1 PETRUS: DIE VERVOLGDE KERK:

CHRISTUS ONS HOOP EN VOORBEELD:

1) DIE LEWENDE HOOP: EN WAT DAARMEE SAAMGAAN

1:3-2;10

A)    Die Lewende Hoop: 1:3:12 En ons reaksie daarop: 13-21.

B)     Die Lewende Woord 22-5 En ons reaksie daarop: 2:1-3.

C)    Die Lewende Steen:2:4 En ons verhouding tot Hom: 2:5-10.

2) DIE PELGRIM LEWE – EN HOE OM DIT TE LEWE:

2:11-4:11

A) As burgers:  2:12-17  – dienknegte 18-25 getroudes: 3:1-7

B) Teenoor die buitestaanders, en om lyding te verdra: 3:8-4:6

C) Teenoor ander Christene, en daaglikste pligte: 4:7-11.

DIE VUURGLOED VAN VERVOLGING:

EN HOE OM DIT TE DEURSTAAN: 4:12:5-11

A) Verbly julleen wy aan die Here toe: Die koms van die Here is

naby: 4;12-19.

B) Ouderlinge moet voorbeelde wees in die lig van Sy wederkoms

5:1-4.

C) Almal moet neerig wees en ywerig – Daar is ‘n heerlikheid wat wag 5:5-11.

UITLEG VAN 1 PET;

DIE VRYHEID VAN DIE CHRISTEN:

REDDING: 1:3-2:10

1)      DIE LEERSTELLING VERDUIDELIK: 1:3-12

i) Redding die hoop van die toekoms:                3-5

ii) Redding die vreugde van die teenswoordige:  6-9

iii) Redding die tema van die verlede:                 10-12.

2) DIE PLGTE VERWAG: 1:13-25

i) Die persoonlike pligte:                                                13-21

ii) Die verwantskaplike pligte:                            22-25

3)      DIE ONTWERP VERTOON: 2:1-10

i) Die individeule ontwerp:                                             1-3

     Groei binne die liggaam:

ii) Die gesamentlike ontwerp:                             4-10

     Die oprigting van die gebou

DEEL 11:

DIE GEDRAG VAN DIE CHRISTEN ONDERDAANSKAP:

2:11-3:12.

Persoonlik:

1)      Onderdaanskap in burgerlike verhoudinge:2:13-17

i) Teeoor plig:                                                               13-14

ii) Rondom motiewe:                                                     15-17

2) Onderdaanskap in soiale verhoudinge:                2:18-25

i) Vroue:                                                                       1-6

ii) Manne:                                                                     7

DEEL:3

DIE DISSIPLINE VAN CHRISTELIKE LYDING:

3:13-5:11

1) DISSIPLINE IN DIE WêRELD:                         3:13-4:6

i) Die gesindheid:                                                          3:13-17.

ii) Die voorbeelde:                                                        3:18-22.

iii) Die onderwerp:                                                        4:1-6

2) DISSIPLINE BINNE DIE KERK:                      4:7-5:7.

i) Christen gemeenskap:                                                4:7-11

ii) Christen se sterkte:                                                    4:12-19

iii) Christen se vertroue:                                     5:1-7

3) DISSIPLINE IN DIE HEMELE:             5:8-11

i) Die vyand:                                                                 8

ii) Die konflik:                                                               9

Die oorwinning:                                                 10-11

1 PET.3:8-18

Petrus handel meer oor morele pligte as Paulus. Hy is baie meer prakties as die Pualinise briewe maar nie verwarrend nie.

Hy was inpulsief maar toegewyd, ‘n moeilike temprament gehad, maar opreg.

Hy het ‘n aanvanklike roeping gehad waarin sy naam verander was na Petrus wat rots beteken. Hy het later ‘n verdere roeping gehad in Luk.5:1-11.met die wonderlike visvangs, en toe hy een van die 12 Apostels geword. Luk.6:13-16. Hy word altyd eerste genoem.

Hy was die eerste van die Apostels om die Here Jesus as die Seun van God te bely. Matt.16:16, asook die eerste om die Here Jesus te verloën. Matt.26:69-75.

Hy het gevlug toe die Here Jesus gekruisig was maar was van die eerstes om Hom by die graf te besoek. Die Here Jesus het ‘n spesifie-ke boodskap aan Petrus gestuur en die Here Jesus het spesiaal aan hom verskyn.

Na die opstanding het Petrus die leiding geneem in die tien dae by die bo-vetrek.

Die brief was geskrywe aan Christene wat beskuldig was as kwaad-doeners, en wat vurige vervolging deurgegaan het, en was sy doel om die Christene te bemoedig, en hoop vir hulle te bring, en hulle aan te moedig om gehoorsaam te wees, met geduld.

Hy wys op die doel van die Here Jesus se redding vir ons: 1:3-2:10.

Dan die Christen se optrede teenoor verskillende aspekte van die samelewing: 2:11-3:2. en dat dissipline van die Christene deur loute-ring plaasvind, 3:13-5:11 en dat die Here Jesus as die magtige Ver-losser en oorwinnende leier oor alles getriomfeer het.

In die briewe van Paulus kry ons Christen teologie, in Jakobus is dit praktiese Christenskap, in Petrus is dit Christen vervolging, en Johannes die Christen se ondervinding.

In die Boek Petrus is in verhouding meer aanhalings uit die O.T. as enige ander N.T. boek.

INLEIDING:

Hierdie brief is die derde in die nege Evangeliese briewe wat die laaste groepering is in die N.T.. Dit was duidelik dat hierdie twee  briewe aan die einde van sy lewe geskrywe was.

Hierdie brief was geskrywe aan die vreemdelinge van die verstrooi-ing. Die gedagte van verstrooing bestaan reeds vanuit die O.T. toe die Jode met die Babiloniesskap verstrooi was oor die hele klein Asia. Dit is duidelik dat hierdie brief hoofsaaklik aan Hebreeuse Christene geskywe is. Dit wil voorkom dat Petrus nie baie kontak gemaak het met die Christene nie, hulle nie persoonlik ontmoet het nie.

Die doel van die brief is om hulle te bemoedig en te versterk, tydens hulle tydperk van instense vervolging, en is gepas vir ons tyd omdat die einde naby is en die Christene in soortgelyke vervolging verval, hoewel net baie meer subtiel.

Kom ons kyk na die brief net soos dit voor ons staan. Tot en met  hfst 4:11 waar Petrus verklaar dat: “sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid en krag toe-kom tot in alle ewigheid Amen.”  Vind hier ’n onderbreking plaas waarin Petrus verwys na beproewinge wat reeds plaasvind, maar na die Amen verwys hy na vuurgloed van beproewinge wat nog moet kom.

1 Pet.4:12 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van ver-volging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie.” Daar is so ‘n intense deernis in sy hart vir hier-die Chrstene dat hy ook in hfst.2:11 hierdie uitdrukking geliefdes gebruik. Ook hier het hy met ‘n nuwe begrip begin.

HOOFSTUK: 1

Genade is die beskerming wat die Here vir Sy kind gee en vrede die karakter van ons lewenswandel.

Petrus begin dadelik na sy inleiding om te verwys na die lewende hoop in Jesus Christus, na die opstanding van Jesus Christus.vs.3-4 om aan ons ‘n erfenis na te laat. Hierdie hoop word herhaaldelik bevestig in vs.5, 7,8, 11,13 en 21. Dit is duidelik dat al die verse tot en met vs.12 verklaar hierdie hoop en vs.13-21 wys op die regte reaksie op hierdie hoop om dit ons deel te maak.

Vs.13 Kom die woorde: “Daarom omgord die lendene van julle ver-stand” ens.

