille rus naby die hart van God.

Die Bybel beloof aan ons dat ons die Rus van God kan ingaan.

Die Rus van die Here is die Gees Vervulde lewe. Vir wie is dit bedoel?

Is dit net vir predikante, en ouderlinge en diakens, is dit net vir mense in die ou dae, wat op Pinkster dag vervul was met die Heilige Gees?

Beteken dit dat ek in tale moet praat om vervul te wees?

Dit is duidelik dat die rus van die Here geskrywe is aan alle persone wat weergebore is en wat die Here in die geloof vertrou om dit hulle deel te maak.

Kom ons kyk na Hebr.4:

Omdat dit so ‘n belangrike onderwerp is en omdat die Heilige Gees iets mistiek is waarsku die Bybel ons met hierdie ernstige maning om die volgende te doen:

Elkeen van hierdie waarskuwings begin met die woorde:  Laat ons dan….

U moet onthou dat die volk goed vertroud was met die geskiedenis van Israel in die groot uittog dat Paulus nou van prentjies in hierdie gedeelte gebruik om hulle duur en kosbare lesse te leer.

1)      WAASKUWING TEEN VERBEURDE RUS: LAAT ONS DAN VREES: VS.1

Die Hele brief staan in die lig van ernstige waarskuwings. Die waarskuwings word in die lig van Israel se prentjie teenoor die Gees Vervulde lewe gebring en word hier ‘n paar ernstige dinge vir ons genoem.

a) TEEN ONGELOOF:

U sal onthou dat die 12 verspeiders uitgestuur was om die land Kanaan te gaan verken. Hulle kom terug met die verslag dat hulle die land nie kan in besit neem nie, aangesien daar hierdie geweldige reuse is wat hulle verhinder om in te trek. Alhoewel die Here gesê het dat die land aan hulle behoort was hulle nie bereid om die Here te glo nie, en het meegebring dat hulle verkies het om in die woestyn rond te ploeter.

Weet u so dikwles gebeur dit dat die Here met ons kom praat en vir ons wys dat daar die lewe van seën vir ons is, maar ons steek vas by aspekte soos :

i)   Hoe kan die Here dit vir my gee, ek is te sleg om dit te besit.

ii) My omstandighede is nie nou gunstig om die Here te vertrou nie,

    wag eers todat dit verander.

iii) Ek is bang wat ander van my gaan dink indien ek my lewe aan die 

     Here onvoorwaardelik sal oorgee.

B) ONWILLIGHEID:

Die rede hoekom hulle nie die land ingeneem het nie was die reuse. Hulle het hulle blind gastaar teen die geweldige vyande en geglo dat hulle nooit oorwin sal kan word nie.

Weet u, ons het ook sulke vyande wat soos reuse voor ons staan en ons dink by onsself hoe op aarde sal ek sonder hierdie kosbare dinge in my lewe kan voortgaan.

Die Here het ons tot ‘n lewe van heiligheid ge-roep wat beteken dat selfs ook ons uiterlike anderste as die wêreld moet wees.     

 “Julle is nie van die wêreld nie maar in die wêreld.”

Die Here sê: “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie, as iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie”

Wanneer ons oor hierdie dinge gaan praat is dit nie om u kwaad te maak nie, maar u te wys oor hoe die Here oor ons moet voel wanneer Hy ‘n rein kanaal soek waardeur Hy kan werk en dit nie vind nie.

Weet u dit is soms nodig dat ons oor die uiterlike dinge moet praat, want hoe gaan die wêreld u anders onderskei.

Kom ons kyk na ‘n paar kosbare dinge waaraan ons vaskleef:

Gesindhede:

Meneer, as priester van die huis:

Hoe lyk u lewens wandel: Leef u rein voor u kinders?

Is u verslaaf aan u Sondag koerant. Wat moet die wêreld van u dink as u op ‘n Sondag na kerk by die kafe in storm om u koerant of brood te koop?

Wat van die ou tafel wyntjies? O, ons dink dat ons die Here kan behaag deur dubbelhartig in ons lewenswandel te wees.

Wat van daardie oneerlike transakies wat ons sluit om die kontrak te kry. Wat van die liefde-loosheid wat ek teenoor my vrou openbaar as sy nie doen soos ek dit wil hê nie. U weet van daardie koue oorlog. Dit dui op ‘n vleeslike hart, en dit dui op reuse in u lewe wat u van die seën van die Here weerhou.

Wat van daardie verskriklike humeur. U weet ek glo dat ek nou maar is soos ek is en niks en niemand sal my kan verander nie, u moet weet dat die Here Jesus juis daarvoor gesterf het om u te verlos.

Mevrou:

Een van ons grootste probleme waarmee ons sit is die verskriklike wêrelds gesindheid wat ons onder ons vrouens kry.

Een daarvan is skinder: Weet U ons vertel maar die storie so dat ons die voordeel daarvan kan behou.

Dan die bekende langbroeke. Weet u dat Deut.22:5 ons waarsku dat ‘n vrou nie mansklere mag dra nie, en ‘n man nie vroueklere mag dra nie. Ons het deesdae die tendens dat die mans so kragteloos geword het dat die vrouens nou die broek in die huis dra.

Toe die nuus nou die dag berig bring dat mans nou ook rokke mag dra was dit skreeu snaaks gewees en ons het die spot gedryf met hoe mans daarin sal lyk, maar wat van die broeke wat ons vroue so graag dra.

Ons gebruik allerhande verskonings waarom ons dit moet doen en pro-beer ons voor ‘n Heilige God wat sonde nie verskoon nie te regverdig.

Hierdie sterk reuse in ons lewens verhinder ons om bruikbaar vir die Here te wees, en ons gaan maar ewe gedwee met ons lewens voort.

Ons is onwillig om die prys te betaal om die Here onvoorwaardelik te gehoorsaam. Hoe ruim dit met ons getuie. Die Moslems en heidense nasies handhaaf ‘n hoër standaard as ons, wat ‘n skande terwyl ons getuig dat ons die waarheid het wat aan heiligheid gekoppel is.

Een van ons grootste reuse in ons huise is die ou T.V. Weet u,  u kan oor enige onderwerp gesels, maar moet net nie my T.V. aanspreek nie. Alles wat die Here verbied wat ons mag doen word daarin met kleur en geur aangebied en ons sit en verlustig ons met die asblik joernalisme van ons tyd.

Dinge waaroor die Here sê nie eens onder die heiliges genoem mag word nie, deel ons in ons sit of slaapkamer, wat die toorn van die Here opwek en gaan vanaand ewe op ons knieë staan en bid om al ons sondes te vergewe wat ons weet wat lynreg teen die Here gaan.

c) ONKUNDE:

Onkunde speel ‘n groot rol in redes waarom mense die Here nie vir die Gees vervulde lewe vertrou nie. Een van die aspekte van onkunde is dat ons nie geweet het dat die lewe vir ons bedoel is nie. Ek het  nooit geweet dat daar selfs so iets bestaan nie, en daarom het ek nie ‘n dors na die Here se beste gehad nie.

Ek het ook nie geweet hoe ek dit kan ondervind nie, en hoe om dit deelagtig te word nie.

Hand.17: 30-31: “God het dan die tye van onkunde oorgesien, en verkondig nou aan al die mense ooral dat hulle hul moet bekeer”.

2)      WAAKSAAMHEID OM DIE RUS IN TE GAAN: LAAT ONS  DAN ONS BEYWER: VS.11

U sien as Moses deur een handeling van onge-hoorsaamheid die land Kanaan nie kon ingegaan het nie, is dit vir ons moontlik om ook deur ongehoorsaamheid die land nie te besit nie.

a) ONTMASKERING: OF PLEK VAN ERKENNING:

Hebr.4:12 Waarsku ons dat indien ons die Rus van God,  of te wel die Gees Vervulde lewe wil besit, ons by die plek van gewilligheid moet kom om dit wat vir my kosbaar is te laat ontmasker.

a) Dit kos om hartsdeurgrondelik eerlik te raak en tot die dood toe desperaat om waarlike verlossing van my vleeslike toestand te wil ervaar.

b) Hulle moes bereid wees om by Gilgal die vernedering van die besnydenis deelagtig te word. U sien ons sal die Here moet vertrou om ons by ‘n plek van vernedering te bring waar ek my hartstoestand eerlik voor die Here erken, en dat Hy daarmee drasties sal moet handel.

c) Dit was verder ‘n plek van Openbaring: Dit was hier waar die Engel met die ontbloote swaard aan Joshua verskyn het en aan hom laat verstaan het dat die Here nou die leerowerste van die volk is en nie meer die mens in sy vleeslikheid nie.

d) Hier het hulle nou versadig geword met die spyse van die land, en het nou nie meer op die uiterlike afhanklik gewees nie.

b) DIT IS VERDER ‘N PLEK VAN ONVOORWAARDELIKE GEHOORSAAMHEID:

Dit was vir die priesters nodig om in die geloof hulle voete aan die oewers van die Jordaan te plaas om die land Kanaan in besit te neem. Voordat hulle nie in die geloof uit gestap het en die Here blindelings vetrou het nie, het hulle nie die seën van die volheid ondervind nie.

Dit beteken nie net daardie eerste daat van geloof wat ek begin toepas nie, maar daarna ‘n oomblik vir oomblik toetrede toe die volheid van die land Kanaan wat my deel is. Die Here het aan Joshua gesê dat hulle die hele land in besit moet neem.

c) DIE OORGAWE:

In die geval van die volk van Israel was dit by die Jordaan.

U sien die Jordaan beteken die dood. Dit is die sterwe aan sonde en aan die sondige self.  Daardie deel wat so seer kry of so beskermend optree dat daar nie deur die kors gebreek kan word om by die eintlike hart uit te kom nie.

Toe die volk deur die Jordaan trek moes hulle gedenkklippe pak by Ebal, waarop die wet nou uiterlik geskrywe was,  op wit kliptafels.

Hulle moes verder 12 klippe in die Jordaan pak wat dui dat verteenwoordigend van elke stam van Israel hulle die hart van klip nou neerlê, om die Here te vertrou om die hart van vlees in hulle binneste te plant.

3) DIE WAAKSAAMHEID TEEN VERLORE SEëN: LAAT ONS DIE BELYDENIS VASHOU: Vs.14

Hoewel hulle net deur die Jordaan getrek het, was daar vrees in Paulus se hart dat hulle soos die stamme van Gibeon en Efraim en die halwe stam van Manassa weer sou terugtrek na die oewers van die Jordaan om daar te gaan vertoef.

Mense kom by die plek van oorgawe , maar staan daar op om weer in sonde en twyfel voort te leef.

Daar is hoofsaaklik drie redes wat Paulus aanhaal wat die vrees in sy hart is nl.

a) Vrees dat sonde weer toegelaat sal word:

Dit is so maklik dat soos die Israelliete by Jerigo, nadat die Here die oorwinning in hulle harte gegee het, daar die Agan’s was wat sonde in die hart verberg en die verskriklie vernedering by Ai moes ondervind weens een man se sondes moes 39 mans sterwe. Kan u die prentjie sien nadat die lot op Agan geval het moes sy hele familie uitge-roep word en almal van hulle moes gestenig word

Kinders vra vir mamma waarom pappa moes gestenig word, en al reaksie is oom Agan my kind. Sondes bring bitterheid in die hart, dit bring neerlaag en neerslagtigheid in u lewe mee.

b) Verwaarloosde Gemeenskap:

O. hoe maklik is dit dat ons die Gilgal, die plek van gemeenskap met die Here verwaarloos en dat ons nie meer sy stem raadpleeg nie, en dat die vyand met vreeslike subtiele verskonings na u kom en vertel dat my omstandighede so moeilik is en dat selfbejammering moet inkruip om die Troon posisie van die Here Jesus te beroof en my vas te vang met vyande wat nou in my hart spook wat ooral saam met my trek.

c) Swakhede:

Swakhede as sulks is nie sonde nie, dit is tekortkominge in my lewe, b.v. siektes of vergeetagtigheid wat kan meebring dat ander kan struikel Ons lees dat Joshua nie die Here geraadpleeg het by Gilgal nie, en dat hierdie tekortkoming veroosaak het dat hy bedrieg was deur die Gibeoniete.

Daar was oorwinnings behaal, maar daar was ook die verskriklike neerlae terwyl hulle die land in besit moes neem en het dus in hierdie tye nie Christus gelykvormig geword nie.

3)      DIE WONDERLIKE SEëN VAN VOLKOME RUS:

LAAT ONS DAN MET VRYMOEDIGHEID NA DIE TROON VAN GENADE GAAN: VS.16

Om is die rus van die Here in te gaan sluit die volgende dionge in:

A)    VRYMOEDIGHEID:

Daar is nou die ope hemel in my lewe. Ek kan enige iemand in die oë kyk en nie meer skaam wees oor enige iets in my lewe nie. Ek het alles na die lig gebring en niks verskuil nie. My hart is nie net gered nie, maar nou gereinig.

Maar ook in my gebedslewe ervaar ek nou die rus met God en is daar nie meer die spanning of Hy gebed sal beantwoord nie. Hy is die hoorder van gebed en doen volgens Sy wil.

My getuienis het nou krag. Daar is iets in my woorde wat nie meer leeg is nie, maar wat vervul is met die Liefde van die Here in my hart en ander kom dit agter en verlang daarna.

B) DAAR IS VREUGDE:

Hoe heerlik om te weet dat my sondes vergewe is en die skuld wat ek so swaar in my hart dra, is van my afgerol. Die Here Jesus sê dat Sy las lig is en Sy juk sag.

U vind u vreugde in die Verlossing wat Hy aan u bewerk het. U rus in die wete dat Hy vooruit trek.

In my gemeenskap met die Here. Hoe heerlik dat Hy die versekring gee dat Hy nie sluimer of slaap nie, dat Hy ons van voor en van agter beskud. Hy is met my en Hy praat met my.

Hy is my vrede wat alle verstand te bowe gaan. Wat my in die moeilikste omstandighede in absolute vrede bewaar, en my genade gee nie in my harmonie versteur te word in die Here Jesus nie.

c) HY IS MY VERSADIGING:

U weet, wanneer die Here Jesus alles in u lewe is, het u nie meer nodig om u siel met die gebarste reënbakke van die sonde van hierdie wêreld te voed nie. U kan in die Woord van God wat ‘n onuitputlike bron is u absolute vrede en versa-diging vind.

Hierdie versadiging bied Hy in elke aspek van my lewe.

Is u vervul met die Gees van God?

Het u die ondervinding van die Sabbatrus met God?

Laat Hom net toe, wees net harts deurgrondelik eerlik, en Hy sal u help en verlos.

Dr. A. B. Simpson het hierdie ervaring as volg omskrywe:

REDDING:                           HEILIGMAKING:

1) Once it was blessing             now it is the Lord.

    Once it was  the feeling         now it is His Word.

    Once His Gift I wanted         now the Giver own.

2) Once it was  painful              now it’s perfect trust.

    trying.

   Once half salvation                 now uttermost.

   Once it was ceasless              now He holds me fast.

   holding.

   Once t’was constant               now my anchors cast

   drifting.

3) Once t’was busy                   now it’s trustful prayer

     planning.

 Once t’was ancious caring        now He has the care                    

 Once t’was what I wanted        now what Jesus says  

 Once constant asking               now it’s ceasless                                               praise.

4) Once it was my working       His it hence shall be        

    Once I tried to use Him         now He uses me.

    Once the power I wanted     now the Mighty One      

    Once to self I laboured         now for Him alone.                                                      

DIE BEDIENING EN WERK VAN ‘N Hoë PRIETSER

HEBR.5:1-14.

INLEIDING:

Noudat ons hoofstuk 4 klaar gemaak het begin ons nou by die derde en grootste tema van die boek nl. die priesterlike amp van die Here Jesus. Ons het na die profetiese amp van die Here Jesus onder die simbool van Moses gekyk., en die beloofde besitname in die in die “rus van geloof ”  geinterpiteer.

Ons gaan nou na di afdeling van die priesterlike werk van die Here Jesus kyk onder die simbool van Aaron, wat onder 3 hoofafdelings behandel gaan word nl.

1) Die priesters amp.

2) Die heiligdom en

3) Die offer.

Hoewel hierdie onderwerpe vanaf hfst.5-10 behandel word is dit moeilik om ‘n duidelike raamwerk te vind aangesien die onderwerp in-mekaar geweef is. Daar word eerstens na die Prietser gekyk, dan die heiligdom as die veld waarin Hy werk, en dan die diens wat Hy verrig in die heiligdom – die diens van gawes en offers.  Die priesterskap word hoofsaaklik in hfst.5-7 behandel. Die heiligdom in hfst 8-9  wat die verbond insluit en die offer in hfst.10. Soos Levitikus 16 die die groot versoenings hoofstuk van die O.T. is, is Hebr.9-10 die groot versoenings hoofstukke van die N.T. In hoofstuk 9 is Christus die Priesterlike offer en hoofstuk 10 die Geofferde offer.

Die 5 de hoofstuk gaan voort met die veranderde onderwerp van die vorige hoofstuk (4:14-16) maar die manier waarop die twee gedeeltes verbind is met mekaar hang van die interpetasie van die verbinding “want” af. Dit is meer ‘n voortgaande argument vanaf die vorige aspek as profeet. Hoofstuk 5 is die basiese stelling van die vereistes van die priesterskap een waaronder die Aaroniese priesterskap sal kwalifiseer.

a) DIE KWALIFIKASIES EN DIE WERK VAN  ‘N PRIESTER.

Daar is 6 kwalifikasies nodig vir ‘n hoë priester soos in die eerste gedeelte van hfst.(5:1-5) vir ons uitgelig word. Hulle kan soos volg genoem word:

1) Hy moet “uit die mense geneem word” en moes dus uit dieselfde

natuur geneem word waaruit hulle is.

2) Hy is georden en bestem vir die mens. Hy is die verteenwoordigde 

    mens, en terwyl Sy bediening van die Here is, is dit ter belang van

   die mens.

3) Hy mag nie voor die Here met leë hande verskyn nie, maar moet    

beide gawes en offers vir sonde bring.

4) Hy moet ‘n gesindheid van medelye openbaar teenoor die wat 

onkundig en buite die weg staan.

5) Omdat Hy vanuit die mens kom, en deelgenote aan die swakhede en

die sondes van die mens het, moes Hy ‘n offer bewerk het waarin Hy vir Homself en die mens versoening gebring het.

6) Hy het nie die eer van ‘n Hoë Priester op Hom geneem nie, maar is  

   geroep en uitgewys deur die Here, soos Aaron ook was.

Die 6 kwalifikasies kan duidelik na 2 geredugeer word, nl. Hy moet vanuit die mens gekies word, en moet deur die Here aangestel word. In hierdie geval is die ander vier punte meer verduidelik van aard. In die volledige beskrywing van die onderwerp van die Aaroniese priesterskap sal ons met groter eenvoud die skriftuurlike volgorde volg in die eerste 3 verse gevind.

1) ‘N Hoë PRIESTER MOET VANUIT DIE MENS GENEEM WORD. (5:1a).

Dit is die eerste kwalifikasie vir ‘n Hoë Priester. Elke Hoë Priester kan voor die Here verskyn alleen in waarde as Hy van die mens kom. Om van die te kom wie hy verteenwoordig is noodsaaklik vir ware gemeen-skap, en begrip en simpatie. Om die rede het die skrywer voorheen gestaaf “dat Christus nie die natuur van engele nie; maar dat hy van die saad van Abrham geneem is” (2:16) Die aanhaling om van die mens geneem te word, gee die gedagte dat daar ‘n ander Priester is waarvan ‘n ander beskrywing gegee word – Christus wie, hoewel ‘n mens is, is met die menslike ras verbind, is nie van dieselfde tyd van hemelse oorsprong nie. (7:28).

2) HY IS VAN DIE MENS GEKIES IN DINGE TOT BETREK-

     KING TOT GOD: (5:1b).

