HEILIG AAN DIE HERE: 1 -1 PET.1:13-16 1 Joh.3:1-3

Ons is almal bewus van heropbouings programme met die doel om dit wat verlore geraak het weer in te bring of mense daarin weer op te lei, wel dit was die probleem wat die Here met die volk van Israel gehad het en nou nog het, soos ons na die einde beweeg en mense weg beweeg van die teenwoordigheid van die Here.

Matt.28:19 Sê die Here Jesus in die groot opdrag dat ons die mense moet leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het.

In die lig van die naderende wederkoms, in die lig van wie die Here is, in die lig van wat Hy van ons verwag kom ons kyk na die gelese gedeelte.

Uit I Joh.3:1-3 spreek dit duidelik dat ons wat hierdie sterk verwagting op die koms van die Here het, moeite sal doen om ons lampe gevul en ons lewens gereed te kry met die volheid van die Heilige Gees. Wat verklaar Petrus in 1 Pet.1

Vs.2 Uitverkies tot heiligmaking in gehoorsaamheid

Vs.3 Skenk Hy aan ons die wedergeboorte: wat ‘n lewende hoop is, deur die opstanding.

Vs.4 Verkry ons die heerlike erfgenaamskap

Vs.5 wat deur die krag van die Here geopenbaar gaan word in die laaste dae.

Vs.6 Om dit te bewaar gaan ons beproef word

Vs.7. Sodat ons tot lof en eer van die Here gevind mag word by Sy wederkoms

Vs.8 En dit aan ons blydskap verseker.

Vs.9 Daar is die einddoel die saligheid of behoud van ons geloof.

Vs.10 – 11 Die lyde van Christus was vir hierdie doel om ‘n nalatenskap te hê van gereddes.

Vs.12 Hierdie verborgenhede is selfs vir die engele verborge.

Vs.13 Is die gedate van aangord is om as soldaat myself weerbaar te maak teen die aanslae van die duiwel. Petrus gebruik hierdie beeld om te se dat ons ook ons gedagtes op so ‘n manier weerbaar moet maak. Wees gereed om te dink, wees nugter en wees op die waak, en hoop op die einde van die openbaarmakng van die Here Jesus Christus.

Gehoorsame kinders laat hulle nie meer wegvoer in eie be-geertes nie, maar soos Hy wat julle geroep is heilig is, moet ons ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Dit verwys na gesindhede en handelinge en in my hele lewens-wandel.  

KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN HEILIGHEID:

Wat verstaan u onder heiligheid?

A) HY GEE ONS ‘N BEVEL:

Kyk na die konteks waar dit in die O.T. voorkom.

Dan gaan ons die karaktereienskappe van heiligheid bekyk.

Die omstandighede wat oor ons lewens kom.

WAAROM MOET ONS HEILIG WEES?

Daar is ten minste drie redes waarom heilig moet wees. Dit was die bevel en plan van die Here in Efe.1:4. Die Here het beplan dat die mens heilig moet wees.

Dit is deel van God se plan, 11Tim.1:9. Here het ons met ‘n heilige roeping geroep. Hy het ons gered en geroep met ‘n heilige roeping voordat die wêreld begin het.

1)Ons moet heilig wees, want Hy roep ons daartoe. Dit is ‘n bevel: Wees heilig. Hierdie verwys na ‘n teenswoordige voortdurende tyd.

2) Dit is in die meervoud geskryf wat bevestig dat die Here van ons verwag om heilig te wees en dat ons daarin moet groei. Deur Sy magtige hand stel Hy ons instaat om dit te verkry en te behou.

3) Dit is in die imperatiewe tyd geskrywe wat daarop aandui dat dit nie ‘n voorstel of opsie is nie, maar ‘n moet. En dit is vir nou. Die moet ons help om dit te wees.

Geen Bybelse Christen sal die balangrikheid van heiligheid miskyk nie Hebr.12:14  bevestig ook: “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie”

Heiligheid is nie opsioneel nie, dit is beplan vir die mens.