In vs.23 maak Petrus melding van die “lewende Woord” deurdat jul-le julleself gereinig het deur die Heilige Gees, moet ons mekaar lief-hê met ‘n rein hart. Ons is nie deur verganklike dinge gered nie, maar deur onverganklikheid wat vir ewig bly staan.

Dan begin hfts.2:1 in die Engels met die woorde: Daarom wys ons op die ware reaksie op die Lewende Woord. Vs.1-3.

Die volgende afdeling hfst.2:4-10 verwys alles na die Lewende Steen

Wat deur die mens verwerp word, maar wat deur God uitverkies is en wat kosbaar is Vs.4. In vs.5-10 wys ons op ons verhouding tot die Steen. “laat julle ook soos lewende stene opbou.” Wat tot ‘n geeste-like huis opgebou word, wat ‘n heilige priesterdom besit wat heilige offers aan die Here bring.

In hierdie eerste gedeelte verwys Petrus na drie lewende realiteite.

Lewende Hoop:            1:3

Lewende Woord:         1:23

Lewende Stene:            2:4

Dit is nie net toevallig genoem nie, want die hele deel handel rond-om hierdie aspekte.

In hfst.1:3-21 handel alles oor die lewende hoop en ons reaksie op dit.

In hfst. 1:22-2:3 handel alles oor die lewende Woord en ons reaksie op dit.

In hfst.2:4-10 handel aales oor die Lewende Steen en ons reaksie op dit.

DIE LEWENDE HOOP:

Die hooffokus in die eerste deel is die lewende hoop, wat ons sin is in Christus, en is dit wat in die openings verse beklemtoon word. “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.”

Vs.3

Die Lewende Hoop en Lewende Steen is die pleidooi en hoop wat dit onverganklik en onverweklik maak.

DIE PELGRIM SE LEWE:

In hfst.2:11 maak Petrus melding van geliefdes: en sien dat hy nou ‘n nuwe aspek gaan hanteer, daar was tot hier ‘n verduideliking nou kom die verheerliking.

Petrus vertel ons van die Pelgrim lewe en hoe om dit te lewe. Ons kan dit maklik onderskei as ons dit stadig gaan deurlees vanaf vs.11. “Ek vermaan julle as bywonders en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel.”

Hy wys ons hoe ons hierdie Pelgrim lewe as burgers moet deurleef: 2:12-17 as diensknegte: 2:18-25 as getroude mense: 3:1-7. Dan teen-oor buitestanders: waar ons die lyding moet deurstaan 3:8-4:6 en dan teenoor ander Christene wat ‘n ooreenstemende doel besit 4:7-11.

Hy sluit hierdie begrip met die afsluiting in 4:11 af. “sodat God in alles verheerlik kan word deur Christus aan wie die heerikheid en krag toekom tot in alle ewigheid.”.

Ons moet dit onthou dat ons maar pelgrims en bywonders op hierdie aarde is en dat ons nie hier kan bekostig om wortel te skiet nie.

Ons hoofdoel op aarde is om die Here Jesus te verheerlik in alles.

VUURGLOED VAN VERVOLGING:

In hfst.4:12 begin Petrus weer met die begrip Geliefdes: Hy begin hier sy fokus op die kinders van die Here te setel om vir hulle sekere dinge te wil sê: en begin te dink aan die groot verdrukking wat aan die einde van alle tye op die aarde gaan uitwoed. Hy sluit by Paulus en Johannes aan deur te bevestig dat aan die einde die kinders van die Here deur geweldige verdrukking sal gaan.

UITEENSETTING VAN DIE EERSTE BRIEF VAN PETRUS:

CHRISTUS ONS HOOP EN

VOORBEELD IN BRPROEWINGE:

AAN WIE GERIG: 1:1-2

DIE LEWENDE HOOP EN WAT DAARMEE SAAMGAAN  (1:3 –2:10)

Die lewende hoop: (1:3-12) en ons reaksie daarop (13-21)

Die lewnde Woord: (22-25) en ons reaksie daarop (2:1-3)

Die lwende Steen; (2:4) en ons verwantskap tot dit (2:5-10)

DIE PELGRIM SE LEWE- EN HOE OM DIT TE LEWE:

(2:11-4:11)

As burgers: (2:12-17) diensknegte (18-25) getroued: (3:1-7)

Betreffende buitestaanders en om vervolging te verdra: (3:8-4:10)

Betreffende ander gelowiges, en wedersydse diens: (4:7-11)

DIE VUURGLOED VAN BEPROEWING: EN HOE OM DIT TE VERDRA:  (4:12-5:11)

“Verbly julle en “gee aan die Here oor” die koms van die ere is naby: (4:12-19)

Ouderlinge moet voorbeelde wees in die lig van Sy wederkoms: (5:1-4)

Al die ander moet nederig en ywerig wees – daar is ‘n toekomstige heerlikheid: (5:5-11)

GROETE: 5:12-14

UITEENSETTING VAN DIE EERSTE BRIEF VAN PETRUS:

CHRISTUS ONS HOOP EN

VOORBEELD IN BRPROEWINGE:

AAN WIE GERIG: 1:1-2

DIE LEWENDE HOOP EN WAT DAARMEE SAAMGAAN  (1:3 –2:10)

Die lewende hoop: (1:3-12) en ons reaksie daarop (13-21)

Die lewnde Woord: (22-25) en ons reaksie daarop (2:1-3)

Die lwende Steen; (2:4) en ons verwantskap tot dit (2:5-10)

DIE PELGRIM SE LEWE- EN HOE OM DIT TE LEWE:

(2:11-4:11)

As burgers: (2:12-17) diensknegte (18-25) getroued: (3:1-7)

Betreffende buitestaanders en om vervolging te verdra: (3:8-4:10)

Betreffende ander gelowiges, en wedersydse diens: (4:7-11)

DIE VUURGLOED VAN BEPROEWING:

    EN HOE OM DIT TE VERDRA:  (4:12-5:11)

“Verbly julle en “gee aan die Here oor” die koms van die ere is naby: (4:12-19)

Ouderlinge moet voorbeelde wees in die lig van Sy wederkoms: (5:1-4)

Al die ander moet nederig en ywerig wees – daar is ‘n toekomstige heerlikheid: (5:5-11)

GROETE: 5:12-14

 **********************

UITEENSETTING VAN 1 PET.1:1-2:10

INLEIDING:

Hierdie brief word aan vervolgde Christene geskrywe wat nodig het om te weet wat die Here van hulle dink terwyl die wêreld hulle verag en verlaat het.

Uit vs.2 is dit duidelik dat hulle uitverkore is in drie aspekte:

1)      in die heiligmaking

2)      tot gehoorsaamheid

3)      met die bloed van Christus.

Uit hierdie gedeelte kom daar drie ding na vore wat vir die Christen kosbaar is:

1)      LEWENDE HOOP: VS.3

2)      LEWENDE WOORD: 23

3)      LEWENDE STEEN: 2:4

1) KOM ONS KYK EERSTENS NA DIE LEWENDE HOOP:

Enige persoon wat sy hoop verloor het noem ons ‘n hopelose persoon. Om te bly voortbestaan is sekere die sterkste drang in die mens hy moet hoop hê vir die toekoms.

A) HOOP WAT REIN IS:

Dit is eerstens: gesetel in wedergeboorte: Wat lewend is Efe.2:2 verklaar Paulus dat ons lewend gemaak is deur die wedergeboorte.

Dit word in barmhartigheid gegee: Dit is ‘n genade werking van die Here, deur die opstanding van die Here Jesus Christus. In 1 Kor.15 verklaar Paulus dat as ons nie ‘n opstanding gehad het nie, ons geen hoop gehad het nie.

HIERDIE HOOP IS VERDER REIN:

Dit is onverganklik, onbesmet, en onverwelklik. Dit is aantreklik, en word vir ons in die hemel bewaar, maar word in die laaste tyd geopenbaar.

