AS EK DIE BLOED SIEN: EX.24:1-8

INLEIDING:

Vs.8 “Dit is die bloed van die verbond.” Kyk die bloed van die verbond.

Hierdie woorde was deur Moses geuiter terwyl hy die volk met bloed besprinkel het, en moes ons herhinder het aan Johannes die Doper wat weer gesê het: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” Joh.1:29. ‘n Verbond is ‘n ooreenkoms tussen twee partye wat op grond van ooreenkoms of ‘n band gesluit word.

Ex.12 Word aan ons bevestig dat “die bloed die teken sal wees.” Dit is die menslike kant daarvan “As Ek die bleod sien” Is die Goddelike kant van so ‘n verbond. In hierdie verband was dit verbonds bloed gewees. So was dit met die Bloed aan die kruis.

Luk.22:20 Sê: “Net so neem Hy ook die beker na die maaltyd en sê: Hierdie beker is die Nuwe Testament in my bloed wat vir julle uitgestort is.” En wees een soos ek en My Vader een is.

Wat merk ons op:

1)      WANNEER DIE BLOED GESTORT WAS:

Soos met die Here Jesus wat gesterf het, was daar net so met die offer. Daar was baie in hierdie omstandighede: Dit was:

A) NADAT DIE HERE VEREER WAS:

Vs.1 Klim op na die berg van die Here en aanbid Hom. Voordat die kruis bereik moes word, het die Here Jesus die getuienis gehad dat Hy die Here behaag het (Matt.3:15 ) Met die doop van die Here Jesus.

Moses het naby die Here gekom terwyl die ander aanbid het “van vêr af” Die Here Jesus was in die Allerheiligdom aanbid.

B) NADAT DIE WOORD VAN DIE HERE GEOPENBAAR WAS:

Vs.4 “En Moses het al die Woorde van die Here opgeskrywe.”

 Die Here Jesus het nie gesterwe totdat al die werk voltooid was nie, alles gedoen wat die Vader van Hom verwag het nie. Joh.17:8 “Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee.”

Die weg was duidelik aan hulle gemaak voordat die son onder gegaan het.

C) NADAT DIE ALTAAR GEBOU WAS:

En Moses het die altaargebou. Die kruis het verskyn voordat die offer daarop geplaas was. “En Hy het Sy kruis gedra”  ‘n Voorberei-de altaar stel die voltooidheid van die raad van die Here voor. En daar het hulle Hom gekruisig. Joh.19:18.

2)      WAT DIE BLOED BETEKEN:

A)    DIT SLUIT DIE SONDE IN:

Sonde is soos die skadu van die mens wat alleen in die lig gesien kan word. Sonde is die oorheersende element in die karakter van die vervalle mens. Die mens is ‘n sondaar, sonder die Here. (Efe.2:12).

B)    DIT BEHELS PLAASVERVANGING:

Die offers was vir die Here, en in die plek van mense. Hy was ter wille van ons oortredinge deurboor.”  Hy het vir ons gely.  Die offer was eerste die Here sin deur Sy duurgekoopte reg, en toe vir ons beskikbaar gestel, en weer deur Hom aanvaar op die altaar. 

Dit was ‘n volmaakte tipe van Hom wat die Lam van God was, wat vir ons gegee was en weer aanvaar was deur die sterwe in ons plek.

C)    DIT SLUIT REDDING IS:

Isak was gered toe die ram in sy plek geslag was (Gen.22:13) Hy het Homself vir u en my gegee. “En dat elkeen wat in Hom glo, deur Hom geregverdig word…”  Hand.13:39.

3) WAAR WAS HIERDIE BLOED BESPRINKEL:

A)    DIT WAS OP DIE ALTAAR BESPRINKEL:

Vs.6 “En Moses het die helfte van die bloed geneem…en teen die altaar uitgegooi.”

Die altaar verteenwoordig die eise van die Here se heiligheid en geregtigheid. Voordat die mense geseën kon word, moes hulle geregtigheid bevredigend voor die Here gewees het.

Voorat die sondaar gered kan word, moes Christus Homself geoffer het, sonder vlek of rimpel aan die Here.

Die helfte van die bloed wat tussen die altaar en die mense dui op die dubbele werking van die offer van Christus. Hy het beide die wet vervul en vrede bewerkstellig. Deur die wil van SY Vader te doen, het Hy versoening vir u en my bewerkstellig.

In Hom is elke eienskap van die Here bevredig en elke behoefte van die mens ten volle vervul. Ps.107:8 “Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om SY wonderdade aan die mensekinders.”