Die woord “kathistatai” is die normale woord wat vir aangewys vir ‘n spesifieke taak gebruik word. Hier is die verwysing gewoonlik hoofsaaklik vir die natuur van die bediening. Die woord “kontitusie” of “georden” is behoorlike termes om die bediening te bevestig. Die begrip “wat uit  die mens geneem is” is die belangrike stelling van hierdie gedeelte. Die Hoë Prietser, hoewel hy van die mens geneem was, om te handel ter belang van die dinge van die Here, is steeds aan die mens verbind. Wanneer hy voor die Here verskyn in die vervulling van die funksies van sy bediening, is hy daar uitsluitlik vir die dinge wat die mens raak. Om nie sy amp as Hoë Priester te vervul nie, sou teenstrydig teen sy amp gewees het.

3) “…OM GAWES EN OFFERS VIR DIE  SONDES TE BRING”

Die beste outoriteite vertaal “thusia” of offers as verwysende na bloedige offers van geslane diere, en “dora” of gawes as toegepas tot die vrye wil van offers, soos die vleis offers, drink offers en dank offers. Die woord offer is beperk tot bloedige offers of offerhandes, is die woord gawes nie beperk soos in die Skrif nie, maar word soms toegepas tot geslane diere (8:4) waar die woord “dora” beide gawes en offers insluit, in die voorafgaande verse. Die teorie se dat “dora” is ‘n algemene term wat al die offers insluit, en dat “thusia” is ‘n spesifieke term vir sonde offers, maar wanneer hulle saam gebruik word, word “dora” gebruik om die vrye wil offer vir die sonde offer gekoppel.

Die woord “prospherei” beteken “om voorentoe te bring”, is die term wat dikwels gebruik word wanneer priesters die offers na vore bring na die altaar van die offer. Tegnies is die werk van die priester nie om die dier te slag nie, wat deur andere gedoen was, maar in die “aanbieding” van die offer voor die Here by die altaar van die brand offer.

4) “AS EEN WAT KAN SAAMVOEL MET DIE ONWETENDES  EN DIE DWALENDES (5:2a).

Die kwalifikasie kan alleen in die raamwerk van die priester wat die offer bring gebruik word. Dit is duidelik uit die gedeelte dat Hy gekies is “vanuit die mens” sodat hy met die mens medelye kan hê. Die woord “metriopathein” kom nêrens anders in die N.T voor nie. Dit het ‘n latere Griekse oorsprong en verskyn en word gebruik in die verband dat die wyse persoon vry van passie  “apathes” is. The woord dui op die balans tussen passieloosheid en die oordrewe vergryping van ‘n passie. Daarom word dit vertaal met “tree ten behoewe van op” of om waardige gevoele te betoon en staan in teenstelling met woede en uiterste ongeduld.

Die Hoë Priester moet edel voel en edel die las dra, teenoor die wat onkundig en buite die weg staan. Die verskil wat daar tussen “sumpathesai”  gebruik teenoor Christus (4:15) en die teenswoordige “metriopathen” is dat die vorige simpatie as die poistiewe gevoel van edelheid gebruik terwyl die latere meer spesifiek die herstel van onedele gevoelens openbaar.

Daar is ‘n meer positiewe en edeler lewe wat in die Here Jesus se lewe weerspieël word, en het nie net rakende Sy gevoelens te make nie, maar ook die resultaat van Sy Goddelike medelye omdat Hy die mens geskape het en elke tekortkoming in detail weet.

By die verduideliking van die woord “onwetend” en “dwalendes” word nie bedoel dat die priester se werk net met matige sondaars is nie, en dat die andere uitgeskakel word nie. Die woord sluit alle sondes in wat mens gepleeg het, waarvoor die Hoë Priester versoening gedoen het. Die woord dwaal beteken ‘n meer sondige staat. In Ps.25:7 Bid Dawid vir die vergifnis van sy sonde van sy jeug en ook vir sy oortredinge. Dit is waarna die onwetendes na verwys in vs.13. waar die gedagte nie na absolute onkunde verwys nie, maar die verwarde gedagte van sonde wat deur misleiding veroorsaak is.

Die woord “dwaal” “planomenios” dra in dit die gedagte om weg te dwaal of weg te wyk van die regte weg, of van die ware eienaar. Dit is waarom van die vertalings die woorde “om van die regte weg weg te beweeg” gebruik.  Dit dra die gedate dat hulle altyd met hulle harte dwaal, en het geen bekende weë nie. (vs.10).  Die priester voel innig oor die verleiding en soek na enige moontlike poging om hulle op die pad te herstel.

5) BEHOORT…. VIR HOMSELF VANWEë DIE SONDES TE OFFER”. (5:3)

As rede hiervoor, soos vir die mense, so ook vir homself, moet hy sondes offer. Die verwysing verwys na die groot dag van versoening, waarby die hoë priester eerste offers vir homself moes gebring het, en dan vir die volk. Die woord vir sonde offer is “peri” en kom 3 keer in hierdie vers voor nl. “vir die volk” “vir homself” “vanwee die sondes offer”

Die woord “moet hy” is “opheilei” het die begrip verpligting daarin gebou, in die dat die hoë prietser  dit moet doen om ‘n verhouding met die Here te behou.

 “Omdat hyself ook met swakhede bevange is”   praat van die hoë priester in die vorige vers, bewerk nou hier ‘n grond van noodsaaklikheid vir ‘n offer vir homself. Die woord “medeleie” is “perikeitai” wat beteken om rondom iemand te lê, of om te omring, terwyl die woord vir “swak-heid” is “astheneian” wat swakhede beteken wat in die sin van morele swakhede verwys, of sondes.   

Daar is twee groot waarhede wat hier uitstaan nl.:

a) Die hoë priester het niemad wat sy sond offer vir hom kon bring nie, en a.g.v. van die feit dat hyself swakhede het, en hy vir sy volk voor die Here moet verteenwoordig, moet hy versoening vir homself bewerk. Dit dui op die onvolmaak-heid van die  Levietiese priesterskap en berei die weg vir die aanbieding van die volmaakte Seun van God in die Here Jesus.

b) Daarmee saam is die noodsaaklikheid van persoonlike gereedheid vir die kwalifikasie van ‘n priester. Die hoë priester moet vry wees van skuld, voor die Here voordat hy die nood van sy mense voor die Here kan bring. In die geval van die Livietiese priesterskap was dit bloot net ‘n seremonieële reiniging en wys na een wat die behoefte aan een wat geen sonde, persoonlik of inherent het nie, en is alleen in die Here Jesus moontlik. Die Livitiese priesterskap is ‘n tydelike,  terwyl die van die die Here Jesus Christus eg en ewig is. 

6) “EN NIEMAND NEEM DIE WAARDIGHEID VIR HOMSELF NIE, MAAR HY  WAT DEUR GOD GEROEP WORD” (5:4)

Nie net is die bediening van die hoë priester konstitisioneel nie, maar die kwalifikasies en funksies van die hoë priester oneindig, en sien ons dat die vereering en karakter van die hoë priester is dat hy deur die Here geroep word om die Here te dien. Om hierdie posisie te bevestig het die skrywer Aaron aangehaal. Deur so te doen sal hy in sy bediening soos oorspronklik bepaal in eenvoud en reinheid moet dien.

Wat die kwalifikasies van ‘n hoë priester vervol-maak is die roeping van die Here. Dit alleen het die Livietiese hoë priester vrymoedigheid gegee om met ewige dinge toevertrou te kon word.  Dit mag geen eer op iemand bring nie.

Die 3 verse (5:1-3) saam met (5:4) wys dat Chris-tus elke behoefte van die hoë priester vervul soos in (4:14-16) bewys word. Hy het hierdie vereistes met groter waardigheid en eer dan die vroeëre hoë priesters ooit kon doen. Christus was bewys dat hy vry was van alle morele defekte, met veel groter simpatie as Aaron ooit kon gehad het.

Ons gaan nou kyk na Christus en die “Nuwe Orde” van Priesterskap. (5:5-10)

A) CHRISTUS DIE NUWE ORDE VAN PRIESTERSKAP:  (5:5-10)

Terwyl hierdie gedeelte ‘n voortsetting is van dit wat voorafgegaan het, naamlik Christus as sim-bool van Aaron, is dit nodig dat die 6 kwalifikasies en funksies van ‘n hoë priester in (5:1-4) terug getrek kon word na 2 nl. “om van die mens geneem te word” en “deur die Here geroep te wees”. Hulle word so in die afdeling behandel in die teenoorgestelde volgorde nl. – dat die roeping van die Here eerste genoem word, en dan die posisie van die menslike natuur.  Dit word op ‘n heel gemaklike en informele wyse vir ons ingelei. ‘n Nuwe element is in hierdie afdeling ingelei, naamlik ‘n nuwe orde van priesterskap volgens die orde van Melgisedek en nie nou die Livitiese orde nie.

1) “SO HET CHRISTUS HOMSELF NIE VERHEERLIK OM Hoë PRIESTER TE  WORD NIE” (5:5a).

Dit is ‘n voortsetting van vorige verse en sluit nou die paralle tussen Aaron en Christus af. Vandat “geen mens die eer op homself neem nie, maar Hy wat deur die Here geroep word, soos Aaron ” so het Christus ook nie Homself verhoog nie, om ‘n Hoë Priester te word nie.

In 4:14 word die woord Jesus in verband met “die groot hoë priester” gebruik, maar hier is Christus geassosieer met die priesterskap. Dit is daarom dat die hoë priester gesalf was met olie, en sedert Christus bedoelende “die Gesalfde Een”, hierdie terme verduidelik Sy offisieële amp beter in Sy kapasiteit.

In verband met die Livitiese priesterskap word die terme “geëerde” gebruik terwyl hier ‘n ryker terme nl. “verheerlikte” gebruik word vir die Here Jesus Christus. Dat die Here dit ‘n eer reken vir Sy Seun om die Hoë Priester te word waardeur ‘n verlore en skuldige wêreld nie gestraf sou word nie, maar deru geloof in Hom het ons die ewige lewe (Joh.3:16) bevestig aan ons ‘n hart wat bloei vanuit die hart van God.

Dat die Here Jesus die heerlikheid wat Hy gehad het met die Vader moes verlaat voordat die wêreld was, en dit ‘n hoër heerlikheid ag om ons deur Sy Bloed te verlos deur die dood aan die Kruis, en ons van alle sonde te reinig deur Sy Bloed, en aan ons die Heilige Gees te gee wat in ons woon as die Teenswoordige Vertrooster – sal die menslike verstand nooit kan begryp nie. Nooit sal ons wonder en aanbidding dit kan omskrywe, maar sal eerder deur die eeue onthou word.

2) HY WAT AAN HOM GESê HET, U IS MY SEUN VANDAG HET EK U GEGENEREER  (5:5b)  

Daar is geen spesifieke verwysing na die priesterskap nie. Sommige reken dat die Messiaanse bediening dra opsigself die profetiese en priesterlike en die koninklike funksies. Om die te red “U is My Seun” kan vergelyk word met “U is ‘n Priester”.

Die waarheid is baie dieper as dit. In (1:1-3) word die Seun as hoër as enige iets gestel. Deur Hom was die wêrelde gemaak, en Hy is die skoonheid van die Vader se heerlikheid self en die “Afdruksel van Sy beeld”. Hy hou alle dinge stand deur die krag van Sy woord, en het sondes gereinig en sit aan die Regterhenad van die Vader.

Die Seun is die ingang tot in tempel met God, en in die ware lewe van die Here Homself. Hy alleen het die nodige kwalifikasies vir ‘n geestelike priesterskap.

Hy beoefen die priesterskap deur vir ons deelge-note van Homself te maak, van die heerlikheid wat Hy in en met die Vader het. Daarom kan niemand anders ons Hoë Priester wees maar die Seun van God. Hierdie woorde openbaar nie net Christus se priesterlike werk nie, maar is gebas-seer op Sy Goddelike Seunskap asook die natuur wat deur die Seun bestaan, om die mens in gemeenskap met die Here te herstel.

Die woorde “Vandag het Ek U gegerenereer” is van uietrste belang ook in die verband. Beide Paulus en Johannes gebruik die woorde “eerste geborene” verwysende na Christus se opstanding (Kol.1:18 Openb. 1:15) Sedert Hy Homself op die altaar geoffer het, nl die kruis is die “Opstanding” die sigbare getuie van Christus met Sy Priesterskap. Die beoefening daarvan het op die hemelvaart gewag wat ook vir die soewereines wag nl. die weergeborenes.

3) SOOS HY OOK OP ‘N ANDER PLEK Sê: U IS PRIESTER VIR EWIG VOLGENS DIE  ORDE VAN MELGISEDEK: (5:6)

Die woorde: “U is My Seun” lê die fondasie vir, en die natuur vir die priesterskap van Christus. Die skrywer bevestig nou Sy direkte doel. Hy het dit gedoen deur ‘n ander aanhaling uit Ps.110:4 wat as ‘n Messiaanse Psalm beskou word, en wat profeties van aard is in sy aanhalings.

Die woord “U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek” woorde wat as konstitusie en outoritêr, en nadruklik is. Hierdie Psalm bevestig nie net die feit dat Chritsus waarlik uitgewys was tot die priesterskap van Aaron was, maar lei ons nou in ‘n totale nuwe aspek in nl. dat Christus was ‘n priester volgens van ‘n totale ander orde. Die beklemtoning, in hierdie verband, het uitsluitlik met Sy aanstelling te doen.

Die woord “priester” “hiereus” word gebruik in plaas van hoë priester “archiereus” want daar was geen ondergeskikte preisters in die orde van Melgisedek nie. Daar is twee woorde in die Hebreeus vir “orde”. Die een wat in die Psalms gebruik word is anders as die een wat na Moses en die orde van priesters gebruik word. Die Griekse woord “taxin” is gebruik soos in Luk.1:8 en in  baie ander plekke. Maar die woord beteken ook “kwaliteit” “goed” “rangorde” of “posisie”. Die woode is beter om te gebruik omdat Melgisedek nie voorgangers of navolgers gehad het nie.

Die woorde “Volgens die orde van Melgisedek” word drie keer gebruik. (5:6,10) (6:20) voordat dit in die 7 de hoofstuk 2 keer gebruik word (7:17,21).

Die volgende besonderhede rakende Melgisedek illustreer die karakter van Christus as die ware Melgisedek Priester.:

a) Hy was priester volgens sy eie reg en nie deur die waardigheid van sy verhouding met andere nie.      

b) Hy was priester vir ewig sonder plaavervanger of opvolger.

c) Hy was nie gesalf as ‘n priester van die Allerhoogste God nie met olie nie, maar met die Heilige Gees.

d) Hy het nie dier offer gebring maar brood en druiwesap, wat simbole

van die Avondmaal met Christus wat Hy later ingestel het bevestig   het

e) En dan die beginsel in die gedagte van die skrywer op hierdie stadium, het hy in homself beide die Priesterlike en Koninklike   funksies vervul. Die kombinasie was streng verbied in Israel maar was   later geopenbaar in die Here Jesus – ‘n Priester wees op Sy troon Sag.6:13)

4) “HY WAT IN DIE DAE VAN SY VLEES” (5:7a).

Die skrywer het dit oor en oor bevestig dat Jesus die Hoë Priester was deur Goddelike beskikking bepaal. Hy draai nou tot die tweede belangrike deel van die priesterskap, die noodsaaklikheid van die menslike natuur. Hier sal dit gewys word dat Christus as volmaakte vervuller die kwalifi-kasies het soos die vorige, want Hy het geleer deur die werklike ondervinding van leiding en simpatie tot die uiterste met menslike tekortkominge. Die onderwerp word informeel ingelei met die woord “hos” “wat” wat terug verwys na Christus in vs.5.

Die aanhaling “in die dae van Sy vlees” verwys na die ganse tydperk van die Here Jesus se aardse lewenswandel, wat ook Sy dood inhou. Die woord “sarx” maak die ondeskeid tussen die skepper en die onsigbare God. Dit verwys nie soseer na die noodsaaklike elemente van menslikhied nie, as die voorwaardes vir die teenswoordige lewe. Dit is ‘n terme wat na die menslike natuur in sy brose en lydende staat is. Paulus gebruik die woord “sarx” as die sondige menslike natuur of die mens na die sondeval.

Vandat die skrywer van die brief vir ons gewys het dat “Hy sonder sonde was” moet ons elke spoor van sonde in Sy natuur, soos Sy smarte en Sy droefheid en beproewinge van Sy lewe. In die hele prentjie van Sy menslike lewe met sy broosheid en lyding pas die Here Jesus presies in maar met een uitsondering “Hy was sonder sonde”.

5) “HY WAT IN DIE DAE VAN SY VLEES GEBEDE EN SMEKINGE MET STERK GEROEP EN TRANE AAN HOM

     GEOFFER HET (5:7b)

Hier is ‘n sterk ooreenkoms met die vorige gedeelte nl. dat ‘n priester moet gawes en offers bring wat deur die woorde versterk word “met sterk geroep en trane”. Dit word gesê dat deur ‘n gawe “doron” eer ons die Here, en deur offers “thusia” word ons van die gevaar wat God alleen van weet verlos. In die geval van die sondaar is hierdie gevaar die sonde, wat vergewe moet word. In die geval van die Here Jesus onstaan dit uit die vernietigende las van die sonde  van hier-die wêreld, waarin die Here alleen Hom kon bewaar tot en met die voltooiing van Sy roeping.

Daar is tog in die gedagte van die skrywer ‘n parallel tussen die Levi-tiese orde en die van Melgisedek. Die Levietiese orde was ‘n sondige verteenwoordiging van die sondige mens wat nodig het om gereinig te word.  Daarom was dit nodig dat hy vir homself eers offers moes bring voordat hy vir die volk offers kon bring.  Christus was “sonder sonde” maar in die angs van Sy uitroep het Hy Bloeddruppels gesweet. Dit was die begin van Sy Bloed wat Hy gestort het wat later van Sy hoof gevloei heten Sy hande en Sy voete en van Sy sy.

Dit is hierdie bloed wat aan die Kruis gestort is wat die “bewerker van ons sondes geword het” en “‘n Voorspraak vir ons by die Vader is”  1 Joh.2:2. Hoe sal ons ooit die diepte van die woorde in 1 Kor.5:21 ooit verstaan:

“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom”

Die gewone woord gebed voor die Here is “proseuche” en die woord vir ‘n blote versoek is “aitema”. Die woord wat hier gebruik word is “deeseis” wat nederig of intense pleiting of smeking beteken en word soms vertaal as “versugtinge” “smeking” Fil.4:6. Die woord vir smeking is gewoonlik “heketerias” wat in ‘n meer formele verband gebruik word. Dit word in die verband van ambasadeurs gebruik wat uitgestuur word om inligting vas te stel. Die woord “huil”  is “krauges” en die woord “sterk” beteken kragtig, hartroerend, of magtig. Die woord “trane” is “dakruon”.

Hierdie uitdrukkings het na ‘n spesifieke gebeur-tenis verwys, nl die tuin van Getsemane, waar daar van die benoudheid melding gemaak word wat die Here Jesus vir ons moes deurgaan. Matt. sê: “Dat Sy siel uitstaande vol smarte was, selfs tot die dood was” Matt.26:38. Markus sê: “dat Hy begin ontsteld en benoud te word het” Mark.14:33-34. Luk.22:44 Sê: “en Hy het in ‘n sware stryd gekom”  

 Sommige het gedink dat die woorde “..met sterk geroep en trane..” na die Kruisiging verwys waar die Here Jesus uitgeroep het: “..My God, waarom het U My verlaat…” (Matt.27:46; Mark.15:34) of net voordat Hy gesterf het toe Hy ook met ‘n sterk stem uitgeroep het “Vader in U hande gee Ek My Gees oor” Luk.23:46. Terwyl die Tuin gebeurtenis die beste hierby inpas is dit nie onmoontlik dat dit na die totale tydperk van die Here Jesus se vleeswording verwys nie, wat byde die gebeurtenis van smarte na verwys nie.