B) HOOP WAT NOU BEPROEF WORD:

Hoewel die Here vir ons so ‘n groot geskenk gegee het is dit nodig dat dit beproef moet word.  Die beproewing moet ons nie depresief laat nie, maar die blydskap van die Here in on lewnes laat openbaar.

Die beproewing volgens Jakobus is ook ‘n verskeidenheid en word deur die Here gestuur om hierdie hoop wat so rein is in ons te open-baar. sal. Vs. 3 Maak melding daarvaan dat die smelter die vuur sal aandraai sodat ons deur vuur geluoter of gesuiwer word.

Hierdie beproefdheid sê Petrus is kosbaarder as goud, omdat daar dankbaarheid en heerlikheid daaruit sal voortkom. Hierdie hoop is op die onsigbaar n sal aan ons die sekerheid van ons siele verseker as ons getrou sal bly.

C) HIERDIE SALIGHEID HET ‘N WEDERKOMS VERWAGTING IS DIT:

Dit is reeds vanuit die O.T. aan ons bevestig deur profete wat daar-oor geprofeteer het dat Hy sou kom.

Dit was so akuraat dat Gal.4:4 sê dat Hy in die volheid van die tyd gekom het, vir sy lyde en Sy heerlikheid.

Hulle het die dinge bedien het wat so kosbaar is dat self die engele begerig was om daarin te kon insien.

2)      AANGAANDE DIE LEWENDE WOORD:

ONS VERANTWOORDELIKHEID:

Terwyl ons hierdie dinge nou besef en ingesien het is daar sekere verantwoordelikhede wat ons moet nakom:

A) ONS MOET ONS STAAL:

Ons moet ons aantrek met die wapenrusting wat ons gegee is om hierdie kosbare skat in ons harte te bewaar, deur nugter te wees. In die konteks van die boek Petrus wanneer hy na kennis vewys, ge-bruik hy die woord wat na konkrete stellinge of bewyse gesetel is.

Ons moet ons verder staal omdat daar ‘n toekomstige openbaring van Jesus Christus is, waar ons gaan verskyn

Ons rig die verder in volgende die kosbaarheid van hierdie Woord wat ons so ‘n geweldige hoop gegee het. Dit is verder volgens vs.2 in die heiligmaking wat nou hier beskrywe word.

Hy gaan ons oordeel, en is geen aannemer van die persoon nie. Daarom dat ons versigtig moet wandel.

B) ONS IS LOSGEKOOP:

Ons is nie deur aardse kwaliteite losgekoop nie, maar deur konink-like bloed. Hy wat uit die dode opgewek is, het ons uit die dode opgewek, deur Sy kosbare bloed.

Dan moet ons ons siele tot ongeveinste liefde bewaar, teenoor ons broeders, en daarom mekaar vurig liefhê, uit ‘n rein hart.

Alle vlees is soos gras maar die heerlikheid van die mens soos die blom. Die gras verdor en sy blom val af, maar die Woord van die Here bly vir ewig.

D)    DIE EFFEK VAN DIE WOORD:

Lê dan af, alle bedrog, en geveinsdheid en afguns en kwaad pratery, en verlang sterk soos pas gebore babas na die onvervalsde melk, van die Woord sodat ons daardeur kan opgroei, terwyl ons ondervind het dat die Here goederteren is.

DIE LEWENDE STEEN:

 HET MET MEKAAR TE DOENE:

Die hele gedagte van ‘n geestelike tempel is iets unieks wat deur die wêreld nie verstaan word nie, meer as dat dit ‘n hoeksteen het wat deur die mens verwerp word, maar by die Here kosbaar is.

A) DIE STEEN IS OPBOUEND:

Petrus wys ons daarop dat ons gebou en ontwikkel kan word as lewende stene as ‘n huis. Ons vorm deel van die liggaam, en het ‘n priesterdom. ‘n Tempel of geestelike huis word eenkant gesit nie om komersiële dade te verrig nie, maar oms lewend te word in die Here Jesus. Dit is daar om voortdurend offers te bring wat voor die Here welgevallig is.

B) DIE STEEN IS VERDER KOSBAAR:

Hierdie steen is kosbaar omdat Hy vir altyd onveranderlik bly. Dit het te doene met uitverkore mense, wat ‘n koninklike status het in ons verhouding tot die Here. Ons word verder as ‘n heilig volk be-skou, en wat ons uitgehaal het uit die duisternis tot die wonderbare lig.

Ons wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van die Here is. En aan wie barmhartigheid bewys is.  

**************************

11 PET.1:16-21

INLEIDING:

Daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat hierdie brief voor die verniet-iging van Jerusalem geskrywe was. Daar word ook sterk melding gemaak van die dwalinge en misleiding wat die oordeel van die Here sal stuur.

Beide hierdie briewe is kort en kragtig, en stem in baie opsigte ooreen met mekaar. Daar is selfs baie ooreenkomste tussen hierdie brief en Judas en het gemeenskaplike ooreenkomste in hulle aanslag.

Judas lê meer klem op die wat ongeregtigheid bewerk asof hy in direkte konflik met hierdie werkers van ongeregtigheid gehad het, terwyl die sagter omskrywing van Petrus aangaande die wat die waarheid van die Evangelie nie wil aanvaar nie sagter oorkom.

Daar is ook noodwendig baie meer in die brief as die van Judas omdat dit ‘n meer vollediger brief is.

Daar is eenstemmiggheid aangaande die opregtheid van die eerste brief van Petrus. Die brief is waarskynlik die mees kontroversieële brief van die N.T. In hierdie brief is daar baie min aanhalings van die ander Chritesn skrywers van die N.T. en was dus nie in die eerste paar jaar van die kerke maklik aanvaarbaar nie. Eers later het die brief meer erkentlikheid ontvang.

Dit was eers na ‘n diepte en deeglike studie deur die eerste kerk-vaders wat die brief algemeen aanvaarbaar geword het. Hy skrywe in die lig van die nabye vernietiging van Jerusalem.

Prof.B.C. Caffin skrywe aangaande 2 Petrus: Besit outoriteit en heil-ige skoonheid wat alleen deur die skrywers van die Bybel geinspireer was

AAN WIE WAAAROM EN WANNEER

IS DIE BRIEF GESKRYWE:

Die tweede brief se inleiding gee aan ons baie inligting. Hy skrywe aan hulle om hulle gedagtes op te wek om hulle te herhinder. Dit was aan dieselfde mense as die eerste brief geskrywe. Hy het die eerste brief geskrywe ommeer en deels hulle te bemoedig maar hierdie brief om hulle van die dwaleringe en misleidinge te onderrig.

 In die eerste brief het hy hulle in hulle geloof bemoedig en versterk te midde van die toetse wat oor hulle pad kom, weens vervolging vir hulle geloof, maar hierdie perel in die Here Jesus word veel meer bedreig deur die subtiele aanslag wat hulle nou moet sien, nl valse leringe en misleidinge.

Daar word nie in die eerste brief melding gemaak van valse leringe en liberalisme nie, onder die gelowiges self nie, maar is sy diepe besorgdheid om die Joodse Christene te bevry van hierdie subtiele misleidinge wat “verderflike ketterye” bring 2:1

Daar moes bedroefdheid in sy hart gewees het aangaande die meer vesteurde ontwikkeling wat toegeneem het, terwyl die Jode op die oewer van marteling gestaan het. 1:14 “omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het…” Sy marteling het kort hierna gebeur.

DIE BRIEF SELF:

Sy doel was om hulle te herhinder in die volle kennis wat ons in die Here Jesus besit, wat die redeende genade aan ons kom bewerk het, en om dus hulle geloof in die Here Jesus te versterk. Dieselfde waarskuwing kom klop ook aan ons deur, veral hoe nader ons na die einde toe haas.