Alhoewel daar baie antwoorde mag wees oor wat heilig-heid is: moet daar duidelike antwoorde hieraan gegee word  

Die basis van heiligeheid is om die lewe van die Here Jesus te bestudeer. Die finale openbaring van dit wat die Here aan ons wil sê is in die Here Jesuis Christus. Die vraag kan maklik gevra word hoe moet ek dit word, aan-gesien ek nog nooit die Here gesien of aangeraak nie, ek sal dit graag in vlees en bloed sien funksioneer.

Hy werk dit in my wandel en in my praat. Daarom dat die Here Sy Seun Jesus na die aarde gestuur om vir ons presies te wys hoe heiligmaking is en lyk. Daarom dat Johannes die Here Jesus as die Woord aanspreek. “In die begin was die Woord en die Woord was by God, en die Woord was God, Hy was in die begin by God”. Joh.1:1+2. Vs.14 sê: “En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon en ons het Sy heerlikheid, genade en waarheid aanskou… soos die van die Vader”

In Joh.1:18 sê Hy dat die Here Jesus die Vader aan ons geopenbaar het. Hy het aan ons kom openbaar hoe God die Vader lyk. Joh.14:8 Vra Fillippus; “Toon ons die Vader” Vs.9 “Jesus sê vir hom; Ek is so lankal by julle” Die Here Jesus wil vir hom sê as jy My gesien het, het jy die Vader gesien.  Wat Hy sê is nie dat Hy die Vader is nie, maar dat Hy niks doen tensy die vader dit aan Hom bekend maak nie”. Oor en oor sê Hy dat Hy nie sy eie woorde spreek nie, maar die woorde wat die Vader aan Hom gee.

Hy doen nie Sy eie werke nie, maar dit wat die Vader aan Hom openbaar. Hy het nie eens op Sy eie inisiatief gekom nie.  As jy wil weet hoe die Vader is, kyk na die Here Jesus, Hy is dieselfde as die Vader. Jy kan nie meer heilig as die Here Jesus wees nie.

HEILIGHEID IS DUS CHRISTUS GELYKVORMIGHEID:

Baie mense sal heiligheid interpeteer as spreek in tale, en letterlik enige iets. Dit kan goed selfs in skere kringe vrot beteken.  Dit beteken om Christus gelykvormig te leef, dat ons Christus gelykvormigheid in die huis, in die familie en in elke aspek van die samelewing uitleef, waar dinge ver-keerd loop by die werk, onder druk, ons verwys na heilig-heid is Christus gelykvormig.

Ons kan deur verkeerde defenisies foute maak in die ver-klaring van heiligheid. Ons kry woorde soos heilige, hei-ligheid, reinheid toewyding en oorgawe, reinging heilig-making ens. Veel meer woorde word in die Engels gebruik.

Al hierdie woorde het sy oorsprong in een Hebreeuse woord wat van die Kodesh familie afgelei word. In die Grieks is die familie word Hag Hagias Hagiasmos ens.

Die verskeidenheid van Engelse en Afrikaanse woorde laat soms verwarring veroorsaak, en mense maak tegniese stellinge soos daar is ‘n verskil tussen heiligmaking en heiliging ens.

Die vertalers van die Bybel het die word Kodesh en Hag annoniem gebruik in hulle vertalings, sonder sterk teolo-giese onderskeide. Daar is mense wat reken dat heiligheid van hartsreiniging geskei kan word. Heiligheid sê hulle is ‘n staat of ‘n kondisie, en heiligmaking is die proses, waar-deur iemand hartsreiniging ondervind. Ons bevestig dat heiligheid ‘n staat of ‘n kondisie is, en neem dan die woord Heiligmaking, en sê dat dit na askie verwys, en dan word daar verwaring in die heilige lewenswandel dat daar ‘n groei in heiligheid moet wees nie.

Heiligmaking is ‘n staat, en is nie in Engels geskrywe nie, maar in Grieks en Hebreeus. Dit bly altyd belangrik dat ons na die konteks van die Woord sal kyk, soos bv. reis en rys kan twee uiteenlopende betekenisse hê en alleen binne die konteks sal ons die regte betekenis van rys kry. Die konteks bevestig die betekenis.

