DANKSEGGING EN HOOP 1 PET.1
INLEIDING:
Paulus Jakobus, Johannes, Judas, en Petrus verwys almal na die oor gegewenheid in liefde vir die Here. Wanneer Petrus die brief begin aan die vervolgde Christene in Klein Asië, is daar die verlange om aan hulle die liefde van die Here te openbaar.
Al hierdie skrywers gebruik termes wat ‘n wran smaak in die mond gelaat het, nl. om ‘n liefdes slaaf vir die Here Jesus te wees.
Niemand wil graag ‘n slaaf van iemand wees nie. In Egipte was daar een ‘n swart man wat as slaaf gebie op moes word. Terwyl hy op die plein staan kom daar ‘n Engelsman wat op hom begin bie het. Hy het begin vloek en skel en aan sy ketteing geruk met die gedate dat die Engelsman ‘n wêreld reiseger is en dat hy dalk nooit weer sy familie sal sien nie, die Engelsman het bly bie todat die bot op hom gesluit is. Nadat al die papierwerk afgehandel was, gee die Engelsman sy papiere aan hom terug met die woorde dat hy vry uit kan gaan.
Die volgende oomblik val hierdie swartman aan sy voete en smeek hom om hom saam met hom te neem waar hy ookal mag gaan. Wat het die verskil gemaak, liefde.
Een aspek van liefde is: Hoop wat daar aan iemand gegee word.
Hierdie vervolgde Christene was om en by 64 n.C. grusaam vervolg en is die hele Asië in verstrooi en het een of ander vorm van bemoediging nodig. Petrus, wie se naam beteken “’n klip” bemoedig sy mede slawe of bondgenote met die woorde:
1) DIE DOEL VAN DIE EVANGELIE: VS.3
Vs.3 HY GEE AAN ONS DIE LEWENDE HOOP VAN WEDERGEBOORTE.
Die Here Jesus het aan ons die lewende hoop gegee van ons erfge-naamskap in die hemele.
2) DIE GEVOLG: VS.4
In vs.4 het ons die gereserveerde erfgenaamskap en in
3) DIE INSTAATSTELLING: VS.5
vs.5 die bewaarde erfgenaam, in die Here.
Hierdie hoop lê in die Heiliand wat by uitstek die voorbeeld van diensbaarheid was, deur as vryslaaf Homself so aan die wil van die Vader weg te gee, dat Hy nooit Sy eie wil uitgevoer het nie.
4) DIE RESULTAAT: VS.6
Dat ons nou vir ‘n kort tydjie vervolg (Beproef) word, soos Jakobus aan ons bevestig dat ons dit as vreugde moet ag, omdat die beproefdheid van die geloof, lydsaamheid bewerk.
Beproewing word altyd i.v.m. geloof gekoppel, want deur die beproewing moet ek vashou aan wat ek in die Here Jesus het. Beproewing sal ook nie vir altyd voortduur nie, dit is net van korte duur.
Die doel van beproewing sê vs.7 vir ons verder is om die Here Jesus aan ons te openbaar, nouterwyl ons op aarde leef, maar ook aangaan-de die dag van Sy wederkoms, waarin ons gelykvormig moet word soos Hy is, ons tuis in die hemel te kan wees.
5) DIE INWERKING VAN LIEFDE:
Vreemd, dat hoewel ons nog nie die Here Jesus gesien het, nie, ons Hom innig liefhet, en dan ook in Hom kan glo, en dat ons ons in Hom kan verbly, met ‘n onuitspreeklike blydskap.
6) DIE EINDDOEL:
Dat die saligheid of te wel die wederkoms ons hoop en blyskap sal wees, dink net, eens en vir altyd sal die trane afgedroog wees, eens en vir altyd sal ons vergeet van dit wat ons eens gesmaak het, verdriet en moeite, sorge en laste.
Die saligheid is so oorweldigend dat die O.T. proefete eens daarmee ook opgeneem was, dat hulle hierdie saligheid aan die gendae van die Here koppel. Hy wat ons so onuitspreeklik liefhet dat Hy alles verlaat en na die aarde gekom het om vir u en my wat niks verdien het nie, saam met Hom in Sy heerlike skoonheid op te neem, waar Hy beloof het dat Hy vir ons ‘n plek berei en dat Hy steeds besig is om dit vir ons te doen.