Die toon is baie meer ernstig as die eerste brief, tog is daar die ondertoon van oorwinning en hoop in die Here Jesus (1:16-21) en die fianle uitkoms is seker 3:9-13.

Die eerste brief se beklemtoning is hoop in die stronms terwyl die tweede brief se fokus op groei in die ware of ervare kennis van die Here is, en die koms van die Here prominent is. Petrus is by uistek die dissipel van hoop, Paulus van geloof, Jakobus van werke en Johannes van liefde.

Die tweede bvrief is hoofsaaklik in drie dele opgedeel, soos dit in ons Bybel opgedeel is. Hoofstuk een (1) handel oor ware kennis. 2,3,5,8.

In die eerste helfte van die hoofstuk 2-11 word beklemtoon hoe die kennis van die waarheid in ons moet toeneem. In die tweede helfte van die hoofstuk (12-21) vertel ons hoekom hierdie dinge altyd in herhindering gehou moet word en dan hfst.2 leer ons aangaande valse leringe wat in die kudde van die skape ingekom het, wat groot skade veroorsaak het. Dan laastens hfst.3 word totaal aan die Goddelike beloftes gewy aangaande Sy wederkoms.

Hierdie brief is leerstelling om ons teen die valse leringe te bewaar. Die twedelige begrip: ware kennis en sekere hoop word opvou teen die valse begrip van valse leringe. Valse leringe sal tot verneitiging lei.

Ware lerstelling en ‘n heilige lewe is onlosmaakbaar aan mekaar gekoppel, 1:5-10, 3:14,17-18 en valse leringe en ‘n onheilige lewe onslomaakbaar aan mekaar verbind. 2:1;10;14;19. Hoe ons leef is direk gekoppel aan wat ons glo.

HOOFSTUK:1

Daar is twee gevare in die eerste hoofstuk. Daar is die gevaar van lewe sonder (kennis) groei, Vs.3-8. en dan die gevaar van kennis sonder ‘n lewe (9-14). Die lewe is nooit staties nie, dit groei of dit krimp. Kennis sonder praktyk is blindheid, Vs.9. Dit is belangrik dat ons lede van die groeiende kerk is. 

KOM ONS ONTLEED DIE BRIEF:

In die eerste brief word die klem op lyding geplaas in die tweede brief op kennis.

Omdat Petrus die Here so goed ken dat hy die klem op kennis plaas, dit is in teenstelling met die kennis wat die Grieke nagejaag het in hulle gnostieke denke, waarin hulle geglo het dat kennis mag is.

Dit wat was is weer en vandag het die status van erkenning weer die klem laatval op kennis, dsoveel so dat Daniel verwys na die laaste dae waarin die kennis van die mense sal vermeerder, en Paulus in 11 Tim.3. bevestig dat hierdie soort van kennis die mens vand ie Here af gaan laat wegdryf.

Ware kennis word telekemale bevestig as in die Here Jesus. Deur die kennis van die Here kom die ware seëninge van die Here na ons harte.

Daar is twee woorde wat prominent is in die hoofstuk nl. kennis en krag.

Hierdie is verbysterende woorde want dit is die instattstelling van die Heilige Gees wat bereid is om Sy volheid aan ons toe te vertrou in die midde van ons omsatndighede waarbinne ons ons begewe in Suid Afrika.

Petrus sê vir ons in vs. 2 dat genade en vrede d.m.v. kennis in ons vermeerder sal word. Wat ons van die die Goddelike Drie enheid sal verkry.

Wanneer ons hierdie instrument benut nl. die kennis wat gekoppel is aan ‘n lewende verhouding met die Here Jesus, dan sal die Here kom saamwerk en Sy krag in ons lewens kom openbaar. Vs.3 wat aan ons lewe sal bied, wat die vrug van die Heilige Gees in ons sal bewerkstellig. Hierdie roeping waarna Hy verwys is die wandel wat ons volgehoue met die Here Jesus moet handhaaf, sodat daar kwaliteite in ons lewens na vore kan kom. Dit is die enigste bron van seëninge.

Dit is ook hierdie aspek waarin ons in ons toekoms sal bly toeneem, waarin ons steeds dieper demensies vandie heerlikheid van die Here sal bly ondervind, en nie salophou om gestimuleer te word nie.

Hoe kan my kennis groei:

Deur na die Here te kom, deur vir Hom te lewe, en met Hom volgehou gemeenskap te hê, deur stil voor Hom te word, deur Sy Woord.

Deur die toename van kennis sal ons nie onvrugbaar gelaat word nie. Vs.8.

DEUR GROEIENDE KENNIS:

Dit word deur genade en vrede aan ons gegee, ons kan dit besit en selfs in ons lewens vermeerder word. Dit is daar vir elke versoek wat deur ons gerig word Vs.3 Vir alles wat nodig is, wat ons reeds besit.

Ons kan alleen heilig leef as ons Hom leer ken. Ons kan die kennies verloor deur die besmetting van hierdie wêreld 2:20.

Ons word deel van die Goddelike natuur deur wedergeboorte. 2 Pet.1:4.Ons ontvang dan ‘n mate van Sy kennis maar deur voortdurend na die Here Jesus te kom, kan hierdie kennis in ons wandel met die Here vermeerder. Hoe meer ons met mense sal gesels hoe dieper sal ons verhouding met die Here Jesus ontwikkel.

Ken die Woord, deur op die Here te wag,

HOE DEEL EK IN DIE NATUUR VAN DIE HERE:

Inleiding:

Ons word deelgenote in die natuur van die Here. Dit is waarin ons bediening voorspoedig sal wees. Hierdie bediening sal dan ‘n effek hê.

Verlossing, van verdraaidheid in my lewe, en ‘n wonderlike aannameing in die familie van die Here. Die mees geleerde en geestelike Christene het by hulle sterfbed dieselfde Bybel gehad as die ongeleerdeste maar hulle het dieselde beloftes gegryp en hulle deel gemaak.

Hoe ouer ons word, hoe kosbaarder behoort die beloftes van die here vir ons te word. Die Goddlike natuur het te doen met die beeld en die lewe van die Here Jesus.

Sy beeld bly in osn, tog verwronge 1 Kor.11:7 Ons deel in Sy morele eienskappe, ons deel in Hom die volheid en ons kan nou deelgenote daarvan word, en nie absoluut soos die Here Jesus word nie.

DIE POSITIEWE ASPEK:

Ons word deel van die Goddelike natuur. Deur Sy beloftes. 1:4 Efe.3:6.

Daarom het ons die Woord by wedergeboorte ontvang 1Pet.1;23. Ons word deelgenote van Christu Hebr.3:14 en mede deelgenote van Sy wese.

Ons word Sy deel deur die Brood 1 Kor.10:17 Deur met Hom te deel wat die Brood van die lewe is. Deur geloofs handelinge.

Deur die Heilige Gees ons deel te maak Hebr.6:4. Wanneer die Helige Gees inkom word ons deel van Hom.

Gevolge:

Ons word soos Hy.

3)      Deelgenote van Sy (karakter) heiligheid Hebr.2;10.

4)      Deelgenote van Sy lyde 1 Pet.4:13

5)      Deelgenote van Sy troos. 2 Kor.1;7.

6)      Deelgenote van Sy hoop: 1 Kor.9:10

Wanneer die Heilige Gees inkom word ons deelgenote van Hom.

GEESTELIKE KORTSIGTIGHEID: Vs.5-9

Ons geestelike voordeel in genade en heiligheid.

En juis daarom: Omdat ons hierdie lewe in die here Jesus ontvang het juis daarom moet ons nou begin toeneem met ywer.

Petrus was ‘n man van aksie. Petrus wil sien dat hulle sal toeneem in die volheid van genade en heiligheid.

