BEGRAFNIS Diens DEUR.32:9-14
INLEIDING:
Daar is sekere beginsels wat ons in die Bybel kry aangaande die lewe en dit wat die Here van ons verwag. Dit wat van kardinale belang is, is vir ons in die eerste 12 hoofstukke van Genesis of die Bybel neer-geplot. Een daarvan is dat die Here vir Hom ‘n volk wil uitkies waar-in Hy Sy heerlikheid aan ons wil openbaar. Dit sien ons deur die lewe van Abraham.
Hy is ‘n God wat Sy grootheid aan ons wil openbaar en so graag ons na Hom toe wil trek. Matt.23:37 verwys die Here Jesus self daarna dat Hy die begeerte het om ons nader na Hom toe te wil trek soos ‘n hen haar kuikens. Hy is ‘n wonderlike God en wil ons onder Sy be-skerming bring. Hy het geen gedagte om ons te breek of om Hom op ons te wreek nie, Hy wil by ons harte uitkom om Sy Vaderhart aan ons te openbaar.
Moses besef hierdie begrip in Deut.32:9 wanneer hy verklaar; “Want die Here se deel is Sy volk” Hy is gebreek in Sy hart as Hy daaraan moet dink dat die wat Hy geskape het, nie wil reageer om hulle lewens met Hom te wil versoen nie. Hy het afgemete dele wat Hy vir jou en my in gedagte het. Hy wil ons aan Sy bors bymekaar maak soos ‘n hen wat haar kuikens by haar bors bymekaar wil kry.
Die Here wil nie hê dat ek en jy aan die stertvere krampagtig moet vasklou nie, maar Hy wil hë dat ons, soos met alle voêls die geval is elke weefsel van die voël se vere lewe het, in Hom ons skuiling moet vind.
Vs.10 van Deut.32 verklaar: Moses dat die Here ons kom vind het in ons woestyn in hierdie woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis.
Hoe vreemd is dit nie dat so baie van ons so wyd moet draai, in al die verskriklikhede van sondes, ons is vandag dalk nog in hierdie verskriklike lewe, so ver van God, ons wil nie onder Sy vlreke kom skuiling vind nie, ek wil my eie ding doen, en myself nie onderwerp aan die stem van die Here nie. Dan gebeur dit dat die Here ons garsland aan die brand kom steek, en soms hard met ons moet kom praat om, ons te kom waarsku, dat ons tot inkeer moet kom. Hy gebruik vandag, terwyl jy hier sit om spesifiek met jou te kom praat.
Hoe praat Hy met jou en met my: Dink aan jou moeder se gebede, daardie geleenthede waar jy jou eie gang gegaan het, waar jy verby jou moeder se kamedeur gestap het en die geroep gehoor het en die trane wat sy vir jou gestort het, maar jy het jou nie bekeer nie. Jy moet jou gewete stil dwing om nie te reageer op die roepstem van die Here nie.
Dink aan daardie benoude situasies waarin jy gedompel was waarin jy geweet het dat geen uitkomkans is nie, en tog, is jy daardeur, Sy roepstem na na jou siel gekom met die woorde: Kom skuil onder my vlerke. Dink, dink, laat vir ‘n paar oomblikke toe dat jy jou hart stilmaak en dink, want jy sien daar gaan ‘n dag aanbreek waarin jy moet rekenskap gee van jou lewe.
In hierdie hoofstuk is daar verskeie aspekte van die Here Jesus ge-openbaar. In hierdie hoofstuk word daar dikwels na twee rotse ver-wys, die een van die valse afgode dienste, die ander die Ware Rots.
1) Hy is die lewe-gewer: Vs.18 “ Die Steenrots wat jou verwek het…” Hier gaan ons nie net bloot oor na ‘n ander geloof nie, maar word ons deur die Here gebore. 1 Joh.5:1.
2) Hy is die Verlosser van die mens: Vs.15 “het God verwerp wat hom gemaak het.” Wat jou wil red. Hand.4:12 “En die Saligheid is in niemand anders, en daar is geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is nie, waardeur ons gered moet word.”
3) Die bron van voorsiening: Vs.13 “Hy het hom heuning uit die rots laat suig, en olie uit die klipharde rots.” Dit verwys na soetheid en verfrissing, sterkte en slawing en die krag van die Heilige Gees.
4) Hy is ons Volmaakte werker: Vs.4 “Die Rots – volkome is Sy werk” Wat Hy begin sal Hy voltooi. Fil.1:6.
