Mense wys vinger na my , O Heer

Mense wys vinger na my , O Heer

Hulle sê dat ek faal

Slegspreek en kwaadspreek is tot myself

Telkemaal vasgenael

Here kyk af op die misverstand

Wat op my daagliks val

Hoe kan ek voortgaan terwyl die leuens

My lewe suur soos gal ?

Of

Mense wys vinger na my , O Heer

Omdat ek nie wil gaan

Waar hulle U so luid verloën

Daar in die wye baan

Mense noem my skynheilig Heer

Daarmee , hoogmoedig , trots

Omdat ek nie wil aansluit by

Dit wat met U wil bots

Maar hul het vinger na U gewys

U aan die kruis genael

U wat volmaak was het pyn verduur

Bespotting telkemaal!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00