AANSLAG VAN DUIWEL OP CHRISTEN: KOL.1:12-13.
INLEIDING:
Die Christen se grootste stryd is die duiwel. Deur die sondeval het die diuwel die mens se grootste oposisie geword.
Ons deel iets in gemeen nl. dat die oordeel van die Here wat op beide rus. As ons gered raak, word hierdie verhouding gebreek, hoewel die duiwel nooit met sy aanslae sal ophou nie.
Daar bestaan vandag geweldig verwarring oor hierdie onderwerp veral met die lering van die Charismate rakende die Heilige Gees en die duiwel.
Ons ken baie kere nie die realiteit van die duiwel nie, omdat ons nie die onderskeiding van die Heilige Gees het nie, omdat ons harte nie gereinig is, en vervul is met die Heilige Gees nie.
1) SY OORSPRONG:
Satan is deur die Here geskape. Kol.1:16.
Hy was Lusifer, wat in die hoogste outoriteit van die Engele geleef het. Hy het deel uitgemaak van die hoëre engele nl. Migael, Gabiriël, en Lusifer.
Sy naam Lusifer beteken: Skynende een. Hy het in opstand teen die Here gekom en werk deur al die eeue teen die Here.
Hy het magtige engele (waarskynlik ‘n derde van die engeleryk) saam met hom geneem. Hulle word demone genoem.
Die Woord bevestig dat die Here drie hoof engele gehad het, maar miljoene engele onder hulle.
A) MIGAEL: Lees in Dan.10:13-21; Judas vs.9 Openb.12:7
Daar word drie plekke in die Bybel van hom genoem. Sy doel was waarskynlik om met enege-le konflik te handel. U onthou hoe Migael teen die prins van Persië moes veg.
B) GABRIëL: Lees in Dan.9:18 +21 +27-28; Luk.1:19-21 + 24 +26-27
Gabriël het aan Daniël die waarhede aangaande die eerste koms van die Here Jesus geopenbaar. Het aan Sagaria die geboorte van Johannes die Doper bekend gemaak, en aan Maria rakende die geboorte van die Here Jesus.
Dit lyk of hy besonder betrokke is by die Verlos-singwerk as deel van sy bediening.
Waarskynlik Gabriel wat die trompet sal blaas by die wederkoms van die Here Jesus. 1 Thess.4:16.
C) LUSIFER:
Hy was die ander aartsengel wat in sekere opsigte verskillend was:
Sy werk was waarskynlik geassosieer met die troon van God, en kon die troon van die Here bereik.
Hy was besonders gewees, die enigste engel waaroor die Here komentaar lewer oor sy kleed, waarskynlik omdat hy voor die troon moes dien.
Eseg.28:12-19: Beskryf Lusifer:
Vs.12 Vol van wysheid en volmaak.
Vs.13 Sy bedekking was allerhande edel gesteentes. Hy was musikaal.
Vs.14. Hy was die hoogste Gerub.
Vs15 Sy weë was volmaak, en was volmaak geskape.
Vs16: Sonde was in hom gevind.
Vs.16-18 Hy was uit die teenwoordigheid van die hemel gewerp.
Hy word ook in Jes.14:12-15 beskrywe:
Hy het 7 keer gesê dat hy teen die Here wil opstaan.
Hy het sy wil teen die wil van die Here geplaas.
Hy het waarskynlik op engele se aanbidding gereageer, en het gedink dat hy ‘n soort outoriteit het wat hom nie regtig toekom nie. Hy het in homself opgeneem het om teen die Here te rebeleer.
Sonde in die verband beteken om nie op standaard met die Here te wees nie.
Die Here is die stanaard. Hy is absoluut heilig en duld geen sonde nie.
Jes.59:19 Sê “When the enemy shall flood in, the Spirit of the Lord will raise up a standard against him”.
Word ons nie op dieselfde manier gebruik nie, asof ons ‘n soort van ‘n outoriteit het, dalk dink ons dat ons iets is of iets bereik het, en neem gesag in ons hande.
1 Kor.10:12 Waarsku ons: “Wie meen dat hy staan moet oppas dat hy nie val nie”
Lusifer was waarskynlik die hoof van die Paradys gewees of te wel die derde hemel.
Atmosfeer is die eertse hemel.
Die sterreruim die tweede hemel.
En Paradys is die derde hemel.
Die hemel is die vierde hemel.
In sy proses van val het hy sy heerskappy behou. Matt.4 + Efe.6.
Hy het tot die aardse koninkryk aan die Here Jesus belowe, en die ere Jesus het hom nie teëgestaan nie.
11 Kor.4:4 Die duiwel is die god van hiedie wêreld.
Efe.2:2 Volgens die owerste van die mag in die lug.
