DIE GROOT OPDRAG: MATT.28:19
INLEIDING:
Ons leef in ‘n tyd van veranderinge, alles rondom ons gebeur teen so ‘n geweldige spoed, en mens wonder soms waar dit gaan eindig. Dink net aan die tegnologie, aan die medisie ens. daar is eenvoudig geen einde nie. Weens al hierdie veranderinge van smaak en voorkeur gebeur dit dat die kerk ook onder druk geplaas word om te vernader. Hoewel dit waar is dat elkeen van ons aanpasbaar moet wees, die bediening vereis veel meer as wat selfs 20 jaar gelede van predikers vereis was. Daar is blootstellings aan dinge wat voorheen nie een in die volksmond genoem sou word nie. Dinge soos Satanisme ens. Dit veroorsaak dat die aanbieding van die bediening baie verbreed moet word, sodat mense se behoeftes aangespreek moet word.
Tog bly daar sekere beginsels wat deur die eeue heen nooit sal veran-der nie, en ooit sal verander nie. Dinge soos die toestand van die hart van die mens. Hy bly ‘n sondaar wat in sonde gebore en ontvang is en daarom nodig het om weergebore te moet word, om die koninkryk van God in te gaan. Die behoefte na die Here en die begeerte om dan met Hom te wandel bly onveranderlik. Al gebeur wat, die kerk sal nooit hierin kan verander nie.
Evaluering en veranderinge kan alleen binne die Bybelse riglyne plaasvind. Daar moet ‘n duidelike begrip wees vir die toestand en omstandighede waarbinne die mens hom begewe.
Die kerk se groei moet nie ons primêre doel wees nie, maar die uitlewing van ons Christenskap in ons daaglikse lewe.
Toe daar een aan Billy Graham gevra was, wat sy opinie is aangaande die vernadere wêreld en die stand van die kerk hierrond-om was sy antwoord: Die mens bly dieselfde, en daarom bly sy behoefte dieselfde, ons mag daaraan nie verander nie.
In die groot opdrag van die Here Jesus uit Matt.28:19 was daar drie aspekte wat navore kom nl. 1) “Gaan dan heen” Evangelisering
2) “Doop hulle in die Naam van die Vader” Identifisering
3) “Maak dissipels van alle nasies” Wandeling, of dissipelskap.
Ons moet onthou dat hierdie opdargte gegee was aan die dissipels toe alles veel meer heidens was as vandag, en mense in groter onkunde aangaande geestelike dinge geleef het as ons.
In die verwarde tyd waarin ons leef is daar soveel stof opgeskop aan-gaande evangeliesasie dat mense totaal alles oorboord gegooi het. Mense begin stelsels bou wat mens georinteerd raak en nie bly by die Bybelse beginsels nie. In die prediking is dit noodsaaklik dat mense sal besef dat hulle ‘n Verlosser nodig het en dat hulle nie in hullself die oplossing het nie, maar in ‘n daatwerklike hartsdeurgrondelike bekering tot die Here.
Evangelisasie sal alleen suksesvol wees indien ek die geheim van ‘n volgehoue gemeenskap met die Here sal kweek, dan sal ek produktief en aktief vir die Here kan wees. Dar word alhoemeer gevra dat boodskappe verkort moet word en dat die dienste nie meer so direk op die man af moet wees nie. Deur die boodskap klinkklaar en duidelik uit te spel dat daar ‘n lewe na die dood is en dat mense hulle lewens met die Here moet regmaak kan die Here in harte begin werk.
Prediking oor die T.V. is dikwles net motiverings boodskappe wat nie die hart van die mens se probleem aanspreek nie. Daar sal nie ‘n verandering in die wandel van die persoon op so ‘n manier kan veroorsaak nie.
A) DOELTERFFENDHEID:
It is so belangrik dat ons so met die Here sal wandel dat ek buigbaar sal wees vir die behoefte wat daar sal wees sonder om komprmie aan te gaan. As ‘n maatskappy besluit om eendag gordyne te verkoop en die volgende week te voel dat hulle beter in teëls sal doen en dan weer papiere sal verkoop sal niemand vertroue in daardie maatskappy hê nie. Ons moet besef dat daar ‘n formaat is waarin dinge gedoen word. Toe Dr. allen Brown gevra is waarom ons op ‘n sekere manier aanbid was sy antwoord omdat dit ooreenstem met die Bybel en omdat ons in hierdie gemeente gemaklik voel in die manier waarin ons dinge doen.
Daar is soveel kursusse wat oor evangelisasie aangebied word, waarin allerhande riglyne gegee word hoe om iemand vir die Here te bereik. ‘n Student saam met my in opleidingh het een van hierdie kursesse haarfyn bestudeer en by sy besoek letterlik hardop gevra wat is nou weer die eerste punt ens.
U sien, daar moet ‘n formaat wees, maar nie ‘n formaliteit wees nie. Die Here Jesus het in Joh.4 aangepas by die vrou se behoefte deur vir haar na water te vra, en uiteindelik by haar hart uit te kom.
Soms lei die Here dat die gesprek na ‘n rigting beweeg wat ek hoegenaamd nie beplan het nie en tog wanneer jy teruglyk, merk dat dit die behoefte van die hart aanraak. Oom Jannie Scholtz, wat die Heildelbergse kategusmes aangehaal het teenoor ‘n jongman wat niks van die kerk weet nie, jy sal nooit ‘n siel so vir die Here kan bereik nie.