5) Onmeetbare vergelyke bestaan nie Vs.31 “Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie” Die rots van die goddelose vaal hulle in die dag van beproewing. 1 Kon.18:26
Wat doen Hy as Hy jou lewe beheer:
Hoor wat sê Moses:
Vs.1 Luister wat Hy vir my gedoen het: Die hemele daarbo en die magte in die lug is baie meer bewus van die grootsheid van die Here. Jak.2:19 Se die duiwels glo ook en hulle sidder. Die besetene van Gadara het gesmeek dat hulle eerder in die varke ingedryf word as wat dat hulle met die hemelvors te doene moet hê.
Laat die aarde hoor die woorde van my mond: Die hemele en die aarde is vol van Sy heerlikheid. Hier waar ek en jy leef moet mense weet waardeur ons gegaan het en wat Hy vir ons kom doen het. Moses was eens ‘n prins van die grootste moontheid van sy tyd. Hy moes vlug en veertig jaar omswerf tot op die bepaalde tyd waarin die Here hom toevertrou het om ‘n volk uit te lei. Hoe wonderlik dat Moses so met die here gewandel het dat hy Sy stem gehoor het. Hy kan getuig van ‘n ware lewende verhouding met die Here.
Vs.2 Laat my leer drup soos reên: Die wat in My glo soos die Skrif leer strome van lewende waters sal uit sy binneste vloei, Hy wil hê dat jy so vol word van Hom dat jy voortdurend die dinge wat daarbo is kan bedink.
Vs.3 Want die Naam van die Here roep ek uit. Vertel Dawid in Ps.51 vertel dat sy lippe die lof van die Here moet verkondig, nadat die Here vir hom groot dinge kom doen het en hom kom verlos het. Bring aan die Here lof. Boucher vroutjie wie se man so vrioeg in haar lewe weggeruk is, het ook hierdie lied in har hart waarin sy Here dank vir die stroms wat oor haar pad gekom het, i.p.v. te gaan sit het sy uitgespring en ander vroutjies begin bedien. ‘n Bedienig wat nou regdeur die lad strek.
Vs.4 Die Rots : Volkome is Sy werk: Die Here Jesus kom doen so ‘n volkome werk in die hart van die mens dat Gal. Vir ons sU dat Hy ‘n onberoulike bekering in ons harte kom bewerk. Niemand is ooit spyt dat hy die Here Jesus aangeneem het nie, maar wel dat die persoon nie volkome met die Here wandel nie.
Vs.4 Al Sy weë is strafgerigte: Hy tugtig ons omdat Hy vir ons so lief het, Hy wil ons nader Homself trek, Hy wil met jou en my ‘n verhouding bou waarin ons volkome vrede kan ondervind.
Vs.5 Die mens werp sy aanbod van vrede en volheid van homself af weg. Hy wil jou red om jou vry te maak van sonde, en jou in ‘n verhouding met Hom te bring, en tog stoot jy dit van jouself af weg.
Ons leef dieper in sonde en weet nie dat Hy bedoel om ons met Hom te versoen sodat ons in Hom vrede kan hê nie.
Vs.6 Hoe kan ons die vuis in die lug opsteek as Hy net goedheid in alles wat Hy vir jou en my ingeadte het jy sien, Hy is nog nie in jou hart nie, en Hy wil jou vrede gee, nou moet Hy soms hard met jou kom praat om jou oë oop te maak.
Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie, het Hy jou nie gemaak nie en jou toeberei nie.
Vs.7. Dink aan die dae van die ou tyd. Let op die jare van geslag tot geslag, let op dat die wat die Here gevrees het so rustig is, hulle het vrede met die here gemaak.
Vs.8 Hy het grense gemaak en die volke hulle plekke uitgekies. Hoe wonderlik dat ons in hierdie land mag leef, dat ons die vorregte het wat ons het. Tog is ons so rebels.
Vs.9 Die Here se deel is Sy volk: Hy het nie net geografiese volke gekies nie, maar soek ook ‘n geestelike volk. Jakob, wat prins met God verander is is die deel wat Hy vir jouen my in gedagte het.
Vs.10 Hy het jou Ien my in die woestynland gevind in ‘n woeste wêreld vol smarte, van die wildernis, of sonde. Hy wil jou beskerm en jou bewaar, waarom woel jy soos nasies voor die Here waarom wil jy nie jou lewe onderwerp aan die geag van die Here nie. Hy wil jou Sygoedheid kom openbaar.
Vs.11 Soos ‘n arend haar nes opbreek, oor haar kleintjies sweef, Hy wil jou uit jou gemaksone uitruk en jou die rykdom van SY heerlik-heid kom openbaar, so moet ek en jy ons lewens met die Here skik dat ons perspektief kan kry.
Vs.12 Die Here alleen wil jou lei. Die mamma arend is oor haar eie kleintjies besorgd, Sy wil