Matt.12:24 Die owerste van die duiwel. Hy het ‘n miletrêre mag agter hom.
Efe.2:12 Leiers en bose geeste in die lug.
Lusifer die skynede het geval en toe word hy Satan die aanklaer,
die vyand, die prokureer, en toe word hy:
Bealsubel wat koning van outoriteit beteken, en hy val en word
Beëlial die subtiele verleier en toe die
slang Wat slinkse of wilde beteken en toe die draak verbasende
krag (ondergronds, of vanuit die aarde). Een met magtige
krag om slinkse dinge te beplan.
Die name van die duiwel word 174 keer in die Bybel genoem.
II) DIE PERSOONLIKHEID VAN DIE DUIWEL:
Baie teoloë probeer die persoonlikheid van die duiwel te ontken.
Die skrif is egter duidelik dat hy ‘n defenitiewe persoon is met sekere karakter eienskappe en emosies.
Joh.8:44 Sê Jesus: “julle het die duiwel as vader” Hy moet ‘n persoon
wees om ‘n vader te kan wees.
Job.1:6-12 Het die duiwel met die Here gepraat.
‘n Invloed of krag kan nie praat nie.
Matt.4:1-11 Het Jesus met ‘n letterlike persoon te doene gekry wat
met Hom gepraat het.
Hy het lewe en intelegensie en gevoelens, en is ‘n menslike geeste-like wese wat nie ‘n menslike liggaam besit nie.
Matt.13:19 Die bose kom om te roof.
Joh.13:2 Het die duiwel in Judas se hart gegee om Jesus te verraai.
Hand.5:3 Met Annaias het die duiwel sy hart vervul met leuens, hy
was ‘n Christen.
11 Kor.11:3 Die slang het Eva deur sy listigheid bedrieg.
Vs.14 Satan verander hom in ‘n engel van die lig.
11 Pet. 2:4+9 Hulle sal in die hel gewerp word.
Vs.9 Hy word bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word.
Judas vs.6 Hy bewaar hulle met ewige booie.
111) DIE KARAKTER VAN DIE DUIWEL:
Die skrif weërspieël vir ons baie duidelik die karakter of aard van die duiwel.
1) HY IS ‘N DIEF: Matt.13:19
Die duiwel steel die Woord van die Here van die harte van die hoorders.
2) HY IS SUBTIEL: 11 Kor. 11:3
Eva is deur listigheid bedrieg.
3) HY IS ‘N MOORDENAAR: Joh.8:44
Hy was ‘n moordenaar vanaf die begin.
4) HY IS ‘N LEUENAARD: Joh.8:44.
Hy was ‘n leuenaard omdat sy kinders die Fariseërs dit bewys het.
5) HY IS ‘N VERLEIER: Openb.12:9.
Hy het die hele wêreld verlei.
6) BRULLENDE LEEU: 1 Pet.5:8.
Sy hele karakter is daarop gemik om die wil van die Here te dwars-boom.
Sy doel bly altyd om die werk van die Here te verhinder en om mense teen die Here en Sy werk te laat opstaan en beskuldigings teen Christene of die werk van die Here te bring.
DIE DUIWEL EN DIE OORWINNING
VIR DIE KIND VAN DIE HERE.
Jes.14: 12-23. Eseg.28:13-19.
INLEIDING:
Daar bestaan soveel onkunde en verwarring oor die duiwel en wie hy werklik is dat mense die mag en die invloed wat hy het, nie besef nie.
Daar word dikwels verwys na die mannetjie met die rooi vurk wat op iemand se skouer sit, of dat ons bloot net die duiwel moet ignoreer, wat weggeskiet moet word, terwyl die Bybel leer dat ons met ‘n gedugte vyand te doene het. Aan die anderkant kry ‘n mens dikwels Christene wat so duiwel bewus leef dat hulle hulle stand in die Here Jesus nie ken nie.
Waar is sy oorsprong:
Hy was die skoonste van al die engele en het in die hirargie van die drie hoof engele geleef. Hy is die enigste engel wat se skoonheid ooit beskryf was, en was deur die Here geskape. Kol.1:16.
Hy was Lusifer (die skynende) wat in die hoogste outoritit geleef het. Hy het in opstand gekom en werk deur al die eeue teen die Here. Hy het ‘n derde van die engeleryk saam met hom mee gesleur, wat gevalle engele genoem word.
A.gv. sy opstand teen die Here het hy die oorsprong van boosheid geword in die heelal, Die Grieks vir duiwel is “diabolis” wat met satan verbind word, wat aanklaer, valse aanklaer of duiwel genoem word. Sien 1 Tim.3:3; Titus.2:3
Die woord word eenkeer teen Judas gebruik toe hy die Here Jesus verraai het. Joh.6:70. “Een van julle is ‘n duiwel”.
