DANIEL
INLEIDING:
Na die val van Jerusalem is Daniel weggevoer na Babilon wat omtrent 800 myl van Jerusalem af was. Hy was omtrent 14 jaar oud toe hy weg-gevoer was na ‘n vreemde land. Die koning se opdrag was om jong manne te soek “aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was, en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis in die wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien, en om hulle die skrif en die taal van die Galdeërs te leer.”
DOELGERIGTE MAN
1) SY VOORTREFLIKHEID:
Ons weet niks van sy ouers nie, maar as ons kyk na die karakter van hierdie jongman moes hy in ‘n Godvresende huis groot geword het, aan-gesien hoë morele standaarde by hom ‘n leefwyse, en ingewortel was.
Die toetstydperk het gekom. Dit is nodig vir ons morele en geestelike ontwikkeling Daniël het die gulde geleentheid gehad in die koninklike kolledge om hom te bekwaam. Die Galdiërs was bekend vir hulle politi-kuste filosofiese en teologiese en leermeesterskap van die nasies. Dit was ‘n guldige geleentheid vir enige intelegente en vooruitstrewende jong man.
2) SY VOORNEME:
“Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spyse van die koning nie.” Hierdie woord (nie verontreinig) beteken o.a. letterlik om deurskyned, of om helder te skyn, om stabile te wees, sonder enige krake, om uit te staan, om op te kan vertrou, om lig te weerkaats en om veelkleurig te wees, sprakelend.
Hoe kon hy sy gewete stil maak deur hom te verontreinig met die spyse wat aan afgode geoffer is te nuttig. Iemand wat in die wêreld is sal geen probleme daarmee hê nie, maar hulle sal die geleentheid ge-bruik om eer en wêreldse erkenning te verkry, maar dit is heeltemal anders met ‘n man wie se hart onverdeeld op God gerig is om deel daaraan te hê.
Die jaareind funksies van maatskappye waar mense t.w.v. bevordering hulle getuienisse minag en deelnaam aan die wêreldse genot, om so-doende aanvaarbaar en erken te word vir die bestuur. Dit word gedoen om nie uit te wees nie.
Daniël se voorneme sal vandag geklassifiseër word as [narrow minded-ness] preuts en konserwatief. In hierdie aspek kyk ons na Rom.14:21 “Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broer aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.”
Die man is vir die Here min werd wat nie kan staande bly teen populêre oppinies nie. Die Talmud sê dat die mirte boom bly ‘n mirte boom selfs in die woestyn. ‘n Man van God behoort soos een op te tree in alle omstandighede. God is nie beinvloedbaar by menslike situasiasies nie.
Behou jou gewete rein van blaam, soos Paulus in Hand.24:16 sê: “Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.”
3) DIE VERSKIL:
Die verskil was dat hulle net groente en water sou eet, wat na ‘n bestek van tien dae het hulle 1:15 “voorkoms beter en voller van vlees gelyk as al die jong seuns.”
Hy het hom voorgeneem om anders te wees. Ons moet anders as die wêreld wees. Daniël en sy drie vriende het bo al die ander jong manne uitgestaan as mees voortreflike waarin die Gees van God geopenbaar is.
Dan.1:20 “En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en die besweer-ders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.”
4) DIE VOORKEUR VAN DIE KONING:
Dan.1:19 “En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hananja, Misael, en Asarja nie.”
MAN VAN GELOOF
5) VASTE VERTROUE VAN DANIëL:
Daniël se vertroue was nie in die redenerings vermoë van homself nie.
Daniël 2:16 “Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.”
Die genot van die godelose is van korte duur. As gevolg van ‘n droom was die koning hoogs ontsteld. Die droom was uit sy geheu uit en het hy van die wyse manne verwag dat hulle die droom moes bekendmaak en uitlê. Vir die wyse manne was dit ‘n saak van onmoontlikheid, maar ‘n gulde geleentheid vir die lewende God om Homself te openbaar.
Daniël het die vaste vertroue gehad dat die Here die antwoord aan hom sal opnebaar, omdat hy ‘n persoonlike verhouding met die Here gehad het. Is ons in so ‘n vertrouens verhouding met die Here dat Hy vir ons Sy verborgenhede openbaar.
Amos 3:7 “Want die Here, Here doen niks tensy Hy Sy raadsbesluite aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” (Pedggie in Lewis herlewing)
6) DANIëL SE VERSUGTING:
Dan.2:17-18 “Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanahja Misaiel en Asarja, sy metgeselle die saak bekend, en dat hulle barmhar-tigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim,”
Dit wil voorkom of die manne wat aanspreeklik was om die koning se opdrag uit te voer reeds uit was op hulle sending, toe Daniël vergunning gevra het om na die koning geneem te word.
Hoe het Daniël geweet dat hy suksesvol sou wees? Hy het geweet dat sy God alles van die saak weet en dat die Here dit aan Hom sou bekend maak as hy in Sy teenwoordigheid sou kom, en dat die Here die verbor-genheid aan hom sou openbaar. Alles is moontlik vir hulle wat glo.
7) VERBORGENHEID GEOPENBAAR v 19
Daniël nooi sy drie vriende vir ‘n nag van gebed. Dit was nie net ‘n bid-uurtjie nie hulle het “baremhartigheid van die Here afgesmeek” Dit was intense gebed omdat hulle geweet het dat mense se lewens daarvan afgehang het. Hulle het die saak voor die Here neergelê. v19″ Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar”. GOD DOES NOTHING BUT IN ANSWER TO PRAYER Daniël het die geheim van gebed geken. Daar het spontane danksegging uit sy hart gekom met die openbaring. Die verborgenhede van die Here lê by diegene wat die Here vrees. Nader tot God en Hy sal tot jou nader.
8) VERLIGTING 2:46
“…Toe het koning Nebukatneser op sy aangesig geval….” Die Koning moes daardie stadium besef het dat hy nie met een van sy afgode te doen het nie maar met ‘n lewende God wat geheimenisse kan openbaar aan die wat hy wil. Wat ‘n gewaarwording het nie deur hom gegaan daardie oomblik nie.
9) VERHEFFING 2:48
Hy wat in die verborge sien sal in die openbaar vergelde.
10) VERTROUE IN DANIëL 4:8
11) VERBAASING 4:19
12) VRYMOEDIGHEID 4:27
13) VERHARDING VAN DIE HART 4:30
14) VERWERPING 4:32
15) VEROOTMOEDEGING 4:34
16) VOORTREFLIKE GEES 6:4
17) VERVOLGING 6:5-10
18) VOLHARDING 6:11
19) VEROORDELING 6:14
20) VEROOTMOEDEGING VAN DIE KONING 6:19
21) VERLOSSING VAN DANIëL 6:23
22) VERBORGENHEID GEOPENBAAR
**************