GESANG 133
1. IS DIT, IS DIT MY KONING:
KYK DAAR, AANSKOU DIE MENS !
IS DIT, IS DIT SY KRONING –
WIE HET DIT SO GEWENS ?
IS DIT SY KONINGS HULDE:
DI` RIET, DI` KLEED, DI` KROON ?
BOET HY SO VIR MY SKULDE,
WORD SO GODS SEUN VERTOON !
2. JA, EK KOS HOM DIE SLAE,
DIE SMARTE EN DIE HOON.
HY DRA, NA GODS BEHAE,
DIE KLEED, DIE DORINGKROON.
VIR MY WAS DAARDIE WONDE,
VIR MY MOES HY DAAR STAAN;
HY MOES VIR AL MY SONDE
DIE BITT’RE KRUISWEG GAAN.
3. O JESUS, MAN VAN SMARTE,
O LIEFDE ONBEGRENS,
SKRYF DIEP IN ALLE HARTE
DIE WOORD: “AANSKOU DIE MENS !”
O LAAT MY NOOIT VERGEET NIE
DI` KROON, DI` KLEED, DI` RIET !
GEEN GROTER TROOS IN LEED NIE:
DIS OOK VIR MY GESKIED !