Kom ons kyk na bv.11 Kor.7:1 “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons, ons van, alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heilig-making in die vrees van God volbring”

Die woord volbring is die woord volmaak: wat die teens-woordige voortdurende tyd aandui. Heiligheid is iets wat jy in jou lewe ontwikkel en die vrees van die Here ondervind en met die Here wandel, word meer en meer heilig en word soos die Here Jesus, dit moet groei en ontwikkel soos wat jy met die Here wandel. Soos ons met die Here wandel moet ons meer en meer heilig word. Daarom beteken heiligheid: Christus gelykvormigheid.

KOM ONS KYK NA DIE KONTEKS:

Petrus het uit Lev.11:44 is die konteks baie interresant.

Vs.44; 45 “Want Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. Want Ek is die Here wat julle uit Egipte land laat optrek het om julle God te wees. So moet julle heilig wees, omdat Ek heilig is”.

Petrus haal nou ‘n O.T. bevel aan uit Lev.11 en sê nou in die N.T. dat ons heilig moet wees, soos Hy heilig is. Hierdie gedeelte handel met rein en onrein voedsel.  Wat het kos met heiligheid te doen. Hy verwys na die diere wat herkou en hoewe het, visse wat nie finne en skubbe het nie mag nie geëet word nie.

Wat was die doel daarvan. Kom ons kyk na Israel en die probleem wat die Here gehad het om die Israelliete te leer wat heiligheid werklik is. Toe die sondeval plaasvind het die woordeskat van die mens ook in gedrang gekom.

Heelwat eeue het verby gegaan voordat die Here vir Abra-ham geroep het en wat daarna gebeur het. 70 het na Egeipte afgegaan en het daar vermeerder, en het omtrent 2 en half miljoen mense volgens Num.1+26 was daar 600 000 man van 21 jaar oud en ouer wat militêr gereed was en het ouers vir hulle en kom by om en by 2 en half miljoen Israelliete, in Egipte.

Wat het in Egipte met die Israelliete gebeur sien ons in Eseg.20. Isrealliete het nie meer onthou wat die ware en lewende God was nie en het valse gode aanbid, vir eeue reeds het hulle noui die gode van Egipte aanbid hfst.20:5-9

“So spreek die Here Here: die dag toe Ek Isreal uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja Ek het My hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die Here julle God. Op die dag het Ek My hand opgehef, om hulle uit Egipte uit te lei na ‘n land wat Ek vir hulle uitgesoek het, wat oorloop van melk en heuning – ‘n sierraad is dit van al die lande. En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë,(afgode) en verontreining julle nie met die drekgode van Egipte nie; Ek is die Here julle God. Maar hulle was wederstrewig teen My en wou na My nie luister nie; niemand het die verfoeisels van sy oë (afgode) weggegooi of die drekgode van Egipteland laat staan nie. Toe het Ek gesê dat Ek My grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om My toorn oor hulle te laat uitwoed in Egipteland. Maar Ek het gehandel ter wille van My Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van nasies onder wie hulle gewees het nie” Hy moes hulle uitlei om hulle op te lei  

Die Here wou hulle in Egipte uitroei, maar Hy het gelofte gemaak dat Hy hulle sou uitlei en nou om hulle uit te bring sal die Here die volk eers moet opvoed, om hulle uit Egipte uit te lei.

Waarom het die Here ‘n reeks van 10 plae gestuur: Dit was objektiewe lesse wat die Israelliete moes leer dat die gode van Egipte krag het, maar dat die Here veel groter as hulle is. Hulle het ook die gode aanbid en saam met dit opge-groei. Hoe moes die Here hulle leer dat daar net een God is. Hy het stelselmatig elke god en godin van die Egip-tenare verwoes, en elke mag in die Egiptiese bestuur uitge-wis, sodat daar geen twyfel was in die Israelliete se hart was, wie die God van die hemel en aarde is nie. Jambres en Janes het ook hulle stawwe neergegooi, maar Moses se slang het hulle opgevreet.

Toe hulle uit Egipte gekom het was hulle oortuig dat daar geen God soos die Here nie. Die Here open die Rooi see en ses honderd strydwaens en soldate plus hulle lyfwagte was in die waters verwoes. Die Here moes die gedagtes van die volk laat verander deur al die wonderwerke dat hulle moes besef dat die Here God is. Weer was dit ‘n objektiewe les wat die Here aan hulle verduidelik het. Hulle moes glo dat die Here God, God is.

