BARTIMEUS. Luk.18:31-43.

God, wat die hemel en die aarde gemaak het, deur Sy Seun, en wat deur Hom die lig van die duisternis geskei het, is in staat en gewillig om die oë te open en die harte te verlig met Sy hemelse Lig.  Joh.1:3, 4  “Alle dinge het deur Hom ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  In Hom was lewe en die lewe was die lig van die mense.” 

Jesus was op Sy laaste reis na Jerusalem voor Sy kruisiging.  Hierdie reis was, meer as al die ander ‘n reis van triomf.  Skares het Hom vergesel.  Dit het gelyk of Hy baie gewild was.  Hulle was op daardie stadium besig om uit die stad te weeg, in die rigting van die kloof in die berg, waardeur die pad na Jerusalem loop, toe die noodkreet van Bartimeus hulle bereik. 

In die tyd van Jesus was daar baie bedelaars in die strate, maar die owerheid het baie spesifieke reels gehad wat nagekom moes word, selfs as jy ‘n bedelaar is.  Nie enige persoon wat bv. te lui was om te werk kon gaan bedel nie.  Om te bedel, moes jy ‘n lisensie hê.

‘n Persoon wat, weens omstandighede, in die posisie gekom het en moes bedel, was versoek om na die outoriteite in sy omgewing gaan, met sy dokumentasie en bewyse van sy ongekiktheid om te bedel of sy gebrek of hoe dit ookal sy.  As die versoek deur die outoriteite goedgekeur is, is aan hierdie persoon ‘n lisensie uitgereik om te mag bedel in die openbaar.

Dit was verseker dat Bartemeus ook op ‘n dag na die owerhede gegaan het om homself voor hulle te stel met die bewyse van sy blindheid, om dan sodoende die nodige lisensie te verkry om te bedel.  Daardeur sou hy wetiglik herken word as ‘n bedelaat.  Sy kenteken dat hy ‘n wettige bedelaar is het nie gekom in die form van ‘n sertifikaat nie maar in die vorm van ‘n spesifieke kleed wat hy gedra het, wat ‘n sekere kleur was en styl.

Hy kon dan self kies wanneer hy hierdie voorreg wat hy gehad het wil benut deur sy kleed te dra.  Dit het gedien as ‘n tiepe van uniforn wat hom dan gekenmerk het as iemand wat nie in die vermoeë was om te werk nie en dus die reg het om te bedel.

Terwyl Bartemeus een sonnige dag buite sit en bedel soos sy gewoonte was het hy gewaar dat daar meer as gewoonlik geskarrel en opgewondenheid in die lig was.  Iets buitengewoon was aan die gebeur en gou met sy uitstekende gehoor het hy die oorsaak van die opgewondenheid ontdek.  Jesus is oppad. Hy kom daar verby.

 Is dit moontlik dat een noodkreet bo die gejuig van die skare gehoor word?  Ja, want dit was nie ‘n sagte geroep nie, dit was ‘n luide noodkreet.

Selfs al het Bartimeus geskreeu, is dit moontlik dat hy nie gehoor kon word nie, maar vir die Here Jesus was die roep om hulp liefliker as al die luide toejuigings en hosannas.  Hy het dit gehoor en gaan staan.

Het u al ooit gewonder of u roep om hulp gehoor word en of daar ongeloof en twyfel in u hart kom?  Wees bemoedig deur hierdie ware verhaal en deur die feit dat juigende skares, wat eens ook ‘n noodkreet geuiter het, nou Sy lof besing.  Hy hoor elke roepstem vir hulp.

Kom ons kyk na die volgende, rakende Bartimeus:

1.  MISRABELE  TOESTAND.

     Hy was blind en ‘n bedelaar v35.  Sy oë was duister en hy was arm.  Daar was vir hom geen hoop of toekoms nie.  Geen mens kon vir hom die vreugde of verlossigs lig bring nie.  Watter beeld is dit nie van elkeen van ons in ons natuurlike, verlore toestand nie, met ons sonde-verblinde oë en ons verarmde harte.  Satan verblind die harte van die wat die glo nie.