In die gebruik van hierdie sterk terme, was die uitsluitlike doel van die skrywer om die smart van die Here Jesus in Sy volle intensiteit te omskrywe. Dit is ‘n prentjie van die Here Jesus in die diepste diepte van Sy menslikheid. Die trane lees ons duidelik van toe Hy ernstig gebid het of gepleit het, toe Hy nederig vir genade gebid het, Sy harde uitroepe, die vloed van trane wat Sy smarte mee gepaart gegaan het, en die sweet wat van Sy liggaam af gepêrel het, wat op die grond geval het, soos groot druppels bloed. In die Tuin was die gordyn effens gelig, en sien ons Sy Heilige wese krimp ineen met die gedagte van die lyding wat voorlê.

Hy moes aan die kruis hang om vir ons ‘n vloek te word, sodat ons verlos kon word van die vloek van sonde deur die geloof. (Gal.3:13-14). Sy laaste deel van Sy lewe was so smartlik soos nog nooit ooit van iemand gehoor was nie.

Die lyding was so intens dat engele moes kom om Hom te kom versterk, en kalmte in Sy siel kom uitstort, voor Hy die kruisiging moes deurstaan.

Die skrywer gaan voort om vir ons ‘n tweede aspek van Sy lewe uit te wys, nl. dat Hy van die mens geneem was, en dat Hy van die diepste simpatie met die wat Hy verteenwoordig. Dit is duidelik dat Hy die laste van die hele wêreld op Hom neem, en deur so te doen, te lei soos niemand anders in die wêreld kon doen nie.

6) “AAN HOM GEOFFER HET WAT HOM UIT DIE DOOD KON RED, EN OOK VEHOOR IS UIT DIE ANGS.” (5:7c).    

Terwyl ons van die intense lyding van die Here Jesus praat, sien ons dat Hy met ‘n sterk stem van ‘n hart wat deur smarte geskeur is, draai die skrywer nou na die natuur van Sy gebed, en die antwoord wat Hy ontvang het. Waarom het die Here Jesus gehuil?  Wat was die antwoord wat Hy ontvang het?

Die antwoord lê in twee hoof verduidelikings, nl: “om hom van die dood te red..” en was dat Hy “verhoor was in die angs”. Die eerste gedeelte beteken letterlik dat Hy “van binne” gered was. Dit het ‘n tweeledige betekenis nl.:

a) Om van die dood gered te word moes Hy van dit ontvlug het.

b) Of om uit die dood te bring na ‘n nuwe lewe, of ‘n gebed tot die opstanding.

Die tweede aanhaling het ook twee betekenisse nl:.                                

a) Dit kan op Goddelike vrees of ontsag dui,

b) of dit vrees beteken, of angs, in die lig van ‘n vreeslike gebeurtenis.

Die gebed van die Here Jesus was dus nie om van die fisiese dood verlos te wees nie, maar om daarvan deur die opstanding verlos te word. Die gebed was beantwoord op die derde dag in (Openb.1:18) Die gebed is dat mense verlos mag word uit die dood. Die gebed was verder beant-woord deur die dood en Sy heerlikheid. (2:9)

Die grond betekenis is dat die Here Jesus was toegelaat om oorweldig te word van vrees soos ons as mens dit ook soms ervaar, maar dat Hy met ons simpatiseer in ons swakhede, in dit dat Hy met hulle menslike natuur tog deel. Dit is moontlik dat Hy in die dood die straf van die vloek en die konflik met alle kragte van die hel en sonde te doene gehad het.

Ons lees nie net dat Sy gebede gehoor was nie, maar hoe Sy gebede beantwoord was: “Hy was uit Sy angs verhoor”.  Die antwoord was die verlossing van die dood wat Hom oorweldig het. ‘n Engel het gekom om Hom te versterk. Van daardie oomblik af het Hy die laaste gedeelte van Sy aardse lewe van die realiteit van Sy wil aan die mag van sonde oor te gee weggedeins. Die ware gebed van die Here Jesus was: “U wil geskied” en hierdie gebed was ten volle in Sy lewe beantwoord.

Wescott wys daarop dat die Here Jesus se gebed was vir die oorwinning oor die dood as die vrug van sonde, en dat die verhoring van gebed, wat gehoorsaamheid gelei het, nie soseer die uitroep van spesifieke ver-soeke is nie, maar dat Sy gebed tot die einde toe verhoor sal word. Christus het geleer dat elke detail van Sy lewe tot die doel gekom waarvoor Hy gekom het om dit te vervul, en dat vir Sy Goddelike gebede verhoor was.

7) “HY, AL WAS HY DIE SEUN…” (5:8)

Die woord vir Seun hier verwys nie na gewone vleeswordende begrip Seun nie, maar na die Ewige Seun, of in Sy verwantskap met die Drie- eenheid.

Die Seun is die glans van Sy Vader, en die afdruksel van Sy beeld (1:3) weerpieël Hom nou as die nederige wat die Here in sterk geween en gebed aanroep. Die menswordig neem nie Sy heerlikheid as die Seun van God weg nie, maar die lyding is verskillend en erg en vind hulle volmaaktheid in die Kruis.

Die verlossende werk van die Here Jesus is nuut en voeg by Sy heerlikheid dat Hy gehoorsaam geword het tot die dood. Hierdeur was Hy uitermate verhoog volgens. (Fil.2:8-11)

8) “…HET GEHOORSAAMHEID GELEER UIT WAT HY GELY HET” (5:8b)

Die woorde beteken letterlik dat Hy geleer het deur wat Hy gely het. Dit bedoel nie dat Hy geleer het om te gehoorsaam nie, want Hy was van die begin af gehoorsaam gewees. Hierdie les was nie op Hom geforseer nie, deur Sy lyding nie, Ps.40:9 “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen” en Hebr.10:7.

Om gehoorsaamheid te leer is om die volle lengte en breedte van lyding wat van Hom verwag was as Verlosser voor te buig om die volle verlossing van die mens te vervul.

9. “…EN NADAT HY VOLMAAK IS…” (5:9a)

Dit is die tweede keer dat die skrywer die uitdrukking “volmaak deur lyding” gebruik. In (2:10) word die aoriste tyd gebruik in verband met Sy Vader, “wat die bewerker van hulle saligheid is deur lyde volmaak”.

In hierdie gedeelte word die woord in die pasiewe tyd gebruik, in verband met Christus, wat die effek van die lyding  op Hom aandui. In die eerste verband was dit t.o.v. Moses gebruik, of in Sy Apostoliese bediening. Hier identifiseer Hy Homself met Sy mense, en gaan voor hulle uit as Leier om baie seuns tot heerlikhied te bring. Hier word die simbool van Aaron gebruik, waarin Christus as Hoë Priester Homself geoffer het, as die Voorspraker van die sonde van Sy mense.

Die worde “nadat Hy volmaak is” verwys nie na die volmaaktheid van Christus nie, of tot Sy verhouding met die Vader nie, maar verwys na die natuurlike en bo-natuurlike aspekte van Sy lyding.

a) Van die natuurlike of menslike aspek moet ons onthou dat die Here Jesus volmaak was. Dat Hy volmaak menslik was is waar, en dat Hy alles wat die eerste Adam van ons weggeneem het Hy aan ons terug gebring het. Hy moes Sy volmaakte menslikheid opgee, en het daardeur alles vir ons terug gekoop wat die eerste Adam van ons weggeneem het. Hy het elke dag die vreeslikheid van sonde ervaar, en die lyding wat daarmee gepaart gaan, en het deur Sy absolute gehoor-saamheid daar-oor getriomfeer. Hy het gehoor-saam geword tot die dood toe, ja die dood van die kruis. Sy stryd was ernstig, toe Hy die dood ontmoet het, maar deur die dood het Hy hom oorwin wat mag oor die dood gehad het., en het Homself sonder smet vir die Here  geoffer (9:14).

Sy absolute gehoorsaamheid en reinheid was die grond vir oorwinning oor alle sonde. Hy was gehoorsaam deur lyding, en het genoegsame simpatie geopenbaar om ten volle in die behoefte van elke individu te volbring deur Sy offer.

Die 3 dinge nl.:

a) Die volmaakte menslike natuur waarin Hy deur absolute volmaakte gehoorsaamheid die simpatie en die vermoë besit het om die ware mens te verstaan wat Hy moes red. Dit het Hy deur die God – Mens vermoë verrig, deur die volmaakte menslike natuur as die basis van Sy priestelike werk.

b) Van Sy bo-natuurlike of Goddelike kant, die woorde “nadat Hy volmaak is” verwys na die staat of die tyd toe Hy in Sy vlees op aarde was. In Sy aardse lewenswandel was die Here Jesus ons deelgenoot in die menslike natuur, onder die effek van sonde, en tog was Hy gelyk aan die sondige vlees. Die menslike natuur wat Hy gehad het, was nog nie tot volmaakheid gebring soos dit Goddelik geskep was nie. Hy het nie die finale einde bereik alvorens Hy nie die Kruis betaal het nie.

c) Beide hierdie aspekte het tot hulle volmaaktheid gekom met die opstanding van die Here Jesus, toe Hy in Sy verheerlikte liggaam na die hemel opgevaar het, en aan die regterhenad van die Vader gaan sit het. Hy was die Eerste Vrug van die menslikheid, volmaak en verheerlik. In Hom het ons menslike natuur van onder die vloek, uit-beweeg tot by die troon van God, en het hierdeur die outeur van Ewige Verlossing geword. Vanuit Sy hemelse posisie komunikeer die Here Jesus deur Sy gehoorsaamheid Sy priesterlike vorm, en dit is gehoorsaamheid in die geloof.

Die nuwe menslikheid in Christus, die God-Mens, word deur Paulus as die “Nuwe mens” genoem, en verteenwoordig die nuwe en verlosde geslag. Die “oue mens” is die verteenwoordiging van die sondige en vervalle natuur en geslag. Vanuit die God-Mens vloei daar twee strome in Sy Groot verlossings werk, die nuwe en verlosde menslike geslag, en die heilige Gees wat in Hom woon “sonder maat”. Hulle word in die nuwe lewe wat Christus insluit aan die wat Hom gehoorsaam, maar hierdie lewe kan alleen tot sy reg kom indien die ou self lewe gekruisig word, sodat Chritus alles in almal kan wees. Ons word daarom opgeroep om die “oue mens af te lê”, en “beklee te word met die nuwe mens” wat na die beeld van die Here geskape is in ware “geregtigheid en heiligheid”. (Efe.4:24).

C) DIE EWIGE SALIGHEID: (5:9c)

Die woorde “ewige saligheid” word gebruik om die 4 de fase van volle verlossing onder die nuwe verbond uit te lig. Die verlossing in Christus word “ewig” in kontras met die priesterlike werk van Aaron, wat vereis het dat daar jaarliks versoening bewerk moes word. Die ou Joodse offers kon nie die vervallenheid van die moraal van die mens herstel nie, en ‘n ewige saligheid verseker nie. Christus se offer was die ewige waardige, ewige en versekerde offer wat verlossing van alle sonde vir die wat in gehoorsaamheid wandel in die Goddelike Lig en waarheid.

1) “HY HET DIE BEWERKER (OUTEUR) VAN DIE EWIGE SALIGHEID GEWORD”:  (5:9b)

Die volmaakte Hoë Priester het die bewerker van ons Saligheid geword, deur Volmaak te wees, het Hy reggekry wat nooit voorheen moontlik was om reg te kry nie deur Sy volmaaktheid. Hy het “geword” “egeneto” (aoriste tyd). Van die Goddelike kant was die werk ten volle vervul. Daar-om word daar van die voltooide werk gepraat.

Die woord “bewerker” “aitios” kom nêrens anders in die N.T. voor nie. Hy is in die volste sin ons Verlosser, in dat Hy dit vir ons voorsien en aan ons harte toepas om dit te bestuur. Die woord “almal” sluit almal in Jood en heidin wat deur die geloof gered is, wat in die lewe van gehoorsaam-heid aan Christus leef.

2) ” …AAN ALMAL WAT HOM GEHOORSAAM IS.” (5:9c)

Ons moet onthou dat gehoorsaamheid is die bron van ons bestaan. (Joh.6:29) “Dit is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het”.

Redding is genade. Daar is die stadiums van ontwaking, oortuiging en bekering. (Joh.16:8-11). maar word as die voorwardes van geloof gesien. Genade funksioneer alleenlik in die area van menslike hulpeloosheid. Ons moet eers van eie geregtigheid gestroop word voordat ons geloof kan aanvaar. Net wedergeboorte merk die begin van ‘n nuwe lewe in die Here Jesus, en daarom die begin van ware gehoorsaamheid.

Die skrywer spreek Christen Jode aan, wat gered is, maar nog nie in die volle voorsienigheid van die Nuwe verbond ingestap het nie. Dat Hy van Christus se volmaaktheid praat lei hy hulle nou  na die volgende aspek van die volmaakheid waarin Hy wil hê ons moet wandel. “Dat ons na volmaaktheid moet voortgaan”.

Die volle Christelike lewe kan nie gelei word al-vorens die totale sonde probleem mee gehandel word nie. Die sulkes het nie net die werke van die vlees afgelê nie, maar het die vlees met sy harts- togte en begeertes gekruisig. Met redding word die krag van sonde verbreek, maar met heiligma-king word die hele sonde probleem met sy inner-like konflik verwyder, en word u gereinig deur die bloed van Christus. (Gal.5:24 1 Joh.1:7+9).

Soos die gehoorsame aan Christus na die dood gelei word, moet ons gehoorsaamheid aan Hom ook na die dood lei, die dood van die self gesentreerde lewe.

 Ons moet met Christus gekruisig word, selfs ons hande moet so gekruisig word dat hulle alleen die wil van die Here sal doen, ons voete so aan die kruis genael word dat hulle nie meer hulle eie weë sal bewandel nie, en ons hoof sal in diepe nederigheid buig om aan die Here alleen al die eer te bring.  My hart so gekruisig wees dat dit sal vloei vir ‘n verloregaande wêreld.

Paulus gebruik in (Rom.6:5) ook ‘n ander beeld deur te sê: “Want as ons met Hom saam gegroei het, dur die gelykvormigheid aan Sy dood, sal ons ons dit ook wees deur die gelykvormigheid aan Sy opstanding”. Hier word die opstanding nie na die toekoms verwys nie maar die sterwe aan sonde in ons fisiese liggaam. Dit bedoel die sterwe aan die vleeslike gedagtes en die self lewe, en ‘n opstanding van heilgheid van hart en lewe.

Soos die Vader die Seun na die aarde gestuur het vir die verlossing deur Sy bloed, aan die kruis, so het Chritsus ook Homself gegee aan die kerk vir die heiligmaking en reiniging. (Efe.5:26-27). Soos geloof aan ons die verlossende werk verseker in Christus, vanuit die aarde, bewerk geloof ook die volmaakte verlossende werk vanuit die hemel. Soos die een deur geloof ontvang is, so ook die ander.

D) DIE VIERDE WAARSKUWING: TEEN ONVERSKILLIG-HEID:

Die waarskuwing is ‘n vernederende waarsku-wing, wat die leegheid van die Christen aan-spreek. Die woord wat as “leeg” vertaal word “nothroi” is dieselfde woord wat as “traag” vertaal kan word (6:12). Die woord is slordig en kom net in die twee plekke in die N.T. voor. Dit wys op die tragheid om die dieper waarhede van die Skrifte te ondersoek, in Hfst.6:12 het dit met traagheid van ‘n lewenswandel te doen.

1) DIE WAARSKUWING WORD AAN CHRISTENE GERIG.

Hulle is gered want hulle het die vermoë om te kan hoor, hoewel hulle traag in hulle aandag is. Hulle was babas en het dus die vermoë gehad om te kan groei. Hulle kon wandel sonder om ‘n merkwaardige invloed te hê. In die volgende hoofstuk word hulle “geliefdes” genoem en word later geëer vir hulle volharding. Hulle is onder die versoeking om terug te draai na Judaisme, en benodig standvastigheid om die geloof te behou.

Hulle was gered want hy sal nie ongereddes tot standvastigheid oproep nie. Dit is dus ‘n vermaning tot die Hebreeuse Jode om nie traag of slordig in hulle geestelike lewe te raak nie.

2) HOEKOM WAS DIE WAARSKUWING NODIG:?

Die Skrywer het nou net van Christus as ons Hoë Priester gepraat wat volgens die orde van Melgi-sedek is. (5:10) Die nuwe orde wat veel hoër is as Aaron, bewys beide die eindeloosheid en die grootheid van die Here Jesus. Die Jode het die besonderheid van Sy grootheid oorgesien, en die diepte en die verborgenheid lê nie in Melgisedek nie, maar in Christus, as Hoë Priester Melgisedek was ‘n tipe van die dae van Abraham, en sy volmaakte vervulling was in die Here Jesus wat die bewerker van ons Saligheid is. Aangaande die Here Jesus is daar baie wat gesê kan word. (5:11)

3) BABAS OF LEERMEESTERS:?

“Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spyse nie.” (5:12).

Hy wys hulle op die slordigheid van gedagtes waaroor hulle skaam behoort te wees. Wat hy vir hulle sê is “Kyk na julleself; alhoewel julle al lank gered is, is julle nog babas wat steeds melk nodig het en nie instaat is om andere te voed nie, al is dit selfs net ‘n ligte dieët”.

Die woord “tyd” hier verwys na lengte. Die woord “geword het” “gegonate” Vs.11 + 12 beteken dat hulle op ‘n stadium skerp was wat die waarheid aan betref, maar slap of laks geraak het. Dit het te doen met die feit dat hulle traag was om voort te gaan na die volle seën van die Here. (6:1).

Paulus wys hulle dat hy hulle die mees basiese elemente van die geestelike lewe weer moet leer, wat met die eerste letters van die alfabet of die eerste begrippe van ‘n nuwe taal vergelyk word.

Hulle het nie gesien dat die eerste beginsels van die geestelike lewe is bekering en berou en geloof in Christus, wat alles handel oor die ver-gifnis van sonde, en die feit dat ons daardeur gered moet word. Hulle het hulle eie teorieë gahad aangaande die dood en die opstanding en het die skrifte nie geken nie.

4) ONERVARE IN DIE WOORD VAN GEREGTIGHEID:  

“Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is” (5:13). 

Wat hy hierdeur sê dat die een wat onervare is om die Woord te gebruik daarin sal sterf (1 Kor.13:11). Dit het hulle op hulleself gebring. Die woord onervare is die woord baba’s omdat hulle nie instaat was om in die regte bespreking van die onderwerp te kon gaan nie.

Dit beteken dat hulle nie die volle omvang van die Bybel van ‘n begrip verstaan nie. (11 Kor.3:9) maar dui daarop dat Christus wel die bron van geregtigheid is, waardeur ons nou deelgenote kan word.

5) VASTE SPYSE VIR DIE VOLMAAKTE  (VOLWASSE).

“Maar vaste spys is vir volwassenes vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei”.

Die woord “volwassenes” word ook in Fil.3:15 vertaal. Die woord ge-bruik hy om hulle in die volgende hoofstuk verder in die waarheid te lei

Die woord volwasse wat hy hier gebruik is die volome uitgegroeide. In geestelike dinge is tyd nie belangrik nie, soos in die natuur nie, om tot volwassenheid te groei nie, maar het met die algehele oorgegewe hart te doen, wat deur Goddelike genade in die volle voorsiening van die Nuwe Verbond met Christus ingelei is.

Dit beteken in kort die wat al hulle intensies onder die beheer van die Heilige Gees geplaas het en verwys ook na die sterkte van geestelike begrip, wat uit geestelike volwassenheid bestaan. Daarom kan so iemand in enige situasie met gemak en gereedheid en beleefdheid en sinvol-heid die situasie en argument hanteer.

Johannes sê vir ons in (1 Joh.2:27) “En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodigdat iemand julle leer nie;”.

Die Heilige Gees wys eers my lewe vir my uit, dan lei Hy my in die volle waarheid, daarom moet ons vervul word, sodat ons in Hom kan groei, en meer onderskeid kan opdoen.

CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID:

HOOFSTUK 6.

INLEIDING:

Ons het nou by die vierde terme gekom wat ons outeur gebruik om die aard van die geestelike ondervinding moontlik te maak onder die nuwe verbond. Dit staan algemeen bekend as Chris-telike vomaaktheid, wat daarmee saam die waarskuwing van slordigheid of laksheid inhou.