Berg Sinai Ex.19 en Ese.16; Jer:3; Hos.2 Israel was soos ‘n jongvrou wat net begin ontwikkel het, en sy was heilig aan die Here. Sy het begin verstaan wie Ek was en besef dat sy heilig aan die Here moet begin wandel. Die Here het Israel se man geword op Sinai. Israel het die vrou van die Here geword. Daarom dat die Here Israel beskuldig van hoerery en ontrouheid. OT berg Sinai het die Here met Israel in ‘n huweliks verhouding ingetree. Deur in hfst 20 Sy wette aan hulle te gee. Israel word die vrou van die Here en kla die Here hulle aan van hoerery.

Ex.20-23 Verduidelik die Here wat Hy van hulle verwag het. Geestelik gebeur dieselfde as fisies as ek van die Here wegbeweeg, ek leef in hoerery. In hfst.20 gee die Here Sy wette en volk hoor die trompette en Ex.21-23 verduidelik die Here wat Hy van hulle verwag. Hfst.24:3 kom alles tot ‘n klimaks toe die volk gesê het dat hulle al die woorde sal doen. Hulle het dit bedoel. Hfst.24:6-7 word bloed op hulle besprinkel en Moses gaan weer op die berg van die Here, en Moses se Aaron en Hur is daar om na julle behoeftes om te sien. Volk moes leer dat daar net een God is en dat Hy hulle God is.

Vs.13 Moses word teruggeroep na die berg en is oor ‘n maand weg, en hulle bly die rook op die berg sien, en volk wil nou weer ‘n diens hou. Hoe moet hulle God aanbid. Die volk het nou begin leer dat daar net een ware en lewende God is. Hy is magtig en is Jehova en Hebr. Jave. Dit is ons God. Moses is oor ‘n maand in die berg en daar is weer-ligte en vuur en hulle wil die Here aanbid. Hoe moet ons die Here aanbid.

Hoe doen ons dit: Ons begin met ‘n lied, dan afkondigings en offergawe, en wat nie alles nie, ons het ‘n sekere prosedure. As in diens kom waar nie gewoond is aan wat doen nie, voel soms vreemd ens.

Ons ondervind ‘n kultuur skok as ons nie gewoond is aan manier van aanbidding nie. Nou wil die Here hulle leer hoe om Hom te aanbid, en te verstaan wat heiligheid is. Hulle wil die Here aanbid.

In hfst.20 Het die Here aan hulle gesê dat hulle geen ge-snede beeld mag maak waarvoor hulle mag aanbid nie, of voor hulle neerbuig nie, en hulle verskil en besluit dat hulle ‘n aanbiddingstyd gaan hê. Al wat hulle aan kan dink was waaraan hulle gewoond was en wat hulle geken het was sigbare beelde vir aanbidding gehad. Hoe kan hulle nou aanbid het sonder sigbare beelde. Hulle kom na Aaron en Hur en vra ‘n sigbare beeld wat hulle kan aanbid. Wat het Aaron gedoen: Hy het gedoen wat hulle mee vertroud was, beelde aanbidding.

Aaron wou ‘n ware beeld van die Here gee, en was nie van plan om ‘n Baal of iets anders te skep nie. Hy sê hier is ‘n verteenwoordiging van die ware en lewende God. Hulle kom uit ‘n immorele vorm van godsdiens aanbidding en hulle wou geestelik aanbid.

Hulle het oorgegaan in aanbidding en die god van vrug-baarheid aanbid, en wat gebeur. Hulle het hierdie goue kalf gemaak omdat hulle nie beter geweet het nie, dit was waar-mee hulle opgegroei het en immorel gehandel.

Die Here se aan Moses dat die mense gedoen het wat hulle nie moes doen nie, en Moses kom van die berg af, en wil weet waarom hulle dit gedoen het. Was dit dat hulle rebels was, hulle het nie van beter geweet nie, dit was waarmee hulle opgegroei het was dit aanvaarbaar, nee.

