DIE BLOEDVERBOND: LUK.22:7-23

Merkwaardig dat die nagmaal op die Donderdag voor die gebruiklike Vrydag gehou was. Daar word verskillende redes genoem maar die mees waarskynlike is dat die Here Jesus op die Vrydag die Paas offer Lam moes gewees het.

Daar was die gebruiklike geselligheid rondom die tafel aangesien die Pasga sowat 5-6 ure geduur het. Die eerste twee bekers het verby gegaan as deel van die geselligheid, wat na redding en die toorn van God verwys het.

Uit Luk.22:17 en 1 Kor.11:25 is dit duidelik dat die beker na die maaltyd geneem is. Die derde beker het bekend as die beker van seën of volheid, en was dit net voor die gebruik van hierdie beker volgens Lukas dat die here Jesus die brood gebreek en die beker geneem het, wat daarna verwys dat Hy die volheid is, en dat die verbond van die O.T. nou in die N.T. in Hom vervul is.

In Ex.24:3-8 lees ons dat Moses die volk bymekaar gekry het en die verbond met die volk wat die Here sowat 400 jaar van te vore met Abraham gesluit het kom vervul deur bloed op die volk te sprinkel.

In Jer.31:31-33 lees ons dat die Here deur Jeremia bevestig dat Hy ‘n nuwe verbond met hulle gaan sluit deur die wettafels in hulle harte te graveer. Hierdie profesie het ‘n leemte gehad daarin dat die verbonds teken nl. die bloed nie melding van gemaak is nie. Eers met die laaste Pasga het die Here Jesus hierdie verbond kom vervul deur spesifiek melding te maak van Sy bloed die Nuwe Tesament in Sy Bloed is.

Die aard van die verbond:

Hoewl beide verbond verbonde van genade was, was die O.T. gekoppel aan gehoorsaamheid aan die wet. Self met Abraham het die here gesê: Gen.17:1 “Wandel voor My” “Walk ye perfect before Me”

In Joh.1:17 kry ons die sleutel van die Nuwe verbond waar Hy sê:”Want die wet is deur Moses gegee: die genade en die waar-heid het deur Jesus Christus gekom.”

Ons weet uit Hebr.8:6 dat die Ou Verbond tekortkominge gehad het in sy administrasie en doel en dat die Nuwe Verbond volkome in die Here Jesus is.

DIE REGSTELLING VAN DIE VERBOND:

Die Ou verbond was verseël deur die offer bloed. Wanneer twee mans bymekaar gekom het het hulle die terme van die verbond uit gespel, en het dit in die teenwoordigheid van die prokureer geteken. In die ou dae was prokureers nie vir hierdie doel gebruik nie. Dit was ‘n gebruik in die Semitiese wêreld.

Gen.15 sien ons Abraham wat die verbond sluit. Vs.8 vra Abrham waaraan sal hy weet dat hy deel aan die verbond het. Die Here gee toe aan Abraham ‘n opdrag om ‘n drie jaar oud vers te neem, en ‘n drie jaar oud bokooi, en ‘n drie jaar oud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.

Vuur wat tussen die offers deur beweeg het was ‘n simbool van die teenwoordigheid van die Here.  Toe het  die Here ‘n verbond met Abraham gesluit. Die tussen beweeg tussen die offer was die sny van die verbond. Dit verwys na ‘n handeling van offer.

Dit is waarna die Here Jesus verwys het toe Hy gesê het dat die bloed van SY verbond is. In in die woord verwys daarna om daar-op te rus of te vertrou.

God die Vader is die outeur van die verbond en die Here Jesus is die Middelaar daarvan en die Heilige Gees is die verseeling daar-van. Die Bloed van die kruis is nie heeltemal dieselfde as die dood van die Here Jesus nie. Die bloed sluit alle verbonde en seremonies in van getrouheid en onveranderlikheid.

DIE VERPLIGTING VAN DIE VERBOND:

In die oosterse kultuur: wanneer jy saam met iemand aan tafel sit beteken dit dat jy absoluut vertrou word. Jy sal nooit iets teen daardie persoon sê of doen om hom ooit te bandeel nie. Jy hoef nie met hom in verbond te wees nie, maar jy sal jouself onvoor-waardelik gee om hierdie persoon te beskerm. Jy sal ‘n sak sout saam met hom opeet.

Die Here nooi ons na Sy tafel uit om saam met Hom maaltyd te hou. In Obadja vs.7 , hierdie mense het deel gehad aan sy maaltyd en hom in die rug gesteek. Ons lees ook in Ps.41:10 “Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.”

Die vreeslikhied van hierdie hele saak is die man wat saam met my aan tafel gesit het doen dit. In Joh.13:18 lees ons van Judas wat dieselfde gedoen het. Die eerste deel van die brood wat die gas gegee het was die grootste deel, wat hartlikheid en lojaliteit teenoor die persoon toon.

Ex.34:15 waarsku die volk om nie aan valse gode se tafels te sit nie. Om die Here alleen te dien. In Num.25:2-3 +5 verwys na die-selfde gedagte. Hulle het die mense na die offers van hulle god gebring en tot hulle gode gebid, en Israel het hulleself met die gode van Baal verbind. Dit het die toorn van die Here bewerk. Ps.106:28 Hulle het aan die tafel van Baal geeet.

In die N.T. in 1 Kor.10:28 +21 kom dieselfde verband na vore. As ons deel aan die offers wat aan heidense Die tafel waaraan jy deel is die lojaliteit met wie jy jouself verenig.

DIE VREUGDE VAN DIE VERBOND:

Die nagmaalstafel is ‘n maaltyd. Dit is ‘n simbool van vertroue en vriendskap. Dit is ook ‘n plek om vreugde uit te beeld. Dink aan troues en partytjies. Daar was die tafel met die toon brode in die heiligdom. Dan was een van die offers die vredes offer. Dit was ‘n vreugdes maalen almal het daarom vergader. Sien Lev.7:11-15 en Deut.12:5-7.

In die nagmaal is die Here Jesus die vredes offer, en geniet ons om saam met Hom maaltyd te hê. Onthou ons eet van die brood, ons sien dit nie net nie. Joh.6 Is die beker wat ons drink ‘n Godde-like uitdrukking van van ons betrokkenheid by die nagmaal. In vs.35 sê die Here Jesus dat Hy die brood van die lewe is, en dat as na Hom toe kom, ons noot honger sal kry nie. Vs.51+53 sê die Here jesus dat Hy die lewende Brood is, wat van die hemel kom.

Dan as ons nie deel aan Sy brood en Sy bloed nie het ons nie deel aan Sy lewe nie. Die doel is om die Here te verheerlik en Hom vir altyd te geniet. Die nagmaal is ‘n vreugdes maaltyd.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00