GESANG 169
1. O JESUS, LAAT MY NOOIT VERGEET
DAT U WAT ALLES VAN MY WEET,
SAL OORDEEL OOR MY HELE LEWE.
U SIEN MY HART BY ELKE DAAD,
U KEN MY LIEFDE EN MY HAAT,
DEURSKOU MY WENSE EN MY STREWE.
AL WAT VERBORGE IS, WORD LIG
WANNEER DIT KOM VOOR U GERIG.
2. WIE SAL, O HERE, KAN BESTAAN
AS DAAR ONS WERK VAN SKYN ONTDAAN,
DEURSKOU WORD IN SY WARE WESE ?
AS U ONS LOT SOU LAAT BESLEG
NET DEUR DIE EISE VAN U REG,
DAN MOET ONS SLEGS IN ANGS EN VRESE
DIE VONNIS VAN DIE LAASTE DAG
AS REEDS VEROORDEELDES VERWAG.
3. MAAR WIE, HOEWEL HY NIKS VERDIEN,
SY REGTER OOK AS MIDD’LAAR SIEN,
WAT REEDS DIE SKULD
VIR HOM BETAAL HET;
WIE IN GELOOF OP CHRISTUS BOU,
SY LOT AAN JESUS TOEVERTROU
WAT IN ONS DUISTER INGEDAAL HET –
HY KOM NIE IN DIE OORDEEL MEER;
ONTVANG DIE VRYSPRAAK VAN SY HEER.
4. SO WORD U WEDERKOMS ONS HOOP,
U OORDEEL SLUIT ONS TOEKOMS OOP,
U KONINKRYK VERVUL ONS HANDEL.
EN IN DIE SKEEMRING VAN ONS REIS
IS U DIE M|RESTER WAT WYS,
DIE KOERS WAARLANGS
ONS VOET MOET WANDEL.
ONS HARTE JUIG: DIE HEER KOM WEER !
KOM, JESUS, JA, KOM SPOEDIG, HEER !