Daar is soveel bewyse in die Bybel van die legio demone wat die duiwel besit wat onder sy leer verval het.
In die O.T. het die duiwel letterlik aan mense verskyn om hulle te beveg of teen te staan, en selfs probeer vermoor het, omdat mense die Here gedien het, bv. Job wat hy met bose swere getref het, van sy voetsool tot sy skedel” Job.2:7.
Joshua word deur die duiwel in die teenwoor-digheid van die Here aangekla. Sag.3:1-3.
Satan het Dawid verlei om die volk te tel in 1 Kon.21:1. Die woord Satan kom 31 keer in die O.T. voor. Die Hebreeuse woord vir satan word twee keer na verwys as “Engel van die Here” wat in die weg van Bilaim se donkie gestaan het Num.22:22-35. Mense was as teenstanders van mekaar beskrywe in dieselfde verband as die duiwel. 1 Sam.29:4.
Die duiwel is nie gelyk aan God nie, en maak dus die mens self verantwoordelik vir sy eie dade, omdat hy ‘n vrye wil het, om te reageer ooreenkomstig.
Jesus sê dat ons die duiwel as vader het omdat julle sy begeertes doen. “Hy was ‘n mense moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie. Wanneer hy leuntaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan”. Joh.8:44.
Satan het ‘n imorele karakter geword deur die wortel van sonde sy deel te maak nl. hoogmoed, te vertroetel.
Jaloesie het ook met hoogmoet te doene en het dit die uitstaande karaktertrek van die duiwel geword.
Sy wese tart die Here, daarom wend hy siekte, sonde, die dood en enige vorm van ongeregtigheid aan om die mens te teister. Hy sal selfs die satan aanbidders pynig.
Alhoewel hy ‘n vervalle wese is doen hy hom nog voor as die “engel van die lig”
Hy was in bevel van die pre-Adamiese skepping onder die beheer van die Here. Jes.14:12 sê:
“Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!”.
Satan het opgeklim na die hemel toe Eseg.28. en het op die aarde gesondig, soos die profete dit stel. Hy is fisies uit die hemel gegooi vir tyd en ewigheid. Luk.10:18 Hy het geval Hebr. (gada) soos ‘n boom val.
Satan het nasies “oorweldig”. Hy was reeds voor die sondeval in Eden volgens Eseg. en mense in die pre-Adamiese skepping mislei. Jer.4:23-26, Asook Jes.14:17, bevestig dat daar mense voor die pre-Adamiese skepping gebly het tussen Gen.1:1 en 2.
Jer. en Jes leer dat die duiwel die eertydse tuin van Eden ‘n woestyn gemaak het, Jer. bevestig dat daar mense was toe die aarde woes en leeg was, en daar was “stede en voëls” en toe die satan neergewerp was, was daar selfs konings gewees.
Geen engel van satan kan die mens beset nie, demone alleen kan dit doen omdat hulle ontliggaamde geeste is, wat uit die pre- Adamiese tydperk kom. Hulle was mense wat in die skepping voor Adam onder Lusifer gestel was. Hy het hulle regeer en ook mislei.
Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenis nie losgelaat het nie huis toe nie?”.
Daar is dus twee katogorieë, nl. engele en demone. Alhoewel beide geval het, het hulle afsonderlike omstandighede ondervind en ook nie op dieselfde tyd geval nie.
Die engele is saam met satan uitgewerp uit die hemel, omdat hy hulle verlei het. Open.12:4.
Satan het ‘n derde van die engele van die hemel verlei en hulle het saam met hom geval. Die tweede groep engele het eers na Adam geskape is geval en word bewaar. Alle engele van Satan word dus nie bewaar nie, en dus moet die engele in hierdie groep in ‘n ander konteks beskou word.
Hierdie engele het gesondig met mensekinders volgens. Gen.6:1-2. Dit is iets algemeen by satanisme.
Satan wou die toorn van die Here laat ontvlam oor die mens sodat die moederbelofte (Gen.3:15) waar God sê dat Satan vernietig gaan word, laat skipbreuk ly. Hy wou ‘n half-mens half duiwel daar stel sodat die Here vertroond kon raak en die mens uitdelg. Dit was ook so volgens Gen.6:5-7.
Hy wou verder die geslagsregister van die Here vertroebel het met ‘n duiwel mens sodat Christus nie gebore kon word nie, en sy kop vermorsel kon word nie.
Hierdie engele wat in Gen.6 gesondig het word “bewaar” Judas.1:6-7 en 11 Pet.4:2.
Hierdie engele het hulle eie woning verlaat, en is nie deur satan verlei nie soos die derde van die engele nie.