Die skrywer het nou net die Christene gewaarsku dat hulle nie traag of laks moet wees in hulle ontwikkeling aangaande geestelike dinge nie. Dat hulle “verlig” was, en dat hulle ” ‘n groot lydensworsteling deur-staan het” en dat julle “gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdruk-king ‘n skouspel geword het” (10:32-33). is voldoende bewyse dat hulle gered is, maar hulle het nie na volmaaktheid (volwassenheid) voort-gegaan nie.

Hulle was nog steeds baba’s, wat nog steeds op die melk van die Woord gevoed moes word. Hulle het nie tot die volle maat van volwassen-heid gekom nie, en het in ‘n sekere mate hulle ywer vir die Here verloor aangaande die eerste beginsels van die raadsplanne van die Here. Dit kan geinterpiteer word as ‘n mislukking om die Judaistiese simbole, betekenisse raak te sien. Hierdie Christene was in gevaar om terug te keer na die uiterlike onderhouding van dinge i.p.v. die ontwikkeling van die geestelike standaarde van die nuwe verbond in Christus.

a)      DIE BEGINSELS VAN DIE LEERSTELLING VAN 

      CHRISTUS:   

Die skrywer het hulle aangemoedig om die eerste beginsels van die leerstellings “logan”, of “woord” van Christus en om voort te gaan na volmaaktheid, die eerste rus of onderbreking om die eerste beginsels op te kan som waarop hierdie volmaaktheid gebou word.

Hy lig vir hulle die punt uit nl. “… om nie weer die fondament te lê van bekering uit dooie werke, en die geloof in God van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel”. (6:1b-2).

Hierdie beginsels kan opgesom word in drie hoof punte  wat in drie belangrike Griekse woorde verteenwoordig word nl.:

1) “metanoias” “bekering”

2) “pisteos”  “geloof” en

3) “didaches” “leering” of “leerstellings”

Hierdie woorde is alles in die genatiewe vorm ge-skrywe. Onder leerstelling is daar vier genatiewe gelys: “van die doop” en die ” opleg van hande” die “opstanding uit die dode” en die “ewige oordeel”.

Dit moet beklemtoon word dat die leerstellings van die bg. onderwerpe waarde gee aan die onderwerpe. Die opstanding en die oordeel is toe-komstige gebeurtenisse wat die kerk sy vervulde afwagting gee, en wat die fokus van die Christen kerk laat inskerp in die afwagtende hoop

Die skrywer het hulle as drie beginsels genoem, en in drie pare geplaas.

1) “Bekering uit dooie werke, en die geloof in God”        

2) ” en Die leer van die doop en van die handoplegging” en

3) ” Die opstanding van die dode en van die ewige oordeel”.

Die eerste paar bekering en geloof kan as persoonlik beskou word. Nie een van hulle word onder die afdeling van leerstelling of instruksies genoem nie. Bekering is die persoonlike handeling om van sonde weg te draai, terwyl geloof in die Here Jesus vergifnis van sonde of te wel regverdigmaking insluit. Bekering moet gesien word as ‘n staat van geloof, en regverdigmaking ‘n uit-sluitlike handeling van geloof.

Die uitdrukking “dooie werke” kom weer in (9:14) voor en wys op werke lostaande van die lewende God, en kan ook gewys word op werke wat uit eie inisiatiewe gedoen word, en daarom in die sfeer van die dood is. In hfst 6 se verband verwys dit na die Jode met hulle seremonieële uitinge.

Hiervan moet die Hebreeuse Christen wegdraai, deur berou om geloof in die Here Jesus te vind.

Die tweede groep nl. doop (meervoud, dope) en die handoplegging, verwys na die publieke bely-denis van geloof en is daarom geestelik of kerklik in hulle aard. Die historiese volgorde word ge-volg, omdat geloof en bekering van sondes in die publiek nou in die kerk bevestig word. Die opleg van hande in die Apestoliese tyd was die simbool van die besitname van die Heilige Gees, en het later in die orde van die ouderlinge meer in gebruik gekom. Dit was bloot ‘n simbool, omdat die Gees van God nie van een individu tot die ander oorgeda word nie. Die opleg van hande merk die kandidaat as die onderwerp waarop ern-stige gebed gemaak moes word.

Die derde groep nl. die opstanding uit die dode,  dooie werke en ewige oordeel, is eskalogies van aard en het met die Christen se uitkyk op die ewige lewe te doene. Die opstanding merk die voortsetting van die individuele lewe in ‘n nuwe en ewige orde. Die oordeel wat ewig is, merk die belangrikheid van hierdie orde.

Sonder die kennis van hierdie fundamentele waarhede, kan een skaars ‘n Christen genoem word. Hulle is belangrik in die kennis van God en die geestelike ondervindinge. Dit is belangrik dat hierdie waarhede die hele Christelike lewe opsom vanaf die eerste deel nl. die bekering en geloof tot die finale deel nl. die opstanding en die oordeel.

Hierdie fundamentele beginsels merk die twee stadias in die verlos-sende werk van Christus. Bekering en doop en opstanding behoort aan Christus onder die simbool van Aaron, die priester van dood en ver-soening, geloof wat redding bring, die opleg van hande, die simbool van die ontvangs van die Heilige Gees met die gawes en kragte en die oor-deel, met sy ewige en onveranderlike behoort aan Christus onder die simbool van Melgi-sedek, die priesterlike lewe.

Die eerste was verwerf deur die aardse bediening van Christus, die vleeswordende Seun, wat die Gawe van God is aan die wêreld. Die latere was verwerf deur Christus deur die Heilige Gees en word vanuit die troon van die hemel bestuur. Dit is tot hierdie uitstaande waarheid van die Melgisedek priesterskap van Christus en die lewe van die Gees wat die skrywer nou attend op wil maak beklemtoon.

b)      DIE AARD VAN VOLMAAKTHEID WAT VERKRY MOET  WORD.

1) CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID AS ‘N STANDAARD VIR DIE NUWE TESTAMENTIESE ONDERVINDING:  (6:1a)

“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan…” (6:3) “En dit sal ons doen as God dit toelaat.”

Hierdie onderwerp het al baie strydvrae veroor-saak binne die kerk. Daarom is dit nodig dat ons ‘n kritiese studie van die teksvers sal moet doen. Die stelling wat hier gemaak is in die vers sal later in die teologiese verband meer verduidelik word. Die woord “dio” kan as “daarom” of “dus” vertaal word en word met die verheerliking van die vorige hoofstuk verbind wat die skande van die gebrek aan geestelike groei onder die Hebrees uitlig. Die woord “moet ons nie bly nie” “ap-hentes” word soms vertaal met “het verlaat”. Die woord beteken letterlik om “aan te hou om te laat gaan” nie in die sin van iets weg te gooi nie, maar om dit te aanvaar dat dit so moet wees – ‘n veronder-stelling dat ek nou outomaties na hoër grond gebring moet word.

Die woorde “laat ons voortgaan” kan beter vertaal word met “laat ons voortgaan of aangaan” want die woord “pherometha” is in die passiewe tyd geskrywe om die effek aan te dui. “Om voort te gaan of aan te gaan” sluit nie die aktiwe daat van my as mens uit nie. Die oorsprong van die terme is ‘n skip wat in die volle mas van die wind voort beweeg.  Dit is ‘n persoonlike toewyding aan die aktiewe invloed. Die krag is daar, ons moet daaraan oorgee.

Die woord is baie beslis dat alle slordigheid of nalatigheid eenkant gesit moet word. Die Chris-ten moet sy hart daarop sit om in die volle oor-gawe van sy doel in Christus te leef. Die woord “epi” beteken letterlik “om aan te gaan” totdat ek die doel bereik. “Maar na die volmaaktheid voortgaan”, die woorde “as God dit toelaat” beteken nie dat die Here ‘n plig sal verbied nie, wat Hy in behae vind nie. Die betekenis is eerder “As die Here ons sal help”, deur Sy Gees en deur Sy voorsiening.

2) GEESTELIKE TERMES WAT VIR VOLMAAKTHEID GE- 

    BRUIK WORD.

Die woord vir volmaaktheid hier is “teleiteta” en kom net hier en in (Kol.3:14) voor waar dit as “perfectness” vertaal word. Die werkwoord “tele-ioo” beteken om te volmaak en wel in die ver-band van om te voltooi of om af te rond, en is alleen vir die onderwerp wat bespreek word van toepassing. Dus, sou ‘n persoon na ‘n spesifieke stad opreis wees en daar uitkom word daar gesê dat hy eindbestemming bereik het of dat hy die reis volmaak voltooi het.

Paulus het hierdie terme gebruik, maar met twee uiterste verskillende redes in gedagte. Hy praat van ‘n opstandings volmaaktheid en sê: (Fil. 3:12) “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus gegryp is.”

Die volmaaktheid van (Kol.3:15) verwys na ‘n ander volmaaktheid waar die woord “teleioi” gebruik word: “Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees: en as julle anders gesind is, sal God dit aan julle openbaar,” Hier verwys hy na Christelike volwassenheid en stabiliteit van kar-akter en doel wat hom standvastig hou in sy begeerte te wees en om  meer volmaaktheid te vind nl. die opstanding van die verlosdes. Die woord “teleiois” of “volmaak” word deur Paulus in ‘n soortgelyke verband gebruik as volwassenheid wanneer hy in (I Kor.2:6.) “Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld nie, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.”

Christelike volmaaktheid bedoel die verkryging van die doel van vol-wassenheid, soos dit in die teenswoordige Evangeliese despensasie is. In die geestelike sin hou dit nie soseer die element van tyd in nie, meer as die ingaan in die volheid van die nuwe verbond wat deur die Bloed van Christus vir ons voorsien is en bedien word deur die doping met die Heilige Gees. Volwassenheid het nie net ‘n kronologiese maar ook ‘n wetlike aspek betrokke, dit word nie net deur groei alleen verkry nie, maar deur ‘n Goddelike uitspraak.   

Daar is ‘n ander woord wat as “volmaak” vertaal word nl. wat ook aandag moet verkry. Die N.T. woord is “katartisai” wat van die w.w. “katartizo” afglei word wat beteken tot die volmaaktheid maar in dieselfde verband as “om toegerus te word” of “om voorberei te wees”. Dieselfde word in (Hebr.13:21) “om jou volmaak te maak tot elke goeie werk” en (1 Thess.3:10) “om te voltooi wat aan julle geloof ontbreek” en (1 Pet.5:10) “julle volmaak bevestig, versterk en grondves” In die verband van gereedheid word dieselfde grond in (Hebr.10:5) gevind ” ‘n liggaam het U my berei” en weer in (2 Tim.3:17) “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”. Die ooreenstemmende aspek van die terme word in (1 Kor.1:10) gevind, “om almal eenstemmig te wees”.

Dit kan gesien word wat “teleioteta” die karak-terlike aspek van “volmaaktheid van die hart” beklemtoon, terwyl “katartisai” meer van die funksionele kant en koordinerende kant gesien moet word. Tog is daar ‘n noue verband tussen die twee termes, omdat dit gepas is dat die wat volmaak gemaak is in hulle harte deur die Heilige Gees,  deur dieselfde Gees volmaak verenig word in die kerk en “volmaak in elke goeie werk ge-maak word om Sy wil te doen”. “Die Heilige Gees werk in jou dit wat wel aangenaam is in die oë van die Here Jesus”  (13:21)

3) DIE WETLIKE ASPEK VAN CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID.  

Met Christelike volmaaktheid word geestelike volwassenheid bedoel, in ondervinding wat die skrywer teenoor baba’s of onvolwassenheid stel in Christus (5:12-14). In die natuurlike omgewing is groei en ontwikkeling so natuurlik verenig met volwassenheid dat die wetlike aspek daarvan baie kere oorgesien word.

Wedergeboorte of die nuwe geboorte is die deel van lewe van die siel wat dood in sonde en oortredinge was. Hartsreiniging is die reiniging van dit wat verhinder om die ontwikkeling van die nuwe lewe te stimuleer.

Groei is ‘n feit van geestelike en natuurlike lewe. Wanneer sal ons ‘n groeiende persoon as volwas-se beskou? Binne ons menslike omgewing word volwassenheid gewoonlik aan die ouderdom 21 gekoppel. Voor die tyd was een beskou as ‘n junior vir wie andere verantwoordelik moet wees. Wanneer hy 21 bereik word hy in die oë van die gemeenskap as volwasse beskou, met volle reg tot burgerskap, verantwoordelik vir homself en sy eie handelinge. Volwassenheid in die spesifieke verband is nie ‘n saak van groei nie maar wetlike erkenning.  

Christelike volwassenheid het ook sy wetlike aspek. Dit is die ingaan in die verbond met die Here. Dit word duidelik in Galasieërs vir ons weer-spieël. Hy praat van ‘n seun as ‘n erfgenaam, wat nog nie sy erfgenaam-skap besit nie.

Alhoewel hy ‘n seun is, is hy nog onder die gesag van die vader. (Gal.4:1-3). In die geestelike sin is die tyd van bepaling van die Vader vir die wat weergebore is in die oomblik van doping met die Heilige Gees, waardeur hy nou ingelei word in die volheid van die Nuwe Verbond. Dan verkry hy die volwassenheid of geestelike volheid. Se-dert hulle harte van sonde gereinig word, handel hulle nou uitsluitlik in die instink van Goddelike liefde. Noudat die wet van die Here in hulle harte gegrafeer is, dien hulle Hom nou met ‘n totale toewyding.

Dr. Andrew Murray in sy boek “In die Heiligdom  skrywe:

“mens-die volgroeide, volwasse, en volmaakte mens…  sal nie soos in die natuur, deur die jare gekom het nie maar sal in die heelhartigheid waarmee die Christen oorgee om alles vir die Here te wees. Dit is die volkome hart wat die mens volkome maak. Die twintig jaar wat dit vir ‘n kind nodig is om volgroeide man te raak is geen reel in die koninkryk van die hemele nie. Daar is voorwaar ‘n ryper volwassenheid en ‘n deurnis wat met die jare se ondervinding kom. Selfs ‘n jong Christen kan volkome wees met ‘n hart wat na die dieper dinge van die Here smag, en om die dieper en geestelike dinge te verstaan en te leer, en ‘n wil wat uiteindelik finaal met sonde gebreek het, en alle dinge as drek beskou om Christus as wins te verkry”.

4)      DIE KERAKTER EIESKAPPE VAN ‘N CHRISTELIKE 

      VOLWASSE PERSOON.

Die begrip “volmaaktheid” ontvang ‘n totale nuwe beklemtoning wan-neer dit in sy konteks verstaan word uit Hebr. 6. Die woord kom 138 in die Bybel voor, en in minstens 50 gevalle verwys dit na die Christelike karakter onder die vaandel van Goddelike genade. Die terme is meer spesifiek dan die woord “heiligheid” wat meer algemeen omskrywe word aangaande die verlossing van sonde en die stand van die morele beeld van God. Sedert die “volmaaktheid” ‘n kontreversieële onderwerp is, is dit belangrik om die leering in die verband van die boek te omskrywe.

a) CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID IS ‘N ONDERAFDELING VAN WEDERGEBOORTE

“Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan…” (6:1a)

Ons het gesien dat die verlossende werk twee-voudig is omdat sonde tweevoudig van aard is.

1) Dit is ‘n handeling wat vergifnis vereis.

2) Dit is ‘n staat of ‘n toestand van die hart wat as inwonende sonde bekend staan, of vervallenheid, wat alleen deur reiniging verwyder kan word. Soos die Here Sy Enige Seun na die aarde gestuur het vir verlossing (Joh.3:16) het Christus Homself vir die kerk gegee deur die

Heilige Gees “om die gemeente voorom te stel H Hom te stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.” (Efe.5:26-27)

Soos die Here Jesus as die Gawe van God, deur die geloof aangeneem word, net so word die Hei-lige Gees, die gawe van die verheerlikte en opgestane Seun deur die geloof ontvang. Dit is om die rede dat ons van Christelike volmaaktheid praat as ‘n “tweede genade werk”.

b) CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID SLUIT NIE VERDERE GROEI UIT NIE.

Dit is ingesluit in die doping van die Here Jesus met die Heilige Gees, wat die harte reinig (Hand. 15:9) en wat dit met Goddelike liefde vervul (Rom.5:5) Dit beteken dat ons die Here met ons hele hart en gedagte en siel en krag sal liefhê. Dit sluit in dat daar geen verkeerde optrede teen-strydig met liefde sal wees nie, geen oorblyfsels van sonde in die siel nie, en in al my woorde en gedagtes en handelinge bestuur word uit die reine liefde van God.

Die liefde word nie net die verpligtende motivering van lewe nie, en die vervulling van die wet nie (2 Kor.5:14) maar die emosie van ewige liefde wat in al die vrug van die Gees vervul word. Die staat waarin vomaakte liefde heers om-skrywe die Woord as geestelike volmaakt-heid. Die vorige dui op die woord “teleioteta” word ook in (Kol:3:14) omskrywe. Hier word liefde as “die band van volmaaktheid” omskrywe. Dit beteken dat liefde al die individuele genades of waardes tot hulle volmaaktheid bring, maar dat dit al die afsonderlike aspekte tot ‘n een-heid heg, sodat liefde in sy ware wese al die afsonderlike aspekte verenig, wat dit as die bo-kleed aan het. “Hy is gepas om in die omge-wing van die aards engele in te skakel”. En sal daarom in sy klere gepas wees vir die Koning van Konings om  saam met Hom te wees.

c)      CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID EN GRADE VAN

      VOLWASSENHEID:

Liefde het die vermoeë om toenemend te wees. Hier keer ons terug na die aspek van groei en ontwikkeling. Die lewe wat ons toebedeel is met redding is ‘n heilige lewe en sluit al die genades van die Gees van God in. Wanneer ons deur die reinegende handeling van Heilige Gees die innerlike teenstellings en objekte van groei of  wat ookal die toename in liefde verhinder, word weggewas, en die geestelike lewe waar groei meer drasties is. Dit is die betekenis van die Here Jesus se woorde wanneer Hy sê: “…en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

Johannes vertel ons dat in hierdie ondervinding van die Christelike volmaaktheid, is daar klein kinders, jong manne, en vaders. Die klein kinders is die wat net die ondervinding deelagtig geword het, maar nog nie in die genade van die Here gevestig geraak het nie. Die jong manne is die wat reeds so gegroei  het in die kennis van God  dat hulle die bose in die stryd van die lewe oorwin het, en alleen die wat deur die meule gegaan het en in hulle ondervinding verryk het, word as vaders beskou. Christelike volmaaktheid is ‘n ondervinding wat onmiddelik deur die geloof verkry kan word, maar volwassenheid kom net met die ontwik-keling van groei deur die jare. 

d)      CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID NEEM DIE NATUUR-

      LIKE TEKORTKOMINGE NIE WEG NIE. 

Daar moet ‘n duidelike onderskeid gemaak word tussen sonde en swakhede of tekortkominge. Die Here Jesus het nooit sonde op Hom geneem in die sin dat Hyself ‘n sondaar geword het nie, omdat “Hy van sonde afgesonder was”. Hy het ons swakhede en tekortkominge geneem en was gekruisig deur swakhede. Die onderskeid was gebasseer op die verskil tussen sonde en sy gevolge. Sonde in handeling en staat word in die teens-woordige wêreld verwyder deur die versoenende Bloed van Christus. Die gevolge van sonde word in swakhede en tekortkominge geopenbaar en sal alleen by die wederkoms van ons verwyder word.

Hier vind ons Christelike volmaaktheid wat lief-de uit ‘n rein hart is, maar in die opstandings vol-maaktheid sal die verlosde in die heerlik-heid soos die verheerlikte Here Jesus verander word. Om onskuldige foute in beoordeling van ‘n saak, of ‘n gebrek aan geheue, of ‘n gebrek aan begrip a.g.v. verswakte menslike kragte, is sonde daarinteen die vloedgolf van alle soorte van handelinge teen die wil van God.    

e)      CHRISTELIKE VOLMAAKTHEID VERVANG NIE DIE

     NOOD NA VERLOSSING NIE

Nadat een verlos is deur die krises ondervinding van reiniging deur die Versoenende werk van Christus sal hierdie selfde versoenende bloed die staat van reinheid in my hart bewaar solank ek in die Lig wandel. Ons sien meteens ‘n krises van reiniging en dan ‘n voortdurende staat van reinheid.

