GESANG 166
1. “KYK, HY KOM !”
WAG, LAAT ONS LUISTER –
VANAF DIE MURE, DEUR DIE DUISTER
ROEP WAGTERS MET ‘N LUIDE STEM:
“KYK HY KOM ! HY KOM ! DIE KONING !
ONTWAAK! ONTWAAK! ELK IN SY WONING.
VERBLY JOU, O JERUSALEM !
O NEEM JUL LAMPE, KOM,
HY’S DAAR, DIE BRUIDEGOM !”
HALLELUJA !
HOM TEGEMOET, ONS GAAN HOM GROET !
ONS GAAN HOM JUIGEND TEGEMOET !
2. SION, HOOR DIE FEESGESANGE !
ONS HART KLOP BLY EN VOL VERLANGE;
VAN VREUGDE BLINK ONS AANGESIG.
“KYK, DIE DAG BREEK OOR DIE KRUINE !
ONS HOOR DIE KLANK VAN FEESBASUINE –
JERUSALEM SE NAG WORD LIG.
HY DAAL NA ONS TOE NEER,
GODS SEUN EN ONSE HEER.
HALLELUJA !
HY KOM ONS HAAL, HY KOM ONS HAAL.
ONS VIER MET HOM DIE BRUILOFSMAAL.