2.  ANGSTIGE  NAVRAAG.

     “en toe hy die skare hoor verby gaan, vra hy wat dit is..” v36.  Alhoewel hy blind is kan hy nog hoor en praat en hy maak gebruik van wat hy het.  As ons net gebruik wat ons het, sal ons baie ryker van binne wees as wat ons ooit kan besef.  Alle mense het nie geloof in God nie, maar alle mense het geloof in iemand of in iets.  Daar is nog vele navolgers van Jesus, maar hoeveel is daar wat gewillig om hulle lewens neer te lê vir Hom.  Het u uself al ooit ernstig afgevra wat dit inhou?

3.  DIE ERNSTIGE VERSOEK.

     “Toe roep hy uit en sê:  Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig.” V38.  Toe hy kwaai bestraf is het hy net harder uitgeroep: “ Seun van Dawid, wees my barmhartig.” V39.  Hoe meer hy bestraf is, hoe harder het hy geroep.  Dit is die natuurlike uitroep van ‘n mens wat bewus word van sy nood en van ‘n God-gestuurde oplossing, wat binne bereik is.  ‘Jesus van Nasaret, gaan verby.’  As die geroep van ‘n persoon se nood nie die hart van God nou bereik nie, sal dit ook nie later nie.  Vir Bartimeus was hierdie die bestemde tyd en hy het volle gebruik daarvan gemaak. 

4.  GESEëNDE VOORREG.

     “En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word…”  v39.  En Jesus vra vir hom:  “Wat wil jy hê dat Ek vir jou moet doen?  En hy antwoord:  Here, dat ek kan sien.” v41 Die Here Jesus lê al Sy Goddelike skate en rykdom en mag neer by die voete van hierdie arme ellendige.  Hy is nou binne bereik van dit wat sy hart na smag.  Dit is wat die verlore sondaar vind as hy rus in God vind.

5.  SPESIFIEKE VERSOEK.

     “Here, dat ek kan sien.”  V41.  As ons so bewus was van ons sonde soos hierdie man bewus was van sy toestand as blinde, sal ons nie ‘n probleem hê om die aangesig van die Here te soek, vir dit wat ons nodig het nie.  Hy was arm, maar het nie vir rykdom gebid nie.  Daar is iets wat die Here Jesus vir ons kan gee, wat van groter waarde is as silwer en goud.  Dit is oë om die Here te sien as ons persoonlike Saligmaker en Vriend.  Dit wat die blinde man gesien het, toe sy oë geopen is.

6.  ONMIDDELIKE GENESING.

     “En onmiddelik het hy gesien en Hom gevolg…”  v43.  Die Seun van die mens hoef net te spreek en dit geskied.  Sy Woord en krag word altyd uitgespreek in antwoorde van geloof.  Jesus het gesê:  ‘Jou geloof het jou gered.’ Onmiddelike geloof bring onmiddelike seën.  Deurdat hy sy genesing ontvang het, kon hy die gawe van God se liefde vir hom en die bewys van Sy almag ervaar.  ‘Glo en jy sal sien.’  Wêreldse wysheid sal nooit ‘n blinde se oë open nie.  Jesus is magtig om te red.

     In Mzrk.10:46-52 lees ons dat Bartimeus dadelik sy bokleed afgegooi het en Jesus gevolg het.

7.  PRAKTIESE ERKENTLIKHEID.

     “En onmiddelikh het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik.  En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.”  v43.  Hy het nie teruggegaan en gaan bedel nie.  Hy het sy ou wyse van lewe laat vaar en ‘n navolger van die Here Jesus geword. As daar maar meer mense is wat hulle ou wee wil verlaat om die Here Jesus te volg sal daar nie so baie wees wat terugval nie.   

     Hoe sal ander weet dat ons deur die Here aangeraak is, as ons lewens nie die Here verheerlik nie.  Die wat verlos is van sonde en die bose, moet Hom dien sonder vrees, in heiligheid, al die dae van hulle lewens.  (Luk.1:74, 75).  Het u geloof u gered.