Daarom (1 Joh.1:7) kry ons die woord “katha-rizei” wat in die teens-woordige tyd geskrywe is, wat beteken om gereinig te wees en gereinig te bly as ‘n teenswoordige ondervinding, vir almal “wat in die Lig wandel”. In dieselfde hoofstuk (vs.9) kry ons die woord “aphei” “vergewe” en “katharisei” reinig” wat beide in die aoriste tyd geskrywe is en verwys na ‘n defenitiewe handeling van die verlede. Om dus te beweer dat die leerstelling van Christelike volmaaktheid die behoefte aan reiniging deur die Bloed van Christus kanseleer is absoluut fataal. 

5) DIE VYFDE WAARSKUWING: TEEN SLORDIGHEID EN DIE GEVAAR VAN AF-VALLIGHEID:

Hierdie is een van die grootste vraagstukke in die hele Bybel in Hfst. 6:4-6. Hierdie teksvers is ‘n verlengstuk en ‘n voortsetting van 5:11-14 en word opgesom in die waarskuwing teen slordigheid en ‘n verlies aan groei in geestelike dinge. (6:10-11) Om die gevaar van slordigheid uit te wys herroep die skrywer die hele spektrum van ons Christelike onder-vindinge, vanaf die eerste bewustheid van geestelike lig tot die onder-vinding van die kragte van die toekomstige wêreld. Daarom vermaan hy nie net teen slordigheid nie, in my voortsetting tot Christelike vol-maaktheid nie, maar ook die voorbereiding wat hierdie ondervinding bring, in die mislukking om voort te gaan tot die heerlikheid van die opstanding gereedheid, waarin ons sal sien en sal wees soos die ver-heerlikte Christus.

Hier word nie net Christelike volmaaktheid geopenbaar nie, as die nor-male standaard van geestelike ondervinding nie, maar ook die hoë stan-daard van leefwyse wat gekenmerk word aan heilige mans en vroue. Die volgende is ‘n kortlikse opstomming van sy posisie rakende die kontreversieële onderwerp, wat die posisies in ons volgende studies verder sal ondersteun. 

1) Verligting en ontwaking: Dit word beskou as die voorafgaande werk van die Heilige Gees, wat onvoorwaardelik aan alle mense gegee word as ‘n gevolg van die Universeële Versoening.

2) “…en die hemelse gawe gesmaak het…” Dit is die gawe van die ewige lewe. Die Bybel is baie duidelik hier vir ons. Dit is wederge-boorte of te wel redding.

3) “… en die Heilige Gees deelagtig geword het…” Dit is die koms van die Heilige Gees as ons Trooster in Sy reinegende krag.

4) “…en die goeie Woord gesmaak het…” Die goeie Woord van God verwys na die volheid van lewe wat uit die handeling van hartsreiniging voortgesit is.

5) “…die kragte van die toekomstige wêreld…”  Die kragte verwys na die manifistasies van die Gees in antwoord tot gehoorsaame geloof. Die voorafgaande het verwys na die natuur of karakter van die lewe, dit tot die aktiwiteite van die lewe.

6) Die gevaar van afvalligheid: Wanneer die wat reeds so ver in hulle gestelike lewe gekom het, in hulle genade met die Here, hier genoem, in die 5 voorafgaande stadiums van groei wegdraai van die Here, word dit onmoontlik vir die persoon om hom weer tot die Here te bekeer, en om die rede: “kruisig hulle … die Seun van God opnuut, en maak openlik Hom tot skande” Hulle weerstaan dus die versoende genades van die Kruis, waardeur alleen redding moontlik is.

1) “Die wat eenmaal verlig was…”

Dit verwys na die operasie van die Heilige Gees waarin ‘n mens ontwaak is tot die begrip van sonde en die noodsaaklikheid aan redding. Dit is gebasseer op die Here Jesus wat eens gesê het: (Joh.16:8)  “…en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:”.  Sonder die Gees van genade, wat vooraf aan alle mense gegee is, sal redding on-moontlik wees. Die woord vir “verlig” wat hier gebruik word is photisthentas wat letterlik “uit-straalende lig” beteken  of om op iets te skyn, soos om dit so te laat skyn dat dit tot die kennis van die mens te bring. In eenvoudige Grieks was die woord toegepas alleenlik op onderwerpe, maar in die Helanistiese Grieks word dit ook toegepas op persone in die sin van van instruksie of opdragte. Dit is die betekenis in hierdie verband.

Die woord vir “eens” is hapax en word meer dikwels in die Brief dan in die totale N.T. gebruik. Soos in hierdie verband gebruik word beteken dit nie “eens” nie, in die sin dat dit ‘n voorbereiding is vir iets wat moet volg nie, maar in die sin van “eens en vir altyd”. Dit moet genoem word dat die woord “eens” beklemtoon nie die woord “verlig” nie, maar is van toepassing op die res van die deelwoorde. Hier is dus ‘n idee van ‘n toename of beklemtoning wat die hele deel ingelei word. Dit maak die ondervinding van al die faktore noodsaaklik voordat afval sal verskyn. Dit is nie die kleinheid nie, maar die grootheid van die verkryging en voorregte wat die dwaling en veroordeling sal merk of veroordeel. 

2) “…en die hemelse gawe gesmaak…”

(Rom.6:23 + Joh.3:15; 10:28; 17:2) “maar die genade gawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus onse Here” Die Here Jesus spreek van lewe as “lewende woord” en “lewende water” Die een is ‘n simbool van Sy vlees (Joh.6:51) en die ander as ‘n simbool van die Heilige Gees (Joh.7:38-39). Dit is eers die brood van die hemel, en dan die water van die lewe; eerste die Kruisiging en toe Pinkster. Hierdie nuwe lewe het ons deel geword met redding en staan skriftuurlik bekend as weder geboorte of die geboorte van bo.

Die woord geusamenous word vertaal as “smaak” besit ‘n geweldige kontriversieële begrip. Die idee wat hieraan gekoppel word is van groot belang om dit in die regte verband te verstaan. Die woord het die ge-dagte om liggies te proe, bloot net met die punt van my lippe.

Calvyn sien dit dat die individue hier genoem het maar ‘n bietjie geproe van die genade van die Here en dat hulle sommige glans van lig ge-smaak het. Die Hervormde Kerke, is altyd besorgd oor die ewig-durendheid van die geredde, het hierdie idee vreemd verdraai in sy betekenis om by hulle teeorie aan te pas. Lindsay beweer dat “dit eerder beteken smaak in die sin van deelgenote, ontvang ten volle en oorvloe-diglik”. Hy maak dan aanspraak op die gedeelte in 2:9 waar dit sê dat dat die Here Jesus die dood gesmaak het wat “verseker nie beteken dat Hy ‘n geringe mate van pyn verduur het nie, maar dat Hy die volle mate van pyn en lyding verduur het.”

Ander groot komntatore neem dieselfde gedagte op wat die woord “smaak” as “persoonlik en bewustelik en as deelgenote sien”. Thayer sê dat dit beteken “om te voel, of om moeilikheid van iets te maak, of om te ondervind”. Westcott beskou dit as ondervindelik “‘n ware en bewus-telike genieting van die seën opgeneem in sy volle karkter.” Adam Clark sê dat die woord “smaak” dui op ‘n ondervinding wat dui op ‘n ervaring wat die volle bewys daarvan lewer. Cremer sê dat dit beteken “om as ‘n feit alles te ondervind” Die woorde kan dus nie sag gestel word nie en iets anders beteken nie.

Dit beteken duidelik die gawe van geestelike lewe aan die siel wat dood in sonde en ongeregtigheid was. ‘n Lewe wat ‘n ware weergeborene alleen ken.

3) “en die Heilige Gees deelagtig geword het…”.

Die Here Jesus se laaste besorgdheid teenoor die dissipels was aan-gaande die Heilige Gees en Sy koms as Trooster  Joh.14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid”

Om hierdie gedagte te volg is daar drie verwysings na die Trooster wat besondere betekenis het.

a) Die Trooster word die gawe van die Vader genoem (Joh.14:26).

b) Hy word ook die gawe van die Seun genoem (Joh.15:26; en 16:7) en

c) Hy word ook van melding gemaak dat Hy in Sy eie reg kom (16:13).

Soos Christus die Here se Verlossende Gawe aan die wêreld was, is die heilige Gees Christus se geheiligde Gawe aan die Kerk (Efe.5:25-27). Beide word in die geloof aanvaar.

Om deelgenote van die Heilige Gees te wees, is om Hom as persoonlik, inwonende Gees te aanvaar, wat die belofte van die Vader en die Gawe van die opgestane en verheerlikte Christus is. Wanneer ontvang, sal die Gees die geheiligde Gees in ons manifisteer, deur aan ons die Gawes te bied, en op ons as die salwing wat op ons rus. Die Heilige Gees word dikwels melding van gemaak as ‘n Seël, en Sy Kragte en Gawes as getuie van die verheerliking an eer van Christus, ‘n getuie aan die gelowige se aanvaarding, en die versekering van ‘n toekomstige erfenis.

Westcott beskou die “hemelse gawe” en die “deelgenote van die Heilige Gees” as ‘n tweeledige seën, die eerste beskrywe die “bewustelike posisie van die beginsel van lewe en dan (die latere) die sin van gemeenskap in die breëre lewe.

Die eerste element is dit wat die Christen persoonlik in homself besit; en die tweede het te doene met dit wat ‘n vêr meer aksie het. Die woord metochous word as “metgesel” vertaal veral in die selfstandige naamwoord, wat in die genatiewe verwys na ‘n persoon. Dit is dus reg vertaal as “deelgenote” omdat daar ‘n mistieke gemeenskap tussen Christus en die Christen is. Wanneer die woord met die genatiewe ge-koppel word, is “deelgenoot” iets waarin ek dus deel het.

4) “en die  goeie Woord van God gesmaak het…”     

Die skrywer gebruik weer die woord “gesmaak” maar nie weens armoede in taal nie. Sy doel is om die waarheid van te smaak, en te geniet, van die volheid van nuwe en oorvloedige lewe te  herbeklem-toon. Dit kom van die Heilige Gees, wat deur Sy handeling van harts-reiniging, die hart van sonde reinig (Hand.15:9) en dit moontlik maak om ‘n lewe van heiligheid te lewe. Die terme hrema word soms gebruik om na die hele Woord van God te verwys, maar hier word dit meer spesifiek gebruik om die beloftes te bevestig, wat aan die wat dit omhels die bron van voortgesette lewe en krag is. Die gebruik van die woord kalon of “goeie” sal hierdie posisie bevestig.

Wanneer die Woord van die Here deur die uitdrukking logos uitgedruk word, verwys dit meer spesifiek na die boodskap of die inhoud van die Woord, maar wanneer die Woord hrema gebruik word, verwys dit spesifiek na die Woord wat gespreek of geuiter word. Die vroeëre beklem-toon die boodskap, terwyl die latere die spreker. Deur die Heilige Gees as die Gees van waarheid, spreek die Here tot ons deur Sy Woord, wat die beloftes lewendig, ryk en waar maak. Daarom smaak ons van die goeie Woord van God.

5) “en die kragte van die toekomstige wêreld”

As “smaak van die goeie Woord van God” verwys na die lewe van heiligheid, wat vloei vanuit “deelgenote van die Heilige Gees” in Sy geheiligde krag, dan is die “kragte van die toe-komstige wêreld” het dan te doen met die aktiwiteite van die lewe. Aan die Jode is “die toekomste wêreld” die koms van die Messiaanse tydperk met sy uitstaande gawes en manifistasies. Vir ons beteken dit niks minder as die Millinium nie, en die ewige orde wat daarna volg nie. In die geredde breek die heerlikheid van die opperste Koninkryk deur in die gewete die waarhede te bevestig. Terwyl ons nou soos in ‘n spieël, die heerlikheid van die Here aanskou, sal die reg-verdige in daardie dag voortskyn soos die son in die koninkryk van Sy Vader. Matt.13:43 Chris-tenskap is ‘n geloof vir die toekomstige wêreld, en het die krag om die teenswoordige te oorwin. Ons sal dus met ‘n geopende gesig soos in ‘n spieël verander word, na dieselfde beeld van heerlikheid, as soos die Gees van God (2 Kor. 3:18).

DIE GEVAAR VAN AFVALLIGHEID:

Noudat ons die aard van die Christen ondervinding onder die nuwe verbond  uitgespel het, het Paulus uitsgespel dat indien sulke afval kan plaasvind dit onmoontlik is “om die wat eenmaal verlig geword het, en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, … en afvallig geword het, – om die weer tot bekering te vernuwe,” (6:4-6). Sedert die waarheid of die voorsiening van dit, baie keer verkeerde-lik gekwoteer is, sal ons versigtige aandag aan die gramatikale struktuur van die teks moet gee, en dit gedeelte met dwalinge wat aan hierdie gedeelte gekoppel is behandel.

1) Die gramatikale konstruksie van die teks.

Dr. Adam Clarke kwoteer Macknight, ‘n Calvinisties leermeester wat oor die gedeelte sy gramatikale opinie gee. Hy sê:

“Die deelwoorde (partisiple) photisthentas “wat eenmaal verlig was” genethentas “en die hemelse gawe gesmaak het” in aoriste tyd, wat deur ons vertalers in die verlede tyd gestel was, daarom parapesontas, wat in die aoriste tyd is, moet ook in die verlede tyd geskrywe word, “wat afvallig geword het”. Ons vertalers het Beza, wat geen outoriteit van die vroeëre Manuskripte gehad het nie, het in sy gedeelte die si “as” byge-voeg wat dan die gedeelte so laat klink “as iemand afvallig sou word” sodat die gedeelte nie die leerstelling van eenmaal gered altyd gered mag uitkanseleer nie. Ek het die word parapesontas in die verlede tyd  “het afvallig geraak” geskrywe volgens die ware inpak van die die woord, asof dit in verband die ander aoriste tyd staan in die vooraf-gaande verse.

Dit is dus duidelike bewyse dat van die gramatikale struktuur van die teks, dat die outeur bedoel om te sê dat dit vir ‘n Christen moontlik is, selfs na hoëre ervaringe wat hulle met die Here gehad het, om van die genade van die Here weg te val in totale dwaalleringe. Aaangaande diesulkes sê die Bybel is dit onmoontlik “om die weer tot bekering te lei”. Die sleutel tot die onmoontlikheid lê in die volgende twee deel-woorde – in die teenswoordige voortdurende tyd.  Die eerste is anastau-rountas en die tweede is paradeigmatizontas, die vorige vertaal as “weer kruisig” en die latere as “en openlik tot skande maak”, soos die Jode met die Here Jesus by Golgota gemaak het. Wat die skrywer in werklik-heid hier sê is dat dit onmoontlik is om die weer te vernuwe wat eens afvallig geraak het, terwyl hulle steeds die Here Jesus as die Seun van God weer kruisig (heautois) terwyl hulle steeds Hom openlik tot skande maak.

In eenvoudige taal moet die man gestrand wees op ‘n eiland, en daar in maar net een geleentheid vir die man om vervoer te kry en hy die geleentheid verbeur, dat daar nou geen ander moontlikheid van uitkoms is nie. “Want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mens gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12) Dit is dus onmoontlik dat een berou kan hê terwyl hy die Seun van God kruisig  terwyl hy die Naam minag of gelykstel waardeur hy gered moet word.

In alle sonde is daar ‘n toenemende verhardings proses wat iemand uit-eindelik by ‘n plek bring waar berou onmoontlik raak, maar in hierdie gedeelte is daar ‘n regterlike handeling van die Here ter sprake, ‘n veroordeling van die afvallige wat geen terugkeer wil toon nie. Daar is ‘n sonde teen die Heilige Gees wat ons verlosser gesê het “nie vergewe sal word nie” en wat uiteindelik in totale verval en dwaalleer sal vind.

2) Die waarskuwing teen dwaling wat uit die Ou Testamentiese

    geskiedenis gevind is.

In die vorige hoofstuk het die skrywer van die brief Kanaan as ‘n tipe van geestelik rus gebruik, waar hulle in die rebellie te Kades-Bernae op die kruin van een van die ernstigste waarskuwings gestaan het. Op die vooraand van ingaan in die beloofde land, het die Israelliete geweier om voorentoe te gaan en hulle rue op die wildernis te keer. Die weiering was geen gewone mislukking nie, maar rebellie van die uiterste graad. Jesaja sê van dit  (Jes.63:10) “Hulle was wedersterwig en het Sy Heilige Gees bedroef…”

Om terug te keer na die woestyn vir ‘n hele geslag met die uitsondering van Kaleb en Joshua, het hulle in die woestyn gesterf sonder om Kanaan in te gaan (Hebr.3:17).

Ons moet onthou die Hebreeuse Christene vatbaar was vir dwaaleringe want hulle het van kindsbeen af onder die wet geleef, wat die uiterlike indruk van die Naam van die Here besit, en wat geglo was dat dit in die despensasie van die engele bewaar was. Die Jode het in die algemeen gedink dat hulle die Here se enigste ware kinders was, en dat Judaisme ‘n konstante versoeking vir die jong Christene moes gewees het.

As sulke vreesvolle konsekwensies van rebellie die weerstand van die simbole en skadus onder Moses se despensasie was, “hoeveel swaarder, dink julle sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die Bloed van die Testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die gees van genade gesmaad het” (Hebr.10:29).

Die is vreeslike woorde, en het die bedoeling om ons te waarsku van afval wat tot gevaolg het dat ons van Christus weggelei word of deur invloede van ander of deur die vrees vir vervolging. Dit is onmisken-baar dat die ongelooflike dieptes warin ‘n mens kan verval alleen ge-meet kan word deur die hoogtes waarin in die Here kan uitstyg.

3) Dwaaleringe met die teks verenig.

Ons het vanuit die gramatikale konstruksie gesien dat die deelwoord  “wat afvallig geword het” gekoppel word aan die verloëning. Om die leerstelling van ewige saligheid te beskerm moet valse interpetasies gegee word aangaande die woorde “verlig” “gesmaak” en “deelgenote” soos in vs.4-5 gebruik word. Die belangrikheid van die interpetasie is om te bewys dat hierdie persoon volgens hulle byna ‘n Christen was.

Olshausen sê:

“Wie nie blind is deur die dogmatiese vooroordeel moet waak, dat die doel van die outeur duidelik is en nie om te sê: miskien dat een gesmaak het van die gawe van genade sal die een byna verlore wees nie, maar sal in ‘n staat van genade , verval waar hy vevalle sal wees”.

Hoe kan een weer herstel word tot bekering wie nooit gered was nie. Dit is goedkoop praatjies. Wat ‘n vreeslike leerstelling sou dit gewees het indien een byna gered sou wees en dan afvallig word, nooit weer die geleentheid sou kon kry om sy saak met die Here reg te maak nie. Dit is die implikasie van die siening wat glo dat die persoon byna ‘n Christen is.

4) Voorbeelde van of ‘n Illistrasie van die natuur.

(6:7-8) “Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking – die einde daarvan is verbranding.”

Die skrywer verander die onderwerp na ‘n eenvoudige illustrasie vanuit die materieële omgewing – wat ongetwyfel na die voorbeeld van die Here Jesus aangaande die grond verwys – en wys dat daar ‘n Goddelike oordeel betrokke gaan wees. Die saaier saai die saad in die veld, een gedeelte wat vrugbaar is, en die ander onvrugbaar.

Beide gedeeltes was gelyk geploeg en het dieslfde seëinge ontvang van-uit die hemel. Hulle het van die water gedrink (aoriste tyd) wat gereeld op hulle gekom het, wat steeds bly neerdaal (teenswoordige voortdu-rende tyd). Die gedeelte wat steeds onkruid voortbring vir die wat dit voor voorberei is, ontvang net so seëninge van God, die ander alhoewel elke moontlike manier gevind was om vrugbaarheid te toon, bring vrug oorvloedig voort, van dorings en distels.

