CHRISTUS SE INWONING EN HEERSKAPPY IN MY(Osweld Sanders) ROM.14:7-9
INLEDIEING:
Die persoon wat nie toelaat dat die Here alles in u lewe kan wees nie, is ‘n dief. Hy het ons geskape om Sy regmatige outeurskap in u lewe te kan hê. Hy stel nie belang soos vele leiers om dektator oor u lewe te wees nie maar om volgens 1 Pet.3:15 Geheilig in u hart te wees.
Wat beteken die begrip heilig:
A) Aan die eenkant die afsondering van die wêreld, en
B) Dan die toewyding aan die Here.
Dit sal beteken dat ek nou onder die dissipline van die Heilige Gees sal leef, en nie meer toelaat dat ek die heerskappy in my lewe het nie, maat Hy alleen.
In ‘n diens verlede week het ek melding gemaak van emosionele aspekte wat my verhinder om voort te gaan in my wandel in my lewe. Ons kry dit dat mense so ‘n gewledige emosionele ervaring in een of ander iets beleef het dat die inpak van hierdie skok so geweldig is dat die persoon bloot dit uit sy lewe uitgesny het.
In plek van hierdie emosionele skok het hierdie persoon geleer om sy gedragspetroon te kanaliseer na iets anders, bv. perfeksionisme, of om aanvaarbaar te wees begin te presteer.
Nou neem hierdie aspekte heerskaapy oor die persoon se lewe en begin hy te leef volgens wêrelds erkenbare termes. Die volgende stap is dat ek myself begin meet met andere se lewens, en kritiek neem van my hart besit. Na kritiek neem hoogmoed oor en dan volg my val.
O, hoe verlang die Here Jesus nie dat ek by die plek sal kom om toe te laat dat daar lig in my lewe geskyn moet word nie. Die manier hoe ek daarvan verlos kan word is deur eerlike erkentenis.
Die vrees wat ons dikwles mee sit is hoe ek sou reageer indien myself geopenbaar moet word en het ek geleer om agter maskers te leef. O, buig die Here en laat Hy vir u die werk kom doen, weens die maskers waaragter ek moet leef, is ek die ongelukkigste persoon op hierdie aarde. Daar is voortdurend die skuld gevoel dat ek en ander dit nooit sal maak nie. O, Hy het gekom om ons vry te kan maak, dat my hart nie meer onder veroordeling moet leef nie, dat Hy nie net in u hart woon nie maar dat Hy in u hart mag heers.
Hy wil toelaat dat u alles in Hom mag ervaar. Hy wil u bekwaam, bekragtig en toerus om tot elke goeie werk diensbaar te wees. Hy wil die sluier waaragter u leef kom wegskeur dat u in Sy vryheid waartoe Hy ons geroep het leef. Dat ek my oë op die Here Jesus gefokus