Hoe wonderlik en onbegryplik Sy liefde, dat Hy ons kom vrykoop het, en ons met liefde wil trek on ‘n liefdes slaaf vir Hom te wees.
Daar is ‘n liedjie wat sê: “O I love my Master, and I will not go out free, I am His, today for ever, His for all eternaty”
Aangaande hierdie liefdes slaaf lees ons in Eksodus 21:1-6 en Deut.15:12-17 dat die persoon na ses jaar die geleentheid het om vry uit te stap en vry te wees van enige verpligting teenoor die persoon wat hy gedien het.
Die persoon het ‘n slaaf geword weens armoede, waar skuld nie betaal kan word nie, of vir een of ander kriminele optrede word hierdie man ‘n dienskneg van iemand anders.
As hy sy meester te liefet na ses jaar en nie vry wil uitgaan nie, kan hy sy slaaf bly, dan sal die meester in die teenwoordigheid van ‘n regter die slaaf teen ‘n deurkoesyn plaas en met ‘n els ‘n gat deur die regteroorlel slaanwat aan hom dan die kenteken gee dat hy die meester se liefdesslaaf vir ewig was.
Dit was nie ‘n gedwonge slawerny of een deur die wet bepaal nie, maar een waar hierdie slaaf in liefde en vrywilliglik deur liefde gewen word.
Die dissipels was vrywillige slawe of diensknegte van die Here Jesus wat aan Sy voete gaan sit het, en Hy hulle bedien het, en Sy lewe as ‘n losprys vir ons kom gee het. Hulle het gesien hoe Hy Homself aan die siekes en armes gegee het, en die wat swaar laste van sonde gedra het, en hoe ondankbaar die mense dikwels was.
Hulle het Hom deurboor gesien, vir ons oortredinge, dat Hy die straf wat vir ons die vrede aanbring op Hom geneem het, en dat Hy deur Sy wonde vir ons genesing bewerk het, en was nou Sy liefdes slawe en was die kettings van sonde van hulle afgeneem om met die ewige kettings van liefde aan die Here Jesus verbind te wees.
Die enigste vreugde was nou om dit te doen wat ons Here Jesus gedoen het nl. om die wil van die Here in hulle lewens te volbring. Hulle blydskap was nou volkome, omdat hulle alles aan Hom toevertrou het. Die liefdes slaaf het geen ander vreugde as om sy meester te dien nie. Dit is die kroon van vreugde.
Die liefdes slaaf is geheel aan sy Meester se diens gewy.
Sy oë is op sy Meester gerig, Hy kyk en hou dop.
Sy ore is net vir sy meester: Hy luister
Sy gedagtes is gewillig en sy hande is gereed, en sy voete is flytig en ywerig om die werk van die Here te doen.
Om by sy meester se voete te sit en in SY geliefde se gesig te kyk is alles oorweldigend. Om vir sy meester aan sy behoeftes te voorsien en om in sy smarte te deel, en sy voorsienighede en om sy meester te prys en te verdedig en om sy belange op die hart te dra en te bevorder is al waarvoor hy leef. Hy is bereid om te sterf vir Sy dierbare naam, en sal dit as ‘n vreugde beskou. Dit is volmaakte vryheid.
Dit is die vreugde van ‘n vrou wat smarte sal verduur en armoede met die man wat sy liefhet as om in ‘n paleis te bly omring deur rykdom maar sonder liefde.
“And on her lover’s arm she learnt,
And round her waist she felt it fold,
And far across the hills they went
In that new world which is the old;
And o’er the hills and far away
Beyond their utmost purple rim,
Beyond the night, across the day
Through all the world she followed him.
Slawerny is een van die wonderlikste eienskappe van ‘n ware moeder. SO ‘n moeder verdien goud en eer en plesier, en sal hulle afwys om te kan ofeer en te dien, t.w.v. haar kinders.
Dit is ook die ware vryheid en diens van ‘n Christen
“My juk is sag en My laste is lig”
Sy juk is ‘n juk van liefde, en is daarom maklik. Sy las is ‘n las van liefde, en daarom is dit lig.
Vir die sondaar lyk die juk ondraaglik, maar vir die wat in die geheim van Sy teenwoordgheid gekom het is Sy las so lig, en gee die laste vlerke van vreugde.