Geestelike dorheid is nooit alleen nie, maar word vereenselwig met dorings en distels van sonde. Die outeur skrywe van die latere gedeelte dat dit naby die vervloeking is. Die vloek het nie ontstaan a.g.v. die ver-branding op die land nie, en daarom die vrugbaar nie, hierdie verwys na die oordelende besoek van die Here. Die illustrasie maak dit duidelik dat die wat eens verlig was, en deur die ryke ondervindinge van die Heilige Gees gegaan het, en die “goeie Woord van die Here ontvang het” met sy vele onfeilbare bewyse, en dan afvallig raak, moet die gevolge van oordeel en verwerping en die vloek en die hel ondervind. Die skrywer gee geen verdere kommentaar nie.

5) Die woorde van bemoediging en vertroue.

(6:9-10) “Maar geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so. Want God is nie onregverdig om jullle werk te vergeet nie en die liefde arbeid wat julle betoon het vir Sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.”  

Terwyl hy hulle op die gevaar van afval gewys het, draai die skrywer die argument om, om hulle te bemoedig en te vertroos. Hy lei hierdie gedeelte in met geliefde broeders, en is die enigste plek waar hierdie word in die hele brief voorkom. Hy wys hulle daarop dat hulle getrou was in hulle vrug van redding getoon het. Hy wys na die wat vrug begin dra het, en nie dorings en distels gedra het nie.

Hy wys hulle dat hulle die Here aangeneem het, en dat hulle met vreugde hulle blydskap gedeel het, selfs teenoor die bedorwe grond. Weens hulle liefde vir die Here Jesus het hulle die heiliges bedien en gaan steeds voort om hulle te bedien, en verseker hulle dat die Here nie onregverdig is nie, om hulle werk en arbeid te vergeet nie. Terwyl hy vir hulle angs betoon maak hy seker dat hy hulle in geen opsig met die afvalliges vergelyk nie, want hy sien in hulle aktiewe liefde – ‘n bewys dat die Here steeds met hulle is.

6) Die hoogtepunt van waarskuwing teen traagheid.

(6:11-12) “Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.”

Die word wat vir “traag” vertaal word is presies dieselfde as in (5:11). Die skrywer vrees dat dieslefde leegheid wat in hulle gehoor plaasge-vind het nou ook in hulle lewe sal voorkom om hulle aan te moedig tot  ‘n dieper wandel met die Here.

Hy begeer ernstig dat dieselfde ywer wat hulle voorheen gehad het in hulle optrede nou ook in hulle geestelike lewens geopenbaar sal word. Hulle word geroep om navolgers en voorbeelde te word, van die wat deur die geloof en geduld die beloftes verkry. Traagheid het hulle oneindige skade veroorsaak, nadat hy hulle gewaarsku het vanuit die vaders se voorbeelde wat geweier het om voort te gaan en die beloftes te verkry in die beloofde land. Nou draai die skrywer die aandag na Abraham aan wie die belofte gegee is.

DIE ABRAHAMIESE VERBOND.

HEBR.6:13-20

Die skrywer het ons gewaarsku teen die gevaar van afvalligheid, en maan hulle teen slordigheid en om die te volg wat deur geloof en geduld die beloftes verkry het. Hy het nou die in aaneming van laatste van ‘n reeks van 4 gebeure waarin die onwankelbare geloof Abraham elke krises van sy siel vergoed was met ‘n belofte deur die versekering van die Here self. Hierdie gebeure is soos volg

1)      Daar was die roeping van Abraham, (Gen.12:1-4, 7)

“En die Here het aan Abraham gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die gaslagte van die aarde geseën word. Toe het Abraham weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abraham was 75 jaar oud by sy vertrek uit Haran.”

a) Nadat Abraham die offer gebring het was daar die toewyding. Toe daar ‘n diepe slaap oor Hom geval het het hy ‘n rookwolk en ‘n bran-dende fakkel gesien wat tussen hulle deur die gedeeltes beweeg het, wat die hele brandoffer verteer het. Hierby was versekering gegee van die vervulling van die belofte, maar daar was steeds ‘n gelofte daaraan verbind (Gen.15:8-18).

b) Hierna en tog na verwant aan die vorige was die roeping van Abra-ham tot ‘n volkome wandel met die Here. (Gen.17:1-8) “…die Here aan Abraham verskyn en gesê: Ek is God [El Shaddai, Die vertroetelde of die ondersteuner]; wandel voor My aangesig; dan sal jy opreg wees”

Hier is die beloftes ‘n verbond genoem, en die naam van “Abram” is na “Abraham” verander (die vader van menigdes) Die noue verband wat daar tussen die terme “volmaaktheid” en “verbond” gebring word is merkwaardig en wys na die nuwe verbond , waarna ons outeur verwys in die gedeelte. Steeds was daar nie ‘n eedswering aan die belofte ge-koppel nie, hoewel dit as ‘n verbond beskou word.

c) Die laaste gebeurtenis wat deur die outeur genoem was, was die offer van Isak, sy enigste seun. Die engel van die Here wat van die hemel geroep was en die hand van Abraham bewaar het, het ‘n tweede keer geroep en gesê: (Gen.22:16-18) “Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigtse nie terugehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is, en jou nageslag sal die poorte van die vyand in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na My stem geluister het.”

Na die offer van Isak, het die oorwinnende geloof van Abraham al die voorwaardes van beloftes vervul, het hy die verdere versekering ont-vang waar die Here die eerste eedswering aan ‘n individue mens gemaak het.

1) Die belofte as bevestiging:

Die woord “sweer” word van die Grieks horkomosias afgelei, wat of die eedswering self beteken of die neem van ‘n eed in ‘n swerende hoe-danigheid. Hier verwys dit hoofsaaklik na die laaste. (Hebr.6:13-16) “Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer en gesê: Voor-waar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.  En so het hy die belofte verkry, nadat hy geduldig gewag het. Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is die einde van alle teëspraak.”

In die algemeen neem mense ‘n eedswering asof in die teenwoordigheid van die Here, en word teen enige form van teenstrydigheid geneem van leuen of wat ook al. Die Here het hierdeur by Homslef gesweer dat Sy beloftes nie kan faal nie. Dit mot by ons die diepste waardeuring vir Sy liefde openbaar.

2) Die doel van die eedswering:

(Hebr.6:17) “Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfge-name van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg”.  Daarom het Hy i.v.m. sy eedswering nog meer oorvloedig die erfgename van die belofte deur ‘n oorweldigende bewys die onveranderlikheid van Sy raad getoon.

Die word “raad” hier verwys na Sy eindelose wysheid.  Dit was dus Sy gedetermineerdheid, nie om Sy raad te verander nie, maar om te ver-klaar dat Sy belofte vir ewig duur.

Dit blyk of die eed ‘n dieper betekenis  het as wat in verse 13-16 gegee word.  Dit wil voorkom asof God “tussenbeide kom”.  Die werkwoord is “emesiteusen”.  As die Joodse eed ten volle uitgevoer word, sal dit lees:  “As Ek nie die belofte nakom nie, is Ek nie God nie.” of  “Die belofte sal staan so lank as wat die Ewige God leef.”  Dit is beide permanent en volmaak.

3) Die twee onveranderlike dinge.

“sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê..” (6:8a) Die twee verander-like dinge is die belofte en die eed.  In God se belofte aan Abraham is dit gesê dat dit onmoontlik is vir God om te lieg.  Ten opsigte van die eed het God by Homself gesweer, dat die volheid van die Godheid die vervulling van die belofte sou bring.

Die eed wys na ‘n “ander” wat deur die skrywer aan ons bekend gestel sal word.  Die eed wat verbind word aan die verbond met Christus nl. dat Hy ‘n “priester vir ewig sal wees volgens die orde van Melgisedek” (7:21).  Die een eed loop parallel met die ander. Die eed wat met Abraham en sy nageslag gemaak is bevestig Sy verlossingsbelofte.  Die eed wat met Christus, die Saad van Abraham gemaak is (Gal.3:18), bevestig die priesterlike bemiddeling waardeur die belofte in vervulling gebring is.  Die een word verbind aan die natuur van die verbond en die ander aan sy toepassing.  Soos twee onveranderlike dinge verbind word aan die eerste, so is die skrywer ook gereed om te wys dat daar ook twee verbind kan word aan die tweede.

Die een vleesgeworde Seun is van die goddelike aspek die “Bedienaar van die Heiligdom,” en van die menslike aspek die “waarborg” van die verbond.  Die belofte rus veilig op die verbond met Christus, wat as ons Versoeningsoffer, dit vir God moontlik maak om die Regverdige te wees en die een wat die gelowige regverdig maak. God het aan die erfgename van die belofte die dubbele versekering van die geldigheid van die toediening daarvan gegee.  Dit is nie net vir die nageslag van Abraham nie, maar ook vir sy geestelike nasate.  Want in Christus, in Sy saad, wat die nageslag van alle dinge is, sal al die nasies van die aarde geseën word.

Die twee onveranderlike dinge verskaf die grond vir sterk vertroosting vir die nageslag van die belofte. Ons kan kennis neem dat die skrywer sê:  “Ons mag ‘n sterk vertroosting hê”, in die eerste persoon geskryf, i.p.v. om ‘n algemene standpunt te stel waarin hy homself insluit by die belofte.  Dit wat gebruik word vir vertroosting is “paraklesis”, wat ons goed kan vergelyk met parakletos of Trooster.  L.g. twee is die woorde wat Jesus Christus gebruik het vir die Heilige Gees op die dag van Pinkster. In die American Standard Version word die woord “bemoe-diger” gebruik, wat meer in voeling met die gedagtegang van die skrywer, wat sy lesers wil bemoedig om vas te hou aan die geloof en hoop in die eedgebonde belofte van God totdat dit wat belowe is vervul is.

ILLUSTRASIES VAN HOOP EN SEKERHEID.

1)Die toevlug van hoop. Dit wys heen na die vredesstede in Israel, waarheen ‘n moordenaar kon vlug van die wat wraak wou neem op hom.  Binne die mure van hierdie stad was hierdie persoon vry.  Die Authorized Version wys na die persoon wat vlug vir beskutting en aanspraak maak op die hoop wat voor hom is. Die gramatikale same-stelling maak dit moontlik om dit te vertaal met die onbepaalde, onbe-perkte wat volg.  Dit lees dan soos volg:  “ons wat beskutting vind hou vas aan die aanbod van hoop.”

Christus is ons Beskutting en die gebruik van die woorde “het gevlug” wys na die erns van die vlug na Christus vir verlossing.  Dit is in Chris-tus dat ons die hoop voor ons het waarop ons beslag lê.  Hoop mag, of objektief wees, as doel wat ons voor ons stel, of subjektief wees, as gevolg van ons innerlike genade of innerlike ingesteldheid wat die siel bemoedig.  Hier word dit in albei sinne gebruik. 

a) Objektief – iets wat voor ons gestel word waarin ons hoop, en

b) Subjektief – om beslag te lê op, wat ‘n innerlike ondervinding van geloof en geduld vereis.  Hoop is dan beide die gawe van God en die innerlike ervaring van die mens.

Die anker van die siel. “en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel” (6:19).  Dit is ‘n skeepsvaart verwysing en is die skrif wat ons voorsien van die anker as simbool van hoop. Die woord “anker” vind ons nie in die Ou Testa-ment nie en in die Nuwe Testament net hier, en in die beskrywing van Paulus se skipbreuk op die eiland van Melita (Hand.27:29 en 40).

Die anker, as simbool van hoop het, so sê Bishop Chadwick, so diep in die wese van ons gedagtes ingang gevind dat dit ons konsep van die belofte tot so ‘n mate gevorm het, dat ons besef dat ons dit moet aangryp wat ewigheidswaarde het. Soos die swaar yster anker in die diepte sink en vassteek in ‘n rots en daardeur die skip verseker van standvastigheid en onbeweeglikheid, so is hoop, die anker van die christen wat vas en veilig is en “ingaan tot binnekant die voorhangsel.”

Wat is binne die voorhangsel?  Dit is die werklike, waarvan die aardse allerheiligste, net maar ‘n skadu was.  Daar is die troon van outoriteit en mag, waarop Jesus sit, aan die regterhand van die Vader, waar Hy vir ons intree as ons Offer, wat ons reinig van ons sonde met Sy bloed.  Dit is hier waar die beloftes in vervulling kom en die tipes en skadu’s verlore raak in die ewige waarhede.

Die simbool van die anker word soms gebruik in ‘n ander sin. Daar word vertel dat in baie van die see rondom eilande, daar in vroëre jare groot klippe gevind was in die sand langs die kus, waar kleiner vaartuie geanker is. Dikwels a.g.v. winde en ander groter vaartuie, was dit vir hulle nie moontlik om die hawe op eie stoom te bereik nie.  Dit was die gebruik om dan ‘n kleiner boot-reddingsboot as wegbereider oor te stuur met ‘n sterk kabel, wat vasgemaak word aan een van hierdie klippe, bekend as “anchoria”.  Terwyl die skip vasgemaak is aan daardie kabel, kon dit veiligheid bereik.

Die uniekheid van die christen se hoop lê daarin dat dit geen anker vind in die vlak water van die wêreld nie, maar dieper reik na Hom wat in die allerheiligste is, en deur die sterk koorde van genade en waarheid gebind word aan die hemelse “Anchoria” die ewige troon van God.  Die Heilige Gees is die gees van genade en waarheid.  Wanneer ons vashou in gehoorsaamheid aan Hom, sal ons in ons eie tyd na die veiligheid van die goue strand en die hawe van ewige lig en liefde gebring word.  Dit is die christen se hoop wat seker en vas staan deur die beloftes en die eed.

1) Die Goddelike Wegbereider. “waar Jesus as voorloper vir ons inge-gaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisedek ‘n hoëpriester ge-word het vir ewig” (6:20).  van die vorige gedagte van hoop, as anker vir die siel draai die aandag nou na Hom, wat die hoop dra binne die voorhangsel.  Die meeste kommentators laat na of lê te min klem op die belangrikheid van die term “prodromos” of wegbereider.  Die term weg-bereider kry nuwe geestelike betekenis en word die kerngedagte van hierdie hoofstuk. Na Christus word gewys as die “kaptein van ons ver-lossing”, wat ons inlei in die rus van geloof, as ons aardse erfenis en verder lei na ons ewige rus, as ons hemelse erfenis.  Hier word ‘n nuwe gedagte gevind in Christus, ons Wegbereider, wat ingegaan het in die allerheiligste en vir ons die weg gebaan het daarin.

Die Levietiese priester het een maal per jaar in die allerheiligste in ge-gaan om die volk voor God te verteenwoordig. Hy het ingegaan in hulle plek, nie as ‘n wegbereider nie.  Die heerlikheid van die nuwe verbond en sy voorregte lê hierin dat Christus nie alleen in die allerheiligste gegaan het as ons Hoë Priester nie, maar dat Hy die voorhangsel in twee geskeur het sodat ons ook kan ingaan.

Christus is nie net ‘ons Moses’ wat ons lei uit slawerny nie, of ons ‘Aaron’ wat vir ons versoening doen nie, maar in Hom is beide hierdie ampte in ‘n nuwe en ewige orde, die van Melgisedek, wat beide koning en priester was, saamgevoeg. Dit word spesifiek so gestel dat hy hierdie tweevoudige ampte vir ons beoefen. Gedurende Sy vernedering hier op aarde, was Hy beide, ons Versoeningsoffer waarvoor Hy Sy bloed ge-stort het, om ons te reinig van al ons ongeregtighede en ons sondes.  Nadat Hy deur die voorhangsel deurgegaan het, geld Sy offer vir ons.

Vanaf Sy Middelaarstroon bedien Hy ons deur Sy Gees, wat Hy aan Sy dissipels belowe het en wat vervul is op pinksterdag. Dit was die begin van ‘n nuwe bedeling, waarin ons leef en mekaar dien deur die krag van die inwonende Heilige Gees. Golgota sonder pinkster is onvolledig.

Die ingaan van ons Wegbereider, deur die voorhangsel, hou vir ons verrykende betekenis in: 

a) Dit bring tot stand die volkome aanbidding waarvan die Judaisme net ‘n skadu was.

b) Dit voorsien vir universele en onbeperkte gemeenskap met die Vader, Seun en Heilige Gees. Dit doen weg met dilo-kalisering van plekke wat tegnies as heilig gesien is. “daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid. God is Gees;  en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh.4:21, 23-24).

Voordat hierdie gemeenskap van volkome liefde, uit ‘n rein hart, nie gevestig is nie, kom christenskap nie tot sy reg nie. Dit is moontlik gemaak deur ons Goddelike-menslike Wegbereider of “prodromos”.   Wanneer die skrywer van Sy oorwinnende intog in die hemel geskryf het, het hy gebruik gemaak van Sy menslike noemnaam, Jesus en nie van Sy goddelike title “Heer” nie.  Hy wat God-mens op aarde was, is mens-God in die hemel.  Dit is waarom ons een van ons eie het wat vir ons intree. Omdat godheid en mensheid so na aan mekaar is in Hom wat ons weg berei het, het ook ons die voorreg vir die innigste en mees onbeperkte toegang tot die Vader en Seun, deur die inwonende teen-woordigheid van die Heilige Gees.

Die term “Wegbereider” druk die verhouding uit wat Christus teenoor Sy mense het.  Die term beteken:

a) Iemand wat hardloop om ‘n boodskap oor te dra. “kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: “My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die Here aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.”  (II Sam.18:31).  Christus het na die aarde gekom om ‘n Versoening vir ons sondes te wees. Hy het in oorwinning terug-gekeer.  Heb.2:13  “… Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.”

Die woord beteken ook ‘n “quatermaster”, een wat vooruit gaan om voorbereidings vir ‘n leer te tref. Ons Wegbereider het vooruit gegaan om voorbereidings te tref vir ‘n geestelike leërskaar, wat beskryf word as:  “Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?” (Hooglied 6:10).  In God se leër dra elke soldaat ‘n wapen van dapperheid in diens, as bewys van sy getrouheid.

Dit beteken voorloper, die een wat vooruit gaan en die weg berei van koninklikheid.  Die kerk van die Here word nie alleen as broers beskryf vanuit die siening van ‘n familie nie, of as ‘n leer, wat in oorwinning teen die vyand staan nie, maar ook as ‘n nasie van “konings en priesters vir die Here.” “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike prieserdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat hulle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig.” (II Pet.2:9).

         DIE SEKERHEID VAN ‘N BETER TESTAMENT:

HEBR.7

INLEIDING:

Vanaf die middelste hoofstuk van die boek begin die skrywer met ‘n diepte studie aan-gaande die nuwe orde van priesterskap en sy verband tot die Aaroniese verbond en die Mosiaanse wet. Hy het reeds belangstelling wakker gemaak deur sy drievoudige verwy-sing na die priesterskap “volgens die orde van Melgisedek”. (5:6, 6:20). Hy neem nou die onderwerp in erns op. Die onderwerp gaan hy nou in die volgende drie hoofstukke behan-del, en gaan verskillende aspekte van die priesterskap met hulle nou behandel.

Die nuwe orde van priesterskap, word die sentrale en spilpunt waarop die skrywer sy groot tematiese argument van die pristerskap van Christus bou. Hy het sy materiaal van van ‘n rare gebeurtenis in die vroeëre Hebreërse geskiedenis gebou – drie verse in (Gen.14:18-20) en ‘n enkele vers in (Ps.110:4). Van die verwysing van Melgisedek kan ons sê dat die Genesis verhaal bloot histories is; die verwy-sing in Psalms profeties is, en dit in Hebreers teologies is (7:1-10).

Die orde van Melgisedek: ‘n Ewige Priesterskap:

Die argument wat die skrywer bevoordeel in die grootheid van Melgisedek, kan alleen waardeer word deur die wat die hardnekkig-heid van die Hebreers ken, in die dae van hulle Levitiese priesterskap en hulle belang. Om hier te vaal sou die fondasie van die outeur se leerstelling aangaande die grootheid van Christus oor Aaron misluk het.