Was dit reg, nee, was dit aanvaarbaar: nee, het hulle wil-lens en wetens gerebeleer? Nee. Die Bybel sê nie vir ons so nie. Die Here het ‘n probleem gehad om Sy mense leer wat heiligheid is. Hulle het ernstig en gruwelik gesondig, en die Here wou hulle leer. Hulle het alles onder die sam-breel van godsdiens beoefening gedoen. 

Die Here wil aan hulle verduidelik wat heilgheid is. Al die nasies van Kanaan spreek Hebreeus, en al hierdie lande het reeds die betekenis van die word Kodesh (heiligheid) geken sien Gen.37. Jy mag nie ‘n hoer gebruik om offer te bring by geestelike rituele nie. Jy mag nie ‘n man prostetuut gebruik om geld in te bring vir geestelike doeleindes nie. Die word Hoer in ons taal is die word Kodesha wat letterlik ‘n heilige vrou beteken. Die woord vir die manlike prostetuut is die word Kadesh: ‘n heilig man.

Hoe moes die Here aan hulle dit deurgee dat heilig moet wees want Hy is heilig, terwyl die word heilig met die verkeerde betekenis gevul is. Hoe gaan jy die kinders van Israel opvoed om die regte betekenis van die word heilig te kry. Hoe gaan hulle verstaan wat die betekenis van heilig-heid is as die woord heiilig met verkeerde betekenis gevul is. Hoe gaan ons die mense weer reg leer, sodat die mense weer die regte betekenis van die Woord sal verstaan

Die Here het die woord heilig net een keer in die eerste 50 hoofstukke van Genesis gebruik in ‘n verduidelikende sin. Net in hfst.2 toe die Here die 7 de dag geheilig het. Toe die Here daardie dag geheilig het.

Nou begin ons sien hoe die Here die heropvoedings proses weer moet begin, om die betekenis en verduideliking van heiligheid te verstaan.

HOE HET HY DIT GEDOEN:

Ex.3 Kom ons by die roeping van Moses. Moses sien die bos wat nie verteer word nie en gaan nader om te kyk. Dan hoor hy sy stem wat sê: Moses trek die skoene van jou voete af, want die grond waarop jy staan is heilige grond. Wat het die grond heilig gemaak?

Moses begin te verstaan dat die basis begrip van heiligheid sluit die teenwoordgheid van ‘n heilige God in. Grond wat algemeen was of gewoon was, het heilig geword omdat dit afgesonder was.

Die eerste bestandeel om heiligheid te verstaan is: Is dat dit die teenwoordigheid van ‘n heilige God insluit. Wanneer die Here sê dat ons heilig moet wees kan ons nie heilig wees tensy die Here self met Sy teenwoordigheid in ons lewens betrokke is nie, en ons heilig maak nie.

‘n Bybelse begrip van heiligheid is dus eerstens die teen-woordigheid van die Here self.  Niks is heilig buiten die Here wat die bron van heiligheid is. Heiligheid vereis die teenwoordigheid van ‘n heilige God.

Die grond is nie meer algemeen of gewoon nie, maar nou afgesonderde grond. Afgesonder van die gewone.

Baie van ons sal dink dat die teenoorgestelde van heilig-heid is on-heiligheid. Bybels is die teenoorgestelde van heiligheid is Lev.10:10 is die algemene, of gewone m.a.w. dat ek sou sê: maar almal doen dit.

Dit beteken dat dinge nie noodwendig verkeerd behoort te wees om sonde te wees nie, in my lewe nie, maar dat die Here van ons verwag om op te hou om sekere dinge te doen. As jy heilgheid as afsondering verstaan van die alge-mene of die gewone is alles algemeen of gewoon buiten die Here se teenwoordigheid daarin, wat dit spesiaal maak.

Die Here het alle reg in die wêreld om met my en jou persoonlik te praat en van ons te verwag om te verander of te stop of te begin omdat ons aan die Here afgesonder is.

Illustrsie van hoe die Here Sy mense heiligheid gaan leer: Hy gaan vergelykings gebruik.