Met geloof en ywer het jy die volle bestandeel om te ontwikkel en volgehou te groei.

Dit is kompleet soos ‘n koek wat die bestandele bygeveog moet word sodat die koek tot sy volheid ontwikkel gaan word. Dit is nie verskillende geandes nie maar deur geloof is die basis waardeur die ander deugdes onstaan.

Dit is genades wat aangewerk moet word, wat op die fondasie van geloof gesetel moet word, al die ander genades moet daarop gebou word.

GEESTELIKE SEKERHEID:

Ywer: Ons verwys in vs.5 na die noodsaaklikheid van ywer, om geestelike genades te ontvang, en om daarin kort te skiet verloor ons insig in die Skrif.

In vs.10 kom weer die teendeel, om met ywer jou roeping vas te maak.

Die Seën van sekerheid:  Die lewe is vervul met allerhande onsekerhede, in die normale gang van sake. Sekerheid oor geestelike dinge is moontlik en begeerlik.

GEESTELIKE ONSEKERHEID IS ‘N

TEKEN VAN ONVOLWASSENHEID:

Spaar geen moeite om die roeping van die Here in jou lewe vas te maak.

Sappr geen moeite in gebed, in die bestudering van die Woord, om ander na die Here Jesus toe te lei.

Petrus het nie twyfel gehad nie:

Oor sy roeping en verkiesing nie.

Dit was hoe hy na sy redding verwys het.

Dit dui op die Goddelike kant van sy redding.

En daarom dat hy seker sal maal dat hy dit sal bewaar.

Ons maak seker deur ons eie lewens te ondersoek, deur die getuienis van die Heilige Gees te soek.

Geestelike sekerheid lewer gesende resultate op.

Stabiliteit in genade. Dat julle nie sal struikel nie. Om te groei.

Stabiliteit in doel: Jy sal nie faal nie.

‘n Oorwinende ingang in heerlikheid:

Vryheid van skande wanneer ons voor Hom staan:

REDES VIR BEDIENINGS DRINGENDHEID: vs.12-15

Nalatigheid:

Hy het sy gehoor tot ywer aangespoor.

Herhindering:

Hy het ‘n plig om te vervul wat hy voor oë hou.

Petrus le die klem van die heerlikheid hier op aarde, by die beg van verheerliking terwyl Peulus die klem van die heerlikheid hierna beklemtoon.

Vs.16 Getuienis van sy eie ondervinding.

Vs.17 Getuienis van die Goddelike ondervinding.

Vs.16 Verbale en algemene getuienis. 99% kennis kom van ander gesprekke.

Die getuienis van die Woord Vs.19-21.

INLEIDING:

Petrus se lewe kan hoofsaaklik in twee hoof verdelinge ingedeel word nl. Die voor Pinkster en die daarna. Dit kan elkeen weer in twee onderafdelinge verdeel word nl. Die tot en met sy roeping of redding, en dan die grootste gedeelte, vanaf sy redding tot Pinkster. Dan weer die vanaf Pinkster tot en met die Raad van Jerusalem en dan tot en met die einde van sy lewe.

Ons weet nie veel van sy verlede nie, behalwe dat sy naam Simon was en dat hy van Betsaida kom, en later na Kapernaum gegaan het, dat hy ‘n fisserman van beroep was, en dat hy getroud was en inpul-sief en toegewyd was.

Van die tweede deel van sy lewe weet ons dat sy broer Andrew hom aan die Here Jesus voorgestel het, en dat hy van die eerste vier dissi-pels was. Die Here Jesus het die geestelike verandering in sy lewe bewys deur sy naam na Petrus te verander. Hy was later een van die 12 dissipels, en dat hy altyd eerste genoem was van die dissiples.

Hy het ‘n volle twee jaar met die Here Jesus gewandel en alles ge-hoor en gesien en in diepte die karakter van die Here Jesus leer ken.  Hy was die eerste apostel wat die Here Jesus, as Seun van God bely het.  Matt.16:16  “En Simon Petrus antwoord en sê:  U is die Chris-tus, die Seun van die Lewende God.”  Hy was ook die eerste om Hom te verloën Matt.26:69-75. Hy het gevlug toe sy Meester gekrui-sig is, maar was van die eerstes by die graf  Matt.26:56  “Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word.  Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.”  Joh.20:1-6. 

Die opgestane Heiland stuur ‘n spesiale boodskap aan hom en ver-skyn spesiaal aan hom.  Mark.16:7  “Maar gaan sê vir die dissipels en vir Petrus, dat Hy voor julle uitgaan na Galilea…”  Luk.24:34  “Die Heer het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.”  I Kor.15:5  “…en dat Hy aan Cefas verskyn het, daarna aan die twaalf.”  Na hemelvaart het Petrus die leiding geneem onder die apostels en die dissipels gedurende die 10 dae voor Pinksterdag.  Hand.1:13-26.

Die derde deel is vol interessanthede.  Op die dag van die uitstorting van die Heilige Gees is die kerk gebore.  Op daardie dag was Jesus se belofte en opdrag, aan Petrus vervul.  Joh.1:42  “Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê:  Ons het die Messias gevind – dit is, as dit vertaal word, die Christus.”  Luk.22:32  “Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof nie ophou nie;  en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.”

Van daardie tyd af, 30 N.C. tot met die Raad van Jerusalem, 51 N.C, was hy die kerk leier.  Hand.2:15  “Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die more.”  En soos Christus bepaal het, het hy die deur vir die evangelie na die heidene geopen.  Hand.10.

In die vierde deel, na die Raad van Jerusalem, is Petrus nie weer ge-noem in Handelinge nie, maar verbind met hierdie gebeure wel, in Gal.2:11-21.  Na Hand.12 het Paulus die kerkleier geword, alhoewel Jakobus die kerk in Jerusalem hanteer (gelei) het.  Daar word nou minder na Petrus verwys.

I Kor.1:12  “Ek bedoel dit dat elkeen van julle sê:  Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Cefas, en ek van Christus.”  I Kor.9:5  “Het ons dan geen reg om ‘n suster as vrou met ons saam te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Cefas nie?”  Gal.1:18 “Vervolgens drie jaar daarna het ek na Jerusalem opge-gaan om met Petrus kennis te maak en 15 dae by hom gebly.” 

Gal.2:9 en 11  “en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Cefas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan.  Maar toe Petrus in Antiochië gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.”

Dit word onderling gesê dat tradisie definitiwiteit verlang omdat dit verwyder is van die tydperk waarvan dit spreek.  Die verklaring dat Petrus die Biskop van Rome was, is sonder historiese fondasie maar tradisie is eenstemmig dat hy teen die einde van sy lewe, Rome besoek het en sy eerste brief geskryf het.

Ook dat hy daar as martelaar gesterf het.  Joh.21:19  “En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik;  en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom:  Volg My!”

Sonder Petrus sou ‘n onherstelbare gaping gelaat gewees het in die Apostoliese geskiedenis, in die kerkgeskiedenis en in die mensdom se geskiedenis.

DIE DATUM EN PLEK WAAR DIT GESKRYF IS.

As die tradisie korrek is, waarvan ons oortuig is dat dit is, en van die bewyse wat uit Petrus se briewe voorsien word, was hy in Rome na 64 N.C., die jaar toe Nero se vervolging uitgebreek het en het hy ge-sterf teen 67 of 68 N.C.  Petrus het kennis gedra van Paulus se brief aan die Efesiërs, sodat hierdie eerste brief geskryf moes wees na 62-63 N.C.; en 67 N.C. is die tradisionele datum vir die martelaars tydperk.  Sy eerste brief moes geskryf gewees het tussen 63 en 67 N.C. As oorlewing korrek is, moet ‘Babilon’, in I Pet.5:13, ‘n mistiese naam wees vir Rome.