Die derde groep wat beskrywe word is demone wat tussen b.g. groepe engele geval het. Hulle word ook ontliggaamde geeste ge-noem, en soek liggaame om te beset. Matt.12:43-44
Engele het liggaame, want hulle is volledig met gees, siel en liggaam deur God geskape. Al het die engele geval het hulle nie ontlig-gaamde geeste geword nie, maar volledig in ‘n gevalle toestand bly voortbestaan. Die onderskeid kan duidelik in Hand. 23:8 gesien word.
“Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei” Hand.23:8
Hierdie mense voor Adam het dus verdrink omdat Gen.1:2 na die vloed verwys. Gen.1:2. Jer.4:26
Die mense van die pre-Adamiese skepping geleef het, het demone geword, wat begeer om hulle begeertes te bevredig, maar nie kan nie omdat hulle ontliggaamde geeste is. Hulle kan hulle begeertes bevre-dig as hulle dan in ‘n menslike liggaam intrek, en dit beset, en daar-om begeer die demone in die bestene van Gadara om in die varke in te vaar. Hulle het dus ‘n obsessie om in ‘n liggaam in te vaar omdat hulle vroeër liggaame gehad het.
Gevalle engele en demone is onder die beheer van Satan is. Hulle werk ook saam. Volgens Skrifte sentreer gevalle engele se bediening hoofsaaklik om ‘n stryd tussen God se engele en Satan se engele in die lug. Dan.10:13.
Hierdie owerhede en magte word deur God se engele teëgestaan. De-mone funksioneer op aarde omdat hulle attribute hoofsaaklik met die mens te doene het. Duiwelbesetenheid is dus demonies bestenheid. Die mens weerstaan die duiwel, wat ook die gevalle engele en demone van Satan insluit.
SATAN SE KARKTER:
1) Hy is ‘n dief: Matt.13:19 Hy steel die Woord van God van die harte van die hoorders: “As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is”.
2) Hy is subtiel: 11 Kor.11:3 “…maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne si miskien ook bedor-we kan raak.”
3) Hy is ‘n moordenaar: Joh.8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.”
4) Hy is ‘n leunaard: Joh.8:44 “Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaard is en die vader daarvan.”
5) Hy is ‘n verleier: Open.12:9 “hy wat die hele wêreld verlei”
HOE VAL HY ONS AAN: 11 Kor.2:11
1) Hy maak ons lui: ons word of abnormaal moeg en lui, of leeg, en kan slaaploosheid daarvoor blameer, of die weer, of druk. Ondersoek dan die aspekte:
Het u genoeg slaap gehad?
Is die weer warmer as voorheen?
Is my voedselinname genoegsaam?
Is ek besiger as wat ek veronderstel is om te wees?
As dit nie geval is nie, erken die simtome en weerstaan die duiwel in die Naam van die Here. Hy sal van jou af wegvlug. Jak.4:7-8
2) Slaaploosheid: As ons so wakker bly, is ons waarnemings ver-moeë baie swak en is ons aktiwiteite en weerstand baie swakker, en is die normale take van die dag ondermyn.
3) Druk van pligte: Dit maak ons moeg, oorweldigend en irriterend. As ons te besig, te aktief raak kan ons daardeur vir die duiwel vatplek gee.
4) Senuwees: Hy sal ons liggame aanval en veroorsaak dat ons ‘n senuwee ineenstorting moet kry. As ons dit sal toelaat is ons verswak en het die duiwel ‘n sterker houvas op ons.
5) Satan verblind soms ons sinne: 2 Kor.4:4 Satan verblind die gedagtes van die ongeredde. Hierdie het baie met die gedagte wêreld te doene.
6) Deur die dood: Hy kan die dood van mense bewerk nadat die Here aan hom goedkeuring gegee het sien Job.1.
7) Deur selfmoord gedagtes: Hy wou dat die Here selfmoord pleeg
deur van die tempel se dak af te spring Matt.4:6.
8) Deur buie: Dit is redelik algemeen by die mens, en moet hom nie
die voordeel daarvan gee nie. Vertrou die Here om u hart te reinig
om van hierdie buie ontslae te raak.
9) Geld gewoonte om te spandeer: Die duiwel neem dikwels ‘n goeie
ding en laat ons daarin oor spandeer.
10) Mode bewustheid: Baie volg net bloot die mode na, ongeag die
effek wat hulle op andere se gemoedere laat. Veral van die teen-
oorgestelde geslag.
11) Die verkeerde gebruik van die tong: As ek leeg is het ek nie om
te bespreek as bloot net praatjies en skinder.
12) Deur die wil van die Here te soek: Wanneer ons Sy wil, wil te
wete kom maak die duiwel ons haastig en maak ons gedagtes
traag en gee baie voorstelle, met onsekerheid. Die stem van die
Here is duielik en seker.
13) Dagdrome: Dit is seker een van die vrugbaarste velde van die
duiwel. Deur passiwiteit maak ons die deur wyd oop vir die
duiwel.