Hy gaan die gewone diere gebruik en hulle verdeel in rein en onrein diere. Wat is die betekenis van rein en onrein diere. Dit is nie HAG termenologie nie. Daar is sekere dinge wat ons moet verstaan

Voor die sondeval het Adam en Eva nie vleis geëet nie. Hoekom nie: Omdat diere nog nie geslag was nie, want daar was nog nie dood gewees nie, behalwe a.g.v. sonde. As daar nie dood is nie sal jy ‘n vegetarier wees. 

Na die vloed in Gen.9:3-4 Het die Here opdrag gegee dat alles wat asem het (beweeg) kan hulle eet. Dit was dus reg dat hulle enige iets wat gelewe het kon geëet het. Een uitsondering, net die bloed mag julle nie eet nie.

Hy het ‘n beperking op die bloed geplaas omdat die bloed ‘n besondere tipe gaan wees wat van uiterste belang vir mense om te verstaan dat uiteindelik Sy Seun eendag geof-fer gaan word, daarom dat bloed nie geëet mag word nie.

Nou in Lev.11 sê die Here dat Hy die diere in klassefika-sies gaan indeel nl. rein en onrein diere. Hoekom:

In Lev.10:10 dat julle ‘n onderskeid moet maak tussen wat heilig, en wat onheilig (ALGEMEEN OF GEWOON IS). Dat julle die kinders van Israel al die insettinge wat die Here deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.

Wat was die doel om rein en onrein diere te skep.

Binne die rein groep is daar sekere gevalle wat met ander vergelykings verduidelik gaan word. Sekere rein diere kan vir offers gebruik word en andere kan nie. Binne die wat vir offers gebruik kan word gaan daar ‘n verdere onder-skeid gemaak word nl. dat hulle perfek moet wees:

Hulle mag nie jonger as 8 dae wees nie, en mag nie enige gebrek hê nie. Wat is die Here besig om hulle te leer.

Hy wil ons leer dat Hy onderskeid maak, en wil aan hulle verduidelik wat heiligheid is. Moet die kos wette was dit vir hegene doeleindes of was dit vir heiligheids lesse.

Kom ons gaan na die Here Jesus wat die outoritêre stelling maak: Mark.7:2  Waar die Fariseers enige iets vind om fout te vind in die Here Jesus. Het hulle allerhande wette wat o.a. vuil hande beteken indien hulle eet. Hulle het tradisie van die ou mense vasgehou.

Vs.5 Kom hulle na die Here Jesus en wil weet hoekom Hy nie hande was nie. Vs.6 Antwoord die Here Jesus hulle: Hy maak ‘n sterk stelling deur na hulle as geveinstes te verwys. Hy wys hulle daarop dat hulle gesteld is op mens gemaakte oorleweringe wat nie verwag word nie, en staan doelbewus die Bybelse mandaat tee.

Vs.7 Tervergeefs vereer julle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. Dan verduidelik Hy die tradisies dan vs.10. Probeer hulle die gebod om hulle Vader en Moeder te eer omseil.

Totdat die Here ons deeglik reinig van self gesentreerdheid kan ons dinge verklaar en verduidelik soos ons wil. Die Here Jesus vertel die Fariseers dat hande voor ete te was, was nie die vereiste van heiligheid deur die Here nie. Skoonheid of higene is nie gelykstaande aan goddelikheid nie. Om skoon te leef sal ons bloot net langer leef.

Die dissipels kom in die huis en vertel aan hulle ‘n gelykenis en dan in vs.18 maak Hy ‘n stelling: Hy was die Meester leermeester en niemand sal op om kan verbeter nie. Hy sê aan hulle is julle ook sonder verstand?

Hy sê aan hulle kan julle nie vestraan dat wat van buite ingaan nie onrein is nie, omdat dit nie die hart betree nie, Hy maak die stelling dat dit wat uit die mens uitgaan maak die mens onrein. Hy sê aan hulle dat die diere wat gereinig was, was om ‘n objektiewe les aan hulle te leer, wat die verskil tusen heilig en algemeen is. Tussen wat Hom behaag en wat Hom nie behaag nie.

Hy wil Sy mense laat weet wat heilig is, en om te doen en te leef as heiliges. Dan verduidelik Hy aan hulle wat onrein is. Dan sê Hy al hierdie dinge kom van binne en dit maak die mens onrein. Noem die lys.