Die verwysing na Markus in hierdie verband, is ‘n bevestiging van die siening, omdat Markus, na alle waarskynlikheid in Rome was saam met Paulus teen die tyd. 

II Tim.4:11  “Lukas is alleen by my.  Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.”

DIE LESERS

Hierdie was die ballinge/vreemdelinge van die tydperk. Verstrooi-ing, was oor ‘n wye area in Klien Asia  I Pet.1:1  “Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galasië, Kappadocië, Asië en Bithinië.”    Hoofsaaklik Jode, maar ook heidene.

GELEENTHEID EN OOGMERK

Ons sien dat die laaste deel van die sewende dekade van ons era ‘n tyd van vreeslike vervolging van die christene; dit is in hierdie lig wat die Brief geskryf is. Oral is van christene gepraat as kwaad-doeners. I Pet.2:12  “…en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoe-ners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.” 

3:16  “…met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.”

Hulle het ook geweldige teënstand ondervind.

I Pet.1:7 “…sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kos-baarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.”

 4:12 en 13  “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van ver-volging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van Sy heerlikheid met blydskap kan jubel.”

Sy doel was om die verdrukte te vertroos en te bemoedig; om hulle geloof te versterk, om hulle hoop te bou en om hulle aan te spoor tot gehoorsaamheid en geduld.

Dit doen hy in die mees indrukwekkende wyse, deur te wys dat die roeping / werk van die christen, redding is.  I Pet.1:3-2:10;  dat die gedrag van die christen, in alle sfere van die lewe, is onderdanig-heid.  II Pet.2-3:12;  en dat die dissipline van die christen by wyse van lyding kom.  3:13-5:11.  Deurgans vind ons Christus as magtige verlosser.

Paulus, as apostel na die heidene, het ‘n baie breër uitkyk. as die teoloë van die kerk van die dag. Paulus en Judaïsme is nie teenstry-dig nie. Paulus en Jakobus staan in sterk kontras met mekaar, maar daar is ruimte vir mekaar se aanbiedinge. ‘n Mens moet  Paulus volg in sy logiese ontwikkeling en sy formulering van christelike teologie.  Jakobus is uitstaande op christenskap in die praktyk. 

Petrus handel o.a. oor morele waardes. Johannes lig geloof uit – elkeen van b.g. het hul eie spesiale klem. By Paulus is dit christelike leerstellings; in Jakobus, christenskap in die praktyk; in Petrus, die christen in beproewing en in Johannes, die christen se ondervinding. 

‘n Samevoeging van geloof, werke, hoop en liefde is alles nodig ter wille van harmonie van die Waarheid.  Dit gee gesamentlik balans in gedagte en lewe. Teologie is 5 voudig nl. Jakobus, Paulus, Petrus, Hebreeuse en Johannese teologie.  Wat gesê kan word van die natuur, kan gesê word van die Waarheid.  Hoe wonderbaarlik het U dit alles geskape?

NOTAS

Petrus verteenwoordig christelike waardes in ‘n Joodse vorm.  In Hebreërs lees ons hoe al die noodsaaklikhede van Judaïsme, in christenskap voor kom.  In hoofstukke 1-2:10 vind ons die eerste belangrike deel.

Die O.T. is uitgebeeld in die lig van die verkiesing, erfporsie, ‘n uitverkore geslag, ‘n Koninklike Priesterdom, ‘n volk as eiendom verkry, tempel, altaar en offerandes.  In hierdie boek is daar meer aanhalings uit die O.T. as in enige ander N.T. boek.  Woorde wat prominent is in hierdie boek is:  hoop, onderdanigheid, om goed te doen, verlossing…

Die brief illustreer die ‘Onse Vader’ op ‘n merkwaardige wyse:

‘Onse…’ 1:4;  ‘Vader’ 1:3, 17;   ‘in die hemel’ 1:4 en 12;  ‘geheilig sy U Naam…’ 1:15 en 16;  ‘U koninkryk kom’ 2:9;  ‘U wil geskied’ 2:15;  3:17;  4:2 en 29 ‘gee ons vandag ons daaglikse brood’ 5:7;  ‘vergeef’ 4:1 en 8;  ‘versoeking’ 4:12;  ‘verlos’ 4:13;  ‘koninkryk’ 5:11;  ‘krag’ 1:5;  4:11;  ‘heerlikheid’ 1:11, 21;  4:11 en 14;  5:1 en 10   ‘vir ewig en ewig’ 4:11 en 5:11;  ‘amen’ 4:5 en 11.

Die brief gee duidelik bewys van Petrus se invloed op die Romeine en Efesiërs.  Skrifgedeeltes hier van pas:  1:14 en Rom.12:2;  2:6-10 en Rom.9:25-32;  2:11 en Rom.7:23;  2:13 en Rom.13:1-4;  3:9 en Rom.16:17;  3:22 en Rom.8:34;  4:1 en Rom.6:6;  4:10 en Rom 12:6;  5:1 en Rom.8:18 

1:1 En Efe.1:4-7; 1:3 en Efe.1:3;  1:14 en Efe.2:8;  2:18 en Efe.6:5;  3:1 en Efe.5:22;  3:22 en Efe.1:20;  5:5 en Efe.5:27.

Terwyl die samestelling van hierdie brief hoofsaaklik prakties is, is dit van groot teologiese waarde.  In kontras met Jakobus, word die fundamentele christelike geloof nie met minder deernis voorgestel a.g.v. verskille nie.

Soos ons weet was Petrus die eerste Moderator van die kerk in die geskiedenis. Soos met enige ander persoon was dit ook met Petrus die geval dat mense ‘n invloed op sy lewe gehad het.

Daar bestaan heelwat aanhalings bv. uit die boek Romeine en Efesiërs asook uit Jakobus en heelwat uit die Evangelies van die Here Jesus Christus. Aanhalings uit verskeie gedeeltes kan ek vir u na die tyd gee.

Ons gaan spesifiek stilstaan by die Onse Vader soos vir ons in die boek 1 Petrus deurgegee word.

1) ONSE VADER 1:3-4.

In Hfst.1:3-12 openbaar Petrus vir ons die lewende hoop wat daar vir ons weggebêre is in die Vader.  In vs. 13-21 word ons reaksie tot die hoop gestel. Die woord geseënd in vs.3 beteken dat God die Vader gedank moet word vir die menigvuldige rykdom van hoop.

Die woordjie Onse is so diep. Dit beteken letterlik God se liefde vind Sy uiting in ons, of Hy vereenselwig Hom met ons (Vines + Strongs)

2) WAT IN DIE HEMEL IS. 1:4 +12.

Die Vader het deur die Here Jesus Christus, wat na die aarde gekom het vir ons lewende hoop kom bring. Hierdie woord hoop beteken erfgenaamskap of posisie, wat moontlik gemaak is deur die opstanding van Jesus uit die dode. Hierdie hoop is as ‘n erfgenaam-skap aan ons gegee, en bewaar, deur die krag van God deur geloof, in die hemel

Daarom dat die engele begerig is om dit te kan sien, omdat hulle nie versoening en verlossing ken nie. Die woord Hemel is die woord wat vir ons in 1 Pet.1:12 ook gebruik word nl. die blyplek van die Vader asook die plek waarvandaan die Heilige Gees gestuur was om op Pinkster uitgestort te wees.

3) LAAT U NAAM GEHEILIG WORD. 1:15-16.  Hagios.

Hierdie woord heilig beteken om iemand eenkant te sit, of af te sonder, dit te bewaar en te koester, daaroor te broei, met die doel om hom waardevol te maak, gebruik soos in die Onse Vader.  Dit dui op die Here wat in Sy absolute heiligheid en reinheid heers en dieselfde beeld op Sy Seun afgedruk het, wat nie verkry moet word nie, maar ‘n STAAT waarin ek leef. En aan ons oorgedra is om so te leef en in 11 Pet.3:11 word vir ons gewys dat ons hierdie gemeenskap met die Here kan beleef in Sy Heiligheid.