14) Gevoelens: Bv. as voel dat iemand my tena gekom het gaan
spreek die situasie aan.
15) Kritiek: Ons moet gereed wees om dit te ontvang, ons kan mak-
lik verkeerd verstaan word of geintripiteer word.
16) Ontmoediging: een van die grootste velde waarin die duiwel my
kan kanseleer.
17) Hoë ouderdom: U dien die Here al jare en die duiwel probeer
met die gedate kom dat u nou moeg is en dit nie meer nodig is
om Hom na te volg nie.
18) Predikers:
a) Kan atmosfeer steur aan einde van ‘n diens.
b) Versoek van geestelike hoogmoed.
c) Groot resultate: ek word verheerlik.
19) Sendelinge wat in uiterste spanning en armmoede verkeer,
spanning en konflik, ontmoedigings, ens.
A) WAT HET DIE HERE JESUS KOM DOEN:
DIE HERE JESUS HET SY MAG KOM VERBREEK.
1 Joh.3:8 “Vir hierdie doel het die Seun van die mens gekom om die
werke van die duiwel te verbreek”.
Hierdie woord beteken letterlik om die werke van die duiwel te kom “ontgom”.
Dit het die gedagte om die gom wat letterlik tussen twee voorwerpe is uit te neem, sodat dit nie meer aan mekaar kan kleef nie.
Dit wat ons aan die duiwel verbind het is nou deur die Here verbreek sodat hy geen vatplek meer aan ons het nie.
HOE HET DIE HERE JESUS DIT KOM DOEN?
a) Jesus was vrywilliglik vir my die Offer. Hebr.10:5-10.
b) Hy het in my plek gesterf. Hebr.7:24-28.
c) Hy was sonder sonde. (vlekkeloos) Hebr.9:14.
d) Hy het vir ons met Sy eie Bloed betaal. Hebr.9:12.
e) Hy het dit vir ons aanneemlik gemaak. Hebr.13:20-21.
f) Hy het ‘n finale prys betaal. Hebr.7:27.
g) Hy het my kom bevry. Halleluja.
B) DIE HERE JESUS HET SY WERKE KOM VERBREEK.
Hebr.2:15. “ …en almal kan bevry, wat hulle hele lewe lank uit
vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”
Dit is ook die Griekse woord om te verkrummel maar met hierdie betekenis:
As ek ‘n ring neem, en die ring stel outoriteit binne hierdie perke voor, dan neem die Here die ring weg, sodat daar absoluut niks meer oorbly nie.
Dit beteken ook om van posisie te verander en die mag te verbreek.
Hier het Jesus die doodsmag van die duiwel kom wegneem, sodat Hy ons kan bevry.
Openb.1:18 “En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood”.
In elke opsig het die Here die duiwel van sy werke kom ontneem.
HOE HET DIE HERE JESUS DIT GEDOEN?:
a) Satan bou verdeeldheid. Jesus sê: “VREDE LAAT EK JULLE NA”. Jesus is vrede en gee vrede.
b) Satan bou d.m.v. sonde. JESUS HET DIE SONDE VAN DIE
WêRELD WEGGENEEM.
c) Satan bou op leuens. JESUS Sê : “EK IS DIE WEG EN DIE WAARHEID ”
d) Satan bring duisternis. JESUS Sê: “EK
IS DIE LIG VAN HIERDIE WêERELD”
e) Satan bou haat. JESUS VERKRUMMEL DIT DEUR TE
Sê: “EK IS DIE LIEFDE”
f) Satan bou bedrog in hart.
JESUS ONTBLOOT DIE HART.
g) Satan bou deur beskuldigings. JESUS Sê:
EK VEGEEF JOU EN DELG ALLE
OORTREDINGE UIT So het die Here Jesus elke aspek van die duiwel se werk kom verbreek.
C) DIE HERE JESUS HET DIE OUTORITET
VAN DIE DUIWEL KOM VERBREEK:
HOE HET HY DIT GEDOEN?
Kol.2:15. “Nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer”
Hierdie woord uitgeklee is die enigste plek in die N.T. war hy voorkom en beteken letterlik om te “strip”
Dit beteken om iemand letterlik naak uit te trek en tot in die murg van hierdie persoon hom te openbaar en dan oor hom te triomfeer.
Illustrasie van die Amerikaanse Hoof van die leer wat die Hoof van die Japanse leer in sy kantoor ingeroep het en letterlik van elke medalje wat hy gehad het afgepluk het en hom so uit sy kantoor uit te stuur.
Hy is ons Verlosser sodat niemand kan sê dat hy nie verlos kan word nie.