1)      Die historiese gebeurtenis:

Die skrywer het die totale historiese gedeelte in Genesis in een lang sin in (7:3) opgesom. Die verse in Genesis  is die hele geskiedenis se rede vir sy argument. Vreemd soos dit mag klink, is baie van die argument geneem van dit wat nie gesê is nie, eerder as van dit wat wel gesê is. ‘n Paar dinge staan hier uit:

a)  Die naam Melgisedek is van Malki tsedek en 

    dui op ‘n regverdige koning aan, waarskynlik     

    gesien vanuit die regverdige karakter van sy  

    regering. Sy titel, “koning van Salem” verwys

    na ‘n vrederyke koning. Westcott wys vir ons:

    “Die ge-natiewe in elke geval … verduidelik

    die karakter van die soewereine, hy is ‘n reg-

    verdige koning, een in wie en deur wie gereg-

    tigheid en vrede vrygestel is… Die persoonli-

    ke karkater van die priester koning lei tot die

    waarneming … van die koninkryk wat hy ad-

    minstreer: om geregtig te wees in himself, het

    hy vrede bewaar onder sy heerskappy.

b)      Geslagkundig het hy geen record gehad nie. “Sonder vader of moeder, sonder oorsprong, sonder begin van dae, en sonder einde” Dus is die hele geskiedenis van Melgisedek , buiten die een weergawe, heelwat teen ons, en sonder twyfel deur goddelike intensie. Die grong vir sy argument is dat Melgisedek as priester-koning uitstaan, nie deur oorerwing nie of oorsprong nie, maar in sy eie reg. Verder, sedert daar geen record van sy begin of einde is van sy koninskap nie, word dit ‘n waardige simbool van die ewige priesteskap van Christus.

c)       Die outeur sê verder dat Melgisedek was “gelykgestel aan die Seun van God”. Dus het sy lewe en die lewe van Abraham in verhouding tot hom die sorgvuldige orde wat die fondasie gelê het vir die ewige priesterskap buite die Levietiese orde, en een waarin die koningskap en die pries-terskap verenig is in een Persoon. Hierdie is die argumente wat die skrywer later sal ontwikkel. Dit is ‘n merkwaardige feit dat die saad van Israel se verval en bevestig-ing van die nuwe orde hierin verberg lê in die litteratuur wat verborge en goddelik was wat deur Joodse mense geinspireer was.

2) Die Profetiese Psalm

(Ps.110:4) “Die Here het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek”. Doe prefetiese Psalm is die skakel tussen die geskiedkundige van Genises en sy toepassing in die brief van die Hebreers. Die skrywer gebruik die skakel tot die volle maat. Vir hom is elke woord belangrik: die woord “vir ewig” met sy finaliteit; “gemaak volgens die Seun van God” is die openbaring van die voor-sienige leiding wat Melgisedek bring tot die ver-andering met die komende Verlosser; die “eed-swering” wat die priesterskap bevestig van die Seun van God; en die stille kommer oor die stam-boom van Melgisedek, wat nie net van die ewige priesterskap van Chritsus praat nie, maar ‘n atmosfeer skep van mistieke wat die hele gebeur-tenis van die natuurlike na die geestelike uitlig.   

Wat uitstaande is, is die skakel tussen koningskap en priesterskap, iets wat nie in Israel bekend is nie, waar die priesterskap afhanklik is van die afkoms. Sedert die dipensasie of  instelling was die verbond, die hoë priester die sentrale figuur, want die dispensasie is in ‘n sekere sin in priesterskap. Die orde van die priester is daarom van uiterste belang.

Om die rede, wanneer die ou en die nuwe ver-bond in skerp teenstelling met mekaar gebring word, is die kontras in die verskil van ordes. Die nuwe verbond is die oue as priesterskap volgens die orde van Melgisedek, wat die Livitiese priesterskap is. Tog is die aanhaling “‘n priester vir ewig” is waarskynlik van die grootste belang in die gedagte van die skrywer, omdat dit die seël van finaliteit tot Christus se priesterlike hande-ling in die Here Jesus se priesterlike amp van die heiliging van Sy volk, (10:10) en van die ewig-durendheid van Sy verbond (7:22). Beide finaal en ewig behoort aan Hom, deur middle van Sy onverbreekbare lewe (7:3, 8, 16). Dit is wat Hy het omdat Hy die Seun van God is (3) 

Die priesterskap ontsluit himself in die natuur van die persoon. Soos Melgisedek verteenwoor-digend is van iemand sonder enige  stamboom verbindtenis, en tog priester so is Christus ook ‘n Priester in sy eie reg, deur die bemiddeling van Sy eie kwalifikasies, en nie deur die bemiddeling van menslike verhoudinge nie, soos in die geval van die Levietsies priesterskap nie.

3)Die grootheid van Melgisedek.

“Let nou op hoe groot hierdie man was…” (7:4).   Daar word aandag geverg vir dit wat die skrywer wil sê.  Die skrywer wil Melgisek in sy waardigheid en verhewenheid aanskou.  ‘n Voorbeeld word voorgehou van ‘n koning wat sal regeer in vrede en geregtigheid.  Stap-vir-stap lei die skrywer die leser, omdat hy weet dat die regte begrip van hom, wat “soos die Seun van God was”, ‘n dieper waardering sal bring van die nuwe orde van die priesterlike amp, wat in vervulling bring, alles wat nie begryp is onder die ou verbond nie.  Ons word nou gebring by die hart van die Hebreër-boek nl., die ewige priesterskap van die Seun van God.  Daar word getoon dat Melgisedek groter as Abraham is (7:4-10);  groter as Aäron en die Levitiese priesteramp(vv.11-14);  ook groter as Moses en die wet wat gegee was by die bedeling van die engele (vv.15-19).

In die Jood se hart leef die gedagte dat aan Abraham, as die vader van die Hebreëuse volk, die beloftes gemaak is, wat hulle die uitverkore volk maak.  Deur hom sou die Saad gebore word, waaruit alle nasies geseën sou word.  Ten spyte daarvan is Melgisedek groter.  Hy grond sy siening van Melgisedek op die twee priesterlike dade wat hy verrig het teenoor Abraham nl.:

a)Abraham betaal tiendes aan Melgisedek

b)Melgisedek het Abraham geseën.

a)Abraham betaal tiendes aan Melgisedek:

Dit was reeds vir jare ‘n gewoonte om ‘n tiende van die buit wat geneem is, vir tekens van aanbidding eenkant te sit.  Die wet het dit nie vereis nie, dit was sommer net as blyk van waardering vir die party of persoon wat hulle dink vir hulle oorwinning verantwoordelik was.  Die skrywer se argument kan as volg opgesom word:

i.    Melgisedek wat aan geen priesterlike stand, volgens die wet, behoort het nie het tiendes ontvang weens die uitnemendheid van sy persoon.

ii.    Die Leviete, alhoewel sterflike wesens, ontvang tiendes van hulle “broers”.  Abraham het tiendes betaal aan een waarvan geskryf word dat hy lewe.

iii.   Om die voorafgaande saam te vat sê die skrywer dat Levi self sy verhewenheid besef het en alhoewel nog nie gebore nie, hy reeds sy tiendes betaal het in Abraham.

b)  Melgisedek het Abraham geseën:

      Die geringe word altyd deur die meerdere geseën.  Dit was Abraham wat van Melgisedek die seën ontvang het.  Daar word nie uitgebrei oor die aard van die seën nie.  Die skrywer poog net om die outoriteit van Melgisedek oor Abraham uit te beeld.  Paulus verwys hierna in Gal. 3:14  “sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof  kan ontvang.”  Om sy siening sterker te stel, sê hy dat die beloftes aan Abraham en sy nageslag gemaak is, en dat die saad, Christus is.  Gal.4:16  “Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad.  Hy sê nie sade, asof dit op baie sien nie, maar op een:  En aan jou saad, dit is Christus.”  Hy sluit af deur te sê “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (v29).  Soos wat Abraham moes buig om die seën van Melgisedek te kon ontvang, moet ons, in nederigheid buig om, in geloof, van Jesus, ons Ewige Priester, Sy seën, die inwondende Heilige Gees te ontvang.

      Dit is interessant om te sien dat die skrywer van die Hebreër-boek, geen melding maak van die brood of wyn nie, wat so nou gekoppel is aan die priesterlike dienswerk.  Gen.14:18  “En Melgisedek die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste was, het brood en wyn gebring.”  Dit mag wees dat hy die brood en wyn net as ‘n verkwikking gesien het vir Abraham en die wat by hom was.

      Dit word aanvaar dat die brood en wyn, wat so nou verbind word met die priesterlike amp, profeties was van die elemente van die sakrament, wat die Here Jesus gebruik het, as tekens van die Nuwe Verbond.  Die ooreenkoms lê hierin dat, na die Paasfees-ete, waarin Jesus nie gedeel het nie, Hy die brood geneem het, die Vader gedank het, dit gebreek het en aan Sy dissipels gegee het met die woorde:  “Neem, eet;  dit is my liggaam wat vir julle gebreek word, doen dit tot My gedagtenis.”  I Kor.11:24.  Net so het Hy die beker geneem en gesê:  “Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed;  doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.”  Hierdie sakramente bly herinneringe aan die volkome werk van Christus.  Dit gee aan ons ‘n breë visie van wat bereik is onder die nuwe orde van die priesteramp, wat sy vervulling vind in die wederkoms van Jesus Christus.

      DIE VOORTREFLIKHEID VAN DIE NUWE ORDE:  ‘N GEESTELIKE PRIESTERSKAP.

      Dit is duidelik dat Melgisedek groter as Abraham is.  Nou moet ons bewys dat Melgisedek groter is as Aäron en die wet wat ontvang is onder die Levietiese priesterskap.  Die argument word verdeel in 2 afdelings:

      1.  die mislukking van die Levitiese orde (7:11-13) en

2.  die opkoms van die nuwe priesterlike orde volgens die orde van Melgisedek (vv. 14-19).

1.  Die mislukking van die Levitiese Orde:

      “As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was – want met die oog daarop het die volk die wet ontvang – waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?”  (7:11)

      a.  Volkomenheid was nie verkry deur die Levitiese priesterskap nie.  Die doel van die skrywer is nie om die aard van volkomenheid te bespreek nie, dit het hy reeds in vorige hoofstukke gedoen.  Hy wil nie daarop wys dat dit nie kom deur die Levitiese priesterskap nie.  Die skrywer se siening van “volmaaktheid” word in vers 19 gegee nl. dat volmaaktheid is om nader aan God te beweeg.  Die rede waarom die Levitiese priesterskap dit nie kon bring nie, was omdat dit nie sondes kon vergewe nie.  ‘n Beter priesterskap was nodig, met ‘n beter hoop.

      b.  ‘n Terloopse klousule.  “…want met die oog daarop het die volk die wet ontvang…” (v11).  Dit word deur die skrywer gebruik om weer die oorspronklike vraag uit te lug.  Die Aäroniese was beslis deur God gegee aan die Jode, maar dit was saamgestel as die basis van die wet.

      Die volk het nie die wet ontvang van die priesters af nie, maar die priesterskap is saamgestel  en ongeskonde deur die wet wat deur God opgelê is om outoriteit te behou.  Van die mense is gesê dat hulle wetties was of onder die wet was.  “Ontvang” is in die teenwoordige tyd wat beteken dat die toestand onveranderd voortgaan tot in die hede.  Nou is dit maklik om te verstaan waarom die skrywer verklaar dat die priesterskap wat in stand gehou word deur die wet is geringer as die dit wat vloei uit die krag van die ewige lewe.

c.  Wat die skrywer bevraagteken.  “…waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie.” (7:11b).  Dit is omdat God Homself bewys het as ‘n ander order van priesterskap is, soos bekend gemaak deur Dawid en bevestig is deur ‘n eed.  Hierdie feit wys die mislukking van die Levitiese priesterskap om sy doel te bereik en die inleiding tot die nuwe en voortreflike orde wat ‘n beter hoop bied.  Aäron is ‘n tipe van Christus, omdat Christus deur God geroep was soos Aäron. (5:4).

      Aäron se werk was net ‘n tipe, nie geestelik nie.  Dit is waarom ‘n nuwe priesterskap nodig was:

1.   om dit ‘n werklikheid te maak in my geestelike lewe wat getipeer is deur Aäron en die Levitiese priesterskap;

2.   om die priesterskap verby die beperkinge van die aardse lewe van Christus te neem.

a)  Aäron was ‘n tipe van Christus in Sy vernedering;  Melgisédek, van Sy verheerlikte lewe in die hemel.

b)   Aäron was ‘n priester van die dood;  Melgisédek, ‘n priester van die lewe.

c)   Aäron het die kruis verteenwoordig;  Melgisédek die kroon.

d)   Aäron het die volbragte versoeningswerk van Christus op aarde verteenwoordig;  Melgisédek, Sy voortgesette voorbidding by die troon van Genade in die hemel.

e)   Aäron kon nie volledig afhandel of volkome maak nie, a.g.v. die dood;  maak Christus het ‘n onveranderlike Priesterskap.  “Hy is ‘n Priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.”

      Dit is nou duidelik dat daar ‘n eindelose verskil is tussen die twee ordes van die priesteramp wat in Christus vervul is:  die een wat Hy bewerk het in Sy vernedering op aarde as ‘n Versoening van sonde;  die ander, bestuur deur outoriteit vanaf Sy troonposisie in die hemel.  Die werk wat deur Aäron gesimboliseer is is laer as die werk van ons Groot Hoë Priester en word beter begryp in dit wat gesimboliseer word in Melgisédek.

      Dit wat deur Christus op die troon bereik is, het Sy vernedering aan die kruis voorafgegaan.  Die werk wat deur Christus gedoen is onder die simbool van Aäron, verwys na die verwydering van sonde;  dit wat onder die simbool van Melgisédek gedoen is na ‘n ewige toename in lewe en liefde.  Deur die eerste word bedoel die reiniging van inwonende sonde, deur die laaste, die volheid van Goddellike liefde.  Beide word ons deel deur die werk van die Heilige Gees wat ons harte reinig sodat Hy blywende besit daarvan kan hê.

      Dit is deur ‘n rein hart wat die werk van God voortgaan nie, maar deur Hom wat in die hart woon.  Dit is nie in wat Hy in my bereik het nie, maar in Homself wat die geheim van vooruitgang in my geestelike lewe lê.  ‘n Gebrek aan insig rondom hierdie groot waarheid, verhoed baie om te deel in al die volle voorregte in Christus.  Vir baie is die ondervinding van ‘n rein hart so groot dat hulle nie ag slaan op die voorregte in Christus nie.  Die volheid van alles in Hom wat Hy aan ons wil gee.  Vir baie is Christus net die Aäron, die gereinigde hart en nie die Melgisédek, die volheid van God nie.

      Wat ‘n heerlike openbaring toe hierdie waarheid vir my siel oopgebreek het, dit was soos sonstrale uit die hemel!   Christus is ons Ewige Priester, wie se werk nie opgehou het nadat Hy ons harte gereinig het nie, maar Hy gaan voort om ons harte ‘n woonplek vir Sy Goddelike teenwoordigheid te maak, waar Sy heerlikheid meer en meer geopenbaar sal word.  Hy het nog nooit opgehou om my te bemoedig en te lei in tye van noutes nie, of om my te versterk in smarte en konflik nie.  Wat ‘n vreugde om te weet dat Hy meer oor ons besorg is as wat ons oor onsself besorg is.

      Daar is persone wat verkeerdelik die doping met die Heilige Gees soek as ‘n gawe van krag vir diens, onder die simbool van Melgisédek en verby Christus se reinigings werk onder die simbool van Aäron kyk.  ‘n Ander mistasting is dat heiligmaking beperk word tot reiniging en dan word die doping met die Heilige Gees as ‘n addisionele werk van genade gesien of gesien as ‘n toediening van krag.  Heiligmaking is meer as reiniging, dit is om te reinig om te kan bewoon.  Daar kan geen heiligmaking wees sonder die heilige teenwoordigheid van die Heilige Gees nie.

d.   Die veranderde priesterskap vereis ‘n veranderde wet.  “Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie.” (v12-13).  As die priesterskap moes verander, was daar ook noodwendig ‘n verandering in die wet.  Die priesteramp, in daardie dae wat saamgestel en in stand gehou deur die wet dus sal ‘n verandering t.o.v. die priesterskap ook noodwendig ‘n verandering in die wet meebring.  Die skrywer hanteer hierdie saak versigtig deur baie sagkins dit te stel nl. “is verander” of “’n verandering”.  Dit beteken dat die effek van die weg op die samestelling van die Levitiese priesteramp tot niet gemaak is.

2.   Die opkoms van die Nuwe Orde van Priesteramp (7:14-19).

      Die argument van die nuwe orde van die priesterskap, word in 2 afdelings saamgevat nl. die eerste word erken deur die woorde, “dit is bewys” en die tweede “dit is by verre bewys.”  Die eerste beteken, bewys deur feite, die tweede wys na ‘n gevolgtrekking wat gemaak word van gegronde gevolgtrekkings.

a.   Dit is duidelik dat onse Here uit Juda voorspruit, waarvan Moses  niks noem van die priesterskap nie. (7:14).  Hierdie bewyse is genokologies gehou deur die Jode.  Die Woord sê duidelik dat die Mesias gebore sal word uit die stam van

Dawid en uit die stam van Juda.  Die feit dat Moses niks omtrent die priesterskap sê nie, bring ons by een gevolgtrekking nl. dat die inleiding van ‘n nuwe orde of tipe priesterorde, wat van die koninklike lyn getrek word, Aäron en sy huis uitsluit.

b.   “En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe.  Want Hy getuig:  U is priester vir ewig volgens die orde va Melgisédek.”  (v15-17).  Die nuwe orde is geestelik eerder as wetties, koninklik eerder as priesterlik en ewig eerder as verganklik.

      Heiligmaking was nie slegs verkry deur die Levitiese priesterskap nie en was ook nooit bedoel dat dit verkry sou word deur hier orde nie. Later wys die skrywer daarop dat die priesterskap wat ondersteun is deur die wet, net ‘n skadu was van die dinge wat nog kom (10:1) en wys vooruit na die priesterskap van Christus, wie se versoenings-offer alleen, ‘n mens kon reinig van alle sonde en hulle bring in die teenwoordigheid van God.  Dit beteken nie dat die wet die waarde het nie, dit is net swak en kon daarom net die weg vir iets beters baan.  Paulus noem daarom die wet ‘n tugmeester na Christus (Gal. 3:24).

      Die Levitiese priesterskap rus op twee treffende kontraste:

1.   dit tussen wet en krag en

2.   dit tussen ‘n vleeslike opdrag en ‘n ewige lewe.

      In die eerste kontras lyk dit of die Levitiese priesterskap net maar rus op die positiewe wet.  Deur positiewe wet word bedoel, ‘n ondergeskikte bepaling wat bedoel is om of iets te beskerm of iets te laat voortbestaan wat meer fundamenteel is.  Dit is daarom kortstondig en mag te voorskyn kom as die doel vervul is.  Die Levitiese priesteramp was slegs “wet-gemaak”, terwyl die ware Messiaanse priesterskap van Christus, gerus het op die fundamentele wet van geestelike kwalifikasie en saam daarmee geskiktheid van die amp.

      Die tweede kontras dra die gedagte verder.  Hier word die woord opdrag gebruik want die skrywer verwys nie na die hele wet van Moses nie, maar net na die gedeelte wat handel oor die priesterskap.  Die woord “vleeslik” trek aandag omdat al die vereistes  van die Levitiese priesterskap fisies was. Geen melding word gemaak van morele of geestelike  geskiktheid.  Dit was gekenmerk deur uiterlike afkoms, fisiese volmaaktheid en serimoniële reinheid.  ‘n Opdrag wat uitsluitlik gebaseer op vleeslike vereistes wat gestel word aan ‘n liggaam wat aan verganklikheid onderworpe is, dus is dit van nature kortstondig.