4) LAAT U KONINRYK KOM. 2:9

Hierdie vers verwys spesifiek na die volk van Israel omdat  die brief spesifiek aan die verstrooide Jode geskrywe is.

Aan die Jood wat gered word, wys Petrus hom daarop dat Hy koninklik in sy amp is en priesterlik in lewe. Die Joode was genoem die koninkryk van priesters. Ex. 19:6. Daarom heilig afgesonder van die wêreld.

5) LAAT U WIL GESKIED. 2:15, 3:17, 4:2+19.

Dit is so kosbaar hoe Petrus selfs aan die Christene openbaar dat die wil van die Here toenemend waarde en gestalte in ons lewens kan kry. In 1.Pet.2:15 beteken die woord wil:

Begeerte, doel, plesier of keuse.

1 Pet.3:17 Beteken die woord: om versterk te moet word, of om geditermineerd te wees in keuse.

1 Pet.4:2  en 4:19  Beteken die woord: dieselfde as by 1 Pet.2:15.

6) GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD. 5:7

Beteken letterlik bokant, ten bohoewe van, ten spyte van, teen alles in, om bokant en deur alles heen, die Here vir ons sal voorsien. Wat ookal die aard van my kommer selfs terugslae, sorg Hy vir ons daar-in. Dit verwys nie net na voedsel nie, maar elke behoefte van watter aard ookal.

7) VEGEWE ONS. 4:1,8

Dit is maklik om iemand te vergewe as hy nie my teenstaan nie, hier sê die Here dat ons ons vyande van harte moet vergewe.

Dit het die gadagte dat ek iemand moet vergewe soos ek verwag om vergewe te word as ek ‘n straf teen my het, en verlang om vry-gespreek te word. Skulde beteken oortredinge, dinge waarin ek skul-dig is.

8) LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE. 4:12.

Die Christen wat waarlik met die Here wil deurgaan sal ondervind dat daar aanslae na sy lewe sal kom wat maklik verwar kan word as versoekinge. Binne aanslae self is dit nodig dat ons nie sal toegee aan die versoeking om terug te trek op die oortuiging of standpunt waarvan die Here my oortuig het nie. Daarom dat vervolging uiters kosbaar is vir die Christen.

9) VERLOS ONS. 4:13

Die woord beteken nie noodwendig dat ek uit die omstandighede uitgehaal moet word nie, maar ten spyte van die omstandighede nie op te gee nie. Dit beteken letterlik om my uit die hitte van die die vuur te weerhou.

10) LAAT U KONINRYK KOM. 5:11.

Dit beteken geopenbaarde krag, wat my van die wortel van die probleem verlos, wat heerskappy beteken. Die woordjie heerlikheid beteken die heerskappy van die Hemel en hel en aarde.

11) WANT AAN U BEHOORT DIE KRAG. 1:5; 4:11

Die woord  wat in 1 Pet 1:5 gebruik word is die woord wat beteken die magtige en wonderwerkende krag van die Here Die woord in Hfst vier praat van die moontlikheid, krag en sterkte van die Here.

Dit is na hierdie krag wat die Here Jesus verwys het toe Hy gebid het, dat aan die Here die krag en die heerlikheid gegee is.

Wat ‘n heerlike versekering gee dit ons nie, om te weet dat Hy ons deur Sy krag in Hom bewaar solank ons in Hom bly.

12) EN DIE HEERLIKHEID. 1:11+21, 4:11+14 5:1+10.

Die Afrikaanse woordeboek sê: die woord beteken glans, uit-nemende skoonheid, prag, ‘n toestand van volmaakte vrede.  Die woord wat in al die gedeeltes in 1 Pet. gebruik word is in almal dieselfde betekenis nl. die eer die waardigheid die heerlikheid die aanbidding en eerbaarheid van die Here self wat ons bewaar.

13) VIR EWIG EN EWIG. 4:11, 5:11

Dit verwys na ‘n tydperk wat nie gemeet kan word nie, dit is ewig vir ons van vandag af tot in alle ewigheid, van die begin van alle tye, kan ook vertaal word as deur die eeue.

PETRUS VERLUSTIG HOM IN DIE KOSBAARHEDE VAN DIE WOORD:

Een van die mees uistaande tekens dat iemand weergebore is, is dat hy ‘n innige waardering vir die Woord en die Here Jesus het. Petrus die rowwe visserman wat getroud was en wat ‘n innige waardering vir die Here Jesus gehad het, het hoe langer hy met die Here Jesus gewandel het hoe meer besef hoe kosbaar die geskenk van weder-geboorte is.

Hy skrywe waarskynlik vanuit Babilon om en by 60 n.C. Hierdie brief waar hy tussen Joodse bekeerlinge staan wat die intensiteit van die Romeinse ryk alhoemeer ervaar en skaars tien jaar later die verskriklike inval op hulle eie volksgenote gaan ervaar. Hulle gaan  deur verskriklike vervolging en Petrus besef dat hulle bemoediging nodig het, maar hy bring die bemoediging binne die raamwerke van dissiplines:

Let op hoedat hy verwys na 

DIE DISSIPLINE VAN CHRISTELIKE LYDING:

3:13-5:11

1) DISSIPLIENE IN DIE WêRELD:                       3:13-4:6

  i) Die gesindheid:                                                        3:13-17.

 ii) Die voorbeelde:                                                       3:18-22.

iii) Die onderwerp:                                                        4:1-6

2) DISSIPLINE BINNE DIE KERK:                      4:7-5:7.

 i) Christen gemeenskap:                                               4:7-11

ii) Christen se sterkte:                                                    4:12-19

iii) Christen se vertroue:                                     5:1-7

3) DISSIPLINE IN DIE HEMELE:             5:8-11

  i) Die vyand:                                                               8

 ii) Die konflik:                                                  9

iii) Die oorwinning:                                                        10-11

Binne die raamwerk van dissiplines sê Petrus vir ons is daar kos- baarhede.

Kosbaar is:

a) Kosbare heiliges 1 Pet.1:7:

“sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar eur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus”

Petrus verwys daarna dat die beproefdheid van ons geloof, ons dit as vreugde moet beskou wanneer die Here ons toets. Dit mag wees dat ek die berowing van die Here ondervind omdat ek die Here bereoof, sê Mal.3:15. Julle roof my in julle tiendes.

Nee hy praat van beproewinge wat oor my pad kom wat my vorm, Petrus wys ons daarop dit werk kwaliteite in ons wat baie kosbaarder is as goud. Dit stroop my van al my gyte en maak dat ek in die Here alleen dankbaar is en dat my lewe meer en meer tot lof en eer en heerlikheid van die Here geleef kan word. Vir wie ons hoewel ons Hom nie gesien het nie tog liefhet. In wie ons, al sien ons Hom nie nou nie tog glo, en ‘n onuitspreeklike blydskap in die Here het.

b) Kosbare heling: 1:19

“Maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos.”

Hierdie stroom is voor die grondlegging van die wêreld bepaal om vir ons wonde genesing te bring, deur die fodde geslane omstandig-hede waardeur ek en jy gaan wat sonde aan ons gedoen het kan ons nou by die plek kom waar ek het sy gered kan word en heling kry van my sonde en of as Christen wanneer dinge oor my pad kom, na Hom kan vlug om Hom te vertrou om my te heel.