Wat was dan die doel van rein en onrein:

As die Here dan verklaar dat alle lewende wesens geëet kan word. Die Here wou hulle leer dat daar nie groter gruis areas in ons lewens moet onstaan nie.

Wat is reg en wat is verkeerd. Dinge is mos nie meer dui-delik nie, dit wat verkeerd is word alhoe groter en dat wat reg is word alhoe minder. En die grys areas word alhoe groter. Ons doen nou dinge wat reg is in ons eie oë.

Dit is nie wat die Here beplan het vir Sy mense nie. Hy het dinge ontwerp om duidelike onderskeid te maak in ons gemoedere tussen wat reg en verkeerd is. Hy wil hê dat ons moet onderskeid tussen reg en verkeerd soos wat jy na diere kan gaan en hulle voete ondersoek en hulle kake dophou.

Die saak was nie kos nie, maar om te onderskeid tussen wat heilig en on-heilig is. Tussen dit wat die Hetre behaag en dit wat Hom nie behaag nie.

Hoeveel van ons ontwikkel nou ‘n begrip van wat die Here van die mens wil laat verstaan tussen wat reg en verkeerd is. Voedsel wette soos die Fariseers geleer was, was nie meer bindend na die Here Jesus dit aan Sy dissipels geleer het nie. Dit het nie oor gesondheid gegaan nie, maar wat heilig is.

So kan ons oor en oor sien hoe die Here deur illustrasies aan die volk wou leer en verduidelik wat heilig en wat on-rein is. Ook in die offers en ook uit watter stam die pries-ters moes kom. Dit moes die Leviete wees, en vanuit die huis van Aaron. In sy huis moes hy aan al die vereistes voldoen het wat die Here voorgeskryf het.

Hy wou hulle leer dat daar ‘n veskil is tussen die algemene en die heilige. Wat die offers aan betref kan dit ook nie somer enige plek gedoen word nie, dit moet na ‘n spesi-fieke plek gebring word, en dan was daar ‘n heilige plek en ‘n allerheiligste plek.

Julle mag net buite kom, en die priesters kon alleen inkom tot die heilige plek, en alleenlik een maal per jaar kom die Hoë priester in die allerheiligdom inkom, na vele reinigings wette.

Wat moet hulle aantrek wanneer hulle offer: Hulle mag nie gewone klere gedra het nie, hulle moes heilige klere gedra het, die Here probeer aan hulle die gedagte van heiligheid leer.

WAT IS EIENSKAPPE VAN HEILIGHEID:

1)    Heiligheid vereis die teenwoordigheid van die Here.

2)    Dit beteken die afsondering van die gewone en algemene.

3)    Is dit wat aan die Here behoort.

1 Kor.6:19-20 “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julleself behoort nie, want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” 

Ons het nie reg op enige iets nie, ons is niks: Die aarde is die Here sin en die volheid daarvan. Alles wat ons het en die vermoeë om iets te besit en om te maak wat ons ookal maak, en om te sing of wat ookal is geseënde gawes van die almagtige Here. Asem wat ons het is ‘n gawe van die Here. Ons het geen reg op iets nie, ons bestuur dit maar net Daarom moet ons die Here vereer, vereis dat ons die teenwoordigheid van die heilige God in ons lewens sal omdra.

Die oomblik wat Hy my red sonder Hy my af van die algemene en die gewone, en nou behoort ek aan die Here en moet daar ‘n afsondering van alles wat onrein in enige aard of manier plaasvind, en dit om die Here te behaag.

Heilig jouself en was jou klere was deel van seremonies en was dit objektiewe lesse dat die idee van heiligheid vereis reinheid, en hoe moet hulle dit verstaan as behalwe dat dit geilsutreer word met die wassing van klere en die wassing van die offers en die priester voordat hy gaan offer.

Was dit bloot net omdat daar vuilheid betrokke was nee, dit moes die volk leer dat wanneer ons heilig is moet ons rein en skoon wees.