      In kontras hiermee vind ons die ewige, onverganklike lewe.  Christus het Sy lewe neergelê as ‘n Versoeningsoffer, maar het ook mag om dit weer op te neem (Joh.10:18).  “Want Hy getuig:  U is priester vir ewig…”  Dit hou in dat as ek in die toekoms kyk, die priesterskap nooit sal ophou nie en as ek terug kyk het dit nooit ‘n begin gehad nie.  Die priesterskap van die Seun rus in die ewigheid van God.  ‘n Priester vir Ewig, Hy lewe en werk in die krag van die Goddelike lewe.

3.   Die kanselasie van die opdrag/die tot niet maak van die opdrag:  “Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan.” (7:18).  Hier word die skrywer se afsluiting van die Levitiese priesterskap gevind.  Ons vind kortliks die fases in die argument: 

a.   Dit begin met die eenvoudige vraag, “waarom was daar nog ‘n priesterskap nodig?”

b.   Toe volg ‘n duidelike waarheid, dat as die priesterskap verander, moet daar ook ‘n verandering wees in die wet wat reguleer.

c.   Die bewys van ‘n nuwe orde van priesterskap is toe voorgehou.

(1)  die nuwe priesterskap moes uit die stam Juda voorspruit, wat nie was volgens die Levitiese orde nie.

(2)  die geestelike waarheid wat God van Sy Seun getuig:  “U is ‘n priester vir ewig..”

d.   Die argument is toe herlei na die twee ordes van die priesterskap:  die Levitiese priesterskap, wat volgens die wet van die vleeslike opdrag gemaak is en die Messiaanse priesterskap wat na die krag van die ewige lewe gemaak is.  Hierby kan gevoeg word;

e.   ‘n algemene opsomming. “omdat die wet niks volkome gemaak het nie…” (7:19a).  Die dien as oorgang  na die volgende onderwerp, dit bring ’n “beter hoop”.  Soos ‘n vers 16 is daar, soos in hierdie twee verse, ‘n dubbele kontras waarin die opdrag vervang is deur ‘n beter een.  Sy swakheid en onvoordeligheid is vervang deur die krag waarmee ons nader kom aan God.

      ‘n Duidelike onderskeid moet gemaak word tussen die morele wet wat vloei van die natuur van God en wat in werking gekom het van die skepping vn die mens, en wat hier bekend is as die opdrag, waardeur die Aäron priesterskap ingestel en gereguleer is.  Paulus verwys na die morele wet in Rom.7:12 “Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.”  Die skrywer verwys na die serimoniële wet soos dit die Aäron priesterskap gevind word, wanneer hy daarna verwys dat dit swak en onvoordelig is.

      Die wet kan niks volkome maak nie, nie die morele of die serimoniële wet nie, maar daar is ‘n ander rede voor.  Die morele wet is volkome daarin dat dit die wil van God vir die mens is, maar dit is kragteloos deur die vlees.  Rom.8:3.  Die standaard was so hoog dat dit vir die sondige mens nie moonlik was om volkome te gehoorsaam nie.  Dit kon net die ongehoorsaamheid straf en op geen manier help nie.  Aan die ander kant was die seremoniële wet swak in ditself en a.g.v. die onvolkomenheid daarvan, kon dit nie “tot volmaakheid lei nie.” (10:1).

      Om die verskille tussen die Aäroniese priesterskap en die Melgisédek orde van priesterskap beter te verstaan en hulle gevolglike verbonde is dit nodig om lewe teenoor die wet te stel.  God se skepsels tree op in ooreenkoms met die lewe wat aan hulle gegee word.  ‘n Goeie boom bring goeie vrugte voort en ‘n slegte boom slegte vrugte.  So ook tree die mens in sy natuurlike staat op na gelang van die heiligheid van sy lewe.  ‘n Mens is geskep as ‘n morele en geestelike wese en in staat om ‘n deffinitiewe keuse tussen goed en sleg te maak.

      Na die sondeval het die mens se lewe verdorwe geword, daarom was die wet gegee en bygevoeg vir ons oortredinge.  Die wet is dan ‘n bewys van die lewe wat verkeerd is, maar dit is ook kragteloos om dit reg te stel.  ‘n Heilige lewe weerspieël ditself in liefde.  As liefde eg is lei dit tot heiligheid.  Aäron was ‘n priester volgens die vleeslike opdrag.  Christus is ‘n Priester volgens die krag van ‘n ewige lewe.

      Vir ons word vertel dat die wet en die opdrag heilig, reg en goed is.  Die werk van Christus is nie om by die wet by te voeg nie, maar om die lewe so te verander dat dit in harmonie met die wet van God gebring word.  Eers as ons die nuwe orde van die priesterskap beleef as ‘n lewe in ons, ons eie lewe, begin mens die dieptes van die Melgisédek priesterskap waardeer.  Ons lewens word versterk deur die inademing van Hom, wat die lewe is, totdat Sy lewe ons lewe word.  In die uitlewing is Sy lewe, weerspieël ons die lewe van Christus.

      Eers as die self-lewe gekruisig is, kan ek saam met Paulus sê dat ek nie meer lewe nie maar dat Christus deur my lewe en dat die lewe wat ek nou lewe ek nie lewe uit die vlees nie, maar uit geloof in die Seun van God (Gal.2:20).  Mens kan sê dat Aäron van buite sy priesterskap bedien het en dat Christus van binne Syne bedien het.  Aäron se priesterdkap is deur tipes offerandes bedien.  Christus bedien deur Sy Gees.  Die bediening van Christus is die uitvloei van heiligheid en geregtigheid vanuit Sy innerlike wese.  Syne is ‘n ewige lewe en daarom hoef daar nooit ‘n onderbreking te wees in die lewens waarin Hy woon nie.

4.   Die Beter Hoop.  “omdat die wet niks volkome gemaak het nie;  maar aan die ander kant is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader.”  (7:19).  Alhoewel die wet niks volkome kon maak nie het dit wel gedien as inleiding vir ‘n beter hoop.  Omdat hoop soms objektief en ander kere subjektief is, moet die “beter hoop” in die lig gesien word.

a.   Die objektiewe hoop.  Die beter hoop bring die volmaaktheid wat God voorsien het deur die Lam wat vir ons geslag is, van die grondlegging van die aarde af (Open.13:8).  Dit hou in ‘n reiniging van alle sonde en ‘n herstel van volkome gemeenskap met God.  Dit is alles bewerk deur ons Groot Hoë Priester se sterfdood, opstanding, hemelvaart en voorbidding aan die regterhand van die Vader.  Die bloed van die jaarlikse offerandes kon nie sonder reinig nie, maar die bloed van Jesus Christus, die Seun van God reinig van alle sonde (I Joh.1:7).  Die serimoniële offerandes was swak daarin dat hulle geheel en al afhanlik is van effektiwiteit van die bloed van Christus, wat nog gestort moes word.

      Die persone wat onder die O.T. gered is, is nie gered deur die priesterlike offerandes nie, maar deur die geloof in die alversoenende bloed van Christus,. wat deur daardie offerandes getipeer word.  Na Jesus se offerande aan die kruis het die ceremoniële offerande hulle krag verloor.  Hulle het verlore geraak in ‘n beter hoop, die ewige bloed van Jesus, die Seun vanGod, ons Hoë Priester.

b.   Die subjektiewe hoop:  Die objektiewe hoop word dus gesien as die soenverdienster van Christus en die ewige bloed wat Hy vir ons gestort het, terwyl die subjektiewe hoop dit is wat ons nader trek aan God.  Onder die Levitiese priesterskap verwag God deffinitiewe opdragte; onder die nuwe orde van priesterskap verenig God Homself met die mens in die persoon van Sy Seun, wat ons natuur aangeneem het en daarin gewandel het (2:16b).  Dus bring die beter hoop ons in die teenwoordigheid van God, deur Jesus Christus (I Pet.3:18).  “om ons tot God te bring”, wys heen na die dieper waarhede wat kom, t.o.v. die voorhangsel wat middeldeur geskeur is om ingang in die Allerheiligste te bewerk, waar ons harmonie en gemeenskap met God het, wat deur die Heilige Gees bewerk is.

      DIE WAARBORG VAN ‘N BETER TESTAMENT:  ‘N EWIGDURENDE PRIESTERSKAP:

      Die tweede parallel wat die skrywer trek tussen die Levitiese en Melgisédek orde van priesterskap, is besorg oor die eed waardeur die latere orde bewestig is.  “En vir sover dit nie sonder eedswering priesters geword, maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het:  Die Here het gesweer en dit sasl Hom nie berou nie:  U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek- in sover het Jesus van ’n beter verbond borg geword.”

      Ons het die skywer gevolg wat vir ons gewys het dat Christus die waarborg van ‘n beter verbond is, wat volle verlossing verseker.

(1)  Die Levitiese priesterskap het daarin gefaal om volkomenheid te bereik, daarom het enige verandering in priesterskap, ‘n verandering in die wet beteken.

      (2)  Die nuwe priesterskap, wat een van lewe is eerder as een van die wet, vind noodwendig uitdrukking in die nuwe verbond.

      (3)  Die ewigdurendheid van die priesterskap is deur ‘n eed bevestig.  Daarom het die priesterskap ‘n beter verbond moonlik gemaak.

      (4)  Hierdie beter verbond rus op die voorgesette voorbidding.  Hierdie beter verbond maak ‘n volkome verlossing moonlik.

      Drie dinge vereis oorweging hier:

      a.   die aard van die eed;

      b.   die betekenis van die term “waarborg”;  en in die oorblewende verse (7:23-24).

      c.   ewigdurendheid van die verbond.

            Dit alles vorm die basis van die volgende hoof opskrif:  “Volkome verlossing.”

      1.   Die aard van die Eed.

            “En vir sover dit nie sonder eedswering was nie – want hulle het sonder eedswering priesters geword.” (7:20).

            In verse 1-10 vind ons die priesterskap van Melgisédek, wat deur die Psalmis verteenwoordig word as ‘n tipe van die Messiaanse priesterskap, wat beter is as die Aäroniese orde.  In verse v11-19 bewys die skrywer dat die Levitiese en Mosiaanse wet onvolmaak is en bestem is om afgeskaf te word.  In verse 20-24 wys die skrywer dat Jesus die Messias is.  In teenstelling met beide die Levitiese priesterskap en die Mosiaanse wet, is Hy die volmaakte Priester, wat die “beter testament” of beter verbond bring.

            Die woord “eed” kom van die Griekse woord horkomosias, wat beteken dat ‘n eed gesweer word.  In die eerste deel van die vers is Christus die objek en in die tweede deel is direk aan Hom gerig.

            Watter nodigheid is daar vir ‘n eed?  Is God se Woord, soos dit is nie goed genoeg nie?  Die volgende redes word vir die eedswering aangegee:

      a.   Die feit dat hierdie priesterskap met ‘n eed gewaarborg is, wys daarop dat dit ‘n beter verbond is.  Die Here het dit goed gevind om deur eedswering te toon dat Messiaanse priesterskap voortrefliker is en bo die Levitiese priesterskap is.

      b.   Die belangrikheid lê ook in die stelling wat die eed bevestig nl. dat Christus die Ewige Priester is, met die onveranderlike priesterskap.

      c.   Vir die met diep geestelike insig, maak die eed ‘n verskil tussen die verbond van werke en die van geloof, tussen gehoorsaamheid aan die wet en die heerlike beloftes van die evangelie.  Daar word verwys na die eed wat God in die verbond met Abraham gesweer het nl. “Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks  sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is;  en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem…”  Gen.22:16-17.  God het gesê dat Hy dit sal doen.  Die werke van die eerste verbond is vervang deur wet van die geloof in die tweede Rom.3:26-28.  Geregtigheid is die gawe van God, deur Jesus Christus Rom.5:17.

      2.   Die waarborg van die Beter Testament.  “in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.” (7:22).  Die Griekse woord “enguos”, wat as waarborg vertaal is, word net hier in die N.T. gevind.  Die eed wys na die priesterskap en die waarborg wat ewig en onveranderlik is, ook die voortreflikheid van hierdie testament oor die ander.  Die beter testament waarvan Jesus die waarborg is, is verkry deur Sy eie bloed Heb.9:15-17.  Die woord waarborg is dikwels foutiewelik in teologiese kringe hanteer en vereis nadenke:

      a.   Daar moet op gelet word dat Jesus nie die waarborg van God vir die goeie optrede van die mens nie, maar die waarborg van die verbond wat God met die mens gemaak het.  Die beter testament of nuwe verbond, is nie een van werke nie.  Dit is ‘n verbond of ‘n testament waarin God, deur die dood van Sy Seun, voorsiening vir Sy volk gemaak het, om in die geloof aan te neem.  Die swakheid van die vlees is oorkom deur die krag van God, wat deur die Heilige Gees, in antwoord op eenvoudige geloof in die versoeningsbloed van Christus werk.

      b.   Die gedeelte sê nie dat Christus die waarborg van die verbond is nie, maar dat Hy ons waarborg is.  Dit is volbring deur die vleeswording van Christus – Sy dood, opstanding en hemelvaart.  Omdat die priesterskap onder bespreking is, is die voorbidding van Jesus die voltooiing van die vleeswording.  Hy is die waarborg van die beter verbond omdat Hy in Sy menslikheid in die teenwoordigheid van God, die Vader ingetree het.  Die waarborg is nie net vir die toekoms nie, maar vir die hede, alhoewel dit nie sigbaar is nie.  Christus is hier nie die waarborg vir die mens by God nie, maar die waarborg van die verbond van God met die mens.

c.   Die Ewigdurendheid van die verbond.  “En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;  maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.”  Heb.7:23-24.  ‘n Volgende aspek van die nuwe verbond word nou genoem nl. die ewigdurendheid daarvan.  “En hulle het wel priesters geword…” verwys na die baie priesters van die ou orde.  Hulle kon nie voortgaan nie omdat hulle nie volkomenheid in  hulle gehad het nie.  Die hele Levitiese priesterskap was geken deur verandering, swakheid/leemtes en dood.  In kontras hiermee vind ons die onveranderlike priesterskap van Jesus.  Sy amp is ewig.  Dit kan nie oorgedra word nie.  In die 3 afdelings wat gaan volg, vind ons die ewigdurendheid van Christus se priesterskap daarin dat dit met ‘n eed bevestig is.

      VOLKOME VERLOSSING: ‘N DOELTREFFENDE PRIESTERSKAP.

      In ons interpretasie van die geestelike ondervindinge wat verbind word an die verskillende aspekte van die person en werk van Christus, kan ons na die volgende kyk:

(1)  T.o.v. die Godheid van Jesus – ons het die groot verlossing en die waarskuwing van wegdrywe of nalaat;

(2)  T.o.v. die vleeswording en die vernedering van Jesus – het ons heiligmaking met die waarskuwing om nie ‘n mens se hart te verhard nie;

(3)  T.o.v. Christus die Apostel – het ons die Sabbatsrus en die waarskuwing teen ongeloof.

(4)  T.o.v. Sy Priesterskap – het ons ewige verlossing en die waarskuwing teen onverskilligheid;

(5)  T.o.v. die beter belofte – het ons “Christian perfection” en die waarskuwing teen luiheid en die gebrek aan vooruitgang in Christus.

(6)  Nou kyk ons na die geestelike ondervinding wat geken word as “volkome verlossing”, met geen waarskuwing nie.

      Twee addisionele aspekte, met waarskuwings volg:

(7)  Die Allerheiligste en die werk van die Hoë Priester in die heiligdom. Die versoeningsbloed word vermeld en die waarskuwing teen doelbewuste sonde.

(8)  Heiligheid – met die opdrag “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.” (12:14).  Die werklike doel van die brief:  “Daarom het Jesus ook, om die volk deur Sy eie bloed te heilig, buitkant die poort gely.  Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en Sy smaad dra.”  (13:12-13).  Hier het ons die waarskuwing in 12:25-29  “Pas op dat julle Hom wat spreek nie afwys nie…”  Omdat dit te doen het met ons ewige erfenis en ewige oordeel, mag dit as ‘n waarskuwing dien teen finale afval.

1.   Volkome verlossing.  “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”  (7:25).  Omdat Hy vir ewig leef om vir ons in te tree, kan Hy ook volkome red.  Volkomenheid kom deur Christus.  Hy gebruik nie die term volmaaktheid nie, maar “teleiosis”, wat ‘n meer algemene term is vir “red” en voeg dan daarby “volledig”, “eis to panteles”.   Rom.6:22  “Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.”  Hierdie vers regverdig die vers uit Heb.2:11 waar Jesus ons Heiligmaker is.  “Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een..”  Dit hou in die reiniging van alle sonde en die inwoning van die Heilige Gees.

2.   Nog ‘n gebruik van die woord “volkome”.  Die woord wat gebruik word vir volkome hier “eis to panteles”, word slegs in een ander plek in die Nuwe Testament gebruik nl. in Luk.13:11.  Dit is die verhaal van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het en haarself nie “volkome” kon oplig nie, weens haar fisiese swakheid.  Nadat Jesus haar genees het kon sy haarself “volkome” oplig.  Jesus stel ook die christen in staat om homself “volkome”, tot sy volle hoogte op te lig geestelik.

      God vernietig nooit in die mens enige gawe of talent waarmee Hy hom geskape het nie, maar Hy reinig so volledig van sonde en ongeregtigheid dat die mens homself kan uitstrek tot sy volle lengte.

3.   Die krag van voorbidding.  Dit is die weg waarlangs Christus volkome red.  Christus het homself, volledig geoffer aan God(9:11)  Omdat Jesus volkome in karakter en offerande was, kan Hy net ‘n woord spreek en dit geskied.  Soos wat Hy deur ‘n woord geskep het en steeds alles in stand hou, kan Hy deur Sy Woord volkome red.  In die lig hiervan moet ons opnuut ag slaan op Heb.4:16  “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”

      DIE KARAKTERTREKKE VAN DIE NUWE ORDE:  ‘N GEKWALIFISEERDE PRIESTERSKAP

      Die skrywer bereik nou sy klimaks wanneer hy die Ideale Priester, wat Christus is, beskryf (7:26-28).  Hy het ‘n drie-voudige volmaaktheid:

(1)  volkome in karakter

(2)  volkome in Sy offer

(3)  volkome in voorbidding

      Christus is die Priester van ‘n heeltemal nuwe orde.  Christus vervul die simboliek wat verbind word aan die Aäroniese hoë priesterskap.

      Omdat Hy Priester was van die Nuwe Orde, onderskei ons die volgende:

      a.  Aäron, as priester het gebreke gehad, Chritus nie.

      b.  Aäron het ‘n aardse heiligdom, Christus ‘n hemelse

      c. Die jaarlikse slagdier-offerandes is mee weggedoen toe Christus, eens en vir altyd Homself as lewende offer gegee het.

      Christus het die Bedienaar van ons hemelse heiligdom geword en die waarborg van ‘n beter verbond.  Nou kan ons let op die drie-voudige volmaaktheid van die Ideale Hoë Priester.

I.    Christus was volmaak in karakter en roeping.  “Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepad, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het.” (7:26).   Daar is 5 stelling hier t.o.v. die volmaaktheid van Jesus, ons Groot Hoë Priester

      a.  Hy was “heilig”, van binne en van buite. “hosios”, wat                 beteken afgesonder van besoedeling.

      b.  Hy was “skadeloos”,  Hy was sonder bedrog, in alle optredes van Sy lewe I Pet.2:22  “Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen gedrog gevind is nie.”

      c.  Hy was vlekkeloos.  Hy het geen smet van sonde gedra nie.

      d.  Hy was afgesonder van sondaars.  Alhoewel Hy volkome mens was tussen al die ander, het Hy Homself rein bewaar.

      e.  Hy was hoër gemaak as die hemele – wat verwys na die ingang in die allerheiligste.  Hy bedien vanaf die troon in die hemelse heiligdom.

II.   Christus was volmaak as ‘n Plaasvervangende Offer.

DIE BOEK HEBREERS:

1 Kor. 10 : 1-11.

Article Title

Article Content

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00