Die legendadriese rofstoeier wat 12 gevegte opeenvolgend sy wêreld titel behou het met die bynaam STING het in 2006 kragdadig tot bekering gekom nadat hy in ‘n nagmerie gesien het wie hy is, dat hy aaklig is en dat hy almal en alles rondom hom vernietig het. Sy vrou het op die punt gestaan om hom te skei, alles het wonderbaarlik her-stel nadat hy by die Here uitgekom het en alles rggemaak het, daar is genade by die troon en die heilfontein is vir ons geopen.

c) Kosbare hoeksteen: 2:6

Die rede hoekom mense se lewens so uitmekaar val is omdat hulle die hoeksteen of die anker van hulle geloof verlaat en agter ander gode aanloop en dink dat daar genesing en standvastigheid is by ge-barste reënbakke wat nie versadiging inhou nie. Jy en ek het nodig om ons lewens so oor te gee dat my fondament in die Here verstaan met die wete dat 2 Tim.2:19 sê “dat die Here ken die wat Syne is en laat elkeen wat die Naam van die Christus noem afstand doen van alle ongeregtigheid.sê”

Ek moet my waardig gedra omdat die Here Jesus die pilaar en die grondslag van my lewe is, in waarheid sê 1 Tim.3:15.

d) Kosbare Heiland: 2:7

“Vir julle dan wat glo is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die Woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het die hoek-steen geword en ‘n Steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling.”

In die volgende afdeling wil ek net aan u die rykdomme van dit wat jy en ek verkry het in die Here Jesus deurgee uit 1 Pet.dat ons net opnuut waardering kan hê vir wat Hy vir ons kom doen het.

e) Kosbare hoop 2 Pet.1:1

Ons het soveel skatte in die Here Jesus ontvang wat so oorweldigend is, tog vreemd dat ons nie hierdie vryheid wat ons in die Here Jesus verkry het benut nie. Hierdie hoop is gekoppel aan ‘n Persoon en dit is deur geregtigheid verkry. Dit veroorsaak dat die vrede in ons harte vermeerder word, deur kennis van God en Jesus onse Here.

f) Kosbare heerlikheid: 2 Pet.1:4

Die beloftes is aan ons geskenk sodat ons deelgenote kan word van die Goddelike natuur, nadat ons die verdorwenheid ontvlug het wat deur die begeerlikhede in die wêreld is.

WAT IS AL DIE BELOFTES UIT PETRUS :

1:2: U – Uitverkies in die heiligmaking tot gehoorsaamheid en

besprenkeling met die bloed van Jesus Christus.

3: W – Wedergeboorte is aan ons geskenk tot ‘n lewende hoop

deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.

   4: E – Erfenis: Dit is onbesmet en onverganklik en in die hemele

bewaar.

   5: G – Geopenbaar: Dit word deur die krag van God deur die ge-     

loof bewaar om in die laaste tyd geopenbaar te word.

7: B – Beproefde: Geloof wat kosbaarder is a goud en deur vuur

gelouter word tot eer en heerlikheid van Jesus Christus.

8: B – Blydskap: hoewel ons Hom nie gesien het nie en in Hom

glo is ons blydskap onuitspreeklik. 

10-12: S – Saligheid: Word ondersoek en nagevors en gesien dat Sy

lyde die heerlikheid sou kom vir ons en dat die

Evangelie in die Heilige Gees van die hemel gestuur was. 

13: O – Omgord: Die lendene van julle verstand sodat julle vol-

kome op genade kan hoop wat julle deel word.

14:G – Gehoorsame: Kinders rig hulle lewens in volgens nuwe

wandel.

 15-16: H – Wees Heilig: In roeping en in lewenswandel.

     17: A – Aanroep: As julle Hom as Vader wil aanroep wandel dan in vrees.

18-19: L – Nie losgekoop: deur silwer of goud nie, maar deur die

kosbare Bloed.

    20: G – Bloed Geopenbaar: Dit gee lewe deur Hom te ken.

    21: G – Glo:           In Hom wat julle uit die dode opgewek het en

aan Hom heerlikheid gee sodat julle geloof  en

hoop op God kan wees. .

    22: G – Gehoorsaamheid: As julle gehoorsaam is sal julle, julle

siele reinig en mekaar vurig liefhê.   

23- 25: W – Wedergebore: Nie uit verganklike saad nie, maar deur    

die lewende Woord wat tot in ewigheid bly.

Hfst.2

1-3: L – Lê af: en verlang sterk, as julle Sy goedertierenheid ge-

smaak het.

   4: L – Lewende steen: Deur die mens verwerp, maar deur die

Here uitverkore en kosbaar is. 

   5: L – Laat julle opbou: Tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige pries-

terdom om gestelike offers te bring. 

   6: U –Uitvekore hoeksteen: Wat ons nooit sal laat beskaam nie.

7-8: S – Steen: Vir die geredde is Hy kosbaar, maar ongeredde steen

van struikeling.

   9: U – Uitverkore geslag: ‘n Heilige volk, as eiendom verkry om

               te verkondig, dat Hy ons uit die duisternis geroep het.   

10: V – Volk was: As volk bewys die Here barmhartigheid.

‘N VRYE UITLEGGING VAN PETRUS:

WAARIN IS ENGELE BEGERIG OM IN TE SIEN: VS.12

1) Hulle is verwonderd oor die wonderlike plan van redding, en die

uiteindelike verlossing van die gereddes.

2) Hulle neem die heiliges konstant waar 1 Kor.4:9

3) En hulle begeer om die wondrlike waarhede van die Evangelie te

verstaan omdat hulle nooit verlore was nie, ken dit nie.

WAT BETEKEN LEWENDE HOOP:

Vs.3 HOOP:  Verwagting Elips:

Dit het met die onsigbare toekoms te doen.  Dit is die vreugedevolle verwagting van die goeie, dit is gebasseer op die Here Jesus.

Daar word ‘n paar aspekte van hoop in die N.T. Uitgebeeld:

1)      Daar word na goeie hoop verwys in 2 Thess.2:16

2)      Geseende (salige) Hoop: Titus.2:13

3)      Lewende Hoop 1 Pet.1:3

4)      Dan Hebr.7:19 verwys na ‘n beter hoop.

5) Die hoop is in ‘n Persoon die Here Jesus as Hoë Priester gesetel.

WAAROM BEPROEWINGE: VS.6-8

Beproef :Om in smarte gedompel te wees, om platgeslaan te word om bokant my eie vermoee getoets te word.

Jak.1:2-3  Ag dit louter vreugde wanneer julle onder allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproefdheid van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en aan niks kortkom nie.”

Die toets van julle geoof is baie kosbaar, kosbaarder as goud terwyl ons hier onder beproewinge gaan nie te murmireer nie, maar in dankbaarheid alles te doen met ‘n oorgegewenheid want Hy wat die harte ken en toets sal eendag in die openbaar vergelde.

Vs.8  Ons het Hom lief omdat Hy lewe in ons kom plaas, het. Al sien ons hom nie, het ons Hom lief.

Ons glo in Hom omdat Hy alles tot ‘n werklikheid maak in ons lewes.

Geloof is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

5 Redes vir beproewinge in ons lewens:

1)      Om karakter in ons te bou.

2)      Om die Here Jesus in ons te verheerlik (Jesse)

3)      Om ons van sonde weg te laat draai. (dood van iemand)

4)      Om die Naam van die Here Jesus te laat triomfer. (Sieke Allen Radpath)

5)      Sodat Hy eendag ons kan beloon en bemoedig.

WAT IS SALIGHEID:?

Dit is die volle omvang van ‘n mens se redding dit is soos ‘n atleet wat deelneem aan ‘n wedloop want Paulus verklaar dat hy die goeie stryd gestry het, dat hy die geloof behou het en dat vir hom die kroon van die ewige lewe weegelê is, aan die einde van die wedloop sal die atleet gekroon word vir dit wat hy gedoen het.

**************************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00