GESANG 109
1. SAAM MET SY KERK WIL EK BELY:
DIE HEILAND IS GEBORE.
HOEWEL EK NOG TEEN SONDE STRY,
IS EK NIE MEER VERLORE.
DIE KRIP WYS NA ‘N KONINGSKROON.
EK SAL VIR EWIG BY HOM WOON –
MY REDDER, MY VERLOSSER !
2. MY BESTE WERKE IS VOOR GOD
GEBREKKIG EN BEDORWE.
DIE KWAAD, GEKANT TEEN SY GEBOD,
Lê NOG IN MY VERBORGE.
DEUR ANGS EN WANHOOP NEERGESLAAN,
SIEN EK HOEDAT MY HOOP VERGAAN;
NET STRAF IS EK TE WAGTE …
3. MAAR JESUS Sê: STAAN OP, VERTROU
OP MY, DIE SONDELOSE;
EK HET GEKOM, GELY VIR JOU –
OORWINNEND OOR DIE BOSE.
EK HET BETAAL, KOM SKUIL BY MY,
EN WAAR EK GAAN, SAL JY OOK BLY.
GEEN VYAND SAL ONS SKEI NIE.