Dit is heiligheid:
Dit is geheelheid van toewyding en ‘n enkel oog dit is volmaakte liefde wat alle vrees na buite dryf, en vrees nie sy meester nie, maar verlustig hom is Su meester se wil. Nie my wil nie maar U wil geskied.
Dit is ‘n rein hart met net een doel voor oë om die verhouding tussen die meester en slaaf skoon te hou. Sonde en selfsugtigheid word verteer in die hitte van hierdie soort liefde.
Dit is ‘n godsdiens wat maklik is:
As Sy konikryk kom en Sy wil geskied soos in die hemel soos op die aarde, veel meer as engele, om die Here onselfsugtig en met ‘n passie te dien.
‘n Liefdesslaaf is edel en verdra die mede kinders van die Here se laste en optredes.
Hulle is nie dierbaar en waardevol vir andere nie, maar as dit vir die meester waardevol is, is dit vir die liefdesslaaf waardevol.
Hy is greed om sy lewe neer te lê, om te dien so was dit met Paulus, in Fil.2:17 waar hy sê dat hy sy lewe as ‘n dankoffer uitgiet.
Ester het dieselfde gedoen toe sy bereid was om haar lewe prys te gee t.w.v. haar volk.
Die iefdesslaaf reken nie sy lewe kosbaar vir homself nie:
Die belange van sy meester is syne. Hy dra geen ander belang nie. Hy kan nie omgekoop word nie, hy sal eerder ly en honger ly dan die feeste van andere te geniet.
Soos Rut van ouds het sy gesê: “Vra my nie om u te los nie, of om nie meer agter u aan te gaan nie, waar u gaan sal ek gaan en waar u vertoef sal ek vertoef, u volk is my volk en u God is my God, waar u sterf sal ek sterf en waar u gaan sal ek gaan, “
Hoe sal ek in hierdie liefdesslaaf status inkom:
Dit kom deur my eie keuse en dan ‘n openbaring van die Here aan jou siel. Asu liefde power en beperk is, is dit omdat u Hom nog nie ken nie, omdat u nog nie naby genoeg aan Hom gekom het nie.
U sal Sy skoonheid erfaar as u bereid sal wees om onvoorwaardelik u alles vir Hom te gee. Laat Hy Homsalf aan u openbaar, Paulus het Sy heerlikheid gesien en was verblind, die ander apostels het saam met Hom geleef en gewandel. Ek moet kies, as Hy tot u spreek luister, wat Hy se doen dit, en spandeer tyd met die Woord van die Here, dag en nag. Bere SY woord in jou hart.
Neem tyd om Sy aangesig te soek, dink daaraan as ‘n slaaf te besig sal wees om na sy meester te luister om sy begeertes uit te vind. Neem tyd, maak tyd, en Hy sal Hom deur jou laatvind. Hy sal Homself aan jou kom openbaar.
Higher than the highest heavens,
Deeper than the deepsets sea,
Lord, Thy love at last has conquerd;
Grant me now my spirit’s longing-
None of self, and all for Thee!
BOODSKAP 2
INLEIDING:
Uit die eerste perikoop is daar 10 wonderlike seëninge wat redding vir ons inhou:
1) VERLOSSING VAN DIE LIGGAAM:
Rom.8:23 “…ons sug in die afwagting van die aaneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.”
Uit die skrywe van hierdie boek is dit duidelik dat Petrus geroep was vir die Jode en daarom die brief nader uit ‘n Joodse agtergrond. Die feit dat hy groete stuur aan Sivanus, en melding maak van Markus bied aan die Christene die gemoedsrus dat die Skrywer indien iemand sou twyfel, die bekende Petrus was. Hy skrywe uit Babilon die brief. 1 Pet.5:13.
Die brief volgens 1 Pet.1.2 was in die area van vandag se Turkye geserkuleer.
Wetende dat Petrus nou aan Jode skrywe maak hy veral in hfst. 2 van die boek Hosea gebruik om aan hulle die reddende genade van die Here te beskrywe. Hy haal o.a. in hfst.2:10 en 2:25 uit Hosea 2. Hy skrywe aan Jode wat ongered is en gebruik termes wat hulle verstaan in o.a. 1Petr.4:3 wanneer hy sê dat as Jode hulle die wil van die hei-dene gedoen het, deur te leef soos die heidene.