WAT IS CHRISTUS GELYKVORMIGHEID DAN:

Waarom was die Here Jesus heilig:

Omdat Hy die teenwoordigheid van die Here gedra het omdat Hy die Here was en gemeenskap met die Vader voortdurend beoefen het. Hy was van die algemene afge-sonder en die algemene. Hy weet dat Hy aan die Vader behoort, en alles wat Hy gedoen het het Hy gedoen om die Vader te behaag.

Rom.15:3 “Want ook Christus het Homself nie behaag nie”

Dit beteken dat jy jsouself afsonder van alles wat onrein en vuil is daarom dat ons in 1 Thess.4:3 lees¨”Want dit is die wil van God, julle heiligmaking, dat julle jul moet onthou van hoerery”

Sekseule immoraliteit is nie aanvaarbaar vir ‘n heilige God nie, en van die oomblik van wedergeboorte word jy geroep om afgesonder te wees van immorele onreinheid en leef-wysens.

Dit is wat gebeur wanneer ons gered word: Dan is daar ‘n beslisde tweede werk van genade wat hartsreiniging ge-noem word: 

As jy na jou redding agter kom dat jy steeds jou eie ding doen en verlang om afgesonder te word dat jy by ‘n plek sal kom waar jy die Here vertrou om jou te verlos van hierdie vleeslike begeertes.

Ek probeer om te oorwin maar ek kan nie, is dit die beste wat U vir my bied. Ek moet telkemale uitroep dat U my moet vergewe. En dat ek elke dag week of maand in hier-die doolhof van neerlaag leef: Is dit wat redding my bied?

Die Here sê: Nee My kind Ek het veel meer vir jou as dit; Hy wil ons reining in ons hart van hierdie self gesen-treerdheid wat die probleem veroorsaak en Ek wil jou met My Heilige Gees kom vervul en jou bekragtig dat jy meer as ‘n oorwinnaar kan wees elke dag van jou lewe.

Daar is so iets soos algehele harts reininging maar heilig-heid is nie net tot hierdie krises beperk nie. Heiligheid begin die oomblik wat jy weergebore is en elke weer-gebore Christen sal heiligheid moet najaag en verlang om heilig te wees dit is die passie en plan van die Here vir ons hele lewe.

Jaag die vrede na met alle mense en heiligheid, waarsonder niemand die Here sal sien nie. Hebr.12:14.

6) Heiligheid word in gehoorsaamheid aan die Woord van die Here gedemonstreer. Kyk na Lev.20:7-8 “Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want EK is die Here julle God. En onderhou My insettinge en doen dit. Ek is die Here wat julle heilig.”

Om heilig te wees beteken om Sy Woord te gehoorsaam. Ons kan nie doelbewus die Woord van die Here teengaan en se dat jy heilig is nie. Dit kan nie. Die Here verwag van ons om in die Lig te wandel, wat Hy op ons pad werp.

‘n Persoon wat heilig leef is die persoon wat in al ie Lig wandel wat die Here aan jou gee. Heligheid is nie iets wat ek verdien nie of produseer nie maar dit is die reaksie op die Heilige teenwoordigheid van die Here in my lewe wat my afsonder van die gewone en die algemene. Ek behoort aan die Here.

Ek is gefokus om die Here te vereer in my liggaam en siel en sonder my af van alles wat onrein is en ek is verant-woordelik teenoor die Heilige God en moet rein en heilig leef en ek moet die wette van die Here gehoorsaam in alles wat Hy van my vra.

Dit bring die seeninge van die Here en Sy teenwoor-digheid op ‘n besondere manier en bring die krag van die Here in ons lewens in.

My vriende wat is die omvang van heiligheid Kyk na 1 Pet.1:14-15.

Dat wanneer Hy my uit die wêreld uithaal verwag Hy van my om op te hou om die waardes en die doele van die wêreld na te jaag, en die etiese standaarde van die wêreld wat ek in die wêreld gehad het. Hy verwag dat ek verander sal word deur die vernuwing van my gemoed en om die heiligheid van die Here te demonstreer in ons lewens.

Ons moet as sout el lig opereer, en te wees wat Hy van ons verlang om te wees. Elke dag van ons lewens deur Sy genade todat Hy kom.    

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00