    Soos vir Bartimeus, is daar vir elkeen van ons uitkoms, as ons ook   

    ag slaan op die volgende vyf woorde:  hoor, roep, kom, ontvang,  

    volg.

1.  Die seën wat ons hoor ander ontvang het. 

     (Matt.20:30;  Luk.18:35)

     Die naam van die Here het, in Palistiena ‘n algemene noemnaam geword.  Hy het daar gearbei vir drie jaar of meer.  Daar is geen twyfel dat daardie blinde man Hom gehoor het nie. Ons het in hierdie Skrifgedeeltes te doen met drie persone wat genees is, op verskillende plekke.

2.  Hy het die Here Jesus erken as die Gesalfde van God.

     Hy moes dikwels na gedink het oor die werk en lewe van Jesus en besef het daar Hy meer as ‘n mens was.  Hy moes navraag gedoen het oor die rede vir die skare en het gehoor dat Jesus, van Nasaret daar verby beweeg. Baie interessant dat hy Hom nie op daardie manier aanspreek nie, maar as Jesus, Seun van Dawid en daardeur Hom as Messias erken.

3.  Hy het die beste gemaak van sy geleenheid.

     As mens daarop let dat dit die laaste keer was wat Jesus in Jerusalem ingegaan het, het hierdie Bartimeus ook goed gebruik gemaak van sy laaste geleentheid om die Here Jesus te vind.  Natuurlik is die Here alomteenwoordig, tog is daar tye en geleenthede wat Hy mense in bekeringsgenaede besoek.

4.  Hy het nie om gegee om gesien te word nie of opgemerk te word nie.

     Deur so op te tree was hy verseker van teenstand en veragting, maar sy nood aan  verlossing het vir hom swaarder geweeg as die woorde van mense.  Hierdie man het hardop geroep om daardeur die aandag van die Here Jesus te kry.  Hy het nie om gegee dat die aandag van almal nou op hom gevestig word nie.  Sy nood was vir hom oorweldigend.

5.  Hy het geweier om stil te bly.

     Hoe meer die mense hierdie man probeer stil kry het, hoe harder het sy noodroep weerklink.

6.  Hy het elke las afgelê.

     Die lang bedelaars kleed het beweging moeilik gemaak.  Dit was deel van hulle kultuur en deur die wet goed gekeur, maar dit het beweging bemoeilik.  Ons sal altyd vind dat daar hindernisse in ons weg is om Hom te volg.  Hierdie hindernisse moet uit die weg geruim word, of die wet dit vereis of nie.

    Ag sal ons nie daardie kleed waaragter ons skuil afgooi om die Here Jesus met ‘n volkome hart te dien nie.  Daardie dinge wat ons so maklik gebruik as verskoning, bv.

 a) Kleed van jonkheid

 b) Kleed van gemaksug

 c) Kleed van tevredenheid

 d) Kleed van eie geregtigheid

7.  Hy het die seën ontvang.

     Let daarop dat hy geroep was terwyl hy nog blind was.  Sy visie het gekom nadat hy na die Here Jesus gekom het en nie voor dit nie.  Hy het besef dat sy visie ‘n geskenk was wat hy moes ontvang en nie iets wat hy kon verdien nie.  Hy het sy visie onmiddelik ontvang.  So sal dit ook met ons wees.

8.  Hy het Jesus gevolg en Hom verheerlik.

Die kern van die verhaal van Bartimeus vind ons in Mark.10:50  “EN HY GOOI SY BOKLEED AF, STAAN OP EN KOM NA JESUS TOE.”   Bartimeus het die kleed van sy gebrek, wat hom geidentifiseer het as ‘n blinde afgegooi, asof hy daardeur gesê het: Jesus het my geroep ek sal dit nie weer nodig hê nie.

Bartimeus jou blinde oë het meer gesien as meeste sienende mense.

Jou geloof het jou “genees” nee gered.

0:00
0:00