Lendene kom voor as die setel van die vermoeë om voort te plant. Gen.35:11 1 Kon.8:19 2 Kron.6:9 Hand.2:30; Hebr.7:5 +10. Dit dui ook as ‘n teken van swakheid Ps.69:24, en as teken van rou en droefheid het die mense ‘n sak om hulle lendene gedraai. Gen.37:34; 1 Kon.20:31. Die Bybel maak herhaaldelik melding van die lendene wat omgord is. Ex.12:11; 1 Kon.18:46 2 Kon.4:29.
Die lendene omgord was gedoen wanneer iemand gereed gemaak het om te werk of op reis te gaan.
Die Griekse woord vir lendene is Osphus en kom in Matt.3:4; Mark.1:6; Luk.12:35; Hand.2:30; Efe.6:14; Hebr.7:5,10 en dan in 1 Pet.1:13 voor.
Matt.3:4 en Mark.1:6 Verwys na Johannes wat ‘n leergord gedra het.
Hebr.7:5;10 Verwys na die outoriteit van krag, terwyl in
Hand.2:30 daar Metafories na Dawid verwys word wat uit sy na saad die Messias gebore sou word.
Luk.12:35 Verwys die skrywer na u en my ywer vir die Here wan-neer hy sê: “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.” Wat ook die konteks van Efe.6:14 is wanneer Paulus vir ons sê: “Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan.” In hierdie verband verwys Paulus daarna dat u en ek vas moet staan met waarheid teen valse leringe, en opregte erns en realiteit as teenmiddel teen die duiwel se valshede.
Dit verwys ook na skoonheid wanneer die lendene of belt bordier was Ex.28:39.
Dan was dit ook gebruik vir gereedheid vir diens. Hieraan was die swaard gekoppel. Ex.12:11; 1 Kon.18:46; 2 Kon.4:29; Job.38:3 Spre. 31:17; Luk.12:35 1 Pet.1:13.
Wanneer Petrus vir u en my waarsku sê hy dat ons gedagtes “Om-gord die lendene van julle verstand.”
Een van die sterkste tekens van onbereidwilligheid vir diens word in
Ps.38:8 “…want my lendene is vol onsteking, en daar is geen heel-plek in my vlees nie.” Omskrywe.
PETRUS LIG 7 OPDRAGTE VIR ‘N CHRISTEN UIT:
1) OMGORD DIE LENDENE VAN JULLE VERSTAND:
Dit beteken om my wapens in die Here op te neem wat kragtig is om vestings neer te werp en moed op te neem om teen die aanslag wat daar teen jou lewe gerig word op te neem, en deur die toets te gaan.
2) WEES NUGTER:
Om nugter en opreg voor mense en die Here te leef. 1 Thees.5:6 “laat ons dan nie slaap soos ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.”
Titus.2:11-12 “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer hulle om die goddelossheid en wêreldse be-geerlikhede te verloën ingetoë en regverdig en vroom in die teen-woordige wêreld te lewe.”
3) HOOP VOLKOME OP DIE GENADE WAT
JULLE DEEL WORD BY DIE OPEN-
BARING VAN JESUS CHRISTUS:
Rom.8:24-25 “Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy nog? Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.”
Hierdie vers bevestig vir ons dat ons nie alles met wedergeboorte ontvang nie, maar dat die Here vir u en my nog meer in pag het.
4) NIE JULLE LEWENS INRIG VOLGENS DIE BEGEERLIKHEDE WAT TEVORE IN JULLE ONWETENHEID BESTAAN HET NIE.
Efe.2:1-3 “En julle het Hy lewend gemaak wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlik-hede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons wat van nature die kinders van die toorn net soos ook die ander.”
Ons is nou nuwe skepsele en ons behoort soos kinders wat gered is te wandel.
11 Kor.5:17-18 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het.”
5) MOET JULLE IN JULLE HELE
LEWENSWANDEL HEILIG WORD:
Ons moet in alles soos die Here Jesus word, en dit waarin ons verander moet word is in Sy heiligheid.
6) WANDEL IN VREES GEDURENDE DIE
TYD VAN JULLE VREEMDELINGSKAP:
1 Kor.10:12-13 “Daarom wie meen dat hy staan moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.”
7) JULLE MOET MEKAAR VURIG
LIEFHê UIT ‘N REIN HART:
Joh.13:34-35 “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sa; almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”
Joh.15:12-13 “Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”