HOE HET DIE HERE JESUS DIT KOM DOEN?;
a) Die duiwel is die prokureer of aankaer van die broeders by die Vader,
JESUS IS DIE ADVOKAAT 1 JOH.2:1
b) Satan was die gasalfde gerub JESUS IS DIE GESALFDE VAN DIE VADER
c) Die duiwel was die engel van die lig JESUS IS DIE LIG VAN DIE WêERELD
d) Die duiwel was eens die mórester JEUS IS DIE BLINKEND MORESTER.
e) Die duiwel was eens die dienskneg van die Vader
JESUS NOU DIE ENIG GEBORE SEUN VAN GOD.
f) Die duiwel was die prins van hierdie wêreld JESUS NOU DIE KONING VAN KONINGS EN HEER VAN DIE HEER.
g) Satan was bekend as die brullende leeu JESUS IS DIE LEEU VAN JUDA.
h) Satan het die sleutels van die doderyk gehad JESUS HET NOU DIE SLEUTELS VAN DIE DODERYK EN VAN DIE DOOD.
Vriende, nou dat Jesus opgevaar het kom ons kyk wat ons situasie as Christene behoort te wees.
2) WAT STAAN ONS NOU TE DOEN:
Ten opsigte van die Versoeningwerk van Christus:
A) HY LEEF NOU IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE HERE:
a) Sy plek: In die hemel Hebr.9:24 & Hand.7:55.
b) Vir Sy eie Hebr.9:22.
c) Op grond van Sy pleidooi. Deur Sy eie bloed. Hebr.9:12.
d) As deel van die pleidooi:
1) Vir genade vir die Christen 11 Kor.12:9
2) Vir sterk te wees teen swakhede. Joh.17:11.
3) Om van sonde en versoekings te bewaar. Joh.17:15.
4) Dat ons vergewe mag word. 1 Joh.1:9.
5) Vir krag tot getuie. Hand.1:8.
6) Om Na die beeld van Chritus verander te word. Rom.8:29.
e) Versoening was finaal. Joh.19:30
B) NOUDAT CHRISTUS WEG IS MOET ONS DIE SOORT LIG, WAARHEID, EN LEWE WEES.
Weet waarom dit is dat sonde toeneem?
Omdat ons as Christene sonde verskoon.
Mense wat beweer dat hulle maar net nat Christene is Oom Frikkie P.M.B. Ons is nie bereid om heilig te lewe nie.
Weet u daar is soveel sondes binne die Chriten huwelike bv. Iemand wat ek in die geheim begeer bv. ‘n ander man se vrou, wat nou lief-deloosheid en haat in die huwelik bring, of ‘n diepe verwyt waarmee ek selfs in die huwelik mee kan sit wat ek nie die ander party kan of wil vergewe nie, bring haat.
Ons moet ag gee op die Here Jesus se woorde dat ons heiligmaking tot in die praktyk sal uitwerk.
Ons moet dinge wat tussen ons en andere staan regmaak, ons moet heilige lewe, en alhoemeer verander word na die heiligeheid van die Here.
Dit is die plan van die Here om ons uit sonde uit te haal.
Hand.26:18. “… om hulle oë te open, dat hulle hul van die duis-ternis tot die wonderbare lig kan bekeer, en van die mag van die satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die heiliges kan ontvang”.
C) HY MY BEMIDDELAAR EN ONDERSTEUNER:
a) In tye van intieme toetse.
b) Jesus staan by u om u te steun.
c) Is ons persoonlike verteenwoordiger by die Vader.
d) Soos ons bid plaas ons die saak in Sy hande.
e) Christus was versoek maar sonder sonde. Hy het die sonde oorwin en bid vir ons vir hierdie krag en lewe.
f) Hy leef om vir ons te onderskraag teen die duiwel se aantuigings en beskuldigings.
g) ‘n Afgestorwene kan nie vir ons bemiddelaar wees nie.
DIE DUIWEL SE WAPENRUSTING:
DIE STERK EN DIE STERKER EEN:
LUK.11:16-22
INLEIDING:
Die Here Jesus het nou net voor hierdie gedeelte die dissipels geleer hoe om te bid, en dit d.m.v. ‘n praktiese illustrasie aan hulle verdui-delik wat dit beteken om te bid.
Soos dit altyd gebeur is daar na die heerlike oorwinnings die felle aanslae van die duiwel wat dit wat die Here in harte kom bewerk-stellig het wil kom beroof.
Die Here Jesus dryf die duiwel uit die stom man, waarna die man toe gepraat het, terwyl die skare hulle verwonder het.
Hoewel hierdie Farriseërs die wonder van die duiwels wat uitgedryf is gesien het, kom daar een van hulle en vra ‘n teken vanuit die hemel van die Here Jesus. Vs.16).
