GESANG 194
1. KOM, LAAT ONS SAAM TOT JESUS NADER
MET BLYE UITSIG OP ONS LOT !
HY HET DIE HEILSRAAD VAN DIE VADER
VIR SONDAARS REEDS VOLBRING BY GOD.
SY WERK VAN GODDELIKE WAARDE
DIE EEUE DEUR MET HOOP VERWAG,
HET HY VOLBRING: LOOF, HEMEL, AARDE,
LOOF HOM, DIE LAM VIR ONS GESLAG.
2. O JESUS U VERLOSSINGSDADE
BEVRY ONS VAN DIE SONDESTRAF !
U’T GOD BEHAAG EN IN GENADE
WEND HY SY OORDEEL VAN ONS AF.
NOOIT KAN ONS DEUR ONS EIE STREWE
SELF VOOR DIE HEIL’GE REG BLY STAAN;
U KRUIS, DIE BOOM VAN NUWE LEWE,
HET EDENS POORT WEER OOP LAAT GAAN.
3. VOOR U L^ AL ONS VREES EN TWYFEL,
ONS YDELHEID EN WENSE OOP;
U SIEN ONS VOOR DIE WAARHEID WEIFEL
OF AARSEL VOOR ONS LEWENSHOOP.
O SEUN, WAT IN ONS ANGS GEDAAL HET,
BRING IN ONS HART DIE VASTHEID IN:
ONS WORD IN ARBEID EN GEBEDE
GEDRA, WANT U’T VIR ONS VOLBRING.
4. SOOS VAS BELOOF AAN VOORGESLAGTE
VOLDOEN U AAN DIE HEIL’GE REG.
GEWILLIG LOOP U, AS VERAGTE,
ALLEEN DIE DONKER LYDENSWEG.
ALLEEN DRINK U DIE LYDENSBEKER;
U DRA ONS ONGEREGTIGHEID.
DIE VONNIS MAAK ONS VRYSPRAAK SEKER –
HOE GROOT IS U BARMHARTIGHEID !
5. ONS WIL U NEEDRIG WY ONS LEWE,
U VOLG WAAR U ONS OOK MAG LEI –
AAN U, O HERE, HOOG VERHEWE,
AAN U DIENS STEEDS TOEGEWY.
SPREEK DEUR ONS WOORDE, RIG ONS DADE;
VOLEINDER, GEE DAT DEUR U KRAG
DIE HEERLIK’ WERK VAN GODS GENADE
IN ONS VOLBRING WORD DAG NA DAG !