GESANG 142
1. KOM, ALMAL, LAAT JUL STEM VERRYS !
KOM, LAAT ONS DIE VERLOSSER PRYS.
HALLELUJA ! HALLELUJA !
DIE HEER LAAT DUISTERNIS VERDWYN:
HY IS DIE LIG WAT HELDER SKYN;
LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE.
HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA !
2. LOOF HOM WAT DIE OORWINNAAR IS
OOR MAGTE VAN DIE DUISTERNIS.
HALLELUJA ! HALLELUJA !
HY GEE DIE GAWE VAN SY GEES,
STUUR HOM OM ONS TOT TROOS TE WEES.
LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE.
HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA !
3. PRYS ALMAL DIE VERRESE HEER;
HY KOM OP WOLKE EENMAAL WEER –
HALLELUJA ! HALLELUJA !
SOU SON EN MAAN EN STERRE SWIG,
GOD BLY IN EWIGHEID DIE LIG.
LOOF DIE HERE, GEE HOM ERE.
HALLELUJA ! HALLELUJA ! HALLELUJA !