Dit is een van die eerste wapens van die duiwel. Die mens sal die Goddelike karakter van die Here Jesus ignoreer terwyl daar genoeg-same bewyse voor hulle oë is van veranderde lewens en harte. Hulle is soos uile wat in die donkerte sit en uitroep waar is die son!
Elke bose wat oorwin is, is ‘n bewys van die heiligheid van die Here. Die bose kan nie deur die bose oorwin word nie wat die beginsel van oorwinning na die Here toe ly. “daar is niemand wat goed is nie, net die Here”.
As sonde oorwin is en gehaat word deur die lief-de van Christus, kan dit nie uit ‘n mens wees nie. Dit is die finger van God. Ons het in hierdie verse twee hoof beginsels of magte wat teenoor mekaar staan wat twee koninkryke verteenwoordig. Aan een van die twee behoort alle mense, en vrede en veiligheid kan alleen in die Here Jesus te vinde wees. Hierdie twee magte staan in die uiterste agressie teen-oor mekaar.
In hierdie gedeelte sien ons die vyande omskrywe, die geveg wat geveg word en die oorwinning wat verkry word, die lot wat verdeel word. Kom ons kyk dan na:
1) DIE GROOT VYAND: SATAN:
Die hoof (owerste) van die duiwels Vs.15 met sy hoofdoel om te vernietig en te verlei. Sy dodelike wond het hy in die tuin van Eden verkry deur Eva te mislei, en gaan steeds tot vandag aan met dieselfde strategie. (Gen.3:1).
A) SY KARATER:
Vs.21 ” ‘n Sterk man”. Die sterkte van die duiwel is in sy slu en misleiding. In die tuin het ons ‘n openbaring van die wysheid van die duiwel. Hy is sterk omdat hy presies weet waar die mens se swakste punt is. Hy vind ingang deur die poort van die mens se siel as ‘n pleitende vriend, wan-neer hy soos ‘n engel van die lig na u toe kom. Hoe min kan hom reeds op hierdie vlak onderskei. Hy gebruik dik-wels die meerderheid van getalle in hierdie aanslag.
Hy is sterk om deur die regverdige se gemoedstoestand tot die jeug te kom, en om die Goddelike verlange van die ouers te ontmoedig.
Sy influisteringe is altyd te laat , te laat, of dat u te ‘n groot sonde be-gaan het. Hoewel hy sterk is is hy maar ‘n sterk man. Hy het beperkte sterkte, en is nie almagtig nie. Hoewel sy aanloklikhede onbeperk is, en sy pyle vurig.
2) SY VOORWAARDE: “GEWAPEND” VS.21.
Hy is die wapenrusteing van die duisternis. Hy het die duisternis liewer as die lig. Matt.13:25 “maar terwyl die mens slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.”
Hy is die prins van duisternis en die wat in duisternis wandel is onder sy mag. (Efe.2:2)
Sy wapenrusting is presies te teenoorgestelde as die van die Here Jesus Christus.
1) Sy gordel is die gordel van valsheid: Hy is ‘n leuenaar van die
begin af en so ook sy kinders wat uit sy boesem leuens spreek..
2) Sy borsplaat is die van goddeloosheid: omdat boosheid in sy hart
is.
3) Sy voete is gewillig om die paaie van vernietiging te bewandel.
4) Sy skild is die skild van twyfel.
5) Op sy hoof is die helm van vernietiging.
6) Sy swaard is die verbeeldinge van die bose hart, en daarmee wil
hy die woord van die waarheid sodat duisternis en dood mag heers. Efe.6:11-18
3) SY BEROEP: “Hy bewaak sy huis” Vs.21
Sy plek is die vesting van ‘n hart wat in duisternis lewe waar elke venster geglinster word met perverse glans, sodat dinge nooit gesien kan word soos wat hulle werklik is nie. Hier is elke bewonderaar ‘n gevangene van duisternis en ongeregtigheid. Hy kan roem in dit wat hy van die wêreld weet van lig, waarheid en vryheid van buite, maar hy weet niks van dit wat hy behoort te weet nie. As hy die waarheid geken het sou hy nie daarin nie verder geleef het nie.
Dit weet die wrede vyand, daarom weerhou hy die waarheid van verlossing vir die gavangene, en bied hom ‘n tydelike en ‘n leë vrede aan. Dan sê hy dat hy vrede gee terwyl daar geen vrede is nie.
Hoe benouder die siel word om te ontvlug, hoe meer word hy in gevange gehou. As vae beloftes nie werk nie, sal hy die strykyster van vernietiging op u lewe toepas.