B)    DIT WAS OP DIE MENSE BESPRINKEL:

Moses het die bloed geneem en op die mense gesprinkel en sê: Sien die bloed en die verbond wat die Here vir julle bewerk het. Die bloed op die mense dui op:

i) VERLOSSING:

Hulle het in persoonlike kontak met lewe gekom (want die lewe is in die bloed). Wat deur die Here vir die mens geoffer was. Al die waarde van die offer soos in Sy plan, is nou in Hom verkry.  Efe.1:7 “In Hom het ons die verlossing deur Sy bloed die vergifnis van ons sondes, na die rykdom van SY genade.”

ii) VERSOENING:

Dit was die bloed van die verbond. Hebr.9:14 “hoeveel te meer sal die bloed van Christus…” Efe.2:13 “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.”

 iii) VERPLIGTING:

Vs.7 “Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen en daarna luister.”  Wees getrou tot die dood. Die verbond soos die weg van redding, is alles genade en kan nie faal nie. Deur hierdie dinge waar-in dit vir die Here onmoontlik is om te lieg, het ons ‘n sterk vertroue dat ons aan die hoop kan vashou wat ons het. Hebr.13:20-21  “Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is…”

DIE BEDIENING VAN ONS HEILAND:

Soos wat die volk van Israel eens iemand gehad het wat vir hulle vooruit getrek het, en hulle tot deur die Jordaan moes lei, waar hulle nou op die berg van ontmoeting gekom het, het die Here Jesus ook eens vir die dissipels en Sy volk vooruit moes trek om deur Sy bediening die volk tot hoër hoogtes te lei.

1)      KYK DIE LAM:

Telkemale wanneer die Here Jesus se bediening ‘n ander vorm aangeneem het was daar ‘n stem uit die hemel wat dit kom bevestig het.

Hy begin Sy bedienig by die Jordaan.

Hier het die stem in Luk.4 gesê: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n behae het.

a)      Hy kom as die Lam:

Sy hele aardse bediening was Hy soos ‘n lam waarin Hy Homself net beskikbaar gestel het om die mens te bedien. Hy het begin deur die volk op die berg te leer.

b)      Hy kom as geneesheer:

Hy het Sy lewe hier kom uitgiet om aandie mens te bevestig dat Hy hier is om vir die mens genesing te bring. In Luk.8 Sien ons dat die Here Jesus die herser is oor die natuurelemente Hy maak die storm stil, Oor die bose magte met die bestene van Gadara, en oor die dood nl. die Dogtertjie van Jairus.

c)      Hy kom as Leidsman:

Hy het gekom om die vok nie net met die fisiese te voed nie maar ook met die geestelike. In elke opsig was Hy onberispelik. Hebr. Verys daarna dat Hy in Sy bediening onbesmet, in Sy wandel onberispelik en in Sy amp as Priester onbevlek was.

Hy moes voortgaan na Sy:

2)      SY BEDIENING AS BEMIDDELAAR:

Weer was Sy bediening op ‘n bo-natuurlike manier aangekondig:

Hier volgens Matt.17 was dit op die Berg van verheerliking. Soos wat Moses met Kaleb en Joshua vooruit gegaan het, en die volk oes wag, het die Here Jesus, soos Moses se aangesig geskyn in die heerlike verklaring van Sy amp.

Daar was ook twee, mense wat reeds in die nuwe bedeling van die bloed ingelei was nl. Moses en Elia wat nou aan die twee dissipels veskryn het om die weg van die bloed te kon verduidelik.

a)      Kyk die Bloed:

Hierdie aankondiging was om te bevestig dat Hy die kruispad moes stap. Hy moes voorgaan as die laaste Adam om vir u en my die weg te berei:

In Sy bitterste smarte van verlatenheid, waarin almal Hom verlaat het, het Hy net een doel gehad, en dit is die Kruispad, Hy moes gaan sterf om die Lam en die Bloed te word was moes vloei, sodat ons ook in die verbond ingelei kan word.

Rom.1:25 bevestig dat dit Goddelike bloed was wat moes vloei.

b)      Kyk na Golgota:

Terwyl Hy in die bo-vertrek aan die dissipels die betekenis van die verbond probeer verduidelik is hulle te verblind en vleeslik om te begryp wat Hy aan hulle bekend wil maak.

Daar het die begin van Sy smarte begin en moes die aankondiging daarvan nie soos met Sy bediening by dierivier Jordaan plaasvind nie, maar op die berg as beeld van SY heerlikheid en koningskp wat Hy nou deur Sy leide gaan beklee.

c)      Kyk na die Kruis:

In elke opsig moes Hy die lyde dra, sodat u en ek met Hom versoen kon word. Daar was geen ander wyse waarop ons sou kon lewe as deur Bloed was moes vloei nie. Hy het Sy lewe gegee.

Hy het ons met God verbind, en nader getrek sodat ons met die Here verenig kan word.

Hy het Homself gegee en gesterf sodat ons in Sy opstanding met die Heilige Gees verenig mag wees.

3)      SY GODDELIKE AANKONDIGING

OP DIE OLYFBERG:

Toe Hy Sy bedeling op aarde moes afsluit was daar weer op die berg die aankondiging. Hy gaan.

Hoe wonderlik dat dit die afronding van Sy bediening was, maar die inleiding van die kerk despensasie waarin ons nou as indibvidue deel mag hê aan hierdie heerlike waarhede. Hy het SY bediening vervul as volmaakte Hy het Sy bloed gestort as volmaakte en Hy het Sy bruid agtergelaat om volkome soos Hy te kan word in heiligheid en geregtigheid.

Hy leef om nou vir u en my in te tree.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00