Let op ‘n paar wyses waarop hy sy woning sal bly beset: “Ek kan my Bybel by die huis lees” “Jy sal my niks nuts vertel nie” “Ek gaan gereeld kerk toe” “Ek doen tog my beste” “Jy wil te veel van Christenskap weet”
4) SY BESITTNGS: VS.21 “GOED”
Hy wat die hart van die siel beset beset ook die kragte en die fakulteiet van die hele wese. Hierdie kragte en fakulteite is waarde-volle “goedere”. Hierdie goed is alles wat onder die duiwel se besit is
Kom ons kyk na die karakter van al hierdie individueule artikels.
1) Rede: Die heerser
2) Begrip: Die ontvanger
3) Geheue: Die opnemer
4) Die gewete: Die ontvanger
5) Die wil: Die besluitnemer
6) Die emosies : Die verspreider.
Al hierdie is gevangenisse van die duiwel, onder sy mag, wat hy vir sy pyle gebruik, om duiwelse doele te bereik. Let op dit is sy goed, nie eens u eie vrye wil nie, vreemde vryheid wat hy bied.
11) DIE GROOT VERLOSSER: CHRISTUS JESUS
1) SY KARAKTER: Vs.22 “Sterker as hy”
Nie net ‘n sterker man nie maar Een wat almagtig is. Die sterkte van die berge is Syne. “Ek sal vir julle ‘n Verlosser stuur en ‘n sterk Een ook”.
Hoe magtig is die son nie om die duister te oorwin nie. Ons Verlos-ser is so sterk om te oorwin en ons te dra. Sy arm is sterk, dit hou die hele skepping in Sy mag en lei elke detail wat onder Sy wil onderworpe is. Sy Woord is kragtig en niemand kan dit betwyfel nie, of verhinder om te werk nie. Sy woord is kragtig, en Sy fondasie staan sterk.
Nie tyd of ewigheid kan die kragte van die Here beperk nie, want daar kan nie een steen verskuif word sonder die toelating van die Here nie. Die wat kom om te soek en te vind sal niks vir die Here onmoontlik wees nie.
Daar is geen vyand te sterk vir Sy krag nie, en geen moeilikheid te monsteragtig vir die Here se sterkte nie. “Die Here sal vir jou srty en jy moet stil wees “ (jou vrede bewaar) Ex.14.
2) SY SLAAGS RAAK: “AS EEN HOM OORVAL” VS.22
Die prins van Lig en die prins van duisternis sal mekaar volgens Gen.3:15 moet ontmoet. Dawid moet na Goliat uitgaan en op hom afkom en hom oorwin t.w.v. Sy volk, want Hy veg nie vir Homself nie maar vir Sy volk, hoewel Sy eie volk Hom verag en verwerp het. Hy het die koning se guns gehad en deur die vyand te oorwin het Hy vir Hom ‘n bruid bymekaar gemaak. (1 Sam.17:25)
Wat ‘n wonderlike prentjie is dit nie van ons Verlosser wat van die Vader kom, soos Dawid om die groot vyand te oorwin en ‘n kerk vir Hom as bruid te versamel. Hy het op die terrein van die duiwel ge-kom in die wildernis, om Sy vyande die Fariseërs het die duiwel beste op die kruis, toe die uur van oorwinning aan die kruis behaal was.
3) SY OORWINNING: “As Hy hom oorwin, neem Hy sy volle wapenrusting weg” Vs.22
Goliat is met sy eie swaard verslaan. Deur die dood het die Here Jesus die een wat die dood in sy mag gehad het oorwin.
Sy helm was gebreek en sy kop was vermorsel, en sy hele wapenrus-ting van duisternis was vernietig, en die ware Lig skyn nou.
Ons het geen noodsaaklikheid om onder sy mag meer te funksioneer nie, want Hy het gekom om gevangenisse vry te maak. Snaaks dat die mens die duisternis liewer het as die lig, en die gevangenskap van die duiwel eerder as die vryheid in die Here Jesus. “I love my Master and I will no go out free” Ek word nou ‘n liefdes slaaf vir ewig, omdat die Here Jesus die waardige besitter van my siel is. U het van die hemel neergedaal, en die gevangenisse vryheid gegee. Ps.68:18
Tien duisende maal duisende wat verlos is deur die bloed van die Lam roep uit “U is waardig om die boek te neem” Openb.5:11-12.
4) SY GENADE:
Hy het die vrug van Sy oorwinning verdeel as die vrug van Sy oor-log. Hy besit vergifnis, vrede, krag, en die paradys. Almal wat glo en leef in Sy Verlosser sal in Sy oorwinning deel. Die mens was beroof deur die duiwel, maar die Here Jesus het gekom om hom te oorwin.
Hy sal ons in volkome vrede bewaar wie se harte onverdeeld op Hom gerig is. Wil u in die oorwinning van die Here leef of in die neerlaag van die duiwel. As die Here Jesus jou vry maak sal jy waarlik vry wees. Joh.8:36. Deur die soendood van Chritus is baie ryk gemaak.